Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 


%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f/v1-937719c334ad914b3347/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 480.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.
11. Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Watter EEN van die volgende is die KORREKTE beskrywing van die vier
selle wat deur meiose vervaardig word?
A Haploïed en is geneties verskillend
B Diploïed en is geneties identies
C Diploïed en is geneties verskillend
D Haploïed en is geneties identies
1.1.2 Die onderstaande diagram hieronder toon ʼn sel tydens Profase 1.
X
Y
Z
Watter EEN van die volgende is die korrekte byskrifte vir X, Y en Z in
die diagram?
A X – Spoelvesel; Y – sentriool; Z – chromosoom
B X – Sentriool; Y – chiasma; Z – homoloë chromosome
C X – Spoelvesel; Y – sentromeer; Z – homoloë chromosome
D X – Sentromeer; Y – sentriool; Z – chromosoom
1.1.3 Watter EEN van die volgende is ʼn biologiese belangrikheid van meiose?
A Herstel verslete selle
B Produksie van gamete by die mense
C Produksie van somatiese selle by die mense
D Verantwoordelik vir groei in organismes
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.1.4 Hoeveel mRNA-nukleotiede kodeer vir ʼn proteïen wat uit 120 aminosure
bestaan?
A 30
B 40
C 360
D 120
1.1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig die aanhangsels van vier
verskillende organismes.
Watter TWEE ledemate is homoloë strukture?
A P en Q
B Q en R
C P en R
D P en S
1.1.6 Spesiasie het plaasgevind wanneer …
A twee bevolkings nie meer kan kruisteel en vrugbare nageslag
voortbring nie.
B bevolkings deur ʼn geografiese versperring geskei word.
C bevolkings uitsterf.
D ʼn mutasie in ʼn individuele organisme plaasgevind het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.7 Die chromosoomkomplement in ʼn sel van ʼn individu wat ʼn
X-chromosoom van die vader erf, is ...
A 44 en XX.
B 44 en XY.
C 46 en XX.
D 46 en XY.
VRAE 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE VOLGENDE DIHIBRIEDE KRUISING.
By konyne word pelskleur en pelslengte deur twee gene beheer. Swart pels (B)
is dominant oor wit pels (b) en lang pels (L) is dominant oor kort pels (l). Twee
konyne, 1 en 2, is gepaar.
Die tabel hieronder toon die moontlike gamete wat deur elke konyn geproduseer
kan word.
Moontlike gamete
Konyn 1 bl bl bl bl
Konyn 2 BL Bl bL bl
1.1.8 Watter EEN van die volgende is die fenotipe van konyn 2?
A Wit met kort pels
B Swart met kort pels
C Wit met lang pels
D Swart met lang pels
1.1.9 Watter EEN van die volgende is moontlike genotipes van die nageslag
van konyn 1 en 2?
A bbll, BbLl, Bbll, bbLl
B BbLL, Bbll, bbll, BBLL
C BBLL, BbLl, Bbll, bbll
D BbLl, Bbll, BbLL, bbLL
1.1.10 ʼn Vrou met bloedgroep A het met ʼn man getrou en vier kinders gehad
met bloedgroepe soos in die tabel hieronder getoon.
Kind 1 Kind 2 Kind 3 Kind 4
A O A B
Die genotipe van die man is ...
A IAi.
B IAIB.
C IBIB.
D IBi.
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 ʼn Punt waar chromatiede tydens oorkruising oorvleuel
1.2.2 ʼn Segment van DNS wat vir ʼn spesifieke proteïen kodeer
1.2.3 ʼn Fase voor seldeling waartydens DNS-replisering plaasvind
1.2.4 Genetiese materiaal wat gebruik word om vroulike voorgeslagte op te
spoor
1.2.5 ʼn Patroon van donker bande afkomstig van genetiese materiaal en wat
uniek aan elke individu is
1.2.6 Evolusie gekenmerk deur lang periodes van min of geen verandering
gevolg deur kort periodes van vinnige verandering
1.2.7 ʼn Groep organismes met soortgelyke eienskappe, wat terselfdertyd
dieselfde habitat bewoon en in staat is om te kruisteel om vrugbare
nageslag te produseer
1.2.8 Die verandering in die genetiese samestelling van ʼn spesie oor tyd
(8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, BEIDE A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 ʼn Bewys vir evolusie A: Biogeografie
B: Meiose
1.3.2 Setel van meiose A: Uterus
B: Ovariums
1.3.3 ʼn Gebeurtenis wat tydens A: Oorkruising
Metafase II plaasvind B: Ewekansige rangskikking van
chromosome
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.4 Albinisme is ʼn velafwyking wat veroorsaak word deur ʼn resessiewe alleel op ʼn
outosoom. Die stamboomdiagram hieronder verteenwoordig die oorerwing van
albinisme in ʼn familie. Gebruik N vir normale velkleur en n vir albinisme.
Vroulik sonder albinisme
Vroulik met albinisme
Manlik sonder albinisme
Manlik met albinisme
W
X Y Z
1.4.1 Hoeveel generasies word in die stamboomdiagram voorgestel? (1)
1.4.2 Gee die:
(a) Fenotipe van individu W (1)
(b) Genotipe van individu X (2)
(c) Genotipe van individu Y (2)
1.4.3 Wat is die persentasie kans dat individue Y en Z ʼn kind sal hê wat nie
albinisme het nie? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.5 Die diagram hieronder toon ʼn kort gedeelte van ʼn DNS-molekule.
B
A
T
C
1.5.1 Wat is die natuurlike vorm van ʼn DNS-molekule? (1)
1.5.2 Identifiseer:
(a) Suiker A (1)
(b) Die stikstofbasis B (volle naam vereis) (1)
(c) Binding C (1)
1.5.3 Gee TWEE sigbare redes waarom die diagram hierbo ʼn DNS-molekule
voorstel. (2)
1.5.4 Noem TWEE strukture in ʼn nie-verdelende menslike sel waar DNS
aangetref word. (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 ʼn Volgorde van stikstofbasisse in ʼn DNS-molekule word hieronder getoon.
CCC – GGT – TCA
2.1.1 Skryf die mRNS-kodonvolgorde neer wat van links na regs van die DNS-
volgorde hierbo lees. (2)
2.1.2 Die tabel hieronder toon die tRNS-antikodons en hul ooreenstemmende
aminosure.
Antikodon Aminosuur
CAA Valien
CCC Glisien
CGU Alanien
AAA Fenielalanien
UUA Asparagien
UAC Metionien
GGU Prolien
ACC Triptofaan
UCA Serien
Skryf die aminosure (in die korrekte volgorde) neer waarvoor die DNS-
molekule hierbo gekodeer sal word. (3)
2.1.3 Tydens transkripsie het die eerste drietal in die DNS-volgorde van CCC
na ACC verander.
Verduidelik hoe dit die proteïen wat gevorm word, sal beïnvloed. (4)
2.1.4 Beskryf die rol van tRNS in translasie. (2)
2.1.5 Tabuleer TWEE verskille tussen die proses van DNS-replisering en
transkripsie. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.2 Die diagram hieronder toon die kariotipes van manlike en vroulike vrugtevlieë.
Kariotipe van ʼn manlike vrugtevlieg
X Y 2 3 4
Vrugtevlieg Kariotipe van ʼn vroulike vrugtevlieg
X X 2 3 4
2.2.1 Noem wat met die term kariotipe bedoel word. (2)
2.2.2 Wat is die diploïede aantal chromosome van hierdie spesie
vrugtevlieg? (1)
2.2.3 Beskryf hoe geslagsbepaling by vrugtevlieë soortgelyk aan mense is. (2)
2.3 Die geen vir oogkleur in vrugtevlieë word op die X-chromosoom gedra en is
dus geslagsgekoppel. Die alleel vir rooi oogkleur is dominant (XR) oor die alleel
vir wit oogkleur (Xr).
2.3.1 Noem Mendel se Wet van Dominansie. (2)
2.3.2 ʼn Heterosigotiese wyfie word met ʼn witoog mannetjie gepaar.
Gebruik ʼn genetiese kruising om die moontlike genotipes en fenotipes
van die nageslag te toon. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.4 Die onderstaande histogram toon die reeks van hoogtes in ʼn monster
roosplante.
10
9
8
Aantal roosplante
7
6
5
4
3
2
1
0
20–25 26–30 31–35 36–40 41–45
Hoogte (cm)
2.4.1 Watter tipe variasie word deur die hoogte van die roosplante getoon? (1)
2.4.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (2)
2.4.3 Rose met lang stele verkoop vir die hoogste prys omdat die langsteel
blomme pragtig in ʼn vaas lyk.
Planttelers kies plante met die langste stamme om te kruis. En hierdie
langstamplante oorleef nie noodwendig in die natuur nie, want wind kan
hulle buig en breek.
Verduidelik hoe hierdie praktyk van kruising van langsteelblomme ʼn
voorbeeld is van kunsmatige seleksie en nie natuurlike seleksie nie. (4)
2.4.4 Wanneer roosplante met geel blomme met roosplante met rooi blomme
gekruis word, het die nageslag almal oranje blomme.
Wat word hierdie tipe dominansie genoem? (1)
2.4.5 ʼn Plantteler het net plante met oranje blomme. Kan sy rooi nageslag
van hierdie blomme produseer? Verduidelik jou antwoord. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.5 Die diagram hieronder toon ʼn sel wat tydens meiose nie-disjunksie van
chromosome ondergaan het.
A B C D
2.5.1 Gedurende watter fase van meiose het hierdie nie-disjunksie van
chromosome plaasgevind? (1)
2.5.2 Noem die tipe mutasie wat uit nie-disjunksie van chromosome sal
voortspruit. (1)
2.5.3 Verduidelik die afwyking wat uit nie-disjunksie van chromosoompaar
21 by die mens sal voortspruit. (4)
2.5.4 Teken sel A om die chromosoomsamestelling aan die einde van
meiose 2 van hierdie seldeling te toon. (2)
2.5.5 Noem die tipe selle wat aan die einde van meiose by ʼn man vervaardig
sal word. (1)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
VRAAG 3
3.1 Kloning word gebruik om ʼn verskeidenheid huisdiere te produseer. Die koste
om ’n gekloonde dier te produseer kan egter tot R300 000 beloop.
Wetenskaplikes het ʼn ondersoek gedoen om die sukseskoers van kloning by
verskillende diere te bepaal.
Die sukseskoers word bepaal as die persentasie kleintjies wat lewendig gebore
is uit die embrio's wat na die moeder oorgedra is.
Die onderstaande tabel toon die aantal embrio’s wat na die surrogaatmoeder
oorgedra is en die aantal kleintjies wat lewendig gebore is uit die gekloonde
embrio’s.
Aantal embrio’s
wat na die Aantal kleintjies
surrogaatmoeder wat lewendig Persentasie
Dier oorgedra is gebore is suksessyfer
Skape 110 50 46
Beeste 250 70 28
Bokke 26 8 31
Varke 9 5 56
3.1.1 Noem EEN rede waarom hierdie resultate as betroubaar beskou
word. (1)
3.1.2 Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1)
3.1.3 Teken ʼn staafgrafiek om die persentasie suksessyfer by die
verskillende diere te vergelyk. (6)
3.1.4 Noem EEN voordeel van kloning. (1)
3.1.5 Gebruik die inligting wat gegee word en verduidelik TWEE nadele
van die kloning van beeste vir vleisproduksie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.2 Lees die uittreksel hieronder.
’N BEWEGING (VERANDERING) NA GEEN SLAGTANDE NIE – ’N
OLIFANT SE VERHAAL VAN NATUURLIKE SELEKSIE
Die studie van Afrika-olifante in die Gorongosa Nasionale Park, Mosambiek,
het bevind dat ʼn genetiese toestand wat tot tandlose wyfies gelei het, meer
algemeen geword het ná die 15-jaar lange burgeroorlog. Meer as 90% van
Mosambiek se olifantbevolking is doodgemaak en die ivoor is gebruik om die
oorlog te finansier.
Voor die oorlog is slegs twee uit elke honderd vroulike Afrika-olifante sonder
slagtande gebore. Maar dié syfer het gestyg, 33% van die 91 vroulike olifante
wat sedert die einde van die oorlog gebore is, was sonder slagtande.
Olifante eet gewoonlik gras, blare, vrugte, die bas van bome en die wortels van
peulgewasse. Die tandlose olifante het egter hul dieet verander (aangepas).
Sonder lang slagtande om die bas van bome af te skil en wortels op te grawe,
eet die wyfies meestal gras.
Nou bestudeer die wetenskaplikes hoe dit hierdie spesie en sy omgewing sal
beïnvloed.
Olifant met slagtande Olifant sonder slagtande
3.2.1 Skryf ʼn sin uit die uittreksel neer wat die natuurlike dieet van olifante
MET SLAGTANDE verduidelik. (1)
3.2.2 Bereken die aantal tandlose vroulike olifante wat sedert die einde van
die oorlog gebore is. (3)
3.2.3 Verduidelik die evolusie van die tandlose olifantbevolking deur Darwin
se teorie van natuurlike seleksie te gebruik. (5)
3.2.4 Verduidelik hoe die verandering in die olifant se dieet die plantegroei
sal beïnvloed, as die aantal tandlose olifante toeneem. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
3.3 Die onderstaande diagram hieronder toon die skedels van die drie hominiede.
Gorilla
Australopithecus sp
Homo sapiens
3.3.1 Gee TWEE strukturele kenmerke van die skedel van die
Australopithecus sp. wat meer soortgelyk is aan die gorilla as Homo
sapiens. (2)
3.3.2 Verduidelik hoe die grootte van die slagtande by ʼn gorilla gebruik word
as bewyse vir hul dieet. (2)
3.3.3 Wat is ʼn foramen magnum? (1)
3.3.4 Die posisie van die foramen magnum in Homo sapiens verskil van die
posisie in ʼn gorilla.
Verduidelik wat dit vir ons sê oor die manier waarop hierdie twee
hominiede rondbeweeg het. (4)
3.3.5 Verduidelik die belangrikheid van ʼn toename in die grootte van die
kranium (breinkas) in die evolusie van Homo sapiens. (2)
3.4 Beskryf hoe die ouderdom en ligging van hominiedfossiele die ‘Uit Afrika’
hipotese ondersteun. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.5 Die diagram hieronder toon moontlike evolusionêre verwantskappe tussen
sommige hominiede.
3.5.1 Wat word hierdie tipe diagram genoem? (1)
3.5.2 Hoeveel genera word in hierdie diagram voorgestel? (1)
3.5.3 Wanneer het Homo erectus uitgesterf? (1)
3.5.4 Noem die mees onlangse gemeenskaplike voorouer van al die Homo-
spesies. (1)
3.5.5 Verduidelik waarom Homo erectus nie as die direkte voorouer vir Homo
sapiens gesien kan word nie. (2)
3.5.6 Noem, volgens die bostaande diagram, EEN spesie wat moontlik deur
Homo sapiens uitgekompeteer is. (1)
3.5.7 Noem die wetenskaplike wat Australopithecus sediba in die Malapa-
grotte – in die Wieg van die Mensdom – ontdek het. (1)
3.5.8 Noem TWEE terreine waar Australopithecus africanus-fossiele in Suid-
Afrika ontdek is. (2)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f/v1-937719c334ad914b3347/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum