Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
REKENINGKUNDE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye insluitend
ʼn formuleblad en ʼn 11-bladsy antwoordeboek.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)




View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 675.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Rekonsiliasies en BTW 35 30
2 Kosterekeningkunde en Voorraadwaardasie 50 40
3 Begrotings 40 30
4 Vaste Bates 25 20
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 3
VRAAG 1: REKONSILIASIES EN BTW (35 punte; 30 minute)
1.1 DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING
Othe Sport Emporium verkoop sporttoerusting en bied kredietfasiliteite aan
kliënte. Die finansiële jaar het op 31 Julie 2024 geëindig.
INLIGTING:
Othe Sport Emporium
Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Julie 2024
Nog nie verskuldig Agterstallig
Kliënt Krediet Bedrag Julie Junie Mei April
limiet verskuldig 2024 2024 2024 2024
(lopend)
A Marais R55 000 R45 500 R45 500
C Voges R25 000 R27 000 R4 000 R15 000 R6 000 R2 000
J Fourie R36 000 R18 000 R16 500 R1 500
J Olivier R41 000 R16 000 R16 000
R106 500 R66 000 R16 500 R6 000 R18 000
100%
Bykomende inligting:
(i) Kredietvoorwaardes is 30 dae.
(ii) Rente van 2% per maand sal op agterstallige rekeninge gehef word.
(iii) Totale kredietverkope vir die jaar geëindig 31 Julie 2024 het R566 580
beloop.
(iv) Bedrag verskuldig deur handelsdebiteure op 1 Augustus 2023 was
R92 350.
GEVRA:
Bestudeer die Debiteure-ouderdomsontleding en beantwoord die vrae hieronder.
1.1.1 Aangesien ʼn deeglike kredietkontrole gedoen word voordat krediet
verleen word, is Othe van mening dat dit onnodig is om ʼn Debiteure-
ouderdomsontleding voor te berei. Verduidelik aan haar hoe die
voorbereiding van die Ouderdomsontleding die onderneming kan help om
debiteure te beheer. (4)
1.1.2 Bereken die gemiddelde debiteure-invorderingstermyn vir die jaar
geëindig 31 Julie 2024. (3)
1.1.3 As die interne ouditeur, identifiseer TWEE bekommernisse wat jy aan die
eienaar van die besigheid sal rapporteer. Haal in elke geval syfers aan
om jou antwoord te staaf. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.2 BANKREKONSILIASIE
Jams Junction koop en verkoop musiekinstrumente. Die besigheid word deur
Amoré Mans besit. Amoré koop voorraad op krediet, maar verkoop dit net vir
kontant. ʼn Bankstaat word op die 25ste van elke maand deur Nebula Bank
verskaf.
GEVRA:
1.2.1 Gebruik die tabel wat in jou ANTWOORDEBOEK voorsien word om
veranderinge/regstellings in die Bankrekening in die Algemene Grootboek
van Jams Junction op 31 Julie 2024 te toon. Gebruik die Bankstaat wat
vanaf Nebula Bank ontvang is se kolom om die veranderinge/regstellings
aan te dui wat gemaak moet word op die staat van Nebula Bank.
Dui ʼn toename aan met ʼn ‘+’ en ʼn afname met ʼn ‘–’ langs elke bedrag. (10)
1.2.2 Amoré is nie tevrede met die feit dat die onderneming rente op
agterstallige krediteure moet betaal nie. Gee haar advies om rente op
agterstallige krediteure in die toekoms te vermy. (4)
INLIGTING:
Hierdie saldo’s het in die Algemene Grootboek en op die Bankstaat verskyn
voordat die volgende transaksies in ag geneem is:
Algemene grootboek van Jams Junction:
Bank R243 980 (dt.)
Saldo soos per bankstaat ontvang vanaf Nebula Bank:
R245 000 (gunstig)
TRANSAKSIES vir Julie 2024:
(i) ʼn Debietorder van R12 500 vir die betaling van ʼn krediteur het slegs op die
bankstaat verskyn.
(ii) R10 000 is aan ʼn krediteur betaal. Nebula Bank het dit verkeerdelik as
R1 000 aangeteken. Dit is as ʼn kwitansie in die Bankrekening in die
algemene grootboek aangeteken.
(iii) ʼn Huurder het sy huur direk in die lopende bankrekening van Jams Junction
inbetaal, R 4 000. Dit is nog nie deur Jams Junction aangeteken nie.
(iv) Diensfooie van R340 is deur Nebula Bank aangeteken.
(v) Op 28 Julie 2024 is ʼn EFO gemaak om ʼn krediteur R10 400 te betaal. Die
krediteur het Amoré meegedeel dat rente van R600 by Jams Junction se
rekening gevoeg is, aangesien die betaling laat was. Alhoewel Jams
Junction en Nebula Bank die betaling van R10 400 aangeteken het, is geen
inskrywing of betaling vir die rente gemaak nie.
(vi) Jams Junction verhuur musiektoerusting aan ʼn bekende sanger. Die
sanger het R? direk in die bankrekening gedeponeer. Die bedrag is reeds
deur Nebula Bank aangeteken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 5
1.3 BTW
Die inligting het in die boeke van Nkohli Handelaars vir Augustus 2024 verskyn.
GEVRA:
1.3.1 Gebruik die inligting om die bedrag verskuldig aan/deur die SAID vir BTW
op 31 Augustus 2024 te bereken. (10)
INLIGTING:
Saldo in die Algemene Grootboek op 1 Augustus 2024:
SAID(BTW) R1 245 (kt.)
Die volgende is die kolomtotale van die verskillende hulpjoernale vir
Augustus 2024.
Transaksie Joernaal BTW BTW BTW
uitgesluit ingesluit
1 Kontantverkope van
voorraad KOJ 126 000 18 900
2 Handelsvoorraad
gekoop en betaal KBJ 87 900 13 185
3 Handelsvoorraad op
krediet gekoop KJ 11 985
4 Handelsvoorraad aan
krediteure teruggestuur KAJ 5 430
5 Handelsvoorraad op
krediet verkoop DJ 134 460 ?
6 Handelsvoorraad deur
debiteure teruggestuur DAJ 10 764 ?
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE EN VOORRAADWAARDASIE
(50 punte; 40 minute)
2.1 SHAN-UITRUSTERS
Shan-Uitrusters is ʼn vervaardigingsonderneming wat baadjies vir graad 12-
leerders vervaardig. Die materiaal word by ʼn verskaffer in Oos-Londen gekoop en
na Stutterheim vervoer. Die baadjies word aan graad 12-leerders teen ʼn
winsopslag van 60% op kosprys verkoop. Die finale bestellings word elke jaar
op 30 Junie afgelewer. Die einde van die huidige finansiële jaar is 30 Junie 2024.
GEVRA:
2.1.1 Voltooi die notas in jou ANTWOORDEBOEK deur die ontbrekende
inligting in te vul. Gebruik die inligting wat reeds ingevul is asook die
bykomende inligting wat gegee word.
• Direkte materiaalkoste (10)
• Fabrieksbokoste (6)
• Klaar produktevoorraad (5)
2.1.2 Die eienaar, Shannon, het die rekenmeester opdrag gegee om van die
geweegdegemiddelde- na EIEU-metode te verander wanneer die
grondstowwe gewaardeer word. Gee EEN rede waarom jy dink sy hier-
die opdrag sal gee. Verduidelik hoekom jy nie met haar saamstem nie. (4)
2.1.3 Bereken die waarde van die eindvoorraad van grondstowwe indien die
rekenmeester die EIEU-metode sou gebruik. (4)
2.1.4 Die graad 12-klas van 2025 sal nie die 18 baadjies wat oorgebly het wil
koop nie. Gee EEN strategie oor hoe sy die eindvoorraad sinvol kan
gebruik. Hierdie uitgawe kom jaarliks voor. Bied EEN voorstel om enige
oorblywende eindvoorraad van voltooide goedere in die toekoms te
voorkom. (4)
INLIGTING:
1. Water en elektrisiteit, R66 000, is gedurende die jaar betaal. Dit moet tussen
die Fabriek-, Administrasie- en Verkope-afdelings verdeel word in die
verhouding 4 : 1 : 1.
2. Vloerspasie gebruik:
Fabriek: 70 000 m2
Administrasie: 20 000 m2
Verkoop en verspreiding: 10 000 m2
Die totale huurgeld vir die jaar beloop R240 000. Dit moet tussen die
afdelings verdeel word in die verhouding van die vloerspasie gebruik.
3. Totale lone wat gedurende die huidige finansiële jaar aan fabriekspersoneel
betaal is:
Bruto lone: R300 000
Totale aftrekkings: R 60 000
Totale bydraes: R 40 000
5% van die lone was vir indirekte arbeid
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 7
4. Voorraad word volgens die geweegdegemiddelde-metode waardeer.
Die volgende data rakende die grondstowwe wat vir die jaar aangekoop is,
is op 30 Junie 2024 uit die rekeningkundige rekords geneem:
Datum Een- Eenheids Totale Vraggeld Totale
hede -prys koste per Vraggeld
eenheid
Beginvoorraad 24 R28 958 vraggeld ingesluit
Aankope 206 R269 298 R28 344
1 Nov. 2023 50 R1 265 R 63 250 R132 R 6 600
20 Feb. 2024 80 R1 314 R105 120 R135 R10 800
31 Mei 2024 76 R1 328 R100 928 R144 R10 944
Voorraadopname op 30 Junie 2024 toon 18 baadjies in die stoorkamer.
Geen eenhede is gesteel nie.
5. Verkope vir die jaar beloop R1 376 000.
2.2 NASSI STRIDE
Die onderneming is in Kariega geleë en vervaardig tekkies. Die eienaar is Nassi
Florus. Jy word voorsien van inligting vir die afgelope twee jaar.
INLIGTING:
2.2.1 Bereken:
• Die netto wins vir 2024 (3)
• Die gelykbreekpunt vir tekkies in 2024 (4)
2.2.2 Nassi is nie tevrede met die resultate van 2024 nie. Verduidelik en verskaf
EEN rede (met syfers of berekeninge) om te bewys waarom sy baie meer
tevrede moet wees met hierdie resultate as met die resultate van 2023. (3)
2.2.3 Bereken hoeveel ekstra pare tekkies sy sal moet vervaardig om haar wins
met R400 000 te verhoog. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.2.4 Lewer kommentaar oor die verkoops- en verspreidingskoste per paar.
Haal die persentasie verandering in koste per paar aan. Verskaf EEN
moontlike rede vir die verandering van 2023 na 2024. (4)
INLIGTING:
TEKKIES
2024 2023
Pare tekkies vervaardig en verkoop 18 000 12 000
Gelykbreekpunt ? 10 909
Verkoopprys per paar tekkies R980 R860
TOTALE KOSTE: R14 040 000 R9 960 000
Totale veranderlike koste 10 440 000 6 360 000
Totale vaste koste 3 600 000 3 600 000
KOSTE PER PAAR:
Totale veranderlike koste per paar R580 R530
Direkte materiaalkoste per paar 300 200
Direkte arbeidskoste per paar 170 210
Verkoop- en verspreidingskoste per paar 110 120
TOTALE VASTE KOSTE PER PAAR: R200 R300
Fabrieksbokoste per paar 155 220
Administrasiekoste per paar 45 80
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 9
HOU HIERDIE BLADSY
OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 3: BEGROTINGS (40 punte; 30 minute)
3.1 EC WINKELS
Die volgende inligting is geneem uit die boeke van EC Winkels vir die maand
September 2024.
GEVRA:
Gebruik die inligting om die tabel in die ANTWOORDEBOEK te voltooi, deur slegs
die bedrae in die relevante kolomme in te vul. (10)
INLIGTING:
Bv. Diverse uitgawes van R3 200 sal konstant oor die begrotingstydperk bly.
(i) Die maandelikse kommissie-inkomste beloop R4 000. Dit sal nie in
September verander nie.
(ii) Waardevermindering vir die finansiële jaar sal na verwagting R36 000
wees.
(iii) Verwagte kontantverkope vir September 2024: R65 000
(koste van verkope R54 000)
(iv) Gedurende September 2024 sal R31 860 aan krediteure betaal word;
nadat ʼn verwagte korting van 10% deur krediteure toegestaan is.
3.2 KLEU TRANSPORT
Zeland besit Kleu Transport, ʼn besigheid wat afleweringsdienste bied. Die
gegewe inligting het betrekking op die begrotingsperiode 1 Mei 2024 tot
30 Junie 2024.
GEVRA:
3.2.1 VERWYS NA INLIGTING B EN C:
Voltooi die Debiteure-invorderingskedule. (6)
3.2.2 VERWYS NA INLIGTING A, B, C, D en E
Bereken die volgende:
• Die bedrae aangedui deur (i) tot (v) op die Kontantbegroting (9)
• Die uitstaande saldo van die lening op 1 Mei 2024 (4)
• Die persentasie verhoging in salarisse op 1 Junie 2024 (3)
3.2.3 Die werknemers is nie tevrede met die verhoging in salarisse nie. Gee
EEN punt om hulle te ondersteun en EEN punt teen hul opinie. (2)
3.2.4 VERWYS NA INLIGTING F:
Aan die einde van Mei 2024 was Zeland bekommerd oor die beheer van
die invordering van debiteure en onderhoud van voertuie. Gebruik
Inligting F en verskaf EEN rede vir sy kommer. Haal syfers aan. Gee EEN
punt van advies in elke geval. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 11
INLIGTING:
A. UITTREKSEL UIT DIE KONTANTBEGROTING VIR DIE PERIODE
1 MEI 2024 TOT 30 JUNIE 2024
KONTANTONTVANGSTES MEI JUNIE
Fooi-inkomste van kontantkliënte (i) 90 000
Ontvangstes van kredietkliënte 151 320
Huurinkomste 4 400 (ii)
Kommissie ontvang
TOTALE ONTVANGSTE 320 000
KONTANTBETALINGS
Versekering 6 000 6 800
Salarisse 48 000 49 440
Water en elektrisiteit
Brandstof (iii) 63 250
Advertensies 3 000 3 000
Aankoop van nuwe voertuig - 250 000
Onderhoud van voertuie 22 000 22 000
Onttrekkings
Diverse uitgawes
Rente op lening (11% per jaar) 1 650
TOTALE BETALINGS 221 000 405 200
SURPLUS /TEKORT 309 000 (iv)
Kontant aan die begin van die maand 8 400
Kontant aan die einde van die maand 317 400 (v)
B. Afleweringsdienste word op kontant en op krediet aangebied.
• Krediettransaksies maak 70% van die totale fooi-inkomste uit.
• Aflewerings op krediet aan kliënte gelewer, is soos volg:
April (werklik) R160 000
Mei (begroot) R154 000
Junie (begroot) ?
C. Daar word verwag dat debiteure as volg sal betaal:
• 40% van debiteure vereffen hul rekeninge gedurende die
transaksiemaand, om voordeel uit ʼn 5%-afslag te trek.
• 58% van debiteure vereffen hul rekeninge in die maand wat volg op die
transaksiemaand.
• 2% word as slegte skuld afgeskryf.
D. Huurinkomste sal met ingang van 1 Junie 2024 met 7,5% verminder word.
E. ʼn Styging van 15% in brandstofpryse word vanaf 1 Junie 2024 verwag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
F. Mei 2024
BEGROOT WERKLIK
Invorderings van debiteure R151 320 R112 650
Onderhoud van voertuie R22 000 R44 000
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 13
VRAAG 4: VASTE BATES (25 punte; 20 minute)
4.1 BATEVERKOPE
Die volgende inligting het in die boeke van Sithata Handelaars vir die finansiële
jaar geëindig 30 Junie 2024 verskyn.
GEVRA:
4.1.1 Bereken die ontbrekende bedrae/besonderhede aangedui deur (a) tot
(g) in die onvolledige grootboekrekeninge verskaf. (17)
4.1.2 Tasbare bates behoort positief by te dra tot die winsdoelwit van die
onderneming. Verskaf EEN voorbeeld van hoe die voertuie van ʼn
handelsonderneming tot die generering van wins sal bydra. (2)
INLIGTING:
A. Algemene grootboekrekeninge (onvolledig)
Grond en Geboue
2023
1 Julie Saldo 1 150 000
1 Des Bank (a)
1 830 000
Voertuie
2023 2024
1 Julie Saldo 500 000 1 April (b) 180 000
2024
1 April (c) (d)
Opgehoopte waardevermindering op voertuie
2024 Bate- 2023
1 April verkope (f) 1 Julie Saldo 150 000
2024 Waardever-
1 April mindering (e)
Waardever-
30 Junie mindering (g)
B. ʼn Nuwe administrasiegebou is gedurende die finansiële jaar gebou.
C. Voertuie:
• Op 1 April 2024 is ʼn ou afleweringsvoertuig, kosprys R180 000, ingeruil vir
ʼn nuwe voertuig ter waarde van R460 000. Die inruilwaarde was R78 000.
Die opgehoopte waardevermindering op die voertuig wat ingeruil is, was
R108 000 op 1 Julie 2023.
• Voertuie word teen 10% op die drawaarde gedepresieer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
4.2 BESTUUR VAN VASTE BATES
Die interne ouditeur het ʼn oudit van die bestuur van die vaste bates uitgevoer.
Hy het ʼn verslag saamgestel waarin onder andere, die volgende stellings
verskyn:
• Die oudit het gevind dat bates uit die register weggelaat is, terwyl daar ook
bates geïdentifiseer is wat op die register verskyn, maar nie meer in gebruik
was nie
• Bates is aangekoop sonder dat die nodige magtiging verkry is.
• Die gebruik van ʼn sagtewaretoepassing vir vaste batebestuur en mobiele
tegnologie, soos strepieskode skandeerders, sal help om die probleem op
te los.
GEVRA:
4.2.1 Beskryf EEN gevolg van die weglating van bates uit ʼn vaste
bateregister. (2)
4.2.2 Verduidelik EEN punt om die belangrikheid van magtiging voor die
aankoop van vaste bates te illustreer. (2)
4.2.3 Die ouditeur het die gebruik van ʼn strepieskode skandeerder
aanbeveel. Verduidelik aan die direkteure hoe ʼn strepieskode
skandeerder batebestuur sal verbeter. (2)
25
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) REKENINGKUNDE V2 15
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedyfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant en Kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Interim dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividend per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende ʼn finansiële jaar ʼn verandering in die aantal
uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum