NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
GEOGRAFIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 




%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)
View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)


%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)


Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 1.2Rural and urban settlements7 marks
- Question 1.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 1.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 1.5Rural and urban settlements15 marks
- Question 2.1Economic geography of South Africa7 marks
Show all 13 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.
AFDELING A:
VRAAG 1: Landelike en stedelike nedersettings (60)
VRAAG 2: Ekonomiese geografie van Suid-Afrika (60)
AFDELING B:
VRAAG 3: Geografiese vaardighede en tegnieke (30)
2. Beantwoord al DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.
5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Moenie in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.
8. Teken volledig geannoteerde diagramme wanneer opdrag gegee word om dit
te doen.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe as jy moet noem, benoem, identifiseer of lys.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart van 3319AD CERES en ʼn ortofotokaart van
1 : 10 000 3319AD 12 CERES word voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 3
AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE
EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.9 D.
1.1.1 ... is ʼn fisiese faktor wat die standplaas van ʼn nedersetting beïnvloed.
A Helling aspek
B Industriële ontwikkeling
C Toegang tot dienste
D Nabyheid van paaie
1.1.2 ʼn ... nedersetting is naby ʼn bron van water wat in ʼn waterskaars
gebied geleë is.
A Droë punt
B Geïsoleerde
C Verspreide
D Water punt
1.1.3 Die ligging van ʼn nedersetting in verhouding tot sy omliggende
omgewing staan as die … bekend.
A standplaas
B patroon
C verspreiding
D situasie
Verwys na die onderstaande skets om VRAE 1.1.4 tot 1.1.6 te beantwoord.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.1.4 Die landelike nedersetting het ʼn kernpatroon omdat die huise ... is.
A naby mekaar gespasieer
B ver vanaf mekaar
C geïsoleerd
D wyd verspreid
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.1.5 Die volgende is voordele van die kern nedersettingspatroon:
(i) neem eie besluite
(ii) gebrek aan privaatheid
(iii) verhoogde sekuriteit
(iv) deel masjinerie
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (iii) en (iv)
1.1.6 Die vorm van die nedersetting is ...
A linieer.
B kruispad.
C T-vormig.
D rond.
1.1.7 Die grootste en die mees komplekse landelike nedersetting is die …
A boeredorpie.
B geïsoleerde plaasopstal.
C gehuggie.
D sentrale plek.
1.1.8 Die nedersetting in die skets hieronder kan geklassifiseer word as …
[Bron: Eksaminator se eie skets]
A multifunksioneel en landelik.
B enkel-funksioneel en stedelik.
C enkel-funksioneel en landelik.
D multifunksioneel en stedelik. (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 5
1.2 Pas/voltooi die term/konsep uit KOLOM B met die stelling in KOLOM A. Skryf
slegs X of Y langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK,
byvoorbeeld. 1.2.8 Y.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Die rangorde van stedelike X stedelike hiërargie
nedersettings op die aantal
funksies gebaseer Y stedelike verspreiding
1.2.2 Meer gespesialiseerde goedere sal X kleiner
in ʼn ... stad gevind word Y groter
1.2.3 Die maksimum afstand wat ʼn X reikwydte van goedere
verbruiker bereid is om te reis om
goedere en dienste te koop Y invloedsfeer
1.2.4 Sentrums met ʼn groot X lae-orde sentrums
verskeidenheid en groot
drempelbevolking Y hoë-orde sentrums
1.2.5 ʼn Stedelike gebied wat goedere en X sentrale stad
dienste aan die omliggende
landelike bevolking verskaf Y sentrale plek
1.2.6 Drempelbevolking is die ... aantal X maksimum
kliënte wat ʼn besigheid nodig het
om winsgewend te wees Y minimum
1.2.7 Gebied vanwaar stedelike X invloedsfeer
nedersettings hul kliënte trek Y hoë-orde sentrum
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.3 Verwys na die uittreksel hieronder oor water as ʼn kwessie van sosiale
geregtigheid in landelike gebiede.
BEMAGTIGING VAN LANDELIKE GEMEENSKAPPE MET MULTI-GEBRUIK
WATERVERBRUIK DIENSTE
Die multi-gebruik waterdienste (MGD) benadering is betroubaar in die
verskaffing van lewensveranderende watertoegang aan landelike
gemeenskappe om watersekerheid te versterk wat ʼn meer diverse
lewensbestaan ondersteun.
In Ga Moela (Limpopo provinsie), ʼn landelike nedersetting wat uit ongeveer 18
verspreide huishoudings bestaan, is nuwe waterdienste ontwerp om in die
veelvuldige waterbehoeftes van die gemeenskap se huishoudings te voorsien.
Hierdie landelike inwoners het ʼn toename van 56% in waterhoeveelheid en ʼn
meer betroubare toevoer ervaar.
Voor die bekendstelling van MGD was die hoofwaterbronne 20 vlak
handgegrawe putte slegs 0,5–1 meter diep. Die water was vuil en is met diere
gedeel. Die verspreide aard van die huishoudings het beteken dat byna alle
huise staatgemaak het op water wat uit bronne in emmers of kruiwaens vervoer
is.
[Aangepas uit https://www.iwmi.cgiar.org/success-stories]
1.3.1 Hoeveel ure per week is bespaar om water te gaan haal nadat MGD
bekendgestel is? (1 x 1) (1)
1.3.2 Identifiseer TWEE bewyse uit die uittreksel dat gemeenskapslede
probleme ondervind het, voordat MUS bekendgestel is. (2 x 1) (2)
1.3.3 Gee TWEE redes vir die swak waterinfrastruktuur wat dikwels in Suid-
Afrikaanse landelike gebiede voorkom. (2 x 2) (4)
1.3.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik hoe toegang tot
betroubare water in landelike gemeenskappe armoede sal verminder.
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 7
1.4 Verwys na die skets hieronder wat 'n grondgebruiksone toon.
[Aangepas uit http://brettonwoodhighschool.co.za/wp-content/uploads/2020/05/GRADE-12-
WEEK-4-LESSON-7-8.pdf]
1.4.1 Wat is die landelik-stedelike oorgangsone? (1 x 2) (2)
1.4.2 Vanuit die skets noem EEN ekonomiese aktiwiteit wat in die landelik-
stedelike oorgangsone voorkom. (1 x 1) (1)
1.4.3 Waarom dra ʼn toename in die aantal mense in stedelike gebiede by tot
stedelike uitbreiding binne-in die landelik-stedelike oorgangsone?
(1 x 2) (2)
1.4.4 Gee TWEE sosiale redes vir hoë-inkomste residensiële ontwikkelings
in die landelike-stedelike oorgangsone. (2 x 2) (4)
1.4.5 Stel DRIE negatiewe ekonomiese gevolge voor wat ontwikkeling in die
landelik-stedelike oorgangsone op die landelike gemeenskap sal hê.
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.5 Verwys na die uittreksel hieronder oor informele nedersettings.
DIE STAD SE ‘PROBLEEMGEBOUE’
ʼn Staptog deur drie aangrensende (langs mekaar) huise in Wrightstraat in
Woodstock (Kaapstad) gee ʼn duidelike aanduiding waarom stadsamptenare
besig is om sogenaamde probleemgeboue vas te trek.
Toe die stad se probleem bou-eenheid by die polisie aangesluit het in ʼn klopjag
in Wrightstraat in Woodstock, was daar 110 volwassenes en 28 kinders onder
die ouderdom van 16 op die perseel by Wrightstraat 10. Terwyl hierdie huise
werklose en arm gesinne huisves, val hulle van hul plafonne af tot op die vloere
ineen. Daar is gevaarlike onwettige elektrisiteitsverbindings, onvoldoende
sanitasie en waterinfrastruktuur wat gesondheids- en veiligheidsrisiko’s vir die
inwoners inhou.
ʼn Amptenaar verduidelik dat dié woonadres op die lys van probleemgeboue is
waarmee die stad te doen het. Die eienaars het ʼn paar jaar gelede verdwyn en
sedertdien is die eiendomme binnegedring deur onwettige besetters wat die
huise oorgeneem het en ook talle agterplaashutte opgerig het.
ʼn Aansoek om ʼn slopingsbevel is tans aan die gang. Daarbenewens is die
stadsowerhede hoopvol dat vernuwingstrategieë in die middestad lewensvatbare
oplossings vir stedelike uitdagings soos die huise in Wrightstraat sal wees.
[Aangepas uit www.news24.com/news24/110-found-living-at-problem-building]
1.5.1 Volgens die uittreksel, waarom woon baie mense in ‘probleemgeboue’?
(1 x 1) (1)
1.5.2 Haal bewyse van stedelike roes (stedelike verval) uit die uittreksel aan.
(2 x 1) (2)
1.5.3 Verduidelik TWEE moontlike oorsake van stedelike roes (stedelike
verval) in Wrightstraat. (2 x 2) (4)
1.5.4 Beskryf TWEE moontlike negatiewe sosiale impakte wat verband hou
met stedelike roes (stedelike verval). (2 x 2) (4)
1.5.5 Waarom sal ‘vernuwingstrategieë in die middestad’ wat in die uittreksel
genoem word, waarskynlik nie die huidige inwoners van Wrightstraat
bevoordeel nie? (2 x 2) (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 9
VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 D.
2.1.1 ʼn Fisiese faktor wat nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika belemmer,
is ...
A arbeidsonrus.
B onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening.
C tekort aan geskoolde arbeid.
D wisselvallige reënval.
2.1.2 Konstruksie en vervaardiging vorm deel van die ekonomie se ... sektor.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwaternêre
2.1.3 Die ... van ʼn land verwys na die totale waarde van goedere en dienste
wat deur die permanente inwoners van die land geproduseer word.
A bruto binnelandse produk
B bruto geografiese produk
C bruto nasionale produk
D bruto waardetoegevoegde produk
2.1.4 ... nywerhede is diensgeoriënteerd en nie gekoppel aan enige spesifieke
plek nie.
A Grondstof-georiënteerde
B Vragverbrekings
C Markgeoriënteerde
D Ongebonde
2.1.5 Swaar nywerhede word deur ... gekenmerk.
(i) nabyheid aan grootmaatvervoerfasiliteite
(ii) alomteenwoordig te wees
(iii) hoë vlakke van geraas en lugbesoedeling
(iv) markgeoriënteerd te wees
A (i) en (ii)
B (i) en (iii)
C (ii) en (iii)
D (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.1.6 ʼn Sosiale faktor wat die ligging van die Gautengse (PWV) kern
industriële gebied bevoordeel.
A Gelyke grond
B Oorvloedige water
C Digte bevolking
D Goedkoop krag
2.1.7 ʼn ... is wanneer die waarde van uitvoere groter is as die waarde van
invoere.
A Handelsbalans
B Negatiewe handelsbalans
C Gunstige handelsbalans
D Handelstekort (7 x 1) (7)
2.2 Verwys na foto’s A en B hieronder wat kleinskaal en grootskaal mielieboerdery
uitbeeld. Pas die beskrywings hieronder by foto A of B. Skryf slegs die letter
(A of B) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 2.2.9 A.
A B
2.2.1 Dra aansienlik tot die land se BBP by
2.2.2 Arbeidsintensiewe mielieboerdery
2.2.3 Produseer ʼn laer opbrengs van mielies per hektaar
2.2.4 Mielieboerdery wat kapitaalintensief is
2.2.5 Boerdery wat groot stukke grond benodig
2.2.6 Word as grootskaalse boerdery beskou
2.2.7 Dra tot voedselsekerheid vir individuele huishoudings by
2.2.8 Stimuleer die sekondêre ekonomiese sektor deur nywerhede van
grondstowwe te voorsien (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 11
2.3 Verwys na die infografika oor platinummynbou in Suid-Afrika.
Platinum is een van die skaarsste
metale ter wêreld en is in groot
aanvraag vanweë sy wye
verskeidenheid gebruike.
Suid-Afrika het meer as 80% van die
wêreld se platinumreserwes met
platinum wat die primêre
inkomstedrywer vir myne in die land
is.
Die Suid-Afrikaanse platinum
mynbedryf is egter nie veilig nie en
die land se vermoë om platinum te
verskaf word deur ʼn aantal faktore
belemmer.
[Aangepas uit https://auctusmetals.com/south-african-platinum-mine-supply-in-decline]
2.3.1 Volgens die infografika, watter persentasie globale platinum word deur
Suid-Afrika verskaf? (1 x 1) (1)
2.3.2 Kwoteer uit die infografika EEN fisiese faktor wat platinummynbou in
Suid-Afrika bevorder. (1 x 1) (1)
2.3.3 Volgens die grafiek, meld die tendens in Suid-Afrika se platinumproduksie
vanaf 2006 tot 2022. (1 x 1) (1)
2.3.4 Hoe het Suid-Afrika se dominante globale posisie van platinumvoorraad
tot die land se infrastruktuurontwikkeling bygedra? (2 x 2) (4)
2.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die ekonomiese
faktore wat platinummynbou in Suid-Afrika belemmer, ʼn negatiewe
uitwerking op die land se BBP het. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.4 Verwys na die onderstaande infografika oor die Port Elizabeth-Uitenhage-kern-
nywerheidstreek en die Coega-nywerheidsontwikkelingsone (IOS).
Port-Elizabeth-Uitenhage Motorhoofstad van Suid-Afrika:
Nywerheidsgebied dra by:
2,63% tot Suid- 3,91% tot die BBP
Afrika se BBP van die Oos-Kaap
COEGA Industriële Ontwikkelingsone:
- Grootste IOS in Suider-Afrika
- Geleë in die Nelson Mandela Metropool
- Gefokus op sosiale en ekonomiese ontwikkeling
- Infrastruktuur voordele
[Bron: https://www.investmentmonitor.ai/sponsored/plug-and-play-model-in-south-african-free-
zone-helps-investors-access-opportunities/]
2.4.1 Watter persentasie het die Port Elizabeth-Uitenhage-kernnywerheids-
gebied tot Suid-Afrika se BBP bygedra? (1 x 1) (1)
2.4.2 Kwoteer bewyse uit die infografika waarom na Port Elizabeth-Uitenhage
kernnywerheidstreek as die motorhoofstad van Suid-Afrika verwys is.
(1 x 1) (1)
2.4.3 Identifiseer EEN maatskappy in die motorbedryf wat binne die Port
Elizabeth-Uitenhage-kernnywerheidstreek bedrywig is. (1 x 1) (1)
2.4.4 Hoe verhoog die motorbedryf die ontwikkeling van ander bedrywe in die
Port Elizabeth-Uitenhage-streek? (1 x 2) (2)
2.4.5 Waarom maak die streek se infrastruktuur dit ʼn aantreklike beleggings-
bestemming vir die buitelandse vervaardigingsektor? (2 x 2) (4)
2.4.6 Verduidelik hoe die Coega IOS positief tot maatskaplike en
ekonomiese ontwikkeling in die Oos-Kaap provinsie bydra. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 13
2.5 Verwys na die uittreksel wat op die informele sektor gebaseer is.
DIE BELANGRIKHEID VAN DIE SUID-AFRIKAANSE INFORMELE SEKTOR
Volgens Statistieke Suid-Afrika, is daar meer as 2 miljoen Suid-Afrikaners wat
in die informele sektor werk, wat 16,4% van Suid-Afrika se totale indiensneming
uitmaak. Hoewel data en inligting oor die informele sektor beperk is, word
beraam dat hierdie groeiende sektor ongeveer 6% tot die BBP bydra.
Suid-Afrika se informele ekonomie word gekenmerk deur handelaars soos
spaza-winkels, sypaadjie smouse en verkopers. Dit word dikwels die ‘verborge
ekonomie’ genoem. Ten spyte van die sektor se grootte en belangrikheid om
armoede te verminder deur mense toegang tot voedsel en werk te bied, bly die
krag van die informele sektor egter grootliks onderskat.
Dit is belangrik om daarop te let dat die informele sektor nie net deur die
‘desperate’ as ʼn tydelike oorlewingstrategie gebruik word totdat hulle toegang
tot die formele sektor het nie, maar in werklikheid ʼn bloeiende mark is wat ryk is
aan geleenthede.
Dit is om hierdie rede dat beleidmakers die rol van informele aktiwiteite in die
vermindering van armoede moet erken, werk moet verskaf en ekonomiese
geleenthede moet bied. Daarom moet volhoubare maatreëls ingestel word om
hierdie onderskatte sektor te versterk.
[Aangepas uit https: https://www.farmersweekly.co.za/opinion/by-invitation/how-important-is-
the-informal-sector-in-urban-food-security]
2.5.1 Watter persentasie van Suid-Afrika se indiensneming bestaan uit die
informele sektor? (1 x 1) (1)
2.5.2 Gee ʼn voorbeeld van ʼn informele aktiwiteit wat in die uittreksel genoem
word. (1 x 1) (1)
2.5.3 Identifiseer volgens die uittreksel TWEE maniere waarop die informele
ekonomie armes bystaan. (2 x 1) (2)
2.5.4 (a) Gee rekenskap waarom die informele sektor as die ‘verborge
ekonomie’ beskou word? (1 x 1) (1)
(b) Verduidelik waarom dit vir beleidmakers moeilik is om planne te
ontwerp om die informele sektor te help. (1 x 2) (2)
2.5.5 Stel volhoubare strategieë voor wat geïmplementeer kan word om die
informele sektor te versterk. (2 x 2) (4)
2.5.6 Hoe sal ʼn versterkte informele sektor die Suid-Afrikaanse ekonomie
bevoordeel? (2 x 2) (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR CERES
Koördinate: 33° 24' 2'' S; 19° 17' 42'' O
Ceres is 150 km noordoos van Kaapstad in die Wes-Kaap provinsie geleë en ervaar ʼn
tipiese Mediterreense klimaat. Ceres is vernoem na die Romeinse godin van landbou
en is geleë in ʼn vallei wat uiters vrugbaar is en ʼn belangrike produsent van Suid-Afrika
se sagtevrugte is. Daar is ʼn aantal gevestigde landbouverwerkingsbedrywe in die
omliggende gebied.
[Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/]
Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Canal Kanaal
Furrow Voor
Weir Studam
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
Verwys na die topografiese en ortofotokaarte.
3.1.1 Ceres lê in ʼn ... rigting vanaf Kaapstad.
A noord-oostelike
B suid-westelike
C noordwestelike
D suid-oostelike (1 x 1) (1)
3.1.2 Die 19 in die kaartkode vir CERES 3319 AD verteenwoordig …
A 19° suid van die ewenaar.
B 19' suid van die ewenaar.
C 19° oos van die Greenwich-meridiaan.
D 19' oos van die Greenwich-meridiaan. (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 15
3.1.3 Die verskynsel wat by 33° 21’ 21” S; 19° 17’ 9” O geleë is, is ʼn …
A staproete.
B punthoogte.
C watertoring.
D trigonometriese stasie. (1 x 1) (1)
3.1.4 Noem die hoofverkeerpad wat deur die dorp van Ceres loop. (1 x 1) (1)
3.1.5 Verwys na F en G op die topografiese kaart.
(a) Die afstand langs die pad van F na G is 1,15 km.
Skakel hierdie afstand om na meter (m). (1 x 1) (1)
(b) Gebruik die antwoord by VRAAG 3.1.5(a) en bereken die
gemiddelde gradiënt tussen F en G op die topografiese kaart.
Vertikale interval (VI)
Formule: Gemiddelde gradiënt =
Horisontale ekwivalent (HE)
(3 x 1) (3)
(c) Gebruik die antwoord uit VRAAG 3.1.5 (b) om die vertikale hoogte
en die horisontale afstand op die skets hieronder aan te dui.
(2 x 1) (2)
3.2 KAART-INTERPRETASIE
3.2.1 Ceres het ʼn Mediterreense klimaat as gevolg van sy …
A lae somerreënval.
B hoë somerreënval.
C lae winterreënval.
D hoë winterreënval. (1 x 1) (1)
3.2.2 Die belangrikste landbouproduk wat met Ceres geassosieer word, is ...
A vee.
B vrugte.
C mielies.
D pluimvee. (1 x 1) (1)
3.2.3 Noem TWEE fisiese faktore wat die landbou in die Ceres-omgewing
positief beïnvloed. (2 x 1) (2)
3.2.4 Hoe het die landbousektor nywerheidsontwikkeling in Ceres
bevoordeel? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
Verwys na die industriële gebied gemerk 1 in blokke B5 en C5 op die
ortofotokaart en die foto van dieselfde gebied hieronder om VRAE 3.2.5 tot
3.2.8 te beantwoord.
[Bron: https://ceresfruitjuice.com/za/environment/ceres-fruit-juices]
3.2.5 Die industriële gebied wat op 1 op die ortofotokaart geleë is, is
(markgeoriënteerd / grondstofgeoriënteerd). (1 x 1) (1)
3.2.6 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.5. (1 x 2) (2)
3.2.7 Identifiseer EEN tipe vervoerinfrastruktuur wat naby die
nywerheidsgebied 1 geleë is. (1 x 1) (1)
3.2.8 Verduidelik waarom die ligging nodig was om hierdie bedrywe naby
die tipe vervoerinfrastruktuur wat in VRAAG 3.2.7 geïdentifiseer is, op
te rig. (1 x 2) (2)
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
Verwys na die topografiese kaart.
3.3.1 Is die topografiese kaart 'n voorbeeld van raster- of vektordata?
(1 x 1) (1)
3.3.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GEOGRAFIE V2 17
Verwys na satellietbeelde A en B van die Ceres-vallei.
BEELD A BEELD B
[Bron: https://omdena.com/blog/super-resolution/]
3.3.3 Definieer die term resolusie. (1 x 2) (2)
3.3.4 Waarom het beeld B ʼn hoër resolusie as beeld A? (1 x 1) (1)
3.3.5 Noem EEN faktor wat die resolusie van ʼn beeld kan beïnvloed. (1 x 1) (1)
3.3.6 Gee EEN voordeel om ʼn hoër resolusie satellietbeeld te gebruik.
(1 x 1) (1)
[30]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum