Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
REKENINGKUNDE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, ʼn
formuleblad en ʼn 10 bladsy-antwoordeboek.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)




View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 611.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
TYD
VRAAG ONDERWERP PUNTE
(minute)
1 Maatskappy Finansiële State 55 45
Notas tot Finansiële State, Kontantvloeistaat
2 40 30
en Finansiële Aanwysers
3 Vertolking van Finansiële State 40 30
4 Korporatiewe Bestuur 15 15
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V1 3
VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE (55 punte; 45 minute)
ZINO BEPERK
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig op 30 Junie 2024. Die
besigheid verkoop grassnymasjiene.
GEVRA:
1.1 Verwys na inligting B (ii).
Bereken die waarde van die voorraad wat gesteel is. (3)
1.2 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 30 Junie 2024. (29)
1.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie soos op 30 Junie 2024. (23)
LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
INLIGTING:
A. Uittreksel: Saldo’s en totale uit die rekords op 30 Junie 2024.
R
Gewone aandelekapitaal (3 000 000 aandele) 19 650 000
Behoue inkomste ?
Lening: OV Bank 1 304 000
Debiteurekontrole 495 000
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige 300 000
belastingbetalings)
Voorsiening vir oninbare skulde 2 355
Krediteurekontrole 529 800
Bank (gunstig) ?
Handelsvoorraad 2 195 550
Aandeelhouers vir dividende 1 980 000
Verkope ?
Koste van verkope 15 660 000
Huurinkomste 98 500
Kommissie-inkomste 626 400
Ouditfooie 81 000
Direkteursfooie 450 000
Advertensies 36 000
Dividende op gewone aandele 1 010 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
B Aansuiwerings en addisionele inligting:
(i) Die besigheid gebruik ʼn winsopslag van 75% op kosprys. Spesiale klante is
handelskorting van R216 000 toegestaan.
(ii) Tydens ʼn inbraak by die pakhuis is grassnymasjiene gesteel. Die besigheid het
R35 000 van die versekeringsmaatskappy ontvang en aangeteken, wat 80%
van die waarde van die masjiene is aangesien dit onderverseker was. Geen
ander inskrywings is gemaak nie.
(iii) Ouditfooie nog uitstaande aan die einde van die finansiële (boek)jaar, R9 500.
(iv) ʼn Jaarlikse advertensiekontrak is met ʼn plaaslike koerant onderteken met
ingang 1 Oktober 2023. R24 000 is betaal.
(v) Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R1 975 aangesuiwer word.
(vi) ʼn Klant wat sy rekening met R2 800 oorbetaal het, het versoek dat die
oorbetaling na sy krediteurerekening oorgeplaas word aangesien hy ook die
kantoor van skryfbehoeftes voorsien.
(vii) Zino Bpk. verdien kommissie van R25 per eenheid verkoop van STIHL-
vervaardigers. Kommissie op 900 eenhede vir Junie is nog verskuldig.
(viii) Die maatskappy het hul TWEE direkteure betaal tot 31 Desember 2023. Hulle
verdien dieselfde fooie. ʼn Derde direkteur is op 1 April 2024 teen dieselfde
maandelikse tarief as die ander twee direkteure aangestel. Geen
direkteursfooie is in die tweede helfte van die jaar betaal nie.
(ix) Persele word sedert 1 Augustus 2023 verhuur met ʼn ooreenkoms dat huur met
R800 per maand verminder word met ingang van 1 Mei 2024. Huur vir Junie
2024 is nog nie ontvang nie.
(x) ʼn Addisionele voorlopige belastingbetaling van R200 000 is op 30 Junie 2024
gemaak (dit is nie aangeteken nie). Hierna was inkomstebelasting wat nog aan
die SAID verskuldig was aan die einde van die jaar R60 000.
Belasting word bereken teen 28% van die netto wins voor belasting.
(xi) Lening van OV Bank:
• Die leningsaldo op 1 Julie 2023 het R1 490 000 beloop.
• Rente van R120 100 op die lening is gekapitaliseer.
• ʼn Vaste maandelikse paaiement (insluitend rente) is ten volle betaal en
aangeteken.
• Weens moeilike ekonomiese toestande het Zino Bpk. met OV Bank
onderhandel om die oorspronklike termyn van die lening te verleng. Die
bank het tot hierdie versoek ingestem, en sodoende die kapitaalgedeelte
van die leningterugbetaling met 5% oor die volgende finansiële jaar
verminder.
(xii) Die volgende finansiële aanwysers is op 30 Junie 2024 bereken, nadat alle
aansuiwerings in ag geneem is:
Netto batewaarde per aandeel 675 sent
Bedryfsverhouding 1,3 : 1
55
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V1 5
VRAAG 2: FINANSIËLE AANWYSERS EN KONTANTVLOEISTAAT
(40 punte; 30 minute)
Die inligting het betrekking op Shabba Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
30 April 2024.
GEVRA:
2.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig
30 April 2024:
2.1.1 Skuld-ekwiteit-verhouding (3)
2.1.2 Verdienste per aandeel (4)
2.1.3 Dividenduitbetalingskoers (%) (3)
2.1.4 % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (5)
2.2 Stel die Behoue inkomste-nota op. (7)
2.3 Bereken die verandering in Handels- en ander ontvangbares. Dui aan of dit ʼn
invloei of uitvloei van kontant is. (4)
2.4 Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:
2.4.1 Belasting betaal (5)
2.4.2 Opbrengs uit die verkoop van vaste bates (5)
2.5 Voltooi die volgende afdeling van die Kontantvloeistaat:
● Netto verandering in Kontant en kontantekwivalente (4)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste op 30 April 2024:
R
Waardevermindering 190 900
Rente-uitgawe 69 500
Netto wins na belasting 1 022 000
B. Belasting is 30% van Voorbelaste wins.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
C. Uittreksel uit die staat van finansiële posisie en notas:
30 April 2024 30 April 2023
R R
Vaste bates (drawaarde) 11 434 000 9 890 600
Vaste deposito 120 000 600 000
Bedryfsbates 1 202 400 906 000
Handels- en ander ontvangbares (sien Nota 1) 568 700 459 400
Kontant en kontantekwivalente 7 800 85 300
Aandeelhouersbelang 12 624 400 9 319 200
Behoue inkomste ? 1 300 300
Nie-bedryfslaste 1 294 000 1 560 000
Bedryfslaste 900 000 1 156 600
Handels- en ander betaalbares 432 000 814 600
Bankoortrekking 319 000 0
Aandeelhouers vir dividende 188 000 201 000
Nota 1: Handels- en ander ontvangbares.
30 April 2024 30 April 2023
R R
Netto handelsdebiteure 528 000 426 800
Opgelope inkomste 30 800
SAID (Inkomstebelasting) 9 900 32 600
568 700 459 400
D. Vaste bates:
• Die totale koste vir die verkryging van ʼn nuwe voertuig en uitbreidings aan die
geboue gedurende die jaar het R1 702 000 beloop.
• Gedurende die jaar is toerusting teen drawaarde verkoop.
E. Aandelekapitaal en aandele:
• Daar was 1 340 000 aandele uitgereik teen 30 April 2023.
• Addisionele aandele is op 1 November 2023 uitgereik.
• ʼn Tussentydse dividend is op 31 Augustus 2023 betaal.
• Op 30 April 2024 is aandele teruggekoop. Die waarde van die aandele volgens
die gemiddelde uitreikingsprys het R28 000 beloop. Die prys gevra was 15%
meer as die gemiddelde uitreikingsprys.
F. Dividende en verdienste per aandeel:
30 April 2024 30 April 2023
Tussentydse dividende (per aandeel) 20 sent 45 sent
Finale dividende (per aandeel) 25 sent 15 sent
Verdienste per aandeel ? 109 sent
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V1 7
VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING
(40 punte; 30 minute)
LUKER BPK.
Die finansiële jaar eindig op die laaste dag van Februarie elke jaar.
GEVRA:
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
• Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal.
• ʼn Rede of ʼn verduideliking vir die finansiële aanwysers wat aangehaal
is, gee.
3.1 Begrippe met betrekking tot maatskappye word in KOLOM A gegee en
beskrywings in KOLOM B. Kies die beskrywing in KOLOM B wat by ʼn begrip in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers
(3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK, neer.
KOLOM A KOLOM B
(BEGRIP) (VERDUIDELIKING)
3.1.1 Hefboomfinansiering A dui die voordeel aan wat die eienaars uit
hul belegging in die besigheid ontvang
3.1.2 Solvabiliteit B dui aan in watter mate die besigheid deur
geleende kapitaal gefinansier word
3.1.3 Likiditeit C dui aan of die besigheid al sy skuld sal
kan afbetaal
3.1.4 Opbrengs op ekwiteit D dui aan of die besigheid korttermyn skuld
kan afbetaal
(4 x 1) (4)
3.2 Winsgewendheid
Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers wat aandui dat die
maatskappy sy uitgawes meer doeltreffend bestuur. (4)
3.3 Likiditeit
Stel strategieë voor wat die maatskappy kan gebruik om sy netto bedryfskapitaal
te verbeter. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (6)
3.4 Finansieringstrategieë en hefboomfinansiering
• Lewer kommentaar of die maatskappy goed van lenings gebruik maak.
Haal EEN finansiële aanwyser met syfers en tendense aan. (4)
• Die skuld-ekwiteitverhouding van die maatskappy het van 0,8 : 1 tot 0,6 : 1
afgeneem. Noem TWEE moontlike redes wat tot hierdie verandering kon gelei
het. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.5 Dividende, verdienste en opbrengste:
• Lewer kommentaar op die dividenduitbetalingsbeleid van die maatskappy.
Verskaf TWEE redes waarom die direkteure besluit het om die beleid in 2024 te
verander. (4)
• Verduidelik of die aandeelhouers tevrede moet wees met hul opbrengs op
belegging in die maatskappy. Haal EEN finansiële aanwyser, met syfers, in jou
verduideliking aan. (4)
• Bereken die dividende wat verdien is deur jou vriend wat 40 000 aandele in die
maatskappy op 29 Februarie 2024 besit. (2)
3.6 Waarde van aandele:
Die HUB wil sy 60 000 aandele op 29 Februarie 2024 aan die maatskappy
terugverkoop teen 1 250 sent per aandeel. As ʼn aandeelhouer in die maatskappy,
hoe sal jy op hierdie besluit reageer? Verduidelik en haal EEN finansiële aanwyser
aan. (4)
3.7 Aandeelhouding:
Verwys na inligting B:
• Bereken die aantal aandele wat John Khan gekoop het uit die 250 000 nuwe
aandele wat op 1 Februarie 2024 uitgereik is, om sy meerderheidstatus te behou. (4)
INLIGTING:
A. Finansiële aanwysers bereken op die laaste dag van die finansiële jaar:
29 Feb. 2024 28 Feb. 2023
% bedryfsuitgawes op verkope 21,6% 23,2%
% winsopslag behaal 60% 50%
% bedryfswins op verkope 21% 19%
Bedryfsverhouding 2:1 1,9 : 1
Vuurproefverhouding 0,6:1 1,3 : 1
Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode 42 dae 29 dae
Gemiddelde krediteure-betalingsperiode 60 dae 56 dae
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,6 : 1 0,8 : 1
Verdienste per aandeel 70 sent 78 sent
Dividende per aandeel 72 sent 40 sent
Dividenduitbetalingskoers 103% 51%
% opbrengs op aandeelhouersbelang 12,8% 11%
% opbrengs op kapitaal aangewend 19,8% 20,3%
Rente op vaste deposito 8% 8%
Rente op lening 13% 13%
Netto batewaarde per aandeel 950 sent 955 sent
Markprys per aandeel op JSE 934 sent 968 sent
B. Aandelekapitaal en aandeelhouding van John Khan:
29 Feb. 2024 28 Feb. 2023
Aantal uitgereikte aandele: ? 650 000
Aandele besit deur John Khan (50,1%) (51%)
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V1 9
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR EN OUDITERING (15 punte; 15 minute)
Jy word voorsien van ʼn artikel wat met Nicole Bpk. verband hou. Gebruik die inligting
wat aangebied word en jou kennis van maatskappye om die vrae te beantwoord.
GEVRA:
4.1 Verduidelik waarom Nicole Bpk. die dienste van beide die interne en eksterne
ouditeure benodig. (4)
4.2 Identifiseer en verduidelik die rekeningkundige beginsel wat die direkteure van
Nicole Bpk. oortree het, toe hulle inkomste in vroeëre rekeningkundige tydperke
erken het. (2)
4.3 Verduidelik wat korporatiewe bestuur is en hoe die voormalige HUB, Peter Moore
hom nie volgens die King-kode gedra het nie. (4)
4.4 Watter tipe ouditverslag het Nicole Bpk. in 2023 ontvang? Verskaf ʼn rede vir jou
antwoord. (3)
4.5 As ʼn aandeelhouer in die maatskappy, watter bekommernisse sou jy hê oor wat
gebeur het? Noem TWEE punte. (2)
NICOLE BPK.: DIE MAATSKAPPY HET MILJOENE RANDE VERLOOR
WEENS GEBREK AAN GOEIE KORPORATIEWE BESTUUR
In April 2023 het Nicole Bpk. aangekondig dat daar nie op sy 2022 finansiële
resultate staatgemaak kan word nie. Dit was nadat die eksterne ouditeure van
Dion verklaar het dat hulle nie ʼn mening oor die betroubaarheid van die
maatskappy se finansiële state kon uitspreek nie.
Hulle het bevind dat 10 bestuurders, insluitend die voormalige uitvoerende hoof,
Peter Moore, winste opgeblaas het om hul eie finansiële aansporings ʼn hupstoot
te gee, wat daartoe gelei het dat die maatskappy se ekwiteit met R4,5 miljard
oorskat word. Hulle het onder meer inkomste vroeër as wat dit behoort het, in
vorige rekeningkundige tydperke erken, en hulle het onvanpas uitgawes
gekapitaliseer as bates.
Die Kuga-ondersoek het probleme geïdentifiseer, insluitend bestuurspraktyke,
rekordhouding, stelselgebruik en finansiële verslagdoening.
Nicole Bpk. het gevra dat sy notering opgeskort word om sy beleggers teen
spekulatiewe handel te beskerm. Die JSE het toe hul notering (niemand kon
aandele koop of verkoop nie) vanaf 10 Junie 2023 en verder, opgeskort. Die JSE
het in Februarie 2024 weer in Nicole-aandele begin verhandel en hulle het hulle
met R7,5 miljoen beboet.
Sedertdien het Nicole Bpk. ZENTEC aangestel om hul interne ouditeur te wees.
Dion was vir meer as 15 jaar Nicole se eksterne ouditeure.
[Aangepas uit www.sharedata.co.za.]
15
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(Sien Nota 3 hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van ʼn finansiële jaar kan gebruik word as dit in ʼn vraag
vereis word.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde
wees mits voorraad konstant bly).
3. Indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn finansiële jaar is,
word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum