Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
AFRIKAANS HUISTAAL V1
MEMORANDUM
PUNTE: 70
Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2015 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 7 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Memorandum, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 195.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 7
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Nasien van die leesbegrip:
Spelfoute in eenwoord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die
fokus op begrip is.
Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer
indien die aanhalingstekens ontbreek nie.
Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee, is dit
korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse
uitgelig word.
Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ʼn
hele reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die
vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die
antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie
gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word,
word dit aanvaar.
Aanvaar dialektiese variasies.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
VRAAG 1
Vraag Antwoord Punt
1.1 Dis honderd jaar na haar geboorte./Sy is die eerste vroulike Suid-
Afrikaanse digter./Haar bydrae tot Afrikaanse letterkunde is enorm. (1)
1.2 Eeu (1)
1.3 Hulle is ervare./Hulle weet wat om te doen. (1)
1.4 Dis ʼn toekenning vir literêre werke in Afrikaans. (1)
1.5 Hulle het al op skool geleer en met Eybers se skryfwerk kennis gemaak. (1)
1.6 As sy dan so hoog aangeskrewe is, hoekom herdruk hulle nie haar bundels
nie./Mense lees of koop nie eintlik digbundels nie, daarom word dit nie
herdruk nie. (1)
1.7 Musikaliteit word tot by die woord gevoeg EN dit skep ʼn ekstra dimensie
EN dis ook meer toeganklik vir mense. (Een punt per feit) (3)
1.8 Hulle het die 100 gewildste Afrikaanse gedigte bestudeer. (1)
1.9 Sy was die eerste vroulike gepubliseerde Afrikaanse digter. Sy het die
Hertzogprys twee keer gewen. Sy het 11 digbundels gepubliseer. (Een
punt per feit) (3)
1.10 Dit maak ʼn mens emosioneel. (1)
1.11 Ja. Sy beskou Eybers as “een van die moeders van die Afrikaanse
digkuns”. (1)
1.12 Afrikaans is amptelik 90 jaar oud. (1)
1.13 Dit wat van ʼn vrou verwag word EN hoe ʼn vrou behoort te dink en doen. (2)
1.14 Sy het ʼn uiters suksesvolle loopbaan gehad en ʼn groot naam in eie reg
geword. (2)
1.15 ʼn Redenasie/Stryery/Wedywering (1)
1.16 Aanhangers/Mense hou daarvan om iets te hoor wat hulle ken. (1)
1.17 Geluk en hartseer (2)
1.18 Die man wil sy vrou ondergeskik hou as die een wat huistake moet verrig,
terwyl Eybers gekant is daarteen. Sy het ʼn suksesvolle loopbaan gehad. (2)
1.19 Hy moet as huweliksberader van beter weet, maar hy skree op sy vrou en
behandel haar as ʼn ondergeskikte. (2)
1.20 Die huwelik hou nie altyd net plesier in nie./Dit gaan nie net goed in ʼn
huwelik nie. (1)
1.21 Ons kan nie hom vertrou nie, want kyk hoe gaan hy tekere. (Enige
gepaste antwoord van die kandidaat is aanvaarbaar.) (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming:
Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ʼn
opskrif/titel te voorsien nie.
Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne kan skryf.
Kandidate moet die opsomming in die vereiste formaat
aanbied./Opsommings in die verkeerde formaat word geassesseer, maar
leerders verloor 1 punt vir aanbieding in die verkeerde formaat.
Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is
nie, word die eerste opsomming nagesien.
Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
Punte word soos volg toegeken:
o 7 punte vir 7 feite
o 3 punte vir taal
Verspreiding van punte vir taalpunte waar die kandidaat nie verbatim
aangehaal hê
o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe.
o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe.
o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe.
Penaliseer soos volg:
Indien die opsomming te lank is, word daar slegs 5 ekstra woorde
toegelaat. Die res van die opsomming word geïgnoreer.
Indien die opsomming te kort is, maar dit bevat al die vereiste inligting,
word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
LET WEL: Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar
indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel
volgens die getal woorde wat dit voorstel.
Antwoord:
Gesels met ʼn persoon wat opgewonde is. Verkies om in jouself, jou
gemeenskap, jou land, die wêreld en jou God te glo. Sien die wonderwerke
rondom jou en respekteer jouself en ander. Dit beteken dat jy fokus op dit wat
belangrik is. Weet wat rondom jou aangaan, maar vermy die slegte. Sien die
goeie in ʼn enige situasie en geniet die toekoms. Moenie jou laat intrek deur die
negatiewe realiteite nie en gesels oor die positiewe met jouself. (68 woorde)
2.1 Gesels met ʼn persoon wat opgewonde is.
2.2 Verkies om in jouself, jou gemeenskap, jou land, die wêreld en jou God te
glo.
2.3 Sien die wonderwerke rondom jou.
2.4 Respekteer jouself en ander.
2.5 Dit beteken dat jy fokus op dit wat belangrik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
2.6 Weet wat rondom jou aangaan, maar vermy die slegte.
2.7 Sien die goeie in enige situasie en geniet die toekoms.
2.8 Moenie jou laat intrek deur die negatiewe realiteite nie en gesels oor die
positiewe met jouself. (74 woorde)
(Enige 7 feite)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3
Nasien van hierdie afdeling:
Spelling:
Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die
fout in die taalstruktuur getoets word.
Waar ʼn afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te
wees.
Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
soos in die instruksie aangedui.
Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter wat ooreenstem met die
korrekte antwoord EN die antwoord wat uitgeskryf word, aanvaar.
VRAAG 3
Vraag Antwoord Punt
3.1 Twee maal/keer (1)
3.2 Ons gevorderde deodorant is deur 5 000 Suid-Afrikaanse vroue gekies as
Produk van die Jaar. (1)
3.3 Dis in swart druk./Die lettertipe verskil./Die letters is groter. (1)
3.4 Ek wil ook die produk gebruik./Dit is oorredend of manipulerend. Dit gee
my vertroue in die produk./Dit skakel onsekerheid uit. (1)
3.5 Ontronding/oorronding (1)
3.6 op (1)
3.7 Dis oorredend of oortuigend./Dit dui die gehalte van Shield aan. (1)
3.8 Baie dames se menings in die advertensie bevestig dit./Die klomp
beskrywende woorde in die advertensie. (1)
3.9 Goed (1)
3.10 Ja. Die klomp dames van verskillende plekke oortuig my./5 000 dames
het dit gekies as produk van die jaar./Dis meer as 2 maal beter die
basiese antiperspirant. (ʼn Sinvolle antwoord van die kandidaat is ook
reg.)
Nee. Ek hou nie van Shield nie./Ek gebruik ʼn ander reukweerder./Ek is ʼn
man en gebruik nie vroueprodukte nie./ (In die trant.) (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
VRAAG 4
Vraag Antwoord Punt
4.1 gister/twee dae gelede/vanoggend/(in die trant) (1)
4.2 belediging/spot/humor/hiperbool (1)
4.3 Diftong/tweeklank (1)
4.4 Jeremy se ma vra of hy sy vuil klere vir haar op ʼn hoop gesit het. (1)
4.5 Attributiewe (spelling nie ʼn vereiste nie) (1)
4.6 Sarkasme (1)
4.7 Hy sal sy klere self moet optel en neem. (1)
4.8 Hy is besig om te droom./Hy leef is sy verbeelding./Hy is nie normaal
nie./Hy is so lui dat hy fantaseer. (1)
4.9 Die klok of die tyd beweeg aanhoudend of staan nie stil nie./Hy word
deur sy vrou onderbreek. (1)
4.10 Hulle is volwasse, maar kan nie die tyd lees nie of weet nie hoe laat
dit is nie. (1)
[10]
VRAAG 5
Vraag Antwoord Punt
5.1 sielkundenavorser, Angela Duckworth, die verband (1)
5.2 Hulle weet of besef dat sukses gaan gepaard met opofferinge behaal. (1)
5.3 Bevordering (1)
5.4 Betreklike (1)
5.5 Moenie by dit bly waaroor jy nie passievol is nie. (1)
5.6 Sy/hy hou van duur skoene. (1)
5.7 Struikelblokke (1)
5.8 Gaan/Sal jy nadink oor hoe jy gewoonlik ʼn uitdaging benader? (1)
5.9 Kapenaar/Kaapstadter (spelling moet reg wees.) (1)
5.10 Bywoord (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2012 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2015 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper