Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE
NOVEMBER 2025
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers %20Afr_hlayiso.com_--ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360/v1-dc585f964de15535a656/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9/v1-6eb9f80a85cca840cc81/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa/v1-e1518d3426e531dfc0eb/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad/v1-3dfcdf105719d968d8f3/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--cad6695c-dbf0-406d-a72d-78edaf6ce649/v1-0e4d6b46ffc6b2fe59e7/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--0866c8b7-97a6-4c57-9f66-74ebecc68f37/v1-beb6a567389a38a333f9/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)

%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
ANTWOORDEBOEK verskaf word.
2. Lees AL die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
word.
9. ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. 'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.
VRAAG INHOUD PUNTE TYD IN MINUTE
GENERIES
1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6
2 Veiligheid 10 10
3 Materiale 14 14
SPESIFIEK
4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10
5 Gereedskap en Toerusting 23 20
6 Enjins 28 25
7 Kragte 32 25
8 Instandhouding 23 20
9 Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas) 18 20
Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
10 32 30
Elektronika)
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) 2025
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.
1.1 Watter EEN van die volgende verwys na die goeiegebruikskode oor
MIV/Vigs en indiensneming?
A Werkgewers kan eenvoudig 'n persoon wat MIV/Vigs het, afdank.
B Dit brei nie uit oor hoe almal die reg op regverdige arbeidspraktyke met
betrekking tot MIV/Vigs het nie.
C Dit bevat die daaglikse werksure van werknemers.
D Dit bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
vakbonde op MIV/Vigs in die werksplek behoort te reageer. (1)
1.2 Wie is verantwoordelik vir die voorsiening van PBT ('PPE') in die werks-
winkel?
A Werknemer
B Skoonmakers
C Voorman
D Werkgewer (1)
1.3 Die funksie van die vingerbeskermer in die kragaangedrewe guillotine is om
te voorkom dat die operateurs ...
A onder die ankerstawe reik.
B aan draaiende onderdele raak.
C se klere in die masjien vasgevang word.
D die werkstuk buig. (1)
1.4 FIGUUR 1.4 hieronder toon 'n vonktoets wat uitgevoer word. Identifiseer die
tipe materiaal met verwysing na die vonkpatroon.
FIGUUR 1.4
A Koper
B Geelkoper
C Hoëkoolstofstaal
D Aluminium-allooi (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.5 Die verhardingstemperatuur hang van die ... van die staal af.
A koolstofinhoud
B smeebaarheid
C grootte
D gewig (1)
1.6 Wat bepaal die eienskappe van staal gedurende hittebehandeling?
A Die smeltpunt
B Tipe korrelstruktuur
C Die waterinhoud van die metaal
D Die gesmelte toestand van die metaal (1)
[6]
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 Noem TWEE sigbare tekens op 'n beseerde persoon wat 'n
noodhulpverlener in ag moet neem voor behandeling. (2)
2.2 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word VOORDAT
boogsweiswerk uitgevoer kan word. (2)
2.3 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word VOORDAT 'n
draagbare hoekslyper aangeskakel word.
(LET WEL: Daar is reeds aan alle PBT ('PPE') aandag gegee.) (2)
2.4 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer oksiasetileengassilinders
hanteer word. (2)
2.5 Noem EEN nadeel van die produkuitleg. (1)
2.6 Noem EEN algemene plig wat elke werknemer volgens die Wet op Beroeps-
gesondheid en Veiligheid (BGV), 1993 (Wet 85 van 1993) in die werksplek
moet nakom. (1)
[10]
VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)
3.1 Wat sal die effek op die volgende materiale wees wanneer 'n buigtoets
uitgeoefen word?
3.1.1 Sagte staal (1)
3.1.2 Hoëkoolstofstaal (1)
3.2 Wat is die doel van hittebehandeling van metale? (1)
3.3 Noem DRIE blusmediums wat in die hittebehandeling van staal gebruik
word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.4 Watter TWEE metodes word gebruik om 'n klanktoets uit te voer om metale
te identifiseer? (2)
3.5 Wat is die doel van dopverharding van staal gedurende hittebehandeling? (2)
3.6 Noem TWEE algemene metodes van dopverharding. (2)
3.7 Verduidelik die rede vir normalisering van staal gedurende hittebehandeling. (2)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.
4.1 Identifiseer die toets wat in FIGUUR 4.1 hieronder uitgevoer word.
PERSENTASIE
Bar
LUG
FIGUUR 4.1
A Kompressietoets
B Silinderlekkasietoets
C Uitlaatgasanalisetoets
D Brandstofdruktoets (1)
4.2 Die uitlaatgasanaliseerder moet korrek opgestel word om ... te verseker.
A behoorlike ventilasie
B akkurate lesings
C kleurverandering van die filter
D pypblokkasie (1)
4.3 Die ontstekingsorde wat algemeen op sessilinder-vierslagenjins gebruik
word, is ...
