Skip to content

Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paperMechanical TechnologyGrade 12202523 pages

Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING NOVEMBER 2025 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n 5 bladsy-formuleblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die ANTWOORDEBOEK verskaf word. 2. Lees AL die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af. 7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en tekeninstrumente gebruik. 8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem word. 9. ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui. 10. Skryf netjies en leesbaar. 11. 'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg. 12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help. VRAAG INHOUD PUNTE TYD IN MINUTE GENERIES 1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6 2 Veiligheid 10 10 3 Materiale 14 14 SPESIFIEK 4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10 5 Terminologie (Draaibank en Freesmasjien) 18 20 6 Terminologie (Indeksering) 28 25 7 Gereedskap en Toerusting 13 10 8 Kragte 33 33 9 Instandhouding 18 12 10 Hegtingsmetodes 18 12 11 Stelsels en Beheer (Aandrywingstelsels) 28 28 TOTAAL 200 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) 2025 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E. 1.1 Watter EEN van die volgende verwys na die goeiegebruikskode oor MIV/Vigs en indiensneming? A Werkgewers kan eenvoudig 'n persoon wat MIV/Vigs het, afdank. B Dit brei nie uit oor hoe almal die reg op regverdige arbeidspraktyke met betrekking tot MIV/Vigs het nie. C Dit bevat die daaglikse werksure van werknemers. D Dit bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en vakbonde op MIV/Vigs in die werksplek behoort te reageer. (1) 1.2 Wie is verantwoordelik vir die voorsiening van PBT ('PPE') in die werks- winkel? A Werknemer B Skoonmakers C Voorman D Werkgewer (1) 1.3 Die funksie van die vingerbeskermer in die kragaangedrewe guillotine is om te voorkom dat die operateurs ... A onder die ankerstawe reik. B aan draaiende onderdele raak. C se klere in die masjien vasgevang word. D die werkstuk buig. (1) 1.4 FIGUUR 1.4 hieronder toon 'n vonktoets wat uitgevoer word. Identifiseer die tipe materiaal met verwysing na die vonkpatroon. FIGUUR 1.4 A Koper B Geelkoper C Hoëkoolstofstaal D Aluminium-allooi (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.5 Die verhardingstemperatuur hang van die ... van die staal af. A koolstofinhoud B smeebaarheid C grootte D gewig (1) 1.6 Wat bepaal die eienskappe van staal gedurende hittebehandeling? A Die smeltpunt B Tipe korrelstruktuur C Die waterinhoud van die metaal D Die gesmelte toestand van die metaal (1) [6] VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES) 2.1 Noem TWEE sigbare tekens op 'n beseerde persoon wat 'n noodhulpverlener in ag moet neem voor behandeling. (2) 2.2 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word VOORDAT boogsweiswerk uitgevoer kan word. (2) 2.3 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word VOORDAT 'n draagbare hoekslyper aangeskakel word. (LET WEL: Daar is reeds aan alle PBT ('PPE') aandag gegee.) (2) 2.4 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer oksiasetileengassilinders hanteer word. (2) 2.5 Noem EEN nadeel van die produkuitleg. (1) 2.6 Noem EEN algemene plig wat elke werknemer volgens die Wet op Beroeps- gesondheid en Veiligheid (BGV), 1993 (Wet 85 van 1993) in die werksplek moet nakom. (1) [10] VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES) 3.1 Wat sal die effek op die volgende materiale wees wanneer 'n buigtoets uitgeoefen word? 3.1.1 Sagte staal (1) 3.1.2 Hoëkoolstofstaal (1) 3.2 Wat is die doel van hittebehandeling van metale? (1) 3.3 Noem DRIE blusmediums wat in die hittebehandeling van staal gebruik word. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.4 Watter TWEE metodes word gebruik om 'n klanktoets uit te voer om metale te identifiseer? (2) 3.5 Wat is die doel van dopverharding van staal gedurende hittebehandeling? (2) 3.6 Noem TWEE algemene metodes van dopverharding. (2) 3.7 Verduidelik die rede vir normalisering van staal gedurende hittebehandeling. (2) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK) Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E. 4.1 Identifiseer die draaibankprosedure wat in FIGUUR 4.1 hieronder getoon word. FIGUUR 4.1 A Boorwerk B Parallelsnywerk C Karteling D Tapssnywerk (1) 4.2 Identifiseer die KORREKTE stelling rakende 'n veiligheidsmaatreël van 'n draaibank nadat dit aangeskakel is: A Los die gereedskap op die draaibank. B Maak die loskop teenaan die werkstuk vas. C Verstel die snybeitel in die beitelhouer. D Gee aandag aan snyvloeistofbeheer. (1) 4.3 Hoeveel asse word op 'n digitale afleesstelsel (DUL) op 'n freesmasjien vertoon? A 2 B 3 C 4 D 5 (1) 4.4 Waar moet 'n tegnikus die inligting in 'n RNB-freesmasjien invoer nadat die instruksieprogrammering voltooi is? A Werkskaart B Skootrekenaar C Gelokaliseerde SVE ('CPU') D Tekening (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 4.5 Wanneer 'n momenttoetser gebruik word, hoe moet dit versorg word? A Alle moere en boute moet behoorlik vas wees. B Los alle massastukke buite. C Voeg massastukke vinnig by. D Stoor die toerusting in 'n klam area. (1) 4.6 Identifiseer die tipe instrument wat in FIGUUR 4.6 hieronder getoon word. FIGUUR 4.6 A Skroefdraadmikrometer B Dieptemikrometer C Noniuspasser D Noniushoogtemeter (1) 4.7 Watter terminologie word gebruik om die lasdraende kapasiteit van 'n stelsel buite die verwagte of werklike laste te beskryf? A Young se modulus B Eweredigheidsgrens C Veiligheidsfaktor D Breekspanning (1) 4.8 Vervorming is die verhouding tussen die oorspronklike lengte en die verandering in lengte, dus het dit geen … nie. A eenheid B spanning C krag D lengte (1) 4.9 Die wrywingskoëffisiënt tussen twee materiale in relatiewe glywerking kan van … afhang. A lugverhouding B die beskikbare spasie C temperatuur D hardheid (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 4.10 Wat word gebruik om 'n koolstofveselversterkte plastiek te vorm? A Suur B Grafietghries C Olie D Epoksiehars (1) 4.11 Wat is die ingeslote hoek vir metrieke V-skroefdraad? A 55° B 60° C 65° D 70° (1) 4.12 Die helikshoek is die hoek wat die draad met 'n lyn … die as van die skroefdraad maak. A onder B bo C parallel met D loodreg met (1) 4.13 Watter komponent sal jy in 'n filter vind? A Sif B Lemme C Klippe D Glas (1) 4.14 Pneumatika is die werksterrein waar ... gebruik word om werk te doen. A stoom B olie C saamgeperste lug D water (1) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 9 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK) 5.1 Noem TWEE nadele van die sny van 'n taps op 'n draaibank met gebruik van die loskopoorstellingsmetode. (2) 5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n taps met 'n ingeslote hoek van 6° wat tussen twee senters gemasjineer moet word. 510 80 80 6° Ø102 d FIGUUR 5.2 Bereken die volgende: 5.2.1 Die klein diameter (d) van die taps (4) 5.2.2 Die oorstelling van die loskop wat nodig is om die taps te sny (3) 5.3 Bereken die volgende afmetings vir 'n parallelspy geskik vir 'n 210 mm diameter as wat in 'n masjien gebruik moet word: 5.3.1 Wydte (2) 5.3.2 Dikte (2) 5.3.3 Lengte (2) 5.4 Noem TWEE gevolge van 'n ongebalanseerde werkstuk op 'n draaibank. (2) 5.5 Noem EEN nadeel van opfreeswerk. (1) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 10 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 6: TERMINOLOGIE (INDEKSERING) (SPESIFIEK) 6.1 'n Reguittandrat met 'n steeksirkeldiameter van 240 mm en 'n module van 3 moet gesny word. Bereken die volgende: 6.1.1 Sirkelsteek (2) 6.1.2 Aantal tande (3) 6.1.3 Dedendum (2) 6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n interne swaelstertonderdeel. W y E D 60° 60° h = 35 B 8 α α C A x 250 x 8 M FIGUUR 6.2 Bereken die volgende: 6.2.1 Maksimum wydte-afstand (W) van die swaelstert (6) 6.2.2 Afstand (M) oor die presisierollers (6) 6.3 'n Reguittandrat met 97 tande moet vir 'n kliënt vervaardig word. Die verdeelkop wat gebruik word, het 'n verhouding van 40 : 1. WENK: Gebruik A = 100 verdelings vir die eenvoudige indeksering. Bereken die volgende: 6.3.1 Indeksering wat benodig word (3) 6.3.2 Wisselratte wat vereis word (5) 6.4 Watter tipe kode word gedurende RNB-freeswerksaamhede gebruik? (1) [28] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 11 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK) 7.1 Noem EEN beginsel om die hardheid van materiale te meet. (1) 7.2 FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n induiking gedurende 'n Brinell-hardheidstoets. Benoem A–D. C B A Diepte D FIGUUR 7.2 (4) 7.3 Bereken die diepte van 'n V-skroefdraad met 'n steek van 2,5 mm. (2) 7.4 FIGUUR 7.4 hieronder toon 'n skroefdraadmikrometer. Benoem A–D. A B C D FIGUUR 7.4 (4) 7.5 Bepaal die lesing van die dieptemikrometer in FIGUUR 7.5 hieronder getoon. 40 15 10 45 0 FIGUUR 7.5 (2) [13] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 12 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK) 8.1 FIGUUR 8.1 hieronder toon 'n stelsel van kragte met vier trekkragte wat op dieselfde punt inwerk. WENK: Teken en voltooi die diagram in FIGUUR 8.1. Toon AL die horisontale en vertikale komponente voordat jy die berekeninge doen. 150 N 120 N 60º 60º 75 N 45 N FIGUUR 8.1 Bereken die volgende: 8.1.1 Som van die horisontale komponente en die som van die vertikale komponente (8) 8.1.2 Grootte van die resultant (2) 8.1.3 Hoek en rigting van die resultant (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 13 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 8.2 FIGUUR 8.2 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale steunpunte, A en B, ondersteun word. TWEE vertikale puntbelastings en EEN eenvormig verspreide las (EVL) word op die balk uitgeoefen. 155 N 90 N 10,5 m 1,5 m 14 N/m A B FIGUUR 8.2 Bereken die volgende: 8.2.1 Die puntbelasting wat die EVL verteenwoordig (2) 8.2.2 Die reaksies in steunpunte A en B (7) 8.3 FIGUUR 8.3 hieronder toon 'n spanning-vormverandering-diagram. Benoem A–C. C B A Spanning Strekgrens/ Meegeepunt Vormverandering FIGUUR 8.3 (3) 8.4 'n Trekspanning van 28,56 MPa word in 'n 45 mm ronde geelkoperstaaf voortgebring. Die oorspronklike lengte van die staaf is 350 mm en Young se modulus vir geelkoper is 90 GPa. Bereken die volgende: 8.4.1 Die las wat op die geelkoperstaaf in Newton toegepas word (5) 8.4.2 Die verandering in lengte in millimeter indien die vervorming wat deur die las veroorsaak word 0,0003 is (3) [33] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 14 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK) 9.1 Voltooi die volgende definisie vir termoplastiek deur die ontbrekende woorde neer te skryf. Skryf slegs die woorde langs die vraagnommers (9.1.1 tot 9.