Skip to content

Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)

Question paperTourismGrade 12202524 pages

Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2025 10870 TOERISME TYD: 3 uur PUNTE: 200 24 bladsye b.o.
TOERISME 10870/25 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer jou vrae volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoord. 6. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Die tabel hieronder is ʼn riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD A Kortvrae 40 20 Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse B 50 50 Valuta-verhandeling Toeriste attraksies; Kultuur- en Erfenistoerisme; C 50 50 Bemarking Toerismesektore; Volhoubare en D 30 30 Verantwoordelike Toerisme Binnelandse, Streeks-en Internasionale E 30 30 Toerisme; Kommunikasie en Kliëntediens TOTAAL 200 180 b.o.
TOERISME 10870/25 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Vier moontlike opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in jou ANTWOORDBOEK, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 Die rede waarom lande DBT toepas: A Om plaaslike mense laat van die werk af huis toe te kom B Om meer elektrisiteit te gebruik C Om die toerisme industrie te bevorder D Om die drie-dubbele slotreël te stop 1.1.2 Die tyd vir middernag: A 12 nm. B 00:00 C 23:59 D 01h10 1.1.3 Die reisverwante toestand wat 'n reisiger ervaar wanneer vier tydsones oorgesteek word: A Vlugvoosheid B Vlugstroom C Vluguitputting D Vlugfobie 1.1.4 … is 'n bakteriese siekte wat hoofsaaklik deur besmette voedsel en water oorgedra word in gebiede waar daar swak sanitasie en higiëne is. A Hepatitis B Malaria C Bilharzia D Cholera 1.1.5 Een manier om die simptome van vlugvoosheid gedurende 'n vlug te verminder: A Drink baie water. B Vermy dit om in die son te sit. C Drink alkohol om die tyd te laat verby gaan. D Drink medikasie om deur die vlug te slaap. b.o.
TOERISME 10870/25 4 1.1.6 Die gedrag van inkomende toeriste wat die waarskynlikheid verhoog om aan TB blootgestel te word: A Kyk na 'n regstreekse buitelugprogram B Die gebruik van oorvol openbare vervoer en verblyf C Koop wegneemkos by 'n bekende kettingrestaurant D Swem in 'n swembad met vuil water 1.1.7 Die valutasimbool wat vir die Euro gebruik word: A ¥ B $ C € D £ 1.1.8 Die nasionale park wat deel is van die Kaapse blommeryk Beskermde Gebiede: A Kruger Nasionale Park B Kalahari Gemsbok Nasionale Park C Richtersveld Nasionale Park D Tafelberg Nasionale Park 1.1.9 Die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied word beskryf as 'n: A Vulkaniese krater B Meteoriet-impakkrater C Geologiese plooi D Bergreeks 1.1.10 Die Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika wat bekend is vir sy besonderse voorbeelde van Khoikhoi-rotskuns: A Maloti-Drakensberg Park B Mapungubwe Kulturele Landskap C Robben-eiland D Fossiel Hominiedterreine van Suid Afrika 1.1.11 Robben-eiland is voorheen gebruik as 'n: A Luukse oord vir bekende akteurs B Natuurreservaat vir die uitgestorwe kwagga C Tronk vir anti-apartheidsaktiviste D Militêre basis vir die opleiding van troepe b.o.
TOERISME 10870/25 5 1.1.12 Deursigtigheid, betroubaarheid en volhoubaarheid is deel van die 6 beginsels van hierdie sertifiseringsorganisasie. A ITB B WTM C FTT D WGO 1.1.13 Lande wat aan Suid-Afrika se landmarkte behoort: A VSA, Kanada, Meksiko B Nigerië, Egipte, Griekeland C Zimbabwe, Lesotho, Mosambiek D Switzerland, België, Groot Brittanje 1.1.14 Die praktyk om spyskaarte, brosjures en ander toeriste-inligting aan beide kante van die papier te druk, ondersteun die …-pilaar. A sosiale B kulturele C historiese D omgewings 1.1.15 … word bereik wanneer natuurlike en kulturele hulpbronne goed bestuur word om vir toekomstige geslagte te hou. A Toerbeplanning B Volhoubaarheid C Stropery D Inenting 1.1.16 Ekotoerisme is die beste voorbeeld van: Ekotoerisme Aktiwiteite Wildkyk Staptogte en Stafsafari Canopy Tours Kulturele ervarings Voëlkyk Boomplant EKOTOERISME A Gesondheidstoerisme B Verantwoordelike toerisme C Massatoerisme D Donkertoerisme b.o.
TOERISME 10870/25 6 1.1.17 Ingesluit in 'n toerplan vir Suid-Afrikaanse universiteitstudente wat die meeste aan verblyf en kleinhandelinkopies spandeer wanneer hulle met vakansie is: A Restaurante, kitskosbesighede en roomysstalletjies B Winkelsentrums, ontwerperswinkels en markstalletjies C Spa’s, masseersalonne en haarsalonne D Kruidenierswinkels, hardewarewinkels en tydskrifwinkels 1.1.18 Gevegte in die DRK is deels gedryf deur die begeerte na beheer in die mynboubedryf. Dit het 'n … Verstaan die DRK konflik A negatiewe impak op die bestemmingsbeeld van Afrika. B positiewe impak op landsburgers wat intern verplaas word. C negatiewe impak op die waarde van die Amerikaanse dollar. D positiewe impak op waterskaarste in die woestyn. 1.1.19 Die Cholera-uitbraak in Angola (2025), soos hieronder uitgebeeld, is 'n voorbeeld van: Cholera uitbraak verantwoordelik vir meer as 100 mense se dood in Angola. A 'n Wêreldwye resessie B 'n Epidemie C 'n Ongeluk D 'n Ekonomiese skommeling b.o.
TOERISME 10870/25 7 1.1.20 Die derde stap in die ontleding van kliënteterugvoer: A Intervensieproses B Bestudering en vaslegging van data C Kategoriseer die klagtes D Besluit op 'n aksieplan (20 x 1) (20) 1.2 Gee EEN term/akroniem/afkorting vir ELK van die beskrywings deur ʼn term/ akroniem/afkorting uit die lyshieronder te kies. Skryf slegs die term/akroniem/ afkorting langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.6 ewenaar. WTM, TBRSA (TBCSA), ITB, TGRSA (TGCSA), Meetings Africa, TOMSA, Handelsmerk Suid-Afrika 1.2.1 Die bedryfsvereniging en administrateur van die heffings wat van diensverskaffers ingevorder word 1.2.2 'n Reishandelskou wat elke jaar in Maart in Berlyn, Duitsland plaasvind 1.2.3 'n Inisiatief van die privaatsektor wat geskep is om bykomende fondse met 'n 1%-heffing in te samel vir die bemarking van Suid-Afrika 1.2.4 Die organisasie wat die slagspreuk “Inspiring New Ways” in 2012 bekendgestel het 1.2.5 Die raad wat die standaard van fasiliteite en dienste vir toeriste handhaaf (5 x 1) (5) 1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.3.6 Cholera. 1.3.1 Die (vermenigvuldigingseffek/bruto binnelandse produk) is die bepaling van al die goedere en dienste wat deur 'n land geskep word, gewoonlik in 'n tydperk van een kalenderjaar. 1.3.2 ’n Suid-Afrikaanse burger sal meer koopkrag hê wanneer ’n land met ’n (swakker/sterker) geldeenheid as die rand besoek word. 1.3.3 'n (Geskeduleerde/Algemene) toerplan het 'n rooster met vasgestelde vertrek- en aankomstye. 1.3.4 Reksprong is 'n aktiwiteit wat op (avontuur/ontspannings) -toeriste gemik is. 1.3.5 Terwyl hulle sonnige bestemmings besoek word, word toeriste altyd aangeraai om (hulle SPF-sonblok te dra/soveel tyd as moontlik buite deur te bring). (5 x 1) (5) b.o.
TOERISME 10870/25 8 1 1.4 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat die beste by die prent van 'n betalingsmetode in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in jou ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 A Die vorm van betaling wat nie vervang kan word wanneer dit verloor of gesteel word nie B Betaal die balans oor 'n spesifieke tydperk af in plaas daarvan om alles op een slag te betaal nadat jy tydens reise spandeer het C Hierdie vorm van betaling behels 1.4.2 valutabeheerregulasies en word tussen banke in verskillende lande gebruik D Kan nie tussen rekeninge van verskillende lande of regoor nie grense gemaak word nie 1.4.3 E Laat 'n mens toe om in buitelandse valuta te betaal en om die wisselkoerse vooraf te ken F Tjeks wat aan 'n spesifieke persoon of maatskappy in 'n buitelandse valuta uitgemaak word 1.4.4 G Betalings word vanaf jou aanlyn bankprofiel vanaf jou eie bankrekening gedoen 1.4.5 (5 x 1) (5) b.o.
TOERISME 10870/25 9 1.5 Bestudeer die prente in die blokkiesraaisel hieronder en die leidrade AF en DWARS wat volg. Voltooi die blokkiesraaisel met die naam van die ikoon vir VRAAG (1.5.1 tot 1.5.2) AF en die land waar die ikoon gevind word vir VRAAG (1.5.3 tot 1.5.5) DWARS. Skryf slegs die naam of land langs die vraagnommers neer, bv.1.5.6 Frankryk. 1.5.1 1.5.2 1.5.3 1.5.4 1.5.5 AF - Naam van die ikoon wat in die volgende land afgebeeld word: 1.5.1 Griekeland 1.5.2 Nederland DWARS - Land van die volgende ikoon: 1.5.3 Die Switserse Alpe 1.5.4 Chichen Itza 1.5.5 Petra (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 b.o.
TOERISME 10870/25 10 AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA VRAAG 2 2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder en die inligting op die volgende bladsy en beantwoord die vrae wat volg. Zurich, Switserland b.o.
TOERISME 10870/25 11 KOMITEE BESOEK SUID-AFRIKA OM TE BEPAAL OF DIE OLIMPIESE SPELE HIER AANGEBIED KAN WORD Suid-Afrika stel belang om die Olimpiese en Paralimpiese Spele in die toekoms aan te bied. Gesprekke is met die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) begin. Dr Thomas Bach, die uittredende president van die IOK, het Suid-Afrika in Oktober 2024 besoek vanaf Zürich, Switserland, om die land se vermoë om hierdie Olimpiese Spele aan te bied, te evalueer. Zurich, Switserland (+1) het DBT toegepas vanaf 30 Maart 2024 – 26 Oktober 2024. Suid-Afrika beveel aan dat internasionale besoekers inentings kry vir beskerming teen siektes soos hepatitis B. [Aangepas uit www.maroelamedia.co.za] 2.1.1 Dr Bach het op 29 September 2024 om 10:00 vanaf sy kantoor in Zürich, Switserland, 'n telefoonoproep na Suid-Afrika gemaak om sy reisplanne te finaliseer. Bereken die tyd in Suid-Afrika toe hierdie telefoonoproep ontvang is. LET WEL: Switzerland het DBT op hierdie datum toegepas. (4) 2.1.2 Verduidelik die begrip aanbevole inenting. (2) 2.1.3 Gee EEN manier waarop aanbevole inentings toeriste by 'n bestemming help. (2) 2.1.4 Switserse burgers wat na Suid-Afrika reis, benodig nie 'n visum nie. Noem EEN reisdokument wat dr Bach vir sy besoek aan Suid-Afrika nodig gehad het. (2) 2.1.5 Dr Bach het met 'n 100 ml bottel parfuum, 'n skootrekenaar en sy tennisraket as deel van sy bagasie gereis. (a) Noem die korrekte kanaal waardeur Dr Bach moes gaan toe hy by OR Tambo Internasionale lughawe aangekom het. (1) (b) Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.5 (a). (2) (c) Identifiseer EEN item wat die belastingvrye toelae oorskry het, wat Dr Bach as deel van sy bagasie gehad het. (1) (d) Verduidelik die begrip belastingvrye toelae (2) 2.1.6 Beskryf TWEE veiligheidsmaatreels wat Dr Bach moet volg wanneer hy by die lughawe in Suid-Afrika aankom. (4) b.o.