A 1; 7; 3; 5; 8; 2; 6; 4.
B 1; 4; 2; 3; 5.
C 1; 5; 3; 6; 2; 4.
D 1; 3; 4; 2. (1)
4.4 Waarom moet 'n enjin wat met 'n turboaanjaer toegerus is, vir 'n rukkie luier
voordat die enjin afgeskakel word?
A Om brandstof te bespaar
B Om die turboaanjaer te laat afkoel
C Om te keer dat die uitlaatgasse die turboaanjaer binnegaan
D Om die turboaanjaer 'n mooi klank te gee (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.5 Die definisie van drywing is …
A die tempo waarteen arbeid verrig word.
B 'n krag wat beweging veroorsaak.
C die tempo waarteen 'n voorwerp val.
D die krag van die enjin. (1)
4.6 Die volume wat deur 'n suier verplaas word wanneer dit van ODP na BDP
beweeg, staan as die ... bekend.
A vry volume
B kompressievolume
C suiervolume
D slagvolume (1)
4.7 Watter EEN van die volgende metodes verhoog die kompressieverhouding
van 'n enjin?
A Sit 'n dikker pakstuk tussen die silinderblok en die silinderkop in
B Sit suiers met geskikte laer krone in
C Sit korter suierstange in
D Verhoog die boorgrootte van die silinders (1)
4.8 Wat is die rede vir 'n hoë koolwaterstoflesing gedurende 'n uitlaatgas-
analise?
A Vakuumlekkasie
B Effense arm lug/brandstofverhouding
C Vuil of geblokte lugfilter
D Geblokte inspuiters (1)
4.9 Wat is die rede vir kompressieverlies in 'n binnebrandenjin?
A Geblokte silinderkoppakstuk
B Lekkende inlaatklep
C Foutiewe verkoelerdop
D Lekkende uitlaatpyp (1)
4.10 Watter ratposisie in 'n outomatiese ratkas skakel 'n sluitstuk in om te
voorkom dat die kar terugrol?
A Vorentoe (D)
B Trurat (R)
C Neutraal (N)
D Parkeer (P) (1)
4.11 Wat is die funksie van die stator in die koppelomsitter?
A Pomp die olie deur die ratkas
B Skakel wringkrag na drywing om
C Verhoog die wringkrag wat deur die enjin gelewer word
D Bring die koppelomsitter tot stilstand (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.12 Identifiseer die wielsporingshoek 'X' soos in FIGUUR 4.12 hieronder getoon.
X
Loodregte lyn Krinkspil-
middellyn
Voorkant van voertuig
Krinkspil
Padoppervlak
FIGUUR 4.12
A Positiewe nasporing
B Negatiewe nasporing
C Negatiewe wielvlug
D Positiewe wielvlug (1)
4.13 'n Funksie van die aanpaspare spoedbeheer is om ...
A die voertuig teen 'n konstante spoed te hou.
B te verseker dat die wiele bly tol.
C te verseker dat die bestuurder wakker bly.
D trekkragbeheer te verbeter. (1)
4.14 'n Funksie van die krukas-posisioneringsensor (KPS) is om die …
A ontstekingsvonk te vervroeg.
B krukasposisie na die EBE deur te stuur.
C krukas in posisie te hou.
D posisie van die kar waar te neem. (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n kompressietoetser. Benoem A–D.
B
C
A D
FIGUUR 5.1 (4)
5.2 Gee redes waarom ELK van die volgende voorsorgmaatreëls nagekom moet
word voordat 'n kompressietoets uitgevoer word:
5.2.1 Gaan na of die enjin teen werkstemperatuur is (2)
5.2.2 Maak rondom die vonkproppe skoon voordat dit verwyder word (2)
5.3 Noem die funksie van die silinderlekkasietoets. (2)
5.4 Verduidelik hoe om die uitlaatgasanaliseerder op 'n voertuig op te stel. (4)
5.5 Noem DRIE funksies van 'n aanboord- diagnostiese (ABD) skandeerder. (3)
5.6 Noem DRIE voorafkontroles wat op 'n band uitgevoer word voordat die wiel
gebalanseer word. (3)
5.7 'n Optiese sporingsmeter word gebruik om wielsporing op 'n voertuig na te
gaan. Beantwoord die vrae wat volg.
5.7.1 Noem die deel van die optiese sporingsmeter wat die
sporingshoek toon. (1)
5.7.2 Noem TWEE voorsorgmaatreëls rakende die plasing van die
kontakstawe teen die wiel. (2)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)
6.1 FIGUUR 6.1 hieronder toon die krukas van 'n viersilinderenjin. Beantwoord
die vrae wat volg.
A
B
C
FIGUUR 6.1
6.1.1 Benoem A–C. (3)
6.1.2 Wat is die hooffunksie van die krukas? (2)
6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n onderdeel wat aan die voorkant van die
krukas in 'n binnebrandenjin aangebring word. Beantwoord die vrae wat
volg.
C
B
A
D
FIGUUR 6.2
6.2.1 Benoem A–D. (4)
6.2.2 Identifiseer die onderdeel getoon. (1)
6.3 Noem TWEE oorsake van wringtrillings op 'n krukas. (2)
6.4 Noem die TWEE vuurordes wat op 'n viersilinder-inlynenjin gebruik word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.5 Identifiseer die tipe silinderuitleg met ELK van die volgende kenmerke:
6.5.1 Silinders wat almal langs mekaar in 'n ry gerangskik is (1)
6.5.2 Silinders wat in twee spanne aan elke kant van die krukas
gerangskik is (1)
6.6 Hoeveel kragslae per enjinrewolusie (omwenteling) is daar vir ELK van die
volgende vierslagenjins?
6.6.1 V4 (1)
6.6.2 V6 (1)
6.7 FIGUUR 6.7 hieronder toon hoe 'n turboaanjaer aan 'n binnebrandenjin
gekoppel is. Beantwoord die vrae wat volg.
B
C
Turboaanjaer
A
D
FIGUUR 6.7
6.7.1 Benoem A–D. (4)
6.7.2 Noem DRIE voordele van 'n turboaangejaagde enjin in
vergelyking met 'n onaangejaagde enjin. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.8 FIGUUR 6.8 hieronder toon 'n wiek-tipe superaanjaer. Benoem A–C.
B
Inlaat
Hulsel
C
A
FIGUUR 6.8 (3)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)
7.1 Verduidelik die volgende terme ten opsigte van 'n binnebrandenjin:
7.1.1 Aangeduide drywing (2)
7.1.2 Kompressieverhouding (2)
7.2 Die boor van 'n enjin is 70 mm en die slaglengte is 80 mm. Die
kompressieverhouding is 9 : 1.
Bereken die volgende:
7.2.1 Die slagvolume in cm3 (3)
7.2.2 Die vry volume in cm3 (3)
7.2.3 Die nuwe slagvolume indien die kompressieverhouding na 10 : 1
verhoog word (3)
7.2.4 Die nuwe diameter van die boor in mm indien die vry volume
onveranderd bly (4)
7.3 Die volgende data is opgeteken gedurende 'n toets wat op 'n vierslag-
viersilinderpetrolenjin uitgevoer is:
Gemiddelde effektiewe druk: 1 800 kPa
Boordiameter: 110 mm
Slaglengte: 150 mm
Remarmlengte: 840 mm
Skaallesing: 75 kg
Enjinspoed gedurende toets: 1 200 r/min
Bereken die volgende:
7.3.1 Wringkrag in Nm (3)
7.3.2 Aangeduide drywing in kW (7)
7.3.3 Remdrywing in kW (3)
7.3.4 Meganiese doeltreffendheid (2)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
8.1 Benewens koolwaterstof (HC), noem DRIE ander gasse wat deur 'n
uitlaatgasanaliseerder geanaliseer kan word. (3)
8.2 TABEL 8.2 hieronder toon die uitslag van 'n silinderlekkasietoets. Voltooi die
tabel deur slegs die vraagnommers (8.2.1 tot 8.2.5) en die antwoorde in die
ANTWOORDEBOEK neer te skryf.
MOONTLIKE REGSTELLENDE
FOUT
OORSAAK MAATREËL
Sisgeluid by
8.2.1 8.2.2
luginlaat
8.2.3 Lekkende uitlaatklep 8.2.4
Geblaasde silinderkop- Skil die silinderkop en
8.2.5
pakstuk vervang silinderkoppakstuk
TABEL 8.2 (5)
8.3 Na 'n kompressietoets op 'n binnebrandenjin, het die uitslae lae
kompressiedruk in een van die silinders getoon. Beantwoord die vrae wat
volg.
8.3.1 Noem DRIE moontlike oorsake van die lae kompressiedruk. (3)
8.3.2 Verduidelik kortliks hoe die nat kompressietoets uitgevoer word. (3)
8.4 Noem DRIE vervaardigerspesifikasies wat benodig word wanneer 'n
oliedruktoets op 'n enjin uitgevoer word. (3)
8.5 Noem 'n regstellende maatreël vir ELK van die volgende foute wanneer
'n brandstofdruktoets uitgevoer word:
8.5.1 Druk wat brandstofpomp verlaat, is te laag (1)
8.5.2 Te hoë brandstofdruk in die gemeenskaplike leiding (1)
8.6 Noem VIER plekke waar die verkoelmiddel kan lek wanneer 'n
verkoelingsdruktoets uitgevoer word. (4)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)
9.1 FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n uitskuifaansig van 'n koppelomsitter.
Beantwoord die vrae wat volg.
A B C D
FIGUUR 9.1
9.1.1 Benoem A–D. (4)
9.1.2 Noem DRIE funksies van die koppelomsitter in 'n outomatiese
ratkas. (3)
9.2 FIGUUR 9.2 hieronder toon 'n enkel episikliese ratstelsel. Beantwoord die
vrae wat volg.
B
C
A
D
FIGUUR 9.2
9.2.1 Benoem A–D. (4)
9.2.2 Verduidelik hoe trurat in hierdie ratstelsel verkry word. (3)
9.3 Beskryf TWEE metodes om die outomatiese transmissievloeistof te verkoel. (2)
9.4 Watter TWEE van die volgende rathefboomposisies, P, R, N, D, 1, 2, stel 'n
enjin in staat om aan te skakel? (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 10: STELSELS EN BEHEER (ASSE, STUURGEOMETRIE EN
ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)
10.1 Noem DRIE voorafkontroles wat op die voertuig se vering uitgevoer moet
word voordat wielsporingverstellings en kontroles uitgevoer kan word. Sluit
die voorafkontroles op die wiele uit. (3)
10.2 Teken 'n netjiese, benoemde skets om uitsporing van die voorwiele te
verduidelik. (4)
10.3 Noem die doel van die volgende wielsporingshoeke:
10.3.1 Negatiewe wielvlug (2)
10.3.2 Uitsporing om draaie (2)
10.4 Verduidelik die prosedure om 'n wiel staties te balanseer. (5)
10.5 Noem die funksie van die volgende stelsels wat deur die EBE beheer word:
10.5.1 Luginduksiestelsel (2)
10.5.2 Ontstekingstelsel (2)
10.6 Noem TWEE elemente wat gebruik word om die monoliet in die katalitiese
omsetter te bedek, wat 'n chemiese reaksie met die uitlaatgasse veroorsaak. (2)
10.7 Noem die funksies van die volgende komponente in die inspuiting met die
gemeenskaplike brandstofleiding(IGBL)-stelsel:
10.7.1 Hoëdrukpomp (2)
10.7.2 Elektroniese beheereenheid (EBE) (2)
10.7.3 Versnellerpedaalsensor (2)
10.8 Beantwoord die vrae oor die alternator wat volg.
10.8.1 Teken 'n netjiese eenvoudige skets van 'n diodesimbool. (2)
10.8.2 Noem EEN funksie van die diode in die laaistelsel. (2)
[32]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 1 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE
1. F=m×a
Waar:
m = Massa
a = Versnelling
2. Arbeid verrig = Krag × Verplasing OF W=F×s
Krag × Verplasing OF F×s
3. Drywing = P=
Tyd t
4. Wringkrag = Krag × Radius OF T=F×r
5. AD = P × L × A × N × n
Waar:
AD = Aangeduide drywing
P = Gemiddelde effektiewe druk
L = Slaglengte
A = Area van suierkroon
N = Aantal kragslae per sekonde
n = Aantal silinders
6. RD = 2πNT
Waar:
RD = Remdrywing
N = Omwentelinge per sekonde
T = Wringkrag
7. Remdrywing met Prönyrem = 2 × π × N × F × R
Waar:
RD = Remdrywing
N = Omwentelinge per sekonde
F = Krag
R = Remarmlengte
RD
8. Meganiese doeltreffendheid = × 100%
AD
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
SV + VV
9. Kompressieverhouding =
VV
Waar:
SV = Slagvolume
VV = Vry volume
πD 2
10. SV = ×L
4
Waar:
D = Boordiameter
L = Slaglengte
SV
11. VV =
KV − 1
Produk van tande op gedrewe ratte
12. Ratverhouding =
Produk van tande op dryfratte
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Afr_hlayiso.com_--ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360/v1-dc585f964de15535a656/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9/v1-6eb9f80a85cca840cc81/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa/v1-e1518d3426e531dfc0eb/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Eng_hlayiso.com_--5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad/v1-3dfcdf105719d968d8f3/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--cad6695c-dbf0-406d-a72d-78edaf6ce649/v1-0e4d6b46ffc6b2fe59e7/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--0866c8b7-97a6-4c57-9f66-74ebecc68f37/v1-beb6a567389a38a333f9/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo (Eng)
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Memorandum