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. Termoplastiek kan (9.1.1) ... word en gevolglik op verskillende maniere (9.1.2) ... word. Hierdie tipe plastiek kan (9.1.3) ... word omdat dit sag word wanneer dit (9.1.4) ... word en verhard tydens afkoeling. (4) 9.2 Gee die rede vir die uitvoer van verstellings en onderdeelvervanging gedurende voorkomende instandhouding. (1) 9.3 Noem DRIE tipes termoverhardende samestellings. (3) 9.4 Noem VIER tipes termoplastiese samestellings. (4) 9.5 Noem DRIE voorkomende instandhoudingsmaatreëls op ketting- aandrywings. (3) 9.6 Watter tipe samegestelde materiaal word gebruik om die volgende produkte te vervaardig? 9.6.1 Busse (1) 9.6.2 Braaipan-deklae (1) 9.6.3 Verdelerrotors (1) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 15 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK) 10.1 Noem wat die volgende terme in 'n M24 x 2,75-skroefdraad voorstel: 10.1.1 M (1) 10.1.2 24 (1) 10.1.3 2,75 (1) 10.2 'n Tweevoudige vierkantskroefdraad moet op 'n draaibank gesny word. Die styging van die skroefdraad is 36 mm en die kruindiameter is 70 mm. Die vryloophoek moet 3° wees. Bereken die volgende: 10.2.1 Steekdiameter (5) 10.2.2 Helikshoek van die skroefdraad (3) 10.2.3 Ingryphoek (2) 10.2.4 Sleephoek (2) 10.3 Benoem dele A–C van die V-skroefdraad wat in FIGUUR 10.3 hieronder getoon word. B A C FIGUUR 10.3 (3) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 16 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (AANDRYWINGSTELSELS) (SPESIFIEK) 11.1 FIGUUR 11.1 hieronder toon 'n hidrouliese stelsel. 220 N MASSA PLUNJER d = 25 mm RAM D = 100 mm VLOEISTOF FIGUUR 11.1 Bereken die volgende: 11.1.1 Die area van die ram (2) 11.1.2 Die massa in kg wat deur die hidrouliese hyser (ram) gelig kan word indien die druk in die stelsel 6,36 MPa is (5) 11.2 Noem TWEE komponente behalwe die ram, plunjer en hidrouliese vloeistof (olie) wat in 'n hidrouliese stelsel gebruik word. (2) 11.3 Noem EEN basiese pompontwerp wat in hidrouliese stelsels gebruik word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 17 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 11.4 Die bandaandryfstelsel van 'n kompressor word in FIGUUR 11.4 hieronder getoon. Die trekkrag in die stywe kant van die band is 450 N. Die verhouding tussen die trekkrag in die stywe kant en die trekkrag in die slap kant is 2,5 : 1. (Banddikte kan geïgnoreer word.) Elektriese motor Kompressorkatrol T1 T2 NGD = ? DGD = 375 mm NDR = 22 r/s Spankatrol DDR = 85 mm FIGUUR 11.4 Bereken die volgende: 11.4.1 Die rotasiefrekwensie van die gedrewe katrol op die kompressor in r/s (3) 11.4.2 Die drywing oorgedra in kW (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 18 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 11.5 FIGUUR 11.5 hieronder toon 'n rataandryfstelsel in 'n ratkas. TD = 70 TE = 60 TA = 30 Inset-as NA = 95 r/min Uitset-as TB = 50 TC = 25 NF = ? TF = 85 FIGUUR 11.5 Bereken die volgende: 11.5.1 Die rotasiefrekwensie van die uitset-as in r/min (4) 11.5.2 Die spoedverhouding (3) 11.6 William pas 'n krag van 750 N op 'n hefboom toe. Die wringkrag is 712,5 Nm wat deur dié krag veroorsaak word. Bereken die lengte van die hefboom. (3) [28] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 1 DBE/November 2025 NSS Vertroulik FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING 1. BANDAANDRYWINGS πDN 1.1 Bandspoed = 60 π ( D + t )× N 1.2 Bandspoed = (t = banddikte) 60 1.3 Bandmassa = Area × Lengte × Digtheid (A = dikte × wydte) Diameter van gedrewe katrol 1.4 Spoedverhouding = Diameter van dryfkatrol 1.5 Bandlengte (plat) = [(D + d) × 1,57] + (2 × senterafstand) π (D + d ) (D + d ) 2 1.6 Oopbandlengte = + + 2c 2 4c π (D + d ) (D + d ) 2 1.7 Gekruiste bandlengte = + + 2c 2 4c Drywing (P) = (T1 − T2 ) π D N 1.8 60 Waar: T1 = krag in die stywe kant T2 = krag in die slap kant T1 – T2 = effektiewe trekkrag (Te) T1 1.9 Verhouding tussen stywe kant en slap kant = T2 T1 1.10 Wydte = Toelaatbare trekkrag 1.11 NDR × DDR = NGD × DGD 1.12 Wringkrag = Krag × Radius 1.13 Drywing (P) = 2 π N T 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2. SPANNING EN VORMVERANDERING πd2 2.1 Aas = 4 2.2 Apyp = ( π D2 − d 2 ) 4 Maksimum spanning / Breekspanning 2.3 Veiligheidsfaktor = Veilige werkspanning Krag F 2.4 Spanning = OF σ= Area A Verandering in lengte ΔL 2.5 Vervorming = OF ε= Oorspronklike lengte oL Spanning σ 2.6 Young se modulus = OF E= Vervorming ε 3. HIDROULIKA Krag F 3.1 Druk = OF P= Area A 3.2 Volume = Area × Slaglengte (l of s) 3.3 Arbeid verrig = Krag × Afstand 3.4 PA = PB FA F 3.5 = B AA AB 4. RATAANDRYWING 4.1 Drywing (P) = 2 π N T 60 Produk van tande op gedrewe rat N inset 4.2 Ratverhouding = OF Spoedverhouding = Produk van tande op dryfrat N uitset Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik N inset Produk van tande op gedrewe rat 4.3 = N uitset Produk van tande op dryfrat 4.4 NA × T A = NB × T B 4.5 Wringkrag = Krag × Radius 4.6 Wringkrag oorgedra = Ratverhouding × Insetwringkrag Steeksirkeldiameter SSD 4.7 Module = OF m= Aantal tande T Sirkelsteek × Aantal tande SS × T 4.8 Steeksirkeldiameter = OF SSD = π π 4.9 Buitediameter (BD) = SSD + 2(m) 4.10 Addendum = Module OF a=m 4.11 Dedendum (b) = 1,157 × m OF Dedendum (b) = 1,25 × m 4.12 Snydiepte (h) = 2,157 × m OF Snydiepte (h) = 2,25 × m 4.13 Vry ruimte (c) = 0,157 × m OF Vry ruimte (c) = 0,25 × m 4.14 Sirkelsteek (SS) = m × π 4.15 Werkdiepte (WD) = 2 × m OF Werkdiepte (WD) = 2 × a 5. SPYGLEUWE 5.1 D Wydte (W) = 4 5.2 D Dikte (T)= 6 5.3 Lengte (L) = 1,5 × D Waar: D = Diameter van as 5.4 Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 6. CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR FREESMASJIEN Gatsirkels Kant 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43 Kant 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66 Wisselratte Ratte 24 × 2 28 32 40 44 48 56 64 72 86 100 40 6.1 Indeksering = (n = aantal indelings) n Dr A − n 40 Dr 40 6.2 = × OF = (A − n) × Gd A 1 Gd A Waar: A = gekose aantal indelings n = werklike aantal indelings 7. SWAELSTERTE Waar: R = Radius van presisieroller y = Afstand vanaf boonste rand van swaelstert in verhouding met onderste hoek van swaelstert x = Afstand vanaf middel van presisieroller tot onderste hoek van swaelstert θ = Ingeslote hoek van swaelstert (gewoonlik 60°) h = Hoogte van swaelstert w = Minimum wydte van swaelstert W = Maksimum wydte van swaelstert m = Afstand tussen rollers M = Afstand oor rollers 8. TAPSE θ D-d 8.1 tan = (l = Tapslengte) 2 2×l L (D - d ) 8.2 Loskopoorstelling = (L = Afstand tussen senters) 2×l Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 9. SKROEFDRADE P 9.1 Gemiddelde diameter = Buitediameter – (½ × Steek) OF Dm = BD − 2 9.2 Effektiewe Diameter (Deff) = Steekdiameter (Dp) = Gemiddelde diameter (Dm) 9.3 Styging = Steek × Aantal beginne 9.4 Hoogte van skroefdraad = 0,866 × Steek (P) 9.5 Diepte van skroefdraad = 0,613 × Steek (P) 9.6 Helikshoek: Tan θ = Styging π × Dm 9.7 Ingryphoek/Voorsnyhoek = 90° ‒ (Helikshoek + Vryloophoek) 9.8 Sleephoek/Nasnyhoek = 90° + (Helikshoek – Vryloophoek) 9.9 DP = DN – (0,866 × P) 10. PYTHAGORAS SE STELLING EN TRIGONOMETRIE r y 𝜽𝜽 x y 10.1 Sin θ = r x 10.2 Cos θ = r y 10.3 Tan θ = x 10.4 r 2 = x2 + y2 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Mechanical Technology

View all