Skip to content

History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 12202228 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10791 GESKIEDENIS VRAESTEL 1 TYD: 3 uur PUNTE: 150 9 bladsye + ʼn addendum van 14 bladsye Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 'n Addendum van 14 bladsye is binne die vraestel ingesluit. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 2 (Vraestel 1) 10791/22 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk volgens die KABV-dokument. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VANAF DIE 1970’s TOT DIE 1980’s VRAAG 3: BURGERLIKE SAMELEWINGSBETOGINGS VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWINGSBETOGINGS VAN DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE VSA 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ’n ander EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees. 5. Wanneer vrae beantwoord word, moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig toepas. 6. Jy word aangeraai om ten minste een uur per vraag te spandeer. 7. Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf. 8. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word. 9. Skryf duidelik en leesbaar en gebruik slegs blou ink. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 3 (Vraestel 1) 10791/22 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling. Die bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE SOWJETUNIE (USSR) VANAF 1947 VERERGER? Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Bestudeer Bron 1A. 1.1.1 Watter uitdagings het Europese lande na die Tweede Wêreldoorlog in die gesig gestaar, volgens die Minister van Buitelandse Sake, George Marshall? (3 x 1) (3) 1.1.2 Definieer die term kommunisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.3 Waarom, volgens die bron, is die Europese Herstelprogram in 1945 van stapel gestuur? (3 x 1) (3) 1.1.4 Haal TWEE hoofdoelwitte van die Marshall-plan uit die bron aan. (2 x 1) (2) 1.1.5 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die Sowjetunie en gebiede onder sy mag (satellietstate) nie die uitnodiging na Parys aanvaar het om ʼn samewerkende herstelplan in 1947 op te stel nie. (1 x 2) (2) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Wie, volgens die bron, was die Sowjet-minister van Buitelandse Sake in 1947? (1 x 1) (1) 1.2.2 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom die Sowjetunie teen die Marshall-plan beswaar gemaak het. (2 x 2) (4) 1.2.3 Haal bewyse uit die bron aan wat die Sowjet-pers se kritiek teen die Marshall-plan toon. (1 x 1) (1) 1.2.4 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat die USSR se standpunt oor die Marshall-plan navors. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 4 (Vraestel 1) 10791/22 1.3 Verwys na Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.3.2 Gebruik jou eie kennis en verduidelik die houding van die spotprenttekenaar teenoor die Marshall-plan. (2 x 2) (4) 1.4 Bestudeer Bron 1D. 1.4.1 Haal bewyse uit die bron aan wat wys hoe ekonomiese verhoudings binne die private sektor as gevolg van die Marshall-plan gegroei het. (2 x 1) (2) 1.4.2 Verduidelik die konsep Marshall-plan in die konteks van die Koue Oorlog in Europa. (1 x 2) (2) 1.4.3 Gebruik inligting uit die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom die Marshall-plan tot die Atlantiese Alliansie gelei het. (1 x 2) (2) 1.4.4 Lewer kommentaar oor hoekom die Ekonomiese Samewerkingsadministrasie (ESA) gestig is. (1 x 2) (2) 1.5 Vergelyk Bronne 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1D met betrekking tot die implementering van die Marshall-plan ondersteun. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Marshall-plan die Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en die USSR vanaf 1947 verhoog het. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 5 (Vraestel 1) 10791/22 VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE GEDURENDE DIE 1970's BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK? Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Noem DRIE bevrydingsbewegings vanuit die bron wat deur die USSR, die VSA en China ondersteun is. (3 x 1) (3) 2.1.2 Met wie, volgens die bron, het die MPLA vir bystand onderhandel? (1 x 1) (1) 2.1.3 Definieer die konsep burgeroorlog in die konteks van die konflik in Angola. (1 x 2) (2) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom die USSR die MPLA wou help. (2 x 2) (4) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Wat, volgens die bron, was ongewoon omtrent die wyse waarop die Suid- Afrikaanse Weermag in Angola betrokke was? (1 x 1) (1) 2.2.2 Noem VIER ekonomiese installasies wat deur UNITA en die SAW geteiken is. (4 x 1) (4) 2.2.3 Hoekom dink jy het UNITA en die SAW ekonomiese teikens aangeval? (1 x 2) (2) 2.2.4 Verduidelik waarom Suid-Afrika in die 1970's by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. (1 x 2) (2) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Volgens die bron, hoekom het die MPLA hom in ʼn minder gunstige militêre situasie bevind? (1 x 1) (1) 2.3.2 Noem VIER vorme van militêre hulp wat Kuba aan die MPLA verskaf het, uit die bron. (4 x 1) (4) 2.3.3 Gebruik jou eie kennis en verduidelik hoekom die aankoms van die eerste Kubaanse troepe in Angola hoogs geheim was. (1 x 2) (2) 2.3.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom die Kubane hul militêre operasie 'Operasie Carlota' genoem het. (1 x 2) (2) 2.3.5 Lewer kommentaar oor waarom ʼn historikus wat die redes vir Kubaanse betrokkenheid in Angola navors, hierdie bron as bevooroordeeld sou beskou. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 6 (Vraestel 1) 10791/22 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik watter boodskap die uitbeelding oordra oor Kuba se rol in Angola. Gebruik visuele leidrade uit die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 2.4.2 Gebruik jou eie kennis en lewer kommentaar oor hoekom die Kubane hul betrokkenheid in Angola wou vier. (1 x 2) (2) 2.5 Vergelyk Bronne 2C en 2D. Hoe ondersteun die inligting in Bron 2C die bewyse in Bron 2D aangaande Kuba se betrokkenheid by die konflik in Angola? (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik waarom buitelandse moondhede gedurende die 1970's by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM VAN 14 BLADSYE LOS. VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10791 GESKIEDENIS VRAESTEL 1 ADDENDUM 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 2 (Vraestel 1) 10791/22 VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE SOWJETUNIE (USSR) VANAF 1947 VERERGER? BRON 1A Die onderstaande bron, geneem uit ʼn uitstalling deur die Biblioteek van die Amerikaanse Kongres, beklemtoon die redes vir die vorming van die Europese Herstelprogram, ook bekend as die Marshall-plan, in September 1947. In ʼn hedendaags gevierde aanvangstoespraak van Harvard Universiteit op 5 Junie 1947, het George Catlett Marshall (1880 – 1959), Minister van Buitelandse Sake, ʼn oplossing voorgestel vir die wydverspreide honger, werkloosheid en behuisingstekorte wat Europeërs in die nasleep van die Tweede Wêreldoorlog in die gesig gestaar het. Marshall se toespraak was die hoogtepunt van toenemende Amerikaanse kommer oor die verbrokkelende Europese situasie. Die fisiese vernietiging en die algemene ekonomiese ontwrigting van die oorlog kon aanleiding gee tot die ineenstorting van morele, sosiale en kommersiële lewenswyse. Daar was ʼn tekort aan grondstowwe en voedsel, en oorlog- beskadigde nywerhede het masjinerie en kapitaal nodig gehad voordat produksie hervat kon word. Marshall het voorgestel dat die Europese nasies self ʼn program vir die heropbou opstel, met die hulp van die Verenigde State. Hierdie toespraak was die amptelike begin van die Ekonomiese Herstelprogram (EHP), beter bekend as ''Die Marshall-Plan''. Ingevolge die plan het die Verenigde State hulp verleen om hongersnood in die groot oorlogsgebiede te voorkom, die verwoesting van daardie gebiede so vinnig moontlik te herstel en ekonomiese heropbou te begin. Die plan het twee hoofdoelwitte gehad: om die verspreiding van kommunisme in Wes-Europa te voorkom en om die internasionale orde te stabiliseer op ʼn wyse wat gunstig was vir die ontwikkeling van politieke demokrasie en vryemark ekonomieë. Europese reaksie op Marshall se toespraak was vinnig en positief. Die Britse en Franse ministers van buitelandse sake het vergader en ʼn gesamentlike kommunikasie uitgereik waarin hulle twee-en-twintig nasies genooi het om verteenwoordigers na Parys te stuur om ʼn koöperatiewe (samewerkende) herstelplan op te stel. Sestien van die genooide lande het aanvaar – almal behalwe die Sowjetunie en gebiede onder sy mag – en het in Julie 1947 in Parys vergader. Die Parys-konferensie het gelei tot die stigting van die Komitee vir Europese Ekonomiese Samewerking wat ʼn voorstel vir die beplande Europese heropbou opgestel het en dit in September 1947 aan die Amerikaanse regering voorgelê het. [Uit: https://www.loc.gov/exhibits/marshall/marsh-overview.html. Toegang op 07 Januarie 2022 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 3 (Vraestel 1) 10791/22 BRON 1B Die bron hieronder is geneem uit This Day in History. Dit skets die verwerping van die Marshall-plan deur die Sowjetunie se Minister van Buitelandse Sake, Molotov, op 2 Julie 1947. Die Sowjet-reaksie op Marshall se toespraak was ʼn ysige stilte. Die Minister van Buitelandse Sake, Molotov, het egter ingestem tot ʼn vergadering op 27 Junie met sy Britse en Franse eweknieë om die Europese reaksie op die Amerikaanse aanbod te bespreek. Molotov het dadelik die Sowjet-beswaar teen die Marshall-plan duidelik gemaak. Eerstens, sou dit ekonomiese bystand aan Duitsland insluit, en die Russe kon nie sulke hulp aan die vyand wat so onlangs die Sowjetunie verwoes het, duld nie. Tweedens, was Molotov onwrikbaar in sy eis dat die Sowjetunie volledige beheer en vryheid sou hê van optrede oor enige Marshall-plan-fondse wat Duitsland mag ontvang. Ten slotte wou die Minister van Buitelandse Sake presies weet hoeveel geld die Verenigde State aan elke nasie sou gee. Toe dit duidelik word dat die Franse en Britse verteenwoordigers nie sy besware deel nie, het Molotov op 2 Julie uit die vergadering gestorm. In die daaropvolgende weke het die Sowjetunie druk op sy Oos-Europese bondgenote uitgeoefen om alle Marshall-plan- bystand te verwerp. Daardie druk was suksesvol en nie een van die Sowjet-satelliete het aan die Marshall-plan deelgeneem nie. Die Sowjet-pers het beweer dat die Amerikaanse program “ ʼn plan vir inmenging in die binnelandse sake van ander lande'' was. Die Verenigde State het die Sowjetunie geïgnoreer en in 1948 die Marshall-plan amptelik tot stand gebring en fondse aan ander Europese nasies begin verskaf. In die openbaar, het Amerikaanse amptenare aangevoer dat die Sowjet-standpunt nog ʼn aanduiding was dat Rusland van plan was om Oos-Europa van die Weste te isoleer en sy kommunistiese en totalitêre leerstellings in daardie streek af te dwing. Vanuit die Sowjet- perspektief het sy weiering om aan die Marshall-plan deel te neem egter sy begeerte aangedui om vry te bly van Amerikaanse ekonomiese imperialisme en oorheersing. [Uit: https://www.com.this-day-in-history/soviet-union-rejects-marshall-plan-assistance Toegang verkry op 07 Januarie 2022.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 4 (Vraestel 1) 10791/22 BRON 1C Die Sowjet spotprent hieronder is geneem uit die Online Exhibitions: Marshall Plan at 70 – Big Picture. Dit beeld die effek van die Marshall-plan op Wes-Europa in 1947 uit. Dit wys hoe W. Averell Harriman (VSA Sekretaris van Handel) ʼn been vashou. W. A. Harriman Verspreiding van krediet (lenings) volgens die Marshall-plan [Uit: https://mcrl.libguides.com/big_picture Toegang op 07 Januarie 2022 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 5 (Vraestel 1) 10791/22 BRON 1D Die bron hieronder fokus op die prestasies van die Marshall-plan in 1952. Dit is geneem uit 'The Marshall Plan: Design, Accomplishments, and Significance'. Amerikaanse aansien en mag in Europa was reeds sterk ná die Tweede Wêreldoorlog. In verskeie opsigte is die Amerikaanse rol in Europa egter aansienlik versterk uit hoofde van die Marshall-plan-program. Die ekonomiese betrekkinge van die Amerikaanse privaatsektor het gedurende hierdie tydperk aansienlik gegroei as gevolg van die program se aanmoediging van verhoogde uitvoere uit Europa en EHP (Ekonomiese Herstelprogram)-toelae en lenings vir die aankoop van Amerikaanse goedere. Die boekwaarde van Amerikaanse beleggings in Europa het ook aansienlik gestyg. Verder, terwyl die Marshall-plan uit ʼn erkenning van die ekonomiese interafhanklikheid van die twee kontinente gegroei het, het die implementering daarvan die bewustheid van daardie feit aansienlik beklemtoon. Die OEES (Organisasie vir Europese Ekonomiese Samewerking), wat in 1961 die OESO (Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling) geword het, met die Verenigde State as ʼn volle lid, het volhard en ʼn forum vir die bespreking van ekonomiese probleme van wedersydse belang verskaf. Ten slotte, die daad van werklike ondersteuning van Amerika vir Europa en die skepping van ʼn diplomatieke verhouding wat op ekonomiese kwessies in die OEES gesentreer het, het die evolusie (ontwikkeling) van ʼn verhouding, gebaseerd op militêre en veiligheidskwessies, vergemaklik. Volgens Hoffman, die administrateur van die ESA (Ekonomiese Samewerkingsadministrasie), het die Marshall-plan die Atlantiese Alliansie (NAVO) moontlik gemaak. Baie van die operasionele metodes en programme wat onder die Marshall-plan ontwerp en getoets is, het gereelde praktyke van latere ontwikkelingspogings geword. Die ESA is byvoorbeeld gestig as ʼn onafhanklike agentskap met ʼn missie in elke deelnemende land om noue interaksie met regerings en die private sektor te verseker, ʼn model wat later deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) aangeneem is. Anders as vorige hulppogings, het die Plan beleidshervorming bevorder en kommoditeitsinvoerprogramme en teenfondse gebruik om die aanvaarding van daardie hervormings te vergemaklik en ontwikkelingsprogramme te onderneem, ʼn praktyk van USAID-programme in latere dekades. Die Marshall-plan het ook die eerste opleidingsprogramme vir deelnemers bekendgestel wat Europeërs na die Verenigde State vir opleiding gebring het. Hulle het privaatsektor-beleggings in ontvangerlande vir hefboomfinansiering (leverage) aangewend deur die gebruik van Amerikaanse regeringswaarborge. [Uit: https://www.everycrsreport.com/reports/R45079.html. Toegang op 07 Januarie 2022 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 6 (Vraestel 1) 10791/22 VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE GEDURENDE DIE 1970's BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK? BRON 2A Hierdie bron, geneem van ʼn Amerikaanse regeringswebwerf, verduidelik die betrokkenheid van buitelandse lande by die burgeroorlog in Angola, in die 1970's. Die burgeroorlog in Angola het in ʼn Koue Oorlog-slagveld ontwikkel namate die supermoondhede en hul bondgenote militêre bystand aan hul voorkeurkliënte gelewer het. Die Verenigde State het hulp en opleiding aan beide die FNLA (Nasionale Front vir die Bevryding van Angola) en UNITA (Nasionale Unie vir Algehele Bevryding van Angola) verskaf terwyl troepe van Zaïre Holden Roberto (leier van die FNLA) en sy vegters bygestaan het. China het ook militêre instrukteurs gestuur om die FNLA op te lei. Die Sowjetunie het militêre opleiding en toerusting vir die kommunistiese MPLA (Algemene Beweging vir die Bevryding van Angola) verskaf. Gedurende die somer van 1975 kon die Sowjet-ondersteunde MPLA die mag in Luanda konsolideer en die VSA-ondersteunde FNLA vanuit die hoofstad verslaan, maar die FNLA het voortgegaan om aan te val. Die MPLA het ook lank gevestigde betrekkinge met kommunistiese Kuba gehad. Voor 11 November het die MPLA met Fidel Castro (die leier van Kuba) om bystand onderhandel. Terselfdertyd het UNITA, wat Amerikaanse steun geniet het, die Apartheidsregering in Suid-Afrika genader vir militêre hulp. Pretoria, met die doel om die gebruik van Angola as ʼn basis vir rebelle wat vir die onafhanklikheid van Suid-Afrika veg, te beëindig, het Namibië beset en het magte bygedra wat suidelike Angola in Oktober binnegekom het en vinnig na die hoofstad gevorder het. In reaksie hierop het Castro Kubaanse Spesiale Magte gestuur om die Suid-Afrikaanse opmars te stuit en het daarin geslaag om aandag te vestig op die feit dat die Verenigde State ondersteuning verleen het aan ʼn groep wat nou hulp van ʼn Apartheidsregering aanvaar het. [Uit: https://www.history.state.gov/milestones/1969-1976/Angola Toegang op 05 Januarie 2022 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 7 (Vraestel 1) 10791/22 BRON 2B Die volgende uittreksel is geskryf deur J. Hanlon, ʼn Britse joernalis, in die middel 1980's. Dit beskryf hoekom Suid-Afrika by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het en uiteindelik besluit het om terug te trek. Suid-Afrikaanse aggressie teen Angola was ongewoon: dit is op ʼn groter skaal as teen enige ander land in suidelike Afrika. Nie net het dit die doeltreffendste opposisiebeweging in die streek, die Nasionale Unie vir die Totale Onafhanklikheid van Angola (UNITA) bygestaan en ondersteun nie, maar Angola is ook die enigste land waar die Suid- Afrikaanse Weermag (SAW) ʼn konvensionele oorlog voer. Ekonomiese installasies was spesiale teikens van beide UNITA en die SAW. Olie verskaf Angola se hoofbron van inkomste, so olie-installasies is herhaaldelik aangeval. Die Benguela-spoorlyn (wat die land met Zambië verbind) is sedert 1980 afgesny; plaaslike hawe- en spoorweginstallasies is gereeld aangeval. Damme, brûe, elektrisiteitslyne, die ystermyne, fabrieke, is almal getref. Die Angolese ekonomie is dus deur ʼn dekade van oorlog verpletter. Angola is ongetwyfeld ʼn bedreiging vir apartheid. Dit is polities gevaarlik omdat dit veelrassig en Marxisties is. As Angola toegelaat word om te slaag, sal dit die ideologiese grondslae van apartheidskapitalisme in Suid-Afrika vernietig. Dit is ook ʼn veiligheidsbedreiging: Angola laat ANC-opleidingskampe openlik toe. Die Suid-Afrikaners het begin om voorrade vir UNITA te stuur en opleidingskampe vir UNITA op te rig. Uiteindelik, op 16 Oktober 1975, het die Suid-Afrikaanse weermag Angola binnegeval. Teen 15 November, het die Suid-Afrikaanse weermag 700 km noord beweeg en was net 200 km van die hoofstad af. In hierdie omstandighede het die MPLA ʼn beroep gedoen om hulp van die Oosblok. Kuba en die Sowjetunie was nie bereid om die VSA en Suid-Afrika toe te laat om die MPLA te verslaan nie. [Uit: Beggar Your Neighbours: Apartheid Power in Southern Africa deur J. Hanlon] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 8 (Vraestel 1) 10791/22 BRON 2C Die volgende bron beskryf "Operasie Carlota" waarin Kuba hulp aan die MPLA verskaf het. Dit is uit ʼn artikel geskryf deur Gabriel Garcia Marquez, ʼn Colombiaanse skrywer, wat ʼn kommunis was en ʼn vriend van Fidel Castro, die leier van Kuba. Die MPLA, wat in 1956 gestig is, was die oudste bevrydingsbeweging in Angola. Dit alleen het die steun van die meeste Angolese gehad en ʼn sosiale, politieke en ekonomiese program wat die beste vir toestande in die land geskik is. Ongelukkig was die MPLA in ʼn minder gunstige militêre posisie as die vyande van die organisasie. Dit het Sowjet-wapens gehad, maar nie die mense wat in staat was om dit te hanteer nie. Daarenteen was hulle vyande goed opgelei en goed toegerus. Die FNLA en UNITA het bande met die CIA (Die Amerikaanse Sentrale Intelligensie-agentskap) gehad. UNITA was onder bevel van Jonas Savimbi – ʼn beginsellose leier wat in die verlede saam met die Portugese kolonialiste en die buitelandse maatskappye wat Angola se hulpbronne ontgin het, gewerk het. Laastens het die magtige Suid-Afrikaanse weermag Angola binnegeval om UNITA te ondersteun. Al hierdie magte, wat gebruik gemaak het van enorme ekonomiese en militêre krag, was gereed om die hoofstad, Luanda, te omsingel. Die MPLA het ʼn beroep om hulp van Kuba gedoen. Toe die Kubane die versoek ontvang het, het hulle nie slegs tot wat versoek is gebly nie: hulle het besluit om veel meer te stuur – 480 spesialiste, wat vier opleidingskampe opgerig het en sestien weermageenhede en vyf-en-twintig mortierbatterye en lugafweer-masjiengeweerpunte georganiseer het. Dit is aangevul met ʼn span weermagdokters, 115 voertuie en ʼn geskikte kommunikasienetwerk. Dit illustreer die versiendheid en daadwerklikheid (dapperheid) waarmee die Kubane die bedreiging in Angola in die gesig gestaar het. Kuba het gou meer troepe gestuur: Operasie Carlota (vernoem na die leier van ʼn slawe- opstand toe Kuba nog ʼn Spaanse Kolonie was) het begin met die versending van ʼn 650- man-eenheid, versterk deur spesiale magte. Hulle is self per vliegtuig na Luanda-lughawe vervoer. Hierdie eerste soldate het in die geheim opgedaag en was geklee in vakansieklere sonder militêre kentekens. Hulle het die voorkoms van gewone toeriste gehad en tasse gedra. In hul koffers was masjiengewere en die vragruim van die vliegtuig was gevul, nie met vakansietoerusting nie, maar met wapens. [Uit: http://www.rhodesia.nl/marquez.html. Toegang op 6 Januarie 2022 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 9 (Vraestel 1) 10791/22 BRON 2D Die bron hieronder is ʼn beeld van ʼn posseël wat in Kuba, in 2000, uitgereik is om die 25ste herdenking van die begin van Operasie Carlota te vier. Kubaanse vlag Angolese vlag Kubaanse en Angolese soldate “Die 25ste herdenking van die internasionale Kubaanse missie na die Republiek van Angola” [Uit: https://twitter.com/Louis_Allday/status/924742221458477057 Toegang op 27 Februarie 2022 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 10 (Vraestel 1) 10791/22 VRAAG 3: VOOR WATTER PROBLEME HET DIE VRYHEIDSRYERS TE STAAN GEKOM TOE SEGREGASIE OP BUSVERVOER GEDURENDE DIE 1960's IN DIE VSA UITGEDAAG IS? BRON 3A Die bron hieronder is geneem uit 'Chicago's Very Own News; Remembering the Freedom Riders 60 years later’. Dit verduidelik hoe die Vryheidsryersbeweging in 1961 per bus na die suide van Amerika gereis het om desegregasie van die interstaatlike vervoerfasiliteite af te dwing, ongeag die wrede aanvalle in die VSA. In 1955 het Rosa Parks gehelp om die Montgomery, Alabama-busstelsel te integreer toe sy geweier het om haar sitplek prys te gee, maar interstaatlike busreise het in die Suide gesegregeer gebly tot die Vryheidsritte van 1961. Bloed is vergiet en lewens is amper verloor, aangesien die nie-gewelddadige protesaksies met wrede aanvalle en tronkstraf begroet is. Op 4 Mei 1961 het ʼn klein groepie van 13 swart en wit lede van CORE, die Congress of Racial Equality, vanaf Washington, D.C. vertrek, op pad na New Orleans op wat veronderstel was om ʼn twee weke lange reis te wees om die Jim Crow-wette in die Suide uit te daag. Die eerste paar bushaltes was rustig totdat hulle Rock Hill, Suid-Carolina bereik het. Drie ryers is wreed (brutaal) aangeval omdat hulle probeer het om die “slegs blankes”- toilet te gebruik. Hoe verder suid die Vryheidsryers gegaan het, hoe venyniger was die aanvalle. In Anniston, Alabama, het ʼn skare van ongeveer 200 Ku Klux Klansmanne die bus met brandbomme bestook terwyl die polisie toekyk. Op dieselfde dag is nog ʼn groep Vryheidsryers wreed (brutaal) geslaan deur ʼn gepeupel (skare) wat hulle by die Birmingham-busstasie ingewag het. Ná die geweld in Anniston en Birmingham het CORE aangekondig dat dit die ritte beëindig. Maar die SNCC, die Student Non -Violent Coordinating Committee, (Studente Nie-Gewelddadige Koördineringskomitee), het die saak oorgeneem. Die wrede aanvalle het voortgeduur terwyl die groep in Montgomery, Alabama gery het en daarna na Jackson, Mississippi, gereis het, maar hierdie keer was die bus gelaai met gewapende troepe, gevolg deur patrolliemotors. Toe hulle van die bus afklim, met sommige van hulle steeds in die verbande van die aanvalle in Alabama, is hulle gearresteer omdat hulle probeer het om "slegs blankes" fasiliteite te gebruik. Sommige in die groep het geweier om die boete te betaal en het verkies om in die tronk te bly. Dit het nasionale, selfs internasionale media-aandag begin trek. Die “tronk, geen borgtog-taktiek” het soveel druk op die Mississippi-strafstelsel geplaas dat die Interstaat Handelskommissie beveel het dat die wit en gekleurde kennisgewing in die terminale verwyder moet word. Ná etlike maande, byna 400 arrestasies en minstens 60 ritte later, het die Vryheidsryers die oorwinning behaal. [Uit: https://wgntv.com/news/cover-story/remembering-the-freedom-riders-60-years-later/ Toegang op 05 Januarie 2022 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 11 (Vraestel 1) 10791/22 BRON 3B Die uittreksel hieronder is geneem uit die History Today Nuusbrief, bygewerk op 27 Januarie 2022 deur die ondersoekende joernalis, T. Morgan. Dit fokus op hoe die studente in Nashville, gelei deur Diane Nash, alles gewaag het om segregasie deur die Vryheidsritte in 1961 te beëindig. Die sukses van die sitbetogings het Nashville die eerste suidelike stad gemaak om middagetetoonbanke in die land te desegregeer, maar dit was net die begin vir die jong aktiviste. In 1961 het die Nashville Sentrale Studentekomitee ʼn kennisgewing van die Congress of Racial Equality, CORE, ontvang dat hulle die Vryheidsritte begin het wat van een staat na ʼn ander gereis het. Die deelnemers het hulself in toenemende gevaar van woedende gemeenskappe wat hewig teen die idee van integrasie was, bevind. Die aggressie het ʼn hoogtepunt bereik toe die Vryheidsritte in Alabama aangekom het. Op 14 Mei 1961, is busse verbrand en die aktiviste geslaan, wat hulle gedwing het om na New Orleans terug te trek. Van daar af was Nash se taak om die fakkel saam met ʼn nuwe groep Vryheidsryers te dra. “Ons het besef dat as die Vryheidsrit daar en dan na al daardie geweld beëindig word, suidelike wit rassiste sou dink dat hulle ʼn projek deur genoeg geweld kon beëindig,” sê sy. “En ons sou nie enige soort beweging vir stemreg, desegregasie van die busse en publieke akkommodasie kon hê sonder groot lewensverliese nie.” So, Nash en haar eweknieë het die Vryheidsritte voortgesit, ten spyte van die besware van baie magtige mense, insluitend Prokureur-generaal Robert Kennedy. Kennedy het sy assistent, John Seigenthaler, opdrag gegee om direk met Nash te praat in ʼn poging om die Vryheidsritte te beëindig. Met soveel bloedvergieting in Alabama het hy die voorsitter aangemoedig om terug te staan van die geweld wat ongetwyfeld vir hulle op die roete gewag het. "Mense het baie goed verstaan wat kan gebeur," sê Nash, wat aan Seigenthaler verduidelik het dat die deelnemers aan die Vryheidsritte vir haar verseëlde koeverte met hul testamente gegee het, in die geval van hul dood. “Gelukkig kon ek al daardie verseëlde koeverte terugbesorg.” Die Vryheidsritte het in die herfs van 1961 afgesluit met nog ʼn oorwinning vir die Burgerregtebeweging; die Interstaat Handelskommissie het gesegregeerde busreise en terminale onwettig gemaak, effektief vanaf 1 November. [Verwerk uit: https://www.history.com/news/diane-nash-freedom-rider-civil-rights-movement Toegang op 05 Januarie 2022 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 12 (Vraestel 1) 10791/22 BRON 3C Die uittreksel hieronder is geneem uit die meningsafdeling van die Los Angeles Times koerant. Dit is getitel Remember the Freedom Riders. Die skrywer verduidelik hoe die polisie en die FBI saamgespan het in die aanvalle teen die Vryheidsryers-protes teen segregasie in die Suidelike State van Amerika in die 1960's. ʼn 12-jarige meisie het destyds toegekyk hoe een van die twee busse wat die aktiviste van Atlanta vervoer het, op 14 Mei in Anniston, Alabama, aangekom het. ʼn Woedende skare Ku Klux Klansmanne het die Greyhound-bus van die pad gedwing en die bus met brandbomme gebombardeer. Bloedige en wrede aanrandings het die Vryheidsryers en sommige omstanders beseer (onstabiel) en gehawend gelaat. Een het 53 steke nodig gehad. Nege is in die hospitaal opgeneem. Maar wat die ryers nie geweet het nie, was dat die plan om hulle te ontmoet – en te keer – nie deur die Ku Klux Klan (KKK) alleen uitgebroei (uitgedink) is nie, maar in samewerking met die Birmingham-polisiedepartement plaasgevind het. Op Eugene “Bull” Connor se bevel, die stad se ultra-segregasie-kommissaris vir openbare veiligheid, het polisiebeamptes geheime vergaderings gehou met die leiers van die Eastview-klavern (plaaslike tak) van die Klan. Hulle het nie net die Vryheidsryers se reisplan oorhandig nie, maar hulle het ook die Klansmanne 15 tot 20 minute belowe om te doen wat hulle wou by die busstasie voor die polisie opdaag. Die samespanning van die Birmingham-polisie is laakbaar (skandelik), maar miskien nie so verbasend nie. Twee jaar later het brandslange en polisiehonde wêreldwye simbole van gewelddadige Suidelike weerstand teen rassegeregtigheid geword. Maar wat net so kommerwekkend is, is dat J. Edgar Hoover en die FBI ook bewus was van die plan om ʼn blinde oog vir die geweld te draai. Die FBI was, in die mees welwillende (behulpsame) ontleding, gevaarlik gedistansieer. Dit is ʼn deel van waaroor sistemiese rassisme gaan. Die Vryheidsryers het probeer om die sluimerende gewete van die land wakker te maak. [Uit: https://www.latimes.com/opinion/story/2021-05-14/freedom-riders-police-fbi-klan Toegang op 05 Januarie 2022 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 13 (Vraestel 1) 10791/22 BRON 3D Die foto hieronder hang by die Freedom Riders National Monument in Anniston, geneem deur ʼn onbekende fotograaf. Dit beeld die brandende Greyhound-bus uit wat Vryheidsryers op 14 Mei 1961 na Anniston vervoer het. Hulle is deur wit skares geslaan en ernstig beseer nadat hulle van die bus afgeklim het. [Uit https://newschannel9.com/news/local/freedom-riders-national-monument-now-open-in-anniston Toegang op 05 Januarie 2022 verkry.] EINDE
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 14 (Vraestel 1) 10791/22 ERKENNNGS Visuele bronne en ander historiese inligting is uit die volgende geneem: Beggar Your Neighbours: Apartheid Power in Southern Africa by J. Hanlon http://www.rhodesia.nl/marquez.html. https://mcrl.libguides.com/big_picture https://newschannel9.com/news/local/freedom-riders-national-monument-now-open-in-anniston https://twitter.com/Louis_Allday/status/924742221458477057 https://wgntv.com/news/cover-story/remembering-the-freedom-riders-60-years-later/ https://www.com.this-day-in-history/soviet-union-rejects-marshall-plan-assistance https://www.everycrsreport.com/ reports/R45079.html. https://www.history.com/news/diane-nash-freedom-rider-civil-rights-movement https://www.history.state.gov/milestones/1969-1976/Angola https://www.latimes.com/opinion/story/2021-05-14/freedom-riders-police-fbi-klan www.loc.gov/exhibits/marshall/marsh-overview.html.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 7 (Vraestel 1) 10791/22 VRAAG 3: VOOR WATTER PROBLEME HET DIE VRYHEIDSRYERS TE STAAN GEKOM TOE SEGREGASIE OP BUSVERVOER GEDURENDE DIE 1960's IN DIE VSA UITDAAG IS? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Noem die persoon in die bron wat gehelp het om die Montgomery, Alabama-busstelsel te integreer. (1 x 1) (1) 3.1.2 Haal bewyse uit die bron aan wat toon dat die nie-gewelddadige protesaksie met brutaliteit begroet is. (1 x 1) (1) 3.1.3 Definieer die konsep Jim Crow-wette in die konteks van segregasie op interstaatlike busse in die Suidelike State van Amerika gedurende die 1950's. (1 x 2) (2) 3.1.4 Verduidelik wat die studente gemotiveer het om voort te gaan met die Vryheidsritte, ongeag die verwagte wrede aanvalle van die wit heerssugtiges. (1 x 2) (2) 3.1.5 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word deur die verklaring in die bron, 'Dit het nasionale, selfs internasionale media-aandag begin trek,’ in die konteks van die Vryheidsritte-protes. (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Definieer die begrip desegregasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.2.2 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die bedoelings van die Vryheidsryers met betrekking tot die interstaatlike busse in Amerika gedurende die 1960's. (2 x 2) (4) 3.2.3 Noem DRIE prestasies van die Vryheidsryers wat deur die leier van die Vryheidsryers, Diane Nash, in die bron uiteengesit is. (3 x 1) (3) 3.2.4 Haal bewyse uit die bron aan wat toon dat die Vryheidsryers hul dood tydens die betoging verwag het en daarvoor voorberei het. (1 x 2) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 8 (Vraestel 1) 10791/22 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Watter optrede volgens die bron dui daarop dat die Ku Klux Klansmanne vasbeslote was om die Vryheidsryers te keer om op 14 Mei 1961 deur Anniston te gaan? (3 x 1) (3) 3.3.2 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom die polisie en die FBI met die Klansmanne saamgespan het om die Vryheidsryers wreed aan te val. (1 x 2) (2) 3.3.3 Noem TWEE aspekte, uit die bron, wat die simbole van gewelddadige polisiebrutaliteit in suidelike Amerika tydens die betogings in die 1960's geword het. (2 x 1) (2) 3.3.4 Lewer kommentaar oor die betroubaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat navorsing oor die uitdagings wat die Burgerregtebewegingaktiviste in die gesig gestaar het, doen. (2 x 2) (4) 3.4 Raadpleeg Bron 3D. 3.4.1 Watter boodskappe oor die Vryheidsritte word deur die foto uitgebeeld? (2 x 2) (4) 3.4.2 Lewer kommentaar oor hoe die volgende groepe op die foto gereageer het: (a) Lede van die Burgerregtebeweging (1 x 2) (2) (b) Lede van die Ku Klux Klan (1 x 2) (2) 3.5 Vergelyk Bronne 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in 3D die inligting in 3C ondersteun aangaande die wit heerssugtiges se gewelddadige reaksie op Amerikaners wat teen rasseskeiding op die interstaatlike busse betoog het. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting en relevante bewyse uit die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die probleme verduidelik wat die Vryheidsryers in die gesig gestaar het toe hulle segregasie op busvervoer gedurende die 1960's in die VSA uitgedaag het. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 9 (Vraestel 1) 10791/22 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM '... met al die militêre mag kon die Verenigde State van Amerika nie ʼn klein nasie van kleinboere in Viëtnam verslaan nie.' Bespreek hierdie stelling krities in die lig van die Verenigde State van Amerika se betrokkenheid in Viëtnam tussen 1965 en 1975. Motiveer jou antwoord deur relevante voorbeelde te gebruik. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO Die Kongo was nie suksesvol om politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele verandering teweeg te bring nadat onafhanklikheid van koloniale heerskappy bereik is nie. Stem jy saam met die bogenoemde stelling? Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWINGSBETOGINGS VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE VSA Verduidelik tot watter mate die Swartmag-filosofie die lewens van Afro-Amerikaners wat in die VSA gewoon het, in die 1960's en 1970's verander het. Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] TOTAAL: 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 History

View all