NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)


%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)


Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 767.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.
AFDELING A:
VRAAG 1: Klimaat en Weer (60)
VRAAG 2: Geomorfologie (60)
AFDELING B:
VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)
2. Beantwoord al DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe as jy moet noem, benoem, identifiseer of
moet lys.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (3224BC GRAAFF-REINET (SUID) en ʼn
1 : 10 000 ortofotokaart (3224 BC 1 GRAAFF-REINET) word voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Toon ALLE berekeninge punte sal hiervoor toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 ʼn Sone van konstante druk tussen twee siklone of antisiklone staan
as ʼn ... bekend.
A rug
B trog
C front
D saal
1.1.2 ʼn Noordwestelike wind van 20 knope is sigbaar in …
A B
C D
1.1.3 Antisiklone word geassosieer met ... weerstoestande en ... van lug.
(i) onstabiele
(ii) stabiel
(iii) divergensie
(iv) konvergensie
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.1.4 Bergwinde kom voor wanneer daar ʼn ... hoogdruksel en ʼn ... laagdruksel
teenwoordig is.
(i) Kalahari
(ii) Indiese
(iii) hitte-
(iv) kus-
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.1.5 Die hoë temperature geassosieer met bergwinde word veroorsaak deur
... verhitting en die droë toestande is as gevolg van lug wat van ...
beweeg.
(i) adiabatiese
(ii) adveksie
(iii) land na see
(iv) see na land
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.1.6 Die hoë voginhoud wat verantwoordelike is vir die vorming van lyn-
donderstorms word deur ... -winde verskaf.
A suidweste
B noordweste
C noordooste
D suidooste
1.1.7 Lyndonderstorms word met die volgende weerstoestande geassosieer:
A stortreën; sneeu
B orkaanwinde; hael
C stortreën; rukwinde
D ligte reën; donderweer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 5
1.1.8 Die kuslaag op die kaart hieronder sal eers in ʼn ... rigting en dan in ʼn
... rigting beweeg.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
(i) westelike
(ii) oostelike
(iii) noordwestelike
(iv) noordoostelike
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv) (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.2 Die volgende vrae is op plaaslike klimaat gebaseer. Kies die korrekte
woord(e) uit die wat tussen hakies verskaf word. Skryf slegs woord(e) langs
die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Verwys na die onderstaande skets om VRAAG 1.2.1 tot 1.2.4 te
beantwoord.
[Aangepas uit online.htsenden.co.za]
1.2.1 Die wind in die skets is ʼn (anabatiese/katabatiese) wind.
1.2.2 Helling (A/B) sal die warmer helling wees.
1.2.3 (Perskes/Lemoene) sal op die valleivloer geplant word.
1.2.4 Die inversie ontwikkel as gevolg van die verplasing van
(warme/koue) lug.
Verwys na die onderstaande foto wat op stedelike klimaat gebaseer is om
VRAE 1.2.5 tot 1.2.7 te beantwoord.
[Bron: alarmy.co.za]
1.2.5 Die studie van klimaat in ʼn stad staan as (makro/mikro) klimaat
bekend.
1.2.6 ʼn (Besoedelingskoepel/Hitte-eiland) ontstaan wanneer daar ʼn
versameling van roet, stof en rook oor die stad voorkom.
1.2.7 (Kunsmatige oppervlaktes/Stedelike aktiwiteite) is die faktor wat
bydrae tot hoër temperature oor die stad in die onderstaande foto.
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 7
1.3 Verwys na die onderstaande infografika oor middelbreedtesiklone.
DWARSPROFIEL WEERKAART
[Bron: physicalgeography.net] [Bron: thundereducation.com]
DUISENDE HUISE IN INFORMELE NEDERSETTINGS IN KAAPSTAD
STORMS BESKADIG
Stortreën en oorstromings het duisende informele strukture in en om
Kaapstad beskadig, het Ramprisikobestuur Vrydag aangekondig. Die stad
se metropool is vandeesweek deur swaar reën, stormsterk winde, oop see
en dalende temperature getref. Die stad het Woensdag oorstromings in
informele nedersettings en paaie gesien, met reën en donderweer, en
swaar sneeuval wat in die noordelike en Overberg-streke van die Wes-
Kaap aangeteken is. Charlotte Powell, woordvoerder van
ramprisikobestuur, het gesê die reën het aansienlike oorstromings in
informele nedersettings regoor die stad veroorsaak.
[Aangepas uit lol.co.za]
1.3.1 Volgens die infografika, in watter rigting beweeg die middlebreedte-
sikloon? (1 x 1) (1)
1.3.2 Waarom ontwikkel cumulonimbuswolke voor die kouefront? (1 x 2) (2)
1.3.3 Waarom verskil die tipe reënval by B van die reënval by A? (1 x 2) (2)
Verwys na die weerkaart.
1.3.4 Gee ʼn bewys dat ʼn warmfront okklusie ontwikkel het. (1 x 1) (1)
1.3.5 Hoe het die warmfront okklusie ontwikkel? (2 x 2) (4)
Verwys na die uittreksel.
1.3.6 Noem EEN element van weer wat volgens die uittreksel met ʼn koue
front geassosieer word. (1 x 1) (1)
1.3.7 Verduidelik hoe die weerstoestande wat verband hou met ʼn
middelbreedtesikloon die inwoners in die informele nedersettings
negatief sal beïnvloed. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.4 Verwys na die skets hieronder wat die pad van tropiese sikloon Freddy
toon.
[Bron: Snow Report SA Facebook page]
1.4.1 Hoeveel tropiese siklone het voor FREDDY ontwikkel? (1 x 1) (1)
1.4.2 In watter land het FREDDY die eerste keer land bereik? (1 x 1) (1)
1.4.3 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 1.4.2. (1 x 1) (1)
1.4.4 Waarom het FREDDY tussen die 22ste en die 23ste versterk? (2 x 2) (4)
Verwys na X op die satellietbeeld.
1.4.5 Noem X soos op die satellietbeeld aangedui. (1 x 1) (1)
1.4.6 Noem EEN weerstoestand van X. (1 x 1) (1)
1.4.7 Beskryf die rede vir die weerstoestand wat in VRAAG 1.4.6 genoem
word. (1 x 2) (2)
1.4.8 Hoe sal die weer rondom X die kus biodiversiteit van Mosambiek
negatief beïnvloed? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 9
1.5 Verwys na faktore wat die weer oor Suid-Afrika in die winter beïnvloed.
[Bron: Eksaminator se sketse]
1.5.1 Identifiseer die TWEE faktore in skets A wat die weer van Suid-
Afrika beïnvloed. (2 x 1) (2)
1.5.2 Hoe beïnvloed die posisie van die Suid-Atlantiese HD die weer van
die weskus van Suid-Afrika in die winter? (2 x 1) (2)
1.5.3 Waarom is die Kalahari HD oorheersend oor die land in die winter?
(1 x 1) (1)
1.5.4 Hoe beïnvloed die dominante Kalahari-hoogdruksel die teen-
woordigheid van die inversielaag in skets B? (1 x 2) (2)
1.5.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik hoe die posisie
van die inversielaag in die winter wolklose en stabiele
weerstoestande oor die binneland van die land sal meebring.
(4 x 2) (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE
2.1 Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y
of Z langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 2.1.9 Y.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Riviere wat slegs na swaar reënval Y seisoenaal
in droë gebiede vloei Z episodies
2.1.2 Sytakke wat teen skerp hoeke Y dendrities
aansluit Z reghoekig
2.1.3 Faktore wat hoër Y geleidelike helling;
dreineringsdigtheid beïnvloed digte plantegroei
Z steil helling; min
plantegroei
2.1.4 ʼn Fluviale landvorm wat by die punt Y delta
waar die rivier die see binnevloei Z gevlegde stroom
vorm
2.1.5 Sy-aansig van ʼn rivier van bron tot Y dwarsprofiel
mond Z lengteprofiel
2.1.6 ʼn Verskynsel wat met verjonging Y windsaal
verband hou Z gepaarde terrasse
2.1.7 Daar is watervalle en damme langs Y gegradeerd
die loop van die rivierprofiel Z ongegradeerd
2.1.8 Proses waar die waterskeiding van Y abstraksie
posisie verander Z verjonging
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 11
2.2 Verwys na die skets van ʼn kronkel. Kies die korrekte woord/letter uit daardie
wat tussen hakies verskaf word. Skryf slegs woord/letter langs die
vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
[Bron: www.google.com]
2.2.1 Kronkels vorm gewoonlik in die (bo-/benede-) loop van die rivier.
2.2.2 Neerlating/Afsetting kom by (A/B) voor.
2.2.3 Riviervloei is vinnig by (A/B).
2.2.4 Die rivierkrans sal waarskynlik by (A/B) voorkom.
2.2.5 B word die (gly-oewer/stoot-oewer) genoem.
2.2.6 Die kronkellus by A sal waarskynlik tot ʼn (vloedvlakte/hoefystermeer)
ontwikkel.
2.2.7 ʼn Kanovaarder (persoon wat ʼn boot roei) sal waarskynlik die oewer
by (A/B) verkies. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.3 Verwys na die skets oor watervalle en stroomversnellings.
[Bron: cfdsupport.com]
2.3.1 Noem die stadium van die rivier waarin watervalle en
stroomversnellings vorm. (1 x 1) (1)
2.3.2 Identifiseer die tipe vloei by A in die skets. (1 x 1) (1)
2.3.3 Hoe beïnvloed gradiënt die tipe vloei (jou antwoord op
VRAAG 2.3.2)? (1 x 1) (1)
2.3.4 Hoe sal minder weerstandbiedende rotslae (sagte rotse) en meer
weerstandbiedende rotslae (harde rotse) tot die vorming van
watervalle lei. (2 x 2) (4)
2.3.5 Verduidelik hoe die waterval uiteindelik mettertyd stroomop sal
terugtrek. (2 x 2) (4)
2.3.6 Watter impak sal watervalle en stroomversnellings op
infrastruktuurontwikkeling langs die rivier hê? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 13
2.4 Verwys na die skets oor stroomroof.
[Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/Stream_capture]
2.4.1 Definieer stroomroof. (1 x 2) (2)
2.4.2 Hoe veroorsaak gradiënt in skets X (verlede) stroomroof? (1 x 1) (1)
2.4.3 Identifiseer die strome by A en B in skets Y nadat stroomroof
plaasgevind het. (2 x 1) (2)
2.4.4 Hoe sal die fisiese (natuurlike) omgewing deur die stroom by B
negatief beïnvloed word? (2 x 2) (4)
2.4.5 Verduidelik die fisiese (natuurlike) veranderinge wat stroom A sal
ondergaan nadat stroomroof plaasgevind het. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.5 Verwys na die uittreksel oor opvanggebied en rivierbestuur.
RIOOLBESOEDELING IN DIE NOORD-KAAP MAAK DIE PROVINSIE SE
LEWENSBESTAAN DOOD – DIE ORANJERIVIER
ʼn Noord-Kaapse nie-regeringsorganisasie (NRO) het strafregtelike klagtes
teen die munisipale bestuurders van 11 dorpe in agt munisipaliteite ingedien
oor “ongebreidelde” (wydverspreide) rioolbesoedeling wat landbou-uitvoer
bedreig, die gehalte van drinkwater in die provinsie en die gesondheid en
lewensbestaan van die dorpe se inwoners.
“Die enigste lewegewende krag van die hele provinsie is die Oranjerivier en
dit word besmet (besoedel) met riool,” sê Fritz Bekker, een van die stigters
van Gariep Watch. Omgewingsmonitering deur Gariep Watch is sedert 2017
aan die gang. Dit bestuur die enigste chemiese, bakteriologiese en biologiese
watergehalte databasis aan die benede Vaal- en Oranjerivier.
Daar is ʼn uitvoerbedryf van R10 miljard stroomaf van hierdie munisipaliteite,
wat ʼn risiko vir die uitvoerbedryf inhou, waarvan die belangrikste gewasse
tafeldruiwe en rosyne is. “Dit is nie net die probleem met die uitvoerbedryf nie,
dit is ook werksgeleenthede wat verlore gaan,” het hy bygevoeg.
[Aangepas uit en artikel deur Sheree Benga in die Daily Maverick]
2.5.1 Volgens die Noord-Kaapse NRO, watter tipe besoedeling raak 11
dorpe? (1 x 1) (1)
2.5.2 Noem die primêre ekonomiese aktiwiteit wat in die artikel genoem
word wat direk deur hierdie tipe besoedeling bedreig word (genoem
in VRAAG 2.5.1). (1 x 1) (1)
2.5.3 Waarom is die Oranjerivier ʼn lewegewende krag vir die ekonomiese
aktiwiteit wat in VRAAG 2.5.2 genoem word? (1 x 1) (1)
2.5.4 Hoekom is rivierbestuur so belangrik in die benede Vaal- en
Oranjeriviere? (2 x 1) (2)
2.5.5 Noem die ekonomiese impak van swak rivierbestuur in die benede-
loop van die Vaal- en Oranjerivier? (1 x 2) (2)
2.5.6 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls stel volhoubare strategieë
voor wat geïmplementeer kan word om die gehalte van water in die
benede Vaal- en Oranjerivier te handhaaf. (4 x 2) (8)
[60]
TOTAAL AFDELING A 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 15
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEID EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR GRAAFF-REINET
Koördinate: 32°15′08″S 24°32′26″O
Graaff-Reinet, die hart van die “Groot Karoo” word deur die Camdeboo Nasionale
Park omring in die Oos-Kaap provinsie van Suid-Afrika.
Die Sneeuberg bergreeks omring die dorp. Die dorp lê in die hoefysterdraai van die
Sondagsrivier en spog met meer geproklameerde nasionale monumente as enige
ander Suid-Afrikaanse dorp.
In Graaff-Reinet is die somers warm; die winters is kort, koud, droog en winderig; en
dit is meestal wolkloos die hele jaar deur. In die loop van die jaar wissel die
temperatuur gewoonlik van 5 °C tot 33 °C.
Reënval in Graaff-Reinet is seisoenaal. Die maand met die meeste reën is Februarie,
met ʼn gemiddelde reënval van 53 mm en die minste reënval is in Julie, met ʼn
gemiddelde reënval van 13 mm.
[Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/Graaff-Reinet]
Die volgende Engelse term en hul vertalings word op die topografiese kaart
aangetref:
ENGLISH AFRIKAANS
Canal Kanaal
Furrow Voor
Golf course Gholfbaan
Weir Studam
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
3.1 KAARTWERKVAARDIGHEDE EN BEWERKINGS
3.1.1 Die totale jaarlikse verandering van die magnetiese deklinasie in 2023
is ... wes van die ware noorde.
A 1°07'
B 25°07'
C 1°38'
D 26°45' (1 x 1) (1)
3.1.2 Die onderstaande indeksvelle (kaartverwysings) dui die ligging van
die huidige kaart van 3224BC Graaff-Reinet (geskakeer), binne die
32° tot 33° suid breedtegraad en 24° tot 25° lengtegraad aan.
(a) Gee die indeksvel (kaartverwysing) van die kaart suidoos van
die huidige kaart. (1 x 1) (1)
(b) Verskaf die ruitverwysing (grade (°) en minute (')) van 3324BC
GRAAFF-REINET. (2 x 1) (2)
3.1.3 Bereken die reguitlynafstand (in meter) van die hoofverkeerpad (R63)
vanaf F (blok C4) tot G (blok D4). Toon ALLE berekeninge. Punte sal
vir berekeninge toegeken word. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 17
3.1.4 Verwys na die dwarsprofiele hieronder wat op die ortofotokaart
aangetref word.
(a) Watter dwarsprofiel verteenwoordig 1 tot 2 op die
ortofotokaart? (1 x 1) (1)
(b) Bepaal die vertikale vergroting (VV) van die dwarsprofiel,
indien die vertikale skaal (VS) 1 : 2 000 is. Toon ALLE
berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
VS
Formule:
HS
(3 x 1) (3)
3.2 KAARTINTERPRETASIE
3.2.1 Die bewyse op die topografiese kaart wat die stelling ondersteun
dat reënval seisoenaal in Graaff-Reinet is, is ... en ...
(i) gronderosie
(ii) vore
(iii) nie-standhoudende riviere
(iv) standhoudende riviere
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv) (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
3.2.2 Die hoogliggende gebied H in blok B5, op die topografiese kaart, is
ʼn ... want dit skei ... van mekaar.
(i) waterskeiding
(ii) interfluviale skeiding
(iii) sytakke
(iv) dreineringsbekkens
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (iii) en (iv) (1 x 1) (1)
3.2.3 Verwys na die vallei by J in blokke B4/B5.
(a) Watter helling (X of Y) is warmer? (1 x 1) (1)
(b) Gee rede vir jou keuse by VRAAG 3.2.3(a). (1 x 2) (2)
(c) Hoe veroorsaak die hellings katabatiese winde gedurende die
nag in die vallei? (1 x 2) (2)
3.2.4 Verwys na helling 3 op die ortofotokaart.
(a) Noem helling 3 van die ‘hoefysterdraai’ (meander) van die
Sondagsrivier. (1 x 1) (1)
(b) Verduidelik die fluviale proses wat by helling 3 oorheers.
(1 x 2) (2)
3.2.5 Verwys na die topografiese kaart.
(a) Identifiseer die dominante dreineringspatroon in blokke B1/2
en C1/2. (1 x 1) (1)
(b) Waarom het die patroon (antwoord op VRAAG 3.2.5(a)) in die
gebied ontwikkel? (1 x 1) (1)
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
Verwys na area 4, op die ortofotokaart, wat gebuffer is.
3.3.1 Wat is ʼn buffersone/area? (1 x 2) (2)
3.3.2 Noem die tipe vektordata wat gebruik is om die rivier te buffer,
aangedui met letter 4. (1 x 1) (1)
3.3.3 Wat is die omgewingsbelang om die buffersone aangedui met letter
4 te hê? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V1 19
Verwys na die omsingelde gebied L op die topografiese kaart.
3.3.4 Die omsingelde gebied L ervaar ʼn veldbrand en die owerhede
gebruik afstandwaarneming om die veldbrand te help bestuur.
(a) Noem EEN komponent van GIS wat gebruik word om inligting
oor die veldbrand in te samel. (1 x 1) (1)
(b) Hoe sal afstandswaarneming die owerhede help om die
veldbrand in die omsingelde gebied te bestuur? (1 x 2) (2)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Addendum
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Addendum (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum