Skip to content

Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202514 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2025 10731 EKONOMIE (VRAESTEL 1) TYD: 2 uur PUNTE: 150 14 bladsye b.o.
EKONOMIE 2 (VRAESTEL 1) 10731/25 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 1 – 2 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
EKONOMIE 3 (VRAESTEL 1) 10731/25 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Waarom word intermediêre goedere van BBP-berekeninge uitgesluit? A Dit word nie belas nie. B Om dubbeltelling te vermy. C Dit is baie moeilik om dit op te spoor. D Dit dra nie by tot die nasionale inkomste nie. 1.1.2 ʼn Periode van verhoogde ekonomiese aktiwiteite staan bekend as 'n ... A afswaai. B opswaai. C depressie. D resessie. 1.1.3 Watter belasting vereis dat individue in laer inkomste-groepe ’n hoër persentasie van hul inkomste betaal as dié in hoër inkomste-groepe? A Regressiewe belasting B Proporsionele belasting C Progressiewe belasting D Sonde belasting 1.1.4 Die koop van finansiële bates, soos aandele op die aandelebeurs van 'n ander land staan bekend as ʼn ... -belegging. A direkte B ander C portefeulje D kapitaal 1.1.5 ’n Sosiale aanwyser wat bepaal word deur ’n kind se lengte en gewig in verhouding tot sy/haar ouderdom, staan bekend as … A kinderwanvoeding. B babasterftes. C vetsug. D lewensverwagting. b.o.
EKONOMIE 4 (VRAESTEL 1) 10731/25 1.1.6 Watter vorm van ekonomiese integrasie sluit kenmerke van vryhandel en beskerming in? A Invoervervanging B Uitvoerbevordering C 'n Gewenste mengsel D Internasionalisering 1.1.7 Wanneer 'n regering 'n ekonomiese integrasievorm aanneem wat beide die kenmerke van 'n gemeenskaplike mark en 'n enkele monetêre stelsel het, staan dit bekend as 'n ... A gemeenskapsmark. B doeane-unie. C vryhandelsone. D ekonomiese unie. 1.1.8 Watter van die volgende industriële ontwikkelingsaansporings is ontwerp om beleggings aan te moedig en werksgeleenthede in Suid-Afrika te skep deur buitelandse aktiwiteite te bevorder? A Kritieke Infrastruktuurprogram (KIP) B Dienste aan Besigheidsprosesse C Buitelandse Beleggingstoelae (BBT) D Strategiese Beleggingsprogram (SBP) (8 x 2) (16) b.o.
EKONOMIE 5 (VRAESTEL 1) 10731/25 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Burokrasie A moedig banke aan om op 'n wenslike wyse op te tree 1.2.2 Internasionale vergelyking B besteding deur firmas aan kapitaalgoedere 1.2.3 Morele oorreding C bevorder gelyke geleenthede vir almal 1.2.4 Belegging D uitbreiding van die vervaardigingsektor 1.2.5 Valutabeheer van 'n ekonomie 1.2.6 Wet op Gelyke E wat gekenmerk word deur te veel Indiensneming papierwerk en reëls 1.2.7 Nywerheidsontwikkeling F beperk die vloei van buitelandse valuta 1.2.8 Handelsliberalisering G die verwydering of vermindering van handelsbeperkings op handel tussen lande H koop en verkoop van sekuriteite en effekte deur die Reserwebank I ’n belangrike manier om 'n land se ekonomiese en sosiale ontwikkeling te meet (8 x 1) (8) b.o.
EKONOMIE 6 (VRAESTEL 1) 10731/25 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Totale bedrag wat deur permanente inwoners van 'n land plaaslik en in die buiteland verdien word 1.3.2 Pogings deur belangegroepe om regeringsbeleid of -besluite in hul guns te beïnvloed 1.3.3 Die onttrekking van finansiële bates uit 'n land 1.3.4 'n Landstreek wat 'n toegangspad tussen twee gebiede vorm 1.3.5 'n Strategiese raamwerk wat deur die Suid-Afrikaanse regering ontwikkel is om nywerhede te laat groei en ontwikkel 1.3.6 Die studie van bevolkingskenmerke, soos ouderdom, geslag, inkomste, opvoeding en etnisiteit (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
EKONOMIE 7 (VRAESTEL 1) 10731/25 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE tipes sakesiklusse. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom sou 'n afname in Suid-Afrikaanse uitvoere die waarde van die rand laat daal? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die model hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE KRINGLOOP-MODEL Regerings- Uitvoere (x) besteding (G) Belegging (1) Verbruik (C) Huishoudings Firmas Inkome (V) Invoere (m) Belasting (t) Besparings(s) [Aangepas uit STUDY MIND] 2.2.1 Identifiseer die deelnemer wat die produksiefaktore in die model besit. (1) 2.2.2 Noem EEN reële vloei-item wat van huishoudings na firmas in die model beweeg. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term geïnduseerde verbruik. (2) 2.2.4 Hoe skep 'n toename in owerheidsbesteding 'n vermenigvuldiger-effek in die ekonomie? (2) 2.2.5 Verduidelik hoe hoër belasting op huishoudings die totale besteding in die ekonomie sal beïnvloed. (2 x 2) (4) b.o.
EKONOMIE 8 (VRAESTEL 1) 10731/25 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Suid-Afrika teken grootste handelsoorskot in 6 maande aan Suid-Afrika het 'n handelsoorskot van ZAR 20,1 miljard in Mei 2024 aangeteken, aansienlik hoër as die afwaarts hersiene ZAR 9,68 miljard in die vorige maand. Dit was die grootste handelsoorskot in ses maande, aangesien uitvoere met 5,7% oor 'n maand gestyg het tot 'n ses-maande piek van ZAR 178,4 miljard. Omgekeerd het invoere met 0,5% afgeneem tot ZAR 158,3 miljard, wat gelei het tot 'n verbetering in Suid-Afrika se handelsvoorwaardes (ruilvoet). [Aangepas uit Trading Economics] 2.3.1 Noem EEN debiet-item in die lopende rekening van die betalingsbalans. (1) 2.3.2 Noem die lopende rekening-item wat donasies registreer. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term direkte belegging. (2) 2.3.4 Hoe kan 'n lopende rekening-surplus die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel? (2) 2.3.5 Verduidelik die impak van die handelsbalans op die lopende rekeningbalans. (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek kortliks die noodsaaklikheid van die openbare sektor in die ekonomie. (4 x 2) (8) 2.5 Wat is die ekonomiese gevolge van stygende invoerpryse vir Suid-Afrikaanse verbruikers? (4 x 2) (8) [40] b.o.
EKONOMIE 9 (VRAESTEL 1) 10731/25 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE fiskale beleidsinstrumente om groei te bevorder. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed die WHO tariewe en belastings op ingevoerde goedere? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg NASIONALE BEPLANNINGS- KOMMISSIE Die Medium-termyn Teen 2030 moet daar: Strategiese Raamwerk is  ʼn Verminderende getal ons hoof aksieplan persone, van 39% tot 0% wees met ʼn maandelikse inkomste van R419  ’n Vermindering van ongelykheid, gemeet deur die Gini-koëffisiënt, van 0,69 tot 0,6 Die NOP het ten doel om die bereiking van ʼn ordentlike lewenstandaard vir almal teen 2030 te verseker. [Aangepas uit die Nasionale Beplanningskommissie] 3.2.1 Identifiseer die hoof aksieplan van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP), uit die inligting hierbo. (1) 3.2.2 Watter regeringsliggaam is verantwoordelik vir die NOP? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term Gini-koëffisiënt. (2) 3.2.4 Verduidelik die doel van die NOP. (2) 3.2.5 Hoe kan die NOP armoede in Suid-Afrika verminder? (4) b.o.
EKONOMIE 10 (VRAESTEL 1) 10731/25 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. COEGA SPESIALE EKONOMIESE SONE (SES) Die Coega Ontwikkelingskorporasie (Coega) het met trots 'n groot hupstoot vir Suid-Afrika se motorsektor aangekondig met 'n beleggingsverklaring van R200 miljoen deur FAW Trucks Suid-Afrika (SA). Hierdie beduidende belegging herbevestig Coega SES se status as 'n strategiese spilpunt (hub) vir motorvervaardiging in Suid-Afrika. Deur werkskepping, ekonomiese stimulasie en die lok van verdere beleggings, sal hierdie vennootskap tussen Coega en FAW Trucks SA bydra tot die breër voorspoed van die Oos-Kaap en Suid-Afrika. [Aangepas uit die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging] 3.3.1 Identifiseer die provinsie waar die Coega SES geleë is, vanaf die (1) uittreksel hierbo. 3.3.2 Noem EEN ander SES buiten Coega. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term spesiale ekonomiese sone. (2) 3.3.4 Verduidelik EEN voordeel van die Coega SES vir 'n besigheid soos FAW Trucks SA. (2) 3.3.5 Hoe dra buitelandse direkte belegging (FDI) van FAW Trucks SA by tot Suid-Afrika se ekonomiese groei? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die volgende aanbodkantbeleid: Besigheidsdoeltreffendheid en die vermindering van die koste van sake doen (2 x 4) (8) 3.5 Hoe kan ontwikkelende ekonomieë invoervervanging gebruik om ekonomiese groei te stimuleer? (8) [40] b.o.
EKONOMIE 11 (VRAESTEL 1) 10731/25 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE kenmerke van openbare sektor mislukking. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe beïnvloed uitvoersubsidies staatsbesteding? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BELANGRIKSTE HANDELSOOREENKOMSTE TUSSEN SUID-AFRIKA EN DIE RES VAN DIE WÊRELD TIPE HANDELS- BEPALINGS VAN OOREENKOMS PROTOKOL OOREENKOMS Goedere en dienste beweeg vrylik tussen lidstate, en hulle pas 'n Doeane-unie SADU/SACU gemeenskaplike eksterne tarief toe op invoere van buite die blok. Vryhandels- Liberalisering van dienstehandel: SAOG/SADC ooreenkoms Protokol oor handel in dienste Voorkeurtoegang tot die Nie-wederkerige Amerikaanse mark deur laer Handels- AGOA tariewe of geen tariewe op ooreenkomste geselekteerde produkte 'n Mylpaal-handelsooreenkoms wat daarop gemik is om 'n enkele Vryhandels- AfcFTA mark vir goedere en dienste ooreenkoms regoor die Afrika-kontinent te skep [Aangepas uit die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging] 4.2.1 Identifiseer die handelswet wat Suid-Afrikaanse produsente gunstige toegang tot markte in die Verenigde State (VSA) gee, vanaf die tabel (1) hierbo. 4.2.2 Noem EEN ander land, behalwe Suid-Afrika, wat 'n lid van SADU is. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term handelsprotokol. (2) 4.2.4 Verduidelik hoe handelsliberalisering die volume van handel tussen lande beïnvloed. (2) 4.2.5 Wat is die potensiële voordele van AfcFTA-lidmaatskap vir Suid-Afrikaanse besighede? (4) b.o.
EKONOMIE 12 (VRAESTEL 1) 10731/25 4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Aangepas uit die Nasionale Tesourie] 4.3.1 Identifiseer die hoofbron van belastinginkomste vir die nasionale regering vanaf die tabel hierbo. (1) 4.3.2 Watter soort belastingstruktuur gebruik Suid-Afrika vir persoonlike inkomstebelasting? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term begroting. (2) 4.3.4 Verduidelik die belangrikheid van aksynsbelasting op produkte soos alkohol en tabak. (2) 4.3.5 Hoe beïnvloed regeringsbelasting verbruikersbesteding? (4) 4.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (2 x 4) (8) 4.5 Hoe help die Stelsel van Nasionale Rekeninge regerings om ekonomiese beleidsbesluite te neem? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
EKONOMIE 13 (VRAESTEL 1) 10731/25 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.  ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer. Maks. 2  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.  Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Ondersoek/ Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Differensieer/Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die Maks. 26 grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/ Assesseer/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/ voorbeelde. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor Maks. 10 ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Gevolgtrekking Enige hoër-orde gevolgtrekking behoort die volgende in te sluit:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2  Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/analise versterk  ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 b.o.
EKONOMIE 14 (VRAESTEL 1) 10731/25 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek die kenmerke onderliggend aan vooruitskatting in besonderhede . (26 punte)  Hoe kan monetêre beleide gebruik word om skommelinge in die sakesiklusse glad te stryk? (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek die ekonomiese aanwysers in besonderhede. (26 punte)  Wat kan regerings doen om die druk van hoë bevolkingsgroei op maatskaplike dienste te verminder? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all