Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2022
NASIENRIGLYNE
GESKIEDENIS VRAESTEL 1 (10791)
25 bladsye
Skip to contentAll 2022 papers %202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
View all





History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Gauteng Mock Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke word gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe
Historiese vaardighede Gewig van vrae
vlakke
• Uittreksel van bewyse uit bronne
• Keuse en organisasie van relevante inligting uit 30%
VLAK 1
bronne (15 punte)
• Definieer historiese konsepte/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting wat uit bronne versamel is
(20 punte)
• Ontleed bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Bespreek bronne om die nuttigheid,
betroubaarheid, vooroordeel en beperkings te
bepaal 30%
VLAK 3
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15 punte)
perspektiewe wat in bronne aangebied word en
verkry ʼn onafhanklike gevolgtrekking
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• In die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet aan enige ander geldige en relevante
standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde gegee word.
• In die toekenning van punte, moet klem geplaas word op hoe die vereistes van die vraag
aangespreek is.
• In die nasienriglyne word die vereistes van die vraag (vaardighede wat aangespreek moet
word) asook die vlak van die vraag kursief aangedui.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argumente te struktureer in ʼn logiese en samehangende
wyse. Hulle moet die relevante inligting kies, organiseer en saamvoeg sodat hulle ʼn
redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument kan aanbied om die vraag wat gestel
word, te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn gevolgtrekking het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarvan bewus wees dat die inhoud van die antwoord beïnvloed sal
word deur die handboeke wat by die sentrum gebruik word.
• Kandidate kan enige ander relevante inleiding en/of gevolgtrekking hê as dié wat by
ʼn spesifieke opstel nasienriglyn vir ʼn spesifieke opstel ingesluit is.
• Wanneer oop-einde, brongebaseerde vrae geassesseer word, moet leerders krediet
kry vir enige ander relevante antwoorde.
2
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel sal holisties (in sy geheel) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die nasiener die algehele produk evalueer, sonder om die komponente dele afsonderlik
aan te teken. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening te bied
deur geselekteerde feitelike bewyse te gebruik om ʼn argument te ondersteun. Daar sal
nie van die leerder verwag word om bloot 'feite' weer te gee om ʼn hoë punt te behaal nie.
Hierdie benadering ontmoedig leerders om 'model' antwoorde voor te berei en hulle te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag te oorweeg. Holistiese
assessering, in teenstelling met inhoudsgebaseerde assessering, penaliseer leerder nie
vir ontoereikende taal nie. Klem word op die volgende geplaas:
• Die konstruksie van die argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om die argument te ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel beoordeel word.
2.4.2 Tydens die lees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante
inleiding, (wat deur ʼn kolpunt in die nasienriglyn aangedui word) die belangrikste
aspekte/liggaam van die opstel wat die lyn van argument onderhou/verdedig (wat
deur kolpunte in die nasienriglyn aangedui word) en ʼn relevante slot (wat deur ʼn
kolpunt in die nasienriglyn aangedui word).
Byvoorbeeld, in ʼn opstel waar daar vyf (5) hoofpunte is, kan daar sewe (7)
regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte tydens die nasien van ʼn opstel.
P Punt: Die kandidaat stel die opstel bekend deur ʼn
argumentslyn duidelik te stel/ʼn belangrike punt te maak.
Elke paragraaf moet ʼn punt insluit wat die belangrikste
hoofgedagte (argumentslyn) ondersteun wat in die inleiding
bekendgestel is.
E Verduideliking: Die kandidaat moet die hoofgedagte in meer
detail verduidelik en hoe dit verband hou met die vraag wat
gestel word (argumentslyn).
E Voorbeeld: Kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud
te kies wat relevant is vir die argumentslyn. Relevante
voorbeelde moet gegee word om die argumentslyn te
onderhou.
L Skakel: Kandidate moet verseker dat die argument regdeur
volgehou word en samehangend geskryf word.
3
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word wanneer ʼn opstel geassesseer word:
• Inleiding, hoofaspekte en gevolgtrekking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• argumentslyn LOA
2.5 Die matriks
Gebruik van die matriks in die nasien van opstelle
In die nasien van opstelle moet die kriteria soos voorsien in die matriks gebruik word. Let
op na die inhoud en aanbieding by die assessering van die opstel. By die snypunt van
die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe bevoegdheidsvlakke, moet ʼn punt
toegeken word.
(a) Die eerste nasien van uitgebreide skryfwerk sal wees om te bepaal tot
watter mate die hoofaspekte gedek word en om die inhoudsvlak (op die
matriks) aan te dui.
I VLAK 4
(b) Die tweede lesing van uitgebreide skryfwerk hou verband met die vlak (op
die matriks) van aanbieding.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met die gebruik van die matriks.
I VLAK 4 }26–27
A VLAK 3
4
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed beplande Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys van Poging aangewend om Weinig of geen poging
en gestruktureerde beplande en gestruktureerde en gestruktureer. ʼn antwoord te om die opstel te
opstel. Goeie sintese gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. Grootliks struktureer nie.
van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn duidelike sekere mate beplande argument. beskrywend of poog om
inligting. Het ʼn goed argument is gevolg. argument te gebruik om Poog om ʼn argument argument te ontwikkel.
gebalanseerde, Bewyse gebruik om ontwikkel. argument te vol te hou. Geen poging om ʼn
oorspronklike die argument te Gevolgtrekking ondersteun. Gevolgtrekking nie
gevolgtrekking te maak
argument ontwikkel verdedig. Poog om ʼn gemaak uit bewyse Slotsom bereik op duidelik ondersteun
nie.
met bewyse. onafhanklike om die argument te grond van bewyse. deur bewyse nie.
Argument gevolgtrekking uit
INHOUD ondersteun.
die bewyse te maak
deurgaans volgehou
om die argument te
en verdedig.
ondersteun.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten volle
47 – 50 43 – 46
relevant tot argument
wat gevolg is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudskeuse relevant
tot argument wat gevolg
43 – 46 40 – 42 38 – 39
is.
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38 – 39 36 – 37 34 – 35 30 – 33 28 – 29
toereikend en relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of irrelevante
30 – 33 28 – 29 26 – 27
keuse van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
nie. Hou soms nie
26 – 27 24 – 25 20 – 23
verband met die vraag
nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. 20 – 23 18 – 19 14 – 17
Inhoud skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad nie. 14 – 17 0 – 13
Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van ʼn punt vir Vlak 1:
• Vraag glad nie aangespreek nie/heeltemal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te
struktureer nie. =0
• Antwoord sluit basiese en oor die algemeen irrelevante inligting in, geen poging om die opstel
te struktureer nie. =1–6
• Vraag onvoldoende aangespreek en vaag; min poging om die opstel te struktureer. = 7 – 13
5
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN KOUE OORLOG-SPANNING
TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE
SOWJETUNIE (USSR) VANAF 1947 VERERGER?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]
• Wydverspreide honger
• Werkloosheid
• Behuisingstekorte (3 x 1) (3)
1.1.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1A – L1]
• Regeringstelsel waar private eienaarskap nie toegelaat word nie
• Staatseienaarskap van die ekonomie/klaslose samelewing
• Die rykdom van die land word gelykop verdeel en
produksiemiddele deur die staat beheer word
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]
• Om hongersnood in die groot oorlogsgebiede te voorkom
• die verwoesting van daardie gebiede so vinnig as moontlik te herstel
• Om ekonomiese heropbou te begin (3 x 1) (3)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]
• Om die verspreiding van kommunisme in Wes-Europa te voorkom
• Stabiliseer die internasionale orde op ʼn wyse wat gunstig is vir die
ontwikkeling van politieke demokrasie en vryemark ekonomieë
• ʼn Ekonomiese plan om die Koue Oorlog-spanning verder te
versterk vir die VSA om sy oorheersing aan die USSR te bewys
• Amerikaanse ekonomiese strategie om die dollar/geldeenheid uit te
brei en te versterk Enige (2 x 1) (2)
1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2]
• USSR en die Russiese satellietstate het die Marshall-plan as ʼn
kapitalistiese plan deur die VSA beskou.
• Hulle wou hulleself nie met die VSA assosieer nie weens die Koue
Oorlog-spanning/ sien dit as ‘n slenter van die VSA
• Hulle het in kommunisme geglo.
• Die Russiese satellietstate is verlei/gelok om by kapitalisme aan te
sluit en kommunisme verontagsaam
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
6
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L1]
• Molotov (1 x 1) (1)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – L2]
• Die Marshall-plan het ekonomiese hulp aan Duitsland ingesluit,
want tydens WW2 het Duitsland die USSR vernietig.
• Die USSR het geglo dat hulle beheer en vryheid moet hê oor enige
ekonomiese hulp wat die Marshall-plan aan Duitsland sou bied.
• Die USSR wou die presiese bedrag geld weet wat elke nasie uit die
Marshall-plan sou ontvang.
• Die USSR wou die bepalings en voorwaardes bepaal van die
finansiële hulp wat Amerika beoog het om aan ander lande te bied.
• Die USSR het een of ander vorm van deursigtigheid en
aanspreeklikheid van die VSA geëis rakende die Marshall-plan.
• Die USSR het ʼn vermoede gehad van ʼn verborge agenda agter die
Marshall-plan wat uiteindelik Europese ekonomieë sou vernietig,
terwyl die VSA ongelooflike ekonomiese wins sou maak.
• Hulle het dit beskou as 'n dollar-diplomasie wat by Russiese sake
inmeng
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L1]
• ‘ ʼn plan vir inmenging in die binnelandse sake van ander lande’
(1 x 1) (1)
1.2.4 [Ontleed, interpreteer die bruikbaarheid van Bron 1B – L3]
• Die bron verwoord die Sowjetunie se negatiewe houding jeens die
Marshall-plan.
• Die bron verduidelik die redes vir die USSR se beswaar teen die
Marshall-plan, ten spyte daarvan dat ander lande soos Frankryk en
Brittanje hul ondersteuning van die VSA se plan bevestig het.
• Verduidelik hoe die VSA die Sowjet-verwerping van die Marshall-
plan beskou het
• Toon hoe die USSR vasbeslote was om hul stryd teen kapitalisme
en die kommunistiese ideologie na te streef
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
7
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
1.3 1.3.1 [Interpretasie van die spotprent, Bron 1C – L2]
• Dit wys hoe die VSA (W. Averell Harriman – Sekretaris van Handel)
– die Marshall-plan – ʼn been, gebruik het om Wes-Europa – honde
te lok tot die ekonomiese herstelplan in 1947/te beheer/deur die
VSA.
• Wes-Europa het pas die verwoestende gevolge van die Tweede
Wêreldoorlog gely, en het daarom die Amerikaanse plan gesien as
ʼn plan om hulle van honger en armoede te red – kwylende honde
toon desperaatheid vir die Marshall Plan.
• Die spotprent toon die diepte van armoede in Wes-Europa –
vegtende honde, wat die vlak van angs en desperaatheid van
daardie lande verteenwoordig.
• Die spotprent beeld uit hoe die VSA die Marshal-plan gebruik het om
die lande te beheer wat die ekonomiese plan – hondeleiband –
aanvaar het.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – L2]
Die Sowjet-spotprenttekenaar spreek ʼn negatiewe siening van die
Marshall-plan uit:
• ʼn Amerikaanse plan wat daarop gemik is om wins uit arm Europese
lande uit te pers (dollardiplomasie)
• Die Marshall-plan word uitgebeeld as ʼn been wat gebruik word om
Europese lande te lok; dit is in stryd met die 'humanitêre aard' van
die plan soos Europese lande geflous is om te glo.
• Europese lande word deur honde verteenwoordig. Dit beeld ʼn
negatiewe konnotasie uit deur te wys dat hulle desperaat en arm is;
en moes staatmaak op die Marshall-plan (monopoliekapitaal).
• Die spotprenttekenaar het geglo dat die Marshall-plan ʼn
Amerikaanse plan was om arm Europese lande met sy ideologie
van kapitalisme te beheer en te beïnvloed.
• Volgens die spotprenttekenaar was die VSA genadeloos en het
hulle niks vir die arm lande (vegtende honde en ʼn dooie hond)
omgegee nie/veroorsaak konflik
• Die arm is ekstra lang wat wys dat Amerika sy invloedsfeer uitbrei
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – L1]
• 'Verhoogde uitvoer uit Europa'
• 'EHP- toelae en lenings vir die aankoop van Amerikaanse goedere'
(2 x 1) (2)
1.4.2 [Verduideliking van historiese konsepte uit Bron 1D – L2]
• Die VSA se ekonomiese herstelplan tydens die Koue Oorlog was
om die ekonomieë van die Europese lande wat erg deur die
Tweede Wêreldoorlog geraak is, te laat herleef.
• ʼn Amerikaanse ekonomiese plan geïnisieer om kapitalisme in
Europa tydens die Koue Oorlog te bevorder.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – L2]
• Marshall Plan het ʼn grondslag gelê vir Westerse moondhede om
onder sy vaandel te verenig.
• Dit het die diplomatieke verhouding tussen Wes-Europese lande
gestimuleer en laat herleef.
• Ekonomiese en politieke interaksie tussen lande wat Amerikaanse
ekonomiese hulp na WW2 gesoek het, aangemoedig en
gefasiliteer.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – L2]
• As ʼn instelling wat die verhouding tussen regerings en die private
sektor sal fasiliteer tussen lande wat aan die Europese Herstelplan
deelneem.
• Dit het die private maatskappye in lande aangemoedig om te belê
en met regerings saam te werk om ekonomiese groei te stimuleer.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.5 [Vergelyking van inligting uit Bron 1B en 1D – L3]
• Bron 1B meld dat Rusland die Marshall-plan as Amerikaanse dominansie
en imperialistiese stelsel gesien het en Bron 1D verduidelik ekonomies
interafhanklikheid.
• In beide Bronne 1B en 1D, word die Marshall-plan beskryf as ʼn plan om
Wes-Europa te red.
• In beide Bronne 1B en 1D word verduidelik dat die VSA hulp aan Wes-
Europese lande verskaf het.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
9
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne en eie
kennis – L3]
Kandidate moet ʼn begrip toon van hoe die Marshall-plan die Koue Oorlog-
spanning tussen die Verenigde State van Amerika (VSA) en die Sowjetunie
(USSR) vanaf 1947 verhoog het.
• Die Verenigde State van Amerika het die Marshall-plan ingestel om
verwoeste Wes-Europese lande na WW2 te help. (Bron 1A)
• Die plan is daarop gemik om wydverspreide honger, werkloosheid en
behuisingstekorte te bekamp in lande wat bereid was om die Marshall-plan
te aanvaar. (Bron 1A)
• Die plan was egter nie net ekonomies nie, maar ook polities, aangesien
daar van lande wat die Marshall-plan aanvaar het verwag is om die
ideologie van kapitalisme aan te neem. (Eie Kennis).
• Die Marshall-plan was gerig teen die voorkoming van die verspreiding van
kommunisme in Wes-Europa en om politieke demokrasie en
vryemarkekonomieë te stabiliseer. (Bron 1A).
• Die Sowjetunie en sy satellietstate het geweier om aan die besprekings oor
die Marshall-plan deel te neem. (Bron 1A en 1B).
• Die USSR het die Marshall-plan beskou as ʼn imperialistiese en
kapitalistiese dollardiplomasie wat daarop gemik was om die Amerikaanse
monopoliekapitaal te versterk, in plaas daarvan om lande by te staan. (Eie
kennis).
• Die USSR wou vry bly van Amerikaanse ekonomiese imperialisme en
oorheersing. (Bron 1B).
• Die Marshall-plan, volgens Bron 1D, het wel prestasies behaal, soos die
bekendstelling van opleidingsprogramme om onderlinge verbondenheid
tussen regerings en die private sektor te verbeter.
• Marshall-plan is gebruik om die status van die VSA te verbeter. (Eie
Kennis)
(Enige ander relevante antwoord) (8)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken.
VLAK VLAKBESKRYWINGS PUNTE
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv., toon geen of ʼn
mate van begrip van hoe die Marshall-plan Koue Oorlog-
PUNTE
VLAK 1 spanning tussen die VSA en die USSR vanaf 1947
0–2
vererger het nie.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband
met die onderwerp, bv., toon hoe die Marshall-plan Koue
Oorlog-spanning tussen die VSA en die USSR vanaf 1947 PUNTE
VLAK 2
vererger het. 3–5
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te
skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv., toon ʼn deeglike begrip van
hoe die Marshall-plan Koue Oorlog-spanning tussen die
PUNTE
VLAK 3 VSA en die USSR vanaf 1947 vererger het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf
wat ʼn begrip van die onderwerp toon.
[50]
10
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE GEDURENDE DIE 1970's BY
DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]
• USSR – ‘MPLA’
• USA – ‘FNLA/UNITA’
• China – ‘FNLA’ (3 x 1) (3)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]
• Fidel Castro (1 x 1) (1)
2.1.3 [Verduideliking van historiese konsepte Bron 2A – L2]
• ʼn Konflik tussen twee of meer groepe binne dieselfde land. In die geval
van Angola, tussen UNITA en ander rebellegroepe aan die een kant
en die MPLA aan die ander kant.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – L2]
• Die USSR was ook ʼn kommunistiese staat en wou die Marxistiese
MPLA help en die omverwerping daarvan verhoed.
• Die USSR het teen die belange van die VSA opgetree in die konteks
van die Koue Oorlog (wou die verspreiding van kapitalisme beperk).
• Die USSR wou die hulpbronne van Angola hê (bv., olie, diamante).
• Die USSR wou Angolese basisse hê (Angola het uitstekende toegang
tot die Atlantiese Oseaan vir Russiese skepe gebied).
• Die USSR wou die ineenstorting van kommunisme in Angola
voorkom/die verspreiding van kommunisme in Afrika bevorder.
• Die USSR het Kuba ondersteun as 'n gevolmagtigde wat die MPLA
ondersteun het.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
11
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
• ‘dit is op ʼn groter skaal as teenoor enige ander land in suider-Afrika.’
(1 x 1) (1)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
• Olie-installasies
• Benguela-spoorlyn
• Plaaslike spoorinstallasies
• Hawe-installasies
• Damme
• Brûe
• Elektrisiteitslyne
• Ystermyne
• Fabrieke Enige (4 x 1) (4)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]
• Hulle wou die MPLA/sy bondgenote verswak.
• Ekonomiese skade sal die MPLA se oorlogspoging verswak.
• Om minder geld te hê, lei direk tot minder militêre krag.
• Hulle wou die MPLA dwing om oor te gee.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]
• Dit was polities gevaarlik omdat dit veelrassig en Marxisties was.
• As Angola toegelaat word om te slaag, sal dit die ideologiese
grondslae van apartheid vernietig.
• Angola was ook ʼn veiligheidsbedreiging: Angola het ANC-
opleidingskampe toegelaat.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
12
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]
• ‘Dit het Sowjet-wapens gehad, maar nie die mense wat in staat was
om dit te hanteer nie.’ (1 x 1) (1)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]
• 480 spesialiste, wat 4 opleidingskampe opgerig en 16 infanterie-
eenhede en vyf-en-twintig mortierbatterye en lugafweer-
masjiengeweerpunte georganiseer het
• Span weermagdokters
• 115 voertuie
• Geskikte kommunikasienetwerk
• 650-man bataljon soldate
• Spesiale magte
• Masjiengewere
• Ligte artillerie
• Persoonlike vuurwapens
• Groot 75 mm-gewere
• Drie 82 mm mortiere Enige (4 x 1) (4)
2.3.3 [Interpretasie/Ontleding van bewyse uit Bron 2C – L2]
• Hulle wou nie hul vyande waarsku nie.
• Hulle wou die verrassingselement hê.
• Hulle wou nie hê die Amerikaners moet daarvan weet en dalk ingryp nie.
• Hulle wou nie hê iemand moes hulle keer voor hulle daar kon kom nie.
• Hulle wou nie ʼn internasionale voorval skep nie.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
2.3.4 [Interpretasie/Ontleding van bewyse uit Bron 2C – L2]
• Carlota was ʼn leier in ʼn slawe-opstand/geveg vir vryheid – Kuba het
hulself gesien as vegters vir Angolese vryheid.
• Die Kubane wou as vryheidsvegters gesien word.
• Inspirerende figuur in Kuba: gepaste naam vir ʼn belangrike sending.
• Hulle wou hulde bring aan die Kubaanse voorvaders wat weens
slawehandel gesterf het.
(Enige ander relevante antwoord.) Enige (1 x 2) (2)
2.3.5 [Evaluering van vooroordeel uit Bron 2C – L3]
• Hierdie bron is geskryf deur ʼn pro-Kubaanse skrywer, GC Marquez
en sal natuurlik die Kubane en hul aktiwiteite in Angola bevoordeel.
• Die skrywer was ʼn vriend van Castro – hy sou bevooroordeeld in
sy/Kuba se guns gewees het en die Kubane ondersteun het om die
MPLA te help.
• Die skrywer was self ʼn kommunis – hy sou die kommunistiese
MPLA/Kuba bevoordeel.
• Die skrywer was ʼn kommunis en sou natuurlik teen die kapitalistiese
UNITA/SA/VSA wees.
• Die bron is eensydig: Dit gee net die Kubaanse kant.
• Die bron laat na om die UNITA/SA/VSA-perspektief te verskaf.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
13
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
• Kuba help Angola – die Kubaanse soldate marsjeer saam met die
Angolese.
• Kuba het militêre bystand aan Angola verleen – van die soldate dra
gewere.
• Kuba en Angola is bondgenote – daar is ʼn Kubaanse en ʼn Angolese
vlag saam.
• Die Kubane is trots op hul betrokkenheid by Angola – hulle het ʼn
herdenkingseël uitgereik.
• Operasie Carlota was ʼn sukses – die Kubane herdenk die
gebeurtenis.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
• Die Kubane het geglo dat hul betrokkenheid by Angola positief was.
• Die Kubane het geglo dat hulle die stryd in Angola gewen het.
• Hulle het geglo dat hulle Angola/die MPLA gered het.
• Hulle het hul betrokkenheid by Angola as ʼn sukses beskou.
• Hulle het geglo dat hulle gewen het in hul stryd teen Suid-Afrika en
UNITA/ Hulle het geglo dat die kommuniste gewen het.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en 2D – L3]
• 2C: Kuba het soldate verskaf om die MPLA by te staan. 2D: Dit wys
Kubaanse soldate met MPLA-soldate.
• 2C: Kuba het wapens vir die MPLA verskaf. 2D: Dit wys soldate wat
wapens dra.
• 2C: Kuba het die MPLA ondersteun. 2D: Dit wys Kubaanse soldate
sy-aan-sy met MPLA-soldate.
• 2C: Die MPLA het Castro om bystand gevra. 2D: Dit wys Kubaanse
soldate met MPLA-soldate.
• 2C: Ons word meegedeel dat Kuba meer hulp verleen het as wat
gevra is. 2D: Dit wys baie troepe in die agtergrond.
• 2C: Bron bespreek die Kubaanse ingryping in Angola. 2D: Dit wys
duidelik Kubaanse soldate in Angola.
• 2C: Die bron beskou die Kubaanse ingryping in ʼn positiewe lig.
• 2D: Die Kubane vier die herdenking van die ingryping.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
14
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit alle bronne en eie kennis – L3]
• Die VSA het UNITA/FNLA ondersteun (Bron 2A).
• Die VSA wou die USSR se belange in Angola teëwerk (eie kennis).
• Zaïre het Holden Roberto/FNLA gehelp (Bron 2A).
• Die Sowjets het die MPLA gehelp (Bron 2A).
• Die USSR, Kuba en die MPLA het ʼn gemeenskaplike ideologie
(kommunisme) gedeel (Bronne 2A en 2D).
• Kuba het die MPLA bygestaan (Bron 2A, 2C en 2D).
• SA het UNITA bygestaan (Bron 2A en 2B).
• SA/UNITA het ekonomiese teikens aangeval (Bron 2B).
• SAW het groot skade aan die ekonomie van Angola aangerig (Bron 2B).
• Angola is as ʼn bedreiging vir Apartheid SA beskou (Bron 2B).
• MPLA was swak sonder hulp van buite (Bron 2C).
• Kuba het verskeie vorme van militêre hulp verskaf (Bron 2C).
• Kuba wou Marxisme bevorder (Bron 2C).
• Kuba het hul betrokkenheid by die Angolese konflik in ʼn positiewe lig
beskou (Bron 2D).
• Die Angolese Burgeroorlog het ʼn volmagoorlog geword wat deur Koue
Oorlog-magte georkestreer is/Voortsetting van Koue Oorlog (eie kennis)
• Oorlog aangevuur deur geld wat verkry is uit die verkoop van olie/ diamante
aan buitestanders (eie kennis).
•
(Enige ander relevante antwoord) (8)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken.
VLAK VLAKBESKRYWINGS PUNTE
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse. Toon min
begrip van hoekom buitelandse moondhede
gedurende die 1970's by die Angolese
PUNTE:
VLAK 1 Burgeroorlog betrokke geraak het.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp te
rapporteer of kan nie oor onderwerp verslag doen
nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groter mate
verband met die onderwerp. Toon ʼn begrip van
hoekom buitelandse moondhede gedurende die PUNTE:
VLAK 2
1970's by die Angolese Burgeroorlog betrokke 3–5
geraak het.
• Gebruik bewyse uit die bronne op ʼn basiese wyse.
• Bewyse is relevant en hou verband met die
onderwerp. Toon deeglike begrip van waarom
buitelandse moondhede gedurende die 1970's by PUNTE:
VLAK 3
die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. 6–8
• Gebruik bewyse effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon.
[50]
15
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
VRAAG 3: VOOR WATTER PROBLEME HET DIE VRYHEIDSRYERS TE STAAN
GEKOM TOE SEGREGASIE OP BUSVERVOER GEDURENDE DIE
1960's IN VSA UITGEDAAG IS?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• Rosa Parks (1 x 1) (1)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• ‘Bloed is vergiet en lewens is amper verloor …’ (1 x 1) (1)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]
• Gesegregeerde fasiliteite op alle openbare vervoermiddele het dit
moeiliker gemaak vir swart burgers om te reis.
• Die Afro-Amerikaners het arrestasie of polisie-brutaliteit in die gesig
gestaar as hulle die slegs-wit sitplekke in die bus of openbare fasiliteite
by bushaltes gebruik het.
• Afro-Amerikaners kon nie met die interstaat busse reis nie omdat hulle
as minderwaardig behandel is en nie toegelaat is om met die blankes
in die suidelike state te integreer nie.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]
• Die studente is bemoedig deur die oorwinning van die
Burgerregtebeweging in Montgomery, waar die howe wette
goedgekeur het wat alle busvervoer en fasiliteite gedesegregeer het.
• Die studente was aktiewe deelnemers aan die ‘sit-ins’ wat gelei het tot
die desegregasie van openbare fasiliteite.
• Hulle was vasbeslote om segregasie in ‘n nie-gewelddadige manier
• te beëindig, veral in die suidelike state van Amerika wat voortgegaan
het om die Jim Crow-wette te beoefen/
• Die studente se doel was om die implementering van die wette wat
onlangs aangeneem is om segregasie in Amerika te beëindig, te toets.
• Dit was nog ʼn vorm van protes wat uiteindelik tot gelykheid in Amerika
sou bydra.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
16
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]
• Die Vryheidsryers het nasionale en internasionale aandag gevestig op die
groter stryd om burgerregte, wat nuwe aktiviste en organiseerders na die
Burgerregtebeweging gelok het
• Die Vryheidsryers het meer steun vir die Burgerregtebeweging regoor die
land geïnspireer en gemobiliseer/ Dit was 'n strategie wat hulle gebruik het
om nasionale en internasionale blootstelling en ondersteuning te kry.
• Blankes in die noorde het die geweld teen die Vryheidsryers gesien. Hulle
het ook teen die segregasioniste in die suide gedraai.
• Dit het groot druk op die federale regering geplaas om betrokke te raak en
by die hofuitspraak en die grondwet van Amerika te hou.
• Die Vryheidsryers het op busse van Washington, D.C. na Jackson,
Mississippi gereis, die ryers het gewelddadige opposisie in die diep suide
ontlok, wat na nasionale steun gelei het.
• Die Vryheidsryers het die regering gedwing om die hofuitspraak in werking
te stel.
• Die Kennedy-administrasie was verleë oor die nasionale opspraak en is
gedwing om gelykheid te beoefen en segregasie in Amerika te beëindig.
• Uitgebreide mediaberigte oor die Vryheidsritte het Amerika, wat
voorstanders van demokratiese beginsels was, nasionaal en internasionaal
in die verleentheid gestel, veral toe Sowjet-Rusland, ʼn kommunistiese land,
oor die gewelddadige aanvalle begin berig het.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.2 3.2.1 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 3B – L1]
• Die proses om die skeiding van twee groepe te beëindig, gewoonlik met
verwysing na rasse.
• Die proses om die skeiding van verskillende rasse-, godsdiens- of kulturele
groepe te beëindig na aanleiding van die menseregte-verklaring.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – L2]
• Vryheidsryers het probeer om "slegs blankes" toilette en middagetetoonbanke
by busstasies in Alabama, Suid-Carolina en ander suidelike state te gebruik.
Hulle doel was om segregasie op interstaatlike busse en busterminale uit te
daag.
• Die howe het beslis dat fasiliteite wat bedoel is om passasiers wat oor
staatslyne reis te bedien, soos busstasie-badkamers en kafees, geïntegreer
moes word. Maar beide uitsprake is wyd geïgnoreer, wat burgerregte-aktiviste
aangespoor het om die aandag op die staat se voortgesette segregasie te
vestig.
• Vryheidsryers was groepe Burgerregte-aktiviste, wit en swart, wat in 1961
aan Vryheidsritte deelgeneem het, op busritte deur die Amerikaanse Suide
om teen gesegregeerde busterminale te betoog.
• Hulle plan was om New Orleans, Louisiana op 17 Mei te bereik om die
sewende herdenking van die Hooggeregshof se Brown v. Board of Education
se besluit te herdenk, wat beslis het dat segregasie van die land se openbare
skole ongrondwetlik was.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
17
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• Stemreg
• Desegregasie van die busse
• Publieke akkommodasie (3 x 1) (3)
3.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• ‘deelnemers aan die Vryheidsritte vir haar verseëlde koeverte met hul
testamente gegee het, in die geval van hul dood.’ (1 x 2) (2)
3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – L1]
• Brandbomme na die bus geslinger
• Die passasiers wat die bus ontvlug het, is aangerand
• Bloedige en wrede aanrandings het die Vryheidsryers en sommige
omstanders beseer (onstabiel) en gehawend gelaat.
• Een het 53 steke nodig gehad.
• Nege is gehospitaliseer. (3 x 1) (3)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – L2]
• Die Burgerregtebeweging se betogingswyses het meer effektief
geword om segregasie te beëindig, die KKK, rassistiese polisie en
ander wit regeringsamptenare het saamgewerk om die oppergesag
van die blankes in Amerika te verdedig.
(Enige ander relevante antwoord.) Enige (1 x 2) (2)
3.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – L1]
• ‘Brandslange’
• ‘Polisiehonde’ (2 x 1) (2)
3.3.4 [Interpretasie en evaluering van die betroubaarheid van Bron 3C – L3]
Die bron is BETROUBAAR omdat:
• Die 12-jarige het die aankoms van die interstaatlike bus gesien wat die
aktiviste vervoer het wat op 14 Mei 1961 wreed deur die Klansmanne
aangeval is
• Dit is bevestig deur Bron 3D. Die bus wat die aktiviste vervoer het, en
op 14 Mei 1961 in Anniston, Ala. aan die brand gesteek is, die foto's
van die gebrande bus is geraam en in verskeie Amerikaanse
museums opgehang wat die gebrande bus in Anniston weerspieël, wat
in ʼn rampspoedige dag vir Amerika ontaard het.
• Die wit oppergesag wat die aktiviste aangeval het, opdrag gegee is
deur Eugene "Bull" Conner, ondersteun deur J. Edgar Hoover. Die
regeringsamptenare het verskeie rassistiese en wrede aanvalle op die
Afro-Amerikaners gedurende die 1960's gemagtig soos in hierdie bron
genoem met betrekking tot hul laakbare daad op 14 Mei 1960.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
18
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – L2]
• Die prentjie beeld uit hoe die bus wat die Vryheidsryers vervoer het,
verbrand is en die passasiers aangeval is.
• Die digte rook in die bus wys dat die busaanvallers van plan was om die
reis van die aktiviste van een suidelike staat na die ander state te stop.
• Die brandende bus wys dat die bedoeling van die aanvallers was om die
aktiviste dood te maak, wat vrees by die lede van die
Burgerregtebeweging ingeboesem het.
• Die foto vestig die aandag op die rassegeweld en -haat in die suidelike
state van Amerika in die 1960's.
• Die fotograaf wys dat die CRM ook deur die blankes ondersteun is – die
wit man op die foto wat die swart vrou vertroos.
• (Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
3.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Visuele Bron 3D – L2]
LEERDERS KAN STEL DAT DIE REAKSIE NEGATIEF WAS OF
POSITIEF MAAR MOET HUL ANTWOORD ONDERSTEUN.
(a) • Die foto het aan die nasie en volgelinge van die
Burgerregtebeweging bewys dat die federale regering traag was
of versuim het om te reageer op die wrede aanvalle en
rassistiese geweld wat teen die Vryheidsryers uitgeoefen is.
• Hierdie foto het meer anti-rassistiese Amerikaners aangemoedig
om by die Burgerregtebeweging aan te sluit of dit te ondersteun
wat destyds nie-gewelddadige vorme van protes vir ʼn goeie doel
gebruik het.
• Meer Vryheidsryers sou deur die foto aangemoedig word om in te
tree en die protes in die suidelike state van Amerika te versterk.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
(b) • Die Klansmanne sou voel dat hul planne doeltreffend was, en
hulle kon die Vryheidsryers-integrasiestrategieë stopsit.
• Die onderdrukkers sou hierdie foto sien as ʼn goeie bron wat die
Burgerregtebewegings en die Vryheidsryers sou afskrik of
bedreig.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.5 [Vergelyking van bewyse in Bronne 3C en 3D – L3]
• Bron 3C meld dat die Vryheidsryers se bus deur die rassistiese gepeupel aan die
brand gesteek is en Bron 3D beeld die Greyhound-interstaatlike bus uit wat aan
die brand gesteek is deur die Klansmanne wat beplan het om die Vryheidsryers
se betoging in die suide te stop.
• Bron 3C meld dat die KKK met die polisie en FBI saamgespan het in die
beplanning van die bose aanvalle op die Vryheidsryers en Bron 3D toon dat die
regering, polisie en FBI selfvoldaan of tevrede was aangesien hulle nie daarin
geslaag het om die gewelddadige voorval op 14 Mei 1960, in Anniston te
voorkom nie/Daar is geen bewyse van polisiebeskerming nie.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
19
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – L3]
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
• Die Vryheidsryers wat nie-gewelddadige strategieë gebruik het om segregasie te beëindig,
is wreed aangeval, byna vermoor en tronk toe gestuur deur die rassiste of uit oppergesag.
(Bron 3A).
• Die wrede aanvalle en die gebrande bus wat die aktiviste vervoer het, was goed
georkestreerde planne deur die KKK in samewerking met die polisie en die FBI
(Bron 3A).
• Die meeste van die Vryheidsrit-aktiviste is gearresteer en beboet of borgtog geweier, en is
dus aan wrede rassistiese aanvalle in die tronk onderwerp (Bron 3A).
• Die sit-ins het die studente wat aan die Vryheidsritte deelgeneem het, voorberei op
verwagte rassistiese aanvalle, dus het hulle verklaar dat hulle vasbeslote was om te sterf
in die soeke na die beëindiging van segregasie in die busse en openbare fasiliteite (Bron
3B).
• Diane Nash het geweet dat die Vryheidsryers kan sterf aan die hande van die verdedigers
van die Jim Crow-wette in die suidelike state, dus moes hulle hul testamente teken en
verseël voordat hulle aan die betoging deelgeneem het (Bron 3B).
• Die Vryheidsryers is amper dood op 14 Mei 1961, in Anniston Ala., toe ʼn woedende KKK-
skare die bus verbrand het, die passasiers, media en omstanders aangeval het (Bron 3C).
• Die aanvalle op die Vryheidsryers was goed georkestreer en uitgevoer omdat die KKK
saamgewerk het met die polisie en FBI-rassiste wat hulle vooraf die reisplan van die
Vryheidsryers gegee het, dus was daar geen onmiddellike reaksie van die
staatsamptenare nie (Bron 3C).
• Brandslange en polisiehonde is deur die polisie gebruik om die Burgerregtebeweging se
vorme van betogings te stop (Bron 3C).
• Die bestuurders van die interstaatlike busse was huiwerig om die Vryheidsryers te bestuur,
slegs enkeles wat die studente ondersteun het, het hulle gereed gemaak vir die ergste
aanvalle (Eie Kennis).
• Die busse met die Vryheidsryers is verbrand, bande is afgekap en die passasiers aangeval
(Bron 3D).
(Enige ander relevante antwoord) (8)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
VLAK VLAKBESKRYWINGS PUNTE
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv., toon geen of min begrip tydens
die verduideliking van die probleme wat die Vryheidsryers in die gesig
VLAK 1 gestaar het toe hulle segregasie op interstaatbusvervoer gedurende die 0–2
1960's in die VSA uitgedaag het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, bv., toon ʼn
mate van begrip tydens die verduideliking van die probleme wat die
VLAK 2 Vryheidsryers in die gesig gestaar het toe hulle segregasie op 3–5
interstaatbusvervoer gedurende die 1960's in die VSA uitgedaag het.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse om ʼn paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv., demonstreer ʼn deeglike begrip tydens die
verduideliking van die probleme wat die Vryheidsryers in die gesig gestaar
het toe hulle segregasie op interstaatbusvervoer gedurende die 1960's in
VLAK 3 6–8
die VSA uitgedaag het.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van
die onderwerp toon.
[50]
20
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
AFDELING B: OPSTELSKRYF
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE:
VIËTNAM
[Beplan en bou ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp
van analitiese en interpretasie vaardighede – L3]
SINOPSIS
Kandidate moet die konvensionele oorlogvoeringstrategie wat die Verenigde State van
Amerika toegepas het en wat deur die guerrilla-taktieke van die Viëtkong tydens die
Viëtnamese Oorlog tussen 1965 en 1975 oorweldig is, krities bespreek.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende in hul reaksie insluit:
Inleiding: Kandidate moet die vraag kontekstualiseer deur te verwys na die
konvensionele strategieë wat deur die Verenigde State van Amerika aangeneem is wat
oorweldig is deur die guerrilla-taktieke van die Viëtkong tydens die Viëtnamese Oorlog
tussen 1965 en 1975.
Kandidate moet aandui hoe hulle van plan is om hul argument te ondersteun.
UITBREIDING
VSA strategieë:
• Redes vir die VSA se ontplooiing van troepe na Viëtnam
• Klein dorpie-stelsel/Strategiese Hamlet-program (VSA en die Suid-Viëtnam-
regering het nuwe dorpe geskep en probeer om dorpenaars (boere) te skei van
(guerrillas) wat misluk het.
• Golf van Tonkin-resolusie (1964) het aan President Johnson wye militêre magte
gegee wat gelei het tot die toename van oorlogvoering in Viëtnam.
• VSA se lug-bomaanval 'Operasie Rolling Thunder' (konvensionele oorlogvoering)
• 'Operation Ranch Hand' – gebruik chemikalieë om woude (Agent Orange) en
gewasse (Agent Blue) te vernietig
• VSA het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur.
• VSA het soek- en vernietig-missies (My Lai-Slagting) gebruik om dorpe te vernietig,
ondersteun deur Viëtkong (dit het gelei tot ʼn groot aantal burgerlike sterftes).
• Die rol van die media, studente en ontwapeningsbewegings om druk op die
Amerikaanse regering te plaas om uit Viëtnam te onttrek.
• President Nixon se Viëtnamiseringsbeleid/insluitend WHAM (Winning the hearts
and minds of the Viëtnamese) was ʼn poging deur die VSA om uit oorlog te onttrek
en om hul eer te herstel.
• VSA het alle troepe teen 1973 onttrek en Noord-Viëtnam het in 1975 beheer oor
Saigon oorgeneem.
(Enige ander relevante antwoord)
21
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
Viëtkong strategieë:
• Noord-Viëtnam het militêre ondersteuning van die USSR en China ontvang, dus
het die Vietming en Viëtkong toegang tot sommige moderne wapens gehad.
• Guerrilla-oorlogvoering is effektief deur die Viëtkong gebruik, ondersteun deur
Viëtming uit die noorde en het taktieke gebruik soos fopmyne, ondergrondse
tonnels, tref-en-trap en sabotasie.
• Tet Offensive (1968) is deur die Viëtming en Viëtkong geloods teen stedelike
sentrums en VSA-basisse regdeur Viëtnam.
• Die plaaslike Viëtnamese bevolking het die Viëtkong ondersteun om hul land te
bevry.
• Ho Chi Minh-roete wat deur Viëtming (Noord) gebruik word om Viëtkong in die
Suide te ondersteun.
• Die Viëtkong het sy steunbasis vergroot as gevolg van die taktieke wat teen die •
VSA-soldate gebruik is.
• Viëtnamese was verenig in die verdediging van hul land.
(Enige ander relevante antwoord)
GEVOLGTREKKING:
Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking bind. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: DIE KONGO
[Beplan en bou ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp
van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik of hulle met die stelling saamstem of nie. Om met die
stelling saam te stem, moet hulle verduidelik hoe Mobuto Sese Seko se politieke,
ekonomiese, sosiale en kulturele beleid nie suksesvol was om verandering teweeg te
bring nadat hulle onafhanklikheid van België in die 1960's verkry het nie. Indien
kandidate nie met die stelling saamstem nie, moet hulle hul argument met relevante
historiese bewyse staaf.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul reaksie insluit:
INLEIDING
Kandidate moet die vraag kontekstualiseer deur te verwys na Mobutu se swak
leierskap en oneffektiewe/skadelike politieke en ekonomiese beleid. Hulle moet
standpunt inneem en aandui hoe hulle van plan is om hul argument te ondersteun.
22
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
UITBREIDING
Agtergrond :
• Mobutu het in die chaotiese jare aan bewind gekom, onmiddellik na onafhanklikheid
van België verkry was, ʼn tydperk wat gekenmerk was deur geweld en onrus.
Polities:
• Mobutu Sese Seko het deur ʼn militêre staatsgreep aan bewind gekom.
• Hy het geglo in ʼn gesentraliseerde staat.
• Mobutu Sese Seko het die Kongo in ʼn eenpartystaat verander – sy party was MPR.
• Mobutu het ʼn diktator geword.
• Opposisiepartye is stilgemaak en daar was bewyse van tronkstraf en
menseregteskendings.
• Die Kongo was hoogs gefragmenteer volgens etniese lyne/verdelings.
• Mobutu was ʼn instrument van die Weste (veral van die VSA) in die Koue Oorlog in
Afrika.
• Hy het ʼn persoonlikheidskultus geskep met homself in die middel van die Kongo se
nasionale identiteit. (Mutisme)
• Die Kongo het ʼn eenpartystaat geword binne die eerste vyf jaar vandat hy
onafhanklikheid verkry is met alle opposisie onderdruk.
• Is deur die VSA ondersteun omdat hy as ʼn anti-kommunistiese bondgenoot gesien
is.
• ʼn Beleid van Zaïrianisasie is ingestel wat geskoolde buitelanders of diegene wat
strategiese bestuursposisies beklee met die ongeskoolde plaaslike inwoners
vervang het - wat gelei het tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke
leiersrolle.
• Mobuto het lewenslank as president gebly tot sy dood.
(Enige ander relevante antwoord)
Ekonomies:
• Doel was om die ekonomie te ontwikkel of te diversifiseer, ekonomiese groei en
werkskepping te bevorder om alle burgers te bevoordeel.
• Het ʼn kapitalistiese ekonomie van België geërf.
• Oorgeskakel om kapitalisme en buitelandse investering te bevorder wat die weste
effektief toegang tot Zaïre se hulpbronne gegee het.
• Mobutu se ekonomiese beleid is gekenmerk deur nepotisme en kleptokrasie wat
gelei het tot die skepping van ʼn ryk, magtige elite wat sy getrou was aan Mobutu.
• Swak ekonomiese beleid het gelei tot die afname in die toestand van infrastruktuur
soos paaie.
• Persoonlike verryking en vermorsing van hulpbronne (bv. op sy paleis by
Gbadolite)
• Inflasiekoerse het 100% bereik en maatskaplike welsyn is gesny.
• Produksie en uitvoere het afgeneem.
• Het buitelandse hulp aanvaar. Blumenthal-verslag – Blumenthal was die
Wêreldbankverteenwoordiger in Zaïre. In ʼn uitgelekte verslag het hy gesê daar is
geen kans dat die land ooit sy skuld sal terugbetaal nie.
• Kongo word afhanklik van buitelandse hulpbeleggings, bv. van die Wêreldbank.
(Enige ander relevante antwoord)
23
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
Sosiale en kulturele beleide
• Implementeer ʼn beleid van Authenticate (oorspronklik) om inheemse gebruike en
oortuigings te bevorder), ook genoem Afrikanisering.
• Vervang Christelike name met Afrika-name.
• Kleredrag: die dra van Westerse-styl pakke is verbode en vervang met ʼn abakos
wat 'weg met die pak' beteken.
(Enige ander relevante antwoord)
GEVOLGTREKKING
Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking bind. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VAN DIE 1950'S TOT DIE
1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE VSA
[Beplan en bou ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp
van analitiese en interpretasie vaardighede – L3]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die Swartmag-filosofie die lewens van Afro-
Amerikaners wat in die VSA gewoon het, in die 1960's en 1970's verander het. Daar
word van kandidate verwag om die rol wat Malcolm X, Stokely Carmichael en die Black
Panther Party gespeel het, te beklemtoon.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul reaksie insluit:
INLEIDING
Kandidate moet aandui tot watter mate die Swartmag-filosofie die lewens van Afro-
Amerikaners wat in die VSA gewoon het, in die 1960's en 1970's, verander het.
24
Downloaded from hlayiso.com
10791/22
UITBREIDING
Die impak van die filosofie van die Swartmag-beweging op Afro-Amerikaners
• Geglo in die konsepte van selftrots en selfagting/selfrespek, wat by Afro-Amerikaners
ingeskerp moes word.
• Beginsels van Swartmag (doen dinge vir jouself, beheer politiek in hul gemeenskappe;
wees trots op hul eie kultuur en verdedig hulself) teen rasse-onderdrukking en
manipulasie;
• Bevordering van swart belange en bekommernisse
• Die filosofie van Swartmag het na vore gekom as ʼn poging om die swak
lewensomstandighede van Afro-Amerikaners aan te spreek.
Malcolm X het hom bepleit vir swart skeiding, selfbeskikking (Swart Nasionalisme),
selfrespek en selfdissipline.
• Opgeroep vir selfgelding (aggressiwiteit) in hul revolusie teen onderdrukking, bv.,
rasonluste by Watts
• Afro-Amerikaners aangemoedig om op te staan teen wit Amerikaanse owerhede in die
nastrewing van vryheid, geregtigheid en gelykheid op enige manier wat moontlik was.
• Bevorder die konsep van 'Swarttrots (selfagting-respek-hulp)
In 1966 het Stokely Carmichael die 'Swartmag' slagspreuk 'Black is beautiful' gewild
gemaak en Afrika-trots bevorder.
• Bepleit die uitsluiting van 'wit' liberale as ʼn filosofie vir Afro-Amerikaners
• Hy het geglo dat die strategie van geweldloosheid misluk het as gevolg van die
voortdurende geweld wat deur wit Amerikaners teen Afro-Amerikaners gebruik is.
• Afrika-klere/Afro-haarstyle/musiek/letterkunde/erfenis is bevorder as ʼn simbool van
Swart trots.
Die rol van die Black Panther Party
• Die Black Panther Party (BPP) is in 1966 deur Bobby Seale en Huey Newton gestig.
• Die BPP was betrokke by die inisiëring en ondersteuning van Black Power-programme,
dit wil sê, gemeenskapsgebaseerde programme en voedingskemas (anti-
armoedesentrums), het begin met programme wat verantwoordelik was vir die
verdediging van Afro-Amerikaners teen polisiebrutaliteit. Daar is gefokus op die sosio-
ekonomiese toestande van Afro-Amerikaners en hulle het ook verskeie
gemeenskapsoorlewingsprogramme bedryf.
• Die Tienpunt-plan het gedien as die Black Panther se manifes wat sy sosiale, politieke
en ekonomiese uitgangspunte en doelwitte gedek het.
• Die Tienpunt-plan het ten doel gehad om te verseker dat Afro-Amerikaners gelykheid in
onderwys, behuising, indiensneming en burgerregte bereik deur die vraag na vryheid,
volle indiensneming, ordentlike behuising, die skep van ʼn behoefte om die ware
geskiedenis van Afro-Amerikaners te leer, polisiebrutaliteit en die moord op Afro-
Amerikaners te beëindig, en die verskaffing van gratis gesondheidsorg.
• Die Black Panther Party het by straatpatrollies betrokke geraak, polisie-aktiwiteite
gemonitor en hulself verdedig deur gewere te dra (militante benadering) om die
voortslepende polisiebrutaliteit te stop.
(Enige ander relevante antwoord)
GEVOLGTREKKING
Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking saambind. [50]
TOTAAL: 150
25
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum