Skip to content

History Grade 12 P1 North West June 2024 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202419 pages

Grade 12 History Paper 1 memorandum from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 JUNIE 2024 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye wat ‘n 2-bladsy kognitiewe rooster insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 2 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese Vaardighede Vlakke van vrae • Onttrek inligting uit bronne VLAK 1 • Selektering en organisasie van relevante 30% inligting uit bronne (15) • Defineer historiese begrippe/terme • Interpretasie van bewyse uit bronne VLAK 2 40% • Verduidelik inligting uit bronne verkry (20) • Analiseer bewyse uit bronne • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid, en beperkings VLAK 3 30% vas te stel (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:  By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.  Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.  In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae  Gebruik 'n regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord.  Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word. (✓✓)  Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke. (✓✓✓✓) aangedui Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word:  Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.  Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te skryf, te evalueer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne  Maak regmerkies (✓), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is, aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar,bv. ______________ . _____________________ . ________________________ _____________________ . __________________________ . ____________ ✓✓✓✓ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.  Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32 50  Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoorde- boek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:  In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae  Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronkilike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om ‘n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud 'feite' neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die leerder se interpretasie van die vraag.  Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevante inhoudseleksie)  Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer, en ‘n onafhanklike argument) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met ‘n kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyne) en relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyne) Bv. 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ‘n opstel. P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ‘n argument/’n duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet ‘n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ‘n opstel: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A✓ • Interpretasie I✓ • Argument LOA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ‘n algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Sommige weglatings in inhoudsdekking. Poog om ‘n argument te handhaaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande Argument beplan Toon soms Poging Weinig of geen beplande en beplande en en en gestruktureer. bewys van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde gestruktureerde Bewyse tot 'n gestruktureerde antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n opstel. sekere mate en beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante Poog om 'n gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is duidelike argument te om 'n argument beskrywend of goed gevolg. Bewyse argument te ondersteun. vol te hou. poog om gebalanseerde, gebruik om die ontwikkel. Slotsom bereik Gevolgtrekking argument te INHOUD oorspronklike argument te Gevolgtrekking op grond van nie duidelik ontwikkel. Geen argument verdedig. Poog gemaak uit bewyse. ondersteun deur poging om 'n ontwikkel met om 'n bewyse om die bewyse nie. gevolgtrekking te bewyse. onafhanklike argument te maak nie. Argument gevolgtrekking ondersteun. deurgaans uit die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 Inhoud toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27 weglatings of irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit nie. 26–27 24–25 20–23 Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag onbereikend beantwoord. 20–23 18–19 14–17 Inhoud skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/ totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1- 6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7-13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: WATTER ROL HET BUITELANDSE MOONTHEDE IN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE GESPEEL? 1.1 1.1.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 1A – V1]  Rusland  Kuba (2 x 1) (2) 1.1.2 (Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] Vorster wou:  keer dat die MPLA Angola regeer  die verspreiding van kommunisme deur Rusland en Kuba in Suider-Afrika te voorkom  UNITA in sy stryd teen die MPLA te ondersteun • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.3 [Uithaal van bewyse uit Bron 1A – V2]  Die effek van Russiese en Kubaanse ingryping  Om Kuba en die MPLA van die damme weg te jaag (2 x 1) (2) 1.1.4 [Definisie van ‘n historiese begrip uit Bron 1A – V1]  Dit is ‘n ideologie wat ‘n klaslose samelewing voorstaan  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.5 [Uithaal van bewyse uit Bron 1A – V1]  President Kenneth Kaunda van Zambië  President Mobutu Sese Seko van Zaïre (2 x 1) (2) 1.1.6 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]  UNITA het kapitalisme ondersteun  UNITA het teen kommunistiese MPLA geveg  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.2 1.2.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 1B – V1]  Angolese  Kubane (2 x 1) (2) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]  Dit was die eerste oorlog in Suider-Afrika wat baie buitelandse lande betrek het  Die aantal troepe wat Kubaanse troepe na Angola gestuur het (50 000) en toerusting het aangedui dat dit ‘n groot geveg was  Dit was die eerste oorlog in Suider-Afrika waar moderne militêre toerusting gebruik is • Die lugmag is ook tydens die oorlog deur beide Suid-Afrika en Kuba gebruik  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 8 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 1.2.3 [Uithaal van bewyse uit Bron 1B – V1]  Dit sou die lewens van ongeveer 300 soldate sowel as ‘n groot aantal swart soldate kos  Só ‘n prys is as te hoog beskou (enige 2 x 1) (2) 1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]  Ekonomiese, politieke en sosiale heropbou van die land sal plaasvind  Angolese sou ‘n regering van hul eie hê  Buitelandse inmenging in Angola se binnelandse sake sou tot ‘n einde kom • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]  Die boodskap is dat Suid-Afrika die Slag van Cuito Cuanavale gewen het  Soldate wat terugkeer van die oorlog in Angola word verwelkom as ‘WENNERS’  Dit wys hoe Suid-Afrikaanse militêre voertuie uit Angola onttrek en Namibië binnekom  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.3.2 [Bepaal die beperkings uit Bron 1C – V3]  Dit gee ‘n eensydige perspektief/standpunt  Dit verskaf slegs die Suid-Afrikaanse siening van die oorlog in; Angola en kan dus bevooroordeeld wees  Dit brei nie uit oor hoe die SAW ‘WENNERS’ was nie  Dit kon as propaganda gebruik gewees het om die SAW as ‘WENNERS’ uit te beeld • Die foto kon opgevoer gewees het (gemanipuleer om te wys dat die SAW die Slag van Cuito Cuanavale gewen het) • Enige ander relevante Antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 1D – V1]  SWAPO  ANC (2 x 1) (2) 1.4.2 [Verduideliking van ‘n historiese begrip uit Bron 1D – V2]  ‘n Geweldadige omverwerping van die Suid-Afrikaanse regering/ troepe deur die Kubane tydens die Slag van Cuito Cuanavale • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]  Dit wys dat die leiers van Afrika-lande die vermoë gehad het om op te staan teen buitelandse oorheersing  Oorwinning by die Slag van Cuito Cuanavale het gedien om die onafhanklikheid van Namibië (1990) en Suid-Afrika (1994) te bespoedig  Dit het die mite van die onoorwinlikheid van die Suider-Afrika vernietig en gedemonstreer dat Afrika die potensiaal het om op sy eie te staan  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 9 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1C en 1D – V3]  Bron 1C toon dat Suid-Afrika die Slag van Cuito Cuanavale gewen het terwyl Bron 1D meld dat Suid-Afrika die oorlog verloor het  Bron 1C wys die Suid-Afrikaanse militêre voertuie wat Namibië binnekom nadat hulle uit Angola onttrek het, terwyl Bron 1D noem dat Suid-Afrika sy nederlaag as ‘n taktiese terugtog (onttrekking) beskou het  Bron 1C wys ‘n banier wat Suid-Afrikaanse militêre magte as ‘WENNERS’ verwelkom, terwyl Nelson Mandela in Bron 1D aangehaal word wat gesê het dat die Slag van Cuito Cuanavale ‘n verpletterende nederlaag van die rassistiese Suid-Afrikaanse weermag was • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.6 [Interpretasie, ontleding en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hul antwoord insluit:  Suid-Afrika het by Angola betrokke geraak weens Kubaanse en Russiese ingryping (Bron 1A)  Kuba en Rusland het betrokke geraak om die MPLA te ondersteun terwyl Suid- Afrika UNITA ondersteun het (eie kennis)  Suid-Afrika het betrokke geraak om te verhoed dat Kuba en die MPLA die Ruacan- en Calueque-damme beset (Bron 1A)  Angolese en Kubaanse brigades het ‘n groot aanval op UNITA geloods, Suid- Afrika het gehaas om UNITA by te staan (Bron 1B)  Die VSA het UNITA ondersteun deur groot militêre hulp te verskaf om die onafhanklikheid van Angola te verdedig (Bron 1D)  Die Kubane het bygedra tot die nederlaag van die Suid-Afrikaanse weermag by die Slag van Cuito Cuanavale (Bron 1D)  Nelson Mandela het die belangrikheid van Kuba se deelname aan die Slag van Cuito Cuanavale gestel (Bron 1D)  Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken: VLAK 1  Gebruik bewyse op ‘n elementêre wyse bv. toon geen PUNTE of min begrip van die rol wat buitelandse 0-2 moondhede in die Slag van Cuito Cuanavale gespeel het.  Gebruik bewyse gedeeltelik om oor ‘n onderwerp te skryf, of kan nie oor die onderwerp skryf nie. VLAK 2  Bewyse is meestal relevant en hou in ‘n groot mate PUNTE verband met die onderwerp bv. toon ‘n mate van 3-5 begrip van die rol wat buitelandse moondhede in die Slag van Cuito Cuanavale gespeel het.  Gebruik bewyse op ‘n baie eenvoudige wyse om ‘n paragraaf te skryf. VLAK 3  Gebruik relevante bewyse bv. Demonstreer ‘n PUNTE deeglike begrip van die rol wat buitelandse 6-8 moondhede in die Slag van Cuito Cuanavale gespeel het.  Gebruik bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 10 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 2: HOE HET DIE PROTESVELDTOGTE IN BIRMINGHAM IN 1963 DIE ONGEREGTIGHEID EN DISKRIMINASIE TEEN SWART-AMERIKANERS IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA BEKLEMTOON (UITGELIG)? 2.1 2.1.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 2A – V1]  om as polisiebeamptes of brandbestryders te dien  bestuur van stadsbusse  werk as kassieres in afdelingswinkels  werk as tellers in ‘n bank (3 x 1) (3) 2.1.2 [Definisie van ‘n konsep uit Bron 2A – V1]  Skeiding van mense op grond van ras, kleur en godsdiens  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]  Om vir menseregte van Afro-Amerikaners in Alabama te veg • Om die stad se segregasiebeleide en diskriminasie wat Afro- Amerikaners in die gesig gestaar het, uit te daag  Die NAACP is verbied  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.1.4 [Uithaal van bewyse uit Bron 2A – V1] • Shuttlesworth het Martin Luther King Jr en sy SCLC genooi om by hom aan te sluit in die Birmingham-veldtog (1 x 1) (1) 2.2 2.2.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 2B – V1]  Dit het stilweg begin met ‘sit-ins’ op 3 April 1963 by verskeie middestad ‘slegs blankes’ middagete toonbanke. (1 x 2) (2) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]  Afro-Amerikaanse gemeenskappe was apaties teenoor die veldtog  Vyandigheid van ‘n gevestigde swart leierskap  Nasionale nuus het nie breedvoerig oor hul saak berig nie  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]  Hy wou nie hê die media moet polisiebrutaliteit dek nie  Hy wou die beeld van die staat beskerm  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]  Alhoewel onderhandelinge plaasgevind het om diskriminasie te beëindig, is Afro-Amerikaners steeds nie as burgers van Amerika erken nie  Die streng wette waaraan Afro-Amerikaners onderwerp is, sal tyd neem om reg te stel, selfs al word dit afgeskaf  Die Ku Klux Klan was nie bereid om onderhandelinge te aanvaar om Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 11 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne diskriminasie in die Verenigde State van Amerika te beëindig nie  Geweld teen Afro-Amerikaners het voortgeduur  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Die bron beeld die hardhandige reaksie van die polisie op Afro- Amerikaanse betogers tydens die Birmingham-optog uit  Dit wys hoe die polisiehonde gebruik word om die betogers te bedwing • Die betogers is ongewapen en hardloop van die polisie weg, wat dui op geen skade aan die polisie nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3.2 [Stel die betroubaarheid van inligting vas uit Bron 2C – V3] Hierdie bron is betroubaar omdat:  dit ‘n foto is wat op die dag van die Birmingham-optog geneem is en die werklike gebeure van die dag uitbeeld  Dit lig die polisiebrutaliteit teenoor Afro-Amerikaners uit wat met ander bronne saamgewerk kan word  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4 [Vergelyking van bewyse in Bronne 2B en 2C – V3] • Bron 2B verwys na polisie wat honde teen betogers gebruik en Bron 2C wys hoe polisiehonde vreedsame betogers aanval • Beide bronne verwys na polisiebrutaliteit teen betogers • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.5 2.5.1 [Uithaal van bewyse uit Bron 2D – V1]  om onderhandelinge te verseker wat die geweldadige betogings sou beëindig (1 x 2) (2) 2.5.2 [Uithaal van bewyse uit Bron 2D – V1]  Dat die regering alles sou doen wat gedoen moet word om orde te bewaar  Om die lewens van sy burgers te beskerm  Om die wette van die land te handhaaf (enige 2 x 1) (2) 2.5.3 [Verduideliking van ‘n historiese konsep uit Bron 2D – V2]  Afro-Amerikaners is nie in Birmingham met respek en waardigheid behandel nie  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.5.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] Hierdie bron is nuttig omdat:  Die Wet op Burgerregte van 1964 het segregasie op grond van ras, kleur en godsdiens beëindig  Dit het hoop vir Afro-Amerikaners gebring dat meer veranderinge geïmlimenteer sou word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 12 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne  Afro-Amerikaners het volle burgerskapregte in die VSA gehad  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.6 [Interpretasie, ontleding en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende by hul antwoord insluit:  Talle rasgemotiveerde bomaanvalle het in Birmingham plaasgevind (Bron 2A)  Die Ku Klux Klan het geweld gebruik om teen Afro-Amerikaners in die Verenigde State van Amerika te diskrimineer (Bron 2A)  Die geheel-blanke regering van die stad het rasse-integrasie geïgnoreer (Bron 2A)  Die brutale reaksie van die polisie op die betogers het die diskriminasie teenoor Afro-Amerikaners uitgelig (Bron 2B)  Brandslange en honde is gebruik om betogers uiteen te jaag, wat dui op die hardhandige reaksie van die owerhede op die betogers (Bron 2B)  Die media het die beeld van Connor en sy manne vasgelê wat die vlak van diskriminasie teen Afro-Amerikaners in Birmingham aandui (Bron 2B)  Die onmenslike aard van die polisie met die gebruik van honde om betogers uiteen te jaag, het aan die lig gekom in die Birmingham-veldtog van 1963 (Bron 2C)  Die nasionale media het die nuus versprei van die intensiteit van die Birmingham-veldtog en die diskriminasie wat Afro-Amerikaners in die gesig gestaar het (Bron 2D)  Afro-Amerikaners het nogsteeds diskriminasie in die gesig gestaar lank nadat die Wet op Burgerregte aanvaar is (eie kennis)  Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken: VLAK 1  Gebruik bewyse op ‘n elementêre wyse bv. toon geen PUNTE of min begrip van hoe die protesveldtogte in 0-2 Birmingham in 1963 die ongeregtighede en diskriminasie van Afro-Amerikaners in die Verenigde State van Amerika uitgelig het nie.  Gebruik bewyse gedeeltelik om oor ‘n onderwerp te skryf, of kan nie oor die onderwerp skryf nie. VLAK 2  Bewyse is meestal relevant en hou in ‘n groot mate PUNTE verband met die onderwerp bv. toon ‘n mate van 3-5 begrip van hoe die protesveldtogte in Birmingham in 1963 die ongeregtighede en diskriminasie van Afro-Amerikaners in die Verenigde State van Amerika uitgelig het.  Gebruik bewyse op ‘n baie eenvoudige wyse om ‘n paragraaf te skryf. VLAK 3  Gebruik relevante bewyse bv. Demonstreer ‘n PUNTE deeglike begrip van hoe die protesveldtogte in 6-8 Birmingham in 1963 die ongeregtighede en diskriminasie van Afro-Amerikaners in die Verenigde State van Amerika uitgelig het.  Gebruik bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 13 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 3: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE:DIE KONGO [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate Mobuto Sese Seko suksesvol was in die implementering van politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele beleide nadat hulle onafhanklikheid van België in 1960 verkry het. Kandidate moet hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:  Inleiding: Kandidate moet ‘n standpunt inneem deur te verduidelik tot watter mate Mobuto Sese Seko suksesvol was in die implementering van politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele beleide nadat hulle onafhanklikheid van België in 1960 verkry het. Hulle moet demonstreer hoe hulle van plan is om die vraag te beantwoord. UITBREIDING Politieke beleide • Koloniale nalatenskap (agtergrondkennis) ➢ Peternalisme – Kongolese soos kinders behandel – het geen verantwoordelikheid in administrasie of teenwoordigheid in die regering nie ➢ Politieke partye is verban en met vinnige Belgiese onttrekking as gevolg van Leopoldville-optogte in 1959 – is baie politieke partye gestig wat elkeen hulle eie streek of stam verteenwoordig het ➢ 120 politieke partye het deelgeneem aan die 1960-verkiesings; geen enkele politieke party het ‘n oorgrote meederheid stem verwerf nie – Patrice Lumumba se Movement National Congolese (MNC) het die meeste setels gewen omdat hulle landswye steun geniet het wat ander streekspartye nie gehad het nie ➢ Gebrek aan politieke eenheid • Kongo word onafhanklik op 30 Junie 1960 met Joseph Kasavubu as President en Patrice Lumumba as Eerste Minister. Joseph Kasavubu het verkies dat die Kongo ‘n federale staat bly terwyl Patrice Lumumba ten gunste van ‘n sterk gesentraliseerde nasionale regering was/Lumumba was in konflik met Moise Tshombe • Kongo het met baie politieke onstabiliteit begin – Tshobe wat gefokus is op die afskeiding van Katanga vir selfregering (onafhanklikheid) • Joseph Mobutu het mag by Kasavubu oorgeneem deur ‘n staatsgreep in 1965 • Hy het ‘n sekere mate van politieke stabiliteit gebring (gebaseer op outokrasie) • In 1967 het Mobutu daarin geslaag om die Katanga-rebellie te keer en sy land ‘n nuwe grondwet gegee as ‘n eenpartystaat (Popular Movement for the Revolution) (MPR) • Kongo het ‘n eenpartystaat geword binne die eerste vyf jaar na onafhanklikwording en alle opposisie is onderdruk • Mobutu het ‘n persoonlikheidskultus ontwikkel (Mobutuïsme) • Mobutuïsme het die Kongo ‘n outokratiese staat onder homself as ‘n militêre diktator gemaak • Is deur die VSA ondersteun want hy is as ‘n anti-kommunistiese bondgenoot beskou Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 14 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne • Het ‘n sterk gesentraliseerde regering geskep en alle aanstellings, bevorderings en die toekenning van staasfondse beheer • Hy het die beleid van Zaïreanisasie ingestel, ‘n beleid wat geskoolde buitelanders of diegene wat strategiese bestuursposte gehad het, vervang het met ongeskoolde plaaslike inwoners – wat tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke leierskapsrolle gelei het • Hy het nepotisme toegelaat (kleptokrasie) • Mobutu het aangebly as ‘lewenslange president’ tot sy dood in 2007 • Enige ander relevante antwoord Ekonomiese beleide • Koloniale nalatenskap (agtergrondkennis) ➢ Uitbuiting – Belgiese welvaart gebaseer op uitbuiting van wol, rubberplantasies en myne (koper, tin en diamante) deur koloniale maatskappye. Winste uit minerale (myne) gebaseer op die uitbuiting van Kongolese werkers ➢ Kongo as die mees vooruitstrewende staat teen onafhanklikheid beskou maar die ekonomiese rykdom is deur buitelanders besit • Het ‘n kapitalistiese ekonomie by België geërf • Het aanvanklik die ekonomie in die hande van wit setlaars en buitelanders gelos • Die land se ryk natuurlike bronne van kopermynbedryf – gebruik winste daaruit om sy 10-jaar industrialiseringsplan te finansier • Genasionaliseerde maatskappye in buitelandse besit sonder vergoeding • Buitelandse maatskappye onder die beheer van sy vriende en familielede geplaas • Het Zaïreanisasie ingestel (die vervanging van buitelanders met Zaïre-nasionaliste) • Zaïreanisasie het gelei tot korrupsie, diefstal en wanbestuur • Die ekonomie is gekenmerk deur nepotisme en elitism (lei tot groot gaping tussen elite en gewone burgers/ryk en arm • Swak ekonomiese beleide lei tot die agteruitgang van infrastruktuur soos paaie ens. • Mobutu Sese Seko het ‘n kleptokrasie ontwikkel waar ‘n groep aangestelde staatsamptenare hul posisie vir finansiële gewin misbruik het • Mobutu is geforseer om beleid van retrosessie in te stel (terugkeer van buitelandse eienaars) • Baie min buitelanders het teruggekeer • Kongo se ekonomie het in duie gestort • Kongo het afhanklik geword van buitelandse hulp en beleggings, bv. van die Wêreldbank • Enige ander relevante antwoord Sosiale en kulturele beleide • Koloniale nalatenskap (agtergrondkennis) ➢ Bevorder elitism: het die opvoeding van ‘n klein groep elite in Westerse kennis en vaardighede, aangemoedig ➢ Frans was die onderrigtaal in skole ➢ Teen onafhanklikheid het die Kongo slegs 14 gegradueerdes uit 14 miljoen mense gehad • Het die beleid van Authenticité ingestel (om oorspronklik inheemse gebruike en gelowe te bevorder) om koloniale invloed uit te wis en om Zaïreers te verenig met sin van trots op eie kultuur. Ook na verwys as Afrikanisering. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 15 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne ➢ Vervang Christen-name met Afrika-name, bv. die Kongo is na Zaïre hernoem in 1971; Leopoldville het Kinshasha geword, Elisabethville het Lubumbashi geword, en Stanleyville het Kisangani geword; Mobutu het ook sy naam verander vanaf Joseph-Desire Mobutu na Mobutu Sese Seko Kuku Ngbedu Waza Banga, wat beteken: ‘Die Kryger wat alles oorwin wat, as gevolg van sy uithouvermoë en onbuigsame wil om te oorwin, van oorwinning na oorwinning sal gaan en vuur sal agterlaat’ • Kleredrag: Die dra van Westerse pakke is verban (deur ‘n dekreet) en vervang met ‘abacos’ (A bas le ostumes) wat ‘weg met pak’ beteken • Het plaaslike musiek bevorder • Mobutu het demokrasie as ‘n vreemde ideologie in Afrika beskou – hy het as ‘n Hoofman in tradisionele Afrika-styl geregeer en dit gebruik om sy eie outokratiese posisie te versterk • Frans het die onderrigtaal gebly en die onderwysstelsel het voortgegaan om die stedelik elite te bevorder • Na onafhanklikheid het primêre onderwys en skoolinskrywings gestyg van 1,6 miljoen in 1960 tot 4,6 miljoen in 1974. • Onderwysers en hospitaalpersoneel is vir maande nie betaal nie as gevolg van die swak ekonomiese en politieke praktyke • Enige ander relevante antwoord • Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met ‘n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 16 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 4: BURGERLIKE PROTES VAN DIE 1950’s TOT DIE 1970’s” DIE SWARTMAG BEWEGING [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik of hulle met die stelling saamstem of nie. Om met die stelling saam te stem, moet hulle sê hoe Malcom X, Stokely Carmichael en die Black Panthers ‘n belangrike rol gespeel het om Swart Trots (Black Pride) en Selfstandigheid (Self Reliance) onder Afro-Amerikaners in die 1960’s te vestig. Indien die kandidate nie met die stelling saamstem nie, moet hulle hul argument staaf. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoord insluit:  Inleiding: Kandidate moet ‘n standpunt inneem deur aan te dui of hulle met die stelling saamstem of nie. Hulle moet ook ‘n uiteensetting gee van hoe hulle hul argument sal ondersteun. UITBREIDING • Omstandighede in die VSA: (Agtergrondinligting) ➢ Afro-Amerikaners steeds ekonomies en polities kreupel in die VSA as gevolg van diskriminerende (Jim Crow) wette ➢ Gebrek aan gevoel van trots as gevolg van sosio-ekonomiese omstandighede (woon in ghetto’s en krotbuurte/swak behuising/fasiliteite met gebrekkige hulpbronne) ➢ Afro-Amerikaners het ongeduldig geraak met die stadige pas van verandering en die impak van die Burgerregtebeweging in die 1960’s ➢ Afro-Amerikaners wat aan polisiebrutaliteit onderwerp is – het gelei tot groei van nasionalistiese gevoelens • Swartmagbeweging bepleit selfgeldigheid; selfstandigheid en swart trots Die rol van Malcom X: • Malcom X was ‘n kragtige spreker en toegewyde menseregte-aktivis • Malcom X het in swartskeiding, selfbeskikking (swart nasionalisme) geglo en hy het selfrespek en selfdissipline bepleit • Geglo in die konsep van swart selftrots en selfagting/selfrespek/Swart Trots • ‘n Beroep gedoen vir assertiwiteit (aggressiwiteit) in hul rewolusie bv. Ras-onluste en Watts, Detroit • Wou hê dat Afro-Amerikaners moet opstaan teen wit owerhede in die nastrewing van Vryheid, geregtigheid en gelykheid op enige manier wat moontlik is • Bevorder die gebruik van geweld as ‘n manier van selfverdediging teen diegene wat Afro-Amerikaners aangeval het • Enige ander relevante Antwoord Die rol van Stokely Carmichael: • Word in 1966 voorsitter van SNCC (Student Non-Violent Coordinating Committee) en besluit om die leerstellings van die Swartmagbeweging te aanvaar • Die beginsels van Swartmag bepleit (doen dinge vir jouself; beheer politiek in jul Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 17 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne gemeenskappe; wees trots op eie kultuur en verdedig julself teen rasse- onderdrukking en manipulasie) • Hy het in nie-geweld geglo as ‘n strategie wat nie werk nie – voortdurende geweld wat deur wit Amerikaners teen Afro-Amerikaners gebruik is • Stokely Carmichael was ten gunste van Afrika-klere en Afrika-haarstyle as ‘n simbool van Swart Trots • Bepleit die uitsluiting van ‘Wit” liberale as ‘n filosofie vir Afro-Amerikaners • Carmichael het by die Black Panther Party (vir selfverdediging) aangesluit wat die Swartmag/Swart Trots-filosofie in werking gestel het • Enige ander relevante antwoord Die rol van die Black Panthers: • Die Black Panther Party is gestig deur Bobby Seale en Huey Newton vir selfverdediging – teen polisiebrutaliteit • Die Tienpuntplan het gedien as die Black Panther Party-manifes wat sy sosiale, politieke en ekonomiese doelwitte vir die opheffing van die Afro-Amerikaanse gemeenskap gedek het • Die Black Panther Party het voedingskemas in swart gemeenskappe bedryf – die voedingskemas het honger onder die jeug uitgeroei en leer in skole verbeter • BBP-geletterdheidsprojekte het ongeletterdheid onder die Afro-Amerikaanse gemeenskappe uitgeroei • BBP-kindersorgprojekte het in die mediese behoeftes van Afro-Amerikaners in swart gemeenskappe omgesien • Die Black Panther Party het by straatpatrollies betrokke geraak; polisie-aktiwiteite gemonitor en hulself verdedig deur gewere te dra (militante benadering) om die voortdurende polisiebrutaliteit en teistering van jong stedelike swart mans te stop • Die BPP het geëis dat swart geskiedenis in swart skole onderrig moet word • Enige ander relevante antwoord  Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 18 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne KOGNITIEWE ONTLEDINGSTABEL GESKIEDENIS VRAESTEL 1 – GRAAD 12 VAARDIGHEDE Kognitiewe- Uitdagings vlakke EVALUEER BRUIKBAARHEID, VOOROORDEEL EN VERDUIDELIKING VAN ‘ N HISTORIESE BEGRIP VERDUIDELIKING VAN INLIGTING UIT BRONNE BETROUBAARHEID UITHAAL VAN BEWYSE UIT BRONNE DEFINISIE VAN HISTORIESE KONSEPTE ANALIESE VAN BEWYSE UIT BRONNE INTERPRETASIE EN EVALUASIE VERGELYK EN ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE INTERPRETASIES INTERPRETASIE PERSENTASIE PERSENTASIE PERSENTASIE ORGANISEER BEWYSE OM ANTWOORDE TE STAAF VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 TOTAAL MAKLIK MEDIUM MOEILIK Maak ‘n regmerkie om vaardigheid aan te dui PUNTE V1 V2 V3 1.1.1 ✓ 2 2 ✓ 1.1.2 ✓ 4 4 ✓ 1.1.3 ✓ 2 2 ✓ 1.1.4 ✓ 2 2 ✓ 1.1.5 ✓ 2 2 ✓ 1.1.6 2 2 ✓ 1.2.1 ✓ 2 2 ✓ 1.2.2 ✓ 4 4 ✓ 1.2.3 ✓ 2 2 ✓ 1.2.4 ✓ 2 2 ✓ 1.3.1 ✓ 2 2 ✓ 1.3.2 ✓ 4 4 ✓ 1.4.1 ✓ 2 2 ✓ 1.4.2 ✓ 2 2 ✓ 1.4.3 ✓ 4 4 ✓ 1.5 ✓ 4 4 ✓ 1.6 ✓ 8 8 ✓ TOTAAL 14 20 16 50 EINTLIKE PERSENTASIE (%) 100 28 40 32 VERWAGTE PERSENTASIE (%) 100 30 40 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 19 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne GESKIEDENIS VRAESTEL 1 – GRAAD 12 VAARDIGHEDE Kognitiewe- Uitdagings vlakke EVALUEER BRUIKBAARHEID, VOOROORDEEL EN VERDUIDELIKING VAN ‘ N HISTORIESE BEGRIP VERDUIDELIKING VAN INLIGTING UIT BRONNE BETROUBAARHEID UITHAAL VAN BEWYSE UIT BRONNE SELEKSIE VAN RELEVANTE INLIGTING ANALIESE VAN BEWYSE UIT BRONNE INTERPRETASIE EN EVALUASIE VERGELYK EN ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE INTERPRETASIES INTERPRETASIE PERSENTASIE PERSENTASIE PERSENTASIE ORGANISEER BEWYSE OM ANTWOORDE TE STAAF VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 TOTAAL MAKLIK MEDIUM MOEILIK Maak ‘n regmerkie om vaardigheid aan te dui PUNTE V1 V2 V3 2.1.1 ✓ 3 3 ✓ 2.1.2 ✓ 2 2 ✓ 2.1.3 ✓ 4 4 ✓ 2.1.4 ✓ 1 1 ✓ 2.2.1 ✓ 2 2 ✓ 2.2.2 ✓ 2 2 ✓ 2.2.3 ✓ 4 4 ✓ 2.2.4 ✓ 4 4 ✓ 2.3.1 ✓ 4 4 ✓ 2.3.2 ✓ 4 4 ✓ 2.4 ✓ 4 4 ✓ 2.5.1 ✓ 2 2 ✓ 2.5.2 ✓ 2 2 ✓ 2.5.3 ✓ 2 2 ✓ 2.5.4 ✓ 2 2 ✓ 2.6 ✓ 8 8 ✓ TOTAAL 8 26 16 50 EINTLIKE PERSENTASIE (%) 100 28 40 32 VERWAGTE PERSENTASIE (%) 100 30 40 30 3 ✓ 50 50 ✓ ✓ ✓ 50 50 50 3 ✓ 50 50 ✓ ✓ ✓ 50 50 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all