PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en 'n addendum van 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)



View all





History Grade 12 P2 North West June 2024 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- North West June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 487.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 7
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geskiedenis/V2 2 NW/Junie 2024
Graad 12
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970'S TOT 1980'S: DIE KRISIS VAN
APARTHEID IN DIE 1980'S
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970'S TOT 1980'S: SUID-AFRIKA
VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit TWEE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg.
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag óf 'n opstelvraag
wees.
5. U word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. Wanneer u vrae beantwoord, moet u u kennis, vaardighede en insig toepas.
7. Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik is.
9. Skryf duidelik en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 3 NW/Junie 2024
Graad 12
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAAG
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling.
Die bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM
vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT GEREAGEER OP DIE
APARTHEID-HERVORMINGS WAT IN 1983 DEUR PW BOTHA
INGESTEL IS?
Bestudeer bronne 1A, 1B, 1C en 1D en antwoord die vrae wat volg.
1.1 Bestudeer Bron 1A.
1.1.1 Noem die TWEE rassegroepe in die bron wat die United
Democratic Front (UDF) oorreed het om nie aan die verkiesings
deel te neem nie. (2 x 1) (2)
1.1.2 Definieer die term Driekamerparlement in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.3 Verduidelik wat geïmpliseer word deur die stelling,
‘Hervorming het hernude stukrag aan die (1 x 2) (2)
weerstandsbeweging verskaf’
1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
die primêre (hoof) rede waarom PW Botha die
Driekamerparlementêrestelsel geskep het. (2 x 2) (4)
1.1.5 Lewer kommentaar op die reaksie van die swart gemeenskappe
op die veldtogte van die United Democratic Front (UDF). (2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Volgens die bron, wat was die oogmerke van die bekendstelling
van die United Democratic Front? (2 x 1) (2)
1.2.2 Haal bewyse uit die bron aan, wat wys dat die regering se
grondwetlike voorstelle onvoldoende was. (1 x 2) (2)
1.2.3 Verduidelik wat jy dink geïmpliseer word deur die volgende, 'ons
is hier om te sê dat daar regte is wat nie deur die staat toegeken
(oorgedra) of van die staat verkry word nie,' (2 x 2) (4)
1.2.4 Waarom dink jy sal 'n historikus hierdie bron as betroubaar
beskou met betrekking tot die bekendstelling van die UDF in
1983? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 4 NW/Junie 2024
Graad 12
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Hoekom dink jy is hierdie plakkaat deur die United Democratic
Front gepubliseer? (2 x 2) (4)
1.3.2 Lewer kommentaar op die slagspreuk in die plakkaat 'ONS SAL
NIE STIL GEMAAK WORD NIE' in die konteks van die weer-
stand teen die onderdrukkende maatreëls van die staat. (1 x 2) (2)
1.4 Verwys na Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
bewyse in Bron 1C met betrekking tot die UDF en die weerstand teen die
regering se voorgestelde hervormings ondersteun. (2 x 2) (4)
1.5 Bestudeer Bron 1D.
1.5.1 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die driekamer-
verkiesing 'n lae opkoms van Indiese kiesers in 1984 gesien het. (1 x 2) (2)
1.5.2 Definieer die konsep grondwet in die konteks van die
driekamerparlementsverkiesing van 1984. (1 x 2) (2)
1.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar oor hoekom wit kiesers die grondwet met 'n twee
derdemeerderheid onderskryf het by 'n referendum gehou in
November 1983. (1 x 2) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die
United Democratic Front (UDF) gereageer het op die apartheidshervormings wat
deur PW Botha in 1983 ingestel is. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 5 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL IN DIE VERSOENING VAN SUID-AFRIKA UIT SY
VERDEELDE VERLEDE?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en antwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, was die WVK gestig? (1 X 2) (2)
2.1.2 Definieer die term versoening in jou eie woorde. (1 X 2) (2)
2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis lewer
kommentaar oor hoekom jy dink die nuwe demokratiese
parlement die skepping van die WVK goedgekeur het. (2 x 2) (4)
2.1.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus
wat die totstandkoming van die WVK deur die post apartheids-
regering bestudeer. (2 x 2) (4)
2.2 Gebruik Bron 2B.
2.2.1 Hoekom het die WVK besluit om hierdie plakkaat te
publiseer? (1 x 2) (2)
2.2.2 Verduidelik wat geïmpliseer word deur die woorde, ‘KOM
PRAAT MET MEKAAR UIT … SODAT ONS DIE PAD KAN
SAAM LOOP NA VERSOENING’ in die konteks van die WVK. (2 x 2) (4)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Verduidelik die begrip herstellende geregtigheid in die
konteks van die WVK. (1 x 2) (2)
2.3.2 Gebruik inligting in die bron en verduidelik hoekom sommige
politieke groepe gekant was teen die werk van die WVK. (2 x 1) (2)
2.3.3 Wat volgens die bron was die Waarheidskommissies se
grootste flater? (1 x 2) (2)
2.3.4 Watter impak het hierdie flater op die werk van die WVK
gehad? (2 x 2) (4)
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoekom die WVK in Suid-Afrika as suksesvol beskou is? (1 x 2) (2)
2.4.2 Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling ….
'WVK het die grondslag gelê vir die bou van versoening onder
alle Suid-Afrikaners'. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 6 NW/Junie 2024
Graad 12
2.4.3 Hoekom volgens die bron het die WVK in Suid-Afrika
internasionale aandag getrek? (1 x 2) (2)
2.4.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoe die Suid-Afrikaanse WVK verskil het van die Nuremburg-
verhore ná die Tweede Wêreldoorlog. (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C
verskil van die bewyse in Bron 2D aangaande die werk van die WVK. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik of die
Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) suksesvol was om Suid-Afrika uit 'n
verdeelde verlede te versoen. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 7 NW/Junie 2024
Graad 12
AFDELING B: OPSTEL VRAE
Beantwoord ten minste EEN of TWEE vrae in hierdie afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 3: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
Die filosofie van Black Consciousness en Steve Biko het 'n belangrike rol gespeel
in die organisering van swart Suid-Afrikaners teen die apartheidsregime in die
1960's en 1970's.
Bespreek hierdie stelling krities. Motiveer jou antwoord met relevante historiese
bewyse. [50]
VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
“Suid-Afrika se pad na demokrasie was met verskeie uitdagings, dilemmas
(probleme) en struikelblokke geteister (geaffekteer). Dit was die gees van intense
onderhandelinge, vasberade (ferm) leierskap en verbintenis tot demokrasie wat
uiteindelik gelei het tot die geboorte van 'n demokratiese bedeling in 1994”.
Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
Totaal: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum