VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
NASIENRIGLYNE
TOERISME (10870)
15 bladsye
1
Skip to contentAll 2025 papers %202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--01bd51a8-01a5-4ae3-97ff-9eeceb07ed58/v1-c70701c7ab9d09c7d2d9/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e6f5b4f-9123-4c68-9a5f-2d6a15462663/v1-6a20ca7ed4db537dc566/card.webp)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef/v1-ff348dde093dc3c903f8/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1/v1-c874d88be5cdac5f7ec0/card.webp)
View all





Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2025 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Tourism memorandum from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Tourism · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 938.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Gauteng Mock Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
10870/25
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 C /Om die toerisme industrie te bevorder. MTP
1.1.2 B /00:00 MTP
1.1.3 A /Vlugvoosheid MTP
1.1.4 D /Cholera MTP
1.1.5 A /Drink baie water. MTP
1.1.6 B /Die gebruik van oorvol openbare vervoer en verblyf. MTP
1.1.7 C /€ FX
1.1.8 D /Tafelberg Nasionale Park CH
1.1.9 B /'n meteoriet-impakkrater CH
1.1.10 A /Maloti-Drakensbergpark CH
1.1.11 C /tronk vir anti-apartheidsaktiviste. CH
• D/Militêre basis vir die opleiding van troepe
1.1.12 C /FTT SR
1.1.13 C /Zimbabwe, Lesotho, Mosambiek DRI
1.1.14 D /omgewings SR
1.1.15 B /Volhoubaarheid SR
1.1.16 B /verantwoordelike toerisme. SR
1.1.17 B /Winkelsentrums, ontwerperswinkels en markstalletjies MTP
1.1.18 A /negatiewe impak op die bestemmingsbeeld van Afrika. DRI
1.1.19 B /ʼn epidemie DRI
1.1.20 D /Besluit op 'n aksieplan KK (20)
1.2 1.2.1 TBRSA/(TBCSA) M
1.2.2 ITB M
1.2.3 TOMSA M
1.2.4 Handelsmerk Suid-Afrika M
1.2.5 TGRSA (TGCSA) M (5)
1.3 1.3.1 bruto binnelandse produk FX
1.3.2 swakker FX
1.3.3 Geskeduleer MTP
1.3.4 avontuur TA
1.3.5 hulle SPF-sonblok te dra MTP (5)
2
10870/25
1.4 1.4.1 G DRI
1.4.2 C DRI
1.4.3 E DRI
1.4.4 B DRI
1.4.5 A DRI (5)
1.5 1.5.1 Parthenon TA
1.5.2 Windmeule TA
1.5.3 Switserland TA
1.5.4 Meksiko TA
1.5.5 Jordanië TA (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
3
10870/25
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Visuele metode: eers geteken en dan uitgeskryf MTP
Zürich, Switserland +1 (+1 DST) +2 Suid-Afrika +2
Tydsverskil
0 uur
Het 'n oproep gemaak ??
10:00 (+) VOEG Tyd by wat oproep ontvang
was.
10:00 + 0 uur (tydsverskil) = 10:00
OF
Tyd in SA toe oproep ontvang is: 10:00 (4)
2.1.2 Aanbevole inenting: MTP
Aanbevole inentings is slegs 'n voorsorgmaatreël om die
gesondheid van individuele toeriste te verseker en is
opsioneel.
(LET WEL: keuse kan op verskeie maniere uitgedruk word)
• Aanbevole inentings is nie 'n maatstaf vir hoërisiko-siektes nie. (2)
2.1.3 Beskerm toeriste teen die opdoen van siektes wat in sekere MTP
streke voorkom
• Die versekering van die gesondheid van toeriste
• Vermindering van die risiko van oordrag na plaaslike
bevolkings.
• Help om veilige reise te bevorder
• Handhaaf openbare gesondheidstandaarde in beide die toeris
se tuisland en die bestemming. (2)
2.1.4 Geldige paspoort MTP
• Paspoort (2)
2.1.5 (a) rooi kanaal MTP (1)
(b) Dr. Bach het meer parfuum gehad as wat toegelaat word MTP
• Slegs 50 ml parfuum was toegelaat.
• Dr. Bach het goedere gehad wat die belastingvrye toelaag
oorskry het.
• Om 'n skootrekenaar te verklaar
• Om sporttoerusting te verklaar
• Dr. Bach het items wat verklaar moet word (2)
4
10870/25
(c) 100 ml parfuum MTP (1)
(d) Items waarmee 'n toeris die land mag binnekom, mits die MTP
hoeveelheid of aantal van die items binne die toegelate perke
is, dan word geen geld (belasting) op hierdie items betaal
nie.
• Sekere verbruikersgoedere vir persoonlike gebruik binne die
toegelate hoeveelhede, sal geen ekstra fooie (belasting) op
hulle betaal word nie, tensy dit die aantal of hoeveelheid wat
as gratis gespesifiseer word, oorskry.
• Nuwe of gebruikte goedere, uitgesluit sekere
verbruiksgoedere, wat reisigers van internasionale lande
geregtig is om in te voer, tot 'n waarde van R5 000 per
persoon sonder om enige reg of belasting daarop te betaal. (2)
2.1.6 Hy moet nie groot bedrae kontant saamdra nie. MTP
Hy moet nie duur fone, kameras, juweliersware en ander
waardevolle items vertoon nie.
• Hy moet waardevolle persoonlike items veilig wegbêre.
• Hy moet nooit sy bagasie uit sy sig laat nie.
• Hy moet sy beursie in 'n binnesak dra en nie in 'n agtersak nie.
• Hy moet in 'n groep rond beweeg.
• Hy moet sy geldeenheid by 'n betroubare buitelandse-
kleinhandelaar omruil.
• Hy moet nie met vreemdelinge praat nie.
• Hy moet versigtig wees vir ongemagtigde hulp.
• Hy moet seker maak van sy vervoer – en slegs van
geregistreerde taximaatskappye gebruik maak.
LET WEL: Enige ander aanvaarbare veiligheidsvereistes met
betrekking tot veiligheid by die lughawe in SA. (4)
2.1.7 Visuele metode: eers geteken en dan uitgeskryf MTP
Zürich, Switserland +1 Suid-Afrika +2
(Geen DST op 1 November)
Tydsverskil Vertrek
1 uur 21:00
(+) (-) AFTREK
Vliegtyd
10 uur
?? Aankoms
21:00 – 1 uur = 20:00
20:00 (+ ) 10 uur vliegtyd =
06:00 2 November 2024
OF
06:00 2 November 2024 (5)
5
10870/25
2.2 2.2.1 Vervoer MTP
Verblyf
Besienswaardighede (natuurlik en mensgemaak)
• Aktiwiteite (by natuurlike en mensgemaakte
besienswaardighede)
• Maaltye en verversings.
• Tye of tydraamwerke (3)
2.2.2 'n Toerbegroting is 'n finansiële plan wat die beraamde koste en MTP
uitgawes vir 'n reis of toer uiteensit.
• Dit sluit al die noodsaaklike komponente van die reiservaring
in, wat reisigers in staat stel om hul finansies effektief te
bestuur en meeste onverwagte kostes te vermy. (2)
2.2.3 Voorbeeld: Dag 1 Dag 2 Dag 3 MTP
Berekeninge Akk: R1 200.00 + Akk: R1 500 + Akt: R395 +
Akt: R600.00 + Verv: R1 800 + Akt: 900
Kos: R250.00 Akt: R500
Totaal R2 050.00 R3 800.00 R1 295.00
Totale Toer R5 095.00 (6)
[36]
6
10870/25
VRAAG 3
3.1 3.1.1 Amerikaanse Dollar FX (2)
3.1.2 VSD 4 000 x 18,1 765 FX
= ZAR 72 706,00
OF
ZAR 72 706,00
LET WEL: Moenie die leerders penaliseer as die
geldeenheidskode of -simbool nie aangedui word nie omdat die
geldeenheid in die vraag genoem word. (3)
3.1.3 ZAR 22 000 ÷ 18,5415 FX
= 1186,527519348489
= VSD 1 186,53
OF
VSD 1186,53
LET WEL: Moenie die leerders penaliseer as die
geldeenheidskode of -simbool nie aangedui word nie
omdat die geldeenheid in die vraag genoem word. (3)
3.2 Meer internasionale toeriste besoek Suid-Afrika, aangesien FX
Suid-Afrika as 'n waarde-vir-geld-bestemming gesien sal
word.
Toeriste sal Suid-Afrika as 'n bekostigbare bestemming sien.
Toeriste sal meer goedere en dienste kan koop (groter koopkrag).
• Toeriste sal langer kan bly omdat hulle meer geld sal hê om te
spandeer.
• Toeriste sal meer rand vir hulle geldeenheid ontvang. (6)
[14]
TOTAAL AFDELING B: 50
7
10870/25
AFDELING C: TOERISME-AANTREKLIKHEDE; KULTUUR- EN ERFENISTOERISME;
BEMARKING
VRAAG 4
4.1 4.1.1 A-Berg Fuji TA
B-Mecca
• Die Kaaba
C-Die Blou Moskee (3)
4.1.2 Berg Fuji is heilig vir die Japanese volk. TA
• Dit word gesien as die bron van artistieke inspirasie.
• Dit word al eeue lank gebruik vir pelgrimstogte deur die
Japannese volk.
• 25 gebiede binne die Berg Fuji area word as kulturele belang
erken deur UNESCO.
• Dit is deur UNESCO as 'n kulturele terrein verklaar.
• Dit is ʼn simbool van Japan. (2)
4.1.3 Mekka (Die Hajj) is 'n jaarlikse pelgrimstog van Moslems wat TA
plaasvind gedurende die twaalfde maand van die Islamitiese
maankalender.
• Moslems sirkel die Kaäba sewe keer antikloksgewys.
• Sewe keer tussen die heuwels van Safaa en Marwa loop
• Om die simboliese steniging van die duiwel uit te voer deur
klippe na drie groot pilare te gooi
• Pelgrims staan saam, beoefen toewyding en soek vergifnis van
Allah. (2)
4.1.4 Teëls wat die mure van die binnekant bedek, is hoofsaaklik TA
blou.
• Baie koepels en halfkoepels bo die gebedsaal.
• Ses hoë minarette is ikoniese kenmerke wat die Istanbul
horison oorheers.
• Die twee aftree-kamers met balkon vir die sultan om te rus by
die L-vormige verhoogde platform binne in die gebedsaal waar
die sultan kon bid, is 'n innovasie wat vir die eerste keer in by
hierdie moskee in Ottomaanse argitektuur voorkom.
• Die moskee het ook 260 vensters wat natuurlike lig inlaat.
• Daar is kalligrafiese inskripsies en muurskilderye met
blommotiewe op die mure (2)
4.1.5 Toename in akkommodasiebesprekings – hotelle, koshuise en TA
ander verblyfgeriewe voorsien in die behoeftes van miljoene
pelgrims.
• Toename in verkope in die voedsel- en drankbedryf –
restaurante, kafees en kosstalletjies bedien ’n wye
verskeidenheid disse.
• Toename in die gebruik van openbare vervoer – lugrederye,
busse en taxi’s vervoer pelgrims na en van Mekka.
• Toename in die verkoop van aandenkings en inkopies –
pelgrims koop aandenkings, geskenke en Islamitiese literatuur.
• Die vermenigvuldigingseffek word aan die gang gesit. (2)
8
10870/25
• Die toerismebedryf in ander stede en gebiede in die streek baat
ook tydens die Hajj en voor- of na-Hajj toere.
• Meer werksgeleenthede gedurende die Hajj
LET WEL: Aanvaar enige verduideliking met betrekking tot die
positiewe impak van ikoon B op Saoedi-Arabië se
ekonomie.
4.1.6 Al drie ikone is godsdienstige simbole. TA
• Het betekenis vir spesifieke godsdienste.
• Die gelowiges besoek hierdie heilige en gewyde plekke.
• Daar is ʼn ooreenkoms tussen tradisies, waardes en
geloofsidentiteit van die plaaslike kulture. (2)
4.2 4.2.1 Land: Indië TA
Kontinent: Asië
LET WEL: aanvaar sonder etikettering en aanvaar enige volgorde (2)
4.2.2 Kultureel belangrik vir die Indiese volk TA
Die Taj Mahal is ’n simbool van ewige liefde en verteenwoordig die
diep band tussen Shah Jahan en sy vrou, Mumtaz Mahal.
• Dit is ’n ikoniese voorbeeld van Mughal-argitektuur en
kombineer Indiese, Persiese en Islamitiese style.
• Die Taj Mahal het ’n onmiddellik herkenbare simbool van Indië
geword en verteenwoordig die land se ryk kulturele diversiteit
en artistieke erfenis.
• Dit verteenwoordig die goue era van Mughal-heerskappy in
Indië
Argitektoniese (ontwerp) kenmerke
Die Taj Mahal is ’n mausoleum – ’n gebou wat as monument
opgerig is en die grafkamer van ’n oorlede persoon omsluit.
• Die Taj Mahal is gebou vir die vrou van keiser Shah Jahan, wat
tydens die geboorte van een van hul kinders gesterf het.
• Dit is ’n manjifieke struktuur wat tussen 1631 en 1648 opgerig
is.
• Dit is gemaak van wit marmer, met halfedelstene en
blomontwerpe
• Dit het vier klein minarette wat die struktuur omring, en dit word
deur ’n groot koepel bedek.
• Die gebou bevat ’n graf, moskee en ’n maanskyn-tuin. (4)
4.3 4.3.1 (a) Nepal TA
• China
• Tibet (1)
(b) Asië TA (1)
4.3.2 Berg Everest is die hoogste punt op die aarde se oppervlak TA
• Dit is 'n ikoon in die wêreld van bergklim.
• Relatief min mense het daarin geslaag om die kruin te bereik en
dit is 'n noemenswaardige prestasie, waar baie mense gesterf
het terwyl hulle probeer het. (2)
9
10870/25
• Berg is 60 miljoen jaar oud.
4.3.3 Beperk enkelgebruikplastiek. TA
• Kies vir herbruikbare waterbottels en hervulbare houers.
• Gooi afval weg by aangewese insamelpunte.
• Neem korter storte.
• Gebruik bio-afbreekbare seep en eko-vriendelike produkte.
• Ondersteun omgewingsvriendelike lodges wat reënwater
opvang en waterdoeltreffende toilette gebruik.
• Maak gebruik van sonpanele.
• Bly op aangewese roetes.
• Neem deel aan opruim-staptogte en inisiatiewe om die streek
se skoonheid en volhoubaarheid te help behou.
• Deposito's vir die verwydering van die skuiling met terugkeer.
• Gebruik hommeltuie om vullis van die berg af te versamel,
verwyder en vanaf die berg af te bring.
• Voer bewusmakingsveldtogte uit.
• Gebruik herwinningsdromme. (2)
[25]
VRAAG 5
5.1 5.1.1 A- Vredefort Koepel CH
B – Robbeneiland
C - Isimangaliso-vleilandpark
• iSimangaliso vleilandpark-Maputo Nasionale Park (3)
5.1.2 Natuurlik CH (1)
5.1.3 Vredefort-koepel CH
Dit is die grootste meteorietkrater op aarde
• Dit is ’n merkwaardig goedbewaarde astrobleem wat
waardevolle insigte bied in die aarde se geologiese
geskiedenis.
• Episentrum van 'n meteoorimpakplek (2)
5.1.4 Kaapse blommereik beskermende gebied. CH
• Die Ontstaan van Moderne Menslike Gedrag: Die Pleistoseen-
besettingsterreine van Suid-Afrika. (1)
5.2 5.2.1 2024 CH (1)
5.2.2 Wes-Kaap CH
• WK
KwaZulu-Natal
• KZN (2)
5.2.3 (a) Diepkloof-rotskuiling CH (1)
(b) Hulle toon die ontstaan van moderne menslike gedrag CH
• Hulle bied insigte in vroeë menslike bewoning en
gereedskapgebruik.
• Hulle wys die streek se ryk kulturele erfenis. (2)
10
10870/25
• Al drie terreine is onderontwikkel as deel van 'n
Wêrelderfenisterrein, wat eers in 2024 verklaar is.
• Al drie is grotte.
[13]
VRAAG 6
6.1 Toename in internasionale bewustheid van Suid-Afrika as 'n M
reisbestemming
• Toename in jaarlikse volume van buitelandse aankomste na Suid-Afrika
• Meer buitelandse valuta word in die land bestee.
• Meer werksgeleenthede/Werkskepping
• Dra by tot die BBP
• Die Rand sal sterker word teenoor ander geldeenhede.
LET WEL: Aanvaar enige EEN verduideliking waarom dit belangrik is om
Suid-Afrika internasionaal te bemark. (2)
6.2 Bring reisbedryfprofessionals, toeroperateurs, reisagente en verskaffers M
bymekaar om besigheid-tot-besigheid interaksies te fasiliteer.
• Verskaf 'n platform vir netwerkbou, vennootskappe en samewerking
tussen belanghebbendes in die bedryf.
• Beklemtoon verskeie bestemmings, toerismeprodukte en dienste om
potensiële kopers en vennote te lok.
• Begin nuwe toerismeprodukte, -dienste en -bemarkingsveldtogte om
belangstelling te wek en verkope te bevorder.
• Bevorder verhoudings tussen kopers, verkopers en bedryfsvennote om
besighede te laat groei en te laat uitbrei.
• Fasiliteer sakegeleenthede vir toerisme-ondernemings. (2)
6.3 TOMSA ontvang die 1% toerismeheffing wat deur deelnemende M
toerismebesighede ingesamel word.
• TOMSA betaal 'n vaste persentasie van die heffings wat ingevorder
word aan SAToerisme vir bemarkingsdoeleindes.
• TOMSA plaas 'n persentasie van die heffings opsy as 'n
samewerkingsfonds vir inisiatiewe wat deur heffingbydraers gedryf
word. (2)
6.4 “In 2020 was Suid-Afrika 'n bestemming met bykans 3,8 miljoen M
internasionale toeriste.”
• In 2020 was Suid-Afrika die mees besoekte bestemming in Afrika.
• “Suid-Afrika is een van die gewildste lande vir toeriste op die Afrika-
kontinent.”
• “Miljoene toeriste besoek Suid-Afrika jaarliks om sy strande, landskappe
en wildlewe te sien.”
• “Soos verwag, het die meerderheid toeriste wat in Suid-Afrika aankom
die land as 'n vakansiebestemming beskou.”
• “Om ʼn land soos Suid-Afrika te bemark” (2)
6.5 Albei platforms het ten doel om toerisme te bevorder M
Albei platforms bevat verskeie reisbestemmings en beklemtoon hul unieke
besienswaardighede, kulture en ervarings.
• Albei platforms bied reisverwante inhoud aan produkte en dienste. (4)
11
10870/25
• Albei platforms gebruik visuele vertelling om bestemmings ten toon te
stel met hoëgehalte beelde, video's en virtuele toere.
• Albei platforms spreek reisentoesiaste aan, hetsy hulle
bedryfsprofessionals, reisagente of individuele reisigers is.
• Albei bevorder Afrika-produkte en -dienste.
• Albei is in besit van en word georganiseer deur SATourism.
• Albei is oop vir die publiek.
• Albei het besigheid-tot-besigheid-netwerkgeleenthede.
• Albei word in Suid-Afrika gehou.
[12]
TOTAAL AFDELING C: 50
12
10870/25
AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME
VRAAG 7
7.1 Die hotel kan laevloei-stortkoppe installeer wat minder water deurlaat. SR
Die hotel mag die opgehoopte reënwater gebruik om toilette te spoel in plaas
van normale watervoorraad.
Die hotel voorsien gaste van water vanaf sy eie waterfiltrasiesentrum op die
perseel, wat op gebottelde waterverbruik bespaar.
• Die hotel kan gaste versoek om nie hul linne daagliks te laat was nie, maar
slegs elke 2de dag.
• Die hotel kan laevloei-dubbelspoeltoilette installeer wat minder water
gebruik.
• Die hotel kan Energy Star-gesertifiseerde toestelle gebruik.
• Die hotel kan waterlekke in stand hou om die waterrekening te verminder.
LET WEL: Aanvaar voorbeelde relevant tot die vermindering van
watergebruik. (6)
7.2 Herwin (Recycle) SR
Verminder (Reduce)
Hergebruik (Reuse) (3)
7.3 Ekonomiese SR
Handwerk en kunswerke wat deur die plaaslike gemeenskap vervaardig is, is
gekoop eerder as uitkontrakteer.
• Werkskepping vir die plaaslike gemeenskap.
• Bespaar op die aankoop en vervoer van gebottelde water deur 'n
waterfiltreringsfasiliteit op die perseel te hê.
• Bespaar op die aankoop en vervoer van kompos.
Omgewing
Die oord werk op 100% sonkrag.
• Die oord vang reënwater op.
• Die oord het sy eie waterfiltrasie-sisteem op die perseel om die gebruik
van enkelgebruik-plastiekbottels uit te skakel.
• Die oord beoefen herwinnings- en hergebruiksprosesse.
• Die oord het 'n wurmgebaseerde septiese stelsel.
• Die oord kweek sy eie kruie en groente.
Sosiaal
Die plaaslike gemeenskap word by die oord en hotel in diens geneem.
• Die hotel ondersteun die Rise Beyond the Reef-liefdadigheids-organisasie.
• Ondersteun vroue en kinders.
• Bevordering van die kultuur in die gemeenskap. (6)
[15]
13
10870/25
VRAAG 8
8.1. Groen toerisme SR
• Etiese avonture
• Etiese toerisme
• Omgewingsvriendelike toerisme
• Etiese wildlewe-ervarings
• Verantwoordelike reis / Eko-vriendelike vervoer (1)
8.2 Verantwoordelike toerisme gaan daaroor om die bestemming te geniet met SR
minimale impak op die omgewing en oor die ondersteuning van
die plaaslike gemeenskappe en die bevordering van kulturele respek.
• Verantwoordelike toerisme bevorder volhoubare reispraktyke wat die
natuurlike omgewing beskerm en ondersteun die plaaslike
gemeenskappe.
• Moenie plante afbreek of saamneem nie.
• Moenie rommelstrooi nie
LET WEL: Aanvaar voorbeelde relevant tot verantwoordelike toerisme. (2)
8.3 SR
Rwanda
Gedragskode vir Toeriste: Wildbewaring
Moenie kunsvlyt of produkte koop wat van bedreigde spesies gemaak is
nie.
Moenie die diere voer of uitlok nie.
• Bly op aangewese paaie.
• Beweeg stil om nie die gorillas in hul natuurlike habitat te versteur nie
• Volg die leiding van die parkwagter wanneer jy die silwerrug-manlike
gorilla teëkom
OF
Noorweë of Switserland
• Moenie enige natuurlike item uit die omgewing verwyder nie.
