Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202225 pages

Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 GESKIEDENIS P1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 25 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: GEWIGS- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING VLAKKE VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne. • Selektering en organisasie van 30% VLAK 1 relevante inligting uit bronne. (15) • Definieer historiese begrippe/terme. • Interpretasie van bewyse uit bronne. 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne. (20) • Analiseer bewyse uit bronne. • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne. • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en 30% VLAK 3 beperkings vas te stel. (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓) • Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________ _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.3 Globale assessering van die opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model- antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument. • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun. • Die leerder se interpretasie van die vraag. 2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel. Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt. P Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou. Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 5 2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ • Argument LOA 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Vraag herkenbaar in antwoord. Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die gestruktureerde om antwoord te opstel. Goeie gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te sintese van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie. gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het ʼn argument is duidelike argument gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol beskrywend of goed te ontwikkel. gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument gebalanseerde, Gevolgtrekking argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike gemaak uit bewyse verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn argument ontwikkel met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te Argument gevolgtrekking uit ondersteun. die bewyse te bewyse nie. maak nie. deurgaans maak om die volgehou en INHOUD argument te verdedig. ondersteun. Onafhanklike gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1 HOE HET DIE GEALLIEERDE MAGTE OP DIE SOWJET- BLOKKADE VAN BERLYN IN 1948 GEREAGEER? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Behuisingsruimte is ernstig verminder. • Slegs 43 persent van die werkplekke in Berlyn het oorleef. • Hospitaalbeddens is van 33 000 tot 8 500 verminder. • Nie een van Berlyn se sewe-en-tagtig rioolstelsels het gefunksioneer nie. • Siektes soos tifus en disenterie het vinnig versprei, • Tekort aan dokters. • Die voedselstelsel was ook krities. (Enige 4 x 1) (4) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Slegs die invoer van voedsel uit die Sowjet-besettingsone het hongersnood in Berlyn voorkom.. (1 x 1) (1) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Geen formele ooreenkoms het Westerse toegang deur oppervlakvervoer gewaarborg nie. (1 x 1) (1) 1.1.4 [Ontleding van bewyse uit Bron 1A – V2] • Rusland was die enigste wettige land wat Berlyn kon regeer. • Rusland het die alleenreg gehad om die toegang tot Berlyn te beheer. • Die ander lede van die Geallieerde magte het Russiese toestemming nodig gehad om toegang tot Berlyn te verkry. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • ‘Verenigde State’ • ‘Verenigde Koninkryk’ (2 x 1) (2) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Die Geallieerde Magte wou die ekonomie van Berlyn en Duitsland deur die Marshall-plan herbou. • Die Sowjetunie wou Duitsland ekonomies straf en vernietig. • Rusland wou ʼn swak Duitsland hê wat haar nie in die toekoms sou bedreig nie. • Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4) 1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Frankryk het in die geheim begin beplan vir die skepping van ʼn nuwe Duitse staat wat uit die Westerse Geallieerdes besettingsones sou bestaan. • Die Amerikaanse en Britse beleidmakers het die nuwe Deutschmark aan Bizonia en Wes-Berlyn bekendgestel. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.2.4 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B – V1] • ʼn Ekonomiese stelsel op staatsbesit gebaseer. • ʼn Politieke en ekonomiese stelsel wat ʼn klaslose samelewing voorstaan waar alle eiendom en rykdom deur almal gedeel word. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 1.2.5 [Ontleding van bewyse uit Bron 1B – V2] • Stalin wou die Weste uit Berlyn dryf. • Hy wou ʼn kommunistiese oorname van Berlyn en Oos-Europa implementeer. • Om te verhoed dat die Geallieerdes Wes-Berlyn as ʼn kapitalistiese skoustuk herbou. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 1.2.6 [Evaluering van bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1B – V3] Hierdie bron is tot ʼn groot mate bruikbaar omdat: • Dit eksplisiete/uitdruklike redes verskaf waarom Rusland besluit het om Berlyn te blokkeer. • Die bron is deur geskiedkundiges geskryf en deur ʼn betroubare webwerf gepubliseer. • Die bron gee insig oor die ideologiese verskille tussen die VSA en die USSR. • Die doel van die bron is om die leser in te lig oor die redes vir die blokkade en om die leser te oorreed om nie bevooroordeeld teen of vir enige land te wees nie. • Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • ‘om toevoerroetes op die grond oop te maak’ • ‘of hulle kon Berlyn uit die lug voorsien.’ (2 x 1) (2) 1.3.2 [Definisie van historiese begrip binne die konteks van Bron 1C – V2] • Die optrede van Rusland om die aflewering van noodsaaklikhede vanaf Wes-Duitsland na Wes-Berlyn via pad- en spoorvervoer te voorkom. • Die doelbewuste sluiting van alle toegangroetes na Wes-Berlyn • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron1C ‒ V2] • Onttrekking uit Wes-Berlyn sou op swakheid aan die kant van die Geallieerdes dui. • Geallieerdes wou Wes-Berlyn teen kommunistiese uitbreiding beskerm. • Om die VSA se vasberadenheid om kommunisme in Wes- Berlyn in te perk, ten toon te stel. • Die VSA wou Wes-Berlyn ten toon stel as ʼn baken van hoop en voorspoed in die hart van die Russiese besette Oos-Duitsland. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 9 1.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C ‒ V2] • Stalin wou ʼn ‘warm’ oorlog teen die Geallieerdes vermy. • Rusland sou as die aggressor gesien word. • Stalin het in daardie stadium geen kernwapens gehad nie. • Die VSA het binne die drie lugkorridors gewerk soos in die Potsdam-konferensie bepaal. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D ‒ V2] • Om te wys dat die VSA vasbeslote was om die mense van Wes-Berlyn te ondersteun. • Om te wys dat die mense van Wes-Berlyn die VSA se hulp ondersteun het. • Om die Geallieerde se vasberadenheid om kommunisme in te perk, ten toon te stel. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D ‒ V2] • Die foto het die bepalende oomblik van die Koue Oorlog in Berlyn vasgevang. • Die foto herinner elkeen aan die verbintenis van die Westerse magte om kapitalisme in Berlyn te beskerm. • Die foto staan uit as gevolg van sy historiese betekenis met betrekking tot die Koue Oorlog politiek in Berlyn. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1C en 1D ‒ V3] • Bron 1C verklaar dat die VSA besluit het om Berlyn per lug te ondersteun wat duidelik in Bron 1D geïllustreer word. • Bron 1C verklaar dat Wes-Berlyn voorsien is van kos en ander voorrade wat duidelik getoon word deur die vliegtuig wat kos en voorrade in Bron 1D lewer. • Bron 1C verklaar dat daar 480 landings in ʼn 24-uur dag was, terwyl Bron 1D een van die landings wat in Bron 1C genoem word, uitbeeld. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] • Berlyn was in die Sowjet-sone van beheer geleë. (Eie kennis) • Berlyn is erg deur die oorlog beskadig. (Bron 1A) • Tydens die onderhandelinge het geen formele ooreenkoms Westerse toegang deur oppervlakvervoer na Berlyn gewaarborg nie. (Bron 1A) • Die Sowjetunie het geglo dat die Geallieerdes in Berlyn was omdat die Sowjetunie hulle toegelaat het om daar te wees. (Bron 1A) • Spanning het toegeneem met die vorming van Bizonia en implementering van die Marshall-plan (Bron 1B) • In Junie het die Verenigde State en Brittanje die nuwe Deutschmark in Bizonia en Wes-Berlyn bekendgestel. (Bron 1B) • Die Sowjetunie het alle oppervlakpaaie na Berlyn versper. (Bron 1B) • Die Geallieerde magte het twee opsies gehad – grond of lugondersteuning (Bron 1C) • Die Geallieerde magte het met die Berlynse lugbrug gereageer. (Bron 1C en 1D) • Tonne kos en ander voorrade is daagliks na Wes-Berlyn gevlieg. (Bron 1C en 1D) • 480 landings elke dag (Bron 1C en 1D) • Stalin het die blokkade verwyder toe dit ondoeltreffend geword het (Eie kennis) • Enige ander relevante antwoord. Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv., toon min of geen begrip van hoe die Verenigde State van Amerika (VSA) op die PUNTE VLAK 1 Sowjet-blokkade van Berlyn in 1948 0–2 gereageer het. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp bv., toon ʼn mate van begrip van hoe die Verenigde State van PUNTE VLAK 2 Amerika (VSA) op die Sowjet-blokkade van 3–5 Berlyn in 1948 gereageer het. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv., toon ʼn deeglike begrip van hoe die Verenigde State van Amerika (VSA) op die Sowjet-blokkade van PUNTE VLAK 3 Berlyn in 1948 gereageer het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 11 VRAAG 2: WAAROM IS DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE AS ’N KEERPUNT IN DIE GESKIEDENIS VAN SUIDER-AFRIKA BESKOU? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • ‘Angola’ • ‘Kuba’ (2 x 1) (2) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • ‘die Suid-Afrikaanse lugmag lugbeheer begin verloor het.’ • ‘dat dit die lewens van ongeveer 300 wit soldate sou kos’ • ‘sowel as ʼn groot aantal swart soldate van die Suidwes- Afrikaanse Territoriale Mag en UNITA’ • daar is besluit om Cuito Cuanavale in Angolese besit te laat (4 x 1) (4) 2.1.3 [Definisie van ʼn konsep binne die konteks van Bron 2A – V2] • Die onvermoë van beide die SAW en die Angolese magte om mekaar te verslaan; wat dus tot ʼn geen-wennersituasie gelei het. • Die oorlog tussen die SAW en MPLA-magte het gelykop geëindig met geen regstreekse wenner nie. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Die einde van die oorlog sou Angola toelaat om hul ekonomie te herbou. • Die einde van die oorlog sou vrede tussen die MPLA, FNLA en UNITA bring. • Die MPLA, FNLA en UNITA kan daarop fokus om saam te werk om hul land te herbou. • Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • ‘die Suid-Afrikaanse weermag regtig hul tande gebreek (sy mag verloor)’ (1 x 2) (2) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Die VSA wou nie hê die kommuniste moes die oorlog wen nie. • Die VSA wou hul oliebelange in Angola beskerm. • Die VSA wou nie troepe na Angola ontplooi ná hul mislukte ingryping in Viëtnam nie. • Die VSA wou stabiliteit na die streek bring. • Die VSA wou verhoed dat Rusland haar ekonomiese belange in Afrika bevorder. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Castro het gevoel dat dit Kuba se ingryping in die oorlog was wat vrede na Suidoos-Afrika gebring het. • Castro beweer dat dit die ingryping van Kuba was wat gelei het tot die nederlaag van die SAW en die daaropvolgende vrede in daardie streek. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 2.2.4 [Evalueer die beperkinge van bewyse uit Bron 2B – V3] Die bron is beperk omdat: • Dit gee ʼn Kubaanse standpunt oor die oorlog. • Die bron nie gebalanseerd is nie – gee eensydige siening. • Dit positiewe woorde gebruik om Kuba se positiewe ingryping te beskryf (Kuba beslissend versterk ...) • Dit bron gebruik negatiewe woorde om Suid-Afrika se nederlaag (hul tande gebreek) te beskryf. • Die bron kan as propaganda beskou word • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • ‘wat ʼn einde aan die Suid-Afrikaanse besetting van Namibië en die land se onafhanklikheid geëis het’. (1 x 2) (2) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Ronnie Kasrils het gesê dat Suid-Afrika hom aan Namibië moes onttrek en die land onafhanklikheid moes toelaat, terwyl Pik Botha geglo het dat Suid-Afrika se onttrekking uit Namibië slegs realiseer sal word indien Rusland en Kuba hulle aan Angola onttrek. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • ‘nie net tot Namibiese onafhanklikheid gelei het nie, maar ook tot die finale proses van demokratiese verandering in Suid- Afrika self.’ • ‘dit bygedra het tot die dramatiese verskuiwing in benadering vanaf die aggressiewe militaris PW Botha na FW de Klerk.’ • ‘Die sukses van die onderhandelinge tussen die apartheidsregime en die ANC’ • ‘tot ʼn demokratiese Suid-Afrika gelei het.’ (Enige 2 x 1) (2) 2.3.4 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2C – V1] • Politieke regeringstelsel gebaseer op die wil van die mense. • ʼn Regering wat deur die mense vir die mense verkies is. • ʼn Regering wat deur die meerderheid van al sy burgers verkies word. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 13 2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Die Slag van Cuito Cuanavale het tot vreedsame betrekkinge tussen Suid-Afrika en Namibië gelei. • Die Slag van Cuito Cuanavale het die vyandelikhede tussen Suid-Afrika en Namibië beëindig. • Die Slag van Cuito Cuanavale het gelei tot die toekenning van onafhanklikheid aan Namibië. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Dit het vyandigheid tussen SWAPO en die SAW beëindig. • ANC en NP het onderhandelinge aangegaan om apartheid te beëindig. • MPLA het die wettige regering van Angola geword. • Die SA grensoorlog met Angola het tot ʼn einde gekom. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en 2D – V3] • Bron 2C verklaar dat die Slag van Cuito Cuanavale gelei het tot die onafhanklikheid van Namibië wat duidelik uitgebeeld word in die foto (Bron 2D) waar Sam Nujoma hande met De Klerk skud. • Bron 2C verklaar dat die Slag van Cuito Cuanavale gelei het tot die aanname van mag deur De Klerk wat duidelik in die foto in Bron 2D aangedui word. • Bron 2C verklaar dat die Slag van Cuito Cuanavale gelei het tot die einde van vyandelikhede tussen SA en hul frontliniestate, wat duidelik sigbaar is in die foto (Bron 2D) toe De Klerk hom tot die toekenning van onafhanklikheid aan Namibië verbind het. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit. • In 1987 het Suid-Afrikaners, ondersteun deur UNITA, die Angolese se opmars op die Lombarivier gestop en hulle teruggery na Cuito Cuanavale (Bron 2A) • Suid-Afrika het lugbeheer verloor en lewensverlies gevrees (Bron 2A) • Suid-Afrika het besluit om Cuito Cuanavale in Angolese besit te laat (Bron 2A) • Die dooiepunt daar het daartoe gelei dat alle partye weer gedink het. (Bron 2A) • Angola het gesmag na vrede sodat haar oorlogbeskadigde ekonomie, infrastruktuur en menseverhoudinge herstel kan word. (Bron 2A) • Die Slag van Cuito Cuanavale het in ʼn lokval ontaard, ʼn lokval waarin die Suid-Afrikaners gehardloop het (Bron 2B) • Die Suid-Afrikaners het ʼn verpletterende nederlaag by Cuito Cuanavale (Bron 2B) gely. • Cuito Cuanavale het beslissend die vooruitsigte vir vrede wat nou in die streek teenwoordig is, ʼn hupstoot gegee. (Bron 2B) • Implementering van Resolusie 435 (Bron 2C en 2D) • Namibië het in Maart 1990 onafhanklik geword (Bron 2C en 2D) • Lei tot die finale proses van demokratiese verandering in Suid-Afrika self. (Bron 2C) • Die sukses van die onderhandelinge tussen die apartheidsregime en die ANC het gevolg, wat tot ʼn demokratiese Suid-Afrika (Bron 2C) gelei het. • Enige ander relevante antwoord. Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, byvoorbeeld, toon min of geen begrip van waarom die Slag van Cuito Cuanavale as ʼn keerpunt in die geskiedenis van Suider-Afrika beskou is PUNTE VLAK 1 nie. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag doen nie. • Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp bv., toon ʼn mate van begrip van PUNTE VLAK 2 waarom die Slag van Cuito Cuanavale beskou 3–5 is as ʼn keerpunt in die geskiedenis van Suider- Afrika Gebruik bewyse op ʼn baie basiese wyse. • Gebruik relevante bewyse, byvoorbeeld, toon ʼn insig oor waarom die Slag van Cuito Cuanavale as ʼn keerpunt in die geskiedenis van Suider- PUNTE VLAK 3 Afrika beskou is. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 15 VRAAG 3: WATTER ROL HET MARTIN LUTHER KING JNR. IN DIE BEËINDIGING VAN RASSESEGREGASIE EN DISKRIMINASIE IN DIE VSA DIE 1960’s GESPEEL? 3.1 3.1.1 [Definisie van historiese konsep uit Bron 3A – V1] • Burgerregte is die nie-politieke regte en voorregte wat volgens wet aan alle burgers gegee word. • Burgerregte verwys na die toekenning van regte vir persoonlike vryheid aan alle burgers van ʼn land. (Enige 1 x 2) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • ‘ʼn inkomende blanke passasier te akkommodeer.’ (1 x 2) (2) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • ‘Hy het ʼn beroep op sy gemeente gedoen om by ʼn stadswye, eendagboikot van stadsbusse aan te sluit’ • ‘het hy ʼn beroep gedoen op eenheid terwyl hulle saamgewerk het vir geregtigheid ‘ (Enige 1 x 2) (2) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • Hulle het vir meer as ʼn jaar geloop of saamry geleenthede gereël. • Busmaatskappye het inkomste verloor. • Burgerregteprokureurs het gesegregeerde busse in die hooggeregshof uitgedaag. • Die Hooggeregshof het beslis dat gesegregeerde busse ongrondwetlik was en gedesegreer moes word. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • ‘Birmingham is waarskynlik die deeglikste gesegregeerde stad in die Verenigde State’ • ‘Sy lelike rekord van polisiewreedheid is in elke deel van hierdie land bekend.’ • ‘Die onregverdige behandeling van Negers in die howe is ʼn berugte werklikheid.’ • ‘Daar was meer onopgeloste bomaanvalle van Negro-huise en kerke in Birmingham as in enige ander stad in hierdie land.’ (4 x 1) (4) 3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Die belofte van die handelaars om die winkels se vernederende tekens te verwyder, is nooit nagekom nie. • Die beloftes wat deur die handelaars gemaak is om Swartes in die middestad se departementele winkels in diens te neem, is nooit nagekom nie. • Die stadsamptenare het belowe om diskriminasie en segregasie te beëindig, maar dit is nooit vervul nie. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Hulle was teen rasse-integrasie gekant. • Hulle het hulself as meerderwaardig teenoor swartes beskou. • Hulle het geglo dat Swartes minderwaardig was en as tweedeklasburgers behandel moes word. • Hulle het wit oppergesag ondersteun. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Swartmense sou uiteindelik opstaan en veg vir hul vryheid. • Swartmense sal nie toelaat dat hulle vir ewig teen gesegregeer en gediskrimineer word nie. • Swartmense se begeerte na vryheid sal so sterk word dat hulle uiteindelik sal veg vir dit waarin hulle geglo het. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 3.2.5 [Evalueer die betroubaarheid van Bron 3B – V3] Hierdie bron is tot ʼn groot mate betroubaar omdat: • Dit is ʼn uittreksel uit ʼn brief is wat deur Martin Luther King jnr. uit die Birmingham-tronk geskryf was. • Dit ʼn primêre bron – wat eerstehandse inligting gee • Die datum van die bron stem ooreen met die datum van die historiese gebeurtenis. • Die doel van die bron is om lesers in te lig oor die toestande en die redes vir die optog in Birmingham. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V3] • Die foto dra die redes vir die optog oor – werksgeleenthede, einde van segregasie, stemregte en gelyke regte. • Die optog, ondersteun deur duisende mense, wou hê die Amerikaanse regering moes segregasie en diskriminasie beëindig. • Die optog is ondersteun deur beide swart en blanke Amerikaners. • Verskeie kerke het ook die einde van diskriminasie en segregasie ondersteun. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V3] • Martin Luther King jnr. was ʼn kragtige spreker wat sy ondersteuners met sy kommunikasievaardighede beweeg het. • Martin Luther King jnr. se pleidooi vir rassegeregtigheid en gelykheid is ondersteun deur almal wat die optog bygewoon het. • Die toespraak het die meeste Amerikaners geïnspireer om die einde van rassisme en segregasie te ondersteun. • Die Amerikaanse regering het die toespraak ondersteun en die Burgerregtewet uitgereik. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 17 3.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en 2D – V3] • Bron 3B verklaar dat die BRB segregasie en diskriminasie in Birmingham wou beëindig, terwyl Bron 3C plakkate uitbeeld wat die einde van segregasie aanvra. • Bron 3B verklaar dat onderdrukte mense nie vir ewig onderdruk kan word nie, wat ondersteun word deur Bron 3C wat mense uitbeeld wat opruk ter ondersteuning van die beëindiging van onderdrukking. • Bron 3B verklaar dat die drang van vryheid uiteindelik vir onderdrukte mense sal kom, terwyl daardie drang uitgeloop het op die optog na Washington soos in Bron 3C uitgebeeld. • Bron 3B verklaar dat swart mense nie meer bereid was om te wag vir hul vryheid wat duidelik in Bron 3C gedemonstreer word wanneer mense die einde van diskriminasie en segregasie eis. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • ‘Meer as drie van elke vier potensiële swart kiesers in Alabama is die basiese reg ontsê om hul stembriewe uit te bring.’ • ‘Ons sal poog om die federale regering op te wek deur in duisende na die plek van registrasie op te mars.’ (Enige 1 x 2) (2) 3.5.2 [Definisie van historiese konsep binne die konteks van Bron 3D – V2] • Amerikaners wat die gedwonge beleid van rassesegregasie in die VSA ondersteun het. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Selma was ʼn KKK-vesting en die polisie is beveel om die betogers aan te val. • Die federale staat van Alabama het rassesegregasie ondersteun. • Die goewerneur van Selma/Alabama was ʼn segregasionis en het sy polisie opdrag gegee om dit af te dwing. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 3.5.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • ‘Op 6 Augustus 1965 het President Johnson die Stemregwet onderteken.’ (1 x 2) (2) 3.5.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Swart Amerikaners was toegelaat om te stem. • Diskriminerende wette wat Swart Amerikaners verhoed het om te stem, is verbied. • Alle beperkings wat swart mense verhinder het om te stem, is verbied. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: • King het ʼn beroep op sy gemeente gedoen om by ʼn stadswye, eendagboikot van stadsbusse aan te sluit nadat Rosa Parks in hegtenis geneem is. (Bron 3A) • King het ʼn beroep gedoen op eenheid terwyl hulle saamgewerk het vir geregtigheid (Bron 3A) • Busboikotte het Martin Luther King jnr. aan die voorpunt van die stryd om diskriminasie en segregasie te beëindig, geplaas (Bron 3A) • King het die optog na Birmingham georganiseer om segregasie en diskriminasie in daardie stad te beëindig (Bron 3B) • King het die optog geregverdig omdat swartes die slagoffers van ʼn gebroke belofte was. (Bron 3B) • King het hom verbind tot die stryd om segregasie en diskriminasie te beëindig toe hy gesê het dat onderdrukte mense nie vir ewig onderdruk kan word nie. (Bron 3B) • King het die behoefte beklemtoon om diskriminasie en segregasie te beëindig toe hy gesê het dat swartes nie vir ewig vir hul vryheid sal wag nie. • Optog is beëindig toe stad segregasie verban en swartes werk in stadsdepartementele winkels gegee het. (eie kennis) • King het die optog vir werksgeleenthede en vryheid in Washington in 1963 gelei (Bron 3C). • King het sy ‘Ek het ʼn droom toespraak’ voor 200 000 betogers gelewer. (Bron 3C) • ‘Ek het ʼn droom toespraak’ het gelei tot die aanvaarding van die Burgerregtewet van 1964 (Bron 3C en eie kennis) • King het die optog vanaf Selma na Montgomery gelei om stemreg vir swartes te kry. (Bron 3D) • King het die optog voortgesit ten spyte van doodsdreigemente (Bron 3D) • Optog van Selma na Montgomery was suksesvol en het tot die aanvaarding van die Stemregwet van 1965 gelei (Bron 3D) • Enige ander relevante antwoord. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 19 Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Kan nie bewyse onttrek nie of bewyse uit die bronne op ʼn baie elementêre wyse onttrek nie, bv. toon geen of min begrip van die rol wat Martin Luther King jnr. in die beëindiging van PUNTE VLAK 1 rassesegregasie en diskriminasie in die VSA in 0–2 die 1960’s gespeel het. • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag doen nie. • Onttrek bewyse uit die bronne wat meestal relevant is en tot ʼn groot mate verband hou met die onderwerp bv., toon ʼn mate van begrip van PUNTE VLAK 2 die rol wat Martin Luther King jnr. gespeel het 3–5 in die beëindiging van rassesegregasie en diskriminasie in die VSA in die 1960’s. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier. • Gebruik bewyse uit bronne baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon, bv., toon ʼn deeglike begrip van die rol wat Martin Luther King jnr. gespeel het PUNTE VLAK 3 in die beëindiging van rassesegregasie en 6–8 diskriminasie in die VSA in die 1960’s. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG – VIËTNAM [Beplan en bou ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet aandui of hulle saam met die stelling stem of nie. As hulle met die stelling saamstem, moet hulle verduidelik hoe moeilik die oorlog vir Amerika was en hoe die publiek teen die oorlog gedraai het. As hulle daarteen stem, moet hulle hul argument met relevante historiese bewyse staaf. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet saam of teen die stelling stem en kortliks aandui hoe hulle hul argument sal ondersteun. UITBREIDING • Genève-ooreenkoms en verdeling van Viëtnam • Diem se weiering om verkiesings en stigting van kommunistiese Viëtkong • Vietkong het ʼn guerrilla-oorlog teen Suid-Viëtnam begin • Redes vir die VSA se betrokkenheid in Viëtnam: Inperking en domino teorie • VSA het wapens en adviseurs gestuur – Vietkong ondersteun deur China Rusland en die Viëtminh via die Ho Chi Minh Roete • VSA implementeer veilige dorpsbeleid – misluk omdat die Vietkong binne die dorpe bedryf het • Vietkong gebruik suksesvolle guerrilla-taktiek (lokvalle, ondergrondse tonnels, verrassing aanvalle, tref en trap ens.) • Vietkong was boere deur die dag en vryheidsvegters/guerrillavegters in die nag • VSA het geglo dat oorlog maklik gewen kan word deur troepe na Viëtnam te stuur • Golf van Tonkin en ontplooiing van Amerikaanse troepe na Viëtnam • Operasie Rolling Thunder om die Chi Minh Roete te vernietig – mislukking • VSA gebruik van chemiese wapens (Agent Orange en Agent Blue) draai die Viëtnamese bevolking teen die VSA • Teen 1965 was daar meer as 500 000 troepe in Viëtnam • Die VSA ontplooi grondtroepe wat soek-en-vernietig veldtogte loods – hulle was maklike teikens vir die Vietkong wat die dekking van die oerwoud tot hul voordeel gebruik het. • Die Vietkong het gereageer met die Tet-offensief – verrassingsaanvalle en het 100 stede beset. • Tet-offensief het tot 14 000 Amerikaanse ongevalle gelei. • TV het die gruwels van oorlog blootgestel – baie mense het Amerika se betrokkenheid by die oorlog begin bevraagteken • Die VSA se gruweldade en die My Lai-slagting het openbare mening teen die oorlog gedraai. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 21 • Gelei tot anti-oorlog betogings in die VSA • Baie was oortuig dat die VSA nie die oorlog kon wen nie en druk op die VSA geplaas om te onttrek. • Die Vietkong het selde aan groot gevegte/veldslae deelgeneem. • Hulle sou van nêrens af verskyn, doodmaak en verdwyn. • Die lokvalle het vrees in die Amerikaanse soldate geïnspireer wat op sy beurt tot ʼn lae moraal gelei het. • Die VSA het ʼn konvensionele oorlog gevoer wat van bomwerpers, geweerskepe en swaar gepantserde troepe afhanklik was. • Die VSA het in ʼn vreemde land geveg wat hulle nie geken of verstaan het nie. • President Nixon se Viëtnamiseringsbeleid – onttrekking van Amerikaanse troepe terwyl hulle Suid-Viëtnam verlaat om hul stryd teen die Vietkong voort te sit • Die VSA het alle troepe teen 1973 onttrek en Noord-Viëtnam het in 1975 beheer oor Saigon oorgeneem. • Viëtnam is verenig onder ʼn kommunistiese regering • Die VSA was in Viëtnam verslaan • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot afsluit. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 5: ONAFHANKLIKE ARFIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO [Beplan en bou ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet krities bespreek hoe Mobuto Sese Seko die politieke en ekonomiese uitdagings wat die Kongo in die gesig gestaar het, aangespreek ná hul verkryging van vryheid vanaf België in 1960. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet krities bespreek hoe Mobuto Sese Seko die politieke en ekonomiese uitdagings wat die Kongo in die gesig gestaar het, aangespreek het ná die verkryging van hul vryheid vanaf België in 1960. Hulle moet ook aandui hoe hulle hul argument sal ondersteun. UITBREIDING • Die Kongo het in 1960 onafhanklikheid vanaf België verkry. • Mobutu Sese Seko het deur ʼn staatsgreep aan bewind gekom en hy het ʼn eenpartystaat gestig. • Implementeer ʼn beleid wat Afrika-oortuigings en -praktyke beklemtoon het. (Authenticité) • Die Kongo was hoogs verdeeld langs etniese lyne met leiers wat met mekaar meegeding het. • Opposisiepartye was onderdruk. Daar was bewyse van gevangenisstraf en menseregteskending van diegene wat teen die leierskap gepraat het. • Mobuto het ʼn kleptokrasie geskep, waar ʼn groep aangestelde amptenare hul posisies vir finansiële gewin misbruik het. • Mobutuïsme het tot ʼn outokratiese staat en ʼn persoonlikheidskultus gelei. • Het ʼn sterk gesentraliseerde regering geskep. • Politieke stabiliteit is deur outoritarisme verkry. • Die Kongo het ʼn enkel-produk ekonomie geërf. • Het swaar op landbou en minerale ontginning gesteun. • Mobuto het ʼn doeltreffende ekonomiese strategie geïmplementeer, insluitend die nasionalisering van die koper- en mynbedryf. • Die doel was om die ekonomie te ontwikkel of te diversifiseer, ekonomiese groei en werkskepping te bevorder tot voordeel van alle burgers. • Inflasie is gestop en uitset het toegeneem. • Mobuto het Zaïreanisasie aangekondig, ʼn beleid wat buitelanders met Zaïrese burgers, vervang het. • Beleid misluk as gevolg van onervarenheid/korrupsie • Klein ondernemings wat deur buitelanders besit is, is genasionaliseer. (Aan vriende en familie gegee) • Mobuto het die meeste van die geld uit beleggings en lenings gebruik om homself te verryk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 23 • Mobuto Sese Seko kon nie daarin slaag om ʼn belangrike vervaardigings- bedryf te ontwikkel nie. • Die Kongo het gesukkel om ekonomies te ontwikkel. • Afname in die toestand van infrastruktuur • Die ekonomie het in duie gestort en tot voedseltekorte gelei. • Toepassing van retrosessie om die ekonomie te red. (Zaïre burgers is deur buitelanders vervang) • Baie min buitelanders het teruggekeer en die ekonomie het nie verbeter nie. • Zaïre was afhanklik van buitelandse agentskappe soos die Wêreldbank. (Mobuto se ekonomiese onafhanklikheid nie gerealiseer nie) • Mobuto het president tot met sy dood in 2007 gebly. • Enige ander relevante antwoord. • Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING PROTES VAN DIE 1950’s TOT DIE 1970’s – DIE SWARTMAGBEWEGING [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet aandui tot watter mate die Swartmagbeweging suksesvol was in die verkryging van selfstandigheid, selfverdediging en rasse trots vir Swart Amerikaners in die VSA gedurende die 1960’s. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate die Swartmagbeweging suksesvol was in die verkryging van selfstandigheid, selfverdediging en rasse trots vir Swart Amerikaners in die VSA gedurende die 1960’s Kandidate moet aandui hoe hulle van plan is om hul argument te ondersteun. UITBREIDING • Swartmag was ʼn filosofie wat swartes aangemoedig het om dinge vir hulself te doen. • Redes vir die opkoms van die Swartmag: woon in ghetto’s en krotbuurte / swak behuising; swak fasiliteite (skole, gesondheid, ens.); gebrek aan werk en armoede; polisie brutaliteit. • Baie jong swartes het geglo dat die BRB nie die armoede en magteloosheid van swartes aangespreek het nie. • Hierdie Swartes het ongeduldig geraak met die stadige tempo van verandering en het die nie-gewelddadige taktiek van die BRB verwerp • Hierdie swartes het die gebruik van geweld ondersteun en nasionalistiese gevoelens uitgespreek. • Hierdie nasionalistiese gevoelens het saamgeval met rasse-onluste in die VSA oor polisie wreedheid • Op 16 Junie 1966 het Stokely Carmichael die slagspreuk Swartmag in ʼn toespraak gebruik ná die skietery van James Meredith in die Optog teen Vrees. • Swartmag is ʼn ideologie wat rasse trots, selfbeskikking en die bereiking van ekonomiese en politieke vryheid/mag vir swartes voorgestaan het. • Dit het ook Swarts aangemoedig om hulself te verdedig • Dit het verder gepleit dat Swartes vryheid van wit gesag soek • Malcolm X word as die intellektuele vader van Swartmag beskou. • Malcolm X het swart selfversorgendheid en gewapende selfverdediging teen wit onderdrukking bepleit • Hy het sy volgelinge aangemoedig om hul regte ‘op enige manier wat nodig is’ te verseker • Hy was ten gunste van swart separatisme in plaas van integrasie, rewolusie in plaas van hervorming • Na sy Mekka-reis het hy teruggekeer en by die BRB aangesluit in die nie- gewelddadige stryd teen segregasie en rassisme • Hy is egter op 21 Februarie 1965 deur lede van die Nasie van Islam vermoor. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 25 • Stokely Carmichael was ontevrede met die stadige tempo van verandering en die konsekwente polisie wreedheid teen swartes • In 1966 het hy die slagspreuk Swartmag in ʼn toespraak gebruik ná die skietery van James Meredith in die Optog teen Vrees. • Hy het in swart separatisme geglo in plaas van daardie rasse-integrasie • Hy was krities oor die VSA se betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog • Hy het ʼn plan bevorder om die VSA in afsonderlike swart en wit state te verdeel. • Hy het wit idees oor styl en mode verwerp en swartes aangemoedig om afro’s en Afrika-klere te dra • Hy is in 1966 in hegtenis geneem terwyl hy aan ʼn protesoptog deelgeneem het. • Sy paspoort is gekonfiskeer en hy het na Guinee in Wes-Afrika verhuis. • In 1966 het Bobby Searle en Huey Newton op die Swartmag ideologie gereageer deur die Black Panther Party vir Selfverdediging te stig. • Die BPP het ʼn militante groep binne die Swartmagbeweging geword. • Die BPP het ʼn Tien punt-plan uitgereik om hul doelwitte te verwesenlik • Hierdie dokument was ondersteun deur diegene wat onder blanke onderdrukkende beheer gely het. • Die BPP het die binneste stede gepatrolleer om Swartes teen polisie wreedheid te beskerm • Hulle het finansiële vergoeding geëis vir jarelange rasse-uitbuiting • Die BPP het Swarts toegang tot gratis mediese klinieke en gratis ontbyt vir kinders verskaf • Die BBP het ook kindersorg- en geletterdheidsprojekte in swart gemeenskappe bedryf • BPP het geëis dat swart geskiedenis in swart skole en universiteite onderrig word en ook swart mode verklarings ondersteun • Tussen 1967 en 1968 het hulle gewelddadige botsings met die polisie gehad. • Die BPP het baie gewilde en gevestigde takke in al die groot stede gehad. • Die mees voor die hand liggende vorme van rassediskriminasie het tot ʼn einde gekom. • Rasse geweld het tot ʼn groot mate afgeneem • Miljoene swartes is uit armoede opgehef • Swartes is tot openbare ampte verkies • Regstellende aksie beleid is geïmplementeer vir regerings indiensneming • Swartes het volle gelykheid met wittes verkry • Groter rasse trots en selfvertroue is onder swartmense ingeboesem. • Stemregwet van 1965 het geletterdheidstoetse uitgeskakel as ʼn vereiste om te stem. • Daar was ʼn toename in federale besteding aan behoeftiges. • Daar was ʼn sosiale en ekonomiese mobiliteit van Afro-Amerikaners. • Enige ander relevante antwoord. • Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all