NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
EKONOMIE V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 741.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice16 marks
- Question 1.2South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier6 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3Protectionism and free trade40 marks
- Question 4The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A inspuitings
1.1.2 D piek
1.1.3 B begroting
1.1.4 B revaluasie
1.1.5 C Handelsliberalisering
1.1.6 C grondherverdeling
1.1.7 D kritieke infrastruktuurprogram
1.1.8 A Arbeidsproduktiwiteit (8 x 2) (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 E – Stel internasionale riglyne vir die rapportering van
statistieke wat oor lande vergelykbaar is
1.2.2 G – Makro-ekonomiese model wat daarop dui dat
skommelinge ʼn gevolg van tegnologiese veranderinge
is
1.2.3 F – Begrotingstekort om nie 3% van die BBP-lenings te
oorskry nie
1.2.4 H – Die vervaardiging van ʼn goed of diens teen die laagste
koste
1.2.5 B – Vaste en voorafbepaalde hoeveelheid wat ingevoer kan
word
1.2.6 C – Gemeet aan reële BBP
1.2.7 I – Geniet aansporings soos belastingverligting om
nywerheidsontwikkeling te bevorder
1.2.8 D – Gehef deur banke aan hul beste kliënte (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 3
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Geïnduseerde verbruik
1.3.2 Bewegende gemiddeldes
1.3.3 Vergelykende voordeel
1.3.4 Beskerming
1.3.5 Ruimtelike Ontwikkelings-inisiatief
1.3.6 Produsenteprys-indeks (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE tipes wisselkoersstelsels.
• Vry swewende
• Vaste wisselkoers
• Beheerde swewende (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is die waarde van die vermenigvuldiger in ʼn vier-
sektormodel kleiner as dié van ʼn twee-sektormodel?
Die grootte van die vermenigvuldiger sal kleiner wees aangesien
daar meer lekkasies (belasting en invoer) in die ekonomie sal
wees.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer ʼn item uit die tabel hierbo wat uit salarisse en lone
bestaan uit die tabel hierbo.
• Vergoeding van werknemers (Enige 1 x 1) (1)
2.2.2 Noem EEN item wat gebruik word wanneer BBP teen
faktorkoste na BBP teen basiese pryse omgeskakel word.
• Belasting op produksie
• Subsidies op produksie (Enige 1 x 1) (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term faktorkoste.
Faktorkoste verteenwoordig die totale inkomste wat deur
verskillende produksiefaktore ontvang word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.4 Verduidelik die doel van ʼn residuele item in die berekening
van BBP.
Om akkuraatheid van die syfers te verseker / om verskille wat
ontstaan omdat verskillende metodes gebruik word om BBP te
bereken, in ag te neem.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.5 Waarom sal ekonome konstante pryse bo huidige pryse
verkies wanneer hulle ekonomiese groei meet?
• Konstante pryse word aangepas om die uitwerking van inflasie
uit te sluit, terwyl huidige pryse nie aangepas word nie.
• Konstante pryse bied ʼn ware weerspieëling op werklike
veranderinge in produksie van goedere en dienste, terwyl
huidige pryse ʼn verkeerde weerspieëling gee.
• Huidige pryse gee ʼn verkeerde/skewe aanduiding van die
werklike groei van die ekonomie.
• Die meting van ekonomiese groei deur konstante pryse te
gebruik, verskaf akkurate data aan beleidmakers om ingeligte
besluite te maak. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 5
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die oorspronklike ewewigsprys.
P1 (1)
2.3.2 Gee ʼn formule om die totale vraag vir ʼn geslote ekonomie te
bereken.
TV = C + I + G (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term nuwe ekonomiese paradigma.
Die nuwe ekonomiese paradigma verwys na regeringsbeleid wat
ontwerp is om ʼn hoë koers van ekonomiese groei te verseker
sonder om aanbodbeperkings en prysinflasie te hê.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Verduidelik die gebruik van uitgebreide fiskale beleid om
ekonomiese aktiwiteit te stimuleer.
• Toenemende staatsbesteding sal die totale vraag verhoog wat
dien as ʼn inspuiting in die ekonomie wat lei tot ʼn toename in
produksie, en meer produksiefaktore word aangewend.
• Vermindering van belasting wat lei tot ʼn toename in besteebare
inkomste wat tot ʼn toename in totale vraag sal lei.
• Verhoging in regeringsbesteding en verlaging van belasting op
dieselfde tyd sal tot ʼn aansienlike toename in vraag lei. (2)
2.3.5 Teken die grafiek oor in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit
om die effek van vraag- en aanbodkantbeleide in die
gladstryking van sakesiklusse te toon.
2 punte vir aa verhoging
1 punt vir benoeming van ekwilibrium-punte
1 punt vir korrek geposisioneerde en benoemde nuwe ekwilibrium na ʼn
toename in aanbod
GA2
F D
C
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.4 Bespreek kortliks spesialisasie en doeltreffendheid as gevolge van
internasionale handel.
Spesialisasie
• Spesialisasie verhoog die lewenstandaard, veral wanneer die
spesialisasie gebied in groot aanvraag is weens ʼn tekort aan
verskaffing,
• bv. Angola het olie sodat dit in olieprodukte kan spesialiseer.
Mosambiek het geen oliebronne nie en kan nie in hierdie hulpbronne
spesialiseer nie.
Doeltreffendheid
• Onbeperkte internasionale handel verhoog mededinging
• Mededinging verhoog doeltreffendheid aangesien dit onnodige koste
en vermorsing uitskakel en verminder
• Verhoogde doeltreffendheid lei tot laer koste en laer pryse
• Laer pryse beteken dat dieselfde inkomste meer goedere en dienste
kan koop wat tot ʼn verhoogde lewenstandaard lei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 + 4) (8)
2.5 Hoekom is finansiële markte belangrik vir ekonomiese groei?
Finansiële markte is belangrik vir ekonomiese groei omdat hulle:
• voorsiening te maak vir die huishoudings om hul deel van inkomste te
spaar en vir besigheid om 'n bedrag geld te leen.
• die vloei van spaargeld en investering in die ekonomie te rig wat die
akkumulasie van kapitaal vergemaklik,
• die toename in kapitaalakkumulasie vir die ekonomie dra by tot
verhoogde produksie van goedere en dienste
• oorbrug die gaping tussen diegene wat oormaat geld het met diegene
wat geld nodig het deur die geld- en kapitaalmarkte
• geleenthede bied om welvaart te verhoog deur in die aandelemark te
belê
• voorsien 'n meganisme vir die regering om inflasie en geldvoorraad
deur die effektemark te beheer
• die toewysing van krediet in die ekonomie te reguleer wat ook die
produksie van goedere en dienste vergemaklik
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 7
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE argumente ten gunste van vryhandel.
• Spesialisering
• Skaalbesparings
• Keuses/toename in welvaart
• Innovasies/Beste praktyk
• Verbeterde internasionale betrekkinge (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe beïnvloed ʼn toename in invoer die ekonomie?
• ʼn Stygende vlak van invoer en ʼn groeiende handelstekort kan
'n negatiewe uitwerking op ʼn land se wisselkoers hê.
• ʼn Toename in invoere kan ʼn land se handelsbalans verwring
en sy geldeenheid devalueer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer ʼn metode om uitvoere te bevorder uit die inligting
hierbo
• Aansporings
• Subsidies (1)
3.2.2 Noem ʼn internasionale instelling wat vryhandel bevorder.
Wêreldhandelsorganisasie (WHO) (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term uitvoerbevordering.
Uitvoerbevordering verwys na maatreëls wat deur die regering
onderneem word om plaaslike produsente aan te moedig om meer
te produseer om aan ander lande te verkoop.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Verduidelik die voordeel van skaalvoordele vir verbruikers.
Skaalvoordele bevoordeel verbruikers deur lae produksiekoste wat
tot lae pryse sal lei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.5 Hoe help ʼn toename in uitvoere ʼn ekonomie?
• ʼn Handelsoorskot dra by tot ekonomiese groei in ʼn land.
• Wanneer daar meer uitvoere is, beteken dit dat daar ʼn hoë vlak
van uitset van ʼn land se fabrieke en nywerheidsfasiliteite
is.
• Daar is ook ʼn groter aantal mense wat in diens geneem word
om hierdie fabrieke in bedryf te hou.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer die groeibeleid wat daarop gemik is om werk te skep deur
arbeidsintensiewe metodes van bogenoemde te gebruik.
UOWP (1)
3.3.2 Noem enige ander Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleid.
• HOP
• GEAR
• Asgisa
• Jipsa
• NOP
• NGP (Enige 1 x 1) (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.
ʼn Verbetering in die lewenstandaard van die burgers van ʼn land.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Verduidelik die rol van die regering in die bevordering van die toetrede
van swart entrepreneurs tot besighede.
Die regering kan toetrede van swart entrepreneurs tot besigheid bevorder
deur:
• die inisiëring van behoorlike en doeltreffende wetgewing (voorkeur-
verkryging)
• ondersteuning van organisasies wat gelyke verteenwoordiging in die
ekonomie dryf
• versekering van behoorlike onderwys en opleiding en mentorskap
(inkubasieprogramme)
• finansiële ondersteuning te bied waar nodig
• monitering van SEB-nakoming en optrede deur wetgewing
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.5 Waarom was die BBSEB-programme nie suksesvol in die bevordering
van groei en ontwikkeling in Suid-Afrika nie?
BBSEB was nie suksesvol in Suid-Afrika nie, want:
• Die meerderheid van die benadeelde mense van hierdie land het nie ten
volle by die beleid baat gevind nie, aangesien armoede en werkloosheid
steeds toeneem.
• Maatskappye met swak BBSEB-tellings sal waarskynlik nie deelneem aan
staatskontrakte nie, hoewel hulle ʼn groot persentasie swartmense in diens
het, wat ʼn negatiewe impak op ander maatskappye in swart besit het.
• Tenders word deur middel van voorkeurverkryging toegeken, en kos die
regering meer aangesien hulle nie die verskaffers van dienste is nie as
gevolg van uitkontraktering (omdat hulle nie betrokke is by die verskaffing
van die goedere en dienste nie, word die kwaliteit benadeel).
• Bedrog waar betaling vir tenders nagekom is sonder enige produk- of
dienslewering.
• Bedrog soos vals SEB-sertifisering, wanvoorstellings aan
staatsdepartemente, versuim om aandelesertifikate uit te reik en
diefstal.
• Die herverdeling van rykdom is beklemtoon en het nie ekonomiese groei
bevorder nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 9
3.4 Bespreek die redes vir industriële ontwikkeling.
• Om die wêreldekonomie uit te buit om handel te dryf en kennis te
bekom.
• Om te verseker makro-ekonomiese stabiliteit word gehandhaaf vir
verbetering van ekonomiese groei.
• Om hoë koerse van spaar en belegging te bereik om werksgeleenthede
te skep.
• Om grootskaalse vervaardiging, landbou, mynbou en dienste-produksie
te vestig vir ʼn meer diverse ekonomie.
• Ontwikkel binnelandse vervaardigingskapasiteit om uitvoere te
verhoog.
• Ontwikkel en handhaaf toepaslike aansporings om beleggers te lok.
• Dra by tot die industriële ontwikkeling van die Afrika-kontinent
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
3.5 Hoe sal die sukses van die NOP die Suid-Afrikaanse ekonomie
bevoordeel?
• Daar sal ʼn toename in ekonomiese groei deur werkskepping as meer
goedere en dienste geproduseer word
• Lewenstandaarde sal verbeter soos meer mense in diens geneem word
en daar sal minder afhanklikheid van maatskaplike toelaes wees
• Ekonomiese integrasie binne en buite die grense van die land sal deur
handel versterk word
• Kwaliteit uitset beide in goedere en dienste sal geproduseer word soos
globalisering verhoog
• Daar sal ekonomiese doeltreffendheid wees wat tot hoër produktiwiteit
en hoër winste lei
• Buitelandse beleggers se vertroue sal verhoog, wat tot beleggings en
meer produksie eenhede sal lei
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem TWEE tipes sakesiklusse.
• Kitchen-siklusse
• Jugler-siklusse
• Kuznets-siklusse
• Kondratieff-siklusse (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom is spesiale ekonomiese sones belangrik vir 'n
ekonomie?
• Spesiale ekonomiese sones het verbinding met beide
verskaffers en potensiële markte, terwyl dit uitvoergerigte
nywerhede en plaaslike integrasie bevorder.
• Hulle stimuleer indiensneming, industriegroei en maatskaplike
ontwikkeling.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer die waarde van die handelsbalanstekort vir
Januarie 2023.
R23,05 miljard (1)
4.2.2 Noem ʼn hoofrekening van die betalingsbalans wat uitvoere
en invoere aanteken.
Lopende rekening (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term handelsbalans.
Die verskil tussen uitvoere en invoere.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2.4 Verduidelik die doel van die betalingsbalans.
Die betalingsbalans verskaf gedetailleerde inligting oor die
ekonomiese en finansiële verhoudings tussen ʼn land en die res van
die wêreld.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2.5 Hoe kan lande ʼn gunstige handelsbalans verkry?
Lande kan ʼn gunstige handelsbalans verkry deur:
• Verbetering van hul handelsbalans deur baie te belê in
uitvoergerigte vervaardigings- of ontginningsbedrywe.
• Plasing van tariewe op ingevoerde goedere.
• Devaluering van die land se geldeenheid.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 11
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer ʼn omgewingskwessie wat arm lande raak.
• Orkane
• Droogtes
• Oorstromings
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1)
4.3.2 Watter deel van Noord-Suid-verdeling verteenwoordig die arm
lande?
Suid (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term Noord-Suid-verdeling.
Verwys na die ontwikkelde lande in die Noordelike halfrond en die
ontwikkelende lande in die Suidelike halfrond.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Verduidelik die negatiewe impak van massaproduksie deur
ontwikkelde lande op die omgewing.
• Sommige metodes wat tydens massaproduksie gebruik word lei
tot skadelike gasvrystelling wat die osoonlaag beskadig wat
lugbesoedeling tot gevolg het.
• Massaproduksie lei ook tot die storting van giftige afval op land en
water.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
4.3.5 Hoe kan ongelyke lewenstandaarde wat verband hou met die
Noord-Suid-verdeling aangespreek word?
Ongelyke lewenstandaard kan aangespreek word deur:
• die skep van surplusse op BBP wat lande kan spaar en in hul
ekonomieë kan belê, wat tot hoër lewenstandaarde lei
• die verhoging van die per capita-inkomste in ontwikkelende lande
in die Suide deur verhoogde buitelandse investering wat tot
verhoogde ekonomiese groei lei
• fokus op grootskaalse nywerheidsaktiwiteite en ʼn wye
verskeidenheid dienste waar meer mense by ekonomiese
aktiwiteite betrokke kan wees wat lei tot ʼn styging in
inkomstevlakke
• die regering wat meer bydra deur meer belasting te verhoog om
beter dienste te lewer
• die verhoging van die lewensverwagting van ontwikkelende lande
wat aan siektes en swak gesondheid ly, deur die ingryping van
ontwikkelde lande waar die nuutste navorsing en tegnieke
toegepas word
• fokus op die stryd teen wanvoeding en ernstige siektes soos MIV
en vigs
• die verhoging van die standaard van onderwys deur effektiewe
interaksie met die betrokke partye betrokke by menslike
ontwikkeling
• die beskikbaarstelling van die vlak en doeltreffendheid van
onderwys soos deur die volwasse geletterdheidsyfer uitgedruk
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
4.4 Met behulp van ʼn korrek benoemde grafiek, verduidelik die amplitude
van ʼn sakesiklus.
Verduideliking
• Amplitude verwys na die vertikale (hoogte) verskil tussen ʼn trog en die
volgende piek van ʼn siklus.
• Dit is die verskil tussen die totale uitset tussen ʼn piek en ʼn trog.
• Dit meet die afstand van die ossillasie van ʼn veranderlike vanaf die
tendenslyn.
• Dit is die intensiteit van die opswaai en afswaai in ekonomiese
aktiwiteit.
• Hoe groter die amplitude, hoe meer ekstreem is die veranderinge wat
kan voorkom. (Enige 2 x 2) (8)
4.5 Hoe sal lande by internasionale ooreenkomste baat vind?
• Die produsent land verkry toegang tot nuwe verbruikers en die invoerland
verkry toegang tot goedere wat vereis word
• Lande kan verlaagde tariewe op invoere en uitvoere geniet
• Internasionale ooreenkomste laat lande toe vir die beveiliging van
kredietlyne tussen lidlande
• Die versterking van betrekkinge op ander terreine as handel en
belegging, byvoorbeeld ekonomiese samewerking, wetenskap en
tegnologie, kultuur en kuns en dialoog oor internasionale kwessies
• Die verbetering van globale doeltreffendheid
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 13
AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
• Bespreek in detail die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die
ekonomie. (26 punte)
• Ontleed die impak van swak dienslewering deur die regering op sosio-
ekonomiese regte. (10 punte)
INLEIDING
Die staat of regering verskaf goedere en dienste wat onder lewering deur die mark
is en speel dus ʼn groot rol in die regulering van ekonomiese en leiding en vorming
van die ekonomie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (2)
HOOFDEEL
Ekonomiese groei
• Verwys na ʼn toename in die produksie van goedere en dienste.
• Dit word in terme van reële BBP gemeet.
• Vir ekonomiese groei om plaas te vind, moet die ekonomiese groeikoers hoër as
die bevolkingsgroei.
• Groei en ontwikkeling in ʼn land bevoordeel sy burgers omdat dit dikwels tot ʼn
hoër lewenstandaard lei.
Volle indiensneming
• Dit is wanneer al die mense wat wil werk, wat werk soek, werk moet kan kry
• Hoë vlakke van indiensneming is die belangrikste ekonomiese doelwit van die
regering
• Die werkloosheidsyfer het die afgelope paar jaar toegeneem
• Gestremde persone het benadeelde status in Suid-Afrika
• Informele sektoraktiwiteite moet bevorder word omdat dit ʼn gebied is waar
indiensneming toeneem
• Vir indiensneming om te verhoog, moet produksie toeneem
Wisselkoersstabiliteit
• Die ekonomie moet doeltreffend bestuur word en effektiewe fiskale en monetêre
beleid moet gebruik word om die wisselkoers relatief stabiel te hou
• Depresiasie en waardering van die geldeenheid skep onsekerhede vir
produsente en handelaars en moet beperk word
• Die SARB het die wisselkoersstelsel verander van ʼn bestuurde swewende na ʼn
vry swewende wisselkoersstelsel
Prysstabiliteit
• Stabiele pryse veroorsaak beter resultate in terme van werkskepping en
ekonomies groei
• Die SARB-inflasieteiken is 3–6%
• Rentekoerse, gebaseer op die repokoers, is die hoofinstrumente wat in die
stabiliseringsbeleid gebruik word
• Die stabiele begrotingstekort het ook ʼn stabiliserende effek op die inflasie-
koers
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
14 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
Ekonomiese billikheid
• Herverdeling van inkomste en rykdom is noodsaaklik
• Suid-Afrika gebruik ʼn progressiewe inkomstebelastingstelsel – belasting op
winste, belasting op welvaart, kapitaalwinsbelasting en belasting op besteding
word gebruik om gratis dienste te finansier
• Gratis maatskaplike dienste is basiese onderwys; primêre gesondheid en om
basiese ekonomiese dienste te finansier
• Bv. kontanttoelaes aan armes, bv. kindertoelaes en kontanttoelaes aan
kwesbare mense, bv. ongeskiktheidstoelaes
• Progressiewe belasting beteken dat die hoër inkomste verdieners hoër/meer
belasting betaal (Maks. 26) (26)
ADDISIONALE DEEL
Swak dienslewering deur die regering kan 'n impak op sosio-ekonomiese regte hê
deur:
• beperking van mense se deelname aan ekonomiese aktiwiteite as gevolg van
swak infrastruktuur dienste soos elektrisiteit en watervoorsiening
• om mense bloot te stel aan ʼn ongesonde of onveilige leefomgewing as gevolg
van swak sanitasie en ʼn gebrek aan behuising
• die skending van kinders se reg op onderwys weens ʼn gebrek aan
opvoedkundige infrastruktuur en materiaal
• mense bloot te stel aan dood risiko’s deur swak gesondheidsorgdienste in
sommige dele van die land
• beperking van toegang tot behuising en eienaarskap van eiendom deur
vertraagde menslike nedersetting en behuisingsprogramme
• mense bloot te stel aan misdaad as gevolg van swak en onbetroubare
beskermingsdienste deur die SAPD en weermag
• die mense se reg op menswaardigheid te skend deur te versuim om behoorlike
sanitasie en behuising in sommige dele van die land te voorsien
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
ʼn Maksimum van 2 punte kan vir blote opsomming van feite toegeken word.
(Maks. 10) (10)
Gevolgtrekking
Dit is baie belangrik dat die staat van tyd tot tyd sy funksionering verbeter om die
ekonomie se onstabiliteit te vermy om sodoende gewenste ontwikkeling te
bring.
(Aanvaar enige hoër orde relevante gevolgtrekking.) (Maks. 2) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 15
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
• Bespreek sosiale aanwysers in detail. (26 punte)
• Hoe kan dienslewering deur plaaslike owerhede verbeter word? (10 punte)
INLEIDING
Sosiale aanwysers is ʼn maatstaf wat ekonome of die regering gebruik om die
prestasie van ʼn land te evalueer in terme van die sosiale welstand van sy
burgers. (Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.) (Maks.) (2)
HOOFDEEL
Demografie ✓
• Dit handel oor die kenmerke van die bevolking, bv. bevolkingsgrootte/ras/
ouderdom/geslag/inkomste/geografiese verspreiding/taal/opvoeding/
beroep/godsdiens/geboortesyfer/vrugbaarheidsyfer/lewensverwagting by
geboorte/kindersterftesyfer/sterftesyfer. ✓✓
• Hierdie inligting kan deur die regering gebruik word om te beplan vir bv.
infrastruktuurontwikkeling ✓✓ en implementering van maatskaplike
programme. ✓✓
• Dit is ook belangrik vir besigheid aangesien dit die grootte en kenmerke van
besigheid se teikenmarkte aandui. ✓✓
Die bevolkingsgroei ✓
• Die bevolking van Suid-Afrika is teen middel-jaar 2021 op 60,14 miljoen geraam
en na verwagting sal dit in 2022 ongeveer 61,93 miljoen wees ✓✓
• Suid-Afrika het ʼn relatief hoë bevolkingsgroei in vergelyking met ander
ontwikkelde lande. ✓✓
• Die bevolkingsgroeikoers is ʼn belangrike aanwyser vir die regering in terme van
die aantal maatskaplike dienste wat benodig word. ✓✓
Lewensverwagting ✓
• Dit spreek die aantal jare uit wat ʼn pasgebore baba sal leef as die heersende
sterftepatrone dwarsdeur sy of haar lewe. dieselfde gebly het. ✓✓
• In Suid-Afrika is lewensverwagting by geboorte vir 2021 op 59,3 jaar vir mans
en 64,6 jaar vir vroue geraam. ✓✓
• Die gemiddelde lewensverwagting vir Suid-Afrika in 2022 word op 64,63 jaar
geraam. ✓✓ Dit is belangrik vir die regering om die gemiddelde
lewensverwagting van die bevolking te ken, aangesien werkende mense ʼn
reeks maatskaplike dienste benodig en ook die belastingbasis van die land. ✓✓
• Versekeringsmaatskappye stel veral belang in die lewensverwagting omdat
onverwagte verlagings in lewensverwagting die aantal jare wat polishouers
hul premies kan betaal verminder ✓✓ en nadelige uitwerking op die dienste
van sulke besighede kan hê. ✓✓
Afhanklikheidskoers ✓
• Die hoë-ouderdom afhanklikheidsyfer in Suid-Afrika dui op die vlak van
afhanklikheid van diegene wat werk. ✓✓
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
16 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
Menslike Ontwikkelingsindeks ✓
• Dit is ʼn sosio-ekonomiese aanwyser van menslike ontwikkeling. Drie
basiese aspekte word oorweeg: die lewenstandaard, gehalte van
gesondheidsorg en algemene onderwysstandaard. ✓✓
Voeding en gesondheid ✓
Dit is twee verwante sosiale aanwysers.
Voeding
• Dit is ʼn belangrike aanwyser vir die welstand van babas en klein/jong
kinders. ✓✓
• Twee belangrike voedingstoestande is kinderwanvoeding en oorgewig wat
veral belangrik is vir kinders onder die ouderdom van vyf jaar. ✓✓
Kinder wanvoeding ✓
• Wanvoeding word op twee maniere uitgedruk, naamlik gewig vir ouderdom
(ondergewig) en lengte vir ouderdom (vertraagde of dwerggroei). ✓✓
• Wanvoeding in al sy vorme kom neer op ʼn ondraaglike las, nie net die
nasionale gesondheidstelsel nie, maar op die hele kulturele, sosiale en
ekonomiese weefsels van die nasie. ✓✓
• Die proporsie kinders wat ondergewig is, is die belangrikste aanwyser van
wanvoeding ✓✓ en gewig omdat oorgewig die risiko van sterftes verhoog en
kognitiewe ontwikkeling by kinders beïnvloed ✓✓
Oorgewig kinders ✓
• Die voorkoms van oorgewig kinders is ʼn groeiende bron van kommer in Suid-
Afrika. ✓✓
• Daar is ʼn verband tussen vetsug by kinders en die hoë voorkoms van
diabetes (suikersiekte), respiratoriese siektes, hoë bloeddruk, sielkundige en
ortopediese afwykings. ✓✓
• Oorgewig kan lei tot talle nadelige gesondheidstoestande wat mense se
vermoë om te werk en vir hulself te sorg, beïnvloed. ✓✓
• Regerings maak dikwels wetgewing dat gesondheidsaanvullings soos
vitamien A by basiese voedselsoorte soos brood gevoeg word. ✓✓
• Die gesondheidsdepartement moedig ook borsvoeding aan. ✓✓
• Wanvoeding en vetsug by kinders is aanwysers wat oorweeg word wanneer
daar op voedingskemas en hul omvang besluit word. ✓✓
Gesondheid
• ʼn Aantal aanwysers word beide nasionaal en internasionaal gebruik om die
gesondheid van ʼn bevolking te monitor. ✓✓
Kindersterftes ✓
• Dit word gemeet in terme van die aantal babas wat voor die ouderdom van
een jaar per duisend lewende geboortes in ʼn gegewe jaar sterf. ✓✓
• Die huidige babasterftesyfer vir Suid-Afrika in 2022 is 24 306 sterftes per
1 000 lewende geboortes, ʼn afname van 2,93% vanaf 2021. ✓✓
• Die babasterftesyfer vir Suid-Afrika in 2021 was 25 039 sterftes per 1 000
lewende geboortes, ʼn afname van 2,84% vanaf 2020. ✓✓
• Kindersterftes is aansienlik hoër in arm huishoudings. ✓✓
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 17
Onder/Jonger as vyf sterftes ✓
• Dit word gemeet in terme van die waarskynlikheid dat ʼn pasgebore baba sal
sterf voor die ouderdom van vyf jaar, indien onderhewig aan huidige
ouderdom-spesifieke sterftesyfers. ✓✓
• Die waarskynlikheid word uitgedruk as ʼn getal per duisend en in Suid-Afrika
is die Onder vyf-sterftesyfer (per 1 000 lewende geboortes) in Suid-Afrika in
2020 op 32,2% gerapporteer, volgens die Wêreldbank. ✓✓
Gesondheidsbesteding ✓
• Dit word in terme van die hoeveelheid openbare en private besteding aan
gesondheidsorg as ʼn persentasie van die BBP gemeet. ✓✓
• Gesondheidsuitgawes vir die 2021/2022-boekjaar was R248,8 miljard en sal
na verwagting met 0,8% per jaar styg, van R58,1 miljard in 2020/21 tot R59,4
miljard in 2023/24. ✓✓
• Gesondheidsorg het uitgebreide positiewe eksternaliteite. ✓✓
Toegang tot skoon drinkwater ✓
• Dit word gemeet in terme van die persentasie van die bevolking wat redelike
toegang tot veilige en drinkwater (behandel of onbesmet) het. ✓✓
• Die persentasie huishoudings met toegang tot ʼn verbeterde bron van water
het tussen 2002 en 2021 van 84,4% tot 88,7% toegeneem. ✓✓
Toegang tot sanitasiegeriewe ✓
• Dit word gemeet in terme van die persentasie van ʼn bevolking met ten minste
voldoende sanitasiegeriewe wat menslike kontak met mense, dier en insekte
effektief kan voorkom. ✓✓
• Die persentasie huishoudings met toegang tot verbeterde sanitasie het
tussen 2002 en 2021 met 22,4 persentasiepunte toegeneem, van 61,7% tot
84,1%. ✓✓
• ʼn Gesonde bevolking bespaar op mediese en ander koste, lewer inkomste
en dra tot ʼn sterker ekonomie by. ✓✓
Dienste ✓
Dienste is noodsaaklik om mense se lewenstyl en vlak van ekonomiese en
sosiale ontwikkeling te verbeter. ✓✓
In Suid-Afrika word die volgende ingevolge die Grondwet se vereistes van
menswaardigheid en sosiale geregtigheid geïdentifiseer: ✓✓
Elektrisiteit ✓
• ʼn Toename in die persentasie huishoudings wat aan die elektrisiteitstoevoer
vanaf die hoofleiding gekoppel is, het van 76,7% in 2002 tot 89,3% in 2021
toegeneem.✓✓
Vullisverwydering ✓
• Drie-vyfdes (62,9%) van huishoudings in Suid-Afrika se vullis is weekliks of
minder gereeld in 2021 verwyder. ✓✓
• Vullisverwydering was baie meer algemeen in stedelike as in landelike
gebiede (85,4% vergeleke met 11,8%), terwyl 86,3% van huishoudings in
metropolitaanse gebiede toegang tot hierdie dienste gehad het. ✓✓
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
18 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
Watervoorsiening ✓
• 88,7% van alle huishoudings gebruik kraanwater in hul wonings, hul erwe of
uit hul bure se of gemeenskaplike krane gebruik, terwyl slegs 45,2% het in
2021 water in hul wonings gehad. ✓✓
• Dit is die gemiddelde van stedelike en landelike toegang tot verbeterde
waterskemas.✓✓
• Verbeterde waterbronne verwys na 'n voldoende hoeveelheid water uit
bronne ✓✓
• bv. huishoudings se aansluitings/krane binne die erf/openbare
krane/boorgate/beskermde fonteine/en reënwaterversameling. ✓
Sanitasie ✓
• Nasionaal, in 2021, het slegs 64,8% van huishoudings spoeltoilette gebruik,
terwyl 19,3% puttoilette met ventilasiepype en 13,4% puttoilette sonder
ventilasiepype gebruik het. ✓✓
Onderwys ✓
Die lewenstandaard hou met die vlak van onderwys verband.✓✓
Onderwys is ʼn belangrike sosiale aanwyser:
Openbare besteding ✓ die persentasie van die nasionale begroting wat aan
onderwys toegeken is. ✓✓
Sekondêre inskrywing ✓ dit toon die persentasie van ʼn ouderdomsgroep wat in
die hoërskool ingeskryf is. ✓✓
Primêre voltooiing ✓ die persentasie van ʼn ouderdomsgroep wat primêre
onderwys voltooi het, is ʼn aanwyser van die doeltreffendheid van die
onderwysstelsel. ✓✓
Jeug-geletterdheidsyfer ✓ die persentasie van die ouderdomsgroep
15–24 jaar wat geletterd is. ✓✓
Behuising en verstedeliking
Behuising ✓
• Beduidende deel van SA burgers is arm en kan nie eiendom bekostig nie
(± 50%).✓✓
• Die regering verskaf subsidies en lenings van die private sektor. ✓✓
• Meer as 1,5 miljoen huise is sedert 1994 oorhandig. ✓✓
Verstedeliking ✓
Verstedeliking (toename in bevolkingsgetalle in stede/dorpe) as gevolg van:
• die natuurlike groei van die stedelike bevolking; ✓✓
• migrasie ✓
• vestiging van nuwe dorpe. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maks. 8 punte vir opskrifte, lys van feite en voorbeelde.) (Maks. 26) (26)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 19
ADDISIONALE DEEL
Dienslewering deur plaaslike munisipaliteite kan verbeter word deur:
• verhoging van burgerdeelname in die sake van die plaaslike owerheid en
vennootskap met die gemeenskap in dienslewering. ✓✓
• om ʼn buigsame reaksie op diensgebruikerklagtes te hê. ✓✓
• waarde vir geld te bied en te verseker dat diensgebruikers hul rekeninge
betyds betaal. ✓✓
• behoorlike strategiese staatsdiensbeplanning te doen. ✓✓
• implementering van ʼn gesonde menslikehulpbronbeleid wat kapasiteitsbou
en werknemersmotivering insluit. ✓✓
• die hantering van verandering in plaaslike regering toepaslik en effektief. ✓✓
• die hantering van korrupsie en die verbetering van aanspreeklikheid van
mensehulpbronne. ✓✓
• skeiding van pligte tussen raadslede en bestuur van die plaaslike
owerhede. ✓✓
• vennootskap met ander spelers en uitkontraktering van dienste waar van
toepassing. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10) (10)
GEVOLGTREKKING
• Sosiale aanwysers is die beste maatstawwe om die ontwikkeling en
vordering van gemeenskappe na te gaan as gevolg van regeringsinisiatief
om die lewens van die gemeenskap in die algemeen te verbeter. ✓✓
• Die Suid-Afrikaanse regering verhoog jaarliks sy begrotingsbesteding aan
gesondheid en onderwys om die lewens van sy burgers te verbeter. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde gevolgtrekking.)
(Maks. 2) (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper