Skip to content

History Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 12202410 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 JUNIE 2024 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 2 NW/Junie 2024 Graad 12 – Addendum VRAAG 1: WATTER ROL HET BUITELANDSE MOONDHEDE IN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE GESPEEL? BRON 1A Die bron hieronder fokus op die redes vir Suid-Afrika se betrokkenheid by die Koue oorlog in Angola. John Vorster (Suid-Afrika se Eerste Minister) het die blaam vir Suid-Afrika se ingryping in Angola vierkantig op die skouers van die Russe en Kubane geplaas: 'Ons betrokkenheid was die gevolg van Russiese en Kubaanse inmenging. As hulle Angola nie binnegeval het nie, as hulle nie aan hierdie affêre deelgeneem het nie, as hulle nie probeer het om die hele Angola omver te werp (ondermyn) en om sy mense te onderdruk (in te perk) nie, sou Suid-Afrika Angola glad nie binnegeval het nie … Ons het ingegaan om Kuba en die MPLA van die damme (Ruacana en Calueque) te verdryf.' Daar is geen twyfel dat die bystand wat die Russe en die Kubane in die vorm van wapens en opleiding aan die MPLA gegee het, tot 'n sekere mate bygedra het om Suid-Afrika se ingryping te motiveer nie, maar dit is onwaarskynlik dat dit so 'n deurslaggewende rede was as wat Vorster geïmpliseer het. Dit was SWAPO, nie die Kubane en die MPLA nie, wat die twee damme tussen Ruacana en Calueque bedreig het. Die hoofredes vir Suid-Afrika se ingryping in Angola was nie die teenwoordigheid van Russe en Kubane nie, maar die begeerte om te voorkom dat 'n MPLA-regering beheer oorvat en om die verspreiding van kommunisme te voorkom. Daar is ook bewyse dat President Kenneth Kaunda van Zambië en President Mobutu Sese Seko van Zaïre, wat nie een die MPLA goedgesind was nie, Suid-Afrika se ondersteuning van die FNLA en UNITA verwelkom het. … Suid-Afrika se optrede het hom progressief (meer en meer) dieper in die Angolese oorlog ingetrek … Generaal Hendrik van den Bergh is Frankryk toe gestuur om wapens ter waarde van R20 miljoen vir die FNLA en UNITA te koop … Suid- Afrikaanse instrukteurs het begin om FNLA- en UNITA-soldate in die suide van Angola op te lei. [Uit South Africa in the 20th Century deur BJ Liebenberg en SB Spies] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 NW/Junie 2024 Graad 12 – Addendum BRON 1B Die bron hieronder is uittrekser wat fokus op die betrokkenheid van Angola, Kuba, Suid- Afrika en Rusland by die Slag van Cuito Cuanavale. Angolese en Kubaanse brigades (soldate-eenhede) het in Augustus 1987, onder 'n Russiese bevelvoerder, 'n grootskaalse aanval op UNITA begin. Die Suid-Afrikaanse troepe wat tot hulle redding gekom het, het vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog tenks gebruik. Die geveg wat in Cuito Cuanavale gewoed het, is al die grootste slag nog in Afrika suid van die Sahara genoem. Die Suid-Afrikaners, gesteun deur UNITA, het die Angolese opmars by die Lombarivier gestuit en hulle na Cuito Cuanavale teruggedryf, waar die Angolese soldate vasgeskop en halsstarrig (hardkoppig) weerstand gebied het. Hulle het ook toenemend ondersteuning by hulle lugmag gekry, terwyl die Suid-Afrikaanse lugmag lugbeheer begin verloor het. Die Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) het gedink dat Cuito Cuanavale ingeneem kon word, maar dat dit die lewens van ongeveer 300 wit soldate en 'n groot aantal swart soldate van die Suidwes-Afrikaanse Landweermag en UNITA sou kos. So 'n prys is as te hoog beskou en daar is besluit om Cuito Cuanavale in Angolese besit te laat … … Cuito Cuanavale was 'n keerpunt in die geskiedenis van Suider-Afrika. Die dooiepunt daar het tot herbesinning deur al die partye gelei. Dit was vir almal duidelik dat daar geen oorwinning in sig was nie en om met die oorlog voort te gaan, tot oortdurende groter verliese sou lei. Suid-Afrika het dit al hoe moeiliker gevind om die enorme (groot) koste van die oorlog in Angola te regverdig, wat meer as R1 miljoen per dag beloop het. Boonop het die groeiende lys jong mans wat in Angola gesterf het en die toenemende militarisering van Suid-Afrika, teenkanting ontlok. Angola het terselfdertyd gesmag na vrede sodat die ekonomie, infrastruktuur en menseverhoudinge wat deur die oorlog beskadig is, herstel kon word. [Uit http://www.defenceweb.co.za/index.php?option=com_content& view=article&id=51193]. Toegang verkry op 21 Februarie 2024] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 NW/Junie 2024 Graad 12 – Addendum BRON 1C Die foto hieronder toon ‘n konvooi militêre voertuie van die Suid-Afrikaanse Weermag wat in 1988 Angola verlaat en Namibië binnegaan. [Uit https://www.historytoday.com/gary-baines/replaying-cuito-cuanavale. Accessed on 21 February 2024] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 NW/Junie 2024 Graad 12 – Addendum BRON 1D Die bron hieronder is uittreksel uit ‘n toespraak geneem wat op 23 Maart 1988 deur Rodolfo Benítez Version, die Kubaanse ambassadeur in Suid-Afrika, gelewer is. Hy verduidelik in breë trekke hoe Kuba die Slag van Cuito Cuanavale gewen het. Die Suid-Afrikaners en die skynmarionet -gewapende groep, National Union for the Total Independence of Angola (UNITA), ondersteun deur die Verenigde State van Amerika, het op 23 Maart 1988 hulle laaste groot aanval op Cuito Cuanavale gedoen. Hulle is egter beslissend deur die kommunistiese magte van Angola, Kuba en die Suidwes-Afrikaanse Volksorganisasie (SWAPO), met die ondersteuning van lede van die African National Congress (ANC) van Suid-Afrika, gekeer. Fidel Castro het die belangrikheid van die slag beklemtoon en verklaar: 'In Cuito Cuanavale het die Kubaanse Rewolusie alles gespeel, sy eie bestaan gespeel, 'n grootskaalse oorlog teen een van die sterkste magte in die Derde Wêreld gewaag, teen een van die rykste magte met 'n belangrike industriële en tegnologiese ontwikkeling, tot die tande gewapen, op daardie afstand vanaf ons klein landjie en met ons bronne, met ons wapens.' Die apartheidsregime het probeer om sy nederlaag in Cuito Cuanavale as 'n taktiese terugtrekking uit te beeld. Sommige twyfelagtige skrywers het ook regdeur al hierdie jare probeer om die geskiedenis te herskryf, om die belangrikheid van die geveg by Cuito Cuanavale te verklein en selfs te ignoreer. Maar die rewolusionêres in Afrika het nooit enige twyfel oor wie die slag gewen het en die belangrikheid daarvan gehad nie. Nelson Mandela het die volgende oor Kuba se deelname in Angola gesê: 'Julle teenwoordigheid en die versterkings wat na die Slag van Cuito Cuanavale gestuur is, is waarlik geskiedkundig belangrik. Die verpletterende nederlaag van die rassistiese weermag in Cuito Cuanavale was 'n oorwinning vir die hele Afrika!' [Uit https://www.iol.co.za/capetimes/opinion/cuito-cuanavale-the-turning-point-14003886 Toegang verkry op 20 Februarie 2024] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 NW/Junie 2024 Graad 12 – Addendum VRAAG 2: HOE HET DIE PROTESVELDTOGTE IN BIRMINGHAM IN 1963 DIE ONGEREGTIGHEID EN DISKRIMINASIE TEEN SWART-AMERIKANERS IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA BEKLEMTOON (UITGELIG)? BRON 2A Die bron hieronder skets die Birmingham-veldtog in die Verenigde State van Amerika in 1963. Wette wat uit die Jim Crow-era oorgedra is, het swartmense verbied om as polisiebeamptes of brandbestryders te dien, stadsbusse te bestuur, as kassiere in afdelingswinkels of as teller in banke te werk. Segregasie in die vorm van ‘Slegs Kleurlinge’ tekens by openbare waterfonteine en toilette is streng toegepas, en middagetetoonbanke in die middestad was buite perke vir swartmense. As gevolg van stembusbelasting en gemanipuleerde geletterdheidstoetse, was minder as 10% van Birmingham se swart bevolking geregistreer om te stem. Alhoewel die stad se apartheidagtige Blanke-geheel stadsregering wat lankal ‘n dowe oor gedraai het vir die blote melding van rasse-integrasie, het Birmingham se swart gemeenskap begin organiseer. Eerwaarde Fred Shuttlesworth het die Alabama Christian Movement for Human Rights (Alabama Christen Beweging vir Menseregte) (ACMHR) in 1956 gestig nadat Alabama-goewerneur George Wallace alle aktiwiteite van die NAACP in die staat verbied het. Shuttlesworth het Martin Luther King Jr. en sy SCLC genooi om by hom aan te sluit in die Birmingham-veldtog. ‘As jy na Birmingham kom, sal jy nie net aansien verwerf nie, maar die land werklik skud,’ het hy in ‘n brief aan King geskryf, ‘As jy in Birmingham wen, soos Birmingham gaan, gaan die nasie ook.’ [Uit https://www.thoughtco.com/birmingham-campaign-history-legacy-5082061. Toegang op 20 Februarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 NW/Junie 2024 Graad 12 – Addendum BRON 2B Die bron hieronder fokus op die strategieë wat deur betogers aangeneem is, die reaksie deur staatsowerhede en die impak van mediadekking van die Birmingham-veldtog in 1963. Die Birmingham-veldtog het stilweg begin met ‘sit-ins’ op 3 April 1963 by verskeie middestad ‘slegs blankes’ middagete toonbanke. Die veldtog het uit die staanspoor ‘n apatiese (onbelangstellende) swart gemeenskap, ‘n openlike vyandige swart leierskap, en Bull Connor se ‘geweldadige weerstand’ in die vorm van polisie-inhegtenisnemings van die oortreders van die stad se segregasie-ordonansies gekonfronteer. Met geen opspraakwekkende nuus nie, het die nasionale media niks gevind om te berig nie, en die veldtog het misluk (afgeneem). Maar toe Connor polisiehonde beveel het om ‘n skare swart omstanders uiteen te jaag, het joernaliste die aanval van ‘n Duitse Herder (honderas) op ‘n nie-geweldadige betoger aangeteken, en sodoende die brutaliteit onthul wat segregasie ondermyn het. In ‘n desperate poging om mediadekking te genereer en die veldtog lewendig te hou ... is die Kinderveldtog op 2 Mei 1963 van stapel gestuur, waarin swart jeugdiges van omgewingskole as betogers gedien het. Bull Connor het probeer om die gebruik van geweld te vermy, en het honderde skoolkinders gearresteer en hulle met skoolbusse tronk te geneem. Toe die tronke vol is, het hy brandslange en honde uitgeroep om groot betogings te stuit. ... Afro-Amerikaanse toeskouers het met verontwaardiging gereageer en die polisie met bakstene en bottels bestook (gegooi) terwyl brandweermanne die brandslange oopgedraai het. Ten spyte van die polisie-aanvalle het die kinders hul taktiek van nie-gewelddadige demonstrasie voortgesit. Televisiebeeldmateriaal en foto’s van die mishandeling van kinders het vinnig versprei, wat ‘n uitroep oor die hele land ontlok het. Stadsleiers het die druk van die openbare mening gevoel en het op 10 Mei ingestem om te onderhandel. Birmingham het egter ver van desegregering of vreedsaamheid gebly. [Uit http://www.encyclopaediaofalabama.org/face/Article.jsp?id=h-1358 Toegang op 20 Februarie 2024 verkry] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 8 NW/Junie 2024 Graad 12 – Addendum BRON 2C Die foto hieronder toon die reaksie van die polisie in Birmingham – Alabama polisie jaag die optogte swart-Amerikaners in Mei 1963 uiteen. [uit http://www.aarp.org/politics/society/history/info-2018/civil-rights-events-fd.html. Toegang op 21 Februarie 2024 verkry] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 9 NW/Junie 2024 Graad 12 – Addendum BRON 2D Die bron hieronder verduidelik President Kennedy se reaksie op die Birmingham-protes nadat dit internasionale dekking deur die media ontvang het. Kennedy was in konflik (onseker) oor die vraag of hy federale troepe moes ontplooi en was verleë nadat die geweld in Birmingham as internasionale nuus gedek is. Voorbladfoto’s in die land se koerante het Kennedy oortuig om Burke Marshall, Assistant- prokureur -generaal vir Burgerregte, na Birmingham te stuur om onderhandelinge te verseker wat die geweldadige betoging sou beëindig. Vorige federale beleid rakende burgerregtekwessies het handhawing aan plaaslike wet en orde amptenare oorgelaat sonder direkte ingryping deur die nasionale regering. Kennedy het oor TV en radio aangekondig dat die ‘regering alles sal doen wat gedoen moet word om orde te bewaar, om die lewens van sy burgers te beskerm en om die wet van die land te handhaaf.’ Hy het die troepe op nabygeleë militêre basisse op hoë gereedheid geplaas en voorgestel dat die Alabama Nasionale Wag dalk gefederaliseer (verenig) sou word. Die nasionale media-aandag het gehelp om die ywer (intensiteit) van die Alabama Christian Movement for Human Rights (Alabama Christelike Beweging vir Menseregte) (ACMHR) – Southern Christian Leadership Conference (Suider Christelike Leierskap Konferensie) (SCLC) te versprei. Birmingham-veldtog was ver buite die stad se grense, en nasionale betogings, internasionale druk en middestad-onluste het gevolg in die nasleep van die ooreenkoms. Hierdie optrede het ‘n onwillige Kennedy-administrasie oortuig om ingrypende hervormings voor te stel wat die Kongres uiteindelik as die Wet op Burgerregte van 1964 aanvaar het. Met hierdie wetgewing het die burgerregtebeweging sy doel bereik om toegang tot openbare akkomodasie en gelyke werksgeleenthede te verkry, en sodoende wit oppergesag en diskriminasie vir Afro-Amerikaners en ander minderhede beëindig. [Uit http://www.pbs.org/black-culture/explore/civil-rights-movement-birmingham-campaign Toegang op 21 Februarie 2024 verkry] . Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 10 NW/Junie 2024 Graad 12 – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Doctador, E. The Truth and Reconciliation Commission in South Africa. The Fundamental Documents http//www.encyclopaediaofalabama.org/face/Article.jsp?id=h-1358. http://www.aarp.org/politics/society/history/info-2018/civil-rights-events-fd.html. http://www.defenceweb.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=51193. http://www.pbs.org/black-culture/explore/civil-rights-movement-birmingham-campaign/. https://www.historytoday.com/gary-baines/replaying-cuito-cuanavale. https://www.iol.co.za/capetimes/opinion/cuito-cuanavale-the-turning-point-14003886. https://www.thoughtco.com/birmingham-campaign-history-legacy-5082061 South Africa in the 20th Century by BJ Liebenberg and SB Spies Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all