Skip to content

Economics Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202414 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VE- VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2024 10731 EKONOMIE (VRAESTEL 1) TYD: 2 uur PUNTE: 150 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (VRAESTEL 1) 10731/24 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde meer as die vereiste hoeveelheid sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (VRAESTEL 1) 10731/24 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Wat is die funksie van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs in die kapitaalmark? A Dit stel aandeelhouers in staat om hul aandele te verkoop. B Dit bepaal onbillike pryse vir aandele. C Dit beloof om onverkoopte aandele te koop. D Dit stoor geld. 1.1.2 Die ure gewerk in konstruksie is ʼn voorbeeld van ʼn ... aanwyser. A leidende B saamgestelde C samevallende D sloerende 1.1.3 Volgens internasionale maatstawwe is die skuldverhoudingsreël ... persent van die nominale BBP. A 3 B 20 C 60 D 100 1.1.4 ʼn Bedrag wat verantwoordelik is vir statistiese foute en verseker dat die lopende en kapitaalrekeninge tot nul beloop, staan bekend as die ... A uitvoerbalans. B handelsbalans. C balanserende item. D handelsvoorwaardes/ruilvoet. 1.1.5 ʼn Regeringsvereiste wat die handel en kommersiële aktiwiteite met ʼn spesifieke land of die verhandeling van goedere beperk, staan bekend as … A ʼn subsidie. B ʼn embargo. C vrye handel. D ʼn tarief. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (VRAESTEL 1) 10731/24 1.1.6 Die uitgebreide programme vir openbare werke is meestal ... intensief. A arbeids- B kapitaal- C grond- D entrepreneurskap- 1.1.7 Die behoefte aan ingryping op grondvlak om effektiewe lewensbestaansverbetering in gemeenskappe te verseker, behoort ʼn ... benadering te wees. A bo-na-onder B honger C hongersnood D ontwikkeling-van-onder 1.1.8 Watter komponente, benewens die bruto binnelandse produk (BBP) per kop, is ingesluit in die Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI/HDI)? A Gemiddelde verdienste en ongelykhede van inkomste B Lewensverwagting by geboorte en verwagte jare van skoolopleiding C Grootte van bevolking en ouderdomstruktuur van die bevolking D Handelsbalans en betalingsbalans (8 x 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (VRAESTEL 1) 10731/24 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Marginale geneigdheid A die huidige persentasie wat op goedere om te verbruik en dienste gehef word, is 15% per gekoopte item 1.2.2 Kuznets siklusse B pryse van ingevoerde goedere word 1.2.3 Belasting op eksplisiet getoon toegevoegde waarde C vereis beskerming en ondersteuning om 1.2.4 Vergelykende voordeel mededingend in die mark te word 1.2.5 Jong nywerhede D deur die regering op die been gebring om ekonomiese groei en nywerhede in 1.2.6 Morele oorreding Suid-Afrika te bevorder 1.2.7 Nywerheidsontwikkelings- E dit word uitgebeeld in die Lorenz- korporasie kromme en toon die verdeling van inkomste 1.2.8 Gini-koëffisiënt F namate besteebare inkomste toeneem, neem persoonlike verbruikersbesteding toe G veroorsaak deur veranderinge in die bou- en konstruksiebedryf H SARB konsulteer met banke om op ʼn verantwoordelike wyse op grond van ekonomiese toestande op te tree I die vermoë van ʼn land om goedere doeltreffender as ʼn ander land te produseer (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (VRAESTEL 1) 10731/24 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 ʼn Aanvanklike verandering in besteding lei tot ʼn meer beduidende en breër impak op die algehele ekonomie 1.3.2 Die proses om ekonomiese data te ontleed en voorspellings te maak oor die tendense van ekonomiese skommelinge 1.3.3 Stakings, onluste en dade van massa-ongehoorsaamheid in die samelewing 1.3.4 ʼn Protokol om vrye handel tussen Argentinië, Brasilië, Paraguay en Uruguay te bevorder 1.3.5 Die toename in die kapasiteit van die land om goedere en dienste te produseer 1.3.6 ʼn Maatstaf van maandelikse veranderinge in prys vir ʼn reeks verbruikersprodukte (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (VRAESTEL 1) 10731/24 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE voorbeelde van kapitaalgoedere wat in die produkmark verkoop word. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom veroorsaak die probleem van die vryryer dat die regering openbare goedere en dienste lewer? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Ekonomie [Bron: timesexaminer.com] 2.2.1 Identifiseer die fase in die sakesiklus wat in die tekenprent hierbo uitgebeeld word. (1) 2.2.2 Noem die fiskale beleidsinstrument uit die inligting wat in die tekenprent verskaf word. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term regeringsbeleid. (2) 2.2.4 Wat is die verband tussen werkloosheid en sloerende aanwysers? (2) 2.2.5 Hoe kan die SARB die Phillips-kurwe gebruik om inflasie te voorspel? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (VRAESTEL 1) 10731/24 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NA DIE KLOK: SUID-AFRIKAANSE ONDERNEMINGS IN STAATSBESIT (SOE's) – EEN KORPORATIEWE KRING OM HULLE ALMAL TE REGEER Die regering oorweeg dit om sy portefeulje van staatsbeheerde ondernemings (SOE's) te herstruktureer en die groot korporasies in ʼn enkele voertuig te plaas. Die noodsaaklike denke hieragter is om die massiewe uittog van vaardighede en menslike kapitaal wat ʼn hele reeks eens trotse entiteite tot disfunksionele, onmededingende en gedegradeerde organisasies verminder het, te probeer omkeer. [Bron: https://www.dailymaverick.co.za/article/2023-06-11-after-the-bell-south-african - soes-one-corporate-ring-to-rule-them-all/] 2.3.1 Gee EEN rede vir die mislukking in die openbare sektor wat met werkers verband hou. (1) 2.3.2 Noem EEN staatsbeheerde onderneming (SOE) in Suid-Afrika. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term staatsdiensvoorsiening. (2) 2.3.4 Wat is die voordele daarvan dat SOE's in ʼn enkele eenheid opgeneem word? (2) 2.3.5 Hoe beïnvloed die gebrek aan fondse in die private sektor die voorsiening van infrastruktuur in Suid-Afrika? (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek kortliks basiese pryse deur gebruik te maak van die produksiemetode. (4 x 2) (8) 2.5 Evalueer die rol van die openbare sektor in die ekonomie met spesiale verwysing na die ekonomiese verantwoordelikheid in die Suid-Afrikaanse konteks. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (VRAESTEL 1) 10731/24 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE maatstawwe van sosiale aanwysers wat verband hou met verstedeliking. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed ʼn toename in die rentekoers op bankdeposito's spaargeld? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. JAPAN-SUID-AFRIKA BESIGHEIDSFORUM GELOODS Die Japan-Suid-Afrika Besigheidsforum het ʼn sterk handelsurplus vir Suid-Afrika van stapel gestuur, "Dit kan die ekonomiese verhouding versterk en aan groen nywerhede ʼn hupstoot gee." Japan is tans Suid-Afrika se vierde grootste mark vir uitvoere, ná China, die VSA en Duitsland. [Bron: http://www.thedtic.gov.za/japan-south-africa-business-forum-launched/] 3.2.1 Noem die handelsprotokol waarvan Suid-Afrika en China lede is. (1) 3.2.2 Gee enige EEN argument ten gunste van vrye handel. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term bilaterale handel. (2) 3.2.4 Waarna verwys ʼn “sterk handelsurplus” vir Suid-Afrika, in die Japan- Suid-Afrikaanse Besigheisforum? (2) 3.2.5 Hoe dra groen nywerhede by tot uitvoerbevordering? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (VRAESTEL 1) 10731/24 3.3 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. UITDAGINGS WAT DIE ONTWIKKELING VAN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED Korrupsie Hoë siektelas [Bron: https://nationalplanningcommission.wordpress.com/the-work-of- the-commission-2/] 3.3.1 Noem EEN voorbeeld van verbrokkelende infrastruktuur in Suid-Afrika wat ontwikkeling in die land beïnvloed. (1) 3.3.2 Verskaf EEN voordeel in natura wat deur die sentrale regering verskaf word. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling. (2) 3.3.4 Waarom is ʼn ongelyke staatsdiens ʼn uitdaging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie? (2) 3.3.5 Hoe beïnvloed korrupsie armoede en ongelykheid? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die belangrikheid daarvan om die prestasie van die ekonomie te meet. (4 x 2) (8) 3.5 Waarom word ad valorem-tariewe gebruik as ʼn beskermingsmaatreël? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (VRAESTEL 1) 10731/24 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem die TWEE draaipunte in die sakesiklus. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom is handelsversperrings noodsaaklik vir die beskerming van natuurlike hulpbronne? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Betalings vir produksiefaktore Produksiefaktore Huishouding Firma's Goedere en dienste Verbruiksbesteding 4.2.1 Noem die deelnemer wat inkomste verdien deur persoonlike inkomstebelasting. (1) 4.2.2 Identifiseer EEN monetêre vloei wat deur die faktormark beweeg. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term produksiefaktore. (2) 4.2.4 Watter effek het lae besteding in die goederemark? (2) 4.2.5 Hoe beïnvloed ʼn negatiewe vermenigvuldiger inkomste in die kringloopmodel? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (VRAESTEL 1) 10731/24 4.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg SUID-AFRIKAANSE ARBEIDSPRODUKTIWITEIT GROEI [Bron: https://www.ceicdata.com/en/indicator/south-africa/labour-productivity-growth] 4.3.1 Identifiseer die tydperk met die laagste arbeidsproduktiwiteit in die grafiek hierbo. (1) 4.3.2 Noem EEN aanwyser wat gebruik word om indiensneming te meet. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term produktiwiteit. (2) 4.3.4 Verduidelik die redes vir die afname in arbeidsproduktiwiteit tussen Julie 2021 en Januarie 2023. (2) 4.3.5 Waarom moet ʼn land die effektiwiteit en doeltreffendheid van sy arbeidsmag evalueer? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks die verbetering van die doeltreffendheid van insette en die verbetering van die doeltreffendheid van markte as aanbodkantbeleid om sakesiklusse te verbeter. (2 x 4) (8) 4.5 Evalueer die impak van globalisering op internasionale handel. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (VRAESTEL 1) 10731/24 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.  ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer. Maks. 2  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.  Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/ Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Differensieer/Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik Maks. 26 die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/ Assesseer/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/ voorbeelde. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor Maks. 10 ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Gevolgtrekking Enige hoër-orde gevolgtrekking behoort die volgende in te sluit:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is. Maks. 2  Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ analise versterk  ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 14 (VRAESTEL 1) 10731/24 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek volledig die vraagredes vir internasionale handel. (26 punte)  Hoe beïnvloed die manipulasie van die rand die valutamark? (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek volledig Suid-Afrika se inisiatiewe (pogings) in streeksontwikkeling. (26 punte)  Hoe gebruik munisipaliteite goeie bestuur om nywerheidsontwikkeling in hul gemeenskappe te bevorder? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all