Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
AFRIKAANS HUISTAAL V3
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2015 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 17 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 400.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3
ANALISE VAN VRAESTEL
AFDELING A OPSTEL
1.1 Verhalend/Beskrywend
1.2 Argumenterend/Beredenerend
1.3 Verhalend/Bespiegelend/Beskrywend
1.4 Bespiegelend/Verhalend
1.5 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend
1.6 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend/Beredenerend/
Argumenterend
AFDELING B LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
2.1 Klagtebrief
2.2 Informele verslag
2.3 Agenda en Notule
2.4 Informele toespraak
2.5 Dekbrief en CV
2.6 Informele Brief aan die Pers
ONTLEDING VAN VRAESTEL 3
DENKVLAK VAN DIE SKRYFSTUK
VLAK 1: 3 PUNTE
VLAK 2: 4–6 PUNTE
VLAK 3: 7–9 PUNTE
VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3
O: Onderwerp Kandidaat se eie Kandidaat se eie en Kandidaat en
persoonlike en onmiddellike die wye wêreld
alledaagse gemeenskap en
leefwêreld omgewing
A: Aanbieding Baie hulp; riglyne, Minder hulp; minder Net die
woordeskat in riglyne, minder onderwerp,
tekste, woordeskat in tekste, min leiding
antwoordblad, ens. uitdagender
antwoordblad
U: Uitdaging Skryf net woorde Skryfstukke wat hoër Moeiliker
skryfvaardighede vereis skryfvorme
Kopiereg voorbehou Bla
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3
AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL)
VRAAG OPSTEL O A U TOTAAL DENKVLAK
1.1 Verhalend/Beskrywend 1 1 1 3 1
1.2 Argumenterend/Beredenerend 3 2 3 8 3
1.3 Verhalend/Bespiegelend/
Beskrywend 3 1 2 2 2
1.4 Bespiegelend/Verhalend 1 1 1 3 1
1.5 Verhalend/Beskrywend/
Bespiegelend 3 3 2 8 3
1.6 Verhalend/Beskrywend/
Bespiegelend/
Beredenerend/Argumenterend 3 3 3 9 3
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG LANGER TRANSAKSIONELE O A U TOTAAL DENKVLAK
TEKSTE
2.1 Klagtebrief 1 1 1 3 1
2.2 Informele verslag 2 2 2 6 2
2.3 Agenda en Notule 2 2 2 6 2
2.4 Toespraak 2 2 3 7 3
2.5 Dekbrief en CV 3 3 3 9 3
2.6 Informele Brief aan die Pers 1 1 1 3 1
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
wille van eenvoud en eenvormigheid.
SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING
0 Sirkel Punktuasiefout
Dubbel strepie onder ʼn Spelfout
woord
Lang streep onder ʼn Foutiewe woordgebruik
woord
Sirkel met pyltjie Woordorde
/\ Weglaatteken Woord weggelaat
T Hoofletter T in kantlyn Tye verwar
H Dubbele hh Herhaling van gedagtes
VR Vraestel Dele saamgeflans met woorde
in vraestel gebruik
? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te
verstaan wat leerder skryf
[ Enkel hakie Nuwe paragraaf
E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: AFRIKAANS HUISTAAL KREATIEWE TEKS (OPSTEL)
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerders mag
slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel,
toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE:
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = K6 – 21
Taal, styl en redigering: T = K4 – 8
Struktuur: S = K5 – 3
Skryf dan die totaal van die opstel aan die
regterkant (onder die opstel). 32
Dra die getal uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees) langs die vraagnommer bo links.
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekend
gestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te
wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik
die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter
ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die
skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van
die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer
se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn
verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot
die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende, beredenerende
en verklarende opstel se slot die skrywer se finale
standpunt/mening weerspieël.
Kopiereg voorbehou Bla
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3
VRAAG 1
RIGLYNE
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande
memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige
tipe opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1 Alles val uitmekaar: Die onderwerp leen hom toe tot ʼn verhalende opstel
waarin die leerder vertel van iets wat aanvanklik goed uitgewerk het,
maar om een of ander rede anders verloop het. Dit kan ook ʼn
beskrywende opstel wees indien iemand se moeilike ervaring beskryf
word. Die fokus val dan op die beskrywing. Leerders sou ook kon
bespiegel/redeneer/argumenteer of alles uitmekaar val onder moeilike
omstandighede. [50]
1.2 Ek voel my selfoon in my sak vibreer ...
Leerders kan hierdie onderwerp op ʼn negatiewe of positiewe vlak
interpreteer waarin hy/sy ʼn moeilike keuse moes maak. Hier kan dit
verhalend, beskrywend, argumenterend, beredenerend of selfs
bespiegelend wees. [50]
1.3 Jy sal presteer: Die leerder behoort standpunt in te neem en die stelling
aan die hand van sinvolle argumente te bewys. Hierdie onderwerp leen
hom egter ook toe tot ander interpretasies waar die leerder byvoorbeeld
die negatiewe kant aanbied. Indien die leerder beide kante van die saak
stel, sal die skryfstuk beredenerend aangebied word. Die leerder kan ook
in ʼn beskrywende opstel sy persoonlike prestasies beskryf wat hy/sy op
haar/sy eie bereik het of onder druk van die ouers. [50]
1.4 Eenvoud is die vreugde van die lewe: Leerders kan hierdie onderwerp
gebruik om eenvoudige dinge in die lewe te beskryf wat vreugde aan
hom/haar verskaf. Terugskouend besef hy/sy dat dit eintlik die
eenvoudige dinge in die lewe is wat tel. Hierdie onderwerp leen hom tot ʼn
bespiegelende opstel waar die leerder bespiegel oor of die eenvoudige
dinge werklik saak maak. Hy/Sy kan ook verhalend skryf waarin hy/sy
aandui hoe hy/sy tot insig gekom het dat dit wel die eenvoudige dinge is
wat saak maak. Hy/Sy kan ook argumenteer dat eenvoudige dinge wel in
die lewe saak maak. [50]
1.5 Dit het my lewe onuitwisbaar aangeraak: Hierdie onderwerp leen hom
uitstekend tot ʼn verhalende opstel. Leerders kan hierdie onderwerp wyd
interpreteer, op ʼn positiewe of negatiewe vlak. Die leerder moet fokus op
dit wat sy lewe positief of negatief aangeraak het en die verandering wat
in sy/haar lewe plaasgevind het. [50]
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3
1.6 1.6.1 Kind by die water met boot: Oop onderwerp. Die leerder kan
enige deel van die prikkel in die opstel gebruik, naamlik die kind,
water of die boot. Hierdie prikkel kan tot verskillende inhoude en
tipes opstelle lei. [50]
1.6.2 Man met geld wat waai: Oop onderwerp. Die prikkel kan tot
verskillende inhoude en tipes opstelle lei. Die leerder kan enige
deel van die prikkel in die opstel gebruik, naamlik die geld of die
persoon wat gelukkig is. [50]
1.6.3 Persoon met kop in grond: Oop onderwerp. Die prikkel kan
tot verskillende inhoude en tipes opstelle lei. Verhalend en
beskrywend kan handel oor ʼn persoon wat iets aangevang het
en nie mense in die oë kan kyk nie of voel asof die aarde
hom/haar moet insluk. Die fokus moet wees op die negatiewe. [50]
Kopiereg voorbehou Bla
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3
TIPES OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie/gebeurtenis).
ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
Die verlede tyd word gewoonlik gebruik, maar die teenwoordige tyd kan
gebruik word om ʼn gevoel van die hede te skep.
Die inhoud is boeiend, interessant, dit oortuig en ontwikkel logies; dus is die
inhoud samehangend.
Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
Karakterisering oortuig en die atmosfeer/agtergrond is geslaagd.
ʼn Kort, treffende inleiding wat die leser boei.
Die slot moet ongewoon, interessant en onvoorspelbaar wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
die opnoem van waarnemings).
Tekste kan varieer van meer realisties na ʼn verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse
aangewend.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3
BEREDENERENDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die
argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor alreeds in die inleiding standpunt
ingeneem word.
BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
Die inhoud moet oortuig en ontwikkel logies en helder.
ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf bereik wat aansluit by die inleiding.
Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg, deurdink ʼn idee/lewensverhaal en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ʼn droom of wense.
Hou die volgende in gedagte:
Die probleem, situasie, saak of onderwerp word omskryf.
Die onderwerp word bepeins en oordink.
Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
ʼn Eie logiese en sistematiese mening word gevorm.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL
Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer. Dit is ʼn subjektiewe opstel.
Hou die volgende in gedagte:
Dit is subjektief en definitiewe opinies moet gestel word.
ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike wyse en treffende manier gegee.
ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
Daar moet op argumente vir/teen die standpunt gekonsentreer word.
ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie krutaal nie, kan gebruik word.
Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Bla
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
moet nagesien word. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE:
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat I = K5 – 10
Taal, styl en redigering T = K5 – 6
16
Skryf dan die totaal se punt van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).
Dra die getal uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (die begin van die
afdeling).
VRAAG 2
2.1 KLAGTEBRIEF
Die brief word aan die firma gerig om ongelukkigheid uit te spreek oor die
energiedrankie wat gekoop is.
Hou die volgende in gedagte:
Die rede vir die skryf van die brief word gegee.
Die brief is gewoonlik kort en bondig.
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Die adres van die sender kom regs boaan in blokvorm.
Daar word nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Die datum word voluit geskryf: 19 September 2015.
Die adres van die ontvanger word links in blokvorm geskryf.
Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
ʼn Reël word tussen die adresse oopgelaat.
ʼn Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef
oopgelaat.
Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in
kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie
van die brief saamvat.
Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
Die brief word onderteken deur die persoon wat die korrespondensie
rig.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3
Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening
uitgeskryf, indien ter sake.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet
aandag geniet. [25]
2.2 INFORMELE VERSLAG
Verslag word vir die skoolkoerant gegee oor die kunstefees wat op die
skoolgronde gehou is.
Hou die volgende in gedagte:
Dink na oor ʼn titel, inleiding (agtergrond, doel en omvang), die
inhoudsgedeelte (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?),
samevatting/slot, aanbevelings, verwysings en aanhangsels.
Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
Gebruik semi-formele of formele taal, register en styl.
Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
Gebruik:
teenwoordige tyd (behalwe vir historiese verslae);
selfstandige naamwoorde;
die derdepersoon;
feitelike beskrywing;
tegniese woorde en frases; en
formele, onpersoonlike taal.
Gepaste vorm: kan in kolomme of paragrawe aangebied word.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
aandag geniet. [25]
Kopiereg voorbehou Bla
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3
2.3 AGENDA EN NOTULE
ʼn Agenda of sakelys word voor ʼn vergadering opgestel. Dit stel mense in
kennis van wat bespreek gaan word sodat die verrigtinge ordelik kan
verloop en mense hulle daarvoor kan voorberei.
ʼn Notule is die verkorte, geskrewe verslag van alle besprekings op ʼn
vergadering.
Die agenda én die notule moet handel oor die kultuurdag wat by die skool
gaan plaasvind.
Hou die volgende in gedagte:
Die naam van die komitee en datum van die voorgenome vergadering
moet boaan die agenda verskyn.
Die agenda begin altyd met die opening en verwelkoming, die lees van
die vorige notule en dan enige sake voortspruitend uit die vorige
notule.
Die agenda moet altyd ruimte laat vir enige ander punte wat lede wil
opper, daarom is daar ʼn punt wat Algemeen genoem word.
Agendas bevat ook gewoonlik Datum van die volgende vergadering en
alle agendas se laaste punt is Afsluiting.
Die notule sluit direk aan by die agenda omdat dit ʼn verslag is van wat
by die spesifieke vergadering gebeur het.
Dit moet ʼn lid, wat nie teenwoordig was nie, ʼn idee gee van wat by die
vergadering gebeur het.
Alle besluite moet genotuleer word.
In ʼn geskrewe notule word die verskillende opskrifte onderstreep.
Die notule word altyd in die teenwoordige tyd geskryf.
Gebruik kort sinne.
Die notule stem puntsgewys met die agenda ooreen.
Taal en styl is formeel.
Die naam van die komitee, datum van die vergadering en plek van die
byeenkoms word boaan die notule geskryf.
Elke notule bevat ʼn opening en verwelkoming, ʼn lys
verteenwoordigers, ʼn lys afwesiges, die notule van die vorige
vergadering wat gelees en goedgekeur moet word en dan sake uit die
vorige notule.
Die notule moet deur die voorsitter en die sekretaris/sekretaresse
onderteken word. [25]
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3
VOORBEELD
Agenda van ʼn vergadering van die Kultuurkomitee wat op Donderdag, 18 Julie
2015 om 14h00 in die skoolsaal gehou sal word.
AGENDA
1. Opening en verwelkoming
2. Bywoning en verskonings
3. Notule van die vorige vergadering
4. Sake uit die notule
4.1 Kultuurgroepe per graad
4.2 Kulturele aktiwiteite
5. Nuwe sake
5.1 Kaartjies en bemarking
5.2 Kosstalletjies
5.3 Samewerking van ouers, Beheerliggaam en personeel
6. Algemeen
7. Datum van volgende vergadering
8. Afsluiting
JK Botha PK Johannes
J Botha PK Johannes
Voorsitter Sekretaresse
NOTULE
Notule van ʼn vergadering van die Kultuurkomitee wat op Donderdag, 18 Julie
2015 om 14h00 in die skoolsaal gehou is.
1. Opening en verwelkoming:
Die voorsitter verklaar die vergadering geopen en heet alle lede
welkom.
2. Bywoning en verskonings:
Noem die titel, voorletters en vanne van lede teenwoordig en van dié wat
verskoning gemaak het.
3. Notule van die vorige vergadering:
Die notule van die vergadering word gelees, goedgekeur en onderteken.
4. Sake uit die notule:
Sake uit die vorige notule word bespreek.
5. Nuwe sake:
5.1 Kaartjies en bemarking
.......................................................................................................
5.2 Kosstalletjies
.......................................................................................................
5.3 Samewerking van ouers, Beheerliggaam en personeel
.......................................................................................................
Kopiereg voorbehou Bla
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3
6. Algemeen:
Ander belangrike sake wat tydens voorhou van agenda genoem is, word nou
bespreek.
7. Datum van volgende vergadering:
8. Afsluiting:
Die tyd waarop die vergadering verdaag, word hier genoem.
JK Botha PK Johannes
J Botha PK Johannes
Voorsitter Sekretaresse
2.4 TOESPRAAK
Die toespraak word voor die tyd voorberei en gelewer om die gehoor
te oortuig, in te lig, geluk te wens of te bedank. In hierdie toespraak
moet die graad 7 leerders aangemoedig word om die hoërskool te
kies.
ʼn Interessante inleiding is belangrik om die gehoor se aandag te trek.
Openingsin is belangrik, bv. Geagte graad 7’s.
Elke paragraaf handel oor ʼn nuwe feit.
Inhoud is logies en georden.
Onderwerp, taal, styl en register moet by die gehoor pas.
Interessante voorbeelde, staaltjies en grappie maak die toespraak
lewendig.
Gebruik kort sinne met eenvoudige idees. [25]
2.5 DEKBRIEF EN CV
ʼn Dekbrief vergesel die CV.
In ʼn dekbrief stel jy jouself bekend en verduidelik kortliks waarom jy
aansoek doen.
Rig die brief, indien moontlik, aan ʼn spesifieke persoon.
Skryf in die teenwoordige tyd.
Skryf nugter, saaklik en op die punt af.
Die taal, styl, toon en register is formeel.
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Die adres van die sender kom regs bo in blokvorm.
Die datum word voluit geskryf.
Die adres van die ontvanger kom links in blokvorm.
ʼn Reël word tussen die adresse oopgelaat.
ʼn Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef
oopgelaat.
Die doel van die brief word onderstreep of in hoofletters geskryf.
Eindig die brief op ʼn positiewe toon en gebruik ʼn formele slot.
Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
Die aansoeker onderteken die brief.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V3
Die aansoeker se naam en van volg na die handtekening.
ʼn CV bevat besonderhede oor ʼn persoon se loopbaan, kwalifikasies
en prestasies.
Die inhoud moet logies, kort en bondig, en volgens ʼn patroon wees,
bv. persoonlike besonderhede, kwalifikasies, leierskap,
werkondervinding en verwysings.
ʼn CV word puntsgewys geskryf.
Die styl, register en taalgebruik moet objektief en formeel wees. [25]
2.6 INFORMELE BRIEF AAN DIE PERS
In hierdie brief aan die pers moet die leerder sy mening lug oor die
tatoeëring van geliefdes se name op ʼn persoon se liggaam.
Hou die volgende in gedagte:
Die briefskrywer moet ʼn definitiewe standpunt inneem.
Die saak waaroor die brief handel, moet duidelik gestel word.
Die saak moet logies, objektief en beredeneerd, sonder om
emosioneel betrokke te raak, gestel word.
Skryf in eenvoudige, direkte taal.
Gebruik ’n informele register.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet
aandag geniet.
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Die adres van die sender kom regs bo in blokvorm.
Die datum word voluit geskryf.
Die adres van die ontvanger kom links in blokvorm.
ʼn Reël word tussen die adresse oopgelaat.
ʼn Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef
oopgelaat.
Die doel van die brief word onderstreep of in hoofletters geskryf.
Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
Die brief word afgesluit met die sender se handtekening.
Daarna volg die sender se voorletter en van.
Wanneer ʼn skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring en
dan die sender se regte naam en handtekening.
Let op die streep wat onder die skuilnaam getrek word. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Bla
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 15
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met
die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 27–30 22–23 15–17 9–11 3–5
BEPLANNING - Respons is - Respons baie goed; - Respons bevredigend - Wisselvallige - Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid - Idees redelik samehangend samehang in irrelevant.
en bo verwagting. - Idees heeltemal en oortuigend. respons. - Idees deurmekaar
(Respons en idees) - Idees is intelligent, relevant, interessant en - Idees onduidelik, en nie op onderwerp
- Redelike organisasie en
Organisering van volwasse en stem leser lewer bewys van nie oorspronklik gefokus nie.
redelik samehangend,
idees vir beplanning; tot nadenke. volwassenheid. insluitend inleiding, liggaam nie. - Vaag en herhalend.
Bewustheid van - Uitsonderlike - Organisasie baie goed en samevatting/slot. - Min bewys van - Geen organisasie
doel, gehoor en organisasie en en samehangend, organisasie en nie en is
konteks samehang, insluitend insluitend inleiding, samehang. onsamehangend.
inleiding, liggaam en liggaam en
samevatting/slot. samevatting/slot
30 PUNTE
24–26 18–21 12–14 6–8 0–2
- Respons uitmuntend, - Respons goed; getuig - Respons bevredigend, - Respons is - Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid maar verval soms in grootliks aangewend om in
treffende eienskappe - -Idees relevant, onduidelikheid. irrelevant. ooreenstemming met
van ʼn opstel ontbreek. interessant. - Idees redelik - Idees begin los onderwerp te wees
- Idees intelligent en - Organisasie goed en samehangend en staan en kan nie.
volwasse. samehangend, oortuigend. verwarrend - Heeltemal irrelevant
- Knap organisasie en insluitend inleiding, - ʼn Mate van organisasie wees en ontoepaslik.
samehang, insluitend liggaam en en samehang, insluitend - Skaars ʼn bewys - Deurmekaar en geen
inleiding, liggaam en samevatting/slot. inleiding, liggaam en van organisasie fokus nie.
samevatting/slot. samevatting/slot. en samehang.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 10–11 6–7 2–3 0
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, styl, register en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Taal
woordeskat hoogs woordeskat baie gepas vir woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas onverstaanbaar.
gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en konteks. doel, gehoor en vir doel, gehoor en - Toon, register, styl
Toon, register, styl en en konteks. - Taalgebruik effektief en ʼn konteks. konteks nie. en woordeskat
woordeskat is geskik vir - Taalgebruik getuig van deurlopende gepaste toon - Gepaste taalgebruik - Taalgebruik baie minder gepas vir
doel/effek en konteks; vertroue, word gebruik. om betekenis oor te basies. doel, gehoor en
Woordkeuse; indrukwekkend. - Grammatika en spelling dra. - Toon en woordkeuse konteks.
Taalgebruik en - Toon retories treffend grootliks foutvry. - Toon is gepas. skaars toepaslik. - Woordeskat so
konvensies, punktuasie, en effektief. - Baie goed gedoen. - Retoriese middele - Baie beperkte beperk dat dit
grammatika, spelling - Grammatika en gebruik om betekenis woordeskat. onmoontlik is om
spelling feitlik foutvry. te versterk. sin te maak.
- Knap gedaan.
15 PUNTE 12–13 8–9 4–5 0–1
- Taalgebruik uitstekend - Taalgebruik toepaslik en - Voldoende - Taalgebruik
en toon is retories oor die algemeen taalgebruik, maar onvoldoende.
effektief. effektief. teenstrydighede word - Weinig indien enige
- Grammatika en - Toon gepas en effektief. opgemerk. sinsverskeidenheid.
spelling feitlik foutvry. - Enkele foute in - Toon oor die - Woordeskat baie
- Baie goed tot knap grammatika en spelling. algemeen gepas en beperk.
gedaan. - Goed gedoen. beperkte gebruik van
retoriese middele.
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
- Uitstekende - Logiese ontwikkeling van - Relevante detail - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike
Kenmerke van teks; ontwikkeling van details. ontwikkel. - Sinne en paragrawe punte ontbreek.
onderwerp. - -Samehangend. - Sinne en paragrawe foutief. - Sinne en
Paragraafontwikkeling - Uitsonderlike detail. goed gekonstrueer.
- Sinne en paragrawe - Opstel maak nog sin. paragrawe foutief.
en sinskonstruksie - Sinne en paragrawe - Opstel maak nog - Opstel maak nie
logies en toon variasie.
uitsonderlik effens sin. sin nie.
5 PUNTE gekonstrueer.
VERSPREIDING VAN
PUNTE 40–50 30–39 20–29 10–19 0–9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 17
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen
FORMAAT verwagting. en demonstreer toon voldoende kennis geringe kennis van kennis van
- Idees intelligent en goeie kennis van van kenmerke van die kenmerke van die kenmerke van die
volwasse. kenmerke van die soort teks. soort teks. soort teks nie.
Respons en idees;
- Grondige kennis van soort teks. - Nie heeltemal gefokus - Aanduiding van - Betekenis
Organisering van kenmerke van die soort - Behou fokus – geen nie – enkele afwykings. fokus, maar met onduidelik met groot
idees vir beplanning; teks. afwyking nie. - Redelike samehang in afwykings. afwyking.
Doel, gehoor, - Skryfwerk behou fokus - Samehang in inhoud en idees. - Inhoud en idees nie - Geen samehang in
kenmerke/konvensies - Samehang in inhoud inhoud en idees; - Sommige detail altyd samehangend idees en inhoud nie.
en konteks en idees. baie goed uitgebrei ondersteun die nie. - -Baie min detail
- Idees behoorlik met detail wat die onderwerp. - Min detail ondersteun die
15 PUNTE uitgebrei met detail onderwerp - Formaat oorwegend ondersteun die onderwerp.
wat die onderwerp ondersteun. gepas, maar met onderwerp. - Nodige reëls van
ondersteun. - Gepaste formaat enkele foute. - Nodige reëls van formaat nie
- Gepaste en akkurate met onbeduidende formaat vaagweg toegepas nie.
formaat. foute. toegepas.
- Kritiese foute begaan.
TAAL, STYL EN 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl
woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat is geskik woordeskat minder en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, gehoor geskik vir doel, vir doel, gehoor en geskik vir doel, nie ooreen met
doel/effek, gehoor en en konteks. gehoor en konteks. konteks. gehoor en konteks. doel, gehoor en
konteks; - Grammatika akkuraat en - Grammatika oor die - Enkele - Grammatika konteks nie.
Taalgebruik en goed gekonstrueer. algemeen korrek en grammatikafoute. onakkuraat met etlike - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos. goed gekonstrueer. - -Voldoende foute. verward.
konvensies; - Baie goeie woordeskat. - Basiese woordeskat. - Woordeskat nie
Woordkeuse; woordeskat. - Foute belemmer nie - Betekenis belemmer. geskik vir doel nie.
Punktuasie en spelling - Oorwegend betekenis nie. - Betekenis ernstig
foutloos. belemmer.
10 PUNTE
VERSPREIDING VAN
20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2015 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper