Downloaded from hlayiso.com
-
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2024
10732
EKONOMIE
(VRAESTEL 2)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
14 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2024 papers 
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)




View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



Economics Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng Prelim Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Gauteng Prelim Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(VRAESTEL 2) 10732/24
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde meer as die vereiste
hoeveelheid sal NIE nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(VRAESTEL 2) 10732/24
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Wanneer een oligopolie reageer op prysverlagings van ander
oligopolieë, staan dit bekend as ...
A volmaakte mededinging.
B ʼn winsopslag.
C ʼn prysoorlog.
D ʼn prysuitdaging.
1.1.2 Die koste wat besighede aangaan wanneer daar geen produksie
plaasvind nie, word ... -koste genoem.
A vaste
B veranderlike
C eenheids
D marginale
1.1.3 Voorstelle oor strawwe teen besighede wat hulle aan beperkende
sakepraktyke skuldig maak, word aan die Mededingings- ... gemaak.
A appèlhof
B kommissie
C raad
D tribunaal
1.1.4 ʼn Markinmenging wat die produksiekoste vir die produsente verlaag,
staan bekend as ʼn …
A subsidie.
B beskerming.
C belasting.
D borg.
1.1.5 Die VPIX-indeks is die inflasiekoers wat rentekoerse op ... uitsluit.
A tesourie-effekte
B verbandlenings
C staatseffekte
D munisipaliteitseffekte
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(VRAESTEL 2) 10732/24
1.1.6 ʼn Suid-Afrikaner wat na Frankryk reis om na die Rugbywêreldbeker te
kyk, is ʼn voorbeeld van ʼn ... toeris.
A besigheids-
B mediese
C uitgaande
D inkomende
1.1.7 Die konstante afname in die algemene prysvlak word ... genoem.
A hiperinflasie
B rentekoerse
C disinflasie
D deflasie
1.1.8 Die vrystelling van afvalmateriaal in die omgewing staan bekend as …
A agteruitgang.
B besoedeling.
C bewaring.
D volhoubaarheid. (8 x 2) (16)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(VRAESTEL 2) 10732/24
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Verlies minimalisering A gemiddelde koste (GK) is groter as die
markprys
1.2.2 Ekonomiese verlies
B reisigers wat wil leer oor terreine van groot
1.2.3 Produk differensiasie argeologiese belang
1.2.4 Indeksering C koste vasgestel of beheer deur die
regering
1.2.5 Prysplafon
D aanpassing vir die uitwerking van inflasie,
1.2.6 Stagflasie lewenskoste of insetpryse oor tyd
1.2.7 Paleo-toerisme E verskille kan denkbeeldig wees, net die
handelsname verskil
1.2.8 Geadministreerde
pryse F wanneer GI tussen die afsnypunt en
gelykbreekpunt is
G inflasie word veroorsaak deur ʼn toename in
geldvoorraad wat ʼn toename in totale
aanbod veroorsaak
H die hoogste bedrag waarteen goedere en
dienste verkoop kan word
I die kombinasie van hoë verbruikersprys-
stygings en lae ekonomiese groei
(8 x 1) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(VRAESTEL 2) 10732/24
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 ʼn Kromme met ʼn boonste elastiese gedeelte en ʼn onderste onelastiese
gedeelte
1.3.2 Die markprys waarteen die hoeveelheid goedere aangebied gelyk is
aan die hoeveelheid goedere gevra
1.3.3 Die laagste bedrag van die vergoeding wat van ʼn werkgewer vereis
word om werkers te betaal vir die werk wat gedurende ʼn gegewe
tydperk verrig is
1.3.4 Toerisme-aktiwiteite wat saam deur die regering en die privaatsektor
befonds en bedryf word
1.3.5 ʼn Maatstaf wat die koers van verandering in die verkoopprys van
produkte wanneer dit die fabriek verlaat
1.3.6 Betaling gemaak deur die regering aan besighede om aktiwiteite wat
negatiewe eksternaliteite op die omgewing veroorsaak te verminder
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(VRAESTEL 2) 10732/24
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE kenmerke van die vraagkurwes van ’n volmaakte mark. (2)
2.1.2 Waarom verkies produsente/besighede ander markstrukture bo
volmaakte mededinging? (2)
2.2 Bestudeer die volgende teks en beantwoord die vrae wat volg.
SIBANYE SE HUB WAARSKU TEEN PLATINUMMYN-WERKSVERLIESE
NAMATE PRYS DAAL
Volgens Sibanye se HUB Neal Froneman,
“kan die sluiting van sommige van die
mynbedrywighede wat tot verliese kan lei,
nodig wees om winsgewend te bly en die
meerderheid van die mynposte te behou”.
Sibanye het platinummyne in Suid-Afrika
en het sowat 85 000 werkers in diens.
Alhoewel pryse vir platinummetale kan
herstel, is dit onwaarskynlik dat dit die
myne sal red wat slegs winsgewend was
tydens rekordhoë pryse.
[Aangepas uit www.engineeringnews.co.za]
2.2.1 Identifiseer die oorsaak van werksverliese by platinummyne, volgens die
artikel. (1)
2.2.2 Noem die tipe koste wat gebruik word om die sluitingspunt van ʼn
onderneming onder volmaakte mededinging te bepaal. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term korttermyn aanbodkurwe. (2)
2.2.4 Hoe beïnvloed die platinumprys die afsluitingspunt besluit van
platinummyne? (2)
2.2.5 Hoe kan die Sibanye-myne verseker dat hul bedrywighede voortgaan
tydens ʼn platinumprysineenstorting? (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(VRAESTEL 2) 10732/24
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PRODUKSIE MOONTLIKHEIDSKURWE
GRENS EN ONVERSKILLIGHEID
Kaasburgers
D
B
A
C
Mobiele Data
2.3.1 Identifiseer die produksie ondoeltreffende punt op die grafiek hierbo. (1)
2.3.2 Noem EEN oorsaak van produksie ondoeltreffendheid. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term pareto doeltreffendheid. (2)
2.3.4 Verduidelik waarom allokasie ondoeltreffendheid tot die vermindering
in die welsyn van verbruikers lei. (2)
2.3.5 Wat is die impak van produksie ondoeltreffendheid op die koste en
mededingendheid van ʼn besigheid? (4)
2.4 Verduidelik, met behulp van ʼn grafiek, die afleiding van die vraagkurwe vir ʼn
individuele onderneming in die volmaakte mark. (8)
2.5 Hoe kan nie-markkoste, soos omgewingskoste of sosiale impak, ingesluit word
wanneer ʼn KVA uitgevoer word? (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(VRAESTEL 2) 10732/24
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE internasionale protokolle, oor die omgewing,
tussen 1990 en 2016. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe dra toerisme by tot klimaatsverandering? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
TOERISMEPROGRAMME
Ons regering weet dat plaaslike en internasionale toeriste wat Suid-Afrika
besoek bydra tot werkskepping. Vir elke 8 toeriste wat die land besoek,
word een werksgeleentheid geskep.
Daar is programme wat mense oplei in die vaardighede wat verband hou
met toerisme, soos toergidse, wildbewaarders en natuurbewaarders. Daar
is ook toerismeprogramme wat klein besighede help om te ontwikkel en te
verbeter.
Toerisme bied geleenthede vir baie van ons om so ons lewens te
verbeter. Sommige mense is opgelei as plaaslike toergidse en
sommige het bed-en-ontbyt gastehuise of restaurante begin.
Ander verkoop kuns en handewerk aan toeriste.
[Aangepas uit vukuzenzele.gov.za]
3.2.1 Identifiseer EEN geleentheid wat toerisme geskep het om
entrepreneurskap in Suid-Afrika te ontwikkel. (1)
3.2.2 Noem EEN loopbaan wat verband hou met toerisme. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term transito-toeris. (2)
3.2.4 Hoe word toerisme internasionaal deur Suid-Afrika bemark? (2)
3.2.5 Hoe kan toerisme geslagsongelykheid in Suid-Afrika verminder?
(2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 10
(VRAESTEL 2) 10732/24
3.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Prys-
vlak TA2
TA1
P2
P1
TV
Y2 Y1 Reële uitset
[Bron: Forbesindia.com]
3.3.1 Identifiseer die oorsaak van inflasie in die grafiek hierbo. (1)
3.3.2 Noem die tipe inflasie wat hoogs wisselvallige pryse uitsluit. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term allesomvattende inflasie. (2)
3.3.4 Beskryf die effek van inflasie op arbeidsonrus. (2)
3.3.5 Verduidelik die effek van inflasionêre verwagtinge op produsente.
(2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen fiskale maatreëls en monetêre maatreëls om inflasie te
bekamp. (4 x 2) (8)
3.5 Wat is die impak van wisselkoerse op toerisme? (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 11
(VRAESTEL 2) 10732/24
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE wêrelderfenisgebiede. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe dra die onvolmaakte verdeling van inkomste en welvaart by tot
markmislukkings? (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande tekenprent en beantwoord die vrae wat volg.
DIE ANDER GROEN FINANSIES
HOË
FINANSIES!
Labat Africa het goedkeuring ontvang om die implementering van verskeie
daggaverwante produkte te bespoedig.
[Aangepas uit https://cisp.cachefly.ne]
4.2.1 Identifiseer die instelling in die tekenprent wat met ʼn volmaakte mark
ooreenstem. (1)
4.2.2 Noem EEN tipe belasting wat op daggaverwante produkte gehef kan
word. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term markregulasies. (2)
4.2.4 Verduidelik waarom ʼn belasting op dagga kan help om oorverbruik/
misbruik te voorkom sonder enige wettige beperkings. (2)
4.2.5 Evalueer die eksternaliteite van die wettiging van dagga op die Suid-
Afrikaanse ekonomie. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 12
(VRAESTEL 2) 10732/24
4.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
INFLASIEDILEMMA OOR REIS EN TOERISME
Nadat hulle tydens die koronavirus (COVID-19) pandemie deur inperkings getref
is, word die bedrywe wat algemeen met die reis- en toerismesektor geassosieer
word, deur wêreldwye inflasie geraak. Die ekonomiese impak van die Rusland-
Oekraïne-oorlog en onderbrekings in die aanbod/voorsieningsketting het bygedra
tot die stygende prys van wêreldwye maandelikse ru-olie en die styging in energie-
en voedselkoste. Oor die algemeen, veroorsaak hierdie omstandighede ʼn
toename in reisverwante koste en verminder die koopkrag van toeriste.
[Aangepas uit Statista Research Department, Okt 20, 2023]
4.3.1 Identifiseer EEN negatiewe impak van inflasie op toerisme uit die
uittreksel hierbo. (1)
4.3.2 Noem EEN ander oorsaak vir die afname in toerisme behalwe inflasie. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term kulturele diversiteit. (2)
4.3.4 Beskryf die effek van toerisme op infrastruktuurontwikkeling. (2)
4.3.5 Hoe kan inheemse kennisstelsels bydra tot die bevordering van
toerisme? (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik hoe prys en uitset onder monopolistiese mededinging bepaal word. (8)
4.5 Hoe word plaaslike mense in gewilde toeristegebiede gemarginaliseer? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 13
(VRAESTEL 2) 10732/24
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.
ʼn Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat met die
vraagonderwerp verband hou te definieer.
Maks. 2
MOENIE enige deel van die vraag in die inleiding insluit NIE.
MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal
NIE.
Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
Krities bespreek/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik Maks. 26
die grafiek wat gegee is en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
Assesseer/Debateer
ʼn Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/ voorbeelde
toegeken word.
Bykomende deel: Krities bespreek/Evalueer/Krities evalueer/
Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
Maks. 10
ʼn Maksimum van 2 punte mag vir die blote lys van feite
toegeken word.
Gevolgtrekking
Enige gevolgtrekking van hoër orde moet insluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
reeds genoem is, te herhaal
Maks. 2
Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/
analise te versterk
ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
Aanbevelings
TOTAAL 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 14
(VRAESTEL 2) 10732/24
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek volledig die verskillende kort-termyn wins- en verliesmoontlikhede van
die monopolie met behulp van grafieke. Verduidelik kortliks die langtermyn-
ewewig sonder die gebruik van grafieke. (26)
Waarom lei die monopolie markstruktuur dikwels tot ondoeltreffende markte? (10) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek volledig die volgende probleme en die internasionale maatreëls wat
getref is om volhoubare ontwikkeling te verseker:
Biodiversiteit (8 punte)
Chemiese afval (6 punte)
Klimaatsverandering (6 punte)
Inheemse kennis (6 punte) (26)
Bespreek krities waarom die mark nie daarin slaag om omgewingsvolhoubaarheid
te verseker nie. (10) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)

Question paper