Skip to content

Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202120 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10781 GEOGRAFIE VRAESTEL 1 TYD: 3 uur PUNTE: 150 12 bladsye + 'n bylaag van 7 bladsye Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n bylaag van 7 bladsye is binne die vraestel ingesluit. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 2 (Vraestel 1) 10781/21 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae. • VRAAG 1: Klimaat en weer (60) • VRAAG 2: Geomorfologie (60) • VRAAG 3: Kaartwerk (30) 2. Beantwoord AL DRIE vrae. 3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit. 4. Illustreer u antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik. 5. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van beantwoorde vrae. 6. Begin ELKE vraag bo-aan 'n NUWE bladsy. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. Nommer die antwoorde in die MIDDEL van die reël. 8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf nie. 9. Skryf netjies en leesbaar. 10. Jy mag van ’n nieprogrameerbare sakrekenaar en ’n vergrootglas gebruik maak. 11. Die meeteenheid moet in die finale antwoord gegee word, waar van toepassing, bv. 10 km, 4°C, oos. AFDELING B: KAARTWERK EN TOEPASSING HULPBRONMATERIAAL 1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 2931AB TUGELA 2. Ortofotokaart 2931AB 19 TUGELA 3. OPMERKING: Die hulpbronmateriaal moet deur skole versamel word vir eie gebruik. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 3 (Vraestel 1) 10781/21 INSTRUKSIES, INLIGTING EN HULPBRON MATERIAAL 1. Jy word van ’n 1 : 50 000 topografiese kaart 2931AB TUGELA en ’n ortofoto kaart 2931 AB 19 TUGELA van ’n gedeelte van die gekarteerde area voorsien. 2. Jy moet die topografiese kaart en ortofotokaart by die toesighouer aan die einde van die sessie inhandig. 3. Toon ALLE bewerkings en gebruik gegewe formules, waar toepaslik. Punte sal hiervoor gegee word. 4. GEEN punte sal toegeken word by antwoorde met verkeerde eenhede nie. 5. Die area wat met ROOI op die topografiese kaart afgemerk is, verteenwoordig die area wat die ortofotokaart beslaan. 6. Jy mag ’n vergrootglas gebruik. 7. Die volgende Afrikaanse terme en hul Engelse vertalings word op die topografiese kaart getoon: AFRIKAANS ENGLISH Voor Furrow Gholfbaan Golf course Rivier River Rioolwerke Sewage works Stuwal Weir b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 4 (Vraestel 1) 10781/21 AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER 1.1 Lees die volgende stellings en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies om die sin WAAR te maak. Skryf slegs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.7) en die korrekte antwoord in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 konveksie. 1.1.1 Die klimaat van 'n klein gebied, soos vallei-klimaat, word na verwys as (mikroklimaat/makroklimaat). 1.1.2 (Afwaartse/Opwaartse) hellingwinde staan ook bekend as katabatiese winde. 1.1.3 Gedurende die (dag/nag) vind verhitting plaas en warm lug styg vanaf die vallei vloer na die kruin en veroorsaak anabatiese winde. 1.1.4 Die gordel waar die warm lug halfpad in die vallei versamel, word die (stralingsgordel/termiese gordel) genoem. 1.1.5 ’n (Rypholte/Mis laag) vorm op die vallei vloer wanneer die temperatuur onder vriespunt daal. 1.1.6 Stralingsmis in die vallei word verbind met (kalm toestande/vinnige winde). 1.1.7 Eiendomswaardes is gewoonlik (hoër/laer) op die warmer middelhelling as op die vallei vloer. (7 x 1) (7) 1.2 Verwys na FIGUUR 1.2, die Tropiese Sikloon, Edouard. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld, 1.2.9 A. 1.2.1 Tropiese Sikloon Edouard was die ... sikloon van die seisoen. A 2de B 5de C 6de D 9de b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 5 (Vraestel 1) 10781/21 1.2.2 Die beweging van die lug om die laagdruk in die middel van die weerstelsel is ’n bewys dat hierdie tropiese sikloon in die ... halfrond plaasgevind het. A suidelike B noordelike C westlike D oostelike 1.2.3 Die middelpunt van die weerstelsel staan bekend as die ... van die tropiese sikloon. A korteks B orkaan C oog D vogfront 1.2.4 Die rede vir die rustige weer in die middel van die tropiese sikloon is ... A dalende lug wat adiabaties verwarm. B dalende lug wat adiabaties afkoel. C stygende lug wat adiabaties verwarm. D stygende lug wat adiabaties afkoel. 1.2.5 Die pad wat ’n tropiese sikloon volg is van ... A wes na oos. B oos na wes. C noord na suid. D suid na wes. 1.2.6 Die moontlike windsterkte by ongeveer 24 uur is … km/h. A 10 B 50 C 100 D 130 1.2.7 Dit het ongeveer ... uur geneem voordat die tropiese sikloon die volwasse stadium bereik het. A 0 B 2 C 8 D 24 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 6 (Vraestel 1) 10781/21 1.2.8 Die volwasse stadium word bereik wanneer ... A druk begin toeneem tot bo 998 hPa. B druk begin toeneem tot bo 1 000 hPa. C druk daal tot vȇr onder 1 000 hPa. D druk begin afneem tot onder 1 014 hPa (8 x 1) (8) 1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat middelbreedtesiklone op ’n sinoptiese weerkaart aantoon. 1.3.1 Watter seisoen word op die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.3 voorgestel? (1 x 1) (1) 1.3.2 In watter stadium van ontwikkeling is middelbreedtesikloon C? (1 x 1) (1) 1.3.3 Gee bewyse vanaf die sinoptiese weerkaart om jou antwoord in VRAAG 1.3.2 te ondersteun. (1 x 2) (2) 1.3.4 a) Watter middelbreedte sikloon, A, B of C is die oudste? (1 x 1) (1) b) Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 1.3.4 a). (2 x 2) (4) 1.3.5 Verwys na die uittreksel van die weerstasie-model van Kaapstad. Verduidelik die verandering in temperatuur, windrigting en bewolktheid, soos die koue front van die middelbreedte sikloon A Kaapstad nader. (3 x 2) (6) (15) 1.4 FIGUUR 1.4 toon 'n lyndonderstorm. 1.4.1 In watter seisoen ontwikkel lyndonderstorms oor Suid-Afrika? (1 x 1) (1) 1.4.2 Beskryf die lug wat vloei vanaf die: (a) Suid-Indiese Antisikloon (1 x 2) (2) (b) Suid-Atlantiese Antisikloon (1 x 2) (2) 1.4.3 Aan watter kant van die vogfront kom lyndonderstorms voor? (1 x 1) (1) 1.4.4 Gee ’n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.4.3. (1 x 2) (2) 1.4.5 In ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls, voorspel die positiewe en negatiewe impak wat lyndonderstorms op die landbousektor in die binneland van Suid-Afrika het, (4 x 2) (8) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com MAAK ASSEBLIEF HIERDIE BYLAAG VAN 7 BLADSYE LOS. GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10781 GEOGRAFIE VRAESTEL 1 BYLAAG 7 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE BYLAAG 2 (Vraestel 1) 10781/21 AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE FIGUUR 1.2: TROPIESE SIKLOON EDOUARD [Aangepas uit https://nauticalclass.com/what-actions-vessel-should-take] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE BYLAAG 3 (Vraestel 1) 10781/21 FIGUUR 1.3: MIDDELBREEDTE SIKLONE A [Aangepas uit Oppervlakte-sinoptiese-weerkaart] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE BYLAAG 4 (Vraestel 1) 10781/21 FIGUUR 1.4: LYNDONDERSTORM [Bron: Eksaminator se eie skets] FIGUUR 1.5: HITTE-EILAND EFFEK [Aangepaste bron: https://www.google.com/search?q=hitte+eiland&safe=strict&rlz=1C1GCEU] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE BYLAAG 5 (Vraestel 1) 10781/21 FIGURE 2.3: DREINERINGSPATRONE [Bron: Aangepas uit http:www.geologyin.com/2014/03/drainage-pattern.html?m=3] FIGUUR 2.4: STROOMROOF [Bron: Eksaminator se eie skets] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE BYLAAG 6 (Vraestel 1) 10781/21 FIGUUR 2.5: GAUTENG RIVIEROPVANGSBESTUUR Gauteng is op die kontinentale skeiding geleë. Sommige riviere vloei na die Indiese Oseaan en ander na die Atlantiese Oseaan. Dit bevat die bronwater van ’n aantal belangrike rivierstelsels in ’n stedelike omgewing. Die hoë vloeisnelheid van die rivier veroorsaak erosie, veral waar plantegroei verwyder word of die oewers van riviere en strome verander word. Seisoenale oorstromings is ’n werklike gevaar in verskeie uitgebreide gebiede in Gauteng. Kanalisering van verskeie riviere in stedelike sowel as landelike gebiede het verdere negatiewe gevolge. Gesonde rivieroewers handhaaf die vorm van die rivierkanaal, bied ‘n habitat vir spesies (water en land) en filter sediment, minerale en lig. Watergehalte sluit die chemiese, fisiese en bakteriologiese eienskappe van water in, wat die geskiktheid vir gebruik bepaal. Die stedelike aard van Gauteng (veral die sentrale deel) sowel as padnetwerke regoor die provinsie seël natuurlike oppervlaktes op ’n manier wat nie die natuurlike infiltrasie van reënwater in die grond toelaat nie. Hierdie hoë afloop-scenario tydens reënvalbuie, tesame met besoedeling wat voortspruit uit die stedelike omgewing, plaas hoë druk op die rivierstelsel van Gauteng. [Bron: https://armour.org.za/wp/about-us/armour-a-voice-for-water/] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE BYLAAG 7 (Vraestel 1) 10781/21 INDEKS VAN VELLE TOPOGRAFIESE KAART ORTOFOTO KAART KONTOERINTERVAL 20 METERS KONTOERINTERVAL 5 METERS EINDE
Downloaded from hlayiso.com MAAK ASSEBLIEF HIERDIE BYLAAG LOS.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 7 (Vraestel 1) 10781/21 1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 wat metodes voorstel om die effek van ’n Stedelike Hitte-eiland te verminder. 1.5.1 Definieer die term Stedelike Hitte-Eiland. (1 x 2) (2) 1.5.2 Beskryf hoe die glasvensters in FIGUUR 1.5, toename in temperatuur in die stad sal veroorsaak. (1 x 2) (2) 1.5.3 Verduidelik TWEE moontlike negatiewe gevolge wat Stedelike Hitte-Eilande op die gesondheid van mense in die stad het. (2 x 2) (4) 1.5.4 Verduidelik hoe die DRIE strategieë (A, B en C), uitgebeeld in FIGUUR 1.5, bygedra het tot die vermindering van die Stedelike hitte-eiland effek. (3 x 2) (6) (14) [60] VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE 2.1 Lees die volgende stellings oor die kenmerke van ’n dreineringsbekken en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies wat die stelling WAAR sal maak. Skryf slegs die vraagnommer (2.1.1 tot 2.1.7) en die antwoord in die ANTWOORDBOEK neer. bv. 2.1.8 Dendrities. 2.1.1 Die punt waar die sytak by die hoofrivier aansluit, staan bekend as die (bron/samevloeiing). 2.1.2 Die totale oppervlakte wat deur die rivier en sy sytakke gedreineer word, staan bekend as die (dreineringsbekken/opvanggebied). 2.1.3 ’n (Rivierstelsel/Dreineringspatroon) is die hoofrivier met al sy sytakke. 2.1.4 Die oppervlakte wat reënval opvang, staan bekend as die (dreineringsbekken/opvanggebied) 2.1.5 Die sytak van 'n rivier is die gevolg van (oppervlakafloop/infiltrasie). 2.1.6 Die (waterskeiding/interfluviale gebied) is ’n uitloper wat twee sytakke van dieselfde rivierstelsel skei. 2.1.7 Die boonste laag van die ondergrondse versadigde rots word die (grondwater/watertafel) genoem. (7 x 1) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 8 (Vraestel 1) 10781/21 2.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat ooreenstem met die geomorfologiese beskrywing van fluviale landvorme in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, Byvoorbeeld 2.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 2.2.1 Die verdeling van ’n rivier in verskillende strome as A Revierdyk gevolg van ’n stadig bewegende rivier wat alluvium by die mond neersit B Terrasse 2.2.2 Laagliggende grond langs ’n rivier in die C Delta benedeloop 2.2.3 Hierdie fluviale landvorm vorm as gevolg van ’n D Vertakkings knakpunt E Vloedvlakte 2.2.4 Trappe aan die kante van ’n rivier terwyl dit sy eie vloedvlakte deur verjonging erodeer F Waterval 2.2.5 ’n Fluviale landvorm wat vorm as gevolg van ’n G Meander stadig bewegende rivier wat alluvium afsit voordat dit die see binnedring H Kloof 2.2.6 Die landvorm ontwikkel wanneer ’n hoefystermeer opdroog I Meander litteken 2.2.7 ’n Baie steilkantige vallei waar ’n rivier aan die onderkant vloei 2.2.8 Die kronkelpatroon van ’n rivier wat laterale erosie tot gevolg het (8 x 1) (8) 2.3 Verwys na FIGUUR. 2.3 wat verskillende soorte dreineringspatrone voorstel. 2.3.1 Identifiseer dreineringspatrone A en B. (2 x 1) (2) 2.3.2 Wat is die dominante fisiese faktor wat die ontstaan van verskillende tipes dreineringspatrone bepaal? (1 x 1) (1) 2.3.3 Gee TWEE sigbare kenmerke van dreineringspatroon A op FIGUUR 2.3. (2 x 1) (2) 2.3.4 Waarom sou boerdery meer geskik wees in ‘n gebied met dreineringspatroon A? (2 x 2) (4) 2.3.5 Verduidelik hoe fisiese faktore die effektiewe gebruik van water in dreineringspatroon B beperk. (3 x 2) (6) (15) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 9 (Vraestel 1) 10781/21 2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat stroomroof voorstel. 2.4.1 Definieer die konsep stroomroof. (1 x 2) (2) 2.4.2 Noem die belangrikste fisiese faktor (natuurlike faktor),sigbaar in FIGUUR 2.4 wat tot stroomroof gelei het. (1 x 1) (1) 2.4.3 Identifiseer stroomroof kenmerke C en D in FIGUUR 2.4. (2 x 1) (2) 2.4.4 Noem die impak wat stroomroof op die volume van die water in rivier D en F sal hê. (1 x 1) (1) 2.4.5 Bespreek hoe die proses van stroomroof tot die verjonging van rivier F gelei het. (2 x 2) (4) 2.4.6 Verduidelik die negatiewe impak wat verjonging op die ekonomiese aktiwiteit sigbaar langs rivier F op FIGUUR 2.4 sal hê. (2 x 2) (4) (14) 2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5, 'n uittreksel gebaseer op die bestuur van die Gauteng Rivieropvanggebied. 2.5.1 Definieer die konsep rivierbestuur. (1 x 2) (2) 2.5.2 Gee bewyse vanuit die uittreksel, wat die belangrikheid van opvanggebiedbestuur in Gauteng aantoon. (2 x 1) (2) 2.5.3 Identifiseer TWEE kwessies in die artikel wat ’n uitdaging bied vir effektiewe rivierbestuur. (2 x 1) (2) 2.5.4 Verduidelik waarom waterlewe meer geraak word deur swak rivierbestuur in Gauteng. (1 x 2) (2) 2.5.5 Verskaf in 'n paragraaf van ongeveer AGT reels, volhoubare strategieë wat geïmplementeer kan word om probleme wat met swak rivierbestuurstelsels verband hou, te hanteer. (4 x 2) (8) (16) [60] TOTAAL AFDELING A: 120 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 10 (Vraestel 1) 10781/21 AFDELING B: KAARTWERK EN TOEPASSING VRAAG 3 Die vrae hieronder is gebaseer op die 1: 50 000 topografiese kaart 2931AB TUGELA sowel as die 2931 AB 19 TUGELA ortofotokaart van ’n gedeelte van die gekarteerde gebied. Verwys na die algemene inligting oor Tugela op bladsy 7 en die indeks van velle op bladsy 7 in die BYLAAG. ALGEMENE INLIGTING OOR TUGELA INLIGTING: TUGELA Die uThukelarivier het sy oorsprong as ’n stroom op die 3 050 m hoë Mont-aux-Sources- plato naby die samekoms punt van die Lesotho-Vrystaat Provinsiale grense. Sy boonste loop, wat binne die Royal Natal Nasionale Park gelee is, vloei deur die Drakensbergreeks voordat dit vinnig afkom deur ’n reeks watervalle met ’n totale daling van 948 m. Die rivier sny deur die Tugela-kloof aan die voet van die platorand (ongeveer 1 500 m bo seespieël) en waar baie sytakke vinnig aansluit. Die uThukelarivier eindig sy loop van 502 km by die Indiese Oseaan, ongeveer 84 km noord van Durban. In tye van normale vloei is die riviermond amper heeltemal deur ’n sandbank verstop. Sy smal vallei en alluviale afsettings beperk besproeiing. Die klimaat in hierdie gebied is gematig en oor die algemeen warm. Die somer het baie reënval, terwyl die winters baie min ontvang. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 19,4° C in die Tugela Mouth-oord en die gemiddelde jaarlikse reënval is 679 mm. [Bron: https://www.britannica.com/place/Tugela-River] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 11 (Vraestel 1) 10781/21 VRAAG 3: TOPOGRAFIESE EN ORTOFOTO-KAARTTEGNIEKE 3.1 Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart. 3.1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommer (3.1.1) in die ANTWOORDBOEK neer. Die lengte van die spoorwegtonnel by F in blok E3 is … meter. A 0,3 m B 30 m C 300 m D 3 000 m (1 x 1) (1) 3.1.2 Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommer (3.1.2) in die ANTWOORDBOEK neer. Die kaartverwysing vir die kaart noordoos van 2931 AB is … A 2831 CC. B 2831 DC. C 2931 BA. D 2931 DC. (1 x 1) (1) 3.1.3 Gebruik die volgende formule en stappe en bereken die magnetiese peiling vanaf die hoogtemerk G in blok D5 tot trigonometriese baken 93, H in blok C4. Magnetiese peiling = magnetiese deklinasie + ware peiling (a) Verskil in jare (b) Gemiddelde jaarlikse verandering (c) Totale jaarlikse verandering (d) Magnetiese deklinasie (e) Ware peiling (f) Magnetiese peiling (7 x 1) (7) 3.1.4 Waarom is dit belangrik om die huidige magnetiese deklinasie te bereken? (1 x 1) (1) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 12 (Vraestel 1) 10781/21 3.2 TOPOGRAFIESE EN ORTOFOTO-KAART TOEPASSING Verwys na die vallei I − J op die topografiese kaart. 3.2.1 (a) Die wind wat snags in die vallei waai is ’n (Anabatiese/Katabatiese) wind. (1 x 1) (1) (b) Beskryf die beweging van die wind wat in VRAAG 3.2.1 (a) geïdentifiseer is. (1 x 2) (2) (c) Identifiseer die tipe plantegroei by K. (1 x 1) (1) (d) Verduidelik die klimatologiese faktor wat die ligging van die plantegroei tipe by K bepaal het. (1 x 2) (2) 3.2.2 Verwys na die uThukela-rivier op die ortofotokaart. (a) Identifiseer die fluviale landvorm op die ortofotokaart, wat deur die uThukela-rivier gevorm is. (1 x 1) (1) (b) Identifiseer helling 5 en gee ’n rede vir u antwoord. (1 + 1) (2) (c) (Gras/bome) word by 6 op die ortofotokaart aangetref. (1 x 1) (1) (d) Verduidelik die positiewe impak wat die plantegroei by 6 op die bewerkte land by 7 sal hê. (1 x 2) (2) (12) 3.3 GIS TOEPASSING Verwys na beide die topografiese kaart en die ortofotokaart. 3.3.1 (a) Bestaan ’n ortofotokaart uit raster- of vektor-data? (1 x 1) (1) (b) Motiveer jou antwoord in VRAAG 3.3.1 (a). (1 x 2) (2) 3.3.2 Daar is duidelike bewyse van die toepassing van buffering op beide die topografiese en ortofotokaarte. (a) Definieer die term buffering. (1 x 2) (2) (b) Gee bewyse hoe buffering in blok D3 op die topografiese kaart toegepas is. (1 x 2) (2) (c) Noem EEN datalaag wat geraadpleeg sou word tydens die toepassing van buffering in blok D3. (1 x 1) (1) (8) TOTAAL AFDELING B: 30 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all