Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 180.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA – UITDAGING WAT KONGO NA
AFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in
die ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE GEALLIEERDE MAGTE OP DIE SOWJET-
BLOKKADE VAN BERLYN IN 1948 GEREAGEER?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Haal enige VIER bewysstukke uit die bron aan wat daarop dui dat
Berlyn enorme skade tydens die Tweede Wêreldoorlog gely het.
(4 x 1) (4)
1.1.2 Wat, volgens die bron, het hongersnood in Berlyn verhoed? (1 x 1) (1)
1.1.3 Identifiseer die belangrikste detail uit die bron wat die Geallieerde
Magte tydens die onderhandelinge oor die hoof gesien het. (1 x 1) (1)
1.1.4 Wat word geïmpliseer met die stelling: ‘Die Geallieerdes was slegs
in Berlyn met die spesiale toestemming van die Sowjetunie ... en dat
hierdie spesiale toestemming teruggetrek kon word’, in die konteks
van die Berlynse Blokkade van 1948? (1 x 2) (2)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Noem die TWEE lande uit die bron wat Bizonia gevorm het. (2 x 1) (2)
1.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
hoe die Westerse Bondgenote en Rusland oor die ekonomiese
herstel van Duitsland verskil het. (2 x 2) (4)
1.2.3 Verskaf TWEE redes, uit die bron, waarom Rusland besluit het om
Wes-Berlyn in 1948 te blokkeer. (2 x 1) (2)
1.2.4 Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.2.5 Wat dink jy het Stalin gehoop om met die blokkade van Berlyn te
bereik? (2 x 2) (4)
1.2.6 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
wat die oorsake van die Berlynse Blokkade van 1948 navors.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Noem die TWEE opsies uit die bron wat die Geallieerde Magte oor
die Berlynse Blokkade moes konfronteer. (2 x 1) (2)
1.3.2 Verduidelik die historiese term blokkade in die konteks van Koue
Oorlogspanning. (1 x 2) (2)
1.3.3 Waarom dink jy het die Geallieerde Magte geweier om uit Wes-
Berlyn te onttrek? (1 x 2) (2)
1.3.4 Lewer kommentaar op die redes waarom Stalin geweier het om die
vliegtuie neer te skiet. (1 x 2) (2)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Waarom dink jy, was hierdie foto geneem? (1 x 2) (2)
1.4.2 Verduidelik waarom hierdie foto tydens die Koue Oorlog-era as
ikonies beskou is. (1 x 2) (2)
1.5 Verwys na Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1D die
inligting in Bron 1C rakende die Berlynse Lugbrug ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Geallieerde Magte op die Russiese blokkade van Berlyn
in 1948 gereageer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: WAAROM IS DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE AS ’N
KEERPUNT IN DIE GESKIEDENIS VAN SUIDER-AFRIKA
BESKOU?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Noem die TWEE lande uit die bron wat in 1987 ʼn grootskaalse
aanval op UNITA geloods het. (2 x 1) (2)
2.1.2 Verskaf VIER redes uit die bron waarom die SAW besluit het om
Cuito Cuanavale in Angolese besit te laat. (4 x 1) (4)
2.1.3 Verduidelik die term dooiepunt in die konteks van die uitkoms van
die Slag van Cuito Cuanavale. (1 x 2) (2)
2.1.4 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die verklaring: ‘Angola
wou vrede hê sodat haar oorlogbeskadigde ekonomie, infrastruktuur
en menslike verhoudings herstel kan word’, in die konteks van die
Slag van Cuito Cuanavale? (2 x 2) (4)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Haal EEN bewys uit die bron aan wat daarop dui dat die Suid-
Afrikaanse weermag tydens die Slag van Cuito Cuanavale verslaan
was. (1 x 2) (2)
2.2.2 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik waarom die VSA ʼn vreedsame oplossing vir die
Angolese Burgeroorlog wou hê. (2 x 2) (4)
2.2.3 Wat word geïmpliseer met Castro se woorde: ‘Ek glo dat ons optrede
beslissend die vooruitsigte vir vrede wat nou in die streek
teenwoordig is, ʼn hupstoot gegee het’ in die konteks van Kuba se
betrokkenheid by die Slag van Cuito Cuanavale’? (1 x 2) (2)
2.2.4 Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir geskiedkundiges wat
die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale navors. (2 x 2) (4)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Wat, volgens die bron, was die doel van die VN-resolusie 435 van
1978? (1 x 2) (2)
2.3.2 Verduidelik hoe Pik Botha se interpretasie van Resolusie 435 van
1978 van Ronnie Kasrils se siening/interpretasie verskil het. (1 x 2) (2)
2.3.3 Watter bewyse in die bron dui daarop dat die nederlaag van die
SAW tydens Cuito Cuanavale ʼn groot impak op Suid-Afrika gehad
het? (2 x 1) (2)
2.3.4 Definieer die konsep demokrasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.4 Bestudeer Bron 2D.
2.4.1 Watter boodskappe dra die foto oor met betrekking tot die impak
van die Slag van Cuito Cuanavale op SA en SWA? (2 x 2) (4)
2.4.2 Lewer kommentaar op hoe die onafhanklikheid van Namibië tot
vrede in Suider-Afrika bygedra het. (1 x 2) (2)
2.5 Verwys na Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2D die
inligting in Bron 2C ondersteun rakende die impak van die Slag van Cuito
Cuanavale op die politieke geskiedenis van Suider-Afrika na 1988. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik waarom die Slag van Cuito Cuanavale as ʼn keerpunt in die
geskiedenis van Suider-Afrika beskou is. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 3: WATTER ROL HET MARTIN LUTHER KING JNR. GESPEEL IN
DIE BEËINDIGING VAN RASSESEGREGASIE EN
DISKRIMINASIE IN DIE VSA GEDURENDE DIE 1960’s?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Definieer die konsep burgerregte in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Waarom, volgens die bron, was Rosa Parks beveel om te
beweeg? (1 x 2) (2)
3.1.3 Haal EEN bewys uit die bron, wat daarop aandui dat Martin Luther
King Jnr. ʼn leidende rol in die stryd om burgerregte van Swart
Amerikaners in die VSA in 1955 gespeel het. (1 x 2) (2)
3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
die busboikotte daarin geslaag het om segregasie op busse in
Montgomery te beëindig. (1 x 2) (2)
3.2 Gebruik Bron 3B.
3.2.1 Verskaf VIER redes uit die bron wat daarop dui dat Martin Luther
King Jnr. bekommerd oor die situasie in Birmingham was. (4 x 1) (4)
3.2.2 Wat dink jy het Martin Luther King Jnr. geïmpliseer met die
woorde: ‘Ons was die slagoffers van ʼn gebroke belofte’, in die
konteks van die optog na Birmingham? (1 x 2) (2)
3.2.3 Watter gevolgtrekking kan gemaak word oor die houding van
blanke politieke leiers teenoor rasse-integrasie in Birmingham?
(1 x 2) (2)
3.2.4 Verduidelik wat Martin Luther King Jnr. bedoel het met die stelling:
‘Onderdrukte mense kan nie vir ewig onderdruk bly nie.’ (1 x 2) (2)
3.2.5 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
wat Martin Luther King Jnr. se rol in die Burgerregtebeweging in die
VSA gedurende die 1960’s navors. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Watter boodskappe dra die foto oor met betrekking tot die optog na
Washington op 28 Augustus 1963? Gebruik visuele leidrade uit die
bron om jou antwoorde te ondersteun. (2 x 2) (4)
3.3.2 Verduidelik waarom jy dink Martin Luther King Jnr. se, ‘Ek het ʼn
droom toespraak’, as een van die beste toesprake wat gelewer
was, beskou word. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.4 Bestudeer Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
inligting in Bron 3B rakende die doelwitte van die Burgerregtebeweging
ondersteun. (2 x 2) (4)
3.5 Lees Bron 3D.
3.5.1 Waarom, volgens die bron, het Martin Luther King Jnr. die optog
van Selma na Montgomery georganiseer? (1 x 2) (2)
3.5.2 Definieer die konsep segregasionis in die konteks van die
Burgerregtebeweging in die VSA. (1 x 2) (2)
3.5.3 Verduidelik waarom Swart Amerikaners aan polisie-brutaliteit in
Selma onderwerp was. (1 x 2) (2)
3.5.4 Kies EEN bewys uit die bron wat daarop dui dat die optog van
Selma na Montgomery suksesvol was. (1 x 2) (2)
3.5.5 Lewer kommentaar op die betekenis van die Stemregwet van 1965
op Swart Amerikaners wat in die 1960’s in die VSA gewoon het.
(1 x 2) (2)
3.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer agt lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol wat
Martin Luther King Jnr. gespeel het in die beëindiging van rassesegregasie
en diskriminasie in die VSA in die 1960’s verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Die VSA het in 1975 uit Viëtnam onttrek omdat die oorlog moeiliker geword het en
die publiek tuis teen die VSA se deelname gedraai het.
Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou antwoorde met relevante historiese
bewyse. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA – UITDAGINGS WAT KONGO IN DIE
GESIG NA ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET
Bespreek krities hoe Mobutu Sese Seko die Kongo se politieke en ekonomiese
uitdagings aangespreek het na die verkryging van onafhanklikheid vanaf België in
1961.
Gebruik relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
SWARTMAGBEWEGING
Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging suksesvol was in die verkryging
van selfstandigheid, selfverdediging en rassetrots vir Swart Amerikaners in die VSA
gedurende die 1960’s. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum