Skip to content

Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202312 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: • AFDELING A: VERPLIGTEND • AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. • AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 4. Lees die vrae aandagtig deur en begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 7. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 3 VRAAG A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.9 D. 1.1.1 Besteding op alle produksiefaktore wat tydens die produksieproses aangewend word, staan as … bekend. A totale koste B marginale koste C gemiddelde koste D vaste koste 1.1.2 ʼn Monopolie wat op wette gebaseerd is, met die doel om ander produsente van kompetisie te weerhou, word ʼn … monopolie genoem. A kunsmatige B natuurlike C dominerende D eenvoudige 1.1.3 In ʼn onvolmaakte mark word pryse langs die … -kurwe bepaal. A gemiddelde inkomste B marginale inkomste C gemiddelde veranderlike koste D gemiddelde koste 1.1.4 ʼn Inisiatief deur die regering met die doel om armoede te verminder deur inkomste verligting te verskaf deur tydelike werk te skep, is as ... bekend. A kostevoordeelontleding B Openbare werke-programme C subsidie D Swart Ekonomiese Bemagtiging 1.1.5 ʼn Voortdurende daling in die algemene prysvlakke oor ʼn langdurige periode is as ... bekend. A hiperinflasie B stagflasie C deflasie D geadministreerde inflasie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.1.6 Aktiwiteite waar toeriste groot argeologiese terreine besoek soos die Wieg van die Mensdom word na as … -toerisme verwys. A ontspanning B sake C eko- D paleo 1.1.7 Die vasstelling van wettige beperkings op uitlaatgasse en die wettige aankla van besighede en individue wat nie aan hierdie beperkings voldoen nie, word na as … verwys. A vrywillige ooreenkomste B direkte beheer C tegnologie en beheer D bevel en beheer 1.1.8 Die vermoë van die omgewing om ekonomiese aktiwiteite te kan oorleef word … genoem. A die omgewing B omgewingsvolhoubaarheid C bewaring D beskerming (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Marginale produk A ʼn Situasie waar een produsent die pryse vasstel en die ander dit as die markprys aanvaar 1.2.2 Onvolmaakte mark B Werk daarin om inflasie binne die teikens te hou 1.2.3 Prysleier C Hoogsgevaarlik met ʼn stadige dekompressietempo 1.2.4 Swartmark D Wanneer die markprys nie die ware weer- spieëling van die skaarsheid van ʼn produk is nie 1.2.5 Monetêre E Spesies sterf uit en dit kan nie omgekeer word nie Beleidskomitee 1.2.6 Plaaslike toerisme F Die addisionele eenheid wat geproduseer word wanneer veranderlike insette met vaste insette gekombineer word 1.2.7 Verlies aan G Giftig met ʼn negatiewe uitwerking op lewende biodiversiteit wesens 1.2.8 Gevaarlike afval H Mense wat binne hul eie land toer/reis I Onwettige goedere word gekoop en verkoop (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 5 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings; akronieme en voorbeelde word NIE aanvaar NIE. 1.3.1 Die stygende gedeelte van die marginalekoste-kurwe wat bokant die minimum van die Gemiddelde koste-kurwe is 1.3.2 Bepaal self pryse en verkoop unieke produkte 1.3.3 Goedere wat deur een persoon verbruik word, sal nie verbruik deur ʼn ander individu verminder nie 1.3.4 ʼn Indeks wat gebruik word om allesomvattende inflasie te bereken waar nominale pryse in reële pryse omgeskakel word 1.3.5 Suid-Afrikaanse burgers wat na ander lande vir ontspanning en besigheid reis 1.3.6 Die verwydering van bome en woude vanuit die omgewing sonder om dit te vervang (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van die monopolisties mark. (2) 2.1.2 Waarom mik besighede om maksimum wins te maak? (2) 2.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. KOMPETISIE KONSENTRASIE EN DIE VERWYDERING VAN BEPERKINGS TOT TOETREDE Mededingingsbeleid is gereed om die sleuteldryfkrag in ekonomiese hervorming in Suid-Afrika te wees. In Maart 2022 het die Mededingingskommissie die Suid-Afrikaanse Parlement rondom die Ekonomiese Konsentrasie Verslag ingelig. Die verslag het die patrone van konsentrasie in die Suid-Afrikaanse ekonomie uitgelig. Dit het die besonderhede rondom die Kommissie se mag om mark navrae bekend te stel oor die hoogsgekonsentreerde bedrywe en hul reg om strukturele oplossings vir besighede in daardie sektore te vind. Sulke oplossings word nodig geag om hindernisse op die toetrede van nuwe deelnemers, hoofsaak KMMO’s te verwyder. [Bron: Bizcommunity.com] 2.2.1 Identifiseer ʼn deelnemer vanuit die uittreksel wat deur toetrede- beperkings tot die mark geraak word. (1) 2.2.2 Noem enige ander mededingingsinstansie behalwe die een wat in die uittreksel genoem word. (1) 2.2.3 Verduidelik kortliks die langtermyn periode. (2) 2.2.4 Verduidelik die rol van die Mededingingskommissie. (2) 2.2.5 Hoe sal besighede deur die Mededingingskommissiebeleid bevoordeel word? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 7 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INKOMSTEKROMME VAN INDIVIDUELE FIRMA Prys / Inkomste VV MI Hoeveelheid TI Hoeveelheid 2.3.1 Identifiseer die kurwe wat gemiddelde inkomste aandui. (1) 2.3.2 By watter punt word prys, in die gegewe grafiek, bepaal? (1) 2.3.3 Verduidelik kortliks die term totale inkomste. (2) 2.3.4 Verduidelik die verhouding tussen marginale inkomste- en gemiddelde inkomstekurwes in ʼn monopolie mark. (2) 2.3.5 Bereken gemiddelde inkomste. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.4 Met behulp van ʼn grafiek verduidelik die afleiding van die vraagkurwe vir die individuele besigheid in ʼn volmaakte mark. (8) 2.5 Hoe kan firmas in ʼn monopolistiese mededingende mark hul markaandeel verhoog? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE soorte inflasie. (2) 3.1.2 Waarom is volhoubaarheid van die omgewing belangrik? (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: cartoonstock.com/directory/e/ecotourism.asp] 3.2.1 Watter manier van reis kan as omgewingsvriendelik beskou word? (1) 3.2.2 Verskaf enige voorbeeld van eko-toerisme. (1) 3.2.3 Verduidelik kortliks die rede vir groei in die toerisme sektor. (2) 3.2.4 Verduidelik arbeidsintensief in verhouding tot toerisme. (2) 3.2.5 Hoe belangrik is die bemarking van buitelandse toerisme vir die Suid- Afrikaanse ekonomie? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 9 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERBRUIKERPRYSINDEKS EN GEWIGSTOEKENNING Groep Gewig Indeks Des. 2021 = 100 Persentasie verandering 100 Sept. Aug. Sept. Sept. 2021 Sept. 2021 2021 2022 2022 vs. Aug. vs. Sept. 2022 2022 Alle items (VPI hooflyn) 100 98,7 106,0 106,1 0,1 7,5 VPI vir alle goedere 48,68 98,0 108,7 108,5 -0,2 10,7 Duursame goedere 7,59 99,0 103,3 103,2 -0,1 4,2 Semi- duursame goedere 5,38 99,6 102,3 102,8 0,5 3,2 Nie- duursame goedere 35,71 97,6 110,7 110,2 -0,5 12,9 Dienste 51,32 99,4 103,3 103,7 0,4 4,2 [Aangepas uit statssa/publications/September 2022] 3.3.1 Identifiseer enige EEN voorbeeld van ʼn item wat vanuit die VPI-mandjie uitgesluit word. (1) 3.3.2 Vanuit die bostaande tabel, watter tipe goed het meer gewig? (1) 3.3.3 Verduidelik kortliks die term verbruikerprysindeks. (2) 3.3.4 Verduidelik kortliks die impak van koste-druk-inflasie op die ekonomie. (2) 3.3.5 Bereken die inflasiekoers vir alle goedere vir die periode September 2021 tot September 2022. (4) 3.4 Onderskei tussen bewaring en beskerming as kreatiewe maniere om die voortbestaan en funksionering van die omgewing te verseker. (8) 3.5 Analiseer die belangrikheid daarvan om gewigte aan ʼn mandjie goedere en dienste toe te ken. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling. (2) 4.1.2 Waarom maak ʼn monopolie ekonomiese wins op die langtermyn. (2) 4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SAMESPANNING IN ’N OLIGOPOLIE MARK Twee firmas deel die mark waar hulle alreeds saamspan en hoë pryse handhaaf. Elke firma kan besluit om nie meer saam te span nie en sodoende ʼn prysoorlog veroorsaak om hul markaandeel te verhoog of selfs vir die ander om uit die mark te tree. Indien altwee bereid is om saam te span kry beide 5,5. Indien een van hulle besluit om ʼn prysoorlog te begin sal hulle onderskeidelik 4,3 en 3,4 ontvang afhangend van wie die prysoorlog begin het. [Bron: policonomics.com] 4.2.1 Identifiseer die gevolg van pryskompetisie in ʼn oligopolie. (1) 4.2.2 Noem enige soort samespanning. (1) 4.2.3 Verduidelik kortliks nie-prys-kompetisie. (2) 4.2.4 Verduidelik die implikasies van ʼn geknakte vraagkurwe. (2) 4.2.5 Hoe sal kleiner sakeondernemings / nuwe besighede in ʼn oligopolie deur pryskompetisie geraak word? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) EKONOMIE V2 11 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STYGENDE INFLASIE BRING ’N WAARNEEMBARE DALING IN RËELE LONE Die ernstige inflasiekrisis tesame met ʼn globale verlangsamings in ekonomiese groei – wat aangedryf word deur die oorlog in Oekraine en die globale energiekrisis veroorsaak ʼn noemenswaardige afname in die maandelikse reële lone in baie lande. Hierdie krisis verlaag die koopkrag van die middelklasse en veral lae-inkomste huishoudings word baie hard geslaan. Globale maandelikse lone het in werklike terme tot minus 0,9% in die eerste helfte van 2022 geval. Dit het miljoene werkers in ʼn benarde posisie geplaas soos hulle toenemende onsekerheid in die gesig staar. [Bron: ilo.org/global/newsroom.com] 4.3.1 Identifiseer die afname in lone in werklike terme. (1) 4.3.2 Noem enige kategorie huishoudings wat deur verhoogde inflasie geraak word. (1) 4.3.3 Beskryf die term inflasie. (2) 4.3.4 Verduidelik die gevolge van inflasie op debiteure. (2) 4.3.5 Watter invloed het inflasie op lae-inkomste verdieners? (4) 4.4 Bespreek kortliks die toetrede tot die mark en aard van die produk in ʼn volmaakte mark. (8) 4.5 Hoe beste kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank koste-druk-inflasie verminder. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal as volg geassesseer word. PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord • ʼn Goeie begin is om ʼn sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf. • Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie. Maks. 2 • Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie. • Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed Analiseer/Vergelyk/ Evalueer/Onderskei/Verduidelik Bykomende gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/ Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor Maks. 10 Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: • ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder van enige feite wat reeds genoem is, te herhaal • Enige opinie of waardeoordeel oor die bespreekte feite • Addisionele ondersteunende inligting om bespreking/ontleding te versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis • Aanbevelings Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die oorsake van markmislukkings. (26 punte) • Ondersoek die impak van inkomste ongelykheid op die ekonomie. (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die voordele van toerisme. (26 punte) • Ontleed die belangrikheid van die inheemse kennisstelsel in die versterking van Suid-Afrika se toerisme-profiel. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all