Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
AFRIKAANS HUISTAAL V3
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
*AFRHL3*
Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2015 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 8 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 249.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:
AFDELING A: Opstel 50 punte
AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (25 x 2) 50 punte
Jy word sterk aanbeveel om 80 minute aan AFDELING A en 70 minute
aan AFDELING B te bestee.
2. Beantwoord EEN vraag uit AFDELING A.
3. Beantwoord TWEE vrae uit AFDELING B.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/
kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR
die finale produk gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Jou beplanning moet
netjies deurgehaal word, as jy jou finale weergawe oorgeskryf het.
7. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
8. Voorsien elke skryfstuk van ʼn gepaste titel/opskrif.
LET WEL: Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem as die
woorde getel word NIE.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL)
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400–450 woorde.
1.1 Alles val uitmekaar. [50]
OF
1.2
Ek voel my selfoon in my sak vibreer en ek weet dat
uitstel verby is en ek nóú ‘n antwoord sal moet gee. [50]
OF
1.3 JY SAL PRESTEER!
Het jongmense vandag die dryfkrag om bo uit te kom, of word hulle deur
hul entoesiastiese ouers gedruk? [50]
OF
1.4 Eenvoud is die vreugde van die lewe.
Dit gee en neem wat daar is. [Koos du Plessis] [50]
OF
1.5
Dit het my lewe onuitwisbaar aangeraak. [50]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.6 1.6.1
[Bron: www.crystalgraphics.com] [50]
OF
1.6.2
[Bron: www.gettyimages.com] [50]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
1.6.3
[Bron: Internet] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf tekste van 180–200 woorde elk.
2.1 KLAGTEBRIEF
Jy is ʼn sportfanatikus wat ʼn nuwe energiedrankie in ʼn sporttydskrif bestel
het. Nadat jy dit op die proef gestel het, was jy baie teleurgesteld
aangesien die energiedrankie glad nie aan die verwagtinge voldoen het
nie.
Skryf ʼn KLAGTEBRIEF aan die firma waarin jy jou ontevredenheid
uitspreek. [25]
OF
2.2 INFORMELE VERSLAG
Jou skool het onlangs hul eie kunstefees op die skoolgronde gehou.
Skryf ʼn INFORMELE VERSLAG vir die skoolkoerant waarin jy oor die
verloop van die kunstefees verslag lewer. [25]
OF
2.3 AGENDA EN NOTULE
Jy is sekretaresse van jou skool se kultuurkomitee wat ʼn kultuurdag
beplan.
Skryf nou die AGENDA, sowel as ʼn NOTULE van hierdie vergadering. [25]
OF
2.4 INFORMELE TOESPRAAK
Jy is gevra om tydens saalopening ʼn groep graad 7-leerders by ʼn
laerskool toe te spreek, waarin jy hulle aanmoedig om graad 8 by jou
hoërskool te begin.
Skryf die TOESPRAAK neer. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
2.5 DEKBRIEF EN CV
Jy stel belang in die pos as vertaler wat in die onderstaande advertensie
geadverteer word.
Skryf nou ʼn DEKBRIEF en ʼn CV vir die pos.
Nuus
Taalsub/Vertaler
Son
Port Elizabeth
Permanent
Verantwoordelikhede
* Redigeer en proeflees kopie, met genoegsame kennis om kopie op ʼn sinvolle
wyse te sny.
* Korrigeer korrektheid van feite, spelling en grammatika.
* Skryf byskrifte, opskrifte en flapteks wat aanloklik sowel as taalkundig en
feitelik korrek is.
* Vertaal kopie, en maak seker dat dit taalkundig en feitelik korrek is.
* Maak seker dat kopie die publikasie se spesifieke styl volg wat grammatika,
taalgebruik en voorkeurspelwyse betref.
* Bly ingelig oor en implementeer die jongste taalreëls soos in die taalstylgids
vervat.
Vereistes vir die pos
* Drie jaar toepaslike akademiese kwalifikasie
* Kode 8-rybewys
* Minstens drie jaar toepaslike ervaring en bewese taalvaardigheid
* Moet in staat wees om doeltreffend onder druk te funksioneer
* Moet uitstekend in spanverband kan werk
* ’n Sterk sin vir akkuraatheid en korrektheid is onmisbaar. Daarby moet hy/sy
bereid wees om ʼn vyfdag-werkweek wat strek van Maandag tot Vrydag en
elke tweede Sondag, asook sekere vakansiedae, te werk.
Stuur u aansoek en CV na Me. A. Potgieter, Posbus 1800, Port Elizabeth, 6060. [25]
OF
2.6 INFORMELE BRIEF AAN DIE PERS
Deesdae verskyn daar al hoe meer berigte in koerante en tydskrifte oor
mense wat hulle geliefdes se naam op hul liggame tatoeëer.
Reageer hierop in ʼn INFORMELE BRIEF aan die pers. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2016 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper