Skip to content

History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220209 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2020 10791 GESKIEDENIS VRAESTEL 1 TYD: 3 uur PUNTE: 150 10 bladsye + ʼn addendum van 13 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 2 (Vraestel 1) 10791/20 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – DIE KUBAANSE MISSIELKRISES VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan of ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 3 (Vraestel 1) 10791/20 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE USSR REAGEER OP DIE AMERIKAANSE BLOKKADE VAN SOWJETMISSIELE IN KUBA IN DIE 1960s? Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Wat, volgens die bron het agterdog gewek by die Amerikaanse Intelligensie gemeenskap? (2 x 1) (2) 1.1.2 Noem die spioenasie vliegtuie wat deur Amerika gebruik is, om lugfoto’s van die missielterreine in Kuba te neem. (1 x 1) (1) 1.1.3 Lewer kommentaar op die betekenis van die volgende woorde: “… dan sal hierdie land doen wat nodig is, om haar eie sekuriteit en dié van haar bondgenote te beskerm”. (2 x 2) (4) 1.1.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom President Kennedy besluit het om ʼn televisie- aankondiging te maak op 22 Oktober 1962. (2 x 2) (4) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Definieer die konsep kwarantyn in die konteks van die Kubaanse Missielkrises. (1 x 2) (2) 1.2.2 Hoe, volgens Voorsitter Khrushchev kan ʼn kwarantyn ontstaan? (2 x 1) (2) 1.2.3 Waarom, volgens die bron, het Voorsitter Khrushchev nie die Organisasie van die Amerikaanse State erken nie? (3 x 1) (3) 1.2.4 Verduidelik waarom ʼn historikus die inligting in hierdie bron as bruikbaar kan beskou, vir navorsing oor die Amerikaanse blokkade van die Sowjetmissiele in Kuba. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 4 (Vraestel 1) 10791/20 1.3 Raadpleeg Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik die boodskappe wat in hierdie spotprent oorgedra word, met betrekking tot die reaksie van die USSR op die Amerikaanse blokkade van Kuba. Gebruik die visuele leidrade in die spotprent om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2)(4) 1.3.2 Lewer kommentaar op die woorde:”Julle bedreig wêreldvrede” in die konteks van die Kubaanse Missielkrises. (2 x 2)(4) 1.3.3 Raadpleeg Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1C ondersteun met betrekking tot die Amerikaanse blokkade van die Sowjetmissiele in Kuba. (2 x 2) (4) 1.4 Bestudeer Bron 1D. 1.4.1 Wie, volgens die bron was verantwoordelik vir die ontstaan van die Kubaanse Missielkrises? (1 x 1) (1) 1.4.2 Noem die posisie wat Nikita Khrushchev in the Rooi Leër, tydens die Tweede Wêreldoorlog bekleë het. (1 x 1) (1) 1.4.3 Hoe, volgens die bron, het die volgende mense reageer op die onttrekking van die Sowjetmissiele in Kuba? (a) Kennedy (1 x 1) (1) (b) Castro (1 x 1) (1) 1.4.4 Deur gebruik te maak van die inligting in hierdie bron en jou eie kennis, verduidelik die voorwaardes wat die Sowjetunie gestel het, voordat hul die missiele in Kuba onttrek het. (2 x 2) (4) 1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde), waarin jy verduidelik hoe die USSR reageer het op die Amerikaanse blokkade van Kuba in die 1960’s. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 5 (Vraestel 1) 10791/20 VRAAG 2: WAAROM HET SUID-AFRIKA TUSSEN 1974 EN 1976 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK? Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Noem enige TWEE lande wat ingemeng het by die uitgerekte konflik van die suidwestelike Afrika nasie. (2 x 1) (2) 2.1.2 Definieer die konsep proxy oorlog in die konteks van die Angolese Burgeroorlog. (1 x 2) (2) 2.1.3 Verduidelik waarom ʼn magsvakuum ontstaan het, in die nuutgevormde nasie. (1 x 2) (2) 2.1.4 Watter TWEE faksies het die Apartheidsregering ondersteun om verdere verliese te voorkom? (2 x 1) (2) 2.1.5 Lewer kommentaar op die betekenis van die volgende: “Die oorlog was inderwaarheid ʼn direkte konflik tussen kapitalisties-en kommunisties ondersteunende lande.” (2 x 2) (4) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Wat, volgens die bron was die doel van die Suid-Afrikaanse strategie wat gevolg is? (1 x 1) (1) 2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe 32-Bataljon, Swapo se hoop om te veg vernietig het. (2 x 2) (4) 2.2.3 Verskaf bewyse vanuit die bron om aan te toon hoe insurgente of ook bekend as gevange-rebelle spoorloos verdwyn het. (2 x 1) (2) 2.2.4 Lewer kommentaar op, waarom jy dink 32-Bataljon in staat was om hul missie in Angola uit te voer? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 6 (Vraestel 1) 10791/20 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Lys TWEE redes, soos verskaf deur Phillip du Preez oor die Suid- Afrikaanse betrokkenheid in die Angolese Burgeroorlog. (2 x 1) (2) 2.3.2 Haal bewyse uit die bron aan om aan te dui dat Savimbi hulp van die Suid-Afrikaanse Weermag ontvang het. (2 x 1) (2) 2.3.3 Wat, volgens die bron was die sogenaamde “Arrows”? (1 x 1) (1) 2.3.4 Verduidelik waarom 32-Bataljon as ʼn bedreiging beskou was, deur die veelrassige demokratiese regering wat in 1994 ontstaan het. (1 x 2) (2) 2.4 Verwys na Bronne 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die inligting in Bron 2C ondersteun met betrekking tot die Suid-Afrikaanse Weermag se betrokkenheid in Angola. (2 x 2) (4) 2.5 Bestudeer Bron 2D. 2.5.1 Verduidelik die boodskap in die spotprent, oor die rol van die Suid- Afrikaanse Weermag in die Angolese Burgeroorlog. (1 x 2) (2) 2.5.2 Lewer kommentaar op die betekenis van die figure wat op die grond lê, in die konteks van die oorlog in Angola. (1 x 2) (2) 2.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom ʼn historikus die inligting in die bron bruikbaar sou vind wanneer die rol van die Suid-Afrikaanse Weermag in Angola nagevors word. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls ( ongeveer 80 woorde ) waarin jy die Suid-Afrikaanse Weermag se oogmerke en doelwitte in Angola bespreek. (8) [51] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 7 (Vraestel 1) 10791/20 VRAAG 3: HOE HET DIE SWARTMAGBEWEGING DIE ONDERSTEUNING VAN AFRO- AMERIKAANSE GEMEENSKAPPE IN DIE 1960’S SUKSESVOL GEMOBILISEER? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Wat, volgens die bron het die Nasie van Islam in die laat 1950’s verkondig? (2 x 1) (2) 3.1.2 Haal DRIE bewyse uit die bron, wat dui op aspekte waarop Malcolm X in die tweede vryheidsbeweging gefokus het. (3 x 1) (3) 3.1.3 Waarom, dink jy, was die swart gemeenskappe aangemoedig om swart besighede te ondersteun? (1 x 2) (2) 3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die Afro-Amerikaners wat die Swartmagbeweging ondersteun het, krities was teenoor die nie-geweldadige Burgerregtebeweging? (2 x 2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Identifiseer die TWEE mense in die bron, wat verantwoordelik was vir die ontstaan van die Black Panther Party in 1966. (2 x 1) (2) 3.2.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Black Panther Party suksesvol was in die mobilisasie van Afro-Amerikaners om die Swartmagbeweging te ondersteun. (2 x 1) (2) 3.2.3 Lewer kommentaar op die belangrikheid van die volgende aanhaling: ‘talle mense het teen hul mure ʼn prent van ‘n swart jeugdige met ʼn gebalde vuis in die lug..”. (2 x 2) (4) 3.2.4 Verduidelik waarom die Swartmagbeweging, die Amerikaanse regering as as imperialiste beskou het. (1 x 2) (2) 3.2.5 Haal TWEE sosiale probleme aan, vanuit die bron waarvan die Afro- Amerikaners hulself moet bevry. (2 x 1) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 8 (Vraestel 1) 10791/20 3.3 Verwys na Bron 3C. 3.3.1 Waarom, volgens die bron het die Black Panter Party sy oorlewings- programme bekendgestel? (1 x 1) (1) 3.3.2 Definieer die konsep sosialisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.3.3 Verduidelik waarom die dra van wapens, deur lede van die Black Panther Party, ondersteuning van die swart gemeenskappe gekry het? (1 x 2) (2) 3.3.4 Gebruik die inligting in die bron en verduidelik of ʼn historikus hierdie bron as ‘n betroubare bron kan beskou, wanneer die rol van Elbert Howard in die Swartmagbeweging bestudeer word. (2 x 2) (4) 3.4 Raadpleeg Bron 3D. 3.4.1 Waarom, dink jy, is die artikel gepubliseer tydens die 50ste herdenking van die Black Panther Party? (1 x 2) (2) 3.4.2 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die reaksie van die regering, teenoor die toenemende groei van die Black Panther Party se oorlewingsprogramme. (2 x 2) (4) 3.5 Vergelyk die inligting in Bron 3C met die inhoud van Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C ooreenstem met die bewyse in Bron 3D, met betrekking tot die sukses van die Black Panther Party se oorlewingsprogramme. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde), waarin jy verduidelik hoe die Swartmagbeweging die ondersteuning van die Afro-Amerikaner gemeenskappe in die 1960’s suksesvol gemobiliseer het. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 9 (Vraestel 1) 10791/20 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie in hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA Verduidelik tot watter mate die beleidsrigtings van Mao Zedong, die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie China getransformeer het, vanaf ʼn landboustaat tot ʼn moderne industriële staat tussen 1957 en 1969. Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË Bespreek krities of Mobutu Sese Seko (Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) politieke, ekonomiese en sosiale uitdagings oorkom het, nadat onafhanklikheid verkry is. Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950s TOT DIE 1960s: DIE BURGERREGTEBEWEGING Martin Luther King Jr se briewe vanuit die tronk en die Washington Optog het nie- geweldadige optogte laat toeneem om burgerregte in Amerika in die 1960’s te verkry. Verduidelik tot watter mate Martin Luther King verantwoordelik was vir die suksesvolle beeïndiging van segregasie in die VSA gedurende die 1960’s. Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 History

View all