Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2022
10792
GESKIEDENIS
VRAESTEL 2
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
9 bladsye + ʼn addendum van 14 bladsye
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
'n Addendum van 14 bladsye is binne die vraestel ingesluit.
b.o.
Skip to contentAll 2022 papers %202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)

%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)

%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 28
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 28
This exam
Gauteng Mock Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 2
(Vraestel 2) 10792/22
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Die vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, gebaseer op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk volgens die KABV-dokument.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA –
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA –
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
word om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en die ten minste
EEN moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste een uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet die kandidate hul kennis, vaardighede en
insig toepas.
7. Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf duidelik en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 3
(Vraestel 2) 10792/22
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling.
Die bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
VRAAG 1: WAT WAS DIE ROL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VAN
KERKE (SARK) EN LEIERS SOOS DESMOND TUTU IN DIE STRYD
TEEN APARTHEID IN DIE 1980's?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Definieer die konsep Driekamerparlement in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Noem TWEE kwessies, volgens die bron, wat veroorsaak het dat die kerk
sy stempel in die stryd teen apartheid afgedruk het. (2 x 1) (2)
1.1.3 Wat, volgens die bron, was die houding van die kerk tydens apartheid in
die:
(a) 1970’s? (1 x 1) (1)
(b) 1980’s? (1 x 1) (1)
1.1.4 Wat het Beyers Naudé bedoel met die stelling, “tensy nuwe faktore ʼn rol
gaan speel of onvoorsiene verwikkelinge in die nabye toekoms plaasvind,
sal ons onsself moet voorberei vir ʼn lang, uitgerekte guerrilla-stryd”? (1 x 2) (2)
1.1.5 Haal TWEE bewyse aan wat deur Desmond Tutu, genoem is, wat daarop
dui dat swart mense nie meer vreedsaam kon betoog nie. (2 x 1) (2)
1.2 Bestudeer Bron1B.
1.2.1 Lewer kommentaar oor die rede dat Desmond Tutu gesê het dat hy kon
‘verstaan hoekom swart Afrikane onder verdrukking hulle tot geweld sou
wend in die stryd om vryheid’. (1 x 2) (2)
1.2.2 Waarom, volgens die bron, is Desmond Tutu se nie-gewelddadige preke
gekritiseer? (1 x 2) (2)
1.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
Desmond Tutu die wit regering probeer dwing het om apartheid te beëindig
deur kommunikasie met die buitewêreld. (1 x 2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 4
(Vraestel 2) 10792/22
1.2.4 Verduidelik hoekom jy dink Aartsbiskop Desmond Tutu spanning in
Alexandra, by Ashley Kriel se begrafnis ontlont het en konflik tussen polisie
en betogers bemiddel het. (1 x 2) (2)
1.2.5 Verduidelik die begrip verset binne die konteks van weerstand teen
apartheid in die 1980’s (1 x 2) (2)
1.2.6 Identifiseer enige TWEE aksies wat deur die regering geneem is om Tutu
vir sy uittarting van die regering te straf. (2 x 1) (2)
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Verduidelik die boodskap wat deur die foto oorgedra word. (1 x 2) (2)
1.3.2 Hoekom dink jy is die foto geneem? (1 x 2) (2)
1.3.3 Lewer kommentaar op die betroubaarheid van hierdie bron rakende die
betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke by die verset teen
die apartheidsregering. (2 x 2) (4)
1.4 Verwys na Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C die inligting in
Bron 1B oor die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se betrokkenheid by die
weerstand teen apartheid ondersteun. (2 x 2) (4)
