Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2020
10792
GESKIEDENIS
VRAESTEL 2
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
9 bladsye + ʼn addendum van 14 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2020 papers %202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)

%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 233.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 2
(Vraestel 2) 10792/20
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Die vraestel bestaan uit ʼn AFDELING A en ʼn AFDELING B, soos gebasseer op die
voorgeskrewe inhoud van die KABV dokument.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT DIE 1980’s: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT DIE 1980’s – SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’S
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om
hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn
opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan of ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 3
(Vraestel 2) 10792/20
AFDELING A
BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit die afdeling nie.
Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord is in die aangehegte
addendum.
VRAAG 1: HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING SWART MENSE IN DIE
1970’s, DEUR SWART GEMEENSKAPSPROGRAMME BEMAGTIG?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Bestudeer Bron 1A.
1.1.1 Definieer die konsep Swartbewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Waarom het die Swartbewussynsbeweging hul verbind tot selfhelp-
programme wat beheer was deur swartes? (1 x 2) (2)
1.1.3 Identifiseer DRIE probleme wat die swart man ervaar het ten opsigte
van die oplossings wat die Swart Gemeenskapsprogramme (BCP)
veronderstel was om te bied. (3 x 1) (3)
1.1.4 Noem enige TWEE Swartbewussynsbeweging-organisasies wat in
die 1970’s bestaan het. (2 x 1) (2)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Wat, volgens die bron, wou die Swart Gemeenskapsprogramme
onder leiding van Khoapa in die swart gemeenskappe bereik?
(2 x 1) (2)
1.2.2 Lys TWEE gemeenskapsprojekte, volgens die bron wat beheer was
deur die BPC (Black People’s Convention)? (2 x 1) (2)
1.2.3 Verduidelik wat word bedoel met die stelling, “Die Swart
Gemeenskapsprogramme het praktiese uitdrukking gegee aan die
ideale van die Swartbewussynsbeweging”..
(2 x 2) (4)
1.2.4 Waarom, in jou eie opinie, het die Black Review bygedra tot die
filosofie van Swartbewussyn? (1 x 2) (2)
1.2.5 Verduidelik die bruikbaarheid van die bron, vir ʼn geskiedkundige wat
die Swart Gemeenskapsprogramme wil bestudeer. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 4
(Vraestel 2) 10792/20
1.3 Verwys na Bron 1C.
1.3.1 Wat, volgens die bron, was die opheffingsprogramme waarvan
studente deel was, om die informele nedersettings in Durban by te
staan?
(2 x 1) (2)
1.3.2 Verduidelik hoe die projekte, soos uitgevoer deur die studente die
doelwitte van die Swartbewussynsbeweging volbring het. (1 x 2) (2)
1.3.3 Waarom, dink jy het die studente die Christenskap van die wit
stemgeregtigde verwerp? (1 x 2) (2)
1.3.4 Hoe het die Swartbewussynsbeweging inligting versamel, wat nodig
was vir gemeenskapsontwikkeling? (2 x 2) (4)
1.4 Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in die twee bronne mekaar
ondersteun, ten opsigte van Swart Gemeenskapsprojekte wat geloods was in
die swart gemeenskappe. (2 x 2) (4)
1.5 Bestudeer Bron 1D.
1.5.1 Identifiseer die tipe gemeenskapsprojek wat in die bron sigbaar is.
(1 x 1) (1)
1.5.2 Op watter manier was die gemeenskap se mediese sentrum deur
die filosofie van Swartbewussyn ondersteun? (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT lyne (80 woorde) en verduidelik hoe die Swart-
Bewussynsbeweging swart mense bemagtig het deur die Swart
Gemeenskapsprogramme in die 1970’s. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 5
(Vraestel 2) 10792/20
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN -VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
OORTREDERS VAN MENSEREGTE, SOOS WOUTER BASSON HANTEER?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Selekteer TWEE bewyse vanuit die bron, wat die doelwitte van die
WVK verduidelik. (2 x 1) (2)
2.1.2 Definieer die konsep amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2)
2.1.3 Verduidelik hoe die WVK die volgende tydens hul ondersoeke hanteer
het:
(a) Oortreders (1 x 2) (2)
(b) Anti-apartheid aktiviste (1 x 2) (2)
2.1.4 Lys TWEE komitees van die WVK, soos aangedui in die bron. (2 x 1) (2)
2.2 Verwys na Bron 2B.
2.2.1 Waarom, volgens die bron het Wouter Basson voor die WVK
verskyn? (1 x 2)(2)
2.2.2 Identifiseer TWEE klagtes teen Wouter Basson op 4 Oktober 1999.
(2 x 1)(2)
2.2.3 Waarom, dink jy het Basson die aansoek tot amnestie deur die WVK
geweier? (1 x 2)(2)
2.2.4 Lewer kommentaar oor die redes, waarom regter Hartzenberg,
Basson van sekere klagtes gevrywaar het. (1 x 2)(2)
2.2.5 Verduidelik die bruikbaarheid van inligting in die bron vir ʼn
geskiedkundige wat navorsing wil doen oor die wyse hoe die WVK
die kwessie rondom amnestie aan Basson hanteer het.
(2 x 2)(4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 6
(Vraestel 2) 10792/20
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Watter boodskap word deur Bron 2C uitgedra? Gebruik visuele
leidrade om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.3.2 Waarom is daar ʼn verwysing na die ANC, gedurende die Wouter
Basson verhoor? (1 x 2) (2)
2.4 Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B, die bewyse in
Bron 2C ondersteun met betrekking tot Wouter Basson se betrokkenheid in
menseregte oortredings. (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na Bron 2D.
2.5.1 Wat, volgens die bron was die bedoeling van die HPCSA?
(1 x 2) (2)
2.5.2 Haal TWEE bewyse aan, vanuit die bron wat aandui dat Dr Basson
skuldig was aan menseregte skendings. (2 x 1) (2)
2.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die families van aktiviste, die liggame van hul geliefdes wou
laat opgrawe het. (1 x 2) (2)
2.5.4 Verduidelik Basson se houding, teenoor die slagoffers se families.
(1 x 2) (2)
2.5.5 Lewer kommentaar op die volgende aanhaling:
“Maar Basson se dade en beproewings kos miljoene wat hulle
sonder
twyfel betaal.” (1 x 2) (2)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT lyne (80 woorde), waarin jy verduidelik hoe die
WVK oortreders van menseregte, soos Wouter Basson hanteer het. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 7
(Vraestel 2) 10792/20
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP DIE SITRUS INDUSTRIE VAN
SUID-AFRIKA GEHAD?
Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Wat, volgens die bron was die moeilike omstandighede wat die sitrus-
industrie in die gesig gestaar het? (1 x 2) (2)
3.1.2 Haal ʼn bewys aan, vanuit die bron wat aanduidend is van groei in die
sitrus-industrie in Suid-Afrika. (1 x 2) (2)
3.1.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die negatiewe implikasie
wat globalisering op die sitrus-industrie gehad het. (2 x 2) (4)
3.1.4 Definieer die konsep globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.5 Noem die maatskappy wat swart sitrus-produsente verteenwoordig. (1 x 1) (1)
3.1.6 Verduidelik die hindernisse wat die swart produsente in Suid-Afrika
ondervind het. (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Watter unie, soos na verwys in die bron het bedreig gevoel deur die Suid-
Afrikaanse sitrus-industrie? (1 x 1) (1)
3.2.2 Lys DRIE landbou inisiatiewe wat gestig is om by te dra tot die ontwikkeling
van die sitrus-industrie. (3 x 1) (3)
3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
negatiewe impak van herstel inisiatiewe op die sitrus-industrie. (1 x 2) (2)
3.2.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die bron vir ʼn geskiedkundige
wat die transformasie van die sitrus-industrie in Suid-Afrika wil bestudeer.
(2 x 2) (4)
3.3 Bestudeer Bron 3A en Bron 3B. Verduidelik hoe hierdie twee bronne mekaar
ondersteun wat betref die uitdagings wat die sitrus-industrie in Suid-Afrika ervaar.
(2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 8
(Vraestel 2) 10792/20
3.4 Bestudeer Bron 3C.
3.4.1 Verduidelik die boodskappe wat die spotprent wil oordra. Maak gebruik van
visuele leidrade om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
3.4.2 Wat is die impak van die Spaanse verbod op lemoene, binne die
Suid-Afrikaanse industrie? (2 x 2) (4)
3.5 Verwys na Bron 3D.
3.5.1 Watter provinsie, volgens die bron is die kragstasie van die Suid-
Afrikaanse sitrus-industrie? (1 x 1) (1)
3.5.2 Verduidelik hoe die Sitruskwekersvereniging voordelig is vir die sitrus-
produsente in Suid-Afrika. (1 x 2) (2)
3.5.3 Watter bewyse in die bron dui daarop dat transformasie in die sitrus-
industrie stadiger is as wat verwag is? (1 x 2) (2)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf
van ongeveer AGT lyne (80 woorde) waarin jy die impak van globalisasie op die
sitrus-industrie in Suid-Afrika verduidelik. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 9
(Vraestel 2) 10792/20
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE in hierdie afdeling nie.
Jou opstel moet ten minste DRIE bladsye wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT DIE 1980’s –
SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
Sport, kultuur en akademiese boikotte was die belangrikste vorms van internasionale
weerstand teen apartheid. Dit het druk geplaas op die Nasionale Party regering om
apartheid te beëindig in die 1980’s.
Bespreek die bogenoemde stelling krities. Ondersteun jou antwoord met relevante
bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE IN SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Verduidelik tot watter mate leierskap, onderhandelings en kompromieë aangegaan deur
verskeie rolspelers verseker het dat Suid-Afrika na ʼn demokrasie beweeg het in 1994.
Maak gebruik van die nodige bewyse om jou antwoord te ondersteun. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
Dit was die val van kommunisme wat grootliks verantwoordelik was vir politieke
veranderinge in Suid-Afrika na 1989.
Stem jy saam met die bogenoemde stelling? Maak gebruik van relevante bewyse om jou
antwoord te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Question Paper
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum