Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)



View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 193.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP ONTWIKKELENDE
LANDE GEHAD?
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
VRAAG 5: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
OOREENKOMS EN DIE RNE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Minstens EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde óf ʼn opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling
nie. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET WIT SUID-AFRIKANERS DIE APARTHEIDSREGERING
GEDURENDE DIE 1980’s UITGEDAAG?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Definieer die term diensplig in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Wat, volgens die bron, was die hoofdoelwitte van die ECC? (2 x 1) (2)
1.1.3 Waarom dink jy, was die ECC teen diensplig en militarisering gekant?
(1 x 2) (2)
1.1.4 Verduidelik hoe die SAW die apartheidstelsel binne en buite Suid-
Afrika in die middel-tagtigs beskerm en gehandhaaf het. (2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Waarom, dink jy, het die ECC vir ʼn beëindiging van militêre diensplig
gevra? (1 x 2) (2)
1.2.2 Waarmee, volgens die bron, het jong mans te staan gekom wat
geweier het om diensplig te verrig? (2 x 1) (2)
1.3 Vergelyk Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1B die inligting in
Bron 1A ondersteun rakende die redes waarom die ECC anti-militêre
diensplig-veldtogte gehou het. (2 x 2) (4)
1.4 Lees Bron 1C.
1.4.1 Noem die eerste jongman uit die bron wat geweier het om in die
SAW te dien. (1 x 1) (1)
1.4.2 Lewer kommentaar op wat Anton Eberhard met sy stelling geïmpliseer
het: “Dit is my oortuiging dat die huidige regering geen reg het om aan
bewind te bly nie, en enige organisasie wat dit in staat stel om dit te
doen, kan nie ondersteun word nie,” in die konteks van sy teenkanting
teen diensplig. (2 x 2) (4)
1.4.3 Haal bewyse uit die bron aan wat die heersende wit houding teenoor
beswaarmakers beklemtoon. (1 x 2) (2)
1.4.4 Watter deurslaggewende faktore, volgens die bron, het Eberhard se
besluit beïnvloed om nie aan sy oproep gehoor te gee nie? (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.5 Raadpleeg Bron 1D.
1.5.1 Hoekom dink jy was die land in 1985 aan die brand? (2 x 2) (4)
1.5.2 Verduidelik die term sluipmoord in die konteks van opposisie teen die
regering se beleid in die 1980’s. (1 x 2) (2)
1.5.3 Hoe, volgens die bron, het die regering die aktiwiteite van die ECC
onderdruk? (3 x 1) (3)
1.5.4 Lewer kommentaar op wat Adriaan Vlok met sy stelling geïmpliseer
het: “... dat die ECC deel was van die revolusionêre aanslag teen
Suid-Afrika.” (1 x 2 ) (2)
1.5.5 Hoe bruikbaar sal hierdie bron wees vir ʼn historikus wat die reaksie
van die regering op die totstandkoming van die ECC navors? (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe wit Suid-Afrikaners die apartheidsregering gedurende die 1980’s
uitgedaag het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE MOORD OP AKTIVIS SIPHIWO MTIMKULU GEHANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Wat, volgens die bron, was die Waarheidskommissie se werk sedert
April 1996? (2 x 1) (2)
2.1.2 Definieer die term amnestie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.3 Wie, volgens die bron, was die kommissie se rots van
geloofwaardigheid? (1 x 2) (2)
2.1.4 Lewer kommentaar oor wat met die volgende stelling geïmpliseer word:
‘die amnestieverhore het wettige toutrekkery geword,’ in die konteks
van die doelwitte van die WVK. (2 x 2) (4)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Noem die organisasie vanuit die bron waarby Mtimkulu in 1979
aangesluit het. (1 x 1) (1)
2.2.2 Waarom, dink jy, het die veiligheidspolisie Mtimkulu en sy bewegings
fyn dopgehou? (2 x 2) (4)
2.2.3 Definieer die term marteling in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2)
2.2.4 Hoe, volgens Joyce Mtimkulu, is haar seun gemartel? (2 x 1) (2)
2.3 Verwys na Bron 2C.
2.3.1 Waarom, dink jy, is hierdie foto geneem? (2 x 2) (4)
2.3.2 Watter bewyse in die bron stel voor dat Siphiwo Mtimkulu die stryd
teen apartheid sal voortsit? (1 x 2) (2)
2.4 Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2C die inligting in
Bron 2B aangaande die behandeling van anti-apartheidsaktiviste deur die NP-
regering, ondersteun. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.5 Lees Bron 2D.
2.5.1 Wie, volgens die bron, het erken dat hy die Oos-Kaapse studenteleier
Siphiwo Mtimkulu, tereggestel het? (1 x 1) (1)
2.5.2 Waarom, dink jy, het generaal Nic van Rensburg oorspronklik gelieg
oor sy betrokkenheid by die moord op Siphiwo Mtimkulu? (2 x 2) (4)
2.5.3 Wie, volgens die bron, is saam met Siphiwo Mtimkulu ontvoer en
vermoor? (1 x 2) (2)
2.5.4 Lewer kommentaar oor wat Van Rensburg geïmpliseer het toe hy
Mtimkulu en Madaka beskryf het as ‘twee groot ratte (dele) in die
revolusionêre stryd’ wat uitgeskakel moes word. (1 x 2) (2)
2.5.5 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus
wat die moord op Siphiwo Mtimkulu bestudeer. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) die moord op die aktivis
Siphiwo Mtimkulu gehanteer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 7
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP ONTWIKKELENDE
NASIES GEHAD?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Definieer die begrip globalisasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Identifiseer die TWEE finansiële instellings uit die bron wat
globalisering op die wêreld afdwing. (2 x 1) (2)
3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
verband tussen globalisering en demokrasie. (1 x 2) (2)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Wat, volgens die bron, was die resultate van globalisering? (2 x 1) (2)
3.2.2 Lewer kommentaar op waarom globalisering nie die gaping tussen die
wêreld se armste lande en die wêreld se rykste lande kan verminder
nie. (2 x 2) (4)
3.2.3 Verduidelik of McDonalds gesien kan word as ʼn voorbeeld van hoe
tipiese besighede in die globale ekonomie funksioneer. (2 x 2) (4)
3.2.4 Wat, volgens die bron, is die rolle van minder ekonomies ontwikkelde
lande in ʼn geglobaliseerde ekonomie? (2 x 1) (2)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik die boodskap wat die spotprent aangaande globalisasie
oordra. (2 x 2) (4)
3.3.2 Haal bewyse uit die bron aan wat verduidelik waarom Afrika
nie bereid was om die Weste te vergewe nie. (2 x 1) (2)
3.3.3 Lewer kommentaar oor die impak van globalisering soos in die
spotprent uitgebeeld op:
(a) Die Weste (1 x 2) (2)
(b) Lande van Afrika (1 x 2) (2)
3.4 Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die inligting
in Bron 3B ondersteun aangaande die invloed wat globalisering op
ontwikkelende nasies gehad het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.5 Bestudeer Bron 3D.
3.5.1 Noem enige TWEE deurslaggewende rolle uit die bron wat
globalisering op Derdewêreldlande speel. (2 x 1) (2)
3.5.2 Verduidelik die konsep kulturele imperialisme in die konteks van
globalisering. (1 x 2) (2)
3.5.3 Lewer kommentaar oor die beperking van die inligting in hierdie bron
vir ʼn historikus wat die impak wat globalisering op ontwikkelende
lande gehad het, bestudeer. (2 x 2) (4)
3.5.4 Hoe, volgens die bron, is Derdewêreldlande met die res van die
wêreld verbind? (2 x 1) (2)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak
wat globalisering op onder-ontwikkelende nasies het, verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE
vrae nie.
Die opstel moet min of meer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
‘Die Swart Bewussyn-filosofie het trots onder swartes ingeboesem en hulle
gemobiliseer om die apartheidstaat in Suid-Afrika in die 1970’s uit te daag.’
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou argument deur van relevante bewyse
gebruik te maak. [50]
VRAAG 5: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
OOREENKOMS EN DIE RNE
‘Terwyl hy die nodige erkenning gegee word, moet daarop gelet word dat die
geboorte van ʼn demokratiese Suid-Afrika op 27 April 1994 nie net die gevolg was
van die rol wat Nelson Mandela gespeel het nie.’
Bespreek die stelling krities. Motiveer jou argument deur relevante bewyse te
gebruik. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ̓ N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
Verduidelik tot watter mate Gorbachev se hervormingsbeleide van glasnost en
perestroika die Nasionale Party en African National Congress beïnvloed het om in
1994 ʼn ooreenkoms te bereik.
Motiveer jou argument deur relevante bewyse te gebruik. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum