Skip to content

History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202023 pages

Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2020 NASIENRIGLYNE GESKIEDENIS (VRAESTEL 1) (10791) 23 BLADSYE
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae • Onttrek inligting uit bronne • Selektering en organisasie van relevante 30% VLAK 1 inligting uit bronne (15) • Definieer historiese begrippe/terme • Interpretasie van bewyse uit bronne 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne (20) • Analiseer bewyse uit bronne • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas te stel 30% VLAK 3 • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15) perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyne word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien 2
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord. • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op en rede en twee punte toegeken word (✓✓). • Indien ʼn vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui. 1.4 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ •__________________________ • _________________________ _________________ • ____________________________ • _________________ √√√√ Vlak 2 KOMMENTAAR Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt regs onder van die bladsy/vraag, bv… 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordboek oorgedra word. 3
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van ʼn opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die opstel as ʼn geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om ʼn vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die leerder se interpretasie van die vraag • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevante inhoudseleksie) • Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument (beplan, gestruktureer en ʼn onafhanklike argument) 4
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met ʼn kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) Bv. In ʼn opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL struktuur in gedagte in die assessering van ʼn opstel. Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt P (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans L in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ʼn opstel: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie 1√ • Argument LOA 5
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 2.5 Die matriks Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26-27 6
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE – TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed beplande Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend om Weinig of geen poging en gestruktureerde beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn antwoord te struktureer. om die opstel te opstel. Goeie gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en Grootliks beskrywend struktureer nie. sintese van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn duidelike sekere mate beplande argument. of poog om argument inligting. Het ʼn argument is gevolg. argument te gebruik om Poog om ʼn argument te ontwikkel. Geen goed Bewyse gebruik om ontwikkel. argument te vol te hou. poging om ʼn gebalanseerde, die argument te Gevolgtrekking ondersteun. Gevolgtrekking nie gevolgtrekking te maak oorspronklike verdedig. Poog om gemaak uit bewyse Slotsom bereik op duidelik ondersteun nie. argument ontwikkel ʼn onafhanklike om die argument te grond van bewyse. deur bewyse nie. met bewyse. gevolgtrekking uit ondersteun. INHOUD die bewyse te maak Argument om die argument te deurgaans ondersteun. volgehou en verdedig. Onafhanklike gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47 – 50 43 – 46 volle relevante tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43 – 46 40 – 42 38 – 39 relevante tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud toereikend 38 – 39 36 – 37 34 – 35 30 – 33 28 – 29 en relevante. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige 30 – 33 28 – 29 26 – 27 weglatings of irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit nie. 26 – 27 24 – 25 20 – 23 Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20 – 23 18 – 19 14 – 17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of 14 – 17 0 – 13 glad nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer = 7 – 13 7
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE USSR REAGEER OP DIE AMERIKAANSE BLOKKADE VAN SOWJETMISSIELE IN KUBA IN DIE 1960s? 1.1.1 [Onttrekking van bewyse in Bron 1A – L1] • Beweging van die Sowjet-personeel en • Toerusting na Kuba (2 x 1) (2) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 1A – L1] • U-2 spioenasievliegtuie (1 x 1) (1) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – L2] • VSA sal oorlog verklaar teen die USSR • VSA sal hul missiele lanseer in Turkye en Italië • VSA sal die USSR bombardeer • VSA sal die USSR aanval Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – L2] • Om sy belofte te hou om die situasie in Kuba dop, wat te doen het met die ontplooiing van missiele • Die veiligheid te verseker van die Amerikaanse burgers • Om aan te toon dat hy iets moet doen oor die ontplooiing van missiele in Kuba • Om sy bekommernis rakende wêreldvrede aan te dui Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.2.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep Bron 1B – L1] • Voorkoming van die verskeping van offensiewe militêre toerusting na Kuba • VSA het die verskeping van militêre toerusting na Kuba verhoed. • Kuba was binne die invloedsfeer van die VSA en die opstel van ‘n beskermde sone was ‘n poging om die USSR te weerhou om Kuba met missiele te betree Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 1.2.2 [Onttrekking van bewyse in Bron 1B – L1] • Aanvaarding van internasionale praktyk • Slegs deur die ooreenstemming tussen twee state, en nie deur ʼn derde party nie (2 x 1) (2) 8
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 1.2.3 [Onttrekking van bewyse in Bron 1B – L1] • Organisasie van die Amerikaanse State het absoluut geen outoriteit om besluite net te aanvaar nie. • Organisasie van Amerikaanse State volg nie internasionale wetgewing nie. • Organisasie van Amerikaanse State het nie die universele gedragnorme respekteer nie. (3 x 1) (3) 1.2.4 [Evalueer die betroubaarheid van bewyse in Bron 1B – L3] • Dit is ʼn brief gerig aan Kennedy, deur Voorsitter Khrushchev op 24 Oktober 1962. • Verwys na Khrushchev se standpunt oor die bekendmaking van ʼn kwarantyn rondom Kuba • Verwys na die toestande wat bestaan het om ʼn kwarantyn af te kondig • Maak dit duidelik hoe Khrushchev die kwarantyn beskou het, as ʼn Amerikaanse bedreiging en ʼn ultimatum aan die USSR • Aanduiding dat die Sowjetunie nie die Organisasie van Amerikaanse State erken het nie Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – L2] • Die spotprent dui daarop, dat Nikita Khrushchev, offensiewe wapens na Kuba laat verskeep het. • Dui daarop dat Khrushchev die Amerikaanse blokkade van Kuba ondermyn het (dit word aangetoon deur die sarkastiese glimlag op sy gesig, die gebalde vuis, dui ook op oorwinning) • Dui daarop dat Khrushchev mag het oor die VSA en gereed om te veg met offensiewe wapens (die woorde – bedreiging van wêreldvrede) Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – L2] • Khrushchev het die wêreld in gevaar gestel van ʼn moontlike kernoorlog. • Khrushchev het geglo in oorlog/was aggressief. • Die Kubaanse Missielkrisis het amper aanleiding gegee tot Wêreldoorlog 3. Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.3.3 [Vergelyking van bewyse in Bronne 1B en 1C – L3] • Beide Bronne, 1B en 1C, verwys na die Amerikaanse blokkade van die Sowjetmissiele na Kuba . • Bron 1B is ʼn brief geskryf deur Khrushchev aan President Kennedy, rakende die bekommernis van die Sowjetunie oor die blokkade van die Amerikaanse skepe wat Sowjetmisielle na Kuba blokkeer, terwyl Bron 1C visuele bewyse verskaf van Khrushchev wat trek aan missieldraende Sowjetskepe, verby die blokkade. • Beide Bronne, 1B en 1C, is ʼn aanduiding dat Khrushchev, die Amerikaanse blokkade van Sowjetmissiele na Kuba ondermyn het. Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 9
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 1.4.1 [Onttrekking van bewyse in Bron 1D – L1] • Nikita Khrushchev (1 x 1) (1) 1.4.2 [Onttrekking van bewyse in Bron 1D – L1] • Politieke beampte/offisier (1 x 1) (1) 1.4.3 [Onttrekking van bewyse in Bron 1D – L1] (a) Gelukkig, vreugdevol (1 x 1) (1) (b) Teleurgesteld, verraai (1 x 1) (1) 1.4.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – L2] • VSA het hul missiele onttrek vanuit Italië / Turkye wat na-aan die USSR was • VSA was nie veronderstel om in die soewereiniteit van Kuba in te meng nie Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.5 [Interpretasie, evaluasie en sintese van bewyse vanuit die relevante bronne – L3] Kandidate moet die volgende aantoon van bewyse van relevante bronne. Sowjetunie was besig om middelafstand missiele te installeer (Bron 1A) • Khrushchev het reageer, per brief aan Kennedy op 24 Oktober 1962, rakende die Amerikaanse blokkade van die Sowjetmissiele na Kuba (Bron 1B). • Khrushchev het die kwarantyn beskou as ʼn skending van internasionale praktyk (Bron 1B). • Khrushchev het die Amerikaanse blokkade ondermyn en het wêreldvrede bedreig (Bron 1C). • Khrushchev was vasberade om ʼn kernoorlog te begin (Bron 1C). • USSR het toegestem tot die verwydering van die Sowjetmissiele, maar onder sekere voorwaardes (Eie kennis). • Khrushchev het die krisis beëindig, deur in te stem, tot die verwydering van die missiele in Kuba (Bron 1D). • USSR het belowe om hul missiele in Kuba te verwyder, op voorwaarde dat die VSA hul missiele in Turkye en Italië verwyder (Eie kennis/Bron 1D). • Die krisis was diplomaties opgelos toe beide leiers ooreengekom het, met betrekking tot hul beginsels (Eie kennis). • ʼn Verbod op die gebruik van kernwapens is geteken en ʼn “Warm Lyn” is oopgestel tussen die Wit Huis en die Kremlin (Eie kennis). Enige ander relevante antwoord (8) [50] 10
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 Gebruik die volgende rubriek as nasienriglyn: • Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse. Aanduiding van geen of min begrip rakende die VLAK 1 reaksie van die USSR tot die Amerikaanse Punte 0 – 2 blokkade van Kuba in die 1960’s. Gebruik bewyse slegs gedeeltelik tot die tema. • Bewyse is meestal relevant en hou tot ʼn groot mate verband met die tema. Begrip is getoon op die VLAK 2 reaksie van die USSR tot die Amerikaanse Punte 3 – 5 blokkade van Kuba in die 1960’s. • Bewyse is op ʼn basiese manier gebruik. • Gebruik relevante bewyse. Dui op ʼn deeglike begrip van hoe die USSR reageer het op die Amerikaanse blokkade van Kuba in die 1960’s. VLAK 3 Punte 6 – 8 • Bewyse word effektief gebruik in ʼn goed georganiseerde paragraaf. “n Goeie begrip van die tema word geopenbaar. VRAAG 2: WAAROM HET SUID-AFRIKA TUSSEN 1974 EN 1976 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse in Bron 2A – L1] • VSA • Sowjetunie • China • Kuba • Suid-Afrika (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 [Verduideliking van ʼn historiese konsep in Bron 2A – L1] • ʼn Oorlog wat geveg is tussen faksies in Angola, (MPLA / FAPLA / FNLA / UNITA) wat ondersteun is deur twee supermoondhede (VSA en die USSR). • ʼn Oorlog wat geïnisieer is deur ʼn moondheid, terwyl die moondheid self nie betrokke raak nie. Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – L2] • Die onttrekking van die Portugese regering, vanuit Angola, het die land gelos sonder ʼn regeringsliggaam Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse in Bron 2A – L1] • FNLA • UNITA (2 x 1) (2) 11
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 2.1.5 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2A – L2] • Die oorlog in Angola het tussen die faksies uitgebreek (MPLA, UNITA en die FNLA). • Die stelling impliseer dat met die ondersteuning van buitelandse moondhede, het dit inderwaarheid ʼn oorlog van verskillende ideologieë van die VSA en die USSR geword Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2B – L1] • Om ʼn kommunistiese oorname van Namibië te verhoed (1 x 1) (1) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2B – L2] • 32-Bataljon was saamgestel deur insurgente (gevange rebelle ) wat twee opsies gegee was, wat hul inderwaarheid in geharde vegters laat ontaard het. • As gevolg van ʼn bedreiging van operasies uitgevoer deur 32-Bataljon, is baie skade veroorsaak. (2 x 2) (4) 2.2.3 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2B – L1] • Vermoor alle insurgente • Verwyder die liggame • Maak die area skoon (2 x 1) (2) 2.2.4 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2B – L2] Millitêr-gewys was hul suksesvol, aangesien hul daarin geslaag het om van hul vyandelike troepe ontslae te raak, sonder enige bewyse wat agtergelaat is. Sielkundig het dit skade veroorsaak by die vyandige magte, aangesien hul die gevoel gehad het dat dit onmoontlik was om 32-Bataljon te oorwin. Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 12
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C – L1] • Die woord ‘kommunis’ was altyd in ʼn negatiewe lig in Suid-Afrika gesien. • Teenwoordigheid van Sowjet en Kubaanse militêre magte naby Suidwes-Afrika (2 x 1) (2) 2.3.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C – L1] • Suid-Afrika het Savimbi aangemoedig om met guerrilla-oorlogsvoering te begin. ʼn Senior weermag-offisier het ook hulp aangebied om troepe na Moxico te stuur. (2 x 1) (2) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2C – L2] • ʼn Spesiale inheemse taakmag wat in 1966 gestig is, hoofsaaklik om politieke en millitêre inligting in te win • Was gestig deur die Apartheidsregering om vyandige gebiede te infiltreer en om die vyand sielkundig te verswak Enige ander relevante antwoord (1 x 1) (1) 2.3.4 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2C – L2] • Dit was gestig deur die apartheidsregering om vyandige linies te infiltreer en sodoende die vyand sielkundig te verswak. (1 x 2) (2) 2.4 [Vergelyking van bewyse vanuit Bron 2B and 2C – L3] • 32-Bataljon was die kreatiewe idee van Kolonel Jan Breytenbach (Bron 2B). Die stigting van 32-Bataljon was oorgegee aan Kolonel Jan Breytenbach (Bron 2C). • Die Buffel Bataljon het hul missie vervolmaak, soos verwag deur Kolonel Breytenbach, ook (Bron 2B), dit was ook gebruik deur die Apartheidsregering (Bron 2C). Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.5 2.5.1 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2D – L2] • Dit dui op die buitelandse magte en die Angolese faksies wat betrokke was by die Angolese saak, waarby Suid-Afrika klaarblyklik te wees as die oorwinnaar uitgetree het Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.5.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2D – L2] • Hulle was verslaan deur die SAW. • Suid-Afrika het daarin geslaag om die verspreiding van kommunisme na SA te verhoed. Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 13
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 2.5.3 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 2D – L3] • Dit dui op die selfvertroue van die SAW dat hul die opponerende magte verslaan het • Dit verskaf ʼn verduideliking aan die geskiedkundige oor die buitelandse magte betrokke was. • Dit verskaf ʼn verduideliking aan die geskiedkundige watter Angolese faksies betrokke was. Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse van relevante bronne – L3] Kandidate moet die volgende aantoon in hul beantwoording van die vraag: : • Koue Oorlogspanninge is uitgebrei na die nasie in Suidwes en Angola. Hierdie spanning het oorgespoel na ander omliggende areas. (Bron 2A) • Buitelandse inmenging vind plaas vanaf die VSA, USSR, China, Kuba en Suid-Afrika. (Bron 2A) • MPLA was ondersteun deur die Sowjetunie en Kuba. (Bron 2A, eie kennis) • FNLA & UNITA ondersteun deur die VSA en Suid-Afrika. (Bron 2A, eie kennis) • Die Apartheidsregering het grondmagte ingestuur om die FNLA en UNITA by te staan. (Bron 2A) • 32-Bataljon was gestig deur Kolonel Jan Breytenbach. (Bron 2A, Bron 2B) • 32-Bataljon het gebruik gemaak van infiltrasie en het van vyandige troepe ontslae geraak. (Bron 2B) Die SAW se poging tot deelname aan die oorlog was gesien as ʼn strategiese, militêre verlies. (Bron 2B) • Savimbi het ingestem tot die verkryging van hulp deur die SAW. (Bron 2C) • 32-Bataljon is ontbind kort na die eerste demokratiese verkiesing. (Bron 2C) • Volgens die SAW was hul nooit verslaan in die Angolese burgeroorlog nie. (Bron 2D) Enige ander relevante antwoord (8) [50] Gebruik die volgende rubriek as nasienriglyn: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon min of geen begrip in die verduideliking waarom die SAW in Angola tussen 1974 en 1976 VLAK 1 Punte 0 – 2 betrokke geraak het. • Gebruik bewyse slegs gedeeltelik tot die verduideliking van die tema. • Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, bv. toon ʼn begrip van hoe die VLAK 2 SAW in Angola tussen 1974 en 1976 betrokke Punte 3 – 5 geraak het. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier. • Maak gebruik van relevante bewyse, bv toon ʼn deeglike begrip van hoe en waarom die SAW in Angola tussen 1974 en 1976 betrokke geraak VLAK 3 Punte 6 – 8 het. • Gebruik bewyse baie effektief in n georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. 14
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 VRAAG 3: HOE HET DIE SWARTMAGBEWEGING ONDERSTEUNING VAN DIE AFRO- AMERIKAANSE GEMEENSKAPPE IN DIE 1960’s SUKSESVOL GEMOBILISEER? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3A – L1] • ʼn Nasionalistiese agenda • Om afstand te hou van nie-geweldadige groepe (2 x 1) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3A – L1] • Gedeelde erfenis • Identiteit • Uitkomste van die Afro-Amerikaners (3 x 1) (3) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3A – L2] • Om die Afro-Amerikaners aan te moedig om selfonderhoudend te wees en om swart besighede aan te moedig • Die swart besigheidseienaars was aangemoedig om die Swartmagbeweging te ondersteun • Om swart besighede te ondersteun sal solidariteit en trots in swart gemeenskappe verhoog • Die swart gemeenskappe sal meer op swart besighede fokus, wat weer meer ekonomiese mag aan hul sal verleen in die VSA Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3A – L2] • Malcom X het hul aangemoedig om hulself te verdedig, eerder as om ʼn nie-geweldadige benadering te volg wanneer hul met polisie brutaliteit en deur wit mense gekonfronteer sou word • Malcolm X het die burgerregtebeweging daarvan beskuldig dat hul swartmense onderdanig maak aan wit kultuur en segregasie • Die burgerregtebeweging was daarvan beskuldig vir hul stadige pas om segregasie te beëindig. • Die Swartmagbeweging was ondersteun veral vir sy rewolusionêre ideologie wat snelle politieke en ekonomiese veranderinge sou bring Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 15
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3B – L1] • Huey Newton • Bobby Seale (2 x 1) (2) 3.2.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3B – L1] • Die Swartmagbeweging het 100 Ameriikaanse stede “brandend gehad”. • Dit was tyd vir grootskaalse straatgevegte, opstande en rewolusionêre bewegings wat deur ghetto’s en universiteitskampusse beweeg het. • Die Swartmagbeweging het daarin geslaag om die wit rassistiese magstruktuur met hul rûe teen die muur te laat staan. (2 x 1) (2) 3.2.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3B – L2] • Die gebalde vuis verteenwoordig die krag en eenheid van die Afro-Amerikaners wat dikwels deur die wit Amerikaners onderdruk is. Dit dui ook op die gereedheid om wit oorheersing te beveg. • Die prent simboliseer swartmag wat segregasie, kolonialisme en kapitalisme verwerp. Dit moedig selfverdediging en die vermoë tot selfbeskikking aan. • Dit vestig ook die aandag op rasse-diskriminasie. Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.2.4 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3B – L2] • Amerika se invloedsfeer het gestrek na Afrika lande, en talle winste is gemaak ten koste van swart mense. • Die imperialistiese houding kontrasteer met die Amerikaanse ideologie van demokrasie, byvoorbeeld rasse segregasie het voortgeduur. Swart mense was ook stemreg geweier. Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.2.5 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3B – L1] • Rassisme • Polisie brutaliteit • Swak skoolopleiding • Werkloosheid • Vervoer na tronke per trein (Enige 2 x 1) (2) 16
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3C – L1] • Die idee was om leemtes te vul, waar die regering hulself as onbevoeg bewys het. (1 x 1) (1) 3.3.2 [Verduideliking van ʼn historiese konsep vanuit Bron 3C – L1] • ʼn Ekonomiese en politieke sisteem wat gesamentlike of eienaarskap deur die regering verklaar het, gewoonlik deur middel van produksie • Dit plaas klem daarop dat alle mense gelyk is, asook alles gelykop moet verdeel. Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.3.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3C – L2] • Hul kon hulself verdedig teen brutale polisie optrede. • Die dra van wapens het ʼn sterk boodskap na die regering gestuur dat Afro-Amerikaners ʼn einde aan segregasie wil bring. • Die dra van wapens het aan swart gemeenskappe ʼn gevoel van gedetermineerdheid en hoop gegee om sosiale, politieke en ekonomiese uitdagings vinniger op te los as wat die Burgerregtebeweging dit kon regkry. Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.3.4 [Bepaal die betroubaarheid van bewyse vanuit Bron 3D – L2] • Dit was geskryf as ʼn eerbetoon aan Elbert na sy dood in 2018. • Elbert Howard was een van die ses stigterslede van die Black Panther Party. ʼn Tienpunt-plan is opgestel, waarin hy die leierskap tot die uitvoering van die manifes geneem het. • Hy was ook verantwoordelik vir die publikasie van die Black Panther koerant wat gebruik is om mense te mobiliseer en die talle prestasies van die organisasie aan die publiek bekend te maak. Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 17
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3D – L2] • Die doel was om aan te dui hoe die rewolusie aangevuur was deur mobilisasie van die massas, asook om meer ondersteuning te kry vir die oorlewingsprogramme. • Dit dui daarop hoe swart gemeenskappe opgehef en selfonderhoudend was, gebasseer op riglyne van die tienpunt- plan van die BPP. • Die foto dui daarop dat die mense vrywillig deelgeneem het aan die oorlewingsprogramme. Die regering was egter onsuksesvol om te let na die basiese behoeftes van die swart mense. Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – L2] • Die FBI het geglo dat die gemeenskapsprogramme, kommunisme bevorder het. Daarom het talle geheime infiltrasie plaasgevind. • Die dra van wapens was nie gesien as ʼn poging tot selfverdediging nie, maar eerder as ʼn bedreiging vir nasionale sekuriteit. Daarom is talle BPP lede gearresteer of selfs vermoor. • Suksesvolle gemeenskapsprojekte was met opset vernietig. Verskeie wyses was deur COINTELPRO en die FBI gebruik om swart gemeenskapsprojekte en swart eenheid te vernietig. Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.5 [Vergelyking van bewyse vanuit Bronne 3C and 3D – L3] • Bron 3C verklaar dat die Black Panther Party verskeie oorlewingsprogramme geloods het onder die swart gemeenskappe terwyl Bron 3D dui op die daarstel van ʼn voeding – of ontbytprogram vir kinders. • Bron 3C dui daarop dat Howard en Hilliard die implementering van die tienpunt-plan gekoördineer het, terwyl Bron D klem plaas op die gemeenskapsprogram wat hierop gebasseer was. • Beide bronne verskaf voorbeelde van ander projekte, soos die sekelsel-anemie toets kliniek en die voedselprogram. Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 18
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse vanuit die relevante Bronne – L3] Kandidate mag gebruik maak van die volgende bewyse in hul antwoord. • Malcom X het eenheid, ʼn gemeenskaplike erfenis en identiteit by swart mense gepropageer. (Bron 3A) • Hy het openlik die Burgerregtebeweging en Martin Luther King gekritiseer vir hul nie-geweldadige benadering, asook die integrasie met ʼn wit heerskappy. (Bron 3A) • Malcom X het selfonderhouding en gelykheid aangemoedig. (Bron 3A) • Die Black Panther Party gelei deur Newton and Seale het ʼn rewolusie verkondig wat deur lede in meer as 100 stede ondersteun was. (Bron 3B) • Die gebalde vuis en die dra van die Klein Rooi Boekie van Mao was ook ʼn aanduiding van sosialisme wat kapitalisme uitdaag. (Bron 3B) • Afro-Amerikaners het ander Afrika lande ondersteun wat Amerika se verspreiding van hul invloedsfeer teengestaan het. (Bron 3B) • Die leier van die BPP Howard het ʼn effektiewe tienpunt-plan ingestel waardeur talle oorlewingsprogramme geloods is. Hierdie programme was veral goed ondersteun deur swart gemeenskapslede. (Bron 3C) • Die sukses van die BPP was veral gesien in die 50ste herdenkingsartikel in ʼn koerant. (Bron 3D) Enige ander relevante antwoord (8) [50] Gebruik die volgende rubriek as nasien riglyn: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv. toon min of geen begrip hoe die Swartmagbeweging die ondersteuning van die PUNTE: VLAK 1 Afro-Amerikaanse gemeenskappe suksesvol in the1960’s 0–2 gemobiliseer het • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou verband met ʼn groot mate van die onderwerp, bv. toon ʼn begrip van hoe die Swartmag- PUNTE: VLAK 2 beweging suksesvol ondersteuning van die Afro- 3–5 Amerikaanse gemeenskappe in die 1960’s verkry het • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. Toon ʼn deeglike begrip hoe die Swartmagbeweging die ondersteuning van die Afrika-Amerikaanse gemeenskappe in PUNTE: VLAK 3 the1960’s suksesvol gemobiliseer het 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf. 19
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 AFDELING B OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG – GEVALLESTUDIE CHINA [Beplan en konstrueer ʼn argumenterende opstel, gebasseer op analitiese en interpretasie vaardighede]. SINOPSIS Kandidate moet kan aandui tot watter mate Mao Zedong se beleide, die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie China getransformeer het van ʼn landboustaat tot ʼn moderne industriële staat tussen 1957 en 1969. HOOFASPEKTE Kandidate moet na die volgende aspekte in hul antwoord verwys: Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem, deur te verduidelik tot watter mate Mao se beleide, Die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie China getransformeer het van ʼn landboustaat tot ʼn moderne industriële staat tussen 1957 en 1969. UITBREIDING • Mao Zedong se implementering van die Eerste Vyfjaarplan (Kortlikse agtergrond) • Implementering van die Tweede Vyfjaarplan in 1958, die doelwitte om landbou-en industriële produksie in China te verhoog • Om private ondernemings te verban • Bevorder kollektivisering van plase • Gewelddadige amalgamasie as reaksie teen verset teen kollektivisering • Leuens tot kwotas/of statistieke het toegeneem om klem te plaas op die sukses van die beleid • Hoë belastingtariewe het gelei tot ongelukkige werkers en die afname van produksie het voorgekom • Afhanklikheid van ongeskoolde arbeiders kom voor vir industriële produksie, eerder as om gebruik te maak van wetenskaplikes en ingenieurs. Gee aanleiding tot afname van produktiwiteit in die industriële sektor. • Werkers moes lang ure werk om produksie te verhoog • Die Groot Sprong Vorentoe was ʼn klaaglike mislukking na drie jaar • Mao Zedong was nie in staat om ʼn hongersnood waardeur die mense geraak was, te keer nie • Enkele kapitalistiese eienskappe is weer in die ekonomie teruggebring • Mao Zedong het bedank as President van die Volksrepubliek van China in 1959, maar het aangebly as die voorsitter van die Kommunistiese Party. Gesag is oorhandig na President Liu Shaoqi en Deng Xiaoping. Hul moes ook let na die ekonomiese probleme Enige ander relevante antwoord GEVOLGTREKKING Kandidate moet hul argumente met relevante gevolgtrekkings opneem. [50] 20
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË [Beplan en skryf ʼn oorspronklike argumenterende opstel, gebaseer op relevante bewyse met behulp van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet krities bespreek hoe Mobutu Sese Seko (Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) deur ekonomiese en politieke uitdagings gekonfronteer was, na die bereiking van onafhanklikheid in die 1960's. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul reaksie insluit: Inleiding: Kandidate moet die vraag kontekstualiseer deur te verwys na die ekonomiese en politieke stand van die Kongo en Tanzanië tydens onafhanklikheid. Hulle moet ʼn standpunt inneem en dit ondersteun deur te wys hoe albei lande hul ekonomiese en politieke beleid na onafhanklikheid ontwikkel het. UITBREIDING Elemente van ekonomiese ontwikkeling ' Die Kongo: • Het swaar staatgemaak op landbou-en mineraal-ekstraksie (een produk-ekonomie) en die impak daarvan op die ekonomie • Kapitalistiese ekonomie • Zaïrinisasie (die vervanging van buitelanders met burgers van Zaire) het misluk weens (korrupsie/wanbestuur/verwaarlosing) • Ekonomie gekenmerk deur nepotisme en elitisisme (groot kloof ontstaan tussen ryk en arm) • Verswakking van die staat se infrastruktuur • Omkering van Zaïrinisasie • Afhanklik van buitelandse hulp en beleggings Enige ander relevante respons Tanzanië: • Swaar staatgemaak op landbou-en mineraal-ekstraksie en was in staat om ʼn geloofwaardige vervaardigingsektor te ontwikkel. • Afrika sosialistiese ekonomie • Arusha verklaring (afgeskaf uitbuiting/vermindering van inkomste gaping tussen die armes en die rykes/eienaarskap van die land se hulpbronne) • Kollektivisering (kollektiewe dorpies) het ʼn stabiele samelewing geskep wat vry van ekonomiese ongelykhede was. Boere het egter geweier om hul voorvaderlike lands-en landbouproduksie te verlaat, het dramaties die meeste maatskappye wat genasionaliseer is, bankrot gemaak. • Uitvoere het afgeneem. • Tanzanië teruggekeer na afhanklikheid van buitelandse hulplenings in 1970’s. Enige ander relevante respons 21
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 Elemente van politieke 'stabiliteit' Die Kongo: • Om onafhanklikheid te bereik deur demokratiese verkiesings (die Kongo (1960): J Kasavubu het President geword en P Lumumba het eerste Minister geword. • Nadat hy veelpartyverkiesings by onafhanklikheid beklee het, het die Kongo ʼn eenparty- staat geword binne die eerste vyf jaar nadat onafhanklikheid bereik is. • Mobutu Sese Seko was President tot sy dood in 2007. • Mobutu Sese Seko skep ʼn Kleptokrasie - dit was ʼn groep aangestelde openbare amptenare wat dikwels hul posisie misbruik het vir finansiële gewin. • Terugkeer van Afrika waardes • Sterk gesentraliseerde regering • Politieke stabiliteit Enige ander tersaaklike respons Tanzanië: • Om onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings te bereik (Tanzanië 1961: J Nyerere (eerste Minister) – het die Grondwet gewysig om President (1962) te word. • Gladde oorgang (vreedsame verandering/rasse harmonie/verbintenis tot die bevordering van menslike gelykheid en waardigheid) • Na veelparty verkiesings na onafhanklikheid, word dit ʼn eenpartystaat. • Nyerere President tussen die 1960's en 1970’s • Nyerere het die ' Leierskapkode ' in die Arusha-verklaring bekendgestel wat hoë vlakke van integriteit van openbare amptenare vereis het • Afrika sosialisme/Ujamaa was geskik vir inwoners • Vestiging van die Verenigde Republiek van Tanzanië (1964) • Gesentraliseerde en unitêre staat Enige ander relevante respons GEVOLGTREKKING Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking bind. [50] 22
Downloaded from hlayiso.com 10791/20 VRAAG 6: DIE BURGERLIKE SAMELEWING PROTES VANAF DIE 1950's NA DIE 1960s: DIE BURGERREGTE-BEWEGING [Beplan en skryf ʼn argumenterende opstel, gebaseer op relevante bewyse met behulp van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet kan aantoon tot watter mate die verskillende vorme van protes deur die burgerregtebeweging suksesvol was om die lewens van Afro-Amerikaners te verbeter. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte insluit: Inleiding: Kandidate moet verduidelik tot watter mate die verskillende vorme van protes suksesvol was, wat daarin geslaag het om die Amerikaanse owerhede te dwing om gelykheid aan die Afro-Amerikaners te gee. UITBREIDING ● Kort agtergrond van segregasie/Jim Crow wette ● Montgomery 1955: Rosa Parks insident Montgomery busboikot (duur een jaar) Hoogste hof besluit op die desegregasie van busse ● Bus maatskappy stop afsonderlike busse ● SIT-STAKINGS (van 1960): Vier studente in Greensboro sit by slegs- blanke toonbank; die aantal studente het daagliks toegeneem; SIT-STAKINGS versprei oor die suide; die rol van die SNCC ; SIT-STAKINGS versprei na READ-INS, WADE-INS EN PRAY-INS ens (impak: restaurante oopgemaak vir alle rasse in die VSA in die somer van 1961) ● Vryheidsritte: Afro-Amerikaners en blankes van die noorde het begin met die ritte om segregasie in die busstelsel uit te daag; hulle is aangeval, gebombardeer en in die tronk gegooi; hulle het geen beskerming van die polisie ontvang nie. President Kennedy is gedwing om hulle te beskerm; Die federale regering het ʼn bevel uitgevaardig op 1 November 1961 amptelike desegregasie van alle inter-openbare vervoer ● Die Birmingham veldtog (1963): Massa-demonstrasies daag rasse-segregasie uit en ekonomiese uitsluiting van Afro-Amerikaners; ingesluit was kinders in die optog ; ontmoet met gewelddadige optrede van die polisie. Kennedy het gereageer op die rasse-segregasie in die VSA; Op 10 Mei 1963 het Birmingham aangekondig dat alle Munisipale fasiliteite gedesegregeer sou word ● Optog na Washington (Augustus 1963) is bygewoon deur 250 000 mense om gelykheid in die werkplek te eis; Dit was bekend, want Dr Martin Luther King Jr lewer ' Ek het ʼn droom ' toespraak. Dit het beduidend tot die ondertekening van die Burgerregte-Wet bygedra, 1964 ● Vryheidsomer (1964): meer as 70 000 Afro-Amerikaanse vrywilligers geregistreer en onderrig geletterdheid in vryheid skole in Mississippi; hulle is met ernstige geweld van segregasioniste en polisiebeamptes ontmoet. Dit het bygedra tot die ondertekening van die burgerregte Wet, 1964 ● Selma na Montgomery optogte (1965): Afro-Amerikaners wou stem; hulle is met polisie brutaliteit wat lei tot ' bloedige Sondag “ die Wet op stemreg, 1965 Enige ander relevante reaksie GEVOLGTREKKING Kandidate moet hul argumente met relevante gevolgtrekkings opneem. [50] TOTAAL: 150 23

Study this subject

More from Grade 12 History

View all