Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Addendum (Afr)

AddendumHistoryGrade 12202214 pages

Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 1: HOE HET DIE GEALLIEERDE MAGTE OP DIE SOWJET-BLOKKADE VAN BERLYN IN 1948 GEREAGEER? BRON 1A Die volgende bron beskryf die ekonomiese toestande in Berlyn na die Tweede Wêreldoorlog. Soos die res van Duitsland het Berlyn groot skade gely. Behuisingsruimte is ernstig verminder. Sowat 70 persent is beskadig, maar kon steeds skuiling bied. Slegs 43 persent van die werkplekke in Berlyn het oorleef. Hospitaalbeddens is van 33 000 tot 8 500 verminder. Nie een van Berlyn se sewe-en-tagtig rioolstelsels het gefunksioneer nie, so siektes soos tifus en disenterie het vinnig versprei, ʼn situasie wat vererger was deur die tekort aan dokters. Die voedselstelsel was ook van kritieke belang. Berlyn kon slegs 2 persent van wat benodig was, produseer. Slegs die invoer van voedsel uit die Sowjet-besettingsone het hongersnood voorkom. Die Sowjetunie het geweier om Westerse troepe vir twee maande in Berlyn toe te laat ná die stad se oorgawe op 7 Mei 1945. Gedurende daardie agt weke was Berlyn en die Berlyners aan wrede behandeling deur die Sowjetleër onderwerp. In die verwarring om die oorlog te beëindig, die onderhandeling van hoe die naoorlogse Europa daarna sou uitsien en die vasstelling van die besetting, het die Geallieerde beplanners ʼn beduidende detail oor die hoof gesien: geen formele ooreenkoms het Westerse toegang deur oppervlakvervoer gewaarborg nie. Geleenthede om toegang te onderhandel, het hulself tussen 1944 en 1946 voorgekom, maar ander sake het voorkeur geniet. Daar is aanvaar dat die teenwoordigheid van die Westerse garnisoene toegang gewaarborg het; dat die Weste altyd met die Sowjetunie oor die weg kon kom en dus geen rede vir skriftelike waarborge was nie. Die gebrek aan ʼn formele ooreenkoms het die Sowjetunie in staat gestel om te beweer dat die Geallieerdes slegs met die spesiale toestemming van die Sowjetunie in Berlyn was, nie as gevolg van hul regte as oorwinnaars nie, en dat hierdie spesiale toestemming teruggetrek kon word. [Uit The Making of the Modern World deur Christopher Condon] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die onderstaande bron beskryf die redes waarom Rusland besluit het om toegang na Berlyn in 1948 te blokkeer. In 1947 was daar groot verskuiwings in besettingsbeleid in Duitsland. Op 1 Januarie het die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk hul onderskeie sones verenig en Bizonia gevorm, wat spanning tussen die Ooste en die Weste laat toeneem het. In Maart het die ineenstorting van die Moskou-konferensie van Buitelandse Ministers en die aankondiging van die Truman Doktrine gedien om die lyne van ʼn toenemend bipolêre (twee-ledige) internasionale orde te verhard. In Junie het die Minister van Buitelandse Sake, George Marshall, die Europese Herstelprogram aangekondig. Die doel van die Marshall-plan – soos die program genoem is – was nie net om ekonomiese herstel in Wes-Europa te ondersteun nie, maar ook om – buffer teen kommunisme te skep deur deelnemende state in die Verenigde State se ekonomiese wentelbaan te trek. Vroeg in 1948 het die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Frankryk in die geheim begin beplan vir die skepping van ʼn nuwe Duitse staat wat uit die Westerse Geallieerdes besettingsones sou bestaan. In Maart, toe die Sowjetunie hierdie planne ontdek het, het hulle hulle aan die Geallieerde Beheerraad onttrek, wat sedert die einde van die oorlog gereeld vergader het om besettingsbeleid tussen sones te koördineer. In Junie, sonder om die Sowjetunie in te lig, het Amerikaanse en Britse beleidmakers die nuwe Deutschmark aan Bizonia en Wes-Berlyn bekendgestel. Die doel van die valutahervorming was om ekonomiese beheer van die stad van die Sowjetunie oor te neem, om die implementering van die Marshall-planhulp moontlik te maak en die stad se swartmark te bekamp. Sowjet-owerhede het met soortgelyke skuiwe in hul sone gereageer. Benewens die uitreiking van hul eie geldeenheid, die Ostmark, het die Sowjetunie alle groot pad-, spoor- en kanaalroetes na Wes-Berlyn geblokkeer en sodoende dit van elektrisiteit ontneem asook van ʼn bestendige vloei van noodsaaklike voedsel en steenkool. [Uit https://history.state.gov/milestones/1945-1952/berlin-airlift. Toegang op 15 April 2022 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) BRON 1C Die onderstaande bron verduidelik hoe die Geallieerde Magte op die Russiese Blokkade van Berlyn in 1948, gereageer het. Die Geallieerdes het verskeie opsies gehad om die Berlynse blokkade te konfronteer. Hulle kon probeer om toevoerroetes op die grond oop te maak, of hulle kon Berlyn uit die lug voorsien. Die eerste instink van genl. Lucius D. Clay, Amerikaanse militêre goewerneur, was om voor te stel dat ʼn Amerikaanse gepantserde kolom onmiddellik op die pad na Berlyn geplaas word. Die ... VSA het dit goedgekeur met die bepaling dat die gepantserde kolom nie sou probeer om sy pad oop te veg as die Russe nie in sou gee nie. Clay het geweier om onder daardie omstandighede voort te gaan. In die lig van die beperkte grondopsies was daar geen ander opsie as om Berlyn per lug te voorsien. Die Geallieerdes het in Julie begin met die vermoë om meer as 2 000 ton per dag te lewer en het die veldtog voltooi met die vermoë om 6 000 tot 7 000 ton per dag te vervoer. Geallieerde vliegtuie moes Berlyn voorsien van nie net genoeg kos en voorrade om die blokkade te oorleef nie, maar genoeg kos en voorrade om as ʼn gemeenskap te floreer. Berlyn het voldoende voorrade byderhand gehad om vir ongeveer 30 dae te duur. Teen die begin van 1949 het vervoervliegtuie vanaf agt vertrek-vliegvelde na drie aankoms- vliegvelde gewerk. Die noue korridors in en uit Berlyn, tesame met beperkte lugruim oor die stad en die vasgestelde opritruimte op die drie Berlynse vliegvelde, het ʼn vereiste geplaas om elke gleuf met presisie te gebruik ... Generaal Tunner se deurlopende vloei was op ʼn drie-minuut vertrek interval gebaseer. Dit het uitgeloop op 480 landings in ʼn 24-uur dag by elk van die drie Berlynse vliegvelde. [Uit http://www.jstor.com/stable/resrep13825.9. Toegang op 21 November 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Hierdie foto wat in 1948 geneem is, toon ʼn Amerikaanse vervoervliegtuig wat voorrade vervoer en op die punt is om by Tempelhof-lughawe, Wes-Berlyn, te land. [Uit The Oxford Illustrated History of Modern Europe, geredigeer deur TCW Blanning] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 2: WAAROM IS DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE AS ’N KEERPUNT IN DIE GESKIEDENIS VAN SUIDER-AFRIKA BESKOU? BRON 2A Die volgende bron verduidelik hoe die Slag van Cuito Cuanavale in 1987 ontvou het. In Augustus 1987 het Angolese en Kubaanse taakmagte onder ʼn Russiese bevelvoerder ʼn grootskaalse aanval op UNITA begin. Die Suid-Afrikaanse troepe wat tot die redding gehaas is, het vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog van tenks gebruik gemaak. Die gevegte wat noord van Mavinga gewoed het, is bekend as die grootste stryd tot op datum in Afrika suid van die Sahara. Die Suid-Afrikaners, ondersteun deur UNITA, het die Angolese se opmars op die Lombarivier gestop en hulle teruggedryf na Cuito Cuanavale, waar die Angolese soldate ingegrawe en hardnekkig weerstand gebied het. Hulle het ook toenemende steun van hul lugmag begin kry terwyl die Suid-Afrikaanse lugmag beheer oor die lug begin verloor het. Die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) het gedink dat Cuito Cuanavale geneem (oorwin) kan word, maar dat dit die lewens van ongeveer 300 wit soldate sowel as ʼn groot aantal swart soldate van die Suidwes- Afrikaanse Territoriale Mag en UNITA sou kos. So ʼn prys is as te hoog beskou en daar is besluit om Cuito Cuanavale in Angolese besit te laat ... Cuito Cuanavale was ʼn keerpunt in die geskiedenis van Suider-Afrika. Die skaakmat daar het daartoe gelei dat alle partye weer gedink het. Dit was vir almal duidelik dat die oorwinning nie in sig was nie en dat die voortsetting van die oorlog tot voortdurende groter verliese sou lei. Suid-Afrika het dit al hoe moeiliker gevind om die enorme (groot) koste van die oorlog in Angola te regverdig, wat meer as R1 miljoen per dag beloop het. Bowenal het die verlengingslys van jong mans wat in Angola gesterf het en die toenemende militarisering van Suid-Afrika, teenstand ontlok. Terselfdertyd het Angola gesmag (verlang) na vrede sodat haar oorlogbeskadigde ekonomie, infrastruktuur en menseverhoudinge herstel kan word. [Uit South Africa in the 20th Century deur BJ Liebenberg en SB Spies (eds.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Die onderstaande uittreksel was geneem uit ʼn toespraak deur Fidel Castro (leier van Kuba) by ʼn saamtrek wat op 5 Desember 1988 deur duisende mense in Havana bygewoon is. Castro het die betrokkenheid van Kubaanse troepe in die Slag van Cuito Cuanavale verdedig. Die Angolese regering het ons (Kuba) die verantwoordelikheid gegee om Cuito Cuanavale te verdedig, en alle nodige maatreëls is getref om nie net die Suid-Afrikaners te keer nie, maar om Cuito Cuanavale in ʼn lokval te omskep, ʼn lokval waarin die Suid-Afrikaners gehardloop het. In Cuito Cuanavale het die Suid-Afrikaanse weermag regtig hul tande gebreek (sy mag verloor) ... Die Verenigde State het al ʼn geruime tyd met Angola vergader en hulself as bemiddelaars (onderhandelaars) tussen die Angolese en die Suid-Afrikaners voorgehou om ʼn vreedsame oplossing te soek, en so het die jare verbygegaan. Maar terwyl hierdie veronderstelde onderhandelinge met die Verenigde State as tussengangers (onderhandelaars) plaasgevind het, het die Suid-Afrikaners ingegryp en probeer om die Angolese situasie militêr op te los, en miskien sou hulle dit bereik het as dit nie vir die moeite was wat ons land (Kuba) gedoen het nie. Trouens, die verhouding van magte het radikaal verander. Die Suid-Afrikaners het ʼn verpletterende nederlaag in Cuito Cuanavale gely en die ergste deel vir hulle was nog op pad ... Daar is oomblikke wanneer moeilike en bitter besluite geneem moet word, en toe daardie oomblik aanbreek, het ons party en ons gewapende magte nie vir ʼn oomblik gehuiwer nie. Ek glo dit het gehelp om ʼn politieke ramp, ʼn militêre ramp vir Angola, vir Afrika en vir alle progressiewe magte te voorkom. Ek glo dat ons optrede die vooruitsigte vir vrede wat nou in die streek voorkom, beslissend ʼn hupstoot gegee het. [Uit In Defence of Socialism: Four Speeches on the 30th Anniversary of the Cuban Revolution deur F Cast] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) BRON 2C Die onderstaande bron is ʼn artikel wat deur Ronnie Kasrils, voormalige adjunkminister van Verdediging geskryf was oor die impak van die Slag van Cuito Cuanavale op Namibië en Suid-Afrika. Die sentrale kwessie was die VN se Resolusie 435 van 1978, wat ʼn einde aan die Suid- Afrikaanse besetting van Namibië en die land se onafhanklikheid geëis het. Suid- Afrikaanse en Kubaanse militêre onttrekking uit Angola was hieraan gekoppel. Dit is geskiedenis dat die laaste SAW-soldaat Angola aan die einde van Augustus 1988 verlaat het en dat Namibië in Maart 1990 onafhanklik geword het. Die apartheid minister van Buitelandse Sake, Pik Botha, het probeer om Resolusie 435 te verander en beweer dat die SAW hom slegs uit Angola sou onttrek, ‘indien Rusland en sy gevolmagtigdes dieselfde sou doen’. In Maart 1988 het Pretoria slegs aangebied om uit Namibië te onttrek – nie uit Namibië – inruil vir die onttrekking van Kubaanse magte uit Angola. Die implikasie was dat Suid- Afrika geen werklike bedoeling gehad het om die gebied prys te gee nie. Hulle het dit egter gedoen, iets wat hulle nog nooit oorweeg het voor die finale onsuksesvolle poging om Cuito Cuanavale oor te neem nie. Dit getuig dat mislukking daar, gevolg deur die Kubaanse-Angolese offensief suidwaarts, die strategiese situasie beslissend verander het, die opkoms van Pretoria se valke gebreek het en nie net tot Namibiese onafhanklikheid gelei het nie, maar ook tot die finale proses van demokratiese verandering in Suid-Afrika self. Met so ʼn nederlaag het die SAW sy invloed en aansien verloor. Ek sou argumenteer dat dit bygedra het tot die dramatiese verskuiwing in benadering vanaf die aggressiewe militaris PW Botha na FW de Klerk. Die sukses van die onderhandelinge tussen die apartheidsregime en die ANC het gevolg, wat tot ʼn demokratiese Suid-Afrika gelei het. Vanaf die 1960’s het die SAW die apartheidsregime se strategie gedien om die sogenaamde Frontliniestate te destabiliseer. By Cuito Cuanavale, 25 jaar gelede, het dit tot ʼn einde gekom. [Uit South Africa in the 20th Century deur BJ Liebenberg en SB Spies] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Die onderstaande foto beeld Sam Nujoma en FW de Klerk wat hande skud tydens die onafhanklikheidsfeesvieringe van Namibië in Maart 1990. [Uit https://www.bbc.com/news/world-africa-13891138. Toegang op 22 Februarie 2022 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 3: WATTER ROL HET MARTIN LUTHER KING JNR. GESPEEL IN DIE BEËINDIGING VAN RASSESEGREGASIE EN DISKRIMINASIE IN DIE VSA IN DIE 1960’s? BRON 3A Die volgende bron verduidelik hoe die Montgomery-busboikotte Martin Luther King Jnr. in 1955 in ʼn leierskapsposisie van die Burgerregtebeweging aangedryf het. Teen die einde van 1955, het King hom te midde van die stryd om burgerregte in die hartjie van die Suide bevind. ... Rosa Parks het pas ʼn lang dag se werk as naaldwerkster in ʼn sentrum se afdelingswinkel voltooi. Toe sy op die bus klim, het Parks ʼn sitplek in die eerste ry van die Afro-Amerikaanse afdeling beset, net om beveel te word om ʼn paar minute later te beweeg om ʼn inkomende blanke passasier te akkommodeer. Terwyl Parks voortgegaan het om te sit, het die busbestuurder die polisie betrokke gekry, wat haar in hegtenis geneem het. Parks se inhegtenisneming het King in die voorste linies van ʼn plaaslike beweging vir burgerregte gedryf.. Hy het ʼn beroep op sy gemeente gedoen om by ʼn stadswye, eendagboikot van stadsbusse aan te sluit. ... Bewus van die geskiedenis van verdeeldheid onder die stad se swart gemeenskap, het hy ʼn beroep gedoen op eenheid terwyl hulle saamgewerk het vir geregtigheid. Die busboikot het Montgomery se Afro- Amerikaanse gemeenskap verenig. Hul eerste vervoer alternatief was om Swart-Amerikaanse taxi’s in te roep om diens te lewer teen ʼn verminderde koers gelykstaande aan plaaslike bustariewe. ʼn Ingewikkelde saamry-stelsel is geskep wat inwoners in staat gestel het om die vervoer te kry wat hulle nodig gehad het. In plaas daarvan om hul dollars in blanke besighede in die middestad te spandeer, het Swart-Amerikaners toenemend van mekaar afhanklik geword en nuwe sake- en werksgeleenthede geskep. King het verklaar: “Hier in Montgomery, wanneer die geskiedenisboeke in die toekoms geskryf gaan word, sal iemand moet sê: ‘Daar het ʼn ras van swart mense geleef ... wat die morele moed gehad het om op te staan vir hul regte.’ [Uit Becoming King – Martin Luther King Jr. ‒ The making of a national leader deur Troy Jackson] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Die onderstaande bron is ʼn uittreksel uit Martin Luther King Jnr. se brief uit Birmingham- tronk waarin hy die redes vir die Burgerregtebeweging se optog in Birmingham uiteensit. Die brief is op 16 April 1963 geskryf. Ek kan nie ledig in Atlanta sit en nie bekommerd wees oor wat in Birmingham gebeur nie. ... Birmingham is waarskynlik die deeglikste gesegregeerde stad in die Verenigde State. Sy lelike rekord van polisiewreedheid is in elke deel van hierdie land bekend. Die onregverdige behandeling van Negers in die howe is ʼn berugte werklikheid. Daar was meer onopgeloste bomaanvalle van Negro-huise en kerke in Birmingham as in enige ander stad in hierdie land. Op grond van dit het Negro-leiers probeer om met die stadsvaders te onderhandel. Maar die politieke leiers het konsekwent geweier om aan goeie geloofsonderhandeling deel te neem. ... Verlede September het die geleentheid hom voorgedoen om met leiers van Birmingham se ekonomiese gemeenskap te praat. Tydens die onderhandelinge is sekere beloftes deur die handelaars gemaak – byvoorbeeld om die winkels se vernederende rassetekens te verwyder. ... Namate die weke en maande verbygegaan het, het ons besef dat ons die slagoffers van ʼn gebroke belofte was. Ons wag al meer as 340 jaar vir ons grondwetlike en Godgegewe regte. Miskien is dit maklik vir diegene wat nog nooit die angel pyle van segregasie gevoel het om te sê, “Wag.” Maar wanneer jy bose bendes gesien het, jou moeders en vaders na willekeur; hang, wanneer jy gesien het hoe polisiemanne gevul met haat jou swart broers en susters vervloek, skop of selfs doodmaak – dan sal jy verstaan waarom ons dit moeilik vind om te wag. ... Onderdrukte mense kan nie vir ewig onderdruk bly nie. Die drang na vryheid sal uiteindelik kom. Ons sal die doel van vryheid in Birmingham en regoor die land bereik. [Uit https://www.africa.upenn.edu/Articles_Gen/Letter_Birmingham.html. Toegang op 15 April 2022 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) BRON 3C Hierdie foto was geneem tydens die Optog na Washington, wat op 28 Augustus 1963 plaasgevind het. Dit beeld Martin Luther King en ander godsdiensleiers uit wat ʼn skare van 200 000 betogers lei. Dit was tydens hierdie optog dat Martin Luther King sy beroemde ‘Ek het ʼn droom toespraak’ gelewer het. [Uit https://jwa.org/media/photograph-of-march-on-washington-featuring-we-march-for-signs-and- civil-rights-movement-leader. Toegang op 15 April 2022 verkry.] MARTIN LUTHER KING JNR. BEËINDIG NOU GESEGREGEERDE ONS EIS NOU REËLS IN SKOLE GELYKE ONS PROTESTEER VIR REGTE! WERK VIR ALMAL NOU Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Hierdie bron verduidelik waarom die Burgerregtebeweging, onder lyding van Martin Luther King Jnr. die optog van Selma na Montgomery in Maart 1965 begin het. ... Meer as drie van elke vier potensiële swart kiesers in Alabama is die basiese reg ontsê om hul stembriewe uit te bring. Toe eerwaarde King vroeg in 1965 na Selma gekom het, het hy sy luisteraars verseker dat, “Ons sal poog om die federale regering op te wek deur in duisende na die plek van registrasie op te mars”. Gedurende die volgende weke, toe swartes na die hof gemarsjeer het om te registreer, is hulle met polisieknuppels begroet en in hegtenis geneem. King, is selfs gearresteer. Soos in Birmingham is 500 Selma- skoolkinders aangemoedig om ná King se inhegtenisneming op die streek se hof te marsjeer. President Johnson het toe ʼn teenaksie gemaak en die Alabama Nasionale Wag gefederaliseer en 1 800 troepe ontplooi om die betogers op die pad na Montgomery te bewaak. Terwyl die betogers langs Roete 80 in die rigting van Montgomery beweeg het, is hulle begroet met ʼn lang en konstante stroom teenstaanders en blanke segregasioniste wat geskree het: “Yankee-vuilis gaan huis toe.” Maar anders as die vroeëre optog van Selma was daar geen geweld nie. Die optog het vyf dae geduur. Namate die betogers die buitewyke van Montgomery genader het, het die woord gesirkuleer van ʼn komplot om eerwaarde King dood te maak. Onverskrokke (onbesorg) deur die bedreiging, wou King nie die optog verlaat om sy lewe te beskerm nie. King het die triomfantelike skare toegespreek. Hy het geweet dat almal moeg, maar trots op hulle prestasie was. Hy het hulle verseker dat hul optrede opgemerk word en dat hul stemme gehoor word: “Ek staan vanmiddag voor jou met die oortuiging dat segregasie op sy sterfbed in Alabama is”. Op 6 Augustus 1965 het President Johnson die Stemreg wet onderteken. Langs hom toe hy sy naam op die nuwe wet geplaas het, was Martin Luther King Jnr. en Rosa Parks. [Uit The Civil Rights Movement – Striving for Justice deur Tim McNeese.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2022) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Becoming King – Martin Luther King Jr. ‒ The making of a national leader http://www.jstor.com/stable/resrep13825.9 https://history.state.gov/milestones/1945-1952/berlin-airlift https://jwa.org/media/photograph-of-march-on-washington-featuring-we-march-for-signs- and-civil-rights-movement-leader https://www.africa.upenn.edu/Articles_Gen/Letter_Birmingham.html https://www.bbc.com/news/world-africa-13891138 In Defence of Socialism: Four Speeches on the 30th Anniversary of the Cuban South Africa in the 20th Century The Civil Rights Movement – Striving for Justice The Making of the Modern World deur Christopher Condon The Oxford illustrated History of Modern Europe Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all