Skip to content

Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202313 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE – 20 MINUTE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Die formule I + J + X verteenwoordig … in ʼn oop ekonomie. A inspuitings B lekkasies C uitgawes D uitvoere 1.1.2 Die boonste draaipunt van ʼn sakesiklus staan as ... bekend. A voorspoed B herstel C trog D piek 1.1.3 Die skatting van toekomstige inkomste en uitgawes oor ʼn periode staan as ... bekend. A totale vraag B begroting C finansies D uitgawes 1.1.4 Die doelbewuste toename in die waarde van 'n rand in terme van die ander is ... A appresiasie. B revaluasie C oorwaardering D surplus. 1.1.5 Die opheffing of vermindering van beperkings op die vrye uitruil van goedere tussen nasies staan as ... bekend. A handelsprotokol B globalisering C handelsliberalisering D ekonomiese integrasie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.1.6 ʼn Regstellingsmaatreël wat fokus op grond vir residensiële en produksie vir voorheen benadeelde groepe, staan as ... bekend. A grondrestitusie B grondhervorming C grondherverdeling D eiendom-subsidie 1.1.7 ʼn Kontanttoelaag om fisiese infrastruktuur te bou of uit te brei, is ʼn ... A nywerheidsontwikkelingsone. B geïntegreerde vervaardigingstrategie. C buitelandse beleggingstoelaag. D kritieke infrastruktuurprogram. 1.1.8 ʼn Ekonomiese aanwyser wat gemeet word deur die reële BBP te deel deur die aantal werkers in diens, word na as ... verwys. A arbeidsproduktiwiteit B indiensneming C werkloosheid D ekonomies aktiewe bevolking. (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 5 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in pas. KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Stelsel van A leen moet slegs vir kapitale uitgawes nasionale rekeninge gebruik word 1.2.2 Reële sakesiklus B vaste en voorafbepaalde hoeveelheid wat ingevoer kan word 1.2.3 Tekortreël C gemeet aan reële BBP 1.2.4 Absolute voordeel D gehef deur banke aan hul beste kliënte 1.2.5 Kwota E stel internasionale riglyne vir die verslagdoening van statistieke wat oor lande vergelykbaar is 1.2.6 Ekonomiese groei F begrotingstekort om nie 3% van BBP- lenings te oorskry nie 1.2.7 Spesiale G makro-ekonomiese model wat daarop ekonomiese sone dui dat skommelinge ʼn gevolg van tegnologiese veranderinge is 1.2.8 Prima-rentekoers H die vervaardiging van ʼn goed of diens teen die laagste koste I geniet aansporings soos belasting- verligting om nywerheids-ontwikkeling te bevorder (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.3 Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term/woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 ʼn Gedeelte van verbruik wat met besteebare inkomste wissel 1.3.2 Statistiese hulpmiddel wat gebruik word om die veranderinge in ʼn reeks data oor ʼn sekere tydperk te ontleed 1.3.3 ʼn Situasie waar een land ʼn relatiewe voordeel in die produksie van goedere of dienste het 1.3.4 ʼn Beleid waar die staat die invoer van sekere goedere en dienste ontmoedig om plaaslike nywerhede teen onregverdige mededinging te beskerm 1.3.5 ʼn Regeringsinisiatief om infrastruktuur- en sakebeleggings na verwaarloosde en onderontwikkelde gebiede te lok 1.3.6 ʼn Aanwyser om veranderinge in die pryse van goedere wat plaaslik geproduseer word te meet wanneer dit die fabrieksvloer verlaat (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 7 AFDELING B VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE tipes wisselkoersstelsels. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is die waarde van die vermenigvuldiger in ʼn vier-sektor model kleiner as dié van ʼn twee-sektor model? (2) 2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NASIONALE INKOMSTE EN PRODUKSIE-REKENINGE VAN SUID- AFRIKA Teen huidige pryse R miljoene 2020 2021 Vergoeding van werknemers 2 678 050 2 861 309 Netto bedryfsurplus 1 480 978 1 795 000 Verbruik van vaste kapitaal 752 613 797 230 Bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste 4 924 541 5 453 539 Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse 5 029 575 5 572 608 [Aangepas uit SARB Kwartaallikse Bulletin, Desember 2022] 2.2.1 Identifiseer ʼn item uit die tabel hierbo wat uit salarisse en lone bestaan. (1) 2.2.2 Noem EEN item wat gebruik word wanneer BBP teen faktorkoste na BBP teen basiese pryse omgeskakel word. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term faktorkoste. (2) 2.2.4 Verduidelik die doel van ʼn residuele item in die berekening van BBP. (2) 2.2.5 Waarom sal ekonome konstante pryse bo huidige pryse verkies wanneer hulle ekonomiese groei meet? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VRAAGKANT-BELEID – FISKALE BELEID [Bron: http://www.sanandres.esc.edu.ar/secondary/economics%20packs/ macroeconomics/. Toegang op 12 Februarie 2023 verkry.] 2.3.1 Identifiseer die oorspronklike ewewigsprys. (1) 2.3.2 Gee ʼn formule om die totale vraag vir ʼn geslote ekonomie te bereken. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term nuwe ekonomiese paradigma. (2) 2.3.4 Verduidelik die gebruik van ekspansiewe fiskale beleid om ekonomiese aktiwiteit te stimuleer. (2) 2.3.5 Teken die grafiek oor in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit om die effek van vraag- en aanbodkantbeleide in die gladstryking van sakesiklusse te toon. (4) 2.4 Bespreek kortliks spesialisasie en doeltreffendheid as gevolge van internasionale handel. (8) 2.5 Hoekom is finansiële markte belangrik vir ekonomiese groei? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 9 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE argumente ten gunste van vryhandel. (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed ʼn toename in invoer die ekonomie? (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die Departement van Handel Nywerheid en Mededinging (DHNM) het die mandaat om Suid- Afrikaanse goedere en dienste met toegevoegde waarde in die buiteland te bevorder deur die uitvoerbasis deur middel van aansporings en subsidies te verbreed. [Aangepas en vertaal uit hedtic.gov.za/sectors-and-services-2/1-4-2-trade-and-export. Toegang op 5 April 2023 verkry. 3.2.1 Identifiseer ʼn metode om uitvoere te bevorder uit die inligting hierbo. (1) 3.2.2 Noem ʼn internasionale instelling wat vryhandel bevorder. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term uitvoerbevordering. (2) 3.2.4 Verduidelik die voordeel van skaalvoordele vir verbruikers. (2) 3.2.5 Hoe help ʼn toename in uitvoer ʼn ekonomie? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.3 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: hedtic.gov.za/sectors-and-services. Toegang op 5 April 2023 verkry.] 3.3.1 Identifiseer die groeibeleid wat daarop gemik is om werk te skep deur arbeidsintensiewe metodes te gebruik uit die bogenoemde. (1) 3.3.2 Noem enige ander Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleid. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling. (2) 3.3.4 Verduidelik die rol van die regering in die bevordering van die toetrede van swart entrepreneurs tot besighede. (2) 3.3.5 Waarom was die BBSEB-programme nie suksesvol om groei en ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder nie? (4) 3.4 Bespreek die redes vir industriële ontwikkeling. (8) 3.5 Hoe sal die sukses van die Nasionale Ontwikkelingsplan die Suid- Afrikaanse ekonomie bevoordeel? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE tipes sakesiklusse. (2) 4.1.2 Waarom is spesiale ekonomiese sones belangrik vir ʼn ekonomie? (2) 4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GROOT SLAG VIR SA UITVOER Suid-Afrika het meer ingevoer as wat hy aan die begin van 2023 uitgevoer het en het in Januarie 2023 ʼn voorlopige handelsbalanstekort van R23,05 miljard aangeteken. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het gesê die tekort is te wyte aan uitvoere wat R139,36 miljard bereik het en invoere van altesaam R162,41 miljard. Dit was ʼn beduidende jaar-tot-jaar (JoJ) afname vanaf Januarie 2022, toe die land ʼn handelsbalansoorskot van R4,64 miljard aangeteken het. [Aangepas en vertaal uit https://businesstech.co.za/news/finance/670341/huge-blow-for- exports-in-south-africa-repor/. Toegang op 31 Maart verkry.] 4.2.1 Identifiseer die waarde van die handelsbalanstekort vir Januarie 2023. (1) 4.2.2 Noem ʼn hoofrekening van die betalingsbalans wat uitvoere en invoere aanteken. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term handelsbalans. (2) 4.2.4 Verduidelik die doel van die betalingsbalans. (2) 4.2.5 Hoe kan lande ʼn gunstige handelsbalans verkry? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023) 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Industrialisering het dekades van rykdom meegebring, waarby burgers van ryk lande baat vind, namate armer lande probeer verbeter, word hul ontwikkelingspogings voortdurend teruggesit deur orkane, droogtes, vloede en klimaatrampe. Klimaatsverandering tref armer gemeenskappe en lande die hardste. [Aangepas en vertaal uit https://www.climatechangenews.com/2015/11/24/a-paris-climate- deal-must-address-global-inequality/. Toegang op 5 April 2023 verkry.] 4.3.1 Identifiseer uit bogenoemde uittreksel ʼn omgewingskwessie wat arm lande raak. (1) 4.3.2 Watter deel van die Noord-Suid-verdeling verteenwoordig die arm lande? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term Noord-Suid-verdeling. (2) 4.3.4 Verduidelik die negatiewe impak van massaproduksie deur ontwikkelde lande op die omgewing. (2) 4.3.5 Hoe kan ongelyke lewenstandaarde wat verband hou met die Noord-Suid-verdeling aangespreek word? (4) 4.4 Met behulp van ʼn korrekte benoemde grafiek, verduidelik die amplitude van ʼn sakesiklus. (8) 4.5 Hoe sal lande by internasionale ooreenkomste baat vind? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V1 13 AFDELING C Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding • Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. Maks. 2 • ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf. • MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE. • MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE. • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer Maks. 10 ʼn Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: • ʼn Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van Maks. 2 enige feite wat reeds genoem is • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die ekonomie. (26 punte) • Ontleed die impak van swak dienslewering deur die regering op sosio- ekonomiese regte. (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die sosiale aanwysers. (26 punte) • Hoe kan dienslewering deur plaaslike owerhede verbeter word? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all