Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 12202214 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 GESKIEDENIS V2 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 1: HOE HET WIT SUID-AFRIKANERS DIE APARTHEIDSREGERING GEDURENDE DIE 1980’s UITGEDAAG? BRON 1A Die bron hieronder verduidelik die redes vir die instelling van die Einde-konskripsie- veldtog (ECC) in 1983. Die Einde-konskripsie-veldtog (ECC) was gestig in 1983, nadat Black Sash besluit het om in Julie daardie jaar ʼn organisasie vir gewetensbeswaarde mense (mense wat skuldig voel oor iets) te stig. Die belangrikste doelwit van die ECC is om die regte van gewetensbeswaardes te verbreed en om ʼn stelsel van alternatiewe (ander) militêre diens te skep, sonder die element van straf. Die ECC was gestig as ʼn koalisie (samesmelting), gelei deur die bestaande Gewetensbeswaarde Ondersteunings- groepe, bestaande uit menseregte-, godsdienstige-, studente- en vroue-organisasies wat teen konskripsie en militarisering gekant was en toegewyd was om vir ʼn regverdige vrede in ons land te werk. Die ECC se teenkanting teen konskripsie was gebaseer op die fundamentele geloof dat geen persoon teen sy wil gedwing kan word om die wapens op te neem en ʼn lewe te neem nie. Weens die stygende betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) in operasies teen die Suid-Afrikaanse weerstandsorganisasies binne en buite die land en in beskerming en instandhouding van die apartheidstelsel in die middel- tagtigs, het ʼn groeiende aantal jongmans teen nasionale diens gerebelleer. Meeste van hulle het uit Suid-Afrika gevlug om militêre diens te vermy, terwyl ʼn minderheid gearresteer was nadat hulle geweier het om militêre diens te ondergaan. Die ECC het so vinnig gegroei dat teen die einde van 1985 dit meer as 4 000 lede in sewe takke gehad het. [Uit https://omalley .nelsonmandela.org>index. php>. Toegang op 9 November 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die plakkaat was ontwerp deur die ECC vir sy amptelike bekendstelling by die Claremont-burgersentrum, Kaapstad, in Oktober 1984. [Uit pri.org/file/ECCjpg-o. Toegang op 9 November 2021 verkry.] Opskrif: ONS DOEN ’N BEROEP VIR ̓N EINDE AAN KONSKRIPSIE JONGMANS WORD OPGEROEP JONGMANS WORD OPGEROEP OM DIE ONWETTIGE OM IN DIE IMPLEMENTERING EN BESETTING TE HANDHAAF VAN VERDEDIGING VAN NAMIBIË EN OM ̓N APARTHEIDSBELEIDE TE HELP ONREGVERDIGE OORLOG TEEN DIE BUITELAND TE VOER JONGMANS WAT WEIER OM TE DIEN, STAAN VOOR DIE KEUSE VAN ̓N LEWE IN BALLINGSKAP OF ̓N MOONTLIKE 6 JAAR TRONKSTRAF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) BRON 1C Hierdie bron verduidelik die redes waarom ʼn jong wit Suid-Afrikaner geweier het om in die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) te dien. Die eerste jongman om aangekla te word vir weiering om in die SAW te dien, was Anton Eberhard. Hy het sy aanvanklike diens in 1970 voltooi. Hy was weer opgeroep vir diensplig. Hy het geantwoord met ʼn brief aan sy kampkommandeur waarin hy geskryf het: “Ek gee erkenning aan die ontvangs van jou oproeppapiere, maar vir redes uit gewete (beginsels) is ek nie in staat om by te woon nie. Ek het baie oor die saak nagedink en is ten volle bewus van die gevolge vir weiering ... Dit is my oortuiging dat die huidige regering geen reg het om in beheer te bly nie en enige organisasie wat dit in staat stel om so te doen, kan nie ondersteun word nie.” Sy baas, in reaksie wat die heersende wit houdings tipeer (demonstreer) het hom uit woede gevra: “So wie gaan verhoed dat ons dogters verkrag word?” ʼn Belangrike faktor in sy besluit was die feit dat ʼn vriend in die tyd van sy oproep gearresteer was. In ʼn onderhoud het hy verklaar: “Ek het bevriend geraak met Vusi en ʼn voorsmaak gekry in hoe die lewe was vir swart Suid-Afrikaners. Ek het geweet ek kon nie ʼn SAW-uniform aantrek nie.” Eberhard was gevonnis tot 12 maande in aanhoudingsbarakke (leërkampe), waarvan hy twee uitgedien het. [Uit https://core.ac.uk. >download>pdf 145042157.pdf. Toegang op 9 Augustus 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Die bron hieronder verduidelik die reaksie van die Nasionale Party regering teenoor die ECC in die 1980’s. Teen 1985 was die land aan die brand. Daardie jaar – kort na die sluipmoord van Matthew Goniwe en ander Cradock-leiers – het die ECC ʼn internasionale vredeskonferensie in Johannesburg gehou. In 1985 was dit in die Parlement aangekondig dat 7 589 konskripte gefaal het om aan te meld vir die Januarie nasionale oproep, in vergelyking met 1 596 vir die hele 1984. Teen daardie tyd het 7 000 oorlogsteenstanders in Europa gewoon, maar baie ander het eenvoudig die oproep ontwyk deur die militêre polisie te ontduik of hul studies onbepaald te verleng. Namate die ECC in ondersteuning gegroei het, het die regering probeer om sy aktiwiteite te onderdruk. Dit het ʼn kwaai smeerveldtog teen die ECC gevoer in ʼn poging om te toon dat dit onpatrioties (nie goeie burgerskap) en gevaarlik was. Strooptogte was op ECC kantore uitgevoer en oor die 75 aktiviste was gearresteer, terwyl ander persoonlik geteister of aangeval was. Die destydse Minister van Verdediging, Magnus Malan het gesê: “Die ECC is ʼn direkte vyand van die SAW. Dit is skandelik dat die SAW, maar veral die land se jong mense, die trots van die nasie, onderwerp moet word aan die ECC se propaganda, agterdog-saaiende misinformasie (valse inligting). Hy het verklaar dat die ECC deel van die revolusionêre aanslag teen Suid-Afrika was.” Die P.W. Botha regering het ook die tydperk van gevangeskap van twee na ses jaar verleng vir weiering van militêre diens. In Augustus 1988 het die ECC die eerste wit organisasie in meer as 20 jaar geword om verban te word deur die apartheidsregime. In 1989 in reaksie op ʼn nasionale versetveldtog het die ECC dit self ‘ontban’. Gou was konskripsie van twee jaar na een jaar verkort en na 1990 effektief uitgefaseer en amptelik in 1993 beëindig. Die ECC het druk op die konskripsie-stelsel geplaas en aan die einde dit vir die staat onmoontlik gemaak om dit af te dwing. [Uit https://www.sahistory.org.za/article/end-conscription-campaighn-ECC. Toegang op 9 Augustus 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORD VAN AKTIVIS SIPHIWO MTIMKULU GEHANTEER? BRON 2A Die bron hieronder verduidelik die redes vir die Waarheid-en-Versoenings-kommissie (WVK) wat in 1995 gestig was. Sedert April 1996, was die Waarheidskommissie se werk om na slagoffers se stories te luister, dikwels vertel deur oorlewende familielede en om amnestie te bied in ruil vir die waarheid van die oortreders van politieke misdade gedurende die era van die slegs-blanke regering. Die kommissie se rots van geloofwaardigheid was sy klein en biegvader, afgetrede aartsbiskop Desmond Tutu, wie ook die 1984 Nobelprys vir Vrede gewen het, vir sy pogings om ʼn einde aan apartheid te bring. Namate dit die finale fase van sy mandaat binnegaan het, wat onlangs uitgebrei is om die vloed van amnestie aansoeke te hanteer, het dit net so kontroversieel (omstrede) geword soos die misdade wat dit ondersoek het. Baie swartes het geglo dat die kommissie bevooroordeeld was ten gunste van wittes en baie wittes het geglo dat dit ten gunste die swartes was. Die uitgesaaide (wat op televisie verskyn) verhore was veronderstel om Oprah-styl vertel-alles sessies te wees wat nasionale rekonsiliasie en genesing bevorder. Baie slagoffers en hul families, het egter bitterlik gekla dat die amnestie-verhore ʼn wettige toutrekkery geword het. Sommige slagoffers het berusting gevind by die amnestie-verhore, terwyl ander ‘ongelukkig’ was omdat hulle geglo het dat sommige oortreders nooit die volle waarheid oor hul misdade ontbloot het nie. [Uit https://archive.macleans.ca>article>the-painful-truth Toegang op 1 November 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Hierdie bron fokus op die getuienis wat Siphiwo Mtimkulu se ma, Joyce Mtimkulu aan die WKV-verhore by die Eeufees-Saal (Centenary Hall) in New Brighton in Junie 1996, gelewer het. Mtikmkulu was deel van ʼn nuwe vlaag van anti-apartheid aktivisme (betrokkenheid) in die 1970’s, gegrond in die ideale van swart bemagtiging en jeug-aktivisme. Toe die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS) in 1979 gevorm was, het Mtimkulu by die Port Elizabeth-tak aangesluit kort nadat hy uit die tronk vrygelaat was. Sy misdaad was die besit van verbanne literatuur (boeke, koerante, ens.). Mtimkulu se politieke aktiwiteite het hom gou bekend gemaak aan die Port Elizabeth se veiligheidspolisie. Teen daardie tyd was dit algemene kennis dat COSAS swaar geïnvesteer (betrokke) was in die vryheidstryd en geaffilieer (deel gevorm het) was aan politieke partye wat verban was, wat uit die buiteland werksaam was. Dit help om te verduidelik waarom die sekuriteitspolisie Mtimkulu se bewegings so noukeurig dopgehou het. Dit was slegs ʼn kwessie van tyd voordat sake tot ʼn punt gekom het – en in 1981 het dit tot ʼn konfrontasie gelei wat die verloop van Siphiwo se lewe sou beïnvloed (en onvermydelik, dit veels te vroeg sou beëindig). Monde Mditshwa, een van Siphiwo’s se vriende, het aan die WVK verduidelik hoe Siphiwo gevang was in wat sy finale verblyf in polisie-aanhouding sou wees. Siphiwo was in die arm geskiet, gearresteer en in aanhouding geneem (via die hospitaal). Mtimkulu was gevange gehou vir vyf maande en was op 20 Oktober 1981 vrygelaat. Hy het onmiddellik gekla van erge pyn in sy bene, voete en maag, sowel as om te praat oor die tipe marteling wat hy moes verduur terwyl hy in aanhouding was. Joyce Mtimkulu, Siphiwo se ma, het geluister en baie wat Siphiwo in 1981 gesê het, opgeneem en was in staat om haar seun se marteling aan die Menseregteskendings verhoor oor te vertel by die WVK, vyftien jaar later. Sy verduidelik dat Siphiwo gemartel was deur elektriese skokke, geslaan en byna doodversmoor was met ‘n nat handdoek. Soos die pyne erger geraak het, was hy na Livingstone hospitaal op 26 Oktober 1981 geneem en oorgeplaas na Kaapstad se Groote Schuur hospitaal vir meer omvattende toetse. Toetse het gewys dat tallium (gif) in Simphiwo se liggaam aanwesig was, ‘n rare (skaars) en kleurlose chemiese middel wat moeilik is om te ontdek. Simphiwo was vergiftig. [Uit:sabcnew.com./sabcnews/life-and-times-of-a-youth-activist-the-murder-of-siphiwo-mthimkhulu Toegang op 1 November 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) BRON 2C Die foto toon Siphiwo Mtimkulu wie ontslaan word uit Groote Schuur-hospitaal in 1982 nadat hy behandel was vir tallium-vergiftiging, wat deur die veiligheidspolisie aan hom gegee was terwyl hy in detensie (aanhouding) was. Die fotograaf is onbekend. [Uit journals.openedition.org/etudesafricaines/22209?long=en. Toegang op 1 November 2021 verkry.] [DIE PLAKKAAT LEES: ‘VERGIFTIGING VAN MENSE GAAN ONS NIE STOP NIE’] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Die bron hieronder verduidelik die getuienis wat op 26 Januarie 1997 by die WVK in Port Elizabeth deur ʼn polisie-generaal gelewer is oor hoe hy die bedwelmde aktivis Siphiwo Mtimkulu tereggestel het. Afgetrede sekuriteitspolisie, generaal Nic van Rensburg, het erken dat hy Oos- Kaapse studente-leier Siphiwo Mtimkulu in 1982 tereggestel het nadat hy hom met gedokterde koffie bedwelm het, en oor die moord by die Harms-kommissie van Ondersoek gelieg het. By getuienis voor die Amnestiekomitee, het Van Rensburg ook erken dat hy gelieg het in ʼn aansoek aan die Kaapse Hooggeregshof om Mtimkulu se ma tydelik die stilswye op te lê (haar te laat stil bly). In die valse verklaring wat hy aan die Harms-kommissie in 1990 gemaak het, het hy persoonlike betrokkenheid aan Mtimkulu se dood ontken. Vir die eerste keer het Van Rensburg openlik aan die komitee vertel van sy rol in die ontvoering en moord van Mtimkulu en sy mede-aktivis, Topsy Madaka. Hy soek amnestie vir die moord, tesame met drie voormalige sekuriteitspolisiemanne. Toe hy vroeër getuig het, het Van Rensburg Mtikulu en Madaka as ‘twee groot ramkatte (gevaarlike mense) in die rewolusionêre stryd’ beskryf. Na hul ontvoering buite ʼn Port Elizabeth hotel, op 14 April 1982, was die aktiviste geneem na ʼn ongebruikte polisiestasie naby Cradock waar hulle ondervra en toe gedokterde drankies ingegee is, het hy gesê. Nadat die aktiviste albei geskiet was, is hul liggame op ʼn hopie hout geplaas en aan die brand gesteek. Die volgende oggend het hulle die oorblyfsels bymekaargeskraap en dit in die Visrivier gegooi. Dieselfde dag het hulle die aktiviste se motor na die Lesotho-grens bestuur om die indruk te skep dat hulle die land verlaat het. “Ek is jammer oor wat ek gedoen het,” het Van Rensburg gesê. In 2000 is amnestie aan die moordenaars van Mtimkulu en Madaka toegestaan. Die kommissie het bevind dat hulle die volle waarheid oor die storie van die dood van die twee aktiviste openbaar het. In 2007, tien jaar na die verhore plaasgevind het, het die Taakspan vir Vermiste Persone, die oorblyfsels van Mtimkulu en Madaka by Post Chalmers, die afgeleë terrein in die Oos-Kaap gevind waar hulle vermoor was. [Uit justice.gov.za/trc/media1997/9701/s970924c.htm. Toegang op 1 November 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP ONDER-ONTWIKKELENDE NASIES GEHAD? BRON 3A Hierdie is ʼn uittreksel uit ʼn toespraak deur Horst Kohler, die besturende direkteur van die IMF, wat op 28 Januarie 2002 by die Amerikaanse konferensie in Washington DC oor die voornemens van globalisering gelewer is. Globalisering is die proses waardeur ʼn toenemende vrye vloei van idees, mense, goedere, dienste en kapitaal lei tot die integrasie (ineenvloeiing) van ekonomieë en samelewings. Dit word dikwels beskou as ʼn onomkeerbare (permanente) mag wat deur sommige lande en instellings soos die IMF en die Wêreldbank op die wêreld afgedwing word. Dit is egter nie so nie. Globalisering verteenwoordig ʼn politieke keuse ten gunste van internasionale ekonomiese integrasie, wat vir die grootste deel hand aan hand gegaan het met die konsolidasie van demokrasie. Juis omdat dit ʼn keuse is, kan dit uitgedaag word, selfs omgekeer word, maar net teen ʼn groot koste vir die mensdom. Die IMF glo dat globalisering groot potensiaal het om by te dra tot die groei wat noodsaaklik is om ʼn volgehoue vermindering van wêreldwye armoede te bereik ... Handelsliberalisering (vryheid) is die beste vorm van hulp vir selfhelp, beide omdat dit ʼn ontsnapping van hulpafhanklikheid bied en omdat dit ʼn wen-wen-speletjie is, kan alle lande voordeel uit vrye handel trek. Die ware toets van die geloofwaardigheid van ryk lande se pogings om armoede te bekamp lê in hul bereidwilligheid om hul markte oop te stel en handelssubsidies uit te faseer in gebiede waar ontwikkelende lande ʼn vergelykende voordeel het soos in landbou, verwerkte voedsel, tekstiele, klere en ligte vervaardigers. [Uit www.imf.org/exernal/np/exr/ib/2002/031502.htm. Toegang op 20 November 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Die bron hieronder beskryf die negatiewe uitwerking van globalisering op arm nasies. Globalisering het gelei tot: verhoogde internasionale handel; ʼn maatskappy wat in meer as een land werksaam is; groter afhanklikheid van die globale ekonomie; vrye beweging van kapitaal, goedere en dienste; erkenning van maatskappye soos McDonalds en Starbucks in minder ekonomies ontwikkelde lande. Alhoewel globalisering waarskynlik help om meer welvaart in ontwikkelende lande te skep, help dit nie om die gaping tussen die wêreld se armste lande en die wêreld se rykstes te verklein nie. Globalisering het daartoe gelei dat baie besighede bedrywighede in ander lande oprig of koop. Maatskappye wat in verskeie lande bedrywig is, word Multi-Nasionale Korporasies (MNK’s) of Trans-Nasionale Korporasies (TNK’s) genoem. Die Amerikaanse kitskosketting-restaurant McDonalds is ʼn groot MNK – dit het byna 30 000 restaurante in 119 lande. Globalisering funksioneer meestal in belang van die rykste lande, wat steeds wêreldhandel oorheers ten koste van ontwikkelende lande. Die rol van minder ekonomies ontwikkelde lande in die wêreldmark is meestal om die Noorde en Weste van goedkoop arbeid en grondstowwe te voorsien. Daar is geen waarborge dat die rykdom van inwaartse belegging die plaaslike gemeenskap sal bevoordeel nie. Dikwels word winste teruggestuur na die meer ekonomies ontwikkelde land waar die TNK gebaseer is. [Uit https:/www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation/globalisation rev5.shtml. Toegang op 20 November 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) BRON 3C Hierdie spotprent het in die Eritrean News verskyn met die titel, ‘Hoe die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds Afrika vernietig.’ Die spotprenttekenaar en die publikasie datum is onbekend. [Uit https://www.tesfanews.net/wp-content/uploads/2015/01/Africa-indebted-to-IMF-World-Bank.jpg Toegang op 20 November 2021 verkry.] DIE WESTE SKULDKANSELLASIE HY SAL VERGEWE AS JY SAL VERGEET … “VERGEWE DIE SKULD IN AFRIKA”? ... JY BEDOEL OM DIE EEUE VAN KOLONIALE UITBUITING, SLAWERNY EN DIEFSTAL VAN ONS NATUURLIKE HULPBRONNE TE VERGEET? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Die bron hieronder beskryf die positiewe effekte (gevolge) wat globalisering op ontwikkelende lande het. Belangrik, globalisering speel ’n sleutelrol in die Derdewêreld. In besonder beïnvloed globalisering die politiek, bevorder tegnologiese ontwikkeling, vergroot ekonomiese prosesse en verbeter die sosiale, gesondheid en die natuurlike omgewing. Internasionale handel bly ’n versterker vir die meeste van hierdie ekonomieë, omdat hulle markte vir ontwikkelde lande is en bied ’n geleentheid om hul produkte na die globale mark uit te voer. Behalwe dit, is globalisering egter tweesydig. Dit lei tot werkloosheid, groter inkomste – ongelykheid en kulturele imperialisme onder ander negatiewe faktore. Die eerste effek is dat die standaard van lewe van miljoene mense in die Derdewêreld verbeter. In besonder, met globalisering, het regerings van ontwikkelende lande toegang tot buitelandse lenings, wanneer hulle hierdie fondse gebruik om vervoer- infrastruktuur, gesondheidsdienste, besproeiingskemas, onderwys en ander sosiale dienste te verbeter, verhoog die standaard van lewens. Indien hierdie geld nie reg aangewend word nie, kan dit aanleiding gee tot korrupsie en verhoogde armoede in ontwikkelende lande. Vandag is Derdewêreld-lande in verbinding met die res van die wêreld deur satelliete en kabeldienste. [Uit https: //www.linkedin.com/pulse/impact-globalisation-developing. Toegang op 20 November 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: https://archive.macleans.ca>article>the-painful-truth https://core.ac.uk. >download>pdf 145042157.pdf https://omalley nelsonmandela.org>index. php> https:/www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation/globalisation rev5.shtml https://www.linkedin.com/pulse/impact-globalisation-developing https://www.sahistory.org.za/article/end-conscription-campaighn-ECC https://www.tesfanews.net/wp-content/uploads/2015/01/Africa-indebted-to-IMF-World- Bank.jpg journals.openedition.org/etudesafricaines/22209?long=en justice.gov.za/trc/media1997/9701/s970924c.htm pri.org/file/ECCjpg-o sabcnew.com./sabcnews/life-and-times-of-a-youth-activist-the-murder-of-siphiwo- mthimkhulu www.imf.org/exernal/np/exr/ib/2002/031502.htm. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all