TOERISME 10870/25 12 2.1.7 Dr Bach het op 1 November 2024 om 21:00 uit Suid-Afrika vertrek. Die vlugtyd van Suid-Afrika terug na Switserland was 10 ure. Bereken die aankomstyd en datum van aankoms in Zürich, Switserland toe sy vlug geland het. (5) 2.2 Lees die onderstaande reisplan en beantwoord die vrae wat volg. 3-DAG TOER VAN SUID-AFRIKA 'n Groep sportaanhangers het besluit om Suid-Afrika vir 'n 3-dag toer te besoek om 'n rugbywedstryd te kyk, die land se bekende landmerke te verken, en die plaaslike kultuur te ervaar. Dag 1: Aankoms in Johannesburg Land op OR Tambo Internasionale Lughawe en rit na die hotel (R1 200 pppn). In die middag, neem ’n begeleide toer deur Soweto en besoek aan die Nelson Mandelahuis en die Apartheidmuseum (R600). Geniet ’n verwelkomingsete by ’n plaaslike restaurant (R250). Dag 2: Rugbywedstryd/Kaapstad & oordrag na Kaapstad Verken Johannesburg die oggend voor hulle na Ellispark-stadion vertrek om ’n regstreekse rugbywedstryd by te woon (R500). Vlieg in die aand na Kaapstad (R1 800) en boek in by die hotel (R1 500 pppn). Dag 3: Hoogtepunte van Kaapstad Besoek Tafelberg in die oggend en geniet die kabelkarrit vir panoramiese uitsigte (R395). Geniet daarna middagete, en neem ’n begeleide toer na Kaappunt en die Kaap van Goeie Hoop (R900). Keer laatmiddag terug na Kaapstad en vlieg terug na hulle eie land. 2.2.1 Noem DRIE aspekte wat ingesluit moet word wanneer ’n reisplan saamgestel word. (3) 2.2.2 Verduidelik wat 'n toerbegroting is. (2) 2.2.3 Bereken die totale koste vir dag 2 en 3 van die toer waarvoor ’n sportaanhanger moet begroot om Suid-Afrika te besoek. Teken die tabel hieronder vir dag 2 en 3 in die ANTWOORDBOEK en gebruik die tabel om die vraag te beantwoord. Wys ALLE berekeninge. Voorbeeld: Dag 1 Dag 2 Dag 3 Berekeninge R1 200 + R600 + R250 Totaal R2 050 Totale Toerbedrag (6) b.o.
TOERISME 10870/25 13 VRAAG 3 3.1 Bestudeer die inligting en die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.  Wys ALLE berekeninge.  Rond jou antwoorde af tot TWEE desimale plekke. COMRADES-MARATHON Sarah Roberts, ’n Amerikaanse burger, het aan die 2025 Comrades-marathon deel- geneem wat op 8 Junie 2025 plaasgevind het. Sy het vir twee jaar geld gespaar. Sy het $4 000 vir haar verblyf in Suid-Afrika gespaar. Sy het haar geldeenheid by OR Tambo Internasionale Lughawe verruil. Geldeenheidskode (en geldeenheidsimbool) BAK BVK VSD ($) 18,1765 18,5415 3.1.1 Skryf die geldeenheidskode VSD volledig uit. (2) 3.1.2 Bereken die bedrag in rand wat Sarah ontvang het toe sy haar geldeenheid verruil het. (3) 3.1.3 Na die marathon, het Sarah R22 000 oorgehad toe sy op die punt was om Suid-Afrika te verlaat. Bereken die bedrag in dollar wat Sarah ontvang het toe sy haar rande verruil het by OR Tambo Internasionale Lughawe. (3) 3.2 Evalueer, in ’n paragraaf, DRIE gevolge wat ’n swak rand inhou vir inkomende toeriste wat Suid-Afrika besoek. (6) [14] TOTAAL AFDELING B: 50 b.o.
TOERISME 10870/25 14 AFDELING C: TOERISTE-AANTREKLIKHEDE; KULTUUR- EN ERFENISTOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE GEESTELIKE IKONE [Bron: www.dynamic-media.tacdn.com] 4.1.1 Benoem ikone A, B en C. Skryf slegs die naam van die ikoon langs die letter (A – C) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. D Klaagmuur. (3) 4.1.2 Gee die kulturele betekenis van ikoon A. (2) 4.1.3 Beskryf die hoofaktiwiteit wat godsdienstige toeriste by ikoon B kan ervaar. (2) b.o.
TOERISME 10870/25 15 4.1.4 Beskryf die argitektoniese (ontwerp-) kenmerke wat van ikoon C ’n uitstaande toeriste-aantreklikheid maak. (2) 4.1.5 Verduidelik EEN positiewe impak van ikoon B op Saoedi-Arabië se ekonomie. (2) 4.1.6 Gee EEN gemeenskaplike eienskap wat ikone A, B en C as toeriste- aantreklikhede deel. (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. DIE TAJ MAHAL [Bron: www.tajmahaltourguide.com] 4.2.1 Benoem die land en die kontinent waar die Taj Mahal geleë is. (2) 4.2.2 In 'n paragraaf, beskryf hoekom die Taj Mahal 'n ikoon is deur die volgende in te sluit:  EEN manier waarop dit kultureel betekenisvol is vir die plaaslike volk  EEN argitektoniese (ontwerp-) kenmerk (4) b.o.
TOERISME 10870/25 16 4.3 Bestudeer die prent en die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BASISKAMP-SKOONMAAK Ten spyte van al die probleme op die berg, staan Mount Everest steeds alleen. Daar sal altyd mense wees wat die wêreld se hoogste punt wil klim, want om op Mount Everest te wees gaan oor meer as net skares en hope gemors. Die berg is so hoog en uniek dat dit elke bergklimmer op ’n stadium uitdaag om sy of haar beste self te wees. [Aangepas uit www.education.nationalgeographic.org] 4.3.1 Gee die naam van die volgende waar Mount Everest geleë is: (a) Land (1) (b) Kontinent (1) 4.3.2 Gee EEN rede waarom Mount Everest as ’n ikoon beskou kan word. (2) 4.3.3 Bespreek EEN maatstaf wat toegepas kan word om volhoubare toerismepraktyke by die Mount Everest-basiskamp te bevorder. (2) [25] b.o.
TOERISME 10870/25 17 VRAAG 5 5.1 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg. DRIE VAN SUID-AFRIKA SE WÊRELDERFENISTERREINE Witwatersrand bergrug Episentrum van meteoorimpak [Bron: www.whc.unesco.org] 5.1.1 Gee die volle name van die Wêrelderfenisterreine gemerk A, B en C. (3) 5.1.2 Noem die tipe Wêrelderfenisterrein by prent C. (1) 5.1.3 Verduidelik EEN rede waarom terrein A as 'n Wêrelderfenisterrein beskou word. (2) 5.1.4 Gee die naam van EEN ander Wêrelderfenisterrein wat gedeeltelik in dieselfde provinsie as terrein B gevind word. (1) b.o.
TOERISME 10870/25 18 5.2 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg. DIE ONTSTAAN VAN MODERNE MENSLIKE GEDRAG: DIE PLEISTOSEEN- BESETTINGSTERREINE VAN SUID-AFRIKA Hierdie terreine, wat verlede jaar verklaar is, bied die mees uiteenlopendste en bes bewaarde rekord van die ontwikkeling van moderne menslike gedrag wat tot dusver bekend is, en dateer so ver terug as 162 000 jaar. Voorbeelde van simboliese denke en gevorderde tegnologieë word gevind in bewyse van okerverwerking (verskeidenheid kleikleure), gemerkte patrone, dekoratiewe krale, versierde eierskale, gevorderde wapens en metodes vir werktuigskepping, asook mikroliete (klein gereedskap). [Aangepas uit www.whc.unesco.org] 5.2.1 Noem die jaar van inskrywing vir hierdie nuwe Wêrelderfenisterrein. (1) 5.2.2 Noem die TWEE provinsies waar hierdie Pleistoseen-Besettingsterreine van Suid-Afrika geleë is. (2) 5.2.3 Pinnacle Point en die Sibhudu-grotte is twee van die drie terreine van die Wêrelderfenisterrein in die bostaande prente. (a) Gee die volledige naam van die derde terrein. (1) (b) Beskryf EEN gedeelde kenmerk van al drie die terreine. (2) [13] b.o.
TOERISME 10870/25 19 VRAAG 6 Bestudeer die logo’s en die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BEMARKING VAN 'N LAND SOOS SUID-AFRIKA Suid-Afrika is een van die gewildste lande vir toeriste op die Afrika-kontinent. In 2020 was Suid-Afrika ’n bestemming met byna 3.8 miljoen internasionale toeriste, wat die land met die meeste besoeke in Afrika vir daardie jaar gemaak het. Miljoene toeriste besoek Suid-Afrika jaarliks om sy strande, landskappe en wild te sien. Vanaf 2024 het die land die tweede grootste aantal UNESCO Wêrelderfenisterreine op die Afrika- kontinent. Soos verwag, het die meerderheid toeriste wat Suid-Afrika besoek het, die land as ’n vakansiebestemming beskou. [Bron: www.statista.com] 6.1 Bespreek EEN belangrike rede vir die bemarking van Suid-Afrika as 'n voorkeurbestemming. (2) 6.2 Beskryf die hoofdoel van internasionale reishandelskoue soos dié in die logo's. (2) 6.3 Noem EEN funksie van die organisasie TOMSA. (2) 6.4 Die kernbesigheid van SA Toerisme: Bemark Suid-Afrika internasionaal as 'n voorkeurbestemming. Uit die logo's en die inligting hierbo, haal 'n relevante sin of feit vir hierdie kernbesigheid aan. (2) 6.5 Bespreek TWEE ooreenkomste van Afrika se Travel Indaba en Meetings Africa. (4) [12] TOTAAL AFDELING C: 50 b.o.
TOERISME 10870/25 20 AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. 'N VOLHOUBARE LUUKSE OORDHOTEL IN FIJI Six Senses Fiji, geleë op die tropiese Malolo-eiland van Fiji, is 'n vyfster-oordhotel met volhoubare luukse en kulturele bewustheid as die kern (hooffokus). Die hotel werk op 100% sonkrag, toegerus met reënwateropvangtoestelle en sy eie waterfiltreerfasiliteite om die gebruik van enkelgebruikplastiekbottels te stop. Die hotel poog om so min as moontlik afval te produseer. Hulle moedig die beginsels van hergebruik aan terwyl hulle ook herwinning beoefen. Die oord maak kompos met 'n "wurm-gebaseerde septiese (toilet) stelsel" en kweek soveel as moontlik hul eie kruie en groente. Alle handewerk en kunswerke by die oordhotel word deur die plaaslike gemeenskap vervaardig. Die hotel ondersteun die Rise Beyond the Reef Charity wat daarop gemik is om "die gaping tussen afgeleë (ver weg van ander) gemeenskappe, die regering en die private sektor in die Suid-Stille Oseaan-streek te oorbrug, om 'n beter volhoubare wêreld vir vroue en kinders te skep." [Aangepas uit www.sixsense.com] 7.1 Water is besig om 'n skaars hulpbron te word. Verduidelik DRIE maniere hoe 'n hotel waterverbruik kan verminder. (6) 7.2 Lys die DRIE volhoubare praktyke (drie R'e) wat tydens die afvalbestuursproses gebruik word. (3) 7.3 Bespreek hoe die luukse oordhotel in Fiji die drie-dubbele-slotreëlbenadering volg. Die antwoord moet die drie pilare van volhoubare toerisme met voorbeelde uit die gevallestudie insluit. (6) [15] b.o.
TOERISME 10870/25 21 VRAAG 8 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. VERANTWOORDELIKE REIS: JOU GIDS TOT ETIESE AVONTURE In 'n wêreld wat die begeerte om te reis en te verken toenemend waardeer, is verant- woordelike reis 'n baken van hoop vir meer volhoubare, eties-bewuste maniere om die wêreld te sien. NEEM NIKS MEER AS FOTO’S NIE LAAT NIKS MEER AS VOETSPORE NIE Verantwoordelike Vakansiebestemmings 'n Groeiende aantal bestemmings regoor die wêreld is verbind tot etiese, volhoubare en omgewingsvriendelike toerisme. Hier is 'n lys van bestemmings wat bekend is vir hul pogings tot verantwoordelike toerisme: Noorweë: Noorweë se groen toerismebenadering en omgewingsvolhoubaarheids- inisiatiewe maak dit 'n aantreklike bestemming vir verantwoordelike toeriste. Rwanda: Met 'n verbintenis tot Gorilla-bewaring en volhoubare toerisme, bied Rwanda vir reisigers unieke en etiese natuurlewe-ervarings. Switserland: Switserland bevorder groen toerisme en beklemtoon ekovriendelike vervoeropsies, wat dit 'n verantwoordelike toerismebestemming maak. [Aangepas uit www.bolt.eu] 8.1 Kies 'n konsep uit die bostaande inligting soortgelyk aan die betekenis van verantwoordelike toerisme. (1) 8.2 Verduidelik die konsep van verantwoordelike toerisme deur ook te verwys na die woorde wat op die inligtingsbord in die prent geskryf is. (2) 8.3 Stel 'n driepunt-toeriste-gedragskode saam wanneer jy na enige EEN van die verantwoordelike toerismebestemmings gelys reis. Sluit die keuse van bestemming by die antwoord in. (4) 8.4 Noem enige TWEE ekovriendelike vervoeropsies wat by verantwoordelike toerismebestemmings beskikbaar kan wees. (2) 8.5 Gee DRIE voorbeelde van hoe 'n toeris verantwoordelike toerisme kan ondersteun. (6) [15] TOTAAL AFDELING D: 30 b.o.
TOERISME 10870/25 22 AFDELING E: BINNELANDSE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTESORG VRAAG 9 9.1 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. BRAZILIË BIED DIE COP30 KLIMAATSVERANDERINGBERAAD AAN IN DIE AMASONE IN 2025 Die Verenigde Nasies het Brasilië gekies om die internasionale klimaatsvergadering, COP30, in die Amasone-stad Belém in 2025 aan te bied, volgens die land se president. [Aangepas uit www.cnn.com] 9.1.1 Gee die naam vir die akroniem COP30. (2) 9.1.2 Verduidelik die term beraad. (2) 9.1.3 Bespreek TWEE positiewe ekonomiese impakte van die beraad op die gasheerland. (4) 9.1.4 Gee TWEE negatiewe impakte vir Brasilië as die gasheerland van die beraad. (4) 9.2 Noem DRIE ander globale gebeurtenisse van internasionale belang. (3) b.o.
TOERISME 10870/25 23 9.3 Bestudeer die onderstaande tabel van aankomsstastistiek en beantwoord die vrae wat volg. VERGELYKING VAN MAART 2024 AANKOMSSTATISTIEKE Aankoms Aankoms Aankoms SA se Top 10 % van % van in Maart in Maart in Maart bronmarkte Maart 2023 Maart 2019 2019 2023 2024 Verenigde Koninkryk 44 772 36 811 41 896 113.7% 93.5% Verenigde State 35 125 30 196 35 302 116,9% 100,5% Duitsland 33 940 28 382 35 714 125,8% 105,2% Nederland 10 364 9 247 9 591 103,7% 92,5% Frankryk 17 451 10 862 11 915 109,6% 68,2% Australië 9 320 8 150 7 953 97,5% 85,3% Indië 7 046 5 302 5 203 98,1% 73,8% Kanada 7 148 5 608 6 217 110,8% 86,9% Italië 4 305 2 900 3 609 124,4% 83,8% België 4 689 3 485 4 812 138,0% 102,6% [Aangepas uit www.tourismupdate.co.za] 9.3.1 Identifiseer die land met die volgende toeriste-aankomste na Suid-Afrika: (a) Die hoogste in 2024 (1) (b) Die laagste in 2024 (1) 9.3.2 Noem die tipe mark wat gevind word in die lande in VRAAG 9.3.1. (2) 9.3.3 Identifiseer TWEE lande wat jaarliks in getalle bly daal het tussen 2019, 2023 en 2024. (4) 9.3.4 Stel EEN rede vir die afname in aankomsgetalle van die lande in die antwoord op VRAAG 9.3.3 voor. (2) [25] b.o.
TOERISME 10870/25 24 VRAAG 10 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. KLIËNTETERUGVOER [Bron: www.shutterstock.com] 10.1 Verduidelik waarom 'n toerismebesigheid terugvoer van kliënte benodig. (2) 10.2 Gee DRIE maniere waarop 'n toerismebesigheid klantetevredenheid kan verbeter nadat negatiewe terugvoer ontvang is. (3) [5] TOTAAL AFDELING E: 30 TOTAAL: 200 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all