• Verminder jou koolstofvrystelling
• Bly op aangewese paaie.
• Bespreek klein toere om die negatiewe impak van massatoerisme te
vermy.
• Gebruik omgewingsvriendelike vervoer.
• Herwin wanneer moontlik.
• Kies omgewingsvriendelike akkommodasie. (4)
8.4 Kabelkarre SR
Fietsry
• Elektriese treine
• Elektriese busse
• Klimaatneutrale bote
• Elektriese trems
• Kabelspoorweg
• Dier-aangedrewe vervoer
• Mens-aangedrewe vervoer (2)
14
10870/25
8.5 Toeriste kan plaaslike gemeenskappe ondersteun deur plaaslike verblyf te SR
kies.
Toeriste moet plaaslike kulture respekteer deur oor hul gebruike en tradisies
te leer.
Verminder plastiekafval deur waterbottels, inkopiesakke en houers te
hergebruik. Vermy 'n enkele gebruik.
• Toeriste moet energie- en waterverbruik verminder deur hulpbronne te
bespaar deur ligte, lugversorging en verwarming af te skakel wanneer
dit nie gebruik word nie.
• Gebruik volhoubare vervoermiddele.
• Neem deel aan verantwoordelike aandenkingsinkopies.
• Neem deel aan vrywilligerswerk en gemeenskapsprojekte.
• Kry toestemming van die plaaslike gemeenskap (foto's/inskrywing)
• Volg 'n verantwoordelike gedragskode. (6)
[15]
TOTAAL AFDELING D: 30
15
10870/25
AFDELING E: BINNELANDSE, STREEKSE EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 9
9.1 9.1.1 30ste Konferensie van Partye DRI
• Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingskonferensie
• Klimaatberaad
• Internasionale klimaatvergadering (2)
9.1.2 'n Beraad is 'n vergadering van wêreldleiers om kwessies van DRI
internasionale belang te bespreek en vriendskaplike oplossings te
bereik.
• 'n Konferensie waar die presidente van lande en hul gevolg van
verteenwoordigers bymekaarkom en vergader om items op 'n
agenda van wêreldbelang te bespreek. (2)
9.1.3 Daar sal infrastruktuurontwikkeling wees wat die verbetering van DRI
paaie, telekommunikasie en elektrisiteitsvoorsiening kan insluit.
Daar sou 'n toename in buitelandse valuta-inkomste wees,
aangesien die wêreldleiers buitelandse valuta sou moes ruil om
goedere en dienste tydens die beraad te koop.
• Sommige maatskappye kan oorweeg om in die gasheerland te
belê.
• Die vermenigvuldigingseffek sal gestimuleer word aangesien baie
besighede by die wêreldberaad sal baat.
• Opgegradeerde lokale wat 'n nalatenskap agterlaat na die
gebeurtenis.
• Tydelike en permanente werksgeleenthede in die gasheerland,
veral in die gasheerstad Belém.
• Vaardigheidsontwikkeling vir die plaaslike burgers wat betrokke is
by COP30.
• Verhoogde toerisme na die gasheerland tydens en na die
konferensie deur familie-aansluiting, verlengde verblyf en
terugbesoeke.
• Globale sigbaarheid of blootstelling as gevolg van mediadekking
van die vergaderings in die gasheerland. (4)
9.1.4 Die aanstelling van hoëvlak-sekuriteit sou baie duur wees vir die DRI
beplanningskomitee.
Paaie sal toegemaak word, met verkeersopeenhoping, oorbevolking
en 'n hoër ongeluksyfer.
• Daar kan terreuraanvalle wees.
• Dit kan lank neem vir die land om die skuld wat deur die uitgawes
aangegaan is, af te betaal.
• Hoë koste vir die huur van lokale, sekuriteit, spyseniering en
verblyf vir afgevaardigdes.
• Ontwrigting van plaaslike besighede, veral dié in die gasvryheids-
en toerismebedryf, as gevolg van die groot toestroming van
besoekers.
• Die verhoogde vraag na goedere en dienste kan daartoe lei dat
inflasie die lewe vir plaaslike inwoners duurder maak.
• Verplasing van plaaslike inwoners om plek te maak vir
infrastruktuurontwikkeling. (4)
16
10870/25
• Toename in misdaad rondom plekke waar afgevaardigdes
bymekaarkom om die konferensie te bereik en by te woon.
• Protesoptogte en demonstrasies deur plaaslike burgers as
gevolg van verhoogde mediadekking wat hulle vir hul saak wil
gebruik.
• Verhoogde koolstofvoetspoor as gevolg van verhoogde
vervoervrystellings vir gevolge, sekuriteitspanne,
spysenieringsverskaffers, ens. en as gevolg van ander bydraes.
• Afvalbestuur neem toe in volume en koste.
• Skade aan plaaslike ekosisteme as gevolg van plaaslike
toeskouers, mediapersoneel, sekuriteitspanne,
konferensieverskaffers, ens. wat vir die beraad bymekaarkom.
• Menseregte-kommernisse veroorsaak deur verhoogde
sekuriteitsmaatreëls.
• Werkverlies na die beraad beïnvloed die plaaslike Brasiliaanse
ekonomieë.
9.2 Comrades-marathon DRI
Wimbledon
Olimpiese Spele
• Sokker Wêreldbeker
• Krieket Wêreldbeker
• G7-beraad
LET WEL: Enige DRIE wêreldwye gebeurtenisse wat gereeld
georganiseer, beplan en gehou word. (3)
9.3 9.3.1 (a) Verenigde Koninkryk DRI
België (gebaseer op 2024% van Maart 2023)
Duitsland (gebaseer op 2024% van Maart 2019) (1)
(b) Italië DRI
Australië (gebaseer op 2024% van Maart 2023)
Indië (gebaseer op 2024% van Maart 2019) (1)
9.3.2 Lugmarkte DRI
• Bronmarkte
• Internasionale/Oorsese markte
• Europese markte
• Top 10 markte (2)
9.3.3 Australië DRI
Indië (4)
9.3.4 Bemarkingsinisiatiewe is nie genoeg gefokus op hierdie markte DRI
nie
• Minder suksesvolle bemarkingsveldtogte
• Negatiewe word of mouth-reklame
• Slegte media-publisiteit
• Onvoldoende lugtoegang
• Probleme met die verkryging van reisdokumente
• Post-COVID herstelstrategie om steeds ten volle suksesvol te
wees vir hierdie markte. (2)
17
10870/25
[25]
VRAAG 10
10.1 Kliënteterugvoer help 'n besigheid om sy sterk- en swakpunte te evalueer KK
• Kliënteterugvoer help om 'n besigheid se produkte te verbeter om aan die
verwagtinge en behoeftes van die kliënt te voldoen.
• Terugvoer kan kliëntelojaliteit handhaaf.
• Terugvoer help om 'n mededingende voordeel te behou. (2)
10.2 Bied personeelopleidingswerkswinkels aan KK
Neem meer geskoolde werknemers in diens
Reageer betyds op klagtes.
• Bied lojaliteits- of beloningspunte aan.
• Spreek areas van kommer aan.
• Bestuur sosiale media reputasie (3)
[5]
TOTAAL AFDELING E: 30
TOTAAL: 200
18
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25/v1-7b0d42c2fc6c6ee992ef/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)
%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--01bd51a8-01a5-4ae3-97ff-9eeceb07ed58/v1-c70701c7ab9d09c7d2d9/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2018 Memo (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1e6f5b4f-9123-4c68-9a5f-2d6a15462663/v1-6a20ca7ed4db537dc566/card.webp)
Memorandum
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb/v1-41b18fb6e35956a327cc/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef/v1-ff348dde093dc3c903f8/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1/v1-c874d88be5cdac5f7ec0/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper