PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYNE
JUNIE 2024
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye en ‘n kognitiewe rooster.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)

View all





History Grade 12 P2 North West June 2024 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- North West June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 681.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geskiedenis/V2 2 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel:
Kognitiewe
Historiese vaardighede Gewigstoekenning
Vlakke
van vrae
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante
VLAK 1 30%
inligting
(15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
VLAK 2 40%
• Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en
VLAK 3 30%
beperkings vas te stel
(15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander
geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag
gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif
aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry
vir enige ander relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om 'n standpunt in te neem in die beantwoording
van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en
word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee
punte toegeken word (✓✓).
• Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui.
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken
word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag
geassesseer word:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 3 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die
kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was
om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die
einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die
holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
• ___________•_________________________________________________
• _________________•____________________________•______________
√√√√ Vlak 2
KOMMENTAAR
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die
kantlyn regs onder, bv. . 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek
oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel.
Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg
sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe
argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is
noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam
van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die
handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n
oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n
argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs
inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer
sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien
van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders
as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende
val:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 4 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
• Die leerder se interpretasie van die vraag
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoud-seleksie)
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n
onafhanklike argument)
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken
word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die
nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die
argument ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasien-
-nasienriglyne) en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt '
'bullet' in die nasienriglyne)
Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies
wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van 'n opstel.
P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike
hoofpunt. Elke paragraaf moet 'n punt
bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is,
ondersteun.
E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante
voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou.
L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf
is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 5 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van opstel:
Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie ^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
• Herhaling R
• Analise A
• Interpretasie I
• Argument LOA
2.5 Die matriks
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
Voorsien word. Tydens die assessering van n opstel moet beide die inhoud en
die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van
die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die
hoofmomente is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I Vlak 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding
bepaal.
I Vlak 4
Vlak 3
(c) Ken n aangehele punt toe met behulp van die matriks.
I Vlak 4
Vlak 3 } 26-27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 6 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande Argument Toon soms Poging Weinig of
beplande en beplande en en beplan en bewys van 'n aangewend geen poging
→
gestruktureerde gestruktureerd gestruktureerde gestruktureer. gestruktureerd om antwoord om die
opstel. Goeie e opstel. 'n opstel. Bewyse tot 'n e en beplande te opstel te
sintese van Relevante Poog om 'n sekere mate argument. struktureer. struktureer
inligting. Het 'n argument is duidelike gebruik om Poog om 'n Grootliks nie
goed gevolg. argument te argument te argument vol beskrywend
Content gebalanseerde, Bewyse ontwikkel. ondersteun. te hou. of poog om
oorspronklike gebruik om die Gevolgtrekking Slotsom bereik Gevolgtrekkin argument te
↓
argument argument te gemaak uit op grond van g nie duidelik ontwikkel.
ontwikkel met verdedig. bewyse om die bewyse. ondersteun Geen poging
bewyse. Poog om 'n argument te deur bewyse om 'n
Argument onafhanklike ondersteun. nie. gevolgtrekkin
deurgaans gevolgtrekking g te maak
volgehou en uit die bewyse nie.
verdedig. te maak om
Onafhanklike die argument
gevolgtrekking te ondersteun.
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevante tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevante tot
argument wat
gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord.
Inhoud toereikend 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
en relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar
in antwoord.
Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse
van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar 26–27 24–25 20–23
beantwoord dit
nie. Hou soms nie
verband met die
vraag
VLAK 2
Vraag
ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord.
Inhoud skraal.
VLAK 1*
Vraag
ontoereikend
beantwoord of 14–17 0–13
glad nie.
Ontoereikend of
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 7 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om
die opstel te struktureer nie. =0
• Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen
poging om die opstel te struktureer nie =1-6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel
te struktureer =7 - 13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 8 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) GEREAGEER
OP DIE APARTHEIDSHERVORMINGS WAT PW BOTHA IN 1983
INGESTEL HET??
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A - V1]
• 'Kleurling
• ' Indier (2 x 1) (2)
1.1.2 [Definisie van 'n historiese term uit Bron 1A – V1]
• Die Driekamerparlement was 'n driekamerparlement vir wit, bruin en
Indiërverteenwoordigers, terwyl Afrikane uitgesluit is.
• Die driekamerparlement het drie afsonderlike kamers gehad waar bruin en
Indiërverteenwoordigers moes glo dat hulle toesig oor hul eie sake kon hou,
terwyl blankes die sake van 'almal' hanteer het.
• Enige ander relevante reaksie (enige 1 x 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Die United Democratic Front (UDF), wat uit meer as 400 openbare
organisasies bestaan het, is in 1983 gestig om die instelling van die
driekamerparlement deur die wit-gedomineerde Nasionale Party-regering
teen te staan.
• Massas protesteer teen die apartheidsregime en PW Botha se
hervormings in die 1980's.
• Het gelei tot versetbewegings wat studente, werkers en aktiviste ingesluit
het wat 'n einde aan die rassistiese en onderdrukkende stelsel van
apartheid geëis het.
(2)
• Enige ander relevante reaksie (enige 1 x 2)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Om wit voorregte te beskerm
• Afrikane sou nie vir hul regte kon veg nie
• Om weerstand teen apartheid te verswak
(4)
• Enige ander relevante reaksie (enige 2 x 2)
1.1.5 • [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D –V2]
• Die meerderheid swart gemeenskappe was in solidariteit en teen die stigting
van die driekamerparlement.
• Swart gemeenskappe ondersteun die stakings, boikotte en massa -
aksieveldtogte van die United Democratic Front
(4)
• Enige ander relevante reaksie (enige 2 x 2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 9 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• 'is 'n onverdeelde Suid-Afrika wat aan al sy mense sal behoort'
• ''n oop demokrasie waaruit geen enkele Suid-Afrikaner uitgesluit sal word
nie'’
• 'n samelewing waarin die menswaardigheid van al sy mense (2)
gerespekteer sal word' (enige 2 x 1)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• ‘…Hulle spreek nie die wil van die oorgrote meerderheid van Suid-Afrika se
mense uit nie (enige 1 x 2) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• UDF sal geen regte aanvaar wat deur die staat gegee word nie
• Die staat het nie die reg om hierdie regte te bepaal nie
• Dit is God gegewe reg aan alle mense, ongeag kleur
• Enige ander relevante reaksie (enige 2 x 2) (4)
1.2.4 [Bepaling van die betroubaarheid van Bron 1B – V3]
Die bron is betroubaar omdat:
• Die toespraak is gelewer deur Allan Boesak wat een van die leiers van die
UDF was
• Die toespraak is op 20 Augustus 1983 gelewer, wat die werklike datum van
die bekendstelling van die UDF was
• Dit beklemtoon die redes vir die bekendstelling van die UDF wat in reaksie
was op die instelling van apartheidshervormings en die totstandkoming van
die Driekamerparlement
• Die inligting in die bron kan met ander bronne bevestig word (4)
• Enige ander relevante reaksie (enige 2 x 2)
1.3
1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
Om te wys:
• onderdrukkende maatreëls wat die staat getref het om die UDF te verswak
die UDF se lyding sodat dit simpatie en ondersteuning van Suid Afrikaners
in die algemeen kan wen dat die UDF Botha se hervormings sou verbreek
die UDF se verbintenis om onderdrukkende maatreëls van die staat te
weerstaan dat die staat se onderdrukkende maatreëls hulle nie sal ontmoedig
nie
• Enige ander relevante reaksie (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 10 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C - V2]
• Die UDF het hom daartoe verbind om te weerstaan/verhoed om stilgemaak
te word deur die staatsonderdrukking
• Die UDF sou deur protesaksies vryheid ten alle koste verkry.
• Die UDF sal mense mobiliseer en verenig in krag om onderdrukkende
maatreëls te weerstaan
(2)
• Enige ander relevante reaksie (enige 1 x 2)
1.4 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1B en 1C om vas te stel hoe hulle mekaar
ondersteun – V3]
• Bron 1B praat oor die eenheid van onverdeelde Suid-Afrikaners en Bron 1C
toon die eenheid van mense uit alle vlakke van die samelewing op die
plakkaat rakende verset teen apartheid
• Bron 1B noem hoe die UDF weier om rasse-onreg van die
apartheidsregering te aanvaar en 1C toon die UDF se verbintenis om
onderdrukkende maatreëls van die staat te weerstaan.
• Bron 1B verklaar dat die UDF gestig is om apartheid teen te staan en Bron
1C toon dat Suid-Afrikaners apartheid teenstaan (4)
• Enige ander relevante reaksie (enige 2 x 2)
1.5
1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• 8700 sterk Indiese gemeenskap het weggebly van die stembus (2)
(enige 1 x 2)
1.5.2 [Verduideliking van 'n historiese term uit Bron 1D – V1]
• Wetgewer van Suid-Afrika wat beperkte politieke stem aan die land se
Kleurlinge en Indiërbevolking gegee het, het die meerderheid van die Afrika-
bevolkingsgroep uitgesluit.
• Enige ander relevante reaksie (enige 1 x 2) (2)
1.5.3 [Seleksie en organisering van relevante inligting uit bronne. Bron 1D-V1]
• Om hul heersende mag te behou
• Om hul wit voorregte te behou
• Om hul wit oorheersing te behou
• Die driekamergrondwet het hul voorregte beskerm
• Die blankes was teen gelykheid tussen swartes en blankes
• Om te verhoed dat Suid-Afrika as 'n pariastaat beskryf word/Om terug in die
internasionale arena aanvaar te word
• Enige ander relevante reaksie (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 11 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Die nuutgestigte Bevrydingsbeweging, die United Democratic Front (UDF),
het 'n massiewe landwye veldtog van stapel gestuur om bruin en Indiër-
kiesers te weerhou om aan die verkiesing deel te neem (Bron 1A)
• Die UDF is op 20 Augustus 1983 van stapel gestuur om die instelling van
die Driekamerparlement teen te staan (Bron 1B)
• Die bekendstelling van die UDF was 'n deurslaggewende gebeurtenis in die
geskiedenis van die stryd om vryheid en demokrasie in Suid-Afrika (eie
kennis)
• In sy toespraak het dr Allan Boesak die doelwitte van 'n onverdeelde Suid-
Afrika uitgelig wat aan al sy mense sal behoort (Bron 1B)
• By die bekendstelling vra dr Allan Boesak vir 'n oop demokrasie waaruit
geen enkele Suid-Afrikaner uitgesluit sal word nie en 'n samelewing waarin
die menswaardigheid van al sy mense gerespekteer sal word. (Bron 1B)
• Die UDF het 'n 'ONS SAL NIE STILGEMAAK WORD NIE'-veldtog begin wat
sy verbintenis tot die weerstand teen onderdrukkende maatreëls van die
staat getoon het (Bron 1C)
• Die UDF het 'n platform en stem aan die gewone mense verskaf (eie kennis)
• Indiese en bruin gemeenskappe het die driekamerparlementverkiesings
geboikot wat tot 'n swak stempersentasie gelei het (Bron 1D)
• Allister Sparks beskou die swak opkoms as 'n massiewe verwerping van
die regering se nuwe grondwet (Bron 1D)
• Die UDF het 'miljoen handtekening'-veldtog van stapel gestuur – 'n petisie
om bewustheid te skep en die driekamerstelsel te verwerp. (eie kennis)
• Enige ander relevante reaksie
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv toon geen of
min begrip van hoe die United Democratic Front PUNTE
VLAK 1 (UDF) gereageer het op die apartheidshervormings 0–2
wat PW Botha in 1983 ingestel het
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
nie.
• Getuienis is meestal relevant en hou tot 'n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon 'n mate van begrip
VLAK 2 van hoe die United Democratic Front (UDF) gereageer PUNTE
het op die apartheidshervormings wat PW Botha in 3–5
1983 ingestel het
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om
'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip
van hoe die United Democratic Front (UDF)
VLAK 3 gereageer het op die apartheidshervormings wat PW PUNTE
Botha in 1983 ingestel het 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf wat 'n begrip van die onderwerp toon.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 12 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL OM SUID-AFRIKA MET SY VERDEELDE VERLEDE TE
VERSOEN?
2.1
2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Om die verlede te hanteer en toe te sien dat mense se
menseregte nie weer geskend word nie' (Enige 1x 2) (2)
2.1.2 [Definisie van historiese konsepte uit Bron 2A – V1]
• Om slagoffers en oortreders bymekaar te bring om die
waarheid vas te stel ten einde vergifnis te bevorder.
• Bring genesing van politieke misdade wat na 1960 gepleeg
is
• Enige ander relevante reaksie (Enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse Bron 2A – V2]
• Suid-Afrikaners moet mekaar vergewe vir gruweldade in die
verlede
• Om vrede tussen Suid-Afrikaners te bevorder
• Om eenheid tussen Suid-Afrikaners te bevorder
• Enige ander relevante reaksie (Enige 2 x 2) (4)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse Bron 2A – V2]
• Dit gee 'n uiteensetting van die doelstellings van die WVK.
• Dit gee 'n uiteensetting van hoe die WVK growwe
menseregteskendings hanteer het.
• Dit gee inligting oor waarom die WVK herstellende
geregtigheid bevoordeel het
• Enige ander relevante reaksie (Enige 2 x 2) (4)
2.2
2.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Om oortreders sowel as slagoffers uit te nooi om voor die
WVK te verskyn en oor menseregteskendings te getuig
• Om die publiek in te lig oor die misdade wat tydens apartheid
gepleeg is
• Om mense aan te moedig om die waarheid te praat oor hul
betrokkenheid by politieke moord
• Om die publiek in kennis te stel dat daar WVK-verhore
regoor die land plaasvind
• Om die doel van die WVK – waarheidsvertelling en
versoening – uit te lig
• Enige ander relevante reaksie (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 13 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
2.2.2 Die WVK het die volgende aangemoedig:
• Oortreders om die waarheid / volledige openbaarmaking te
vertel
• Apartheidsagente/Veiligheidspolisie om na vore te kom en
slagoffers te vertel waar hul geliefdes is. Genesing en
versoening
• Enige ander relevante reaksie (Enige 2 x 2) (4)
2.3
2.3.1 * Vorm van geregtigheid wat die uitsluitlike fokus op straf verwerp
en oortreders aanmoedig om verantwoordelikheid te neem en die
slagoffers by te staan om die nadraai van die oortreding te hanteer
(1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Hulle het gedink die WVK sal hul politieke geloofwaardigheid
skade berokken
• Hulle het die WVK daarvan beskuldig dat dit 'n "heksejag" is
eerder as 'n ware instrument vir versoening (2 x 1) (2)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Die neiging om toe te gee aan hierdie politieke groeperings
in 'n poging om hulle verbind te hou tot die proses. (1 x 2) (2)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Politieke groeperings het die werk van die WVK gefrustreer
deur sy bevindings deur regsaksie uit te daag en te verwerp.
• Slagoffers was gefrustreerd deur 'n gebrek aan behoorlike
geregtigheid, aangesien hulle van oortreders geëis het om
volle openbaarmaking te maak en berou uit te spreek.
• Enige ander relevante reaksie (Enige 2 x 2) (4)
2.4
2.4.1 [Seleksie en organisering van relevante inligting uit bronne Bron 2C
– V1]
• WVK het 'n platform geskep vir beide slagoffers en
oortreders om gehoor te word en afsluiting te vind.
• Openbare verhore is gehou om getuienis te neem van
diegene wat menseregteskendings gely het en inligting in te
samel oor die gruweldade wat gepleeg is.
• WVK het die slagoffer se pyn in die openbaar erken en hul
stories was die begin van 'n proses van genesing en
(2)
berusting. (1 x 2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D –V2]
• WVK het nasionale eenheid en versoening bevorder.
• WVK het skadevergoeding en rehabilitasie verskaf om die
wonde te genees.
• Dit het ook afsluiting/berusting gebring vir gesinne wat
geliefdes verloor het. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 14 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
2.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D –V1]
• Dit was die eerste kommissie wat openbare verhore gehou
het waarin beide slagoffers en oortreders aangehoor is(1 x 2) (2)
2.4.4 [Interpretasie van bewyse Bron 2A – V2]
• By Nuremburg is geregtigheid gesoek en gebruik as
strafmiddel, terwyl die WVK die waarheid gesoek het en dit
gebruik het om te genees as 'n manier van nasiebou.
• Die WVK was meer gefokus op die bevordering van
nasionale eenheid, terwyl die Neurenberg meer daarop
gefokus het om die individue in die Nazi -regime
verantwoordelik te maak vir die verskriklike gruweldade wat
tydens die Tweede Wêreldoorlog gepleeg is.
• Enige ander relevante reaksie (2 x 2) (4)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C and 2D – V3]
• Bron 2C beklemtoon en fokus meer op die swakhede
en mislukkings van die WVK, terwyl Bron 2D meer gaan oor
die sukses en prestasies van die WVK.
• Bron 2C dui aan dat die WVK daarvan beskuldig is dat hy 'n
(heksejag) is en nie nasionale versoening bevorder nie,
terwyl Bron 2D aandui hoe die WVK as 'n innoverende model
vir die bou van vrede en geregtigheid beskou is.
• Bron 2C dui aan hoe slagoffers gefrustreerd was deur 'n
gebrek aan behoorlike geregtigheid, terwyl Bron 2D
beklemtoon hoe die WVK dié oortreders verantwoordelik hou
(2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Die WVK is gestig om die verlede te hanteer en toe te sien
dat mense se menseregte nie weer geskend word nie (Bron
2A)
• Die WVK het nasionale eenheid, die welstand van alle Suid-
Afrikaanse burgers en vrede bevorder (Bron 2A)
• Die WVK het marteling, moord en ontvoering as sommige
van menseregteskendings geïdentifiseer (Bron 2B)
• Die WVK het slagoffers aangemoedig om na vore te kom en
uit te praat ten einde versoening te vergemaklik (Bron 2B)
Nasionale Party het die WVK daarvan beskuldig dat dit 'n
(heksejag) eerder as 'n ware instrument vir nasionale
versoening is. (Bron 2C)
• Politieke spanning het tydens die verrigtinge van die WVK
geheers (Bron 2C)
• Slagoffers en families het nie die WVK se besluit goedgekeur
nie en wou vergeldende geregtigheid hê. (eie kennis)
• WVK het 'n platform geskep vir beide slagoffers en
oortreders om gehoor te word (Bron 2D)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 15 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
• WVK het skadevergoeding en rehabilitasie verskaf om die
wonde te genees. (Bron 2D)
• Die WVK het opgetree ooreenkomstig die Wet op die
Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening, 1995
(Wet 34 van 1995) (eie kennis)
• WVK het die wêreld van nog 'n instrument voorsien in die
stryd teen straffeloosheid en die soeke na geregtigheid en
vrede.
• (Bron 2D)
• Enige ander relevante reaksie
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv toon geen of
min begrip van hoe die United Democratic Front PUNTE
VLAK 1 (UDF) gereageer het op die apartheidshervormings 0–2
wat PW Botha in 1983 ingestel het
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
nie.
• Getuienis is meestal relevant en hou tot 'n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon 'n mate van
VLAK 2 begrip van hoe die United Democratic Front (UDF) PUNTE
gereageer het op die apartheidshervormings wat PW 3–5
Botha in 1983 ingestel het
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om
'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip
van hoe die United Democratic Front (UDF)
VLAK 3 gereageer het op die apartheidshervormings wat PW PUNTE
Botha in 1983 ingestel het 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf wat 'n begrip van die onderwerp toon.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 16 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
AFDELING B:
OPSTELVRAE VRAAG 3
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante
bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede]
SAMEVATTING
Kandidate moet krities bespreek hoe die filosofie van Swart Bewussyn en Steve Biko 'n
belangrike rol gespeel het in die organisering van swart Suid-Afrikaners teen die
apartheidsregime in die 1960's en 1970's
BELANGRIKSTE ASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hul opstelle insluit:
• Inleiding: Kandidate moet krities bespreek hoe Filosofie van Swart
Bewussyn en Steve Biko 'n belangrike rol gespeel het in die
organisering van swart Suid-Afrikaners teen die apartheidsregime in
die 1960's en 1970's Hulle moet ook aandui hoe hulle hul argument sal
ondersteun.
UITBREIDING
• Politieke vakuum (Agtergrondinligting)
• Geskep nadat ANC- en PAC-politieke leiers en partye in 1960 verbied of in die tronk
gegooi is
• Mobilisering as swartes
➢ Swartes met gevoel van trots gevul
➢ Om hulself te aanvaar / selfvertroue / onafhanklikheid / identiteit
➢ Bemagtig swartes om die gees van selfbejammering te verwerp;
minderwaardigheidskompleks; selfvervreemding en oorheersing
deur eksterne magte
➢ Die stigting van BC is deur die apartheidsregering verwelkom as 'n uitbreiding
van afsonderlike ontwikkeling
• Politieke mobilisering
➢ Swart studente het hulself begin organiseer om wit oorheersing te
weerstaan deur weg te breek van NUSAS en SASO gestig in (1968)
➢ Swart studente het die filosofie van Swart Bewussyn (Rol van Biko/SASO)
aangeneem
➢ SASO was vir universiteitstudente en SASM vir skole
➢ BC het gelei tot die stigting van die Black Peoples Convention
(BPC) in 1972 waarby studente, kerke, gemeenskappe en vakbonde
betrokke was
➢ Vakbonde wat by die BC -filosofie aansluit, sluit in Black Parents
'Association en Black Allied Workers Union (BAWU)
➢ Suid-Afrikaanse Studente Beweging gestig in 1972 wat Swartes blootgestel het
aan die ideale van BC
➢ Uitsetting / skorsing van OnkgopotseTiro wat tot studentebetogings gelei het
➢ BCM en SASO het FRELIMO Saamtrekke gereël (1974)
➢ Uitsetting / skorsing van studente uit universiteite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 17 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
Die arrestasies van BC -leiers het politieke aktivisme verhoog
• Studente mobilisering
➢ Bantoe-onderwys het Afrikaans as onderrigmedium in skole
bekendgestel (1975)
➢ SASO en SASM het die stigting van die Soweto Students
Representative Council (SSRC) beïnvloed
➢ Beide swart onderwysers en studente het Afrikaans verwerp - as die taal van die
onderdrukker
➢ Sommige onderwysers en leerders is reeds blootgestel aan die idees van Biko
en die BC-filosofie deur SASO-studente-onderwysers van universiteite
➢ Die departementele omsendbrief oor Afrikaans (50/50) was die sneller vir die
Soweto-opstand
➢ 16 van Junie 1976 protesteer studente vreedsaam teen die implementering van
die omsendbrief
➢ Polisie se reaksie op studentebetogings (Hector Petersen, 'n 13-jarige seun was
een van die eerste slagoffers van hierdie opstand)
➢ Mobilisering deur gemeenskapsprogramme
➢ Biko's banishment to King Williams Town led to diverted focus to community
programmes
➢ Mamphele Ramphele se verbanning na Tzaneen
➢ BC bevorder onafhanklikheid van blankes deur swart gemeenskapsprogramme om
swartes sonder wit hulp te ondersteun. (Zanempilo Gesondheidskliniek / Ginsburg
OpvoedkundigeTrust/ZimeleTrustfonds/Solempilo
Gemeenskapsgesondheidsentrum/Ithuseng Gemeenskapsgesondheidsprogram
en Winterskoolprojekte)
➢ Mobilisering deur arbeid
➢ Gemobiliseerde werkers om vakbonde te stig
➢ BC het gelei tot die stigting van die Black Allied Workers Union (BAWU) -
werkersstakings in Durban in 1973)
➢ Moord op Biko (1977) in polisie -aanhouding
➢ 19 October 1977 banning of 19 organisations aligned to BC
• Mobilisering deur Media
• Rol van media wat simpatiek was teenoor die BC-filosofie, bv.
Die Weekend World-koerante is gesluit
• Enige ander relevante reaksie
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met 'n relevante gevolgtrekking
opsom. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 18 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
VRAAG 4
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante
bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede]
SAMEVATTING
Kandidate moet aandui of hulle met die stelling saamstem of nie. As hulle
met die stelling saamstem, moet hulle verduidelik hoe Suid-Afrika se pad na
demokrasie deur verskeie uitdagings, dilemmas (probleme) en
struikelblokke geteister (geraak) is. Dit was die gees van intense
onderhandelinge, vasberade (ferm) leierskap en toewyding aan demokrasie
wat uiteindelik tot die geboorte van 'n demokratiese bestel in 1994 gelei het.
As hulle nie met die stelling saamstem nie, moet hulle hul argument met
relevante historiese bewyse staaf.
BELANGRIKSTE ASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstel insluit:
• Inleiding: Kandidate moet saamstem of nie saamstem dat 'Suid-Afrika se
pad na demokrasie deur verskeie uitdagings, dilemmas (probleme) en
struikelblokke geteister (geraak) is. Dit was die gees van intense
onderhandelinge, vasberade (ferm) leierskap en toewyding aan
demokrasie wat uiteindelik tot die geboorte van 'n demokratiese bestel in
1994 gelei het. Hulle moet ook aandui hoe hulle hul argument sal
ondersteun.
UITBREIDING
• Vrylating van Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 en ander verbode
politieke leiers in 1990 (toewyding en kompromie)
• Ontbanning van die ANC, die PAC en die SAKP en ander verbode
organisasies (toewyding)
• Groote Schuur-minuut, 2 Mei 1990 - NP het politieke gevangenes
vrygelaat en albei partye het hulself daartoe verbind om geweld te
beëindig en te onderhandel (toewyding deur leiers van beide kante)
• Geweld in die Vaaldriehoek (Rol van verskeie politieke organisasies) ('n
toets van toewyding en kompromie)
• Pretoria-minuut in Augustus 1990 – ANC stop gewapende stryd en
NP stop noodtoestand (verbintenis en kompromie)
• Die Nasionale Vredesakkoord wat deur 27 politieke organisasies onderteken is - het
veiligheidsnet vir onderhandelinge (verbintenis) verskaf
• KODESA 1 (20 Desember 1991) - 19 politieke partye behalwe CP en
PAC
• Partye kon nie ooreenkom oor magsdeling en samestellende
vergadering is beëindig.
• Die Verklaring van Voorneme – partye het ingestem om 'n nuwe
grondwet en tussentydse regering op te stel (verbintenis en kompromie)
• Slegs blanke referendum – De Klerk het wit mening getoets nadat hy
drie tussenverkiesings teen KP verloor het (toetsverbintenis van
blankes)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 19 NW/Junie 2024
Graad 12 – Nasienriglyne
• Uitslag – landswye Ja (aanduiding van toewyding van blankes) –
onderhandelinge voortgesit
• KODESA 2 (2 Mei 1992) – het nie gehou nie weens geweld en onvermoë van
partye om ooreen te kom oor magsdeling
• Boipatong -slagting en invloed van die Derde Mag (17 Junie 1992)
• Bisho-slagting (September 1992) – ANC-ondersteuners wat deel
wou wees van die onderhandelingsproses (nog 'n toets van
toewyding)
• ANC het gevra vir rollende / voortslepende massa-aksie teen die
Nasionale Party (wat die NP tot toewyding dryf)
• Rekord van Verstandhouding (September 1992) – Meyer en
Ramaphosa verbind hulle tot vrede en tot onderhandelinge
(verbintenis en kompromie)
• Meyer en Ramaphosa het saamgestem oor Joe Slovo se
sonsondergangklousule (verbintenis en kompromie)
• Partye wat meer as 5% van stemme wen, sal 'n regering van nasionale eenheid vorm
om die nuwe SA te regeer en blankes kan hul werk vir 5 jaar behou (toewyding en
kompromie)
• Veelparty-onderhandelinge is by die World Trade Center hervat, maar het nie lank
geduur nie (verbintenis)
• Die AWB het die onderhandelinge op 15 Junie 1993 onderbreek toe hulle die World
Trade Center met gepantserde voertuie bestorm het ('n toets van toewyding)
• Moord op Chris Hani (10 April 1993) – Janusz Waluś ('n toets van toewyding)
• Mandela spreek nasie op TV toe (commitment)
• St James-slagting (25 Julie 1993)
• Heidelberg Tavern skiet voorval (30 Desember 1993) (toets van toewyding)
• Slagting van Shell House (28 Maart 1994) (toets van toewyding)
• Datum vir die eerste demokratiese verkiesing vasgestel (27–29 April 1994)
(verbintenis)
• Voortgesette geweld gedurende verkiesings – motorbom buite ANC-hoofkantore
- Motorbom ontplof by Jan Smuts-lughawe (laaste pogings om toewyding te toets)
• Verkiesings gehou weens toewyding en kompromie
• Verkiesingsuitslae: ANC 62,7%, NP 20,4% en IVP 10,5%
• ANC, NP en IVP vorm die Regering van Nasionale Eenheid soos ooreengekom in
die sonsondergangklousule (verbintenis en kompromie)
• Mandela het die eerste swart staatspresident van die nuwe demokratiese Republiek
van Suid-Afrika geword met Thabo Mbeki en FW de Klerk as sy adjunkte
• Enige ander relevante reaksie
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met 'n relevante gevolgtrekking verbind.
[50]
TOTAL: 150
Kopiereg voorbehou
1.5.1 1.3.1 1.2.1 1.1.1
1.1.2
1.5.2 1.2.2 1.1.3
1.6 1.4. 1.3.2 1.2.3 1.1.4
1.5.3 1.2.4 1.1.5
✓ ✓ ✓
✓ ONTTREK BEWYSE UIT BRONNE
REGMERKIES DUI OP DIE TOEPASSING
✓
Geskiedenis/V2
SELEKSIE VAN RELEVANTE INLIGTING
Kopiereg voorbehou
VRAAG 1 TOTAAL
VAN VAARDIGHEDE
VERDUIDELIKINGS VAN HISTORIESE KONSEPTE
✓
✓ VERDUIDELIK INLIGTING WAT UIT BRONNE
VERSAMEL IS
INTERPRETASIE
✓
ONTLEED BEWYSE UIT BRONNE VAARDIGHEDE
✓
✓ ✓ INTERPRETASIE EN EVALUERING
✓ EVALUEER BRUIKBAARHEID; VOOROORDEEL EN
✓ BETROUBAARHEID
✓ VERGELYK EN KONTRASTEER VERSKILLENDE
ONTTREK BEWYSE UIT BRONNE
✓
INTERPRETASIES
✓ ORGANISEER GETUIENIS OM ARGUMENT TE STAAF
14 2
2
2 2
2 2
2 VLAK 1
KOGNITIEWE
Graad 12 – Nasienriglyne
20 4
2 4 2
4
4
VLAK 2
PUNTE
16 8 4 4 VLAK 3
VLAKKE
8 2
2
2 4 4
2 2
2
4
4 2
2
2
4
4 TOTAAL
50
GESKIEDENIS VRAESTEL 2 – KABV GRAAD 12
✓
✓ ✓
✓ ✓ ✓ MAKLIK
✓
✓ ✓ ✓
✓ MEDIUM
✓ ✓ UITDAGINGS
✓ ✓ ✓ MOEILIK
28 V1 PERSENTASIE
PERSENTASIE
NW/Junie 2024
40 V2
32 V3 PERSENTASIE
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (English)

Question paper