Skip to content

Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12202320 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.
2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A – totale koste  1.1.2 C – kunsmatige monopolie  1.1.3 A – GI-kurwe  1.1.4 B – Openbare Werke-Program  1.1.5 C – deflasie  1.1.6 D – Paleo-toerisme  1.1.7 D – bevel en beheer  1.1.8 B – omgewingsvolhoubaarheid  (8 x 2) (16) 1.2 PAS-ITEMS 1.2.1 F– Die addisionele eenheid wat geproduseer word wanneer veranderlike insette met vaste insette gekombineer word  1.2.2 D– Wanneer die mark nie die ware weerspieëling van die skaarsheid van ʼn produk is nie  1.2.3 A– ʼn Situasie waar een produsent die pryse vasstel en die ander dit as die markprys aanvaar  1.2.4 I– Onwettige goedere gekoop en verkoop  1.2.5 B– Werk daaraan om inflasie binne die teikens te hou  1.2.6 H– Mense wat binne hul eie land toer/reis  1.2.7 E– Spesies sterf uit en dit kan nie omgekeer word nie  1.2.8 C– Hoogsgevaarlik met ʼn stadige dekompressietempo  (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 3 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Aanbodkurwe  1.3.2 Monopolie  1.3.3 Nie-mededingende produkte  1.3.4 BBP-deflator/implisiete deflator  1.3.5 Uitgaande toerisme  1.3.6 Ontbossing  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van die monopolistiese mark. • Groot aantal kopers en verkopers  • Gedifferensieerde produkte  • Toegang tot en uittrede vanuit die mark relatief maklik  • Min beheer oor pryse  • Onvolledige markinligting  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom mik besighede om maksimum wins te maak? Besigheid-eienaars moet hul kostes moet dek en hul besighede onderhou/volhoubaar, en dit sluit belegging in hul besighede in. (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 Identifiseer ʼn deelnemer vanuit die uittreksel wat deur toetrede- beperkings tot die mark geraak word. • KMMOs (1) 2.2.2 Noem enige ander mededingingsinstansie behalwe die een wat in die uittreksel genoem word. Mededingingstribunaal/Mededingingsappélhof  (1) 2.2.3 Verduidelik kortliks die langtermyn periode. Die langtermyn periode is die periode wat lang genoeg is vir die produsent om produksiefaktore te verander.  (2) 2.2.4 Verduidelik die rol van die Mededingingskommissie. Die Mededingingskommissie verwys na die institusie wat beperkende besigheidspraktyke ondersoek, misbruik van dominante posisie en samesmelting met die doel om gelykheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie te verkry.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 5 2.2.5 Hoe sal besighede deur die Mededingingskommissiebeleid bevoordeel word? Besighede sal bevoordeel word deur die mededingingskommissiebeleid omdat: • Die mededingingsbeleid vestig ʼn besigheidskultuur wat kompetisie tussen besighede in die ekonomie handhaaf  • Besighede kry die geleentheid om te verbeter en te ontwikkel om sodoende ʼn sterk mededinger in die besigheidveld te bly  • Deur mededinging word produksiegroei tussen verskeie besighede verbeter  • Die mededingingsbeleid bied beskerming teen anti- mededingingsgedrag deur groter ondernemings en dit bevorder regverdige mededinging tussen besighede  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die kurwe wat gemiddelde inkomste aandui. • DD kurwe  (1) 2.3.2 By watter punt word prys in die gegewe grafiek bepaal? • Punt B  (1) 2.3.3 Verduidelik kortliks die term totale inkomste. Totale inkomste is die waarde van alle verkope wat plaasgevind het.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.3.4 Verduidelik die verhouding tussen marginale inkomste- en gemiddelde inkomstekurwes in ʼn monopolie mark. • Beide gemiddelde inkomste en marginale inkomste is dieselfde vir die eerste eenheid dus waarom hulle by dieselfde punt op die grafiek begin. • Gemiddelde en marginale inkomstekurwes toon albei dalende tendense van links na regs en marginale inkomste is altyd laer as gemiddelde inkomste.  • Marginale inkomste daal vinniger as gemiddelde inkomste wanneer die monopolis sy prys verlaag.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.3.5 Bereken gemiddelde inkomste. Toon ALLE berekeninge. GI = TI/E  = (10 x 50)/50  = 500/50  = R10  (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.4 Met behulp van ʼn grafiek verduidelik die afleiding van die vraagkurwe vir die individuele besigheid in ʼn volmaakte mark. INDUSTRIE INDIVIDUELE PRODUSENT PRYS PRYS V A   VV/MI/GI p  P  A V 0 H HOEVEELHEID 0 H H1 HOEVEELHEID Puntetoekenning Korrekte tekening van die vraagkurwe van die individuele firma 1 punt Korrekte aanduiding van vraag-en aanbodkurwe van die industrie 1 punt Korrekte verbinding tussen markprys en die prys van individuele besigheid 1 punt Korrekte benoeming van vraagkurwe van individuele besigheid 1 punt Maks. 4 • ʼn Individuele besigheid in die volmaakte mark lei die prys van die markprys af wat die industrie deur die wisselwerking tussen vraag en aanbod bepaal.  • Die vraagkurwe van die individuele firma is horisontaal (volmaak elasties).  ʼn Baie klein verandering in prys sal ʼn baie groot (oneindig groot) verandering in hoeveelhede gevra meebring.  • Die prys van die individuele besigheid is presies by die vlak van die markprys deur die industrie vasgestel.  • Dus, vir elke eenheid wat die besigheid verkoop, kry dit dieselfde prys.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 4) (4) 2.5 Hoe kan produsente in ʼn monopolistiese mededingende mark hul markaandeel vergroot? • Monopolisties firmas produseer produkte ʼn verskeidenheid van dieselfde produkte wat van mekaar onderskei kan word om sodoende meer klante te lok.  • Firmas maak gebruik van bemarkingstrategieë asook handelsmerke om hul produkte te onderskei.  • Produkte kan in groot hoeveelhede teen laer pryse verkoop word terwyl hulle hoër winsgrense prysgee met die doel om groter verkoopsvolumes te verkry.  • Die voorsiening van kwaliteit produkte sal meer kopers lok.  • Monopolisties firmas mag ook beter verpakking gebruik om sodoende gehalte produkte beskikbaar te hê wat deur kopers verkies word.  • Die produsente kan ook intensiewe reklameveldtogte loods om verbruikers bewus te maak van die produk en waar om dit te koop.  (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 7 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE soorte inflasie. • Verbruikerinflasie  • Produsenteinflasie  • Hiperinflasie  • Allesomvattende inflasie / Hoofstroominflasie  (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom is volhoubaarheid van die omgewing belangrik? • Die omgewing moet volhou word omrede volhoubaarheid verbeter die gehalte van mense lewens en beskerm die ekosisteem.  • Volhoubaarheid bewaar die natuurlike hulpbronne vir toekomstige generasies.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Watter manier van reis kan as omgewingsvriendelik beskou word? • Vlieg  3.2.2 Verskaf enige voorbeeld van eko-toerisme. • Kampeerdery  • Voetslaan (Stap)  • Wildlewe / dieretuin  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 1) (1) 3.2.3 Verduidelik kortliks die rede vir groei in die toerisme sektor. Die toerismebedryf het gegroei a.g.v.: • Toename in besteebare inkomste  • Verminderde werksure  • Groter bewusmaking van ontspanning en vrye tyd  • Verbeterde vervoer, kommunikasie en akkommodasie-fasiliteite  • Toename in advertensies en promosies  (2) 3.2.4 Verduidelik arbeidsintensief in verhouding tot toerisme. • Baie werksplekke in die toerisme bedryf vereis menslikehulp- bronne  • Toerisme word as arbeidsintensief beskou omdat dit die laagste verhouding tot werkskepping het.  • Meer werk word met die kapitaal wat in die toerismebedryf belê word, as in enige ander sektor geskep.  • Baie toerisme-aktiwiteite is binne die bereik van klein operateurs  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.2.5 Hoe belangrik is die bemarking van buitelandse toerisme vir die Suid-Afrikaanse ekonomie? • Toerisme dra 3,7% tot Suid-Afrika se BBP by, veral in die landbousektor.  • Dit is verantwoordelik om natuurlike hulpbronne, kultuur, erfenis, ens. te bevorder.  • Dit bring buitelandse valuta in die land en mag die potensiaal het om buitelandse beleggings te lok.  • Buitelandse toeriste dra baie tot ekonomiese groei by a.g.v. die hoeveelheid geld wat in die land spandeer word.  • Die verskil tussen inkomende en uitgaande toerisme is as die toerisme handelsbalans met die res van die wêreld bekend.  • Suid-Afrika het tans ʼn positiewe handelsbalans ervaar.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer enige EEN voorbeeld van ʼn item wat uit die VPI- mandjie uitgesluit word. • Vars en bevrore vleis en vis  • Rentekoers op verbandlenings  • Groente  • BTW en assesseringskoerse  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 1) (1) 3.3.2 Vanuit die bostaande tabel, watter tipe goed het meer gewig? Dienste  (1) 3.3.3 Verduidelik kortliks die term verbruikerprysindeks. Verbruikerprysindeks is die indeks wat gebruik word om die prys van ʼn vaste mandjie van verbruikersgoedere en dienste in verhouding tot lewenskoste te meet.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 3.3.4 Verduidelik kortliks die impak van koste-druk-inflasie op die ekonomie. Koste-druk-inflasie is uiters gevaarlik vir die ekonomie omrede hoë pryse en ʼn daling in nasionale uitset gepaardgaan.  (2) 3.3.5 Bereken die inflasiekoers vir alle goedere vir die periode September 2021 tot September 2022. Inflasiekoers = VPI 2022 – VPI 2021  / VPI 2021 x 100  = 108,5 – 98,0/98,0 x 100  = 8,5%  (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 9 3.4 Onderskei tussen bewaring en beskerming as kreatiewe maniere om die voortbestaan en funksionering van die omgewing te verseker. Bewaring • Bewaring het te doen met die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne sodat dit beskikbaar kan wees vir gebruik deur toekomstige generasies.  • Hernubare hulpbronne soos woude en visvoorraad is skaars en moontlik volhoubaar dus is dit belangrik om hierdie hulpbronne te bewaar en behoorlik te bestuur sodat dit nie heeltemal uitgewis word nie.  • Bewaring soek ook kreatiewe voortbestaan van die omgewing terwyl veranderinge in die omgewing op so ʼn wyse moet plaasvind dat dit nog beskikbaar is vir kwaliteit lewe van huidige en toekomstige generasies.  • Dit hou verband met die beskerming van natuurlike hulpbronne om sodoende te verseker dat dit nie in geheel opgebruik en uitgewis word nie.  • Die bestuur van die omgewing op maniere wat verhoed dat dit beskadig of verwoes word.  • Die bewaring van sekere plante- en dierespesies is noodsaaklik vir hul voortbestaan.  Beskerming • Beskerming beteken om iets ongedeerd te hou wanneer geen ontwikkeling in ʼn spesifieke plek plaasvind nie.  • Dit sluit die omgewingselemente in wat deur uitwissing bedreig word, bv. inheemse woude.  • Omgewingsbeskerming is ʼn noodsaaklike basis vir volhoubare ontwikkeling en die uitwissing van armoede.  • Beskerming is om nie-hernubare hulpbronne in stand te hou bv. ekologiese stelsels, erfenisterreine.  • Beskerming hou verband met bewaring.  • Dit is om bestaande bates te beskerm op so ʼn wyse dat dit nie die omgewing beskadig wanneer dit gebruik word nie.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.5 Analiseer die belangrikheid daarvan om gewigte aan ʼn mandjie goedere en dienste toe te ken. • Die gewigte is veronderstel om die belangrikheid van goedere en dienste te reflekteer, soos gemeet deur die aandele van totale verbruik van huishoudings.  • Die gewigte toegeken aan elke goed/diens bepaal die impak wat verandering in prys op die allesomvattende indeks sal hê.  • Gewigte wat toegeken word aan uitgawes moet gereeld opgegradeer word om te verseker dat hulle nie onverteenwoordig word en onbenullig is nie.  • Dit is nodig dat gewigte opgegradeer moet word om die bekendstelling van nuwe items en die verwydering van oues te weerspieël.  • Toenemende tye van opgradering van gewigte minimiseer die vernietigende impak van veranderde verbruikspatrone en die koers van plaasvervanging en die uitwerking wat dit op die indeks mag hê.  • Op ʼn stadium word dit meer begeerlik om die gewigte van ʼn meer onlangse periode te gebruik om te verseker dat die indeks die effek van prysverandering op verbruikers gepas aandui.  • ʼn VPI word bereken as ʼn geweegde gemiddelde van prysverandering van goedere en dienste wat deur die indeks in ag geneem word.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 11 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling. • Lugbesoedeling  • Water / Seebesoedeling  • Grond / Omgewingbesoedeling  • Geraasbesoedeling  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom maak ʼn monopolie ekonomiese wins op die langtermyn? • Die bestaan van hoë versperrings tot toetrede verhoed firmas om tot markte te kan toetree selfs op die langtermyn en dit veroorsaak dat monopolieë kompetisie vryspring en ekonomiese wins op die langtermyn kan maak  • Monopolieë het beheer oor die pryse wat vasgestel moet word en toegang van nuwe produsente tot die mark is ook beperk.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die gevolg van pryskompetisie in ʼn oligopolie. • Prysoorlog (1) 4.2.2 Noem enige soort samespanning. • Stilswyend / informeel / eksplisiet  • Openlik / implisiet / formeel  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige 1 x 1) (1) 4.2.3 Verduidelik kortliks nie-prys-kompetisie. • Nie-pryskompetisie vind plaas wanneer besighede verskeie ander strategieë behalwe prys, gebruik om hul markaandeel te vergroot.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4.2.4 Verduidelik die implikasies van ʼn geknakte vraagkurwe. • Dit impliseer dat die prys in die oligopolie-mark net by die knik in die geknakte vraagkurwe stabiel is. Aan die bokant van die knik is markaandeel verlore, en aan die onderkant van die knik sal prysoorloë uitbreek wat alle besighede sal benadeel.  (2) 4.2.5 Hoe sal kleiner sakeondernemings / nuwe besighede in ʼn oligopolie deur pryskompetisie geraak word? • Kleiner ondernemings met minder finansiële hulpbronne is geneig om vinniger uit die mark uitgedryf te word.  • Nuwe besighede sal dit moeilik vind om toegang tot die mark te kry omdat hulle nie in staat gaan wees om hulself te onderhou indien hulle nie genoeg wins maak nie  • Hulle sal nie in staat wees om hul onkostes te dek nie.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer die afname in lone in werklike terme. • - 0,9% (1) 4.3.2 Noem enige kategorie huishoudings wat deur verhoogde inflasie geraak word. • Middelklas • Lae-inkomste huishoudings (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (1) 4.3.3 Beskryf die term inflasie. Inflasie is die volgehoue en aansienlike verhoging in die algemene prysvlakke oor ʼn bepaalde tyd en ʼn gepaardgaande daling in die waarde van geld.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2) 4.3.4 Verduidelik die gevolge van inflasie op debiteure. Debiteure word bevoordeel deur inflasie omdat hulle geld ontvang wat groter koopkrag het en hulle hul skuld (geld met laer koopkrag) moet terugbetaal.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4.3.5 Watter invloed het inflasie op lae-inkomste verdieners? • Lae-inkomsteverdieners ervaar die meeste stres as gevolg van inflasie omdat hulle meer van hul besteebare inkomste op noodsaaklikhede soos kos, gas, huurgeld, ens. spandeer.  Dit is kategorieë goedere en dienste wat hoër inflasiekoerse toon as die huidige inflasiekoers, wat dus geen ruimte laat vir hulle om minder geld te spandeer nie.  • Lae-inkomsteverdieners sal waarskynlik minder kontantreserwes hê in tye wanneer hoë inflasie ervaar word, wat hulle in staat kon stel om oor dit te kom.  • Hulle is nie in staat om produkte op te gaar nie, wanneer produkte se pryse gesny word nie. Hulle koop gewoonlik in grootmaat om sodoende te kan spaar en hulle is geneig om aankope liewer uit te stel. indien daar die geleentheid is om in die toekoms te kan spaar.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 13 4.4 Bespreek kortliks die toetrede tot die mark en aard van die produk in ʼn volmaakte mark. Aard van die produk • Alle firmas verkoop homogene produkte wat identies is en kopers kan nie tussen die produkte onderskei nie.  • Dit maak nie saak vir ʼn die verbruiker waar of by wie om te koop nie want al die produkte is presies dieselfde.  • Kopers kan nie een verkoper bo ʼn ander verkies nie.  Toegang tot die mark • Daar is absolute vryheid tot toegang tot toetrede en uittrede uit die mark.  • Die mark is heeltemal toeganklik vir alle kopers en verkopers in die algemeen.  • Daar is geen wettige, finansiële of tegniese beperkings om die mark te betree nie.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (8) 4.5 Wat is beste manier hoe die Suid-Afrikaanse Reserwebank koste-druk- inflasie verminder? Die Reserwebank kan die volgende doen: • Kan inflasie binne die inflasieteikens van 3% – 6% te hou  • Maak gebruik van die monetêre beleid  op die volgende maniere: o Verhoog rentekoerse om sodoende verskillende deelnemers in die ekonomie te ontmoedig om lenings wat gaan bydra tot ʼn verhoging in vraag, aan te gaan  o Verminder die aanbod van geld, dit kan gedoen word deur handelsbanke se kontantreserwevereistes te verhoog, sodat handelsbanke minder geld uitleen wat die aanbod van geld laat daal.  o Oortuig handelsbanke om krediet aan verbruikers en produseerders toe sal staan sodoende die tempo van aanvraag na goedere en dienste te verlaag.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE • Bespreek in detail die oorsake van markmislukkings. (26 punte) • Ondersoek die impak van inkomste ongelykheid op die ekonomie. (10 punte) INLEIDING Markmislukkings vind plaas wanneer die mark nie daarin slaag om die effektiewe toewysing van skaars hulpbronne te bereik nie en dus nie die beste uitsette kan behaal nie.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 2) (2) HOOFGEDEELTE Verlore markte / Openbare goedere • Verlore markte kan net in sekere omstandighede vorm aanneem en indien daardie omstandighede nie daar is nie kan die markte sukkel met voortbestaan.  • Openbare goedere word nie deur die markmeganisme voorsien nie omdat die produsente nie openbare goedere van die mark kan weghou net omdat mense nie daarvoor kan betaal nie en daar kan nie bepaal word hoeveel deur die verbruiker verbruik word nie is daar geen gronde vir die vasstelling van ʼn markprys nie.  • Merietegoedere is daardie goedere wat hoogs wenslik vir die algemene welstand van die mense en word altyd nie hoogs deur die mark waardeer nie.  • Indien mense wel markprys hiervoor moet betaal, sal baie min gebruik word.  • Daar is ook daardie produkte soos sigarette en alkohol wat oormatig in die vrye mark verbruik word.  • Die regering kan hul verbruik verban of verminder produkte deur belastingheffings soos aksynsbelasting sondebelasting en deur inligting oor produkte en hul skadelike effekte bekend te maak.  • Produsente produseer produkte om wins te maak, dus produseer hulle net goedere om wins te maak, dus produseer hulle nie genoem nie.  • Openbare goedere word deur die gemeenskap verbruik en niemand mag van die verbruik van die produk uitgesluit word nie.  • As gevolg van die geen uitsluiting is die privaatsektor gewoonlik onwillig om hierdie openbare goedere te voorsien.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 15 Onvolledige inligting / gebrek om inligting • Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie altyd die nodige inligting beskikbaar om goeie besluite te maak nie.  • Verbruikers beskik ook nie oor perfekte inligting deur vooruitgang in tegnologie nie, verhoog die hoeveelheid inligting waaraan mense toegang het.  • Werkers is onbewus van werksgeleenthede buite hul huidige werksplek.  • Entrepreneurs inligting oor koste, beskikbaarheid en produktiwiteit van produksiefaktore ontbreek en mag dalk funksioneer op grond van verkeerde inligting.  • Onvolledige inligting oor produksietegnieke, produksiekoste, drange en begeertes van huishoudings, ens. beteken dat produksiefaktore aangewend word sonder dat dit die drie basiese vrae oor die ekonomie beantwoord.  • Produsente weet nie altyd wat vraag gaan wees nie en kan dus ook nie aanbod doeltreffend aanpas nie.  Onbeweeglikheid van produksiefaktore • Arbeid mag tyd neem om in nuwe werksgeleenthede en geografiese werksplekke in te beweeg om sodoende aan die verandering in verbruikersvraag te kan voorsien.  • Fisiese kapitaal bv. fabrieksgeboue, telefoonlyne, brûe, ens. is onbeweeglik en hierdie tipe kapitaal hou vir jare, maar kan nie beweeg word om te pas by veranderde vraag nie.  • Tegnologiese toepassings verander metodes van produksie, maar dit neem tyd vir meeste industrieë om aan te pas by groter tegnologiese veranderings.  • Markte mag dalk nie betyds op verandering in verbruikersvraag reageer nie omdat hulpbronne nie maklik hertoegeken word nie en besighede dus sukkel om hulpbronne optimaal aan te wend.  • Werkers is huiwerig om te verander van werk. Die werker moet kennis gee en dit beteken dat die aanbod van arbeid nie altyd aan die vraag voldoen nie en as gevolg daarvan sal markte ineenstort.  Ongelyke verspreiding van inkomste en welvaart • Die markstelsel is neutraal rondom kwessies rakende inkomsteverspreiding.  • Diskriminasie versteur verdienste deur vroue en minderheidsgroepe, mense met gestremdhede en mense wat siekte is en mense wat ongeskik vir werk verklaar word.  • Die mark produseer goedere en dienste vir diegene wat daarvoor kan betaal en dit veroorsaak dat sommige verbruikers meer het as ander.  • Indien die verspreiding ongelyk is gaan die finale verspreiding ook ongelyk wees en vir die rede word daar geargumenteer dat dit is waarom markte vou.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) Onvolmaakte mededinging • In markte word kompetisie baie kere benadeel deur die magte van ander produsente om te verhoed dat sekere nuwe produsente nie maklik toegang tot die mark verkry nie.  Die mag is baie keer in die hande van produsente en nie verbruikers nie en dit gee aanleiding tot ondoeltreffende allokasie van hulpbronne.  • Meeste produsente funksioneer in omstandighede van onvolmaakte kompetisie wat toelaat dat produsente hul uitsette (aanbod) beperk wat meebring dat pryse gaan styg en produkpryse meer is as marginale koste.  • Onvolmaakte markte maak nie ruimte vir prysonderhandelinge nie.  Eksternaliteite • Eksternaliteite is die effek van die aksies van een party op ʼn ander party wat nie aan die transaksie deel het nie.  • Hulle veroorsaak dat die mark nie daarin slaag om hulpbronne effektief toewys nie omdat die markprys nie die volle koste / voordele in die ekonomie weerspieël nie.  • Die markprys reflekteer slegs private koste en private voordele.  Negatiewe eksternaliteite • Daar is koste wat toegeskryf word aan ʼn derde party wat nie in die markprys ingesluit word nie, bv. besoedeling  • Die koste van negatiewe eksternaliteite soos bv. swak gesondheid word nie betaal deur die produsente nie.  • Hierdie skadelike produkte word dikwels oorvoorsien op die mark wat sosiaal nie baie aanvaarbaar is nie.  Positiewe eksternaliteite • Hierdie is voordele aan die derde party as gevolg van die aksies van ʼn ander party wat nie in die markprys ingesluit word nie, bv. onderwys, gesondheid.  • Markte faal wanneer goedere met positiewe eksternaliteite dikwels ondervoorsien word en dan moet die regering inmeng deur die tekort te produseer en te voorsien.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Gee ʼn maksimum van 2 punte indien dit net gelys/genoem word.) (Maks. 26) (26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 17 ADDISIONELE GEDEELTE • ʼn Hoë vlak van ekonomiese ongelykheid beteken gewoonlik ʼn hoër vlak van armoede.  • Armoede word verbind met toename in misdaad en swak openbare gesondheid wat gevolglik ʼn groter las op die ekonomie plaas.  • In tye van stygende kospryse en laer inkomstevlakke word ekonomiese groei- beleide, deur die regering geïmplementeer, al minder ondersteun.  • Ryk en welvarende inwoners van die land behou disproporsionele politieke mag in vergelyking met die armer inwoners en dit moedig die ontwikkeling van ondoeltreffende belastingstrukture aan wat tot die voordeel van ryk mense is.  • Ongelyke inkomsteverspreiding verhoog politieke onstabiliteit wat eiendomsreg bedreig en verhoog ook die risiko vir die regering om kontrakte te verwerp en kapitaalvorming word ontmoedig.  • Die gaping tussen ryk en arm raak al groter en dit verhoog die vraag na plekke om te huur wat weer aanleiding gee tot die mark wat oorheers word deur produsente wat ander wil uitbuit wat ekonomiese groei kortwiek.  • Ekonomiese groei word onder druk in ʼn ekonomies ongelyke samelewing en die afname in belegging in menslike kapitaal.  (Maks. 10) (10) SLOT • Markmislukking kan ʼn geweldig groot effek hê op die ekonomie en dit vereis dan die regering se inmenging om die gevolge daarvan te verminder.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 2) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 6 • Bespreek in detail die voordele van toerisme. (26 punte) • Ontleed die belangrikheid van die Inheemse Kennisstelsel (IKS) ten opsigte van die versterking van Suid-Afrika se toerisme-profiel.(10 punte) INLEIDING Toerisme is die aktiwiteite van mense wat reis en in plekke oornag weg vanaf hulle huise vir nie meer as een aaneenlopende jaar nie en mense reis ook vir ontspanning, sake en om familie en vriende te gaan besoek.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 2) (2) HOOFGEDEELTE Huishoudings • Huishoudings word bevoordeel deur toerisme omdat toeriste geld spandeer wat weer ʼn inkomste vir huishoudings is omdat hulle in die toerismebedryf werk.  • Toerisme voorsien indirek werksgeleenthede in die finansiële en kleinhandelsdienste.  • Die meeste infrastruktuur ontwikkel vir die gebruik deur toeriste is ook tot voordeel van die plaaslike inwoners.  • Huishoudings trek voordeel uit ʼn verskeidenheid vaardighede wat deur die toerisme benodig word, waarvoor opvoeding en opleiding benodig word en die geleentheid skep om werk te vind.  • Huishoudings word meer blootgestel aan buitelandse (vreemde) kulture wat op kulturele en sosiale kennis en vermaak ʼn impak het.  • Individue ontvang inkomste deur te werk in die toerismebedryf  as kelners, busdrywers ,ens.  Produsente • Toerisme verskaf baie direkte en indirekte geleenthede vir entrepreneurs en die regering gebruik ʼn aantal aansporingsmaatreëls om besighede in die toerisme- bedryf te bevorder.  • Toerisme bevoordeel plaaslike besighede en ondernemings deur ʼn toename in besteding op goedere en dienste deur plaaslike besighede verskaf.  • Die informele sektor trek voordeel deurdat plaaslike inwoners tradisionele items soos handgemaakte kunswerke en kunste aan toeriste verkoop.  • Die besigheidsomgewing in landelike en stedelike gebiede word gestimuleer deur geleenthede vir entrepreneurs en hulp deur SEB.  • Toeristebestemmings word deur publieke en private vennootskappe (PPPs) ontwikkel  • Deur publieke-private vennootskappe word daar gefokus op die ontwikkeling van basiese, fisiese en dienste-infrastruktuur deur die regering en private instansies verskaf die superstruktuur waarbinne toerisme bevorder word.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 19 Regering • Die regering vind baat deur toenames in belastinginkomste.  • Die regering kan klein belastingbedrae hef om sodoende die koste om basiese dienste soos toiletfasiliteite en storte by strandoorde te dek.  • Die regering mag ook lughawe-belasting hef.  • Belasting word om twee redes gehef: o Om eksterne koste te verhaal – om die gasheerland te help vir die verskaffing van infrastruktuur.  o Om inkomste te versamel – met die groei van toerisme hef baie lande belasting op dit wat as ʼn bron van inkomste vir die regering gebruik word.  • Toerisme help met werkskepping teen verlaagde kostes vir die regering veral in die informele sektor, soos toergidse, curio-winkels en musikante.  • Inkomste wat verdien word, word aangewend om toerisme plaaslik te bemark en met die hulp van die regering kan sosio-ekonomiese doelwitte bereik word asook groei in die informele sektor, SEB en die ontwikkeling van KMMOs. Infrastruktuurontwikkeling • ʼn Land moet oor ʼn goed ontwikkelde infrastruktuur beskik wat instand gehou word vir daardie land om as ʼn toeristebestemming beskou te word.  • In samewerking met die privaatsektor kan die regering die infrastruktuur ontwikkel en opgradeer om sodoende te kan voldoen aan die vraag en verwagtinge van toeriste.  • Plaaslike inwoners en toeriste word bevoordeel deur ʼn goed ontwikkelde infrastruktuur.  • Toeriste vereis ook sosiale infrastruktuur bv. klinieke en ambulanse.  • Genoegsame fisiese en basiese diensinfrastruktuur wat goed onderhou word is absoluut noodsaaklik vir toeristebestemmings.  • Die regering het ekonomiese infrastruktuur geprioritiseer om groei in toerisme te bevorder.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (Gee maksimum 2 punte indien dit net gelys word.) (Maks. 26) (26) ADDISIONELE GEDEELTE • Inheemse kennisstelsel het baie tot kulturele toerisme bygedra deurdat kulture beskerm word en meer geleer word oor die spesifieke gemeenskap se geskiedenis.  • Inheemse kulture in Suid-Afrika is ʼn baie groot toeriste attraksie en dit het verskeie kulture bymekaar gebring.  • Miljoene toeriste word deur die diverse en ryk kulture in Suid-Afrika gelok.  • Buitelands toeriste is gefassineerd deur hul ervaring in die plaaslike pottebakkery, tradisionele danse, handgemaakte kunswerke, musiek, verskillende kookmetodes en kos.  • Toeriste soek egtheid en uniekheid in hul toeristebestemmings en wil die kultuur, geskiedenis en omgewing verstaan wat dus deur die IKS verskaf word.  • Toerisme-onderneming is ʼn belangrike manier om die inheemse kennis te beskerm en te bevorder terselfdertyd ook ʼn bron van inkomste te skep.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.) (Maks. 10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) SLOT Toerisme is ʼn breë konsep en kan veeleisend wees dog interessant wanneer dit met ʼn spesifieke gemeenskap verbind word.   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all