Skip to content

Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12202216 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 LEWENSWETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Watter EEN van die volgende dele vang klankgolwe op? A Pinna B Timpaniese membraan C Gehoorkanaal D Eustachius-buis 1.1.2 ʼn Toestel wat gebruik word om ʼn middeloor-infeksie te behandel, is ʼn ... A ‘grommet’/dreineringspypie. B kogleêre-inplanting. C gehoorapparaat. D bikonkawe lens. 1.1.3 Watter EEN van die volgende verteenwoordig die korrekte volgorde tydens die oordrag van ʼn klankstimulus in die oor? A Vibrasie → klankgolf → drukgolf → impuls B Klankgolf → vibrasie → drukgolf → impuls C Impuls → drukgolf → vibrasie → klankgolf D Klankgolf → impuls → drukgolf → vibrasie 1.1.4 Watter EEN van die volgende visuele defekte vind plaas wanneer die lens van ʼn oog troebel en ondeursigtig word? A Versiendheid B Bysiendheid C Astigmatisme D Katarakte 1.1.5 Die laag van die oog wat ryklik van bloedvate voorsien word, is die ... A retina. B sklera. C konjunktiva. D choroïed. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.1.6 ʼn Struktuur by die manlike voortplantingstelsel wat beide semen en urine vervoer is die ... A epididimis. B vas deferens. C uretra. D saadbuisies. 1.1.7 Die hormoon wat die ontwikkeling van die endometrium stimuleer, is … A FSH. B LH. C testosteroon. D estrogeen. 1.1.8 Die proses waardeur ʼn ovum uit die ovarium by die mens vrygestel word, staan as ... bekend. A ovulasie B oögenese C bevrugting D menstruasie 1.1.9 ʼn Chirurgiese verwydering van die prostaatklier kan die kanse op voortplanting by mans verminder omdat ... A spermselle in die suur toestande van die vagina kan sterf. B spermselle wat geproduseer word, abnormaal sal wees en nie kan beweeg nie. C geen spermselle tydens kopulasie vrygestel sal word nie, slegs semen. D onvolwasse spermselle in die vagina vrygestel sal word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 5 1.1.10 Die onderstaande grafieke verteenwoordig moontlike bloedglukose- en insulienvlakke van ʼn persoon. Konsentrasie in bloed W X Konsentrasie in bloed Tyd na die maaltyd Tyd na die maaltyd geëet is geëet is Y Z Konsentrasie in bloed Konsentrasie in bloed Tyd na die maaltyd geëet Tyd na die maaltyd is geëet is Glukose-vlak Insulienvlak Watter EEN van die grafieke verteenwoordig die bloedglukose- en insulienvlakke van ʼn persoon sonder diabetes mellitus na ʼn maaltyd? A W B X C Y D Z (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 ʼn Hormoon wat die produksie van melk by vrouens stimuleer 1.2.2 Die tipe seldeling wat tot die vorming van ʼn morula vanaf ʼn sigoot lei 1.2.3 Die pad wat deur ʼn impuls geneem word om ʼn reaksie op ʼn stimulus tydens ʼn refleksaksie teweeg te bring 1.2.4 Die tak van die perifere senuweestelsel wat uit simpatiese en parasimpatiese senuwees bestaan 1.2.5 Die mikroskopiese gaping wat tussen twee opeenvolgende neurone aangetref word 1.2.6 Die deel van die skedel wat die brein beskerm 1.2.7 Die tydperk van ontwikkeling van die fetus 1.2.8 ʼn Hormoon van die pituïtêre klier wat die skildklier stimuleer om sy hormoon te produseer 1.2.9 Die homeostatiese beheer van watervlakke in die bloed 1.2.10 Die deel van die brein wat die regter- en die linkerhemisfere verbind (10 x 1) (10) 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 ʼn Breinafwyking wat A: Alzheimer se siekte geheueverlies tot gevolg het B: Veelvuldige sklerose 1.3.2 Die vermoë van die oog om die A: Pupilmeganisme vorm van die lens te verander B: Binokulêre visie om op ʼn voorwerp wat naby of ver is te fokus 1.3.3 ʼn Deel van die oor wat die A: Buis van Eustachius middeloor met die farinks B: Gehoorbeentjies verbind (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 7 1.4 Die diagram verteenwoordig die homeostatiese beheer van watervlakke in die bloed wanneer ʼn persoon tydens ʼn sokkerwedstryd dehidreer. Klier B stel meer hormoon C in die bloed vry Deel A van die Deel D in die brein gestimuleer niere Watervlak in die Watervlak in die bloed daal bloed styg Normale watervlak in die bloed 1.4.1 Identifiseer: (a) Deel A (1) (b) Klier B (1) (c) Hormoon C (1) (d) Struktuur D (1) 1.4.2 Noem die effek van hormoon C op struktuur D by hierdie persoon. (1) 1.4.3 Noem EEN fisiologiese proses wat tot die lae watervlakke in die bloed van hierdie persoon sal lei. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig twee tipes neurone. A DIAGRAM I C B D DIAGRAM II 1.5.1 Identifiseer die neuron in: (a) DIAGRAM I (1) (b) DIAGRAM II (1) 1.5.2 Identifiseer deel C. (1) 1.5.3 Gee die LETTER en die NAAM van die deel wat: (a) Elektriese isolasie verskaf (2) (b) Inkomende impulse ontvang (2) 1.5.4 Watter neuron (I of II) dra impulse na die sentrale senuweestelsel oor? (1) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 9 AFDELING B VRAAG 2 2.1 DIAGRAM I toon die struktuur van ʼn normale vroulike voortplantingstelsel en DIAGRAM II toon die struktuur van ʼn vroulike voortplantingstelsel met ‘didelphys uterus’ (dubbele uterus). Vroue met ‘didelphys uterus’ kan ʼn normale swangerskap hê, maar daar kan in sommige gevalle komplikasies wees soos ektopiese swangerskappe, intra-uteriene fetale groeibeperking, abnormale plasentasie en fetale wanposisie. Serviks Serviks Serviks s DIAGRAM I DIAGRAM II 2.1.1 Tabuleer TWEE strukturele verskille tussen die vroulike voortplantingstelsels soos in DIAGRAM I en DIAGRAM II getoon. (5) 2.1.2 Noem TWEE moontlike komplikasies wat tydens swangerskap by ʼn vrou met ‘didelphys uterus’ (dubbele uterus) kan voorkom. (2) 2.1.3 ʼn Vrou met ‘didelphys uterus’ (dubbele uterus) is 10 weke swanger. Verduidelik waarom geen ander inplanting gedurende hierdie tyd in die tweede uterus sal plaasvind nie. (4) 2.2 Beskryf die strukture wat na inplanting ontwikkel om beskerming en voeding van die ontwikkelende embrio te verseker. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.3 Die diagram hieronder toon die strukture betrokke by termoregulering in die vel. Veloppervlak Sweetklier A 2.3.1 Identifiseer deel A. (1) 2.3.2 Verduidelik die toestand van deel A op ʼn koue dag. (3) 2.3.3 Vriesbrand word veroorsaak deur die dood van die weefsel rondom die tone wanneer ʼn persoon vir ʼn lang tydperk aan ʼn ernstige koue toestand blootgestel word. Verduidelik waarom die toestand van deel A wat in VRAAG 2.3.2 genoem word, tot vriesbrand kan lei. (3) 2.3.4 Anhidrose is ʼn toestand wat daartoe lei dat die sweetkliere geen sweet produseer nie. Dit kan die hele liggaam of ʼn klein deel van die liggaam beïnvloed. Anhidrose kan veroorsaak word deur ernstige brandwonde, bestraling, infeksie, inflammasie of ander beserings aan die vel. Verduidelik waarom anhidrose wat die hele liggaam aantas tot die dood kan lei wanneer die persoon vir ʼn paar uur aan baie warm toestande blootgestel word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 2.4 Die diagram hieronder toon ʼn voëlnes in ʼn hoë boom met ʼn paar pas uitgebroeide voëls. 2.4.1 Noem TWEE waarneembare redes waarom hierdie tipe ontwikkeling as altrisieël beskou kan word. (2) 2.4.2 Verduidelik EEN voordeel van die nes wat hoog in die boom vir die altrisiële ontwikkeling in ʼn ekosisteem is. (3) 2.4.3 Verduidelik die volume van die eiergeel in ʼn amniotiese eier van die voël wat prekosieël is in vergelyking met dieselfde grootte voël wat altrisieël is. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.5 ʼn Ondersoek is gedoen om die effek van sink-aanvulling op die vlakke van testosteroon in die bloed van manlike gewigoptellers te bepaal. Die prosedure was soos volg: 60 gesonde manlike gewigoptellers van dieselfde ouderdom is gevra om aan die ondersoek deel te neem. • Hulle is vir 6 weke dieselfde dieet gegee • Die testosteroonvlakke in hul bloed is elke dag vir die 6-weke tydperk gemeet • Hulle is vir 6 weke elke dag ʼn sink-aanvulling saam met hul dieet gegee • Die testosteroonvlakke in hul bloed is elke dag weer gemeet • Die gemiddelde testosteroonvlakke in die bloed is voor en na die sink- aanvulling bereken Die gemiddelde vrye testosteroon per groep voor en na die ondersoek word hieronder gegee: Gemiddelde testosteroon in bloed (ulU/mL) Voor die sink-aanvulling toediening 16,8 Na die sink-aanvulling toediening 22,5 2.5.1 Identifiseer in hierdie ondersoek die: (a) Onafhanklike veranderlike (1) (b) Afhanklike veranderlike (1) 2.5.2 Beskryf die kontrole wat vir hierdie ondersoek gedoen is. (2) 2.5.3 Noem TWEE veranderlikes in verband met die sink-aanvullings wat oorweeg moes word om die geldigheid van die ondersoek te verseker. (2) 2.5.4 Noem TWEE maniere waarop die betroubaarheid van die resultate vir hierdie ondersoek verseker is. (2) 2.5.5 Skryf ʼn algemene gevolgtrekking wat uit die resultate wat verkry is, gemaak kan word. (2) 2.5.6 Noem TWEE funksies van testosteroon by mans tydens voortplanting. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 13 VRAAG 3 3.1 Die onderstaande diagram toon ʼn deel van die menslike oor. C D B E A 3.1.1 Identifiseer deel D. (1) 3.1.2 Noem EEN funksie van deel E. (1) 3.1.3 Noem hoekom deel A die oortollige drukgolwe moet absorbeer. (1) 3.1.4 Beskryf hoe die strukture wat deur C aangedui word, balans handhaaf. (7) 3.1.5 Verduidelik waarom ʼn skeur (gat) in deel B tot gehoorverlies kan lei. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.2 ʼn Ondersoek is gedoen om die effek van swaartekrag op die groeirigting van die stam/stingel te bepaal. Die prosedure was soos volg: • Twee plante van dieselfde spesie, hoogte en ouderdom is geselekteer • Plante is aan dieselfde omgewingstoestande blootgestel (water, voedingstowwe en tipe grond) • Beide plante is aan ʼn klinostaat geheg soos in die diagram getoon • Hulle is toe vanuit alle rigtings aan lig blootgestel Die eksperimente is opgestel soos in die diagram hieronder getoon. Roterende klinostaat Stilstaande klinostaat DIAGRAM I DIAGRAM II 3.2.1 Stel EEN rede voor waarom dit belangrik is dat die stam/stingel van die plant na die lig toe groei. (1) 3.2.2 Wat is die term wat gegee word vir die groeibeweging van ʼn deel van ʼn plant in reaksie op swaartekrag? (1) 3.2.3 Noem die doel van die rotasie van die klinostaat in DIAGRAM I tydens die ondersoek. (1) 3.2.4 Verduidelik die resultate wat na 2 weke in DIAGRAM II verkry sal word. (5) 3.2.5 Indien die groeipunt van die stingel in DIAGRAM I aan die begin van die ondersoek verwyder is, verduidelik die resultate wat na 2 weke verkry sou word. (4) 3.2.6 Noem EEN, ander hormoon wat die groei van die plant stimuleer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V1 15 3.3 Die onderstaande diagram verteenwoordig die struktuur van die menslike oog. A B C D E 3.3.1 Identifiseer deel B. (1) 3.3.2 Beskryf die werking van deel D wanneer ʼn persoon in dowwe lig is. (2) 3.3.3 Verduidelik die rol van deel A en E wanneer ʼn voorwerp nader beweeg. (3) 3.3.4 Gloukoom is ʼn oogsiekte wat tot blindheid kan lei. Dit kom voor wanneer die oortollige watervog die oog nie kan verlaat nie omdat die dreineringskanale in die kornea en iris geblokkeer is. Hierdie blokkasie skep meer druk in die oog wat die fotoreseptore en die optiese senuwee sal beskadig. (a) Gee die LETTER wat watervog voorstel. (1) (b) Beskryf hoe die druk in die oog kan toeneem. (2) (c) Verduidelik waarom ʼn persoon met gloukoom blind kan word. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.4 Die onderstaande grafiek verteenwoordig die homeostatiese beheer van soutvlakke in die bloed van ʼn persoon. Vlak van sout in die bloed (in arbitrêre eenhede) B Normale E C vlak A D Tyd (ure) 3.4.1 Noem die: (a) Orgaan wat die soutvlakke in die bloed reguleer (1) (b) Hormoon wat die soutvlakke in die bloed beheer (1) 3.4.2 Verduidelik die: (a) Vorm van die grafiek tussen B en C (5) (b) Soutkonsentrasie in die urine wat tussen D en E uitgeskei word (4) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all