NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE
NOVEMBER 2025
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 200
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers %20MG%20Afr_hlayiso.com_--545abfde-8923-4811-aed9-fe51d7f86ad6/v1-c65226d96ad893d29681/card.webp)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--62bbe2de-9d39-485e-a55f-c51567c03422/v1-0119bf0586794c136cbf/card.webp)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--c4d9ece6-0cba-42c1-a1e6-01ad8f18a69c/v1-b1845feced183341d89a/card.webp)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--3f9a8d78-97b6-4d96-a459-e2cd2e0f4240/v1-c00ea6cda731e5622584/card.webp)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--1c2f46e0-7366-454c-93bb-25a7a72400b1/v1-fca65ad7f3a3e8360113/card.webp)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--5d6b5e2a-2e34-47b1-b41f-207fe9bd9f6f/v1-5c863b6c8a25dbcf0e47/card.webp)
View all
%20Eng--5d2e2bd0-b02f-4218-849f-e7933bc6c4d1/v1-2dba8a1dc6758c98b205/card.webp)
%20Afr--1e7205e4-aef1-4cc4-afdf-aac93562ae67/v1-094abcfa5c3eff1cb995/card.webp)
%20Eng--10859467-be3e-41fb-aee0-b797c385437d/v1-986e8982bfb6b966a34d/card.webp)


Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afr)
Grade 12 Mechanical Technology memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 650.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
Instruksies aan nasiener: Meganiese Tegnologie – Motorkunde
1. Algemene nasieninstruksies:
1.1 Tydens die nasien van meervoudigekeuse-vrae kan slegs EEN
moontlike antwoord aanvaar word. Indien die kandidaat twee of
meer antwoorde aangedui het, sal SLEGS die eerste antwoord
erken en volgens die nasienriglyne nagesien word.
1.2 Waar die aantal antwoorde van die kandidaat die vereiste getal
in die vraag oorskry, sal slegs die eerste vereiste aantal
antwoorde aanvaar word. Bv. as die vraag sê: 'Noem DRIE ...'
en die kandidaat het vier verskillende antwoorde gegee, SLEGS
die eerste drie sal aanvaar en erken word en die res van die
antwoorde sal verkeerd gemerk word.
1.3 Wanneer die vraag noem dat daar van die kandidaat vereis
word om (a) stap vir stap te beskryf en (b) te verduidelik:
(a) Indien daar van 'n kandidaat vereis word om stap vir stap te
beskryf, bv. 'n proses in 4 stappe, sal slegs die eerste 4
antwoorde oorweeg word.
(b) Maar, byvoorbeeld, as daar van die kandidaat verlang word
om 'n proses te verduidelik, dan moet ons dit in ag neem
dat die kandidaat 'n lang beskrywing kan skryf, nie
noodwendig goed georganiseerd nie. In hierdie geval moet
die nasiener die hele stelling oordeel om te bepaal of die
kandidaat die verlangde uitkoms bevredigend verduidelik
het en punte op meriete toeken.
1.4 As vraagnommering van subvrae nie korrek is volgens die
volgorde van vraestel nie, kan die antwoorde aanvaar word as 'n
volgordepatroon geïdentifiseer kan word.
1.5 Aandag moet gegee word aan puntetoekenning by vrae waar
twee (2) punte aan een antwoord toegeken word, bv.
(Enige 1 x 2).
1.6 EEN regmerkie moet vir elke punt toegeken word en geen
globale nasien word toegelaat nie.
1.7 Onbeantwoorde en verkeerde antwoorde moet met 'n kruisie (X)
aangedui word.
1.8 Alle leë bladsye in die ANTWOORDEBOEK moet deurgehaal
word om aan te dui dat die nasiener die bladsye gesien het.
1.9 Gee aandag aan vrae waar die kandidaat nie die antwoord
voltooi het nie, maar die antwoord op daaropvolgende/verdere
bladsye in die antwoordeboek beantwoord het. Gaan voort om
hierdie antwoorde na te sien en ken punte toe, waar van
toepassing. Indien 'n vraag twee keer beantwoord is, sien die
eerste antwoord na.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 3 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.10 Met die nasien van berekeninge, moet aandag gegee word aan
die posisie van die regmerkie(s).
1.11 Indien 'n kandidaat 'n stap oorgeslaan het waar 'n regmerkie in
die nasienriglyn toegeken word, maar die finale antwoord korrek
is, moet die totale getal regmerkies deur die nasiener aangedui
word om te toon dat volpunte vir korrekte antwoorde toegeken
word sodat eksamenassistente dan die punte wat toegeken is,
kan verifieer.
1.12 As die eenheid wat benodig word vir berekeninge in die vraag
gespesifiseer word, kan die finale antwoord as korrek beskou
word sonder om die eenheid eksplisiet aan te dui, mits die
numeriese waarde ooreenstem met die eenheid wat in die vraag
gespesifiseer of gebruik word.
1.13 As 'n verkeerde eenheid tydens berekeninge in die kandidaat se
antwoord gemeld word, sal die antwoord verkeerd wees, selfs al
is die waarde korrek.
1.14 Tydens nasien van berekeninge, gee aandag verskillende
metodes wat kandidate gebruik om die korrekte antwoord te
verkry. Antwoorde waar kandidate afgerond het in subvrae en dit
die finale antwoord affekteer, moet oorweeg word.
1.15 Gee aandag aan spesiale nasieninstruksies vir die nasiener wat
vir spesifieke vrae voorgeskryf is, soos in die nasienriglyne
gemeld.
1.16 Die nasiener moet 'n rooi streep trek om die einde van elke
vraag aan te dui.
1.17 Punte vir subvrae moet in die buitenste kantlyne van die
ANTWOORDEBOEK aangedui word en NIE in die binneste
kantlyne NIE.
1.18 Wanneer subvraagpunte in die buitenste kantlyne toegeken
word moet dit in lyn wees met die subvraag en nie omkring NIE.
1.19 Totale punte van 'n antwoord moet aangedui word op die rooi
lyn wat deur die nasiener getrek is en omkring word om punte vir
spesifieke vrae aan te dui.
1.20 Nasiener moet punte na die voorblad oordra en sorg dat dit
korrek oorgedra is.
1.21 Nasieners moet hulle met die vraag en antwoord vereenselwig
voordat antwoorde van kandidate geëvalueer word.
1.22 Interpreteer altyd die antwoorde van die kandidate binne die
konteks van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 4 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.23 Merk wat die kandidaat geskryf het en moenie aannames maak
of die bedoelde antwoorde voorspel nie.
1.24 Aanvaar verkeerde spelling in antwoorde behalwe waar die
spelling die betekenis van die antwoord verander.
1.25 Potloodwerk word normaalweg as rofwerk beskou en moet nie
oorweeg/nagesien word nie.
1.26 In die reël word punte nie toegeken vir formules wat in die
formuleblad gevind word nie. Slegs indien 'n formule korrek
gemanipuleer is, kan 'n punt toegeken word. Punte sal ook
toegeken word vir korrekte formules deur kandidate gegee as dit
nie in die formuleblad is nie. Punte word toegeken vir korrekte
vervanging.
1.27 Verkeerde waardes van vorige berekeninge wat op die regte
plek in die formule vervang is, moet punte kry.
1.28 Merkers moet aandag gee aan berekeninge waar 'n verkeerde
antwoord van 'n vorige stap korrek in die volgende berekening
vervang is. In sulke gevalle moet hulle "sub" langs die regmerkie
op die antwoordblad skryf om aan te dui dat die punt slegs vir
korrekte vervanging toegeken is..
1.29 Indien die formule wat op die formulebladsy verskyn tydens die
berekeninge van 'n kandidaat nie korrek aangedui is nie, maar
die berekeninge en stappe korrek gedoen is, kan volpunte
toegeken word.
1.30 Indien die formule van die formuleblad tydens 'n kandidaat se
berekeninge verkeerd oorgedra is, moet geen punte toegeken
word vir die waardes wat in daardie berekening vervang is nie,
aangesien dit die oplossing wiskundig verkeerd maak.
2. Spesifieke nasieninstruksies:
2.1 In Vraag 7.2.1 moet nasieners aandag gee aan die eenhede wat
in die vervanging gebruik kan word, aangesien dit in millimeter,
sentimeter of meter kan wees. Die eenhede vir beide
vervangings moet egter dieselfde wees om punte toe te ken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 5 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)
1.1 D✓ (1)
1.2 D✓ (1)
1.3 A✓ (1)
1.4 C✓ (1)
1.5 A✓ (1)
1.6 B✓ (1)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 6 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 Ondersoekprosedures:
• Asemhalingsonreëlmatighede. ✓
• Abnormale posisie van die ledemate wat op breuke kan aandui. ✓
• Enige sigbare tekens van bloeding. ✓
• Vlak van bewussyn. ✓
(Enige 2 x 1) (2)
2.2 Boogsweiswerkveiligheid:
• Die operateur moet voldoende opgelei wees. ✓
• Die werksplek moet effektief afgeskort wees. ✓
• Die operateur moet beskermde toerusting gebruik. ✓
• Verseker dat alle toerusting in veilige werkende kondisie is. ✓
• Handhaaf behoorlike huishouding om brandgevare en elektriese skokke
te vermy . ✓
(Enige 2 x 1) (2)
2.3 Draagbare hoekslyper (PBT ‘PPE’ uitgesluit):
• Veiligheidskerm moet in plek wees. ✓
• Beskermende skutte/skerms moet in plek wees rondom die area waar
die slypwerk plaasvind. ✓
• Gebruik die regte skyf. ✓
• Maak seker dat daar nie krake op die skyf is nie. ✓
• Maak seker dat die sluitbare skakelaar in die af-posisie is. ✓
• Gaan elektriese kabels na vir enige defekte. ✓
• Maak seker die omliggende area is droog. ✓
• Maak seker dat die slypmasjien in 'n goeie en veilige werkende
toestand is. ✓
• Maak seker dat die skyf stewig vas is. ✓
• Klem die werkstuk stewig vas. ✓
(Enige 2 x 1) (2)
2.4 Hantering van gassilinders:
• Moet nooit silinders bo-op mekaar pak nie. ✓
• Silinders moet nie in direkte sonlig gestoor word nie. ✓
• Kettingsilinders in regop posisie vas. ✓
• Klepskerms moet op silinders wees. ✓
• Moenie op silinders slaan of werk nie. ✓
• Moenie toelaat dat silinders val nie. ✓
• Moenie toelaat dat olie of ghries in kontak kom met suurstofpasstukke
nie. ✓
• Moenie met die struktuur (geen modifikasie) van die gassilinders
inmeng nie. ✓
• Stoor vol en leë silinders apart. ✓
• Stoor asetileen- en suurstofsilinders apart. ✓
• Hou silinders weg van vlambare stowwe. ✓
• Moenie silinders sleep/rol nie. ✓
• Silinders se kleppe moet behoorlik toegemaak wees. ✓
(Enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 7 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.5 Nadeel van produkuitleg:
• Gebrek aan buigsaamheid. ✓
• Optimale gebruik van toerusting is nie moontlik nie. ✓
(Enige 1 x 1) (1)
2.6 Werknemerverantwoordelikhede:
• Sorg dra vir die gesondheid en veiligheid van homself en ander. ✓
• Om met werkgewer saam te werk om enige pligte en
verantwoordelikhede na te kom. ✓
• Om enige wettige opdrag aan hom/haar rakende die gesondheids- en
veiligheidsreëls te gehoorsaam. ✓
• Rapporteer enige onveilige kondisies. ✓
• Rapporteer enige ongesonde kondisies. ✓
• Rapporteer enige insident dadelik. ✓
• Rapporteer indien moontlik, enige besering dadelik. ✓
(Enige 1 x 1) (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 8 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)
3.1 Buigtoets:
3.1.1 Buig maklik ✓ (1)
3.1.2 • Moeilik om te buig ✓
• Dit sal maklik afbreek/breek ✓
• Geneig om maklik ‘n kraak/breukvorming te toon ✓
(Enige 1 x 1) (1)
3.2 Hittebehandeling:
Om die eienskappe ✓ van metale te verander. (1)
3.3 Blusmediums:
• Water ✓
• Pekelwater (sout en water) ✓
• Olie ✓
• Gesmelte metaalsoute ✓
• Stikstof ✓
• Lug ✓
• Sand ✓
• Gesmelte lood ✓
• As ✓
(Enige 3 x 1) (3)
3.4 Klanktoets:
• Tik met 'n hamer ✓
• Laat op die vloer val ✓ (2)
3.5 Doel van dopverharding:
Om 'n harde dop ✓ oor 'n taai kern ✓ te vorm. (2)
3.6 Dopverharding metodes:
• Karburering ✓
• Nitridering ✓
• Sianidisering ✓
(Enige 2 x 1) (2)
3.7 Normalisering:
Dit is om interne spanning ✓ wat deur masjinering/smeewerk/sweiswerk ✓
veroorsaak is, te verlig. (2)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 9 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
4.1 B✓ (1)
4.2 B✓ (1)
4.3 C✓ (1)
4.4 B✓ (1)
4.5 A✓ (1)
4.6 D✓ (1)
4.7 D✓ (1)
4.8 C✓ (1)
4.9 B✓ (1)
4.10 D✓ (1)
4.11 C✓ (1)
4.12 B✓ (1)
4.13 A✓ (1)
4.14 B✓ (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 10 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
5.1 Kompressietoetser:
A. Buigsame slang/pyp ✓
B. Meter ✓
C. Loslaat-/Terugstelknoppie/-knop ✓
D. Passtuk ✓ (4)
5.2 Voorsorgmaatreël vir kompressietoets:
5.2.1 Werkstemperatuur:
• Sodat die suier en kompressieringe kan uitsit ✓ en akkurate
lesing te verseker. ✓
• Sodat die ringe 'n goeie seël kan vorm ✓ en akkurate lesing
te verseker. ✓
(Enige 1 x 2) (2)
5.2.2 Maak om vonkproppe skoon:
Om te voorkom dat vuilheid deur die vonkpropgat ✓ binne-in die
silinder val. ✓ (2)
5.3 Funksie van silinderlekkasietoets:
• Om die ligging van gaslekkasies na te gaan ✓ aan die einde van die
kompressieslag/aan die begin van die kragslag/by BDP met beide
kleppe toe. ✓
• Om die persentasie drukverlies ✓ vanuit die ontbrandingskamer te
bepaal. ✓
(Enige 1 x 2) (2)
5.4 Uitlaatgasanaliseerder:
• Skakel die gasanaliseerder aan/konnekteer die analiseerder aan die
battery. ✓
• Zero die meter op die gasanaliseerder. ✓
• Plaas sondeerder in die uitlaatpyp. ✓
• Konnekteer die pyp/slang aan die sondeerder en gasanaliseerder. ✓ (4)
5.5 Aanboord diagnostiese skandeerder (ABD):
• Verkry foutkodes ✓
• Skandeer stelsel vir foute ✓
• Vee foutkodes uit ✓
• Programmeer/verstel die EBE ✓
• Verkry voertuig informasie/Onmiddellike data ✓
(Enige 3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 11 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
5.6 Voorafkontroles op band:
• Gaan band na vir oneweredige slytasie. ✓
• Gaan band na vir skade. ✓
• Gaan bandslytasieloopvlak na by die bandslytasie-aanwysers (BSA). ✓
• Verwyder vreemde voorwerpe van band af. ✓
• Gaan banddruk na. ✓
• Datum van vervaardiging/vervaldatum van band. ✓
(Enige 3 x 1) (3)
5.7 Optiese sporingsmeter:
5.7.1 Lees van sporingshoek:
Sporingsmeter ✓ (1)
5.7.2 Kontakstawe se plasing:
• Plaas dit op die binnekraal van die wielvelling ✓
• Plaas dit regoor die middelpunt van die wiel ✓ (2)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 12 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)
6.1 Krukas:
6.1.1 Benoem:
A. Krukasneus ✓
B. Grootkop-astap/Krukpennaaf ✓
C. Krukasweb/teengewig ✓ (3)
6.1.2 Hoof funksie:
Dit sit lineêre/heen-en-weer beweging ✓ van die suier om na
roterende beweging. ✓ (2)
6.2 Trillingdemper:
6.2.1 Benoem:
A. Krukas ✓
B. Flens ✓
C. Sekondêre vliegwiel ✓
D. Wrywingsveer ✓ (4)
6.2.2 Wrywingsvlak-trillingdemper ✓ (1)
6.3 Krukastrilling:
• Die veranderende hoeveelheid van wringkrag wat op kragslae gelewer
word. ✓
• Die wisselende opwen en verlossing van die krukas soos dit roteer. ✓
• Die krukas het ook sy eie natuurlike frekwensie van trilling. ✓
• Die saamval van verskillende dinamiese wanbalans kan oormatige
trillings genoem resonansie, produseer. ✓
• Wringingseffek van die kragslae op die krukas. ✓
• Die krukas is nie staties gebalanseerd nie. ✓
• Die vliegwiel is nie staties gebalanseerd nie. ✓
• Die krukas is nie dinamies gebalanseerd nie. ✓
• Die vliegwiel is nie dinamies gebalanseerd nie. ✓
• Die wederkerende massa is nie gebalanseerd nie. ✓
• Foutiewe trillingdemper. ✓
• Enjinketsing/Verkeerde lug/brandstofverhouding/Verkeerde klepreëling/
Foutiewe ontstekingstelsel. ✓
• Onderdele verkeerd aan die krukas vasgemaak. ✓
• Oormatige slytasie van onderdele wat aan die krukas vasgemaak is. ✓
(Enige 2 x 1) (2)
6.4 Ontstekingorde:
• 1; 3; 4; 2 ✓
• 1; 2; 4; 3 ✓ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 13 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
6.5 Silinderuitleg:
6.5.1 Gelid/reguit/inlyn ✓ (1)
6.5.2 • Boxer ✓
• Horisontaal teenoorstaande ✓
• Platenjin ✓
• V-enjin ✓
• W-enjin ✓
(Enige 1 x 1) (1)
6.6 Kragslae:
6.6.1 2✓ (1)
6.6.2 3✓ (1)
6.7 Turboaanjaer:
6.7.1 Benoem:
A. Enjin/silinder ✓
B. Tussenverkoeler ✓
C. Saamgeperste lugvloei ✓
D. Uitlaatgasvloei ✓ (4)
6.7.2 Voordele van turboaangejaagde vs. onaangejaagde enjin:
• Verbeter brandstofverbruik. ✓
• Verhoog wringkraguitset. ✓
• Verhoog drywinguitset. ✓
• Die hoogte bo seespieël agterstand word uitgeskakel. ✓
• Verhoogde volumetriese doeltreffendheid. ✓
(Enige 3 x 1) (3)
6.8 Benoem wiek-tipe superaanjaer:
A. Rotor ✓
B. Wiek ✓
C. Uitlaat ✓ (3)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 14 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)
7.1 Verduideliking van terme:
7.1.1 Aangeduide drywing:
• Word bereken deur die volume ✓ en die aangeduide
gemiddelde effektiewe druk te gebruik. ✓
• Aangeduide drywing is die teoretiese drywing ✓ wat in die
silinder geproduseer word. ✓
• Aangeduide drywing word sonder oorweging van enige
meganiese ✓ of ander verliese in die enjin bereken. ✓
(Enige 1 x 2) (2)
7.1.2 Kompressieverhouding:
Dit is die verhouding tussen die totale volume ✓ en die vry
volume. ✓ (2)
7.2 Berekeninge:
7.2.1 Slagvolume:
D2
Slagvolume = L
4
✓
7,0 2
= 8,0 ✓
4
= 307,88 cm 3 ✓ (3)
7.2.2 Oorspronklike vry volume:
SV
VV =
KV − 1
307,88 ✓
=
9 −1 ✓
= 38,49 cm 3 ✓ (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 15 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
7.2.3 Nuwe slagvolume:
SV
VV =
KV − 1
SV = VV ( KV − 1) ✓
= 38,49 (10 − 1) ✓
= 346,41 cm 3 ✓ (3)
7.2.4 Nuwe diameter:
D2
Slagvolume (SV) = L
4
4 SV
D2 = ✓
L
4 346,41
D2 = ✓
8
D= 55,13 ✓
= 7,425 cm
= 74,25 mm ✓ (4)
7.3 Berekeninge:
7.3.1 Wringkrag:
Wringkrag = Krag radius
840 ✓
= (75 10) ✓
1000
= 630 Nm ✓
OF
Wringkrag = Krag radius
840
= (75 9,81) ✓ ✓
1000
= 618,03 Nm ✓ (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 16 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
7.3.2 Aangeduide drywing:
P = 1800 10 3 Pa
150
L=
1000
= 0,15 m ✓
D2
Area =
4
0,11 2 ✓
=
4
= 0,00950 m 2 ✓ OF = 9,50 10 −3 m2 ✓
1200
N= ✓
60 2
= 10 kragslae per sekonde ✓
AD = PLANn
= (1800 10 3 ) 0,15 0,00950 10 4 ✓
= 102600 W
= 102,60 kW ✓ (7)
7.3.3 Remdrywing:
RD = 2 NT
1200
= 2 ✓ 630 ✓
60
= 79,17 kW ✓
OF
RD = 2 NT
1200
= 2 ✓ 618,03 ✓
60
= 77,66 kW ✓ (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 17 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
7.3.4 Meganiese doeltreffendheid:
RD
MD = 100
AD
79,17
= ✓ 100
102,60
= 77,16 % ✓
OF
RD
MD = 100
AD
77,66
= ✓ 100
102,60
= 75,69 % ✓ (2)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 18 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
8.1 UItlaatgasse:
• Koolstofmonoksied (CO) ✓
• Koolstofdioksied (CO2) ✓
• Suurstof (O2) ✓
• Stikstofoksied (NOx) ✓
• Swaeldioksied (SO2) ✓
(Enige 3 x 1) (3)
8.2 Silinderlekkasietoets:
8.2.1 Lekkende inlaatklep. ✓ (1)
8.2.2 • Vervang inlaatklep. ✓
• Herseël inlaatklep en voer klepinbedding uit. ✓
• Vervang klepbedding. ✓
(Enige 1 x 1) (1)
8.2.3 Sisgeluid by die uitlaatpyp. ✓ (1)
8.2.4 • Vervang uitlaatklep. ✓
• Herseël uitlaatklep en voer klepinbedding uit. ✓
• Vervang klepbedding. ✓
(Enige 1 x 1) (1)
8.2.5 • Borrels in die verkoeler. ✓
• Sisgeluid vanaf aangrensende silinder/vonkpropgat. ✓
(Enige 1 x 1) (1)
8.3 Kompressietoets:
8.3.1 Lae kompressielesing:
• Geslete ringe ✓
• Geslete/gebreekte suier ✓
• Geslete boor ✓
• Lekkende inlaatklep ✓
• Lekkende uitlaatklep ✓
• Geblaasde koppakstuk ✓
• Gekraakte silinderkop ✓
• Gekraakte/beskadigde enjinsilinder ✓
(Enige 3 x 1) (3)
8.3.2 Nat kompressietoets:
• Spuit olie op die suier. ✓
• Voer kompressietoets weer uit. ✓
• Vergelyk lesings. ✓ (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 19 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
8.4 Oliedrukspesifikasies:
Oliedruk wanneer die enjin …
• luier. ✓
• koud is. ✓
• warm is. ✓
• teen hoë revolusies is. ✓
(Enige 3 x 1) (3)
8.5 Brandstofdruktoets:
8.5.1 Lae lesing vanaf die pomp:
• Vervang foutiewe brandstofpomp. ✓
• Vervang gekraakte brandstoflyn. ✓
• Maak verstopte pompsif skoon. ✓
• Herstel lae spanning wat na die brandstofpomp gevoer
word. ✓
• Maak leë brandstoftenk vol. ✓
• Vervang foutiewe brandstofpomprelê. ✓
• Ontblok brandstoflyn. ✓
(Enige 1 x 1) (1)
8.5.2 Hoë druk in gemeenskaplike leiding:
• Herstel/vervang foutiewe brandstofdrukreëlaar. ✓
• Ontblok die brandstofterugkeerlyn. ✓
(Enige 1 x 1) (1)
8.6 Ligging van verkoelingmiddellekke:
• Waterpype/-slange ✓
• Waterpomp ✓
• Uitdyproppe ✓
• Binne verwarmerverkoeler ✓
• Verwarmerkraan ✓
• Silinderkoppakstuk ✓
• Gekraakte enjinsilinder ✓
• Gekraakte silinderkop ✓
• Gekraakte uitsittenk ✓
• Temperatuursensoreenheid ✓
• Enjinverkoeler ✓
• Verkoelerdop ✓
(Enige 4 x 1) (4)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 20 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)
9.1 Koppelomsitter:
9.1.1 Benoem:
A Sluitkoppelaar ✓
B Turbine ✓
C Stator ✓
D Hulsel/stuwer/pomp ✓ (4)
9.1.2 Funksies van die koppelomsitter:
• Vermenigvuldig outomaties enjinwringkrag volgens pad- en
enjinspoed. ✓
• Verplaas drywing vanaf enjin na transmissie. ✓
• Dien as 'n vliegwiel om die enjin aan die draai te hou
gedurende luiering. ✓
• Glip gedurende aanvanklike versnelling om stol te verhoed. ✓
• Glip gedurende stilstaan om stolling te verhoed. ✓
• Demp wringende trillings van die enjin. ✓
• Wieltol is grootliks verminder. ✓
• Dryf transmissie-oliepomp aan. ✓
• Dra by tot gladder ratwisseling. ✓
(Enige 3 x 1) (3)
9.2 Enkel episikliese ratstelsel:
9.2.1 Byskrifte:
A. Planeetdraer ✓
B. Kransrat/Annulus ✓
C. Sonrat ✓
D. Planeetrat ✓ (4)
9.2.2 Verkry trurat:
• Sonrat is die drywer. ✓
• Planeetdraer is gesluit. ✓
• Die annulus roteer in trurigting/gedrewe. ✓
OF
• Annulus is die drywer. ✓
• Planeetdraer is gesluit. ✓
• Die sonrat roteer in trurigting/gedrewe. ✓ (3)
9.3 Metodes om outomatiese transmissievloeistof te verkoel:
• Die outomatiese transmissievloeistof word gesirkuleer deur 'n
olieverkoeler by die verkoeler. ✓
• Die lugvloei oor die transmissieopvangbak laat verkoeling van die olie
toe. ✓ (2)
9.4 Rathefboomposisies:
• P✓
• N✓ (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 21 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 10: STELSELS EN BEHEER (ASSE, STUURGEOMETRIE EN
ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)
10.1 Voorafkontroles op vering:
• Korrigeer voorafbelasting op die wiel-/naaflaers. ✓
• Slytasie op krinkspille. ✓
• Veringkoeëlgewrigte vir slytasie, sluiting en oplig. ✓
• Veringbusse vir oormatige vry beweging/skade. ✓
• Stuurkas/-tandstang vir speling en of dit vas is teen die onderstel. ✓
• Spoorstangkoppe. ✓
• Deurgesakte vere, wat ryhoogte insluit. ✓
• Ondoeltreffende skokbrekers. ✓
• Veer-U-boute. ✓
• Onderstel vir moontlike krake en los dwarsbalke. ✓
• Beskadigde stutte/sale. ✓
• Verslete beheerarm. ✓
• Verslete spoorstang. ✓
• Rygewig. ✓
(Enige 3 x 1) (3)
10.2 Uitsporing:
Uitsporing ✓
Voor-
kant ✓
Wiel ✓
Skets ✓
(4)
10.3 Doel van wielsporingshoeke:
10.3.1 Negatiewe wielvlug:
• Verbeter padhouvermoë ✓ tydens draaie. ✓
• Verbeter voertuigstabiliteit ✓ tydens draaie. ✓
• Verbeter traksie ✓ tydens draaie. ✓
(Enige 1 x 2) (2)
10.3.2 Uitsporing om draaie:
• Gee die wiele 'n ware rolbeweging ✓ gedurende draai vat. ✓
• Om te verhoed dat die bande skuur ✓ gedurende draai vat. ✓
(Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 22 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
10.4 Statiese balansering van 'n wiel:
• Plaas wiel op 'n spilas. ✓
• Draai die wiel. ✓
• Merk die posisie waar die wiel tot rus kom. ✓
• Draai die wiel weer. ✓
• Indien die wiel by dieselfde posisie stop, plaas gewig dan oorkant die
merk/Indien die wiel nie op dieselfde posisie stop nie, is die wiel
gebalanseerd. ✓ (5)
10.5 Stelsels deur EBE beheer:
10.5.1 Luginduksie:
• Die luginduksiestelsel meet ✓ en beheer die lug ✓ wat vir
ontbranding nodig is.
• Lei die skoon ✓ lug na die silinders toe. ✓
(Enige 1 x 2) (2)
10.5.2 Ontsteking:
Die ontstekingstelsel is daar om die lug-/brandstofmengsel ✓ in
die ontbrandingskamer teen die regte tyd te ontsteek. ✓ (2)
10.6 Katalisator:
• Palladium ✓
• Platinum ✓
• Rodium ✓
(Enige 2 x 1) (2)
10.7 IGBL:
10.7.1 Hoëdrukpomp:
Genereer hoë brandstofdruk ✓ in die gemeenskaplike leiding. ✓ (2)
10.7.2 Elektroniese beheereenheid (EBE):
• Ontvang seine/informasie vanaf sensors. ✓
• Evalueer/prosesseer seine/informasie. ✓
• Beheer die drywers. ✓
(Enige 2 x 1) (2)
10.7.3 Versnellerpedaalsensor:
Meet die pedaalposisie ✓ en herlei die sein na die EBE. ✓ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 23 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
10.8 Alternator:
10.8.1 Diodes:
✓ Twee punte vir korrekte
✓ volledige simbool.
(2)
10.8.2 Funksie van die diode:
• Dit laat toe dat stroom slegs in een rigting ✓ vloei. ✓
• Voorkom dat die stroom sy rigting van vloei ✓ verander. ✓
(Enige 1 x 2) (2)
[32]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--545abfde-8923-4811-aed9-fe51d7f86ad6/v1-c65226d96ad893d29681/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2021 Memo (Afr)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--62bbe2de-9d39-485e-a55f-c51567c03422/v1-0119bf0586794c136cbf/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Eng)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--c4d9ece6-0cba-42c1-a1e6-01ad8f18a69c/v1-b1845feced183341d89a/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Afr)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--3f9a8d78-97b6-4d96-a459-e2cd2e0f4240/v1-c00ea6cda731e5622584/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Afr)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--1c2f46e0-7366-454c-93bb-25a7a72400b1/v1-fca65ad7f3a3e8360113/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Eng)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--5d6b5e2a-2e34-47b1-b41f-207fe9bd9f6f/v1-5c863b6c8a25dbcf0e47/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2019 Memo (Eng)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
%20Eng--5d2e2bd0-b02f-4218-849f-e7933bc6c4d1/v1-2dba8a1dc6758c98b205/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)
%20Afr--1e7205e4-aef1-4cc4-afdf-aac93562ae67/v1-094abcfa5c3eff1cb995/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)
%20Eng--10859467-be3e-41fb-aee0-b797c385437d/v1-986e8982bfb6b966a34d/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Memorandum