1.5 Gebruik Bron 1D.
1.5.1 Identifiseer uit die bron, TWEE dryfkragte tot die aktiwiteite van die SARK.
(2 x 1) (2)
1.5.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die SARK met die
volgende gehelp het:
(a) Vaardigheidsontwikkeling (1 x 2) (2)
(b) Gemeenskapsprojekte (1 x 2) (2)
1.5.3 Hoe dink jy het die SARK die stigting van die WVK in post apartheid Suid-
Afrika ondersteun? (1 x 2) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf
van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol van die Suid-
Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) en leiers soos Desmond Tutu in die stryd teen
apartheid in die 1980's verduidelik. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 5
(Vraestel 2) 10792/22
VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) OM NOKUTHULA SIMELANE SE FAMILIE BY TE STAAN OM
GENESING TE VIND?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig? (1 x 1) (1)
2.1.2 Wat, volgens die bron, was die bedoeling van die
Menseregteskendingskomitee? (1 x 1) (1)
2.1.3 Definieer die begrip herstellende geregtigheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.4 Hoekom dink jy het die WVK meer gefokus op herstellende geregtigheid
eerder as op vergeldende geregtigheid? (1 x 2) (2)
2.1.5 Haal bewyse uit die bron aan wat verduidelik waarom die grootste deel van
diegene wat voor die WVK getuig het, vroue was. (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 GeeTWEE bewyse uit die bron wat daarop dui dat Nokuthula Simelane ʼn
slagoffer van apartheid was. (2 x 1) (2)
2.2.2 Hoekom dink jy is slegs vyf van die agt Soweto-takoperateurs deur die
WVK amnestie toegestaan? (2 x 2) (4)
2.2.3 Identifiseer TWEE redes uit die bron waarom die Simelane-familie wou hê
dat die mense wat vir Nokuthula se verdwyning verantwoordelik is, vervolg
moet word. (1 x 2) (2)
2.2.4 Verduidelik hoekom dit belangrik was vir Nokuthula Simelane se familie om
haar oorskot te vind. (1 x 2) (2)
2.2.5 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat die
verdwyning van Nokuthula Simelane navors. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 6
(Vraestel 2) 10792/22
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Identifiseer DRIE mans in die bron wat voor die WVK verskyn het om
aansoek te doen vir amnestie in die Nokuthula Simelane-saak. (3 x 1) (3)
2.3.2 Verduidelik die begrip amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2)
2.3.3 Wie, volgens die bron, was verantwoordelik vir Nokuthula se verdwyning?
(1 x 1) (1)
2.3.4 Lewer kommentaar op die verskillende stellings wat deur die volgende
mense gemaak is oor Nokuthula se verdwyning:
(a) Wellem Coetzee
(b) Veyi (2 x 2) (4)
2.4 Vergelyk Bronne 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B
die getuienis in Bron 2C ondersteun aangaande die oortreders wat aansoek
gedoen het vir amnestie vir Nokuthula se verdwyning. (2 x 2) (4)
2.5 Gebruik Bron 2D.
2.5.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. (2 x 2) (4)
2.5.2 Verduidelik wat geïmpliseer word deur die stelling “KHULUMANI SAL
NOOIT OPGEE NIE!”. (1 x 2) (2)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf
van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe suksesvol
die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) was om vir Nokuthula Simelane
se familie by te staan om genesing te vind. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM VAN 14 BLADSYE LOS.
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2022
10792
GESKIEDENIS
VRAESTEL 2
ADDENDUM
14 bladsye
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
2
(Vraestel 2) 10792/22
VRAAG 1: WAT WAS DIE ROL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VAN KERKE
(SARK) EN LEIERS SOOS DESMOND TUTU IN DIE STRYD TEEN
APARTHEID IN DIE 1980's?
BRON 1A
Die bron hieronder verduidelik waarom die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK)
die apartheidsregime in 1983 teëgestaan het.
Die Driekamerparlement wat in 1983 gestig is, was nog ʼn grondwetlike instrument om die
Kleurling en Asiatiese mense te koöpteer (in te sluit) in die grootse ontwerp van die regime.
Dit het gelei tot die stigting van die Verenigde Demokratiese Front, wat gedurende hierdie
tydperk na vore getree het as die vernaamste uitdrukking van weerstand teen apartheid. Dit
was te midde van hierdie enorme onstabiliteit en onderdrukking dat die kerk sy stempel
afgedruk het. Pastore is opgeroep om mense en gesinne te bedien wat deur slagtings
gewond is en deur die militêre besetting ontstig (ontstel) is, wat ʼn konstante irritasie (ergernis)
in swart gemeenskappe was. Hulle het die behoefte gevoel om die middele om apartheid tot
ʼn einde te bring op te skerp en te fokus. Terwyl die kerke in die vroeë 1970's ʼn mate van
simpatie met die staat gehad het, was daar teen die 1980's ʼn dieper begrip van die
bevrydingsbewegings. Beyers Naudé, wat hoofsekretaris van die SARK geword het, kon in
1983 met selfvertroue waarsku dat “tensy nuwe faktore ʼn rol gaan speel of onvoorsiene
ontwikkelings in die nabye toekoms plaasvind, sal ons moet voorberei vir ʼn lang, uitgerekte
(langdurige) guerrilla-stryd; ʼn oorlog wat toenemend geveg sal word met dade van sabotasie
en stedelike terrorisme.”
Die SARK het in die tyd van die hoofsekretarisskappe van Desmond Tutu en Beyers Naudé
gesien hoe die kerke in hewige (aggressiewe) weerstand teen die staat betrokke was. Dit
was weerstand wat deur die Eloff-kommissie ontketen (begin) is, wat probeer het om die
buitelandse befondsing van SARK-programme te beheer. Teen die 1980's was die kerke
deel van die weerstandsbeweging. Tutu het tydens ʼn diens in die St George's Anglikaanse
katedraal in Kaapstad in protes teen aanhoudings, die tema van Christelike weerstand teen
onregverdige heerskappy beklemtoon: “As ons nie meer vreedsaam kan veg vir ʼn
verandering in ʼn bose en onregverdige stelsel nie, sê die regering dan dat die enigste
alternatief geweld is - wat anders sal vir mense oorbly om te doen?”
[Aangepas uit http://psimg.jstor.org/fsi/img/pdf/t0/10.5555/al.sff.document.ufbmp1001_final.pdf.
Toegang op 09 Januarie 2022 verkry.]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
3
(Vraestel 2) 10792/22
BRON 1B
Die uittreksel hieronder handel oor die reaksie van die destydse sekretaris van die Suid-
Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), Desmond Tutu, op die staat se onderdrukking in die
1980's.
Tutu het in 1984 namens ʼn gearresteerde sel (eenheid) van die gewapende anti-
apartheidsgroep, uMkhonto we Sizwe, getuig. Hy het volgehou dat hy tot geweldloosheid
toegewyd was, maar kon verstaan hoekom swart Afrikane onder verdrukking hulle tot die
gebruik van geweld sou wend in hul stryd om vryheid. Hy het die wit regering se
skynheiligheid uitgewys omdat hulle gewapende bevrydingsgroepe in Europa prys terwyl
hulle dieselfde soort groepe in Suid-Afrika veroordeel.
Geweld in die land het aanhou eskaleer en Tutu is gevra om by baie begrafnisse te praat.
Tydens sy preke het hy voortgegaan om ʼn boodskap van geweldloosheid te verkondig en
hy is deur sommige daarvoor gekritiseer omdat hulle sy beskeidenheid (nederigheid) as ʼn
struikelblok in die vryheidstryd gesien het.
Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek en met
die Britse premier Margaret Thatcher vergader om verder te druk vir ekonomiese sanksies
teen Suid-Afrika.
In 1986 het Tutu weer die Verenigde State besoek om op sanksies aan te dring. Hy het
ook Japan, China en Jamaika om dieselfde rede besoek. Later daardie jaar is hy tot
Aartsbiskop van Kaapstad verkies voordat hy die president van die All Africa Conference
of Churches geword het.
Tutu, saam met ander kerkleiers, het ʼn bemiddelaar van konflik tussen betogers en die
polisie geword. Hulle het onder meer, spanning opgelos in Alexandra Township in 1986 en
by die begrafnis van Ashley Kriel in 1987.
Toe die regering 17 organisasies in 1988 verbied het, het hulle ʼn protesoptog gereël, wat
ook verbied is. In reaksie hierop het hulle die Komitee vir die Verdediging van Demokrasie
gevorm en toe hul saamtrekke verbied is, het hulle dit vervang met ʼn diens by die St
George's Katedraal.
Tutu het die saak van die Sharpeville Ses in 1988 opgeneem. Die groep is ter dood
veroordeel en Tutu, wat die doodstraf teengestaan het, het druk op PW Botha uitgeoefen
om hul lewens te spaar. Hy het self met Botha vergader en die twee het gebots voordat
Tutu suksesvol was.
In reaksie op Tutu se verset, het die regering ʼn veldtog teen hom georkestreer (beplan),
anti-Tutu pamflette en plakkers is versprei, betogers is betaal en selfs sy vrou is geteister.
[Aangepas uit https://southafrica.co.za/desmond-tutu-contribution-to-dismantling-apartheid.html.
Toegang op 10 Januarie 2022 verkry.]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
4
(Vraestel 2) 10792/22
BRON 1C
Die bron hieronder is ʼn foto wat geneem is by die bekendstelling van die Komitee vir die
Verdediging van Demokrasie op die 7de Maart 1988. Die Komitee vir die Verdediging van
Demokrasie is gevorm omdat die regering bevrydingsorganisasies verbied het wat die
apartheidsbeleid teengestaan het.
Van links na regs is die komiteelede – Frank van de Horst, Suid-Afrikaanse Raad vir Sport
(SACOS), Allan Boesak, Desmond Tutu, Prof. Jakes Gerwel, Rektor Universiteit van die
Weskaap (UWC).
ALLAN BOESAK DESMOND TUTU
VOORWAARTS NA VRYHEID
VERDEDIG DEMOKRASIE
[Uit https://southafrica.co.za/desmond-tutu-contribution-to-dismantling-apartheid.html.
Toegang op 10 Januarie 2022 verkry.]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
5
(Vraestel 2) 10792/22
BRON 1D
Die volgende uittreksel gee ʼn uiteensetting van die rol wat die Suid-Afrikaanse Raad van
Kerke gespeel het in die herstel van menseregte en die bekamping van die ongeregtighede
tydens en na apartheid.
Deur sy geskiedenis heen het die SARK drie hoofdryfkragte tot sy aktiwiteite gehad:
geregtigheid, vaardigheidsontwikkeling asook gemeenskapsprojekte en teologiese besinning.
Tydens die apartheidsregime het die SARK hom nie net sterk uitgespreek teen kwessies van
onreg en die skending van menseregte nie, dit het ook praktiese hulp aan die onderdruktes
verleen. Meer spesifiek, het die SARK:
Nooddienste aan slagoffers van apartheidsbrutaliteite gebied
Fondse ingesamel vir die wettige regsverteenwoordiging van slagoffers van die stelsel
Families van dié in aanhouding, van politieke gevangenes en van dié met ʼn doodsvonnis
versorg
Beurse aan duisende arm swart kinders gebied
Gemeenskapsontwikkelingsprogramme en -projekte befonds
Hom beywer vir omvattende internasionale sanksies teen apartheid
Die stigting van ontwikkelingsinstellings soos die Kagiso Trust gefasiliteer
Jeug- en vroueregte en ontwikkelingsprogramme ondersteun
Ballinge ondersteun en hul terugkeer na Suid-Afrika na die ontbanning van die
bevrydingsbewegings bewerkstelling, en vrylating van politieke gevangenes gefasiliteer
Bystand verleen tydens in die oorgangsproses, van die onderhandelinge tot vredemaking
te midde van intense geweld; deelgeneem aan die opstel van ʼn nuwe grondwet vir die
land; die stigting van die WVK ondersteun; en gepleit vir ʼn regverdige sosiale en
ekonomiese bestel.
Die rol van die SARK in die stryd om menseregte na Suid-Afrika te bring is ʼn eerbare een wat
altyd in Suid-Afrika se geskiedenis erkenning sal verkry.
[Uit https://sacc.org.za/history. Toegang op 09 Januarie 2022 verkry.]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
6
(Vraestel 2) 10792/22
VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGS-
KOMMISSIE (WVK) OM NOKUTHULA SIMELANE SE FAMILIE BY TE
STAAN OM GENESING TE VIND?
BRON 2A
Die uittreksel hieronder verduidelik die doelstellings van die Waarheids- en
Versoeningskommissie (WVK), wat in 1995 gestig is.
Die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) is gestig om onder meer die
'rehabilitasie en die herstel van die menslike en burgerlike waardigheid van
slagoffers van menseregteskendings' te fasiliteer. Die Kommissie was van plan
om hoofsaaklik deur middel van die openbare verhore wat deur die
Menseregteskendingskomitee onderneem is, die stem en waardigheid van
diegene wat voorheen gemarginaliseer (uitgeskuif) was te herstel en in die
proses openbare erkenning te gee wat grootliks as ʼn kernbydraer tot die
genesingsproses beskou word.
Die WVK was destyds die eerste herstellende geregtigheidsproses van sy soort
om openbare verhore te hou en ruimte te bied vir oorlewendes om hul stories in
hul eie woorde te vertel. Hierdie verhore het ʼn belangrike simboliese funksie
verrig in ʼn land waar die regeringstelsel op die ontkenning en stilswye van veral
swart stemme, gegrond was.
… Die WVK het gepoog om die kwessie van gemarginaliseerde (uitgeskuifde)
stemme in die breër raamwerk van slagoffers aan te spreek en was bewus van
geslagsverdraaiings (vooroordele) in die prosesse en aanbieding van sy werk.
Alhoewel die grootste deel van diegene wat voor die Kommissie getuig het, vroue
was, het hul getuienisse in die meeste gevalle gefokus op die ervarings van hul
mans, seuns en vaders. Vroue as slagoffers het slegs ʼn klein aantal van die sake
verteenwoordig.
[Aangepas uit www.wwl.wits.ac.za: Traces of Truth – The South African TRC.
Toegang op 16 Januarie 2022 verkry.]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
7
(Vraestel 2) 10792/22
BRON 2B
Die volgende bron fokus op hoe die Simelane-gesin op hul dogter, Nokuthula, se
verdwyning gereageer het.
Dit is al byna 30 jaar en Sizakele Simelane wag nog steeds op geregtigheid vir haar
dogter, Nokuthula, wat vermoedelik dood is. Die 23-jarige uMkhonto we Sizwe-
aktivis van Bethal is op 8 September 1983 deur die Soweto-Veiligheidstak uit
Johannesburg se Carlton-sentrum ontvoer. Sy is na ʼn plaas in Noordwes geneem,
waar sy vir etlike weke gemartel is. ... Agt beamptes van die Soweto-Veiligheidstak
het vir Nokuthula se aanhouding en marteling om amnestie aansoek gedoen. Slegs
vyf was suksesvol.
Haar suster, Thembi Nkadimeng, het in Januarie ʼn brief aan Silas Ramaite, die
waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging, geskryf en hom
meegedeel dat haar pa gesterf het sonder om te weet wat met sy dogter gebeur
het. “Ongelukkig het ons volkome vertroue in die prioriteitsmisdaadlitigasie-eenheid
(regsgeding) verloor om ʼn suksesvolle vervolging uit te voer.” Die eenheid het die
taak om onder meer sake te ondersoek wat deur die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK) verwys word. Nkadimeng het aan Ramaite gesê sy
het die ondersoekbeampte in Januarie ontmoet. Hy het voorgestel dat dit deur ʼn
geregtelike doodsondersoek hanteer word. Sy het gesê sy het ook die taakspan vir
vermiste persone genader, wat vir haar gesê het dat hulle nie haar suster se
oorskot kon vind nie.
“Ek is aangesê om die verdagtes te nader en aan te bied om hulle nie te vervolg as
hulle die ligging van Nokuthula se oorskot bekend maak nie. Ek het hierdie voorstel
met my familie bespreek, en ons het besluit om nie met die verdagtes te
onderhandel nie.” Sy het gesê die verdagtes het “meer as genoeg tyd” gehad om
na vore te kom en die ligging van die oorskot bekend te maak. “Hulle het verkies
om eerder vir my en my gesin pyn en lyding te veroorsaak deur ʼn muur van leuens
en bedrog (oneerlikheid) te handhaaf.” Ramaite het Nkadimeng in ʼn brief gedateer
31 Januarie ingelig dat dit nie moontlik is om ʼn geregtelike doodsondersoek te hou
voor die afsluiting van die “uitstaande ondersoeke” nie.
… “Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sleep voete om vir my ma die enigste
ding te gee wat sy kan hê, haar kind se oorskot.” Haar ma, Sizakele, het gesê sy is
kwaad en teleurgesteld ...
[Aangepas uit https://www.timeslive.co.za/sunday-times/lifestyle/2013-03-17-grieving-mom-
still-waits-for-answers-30-years-later/. Toegang op 19 Januarie 2022 verkry.]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
8
(Vraestel 2) 10792/22
BRON 2C
Die bron hieronder is ʼn weergawe van Nokuthula Simelane se ontvoerders se aansoek
om amnestie by die WVK-verhore.
Ná die val van Apartheid is die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) ingestel as ʼn
manier om die kloof tussen die onderdrukkende Nasionale Party ras en die demokratiese
Suid-Afrika te oorbrug. Die Simelane-familie het haar saak by die WVK aanhangig gemaak
in die hoop om haar saak op te los. Vyf wit mans het aansoek gedoen om amnestie met
betrekking tot Nokuthula se ontvoering, marteling en verdwyning, Wellem Hellem Johannes
Coetzee, Anton Pretorius, Mong, Williams en Ross. By die WVK het ʼn voormalige
bevelvoerder van die Soweto Intelligensie Eenheid (SIU), Wellem 'Timol' Coetzee, die man
verantwoordelik vir die verdwyning en dood van Nokuthula, verklaar dat Nokuthula gelewe
het toe hy haar laas gesien het, die eenheid het haar in ʼn spioen verander en terug na
Swaziland herontplooi.
Coetzee se argument is teengestaan deur sy kollega, Veyi, wat erken het dat sy gemartel en
wreed vermoor is en in die Rustenburg-omgewing begrawe is. Die WVK het teen Coetzee
se amnestie ten opsigte van marteling beslis, maar is amnestie vir Nokuthula se ontvoering
toegestaan. Die WVK het verder amnestie aan die ander vier mans (Pretorius, Mong,
Williams en Ross) vir haar marteling toegeken. Tot dusver het niemand na vore gekom en
verantwoordelikheid vir haar verdwyning aanvaar nie, nóg die ANC nóg voormalige
apartheidsveiligheidsmagte.
[Uit: https://www.sahistory.org.za/people/nokuthula -orela-simelane.
Toegang op 18 Januarie 2022 verkry.]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
9
(Vraestel 2) 10792/22
BRON 2D
Die foto hieronder wys hoe die Khulumani-ondersteuningsgroep ʼn hofsitting bywoon om
te eis dat die vier apartheidsera-polisiemanne verantwoordelik vir Nokuthula se
verdwyning vervolg word.
KHULUMANI SAL
NOOIT OPGEE NIE!
ONS EIS AFSLUITING VAN
HIERDIE ONVOLTOOIDE
WVK-SAAK WAT DIE STOP DIE MARTELING VIR
VERDWYNDE BETREF GESINNE WAT NIE WEET WAT
MET HUL GELIEFDES GEBEUR
HET NIE
[Uit https://www.news24.com/News24/four-former-apartheid-era-policemen-granted-bail-
20160226. Toegang verkry op 19 Januarie 2022.]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
10
(Vraestel 2) 10792/22
VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING DIE KLEDING- EN
TEKSTIELINDUSTRIE IN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED?
BRON 3A
Die bron hieronder fokus op die proses van globalisering in ontwikkelende lande.
Globalisering verwys na integrasie tussen mense, maatskappye en regerings. Die
belangrikste is dat hierdie integrasie op ʼn globale skaal plaasvind. Verder is dit die
proses om die besigheid oor die hele wêreld uit te brei. In globalisering, brei baie
besighede wêreldwyd uit en neem ʼn internasionale beeld aan. Gevolglik is daar ʼn
vereiste vir groot investering (belegging) om internasionale maatskappye te ontwikkel.
Eerstens, het mense sedert die begin van beskawing goedere verhandel. In die 1ste
eeu v.C. was daar die vervoer van goedere van China na Europa. Die goedere is met
die Sy-Roete vervoer. Die Sy-Roete afstand was baie lank. Dit was ʼn merkwaardige
ontwikkeling in die geskiedenis van globalisering. Dit is omdat goedere vir die eerste
keer ooit oor kontinente verkoop is.
Uiteindelik, in die 20ste en 21ste eeu, het globalisering uiteindelik vorm aangeneem.
Bowenal het die ontwikkeling van tegnologie en die internet plaasgevind. Tegnologiese
innovasie is nog ʼn noemenswaardige bydrae van globalisering. Die belangrikste is dat
daar ʼn groot klem op tegnologiese ontwikkeling in globalisering is. Verder, lei
globalisering tot tegnologie-oordrag. Globalisering dra by tot die verbeterde kwaliteit
van produkte omdat vervaardigers probeer om produkte van hoë gehalte te maak. Dit
is as gevolg van die druk van intense mededinging. As die produk minderwaardig is,
kan mense maklik na ʼn ander hoë-gehalte produk oorskakel.
[Aangepas uit: https://www.toppr.com/guides/essays/globalization-essay./
Toegang op 12 Januarie 2022 verkry.]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
11
(Vraestel 2) 10792/22
BRON 3B
Die volgende bron fokus op die uitdagings wat in die Suid-Afrikaanse Klere- en
Tekstielbedryf ervaar word.
Die Suid-Afrikaanse Klere- en tekstielbedryf lê binne die Klere-, Tekstiel-, Skoene-
en Leersektor (KTSL). Hierdie nywerhede is in twee provinsies gekonsentreer:
KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Die klere- en tekstielbedryf is gesamentlik
verantwoordelik vir die meerderheid van indiensneming (90%) en waardetoevoeging
(80%) tot die KTSL-sektor. Die sektor het 95 000 werkers in diens en dra 8% by tot
die vervaardigings-BBP (Bruto Binnelandse Produk) en 9% tot die land se algehele
BBP. Die klere- en tekstielbedryf bly belangrik in terme van die impak daarvan op
indiensneming.
Die uitdagings wat die bedryf in die gesig gestaar het sedert die opening van Suid-
Afrika se ekonomie in 1990 is hoofsaaklik te wyte aan ʼn invloei van goedkoper
ingevoerde produkte. Suid-Afrika se invoer van klere, tekstiele en leergoedere het
van net meer as R5 miljard in 2000 tot byna R60 miljard in 2019 toegeneem, en meer
as 100 000 werksgeleenthede is tussen 2002 en 2013 verlore. Alhoewel die bedryf
gestabiliseer het, en positiewe groeivoorspellings vir plaaslike vervaardigingsfirmas
verwag word, is dit duidelik dat die bedryf verskeie potensiële bedreigings in die gesig
staar. Dit sluit in: ʼn gebrek aan toegang tot kritieke hulpbronne wat benodig word vir
tekstielvervaardiging, veral water in die konteks van Suid-Afrika en risiko's wat
verband hou met hul algehele voorsieningsketting, bv., toegang tot insette soos
katoen wat hul eie watersekuriteitsrisiko's inhou.
Die bedryf ervaar tans ʼn opkomende wêreldwye neiging bekend as 'vinnige mode'
wat die spoed waarteen goedere na die mark gebring kan word begunstig (voordeel
daaruit trek) en dit word verkies bo goedkoop goedere. Hierdie tendens tesame met
die opkoms van die eties-gesinde verbruikers het nuwe geleenthede in die klere- en
tekstielbedryf in Suid-Afrika geskep.
[Uit https://www.investcapetown.com/wpcontent/uploads/2019/09/Textiles_GreenCape_
Resilience-Report_Interactive_20190801.pdf. Toegang op 12 Januarie 2022 verkry.]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
12
(Vraestel 2) 10792/22
BRON 3C
Die plakkaat hieronder beklemtoon hoe SACTWU (Suider-Afrikaanse Klere- en
tekstielwerkersunie), ʼn geaffilieerde van COSATU, werk om ordentlike werksgeleenthede in
die Suid-Afrikaanse Tekstielbedryf te red en te vergroot.
RED
[Uit https://www.industriall-union.org/a-turnaround-for-south-
africas-textile-industry.Toegang op 11 Januarie 2022 verkry.]
ONS KLEREFABRIEKE
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
13
(Vraestel 2) 10792/22
BRON 3D
Die volgende bron fokus op die impak van die COVID-19-pandemie op die Suid-Afrikaanse
Klere- en tekstielbedryf
Suid-Afrika se klerebedryf het nie die impak van die COVID-19-pandemie op swaar belaaide
verbruikers vrygespring nie, met kleinhandelverkope in die SA Klere- en Tekstielbedryf wat
in 2020 die ergste afname bereik het wat nog aangeteken is. Maar, sê plaaslike
vervaardigers, hulle probeer alles in hul vermoë om weer markaandeel van invoer terug te
kry terwyl hulle steeds onderbrekings ondervind in die voorsieningsketting wat die pandemie
veroorsaak het. “Kleinhandelverkope in die SA Klere- en Tekstielbedryf het 6,9% in geheel
gedaal gedurende 2020. Dit is die ergste daling wat nog ooit aangeteken is en die enigste
jaar van inkrimping, behalwe 2009 toe verkope met 3,2% gedaal het tydens die hoogtepunt
van die wêreldwye finansiële krisis, volgens Stats SA.”
Daar is lankal oproepe om klerevervaardiging in Suid-Afrika, wat sukkel om met China en
ander goedkoop invoerders mee te ding, te laat herleef (versterk). Dit is waar die kleinhandel
(Klere, Tekstiel, Skoene en Leer (KTSL)-meesterplan inkom. Die implementering daarvan
het in 2020 afgeskop, en dit beoog om die proporsie plaaslik vervaardigde produkte wat in
die winkels verkoop word, te verhoog van 44% (in 2018) tot 65% teen 2030. Die plan het ook
ten doel om werk te skep.
Thandi Phele, waarnemende adjunk-direkteur-generaal van die Afdeling vir
Nywerheidsmededinging en Groei van die Departement van Handel, Nywerheid en
Mededinging (DTIC), sê “al was die bedryf onder druk, het klere-invoer ʼn groter knou gekry
as plaaslik vervaardigde klere, aangesien kleinhandelaars meer goedere plaaslik koop en
plaaslike vervaardigers hierby baat. “Die regering het hom ook daartoe verbind om ʼn
bemagtigende omgewing vir belegging in die Suid-Afrikaanse Klere-, Tekstiel-, Skoeisel- en
Leerbedryf te skep, deur strategiese tariefondersteuning, toepaslike
vervaardigingsaansporings en die bekamping van onwettige invoere.”
[Uit https://www.news24.com/fin24/companies/sas-clothing-industry-trying-to-stitch-itself-together-
following-worst-decline-to-date-20210630. Toegang op 6 Januarie 2022 verkry.]
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM
14
(Vraestel 2) 10792/22
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
https://southafrica.co.za/desmond-tutu-contribution-to-dismantling-apartheid.html.
http://psimg.jstor.org/fsi/img/pdf/t0/10.5555/al.sff.document.ufbmp1001_final.pdf
https://southafrica.co.za/desmond-tutu-contribution-to-dismantling-apartheid.html
www.wwl.wits.ac.za:
https://southafrica.co.za/desmond-tutu-contribution-to-dismantling-apartheid.html.
https://www.timeslive.co.za/sunday-times/lifestyle/2013-03-17-grieving-mom-still-waits-for-
answers-30-years-later/
https://www.sahistory.org.za/people/nokuthula -orela-simelane
https://www.news24.com/News24/four-former-apartheid-era-policemen-granted-bail-20160226
https://www.toppr.com/guides/essays/globalization-essay/
https://www.investcapetown.com/wpcontent/uploads/2019/09/Textiles_GreenCape_Resilience-
Report_Interactive_20190801.pdf
https://www.industriall-union.org/a-turnaround-for-south-africas-textile-industry
https://www.news24.com/fin24/companies/sas-clothing-industry-trying-to-stitch-itself-together-
following-worst-decline-to-date-20210630
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 7
(Vraestel 2) 10792/22
VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING DIE KLEDING- EN TEKSTIELINDUSTRIE IN
SUID-AFRIKA BEÏNVLOED?
Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Definieer die konsep globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Noem TWEE bestemmings, genoem in die bron, waar goedere
in die 1ste eeu vervoer is. (2 x 1) (2)
3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
globalisering voordelig was vir die vervaardigingsbedryf. (1 x 2) (2)
3.1.4 Noem DRIE merkwaardige ontwikkelings waartoe globalisering in die 20ste
en 21ste eeue aanleiding gegee het. (3 x 1) (3)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Suid-Afrikaanse Klere-
en Tekstielbedryf ʼn groot aantal werkers in diens geneem het. (1 x 2) (2)
3.2.2 Identifiseer TWEE provinsies waar die Suid-Afrikaanse Klere- en
Tekstielnywerhede geleë is. (1 x 2) (2)
3.2.3 Verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielbedryf
werksgeleenthede in Suid-Afrika beïnvloed. (1 x 2) (2)
3.2.4 Lewer kommentaar oor die rede(s) dat die Suid-Afrikaanse Klere- en
Tekstielbedryf uitdagings tussen die jare 2000 en 2013 beleef het.
(2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 8
(Vraestel 2) 10792/22
3.3 Lees Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik die boodskap wat in die spotprent oorgedra word oor die
werkers in die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielbedryf. (1 x 2) (2)
3.3.2 Lewer kommentaar oor wat die spotprenttekenaar bedoel het met die
woorde “Gemaak in Suid-Afrika” met betrekking tot vervaardigde goedere
in die klere- en tekstielsektor. (1 x 2) (2)
3.3.3 Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir ʼn historikus wat die
uitdagings bestudeer wat die tekstielbedryf in Suid-Afrika in die gesig staar.
(2 x 2) (4)
3.4 Raadpleeg Bron 3D.
3.4.1 Verduidelik hoe die COVID-19-pandemie die Suid-Afrikaanse Klere- en
Tekstielbedryf beïnvloed het. (2 x 2) (4)
3.4.2 Definieer die konsep pandemie in die konteks van globalisering. (1 x 2) (2)
3.4.3 Gee TWEE redes wat in die bron genoem word waarom die Suid-
Afrikaanse regering die klere- en tekstielbedryf wil laat herleef. (2 x 1) (2)
3.4.4 Wie, volgens die bron, is die waarnemende Adjunk-Direkteur-Generaal van
die DTIC? (1 x 1) (1)
3.4.5 Lewer kommentaar op die inisiatief wat deur die Suid-Afrikaanse regering
geneem is om werksgeleenthede in die klere- en tekstielbedryf te red.
(1 x 2) (2)
3.5 Bestudeer Bronne 3C en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse in
Bron 3D met betrekking tot werkskepping in die klere- en tekstielbedryf ondersteun.
(2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf
van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe
globalisering die klere- en tekstielbedryf in Suid-Afrika beïnvloed het. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS
9
(Vraestel 2) 10792/22
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA –
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
Steve Biko het die filosofie van Swartbewussyn gebruik om swart Suid-Afrikaners te
bemagtig om die apartheidsregering in die 1960's en die 1970's uit te daag.
Stem jy saam?
Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING
VAN DIE VERLEDE
Dit was deur leierskap en kompromieë deur verskeie politieke organisasies dat
demokrasie in 1994 in Suid-Afrika gebore is.
Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van die proses van onderhandelinge wat
in die tydperk 1990 – 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
Verduidelik tot watter mate die val van die Berlynse Muur in 1989 die weg gebaan het
vir die Nasionale Party en die African National Congress om samesprekings te begin
wat uiteindelik tot die einde van Apartheid gelei het.
Motiveer jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Question Paper
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum