Downloaded from hlayiso.com
-
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2022
NASIENRIGLYNE
GESKIEDENIS (VRAESTEL 2) (10792)
25 bladsye
Skip to contentAll 2022 papers %20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
View all





History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 948.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Gauteng Mock Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke word gebruik om brongebaseerde vrae te ontleed:
Kognitiewe
Historiese vaardighede Gewig van vrae
vlakke
• Onttrek inligting uit bronne
• Keuse en organisasie van relevante inligting uit 30%
VLAK 1
bronne (15 punte)
• Definieer historiese konsepte/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting wat uit bronne versamel is
(20 punte)
• Ontleed bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Bespreek bronne om die nuttigheid,
betroubaarheid, vooroordeel en beperkings te
bepaal 30%
VLAK 3
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15 punte)
perspektiewe wat in bronne aangebied word en
verkry ʼn onafhanklike gevolgtrekking
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet aan enige ander geldige en
relevante standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde gegee word.
• By die toekenning van punte moet klem geplaas word op hoe die vereistes van die
vraag aangespreek is.
• In die nasienriglyne word die vereistes van die vraag (vaardighede wat
aangespreek moet word) asook die vlak van die vraag kursief aangedui.
• Tydens die assessering van interpretatiewe bron-gebaseerde vrae, moet leerlinge
krediet kry vir relevante antwoorde.
• Leerders is veronderstel om ʼn posisie in te neem wanneer hulle ‘tot watter mate’
vrae beantwoord vir enige punte om toegeken te word.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae:
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning, bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en
word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee
punte toegeken word (✓✓).
• Indien ʼn vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui.
2
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
Paragraafvraag:
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word. Die volgende stappe moet
gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (•) by elke punt binne-in die teks waar die
kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was
om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
• Maak regmerkies (✓) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die
einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese
rubriek en gee ʼn kort kommentaar, bv.
___________
•___________________________________________________
_________________ • ____________________________ •
_________________
Level 2 ✓✓✓✓
KOMMENTAAR
Gebruik meestal relevante bewyse om die basiese paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die
kantlyn regs onder, bv., 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordboek
oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument te struktureer in ʼn logiese en samehangende
wyse. Hulle moet die relevante inligting kies, organiseer en saamvoeg sodat hulle ʼn
redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument kan aanbied om die vraag wat gestel
word, te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn gevolgtrekking het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Merkers moet daarvan bewus wees dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
deur die handboeke wat by die sentrum gebruik word.
• Kandidate kan enige ander relevante inleiding en/of gevolgtrekking hê as dié wat by
ʼn spesifieke opstel nasienriglyn vir ʼn spesifieke opstel ingesluit is.
3
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die
nasiener die algehele produk as ʼn geheel aanteken, sonder om die dele afsonderlik aan
te teken. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele opinie te bied deur
geselekteerde feitelike bewyse te gebruik om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van
die leerder verwag word om bloot 'feite' te heroorweeg om ʼn hoë punt te behaal nie.
Hierdie benadering ontmoedig leerders om 'model' antwoorde voor te berei en hulle te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag te oorweeg. Holistiese
assessering, in teenstelling met inhoudsgebaseerde assessering plaas klem op die
volgende:
• Die konstruksie van die argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om die argument te ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel geassesseer word.
2.4.2 Tydens die lees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante
inleiding (wat deur ʼn kolpunt in die nasienriglyn aangedui word), die belangrikste
aspekte/liggaam van die opstel wat die lyn van argument onderhou/verdedig (wat
deur ʼn kolpunt in die nasienriglyn aangedui word) en ʼn relevante gevolgtrekking
(wat deur ʼn kolpunt in die nasienriglyn aangedui word).
Byvoorbeeld, in ʼn opstel waar daar vyf (5) hoofpunte is, kan daar ongeveer sewe
(7) regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte tydens die nasien van ʼn opstel.
P Punt: Die kandidaat stel die opstel bekend deur ʼn
argumentslyn duidelik te stel/ʼn belangrike punt te maak.
Elke paragraaf moet ʼn punt insluit wat die belangrikste
(argumentslyn) onderhou wat in die inleiding bekendgestel is.
E Verduideliking: Die kandidaat moet in meer detail verduidelik
waaroor die hoofpunt gaan en hoe dit verband hou met die
vraag wat gestel word (lyn van argument).
E Voorbeeld: Kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud
te kies wat relevant is vir die lyn van die argument. Relevante
voorbeelde moet gegee word om die argumentslyn te
onderhou.
L Skakel: Kandidate moet verseker dat die argument regdeur
volgehou word en samehangend geskryf word.
4
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word wanneer ʼn opstel beoordeel word:
Inleiding, hoofaspekte en gevolgtrekking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante inligting |
|
|
• Herhaling R
• Analise A ✓
• Interpretasie I ✓
• Lyn van Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle moet die kriteria soos voorsien in die matriks gebruik
word. By die beoordeling van die opstel, let op na die inhoud en aanbieding.
(a) Die eerste lesing van uitgebreide skryfwerk sal wees om te bepaal tot
watter mate die hoofaspekte gedek word en om die inhoudsvlak (op die
matriks) toe te ken.
I VLAK 4
(b) Die tweede lesing van uitgebreide skryfwerk hou verband met die vlak
(op die matriks) van aanbieding.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met die gebruik van die matriks.
I VLAK 4
} 26–27
A VLAK 3
KOMMENTAAR
Sommige weglatings in inhoudsdekking.
Poog om ʼn argument te handhaaf.
5
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL – TOTAAL PUNTE: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande Argument Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en en beplan en van ʼn aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde gestruktureerde gestruktureer. gestruktureerde antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. ʼn Relevante opstel. Bewyse tot ʼn en beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van argument is Poog om ʼn sekere mate argument. Poog Grootliks
inligting. Het ʼn gevolg. Bewyse duidelike gebruik om om ʼn argument beskrywend of
goed gebruik om die argument te argument te vol te hou.
poog om
gebalanseerde, argument te ontwikkel. ondersteun. Gevolgtrekking
argument te
oorspronklike verdedig. Poog om Gevolgtrekking Slotsom bereik nie duidelik
ʼn onafhanklike ontwikkel. Geen
argument gemaak uit op grond van ondersteun deur
INHOUD gevolgtrekking uit bewyse. poging om ʼn
ontwikkel met bewyse om die bewyse nie.
die bewyse te gevolgtrekking te
bewyse. Argument argument te maak nie.
maak om die
deurgaans ondersteun.
argument te
volgehou en ondersteun.
verdedig.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument
te ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle beantwoord.
Inhoudskeuse ten volle 47 – 50 43 – 46
relevant tot argument wat
gevolg is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudskeuse relevant tot 43 – 46 40 – 42 38 – 39
argument wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
38 – 39 36 – 37 34 – 35 30 – 33 28 – 29
toereikend en relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30 – 33 28 – 29 26 – 27
weglatings of irrelevante
keuse van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag, maar
beantwoord dit nie. Hou soms 26 – 27 24 – 25 20 – 23
nie verband met die vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. 20 – 23 18 – 19 14 – 17
Inhoud skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad nie. 14 – 17 0 – 13
Ontoereikende of irrelevante
inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van ʼn punt vir Vlak 1:
• Vraag glad nie aangespreek nie/heeltemal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te
struktureer nie = 0
• Antwoord sluit basiese en oor die algemeen irrelevante inligting in, geen poging om die opstel te
struktureer nie = 1–6
• Vraag onvoldoende aangespreek en vaag; min poging om die opstel te struktureer = 7 – 13
6
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAT WAS DIE ROL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VAN KERKE
(SARK) EN LEIERS SOOS DESMOND TUTU IN DIE STRYD TEEN
APARTHEID IN DIE 1980's?
1.1 1.1.1 [Definisie van ʼn historiese term uit Bron 1A – L1]
• Die Driekamerparlement was ʼn driekamerparlement vir Blanke, Bruin
en Indiese verteenwoordigers terwyl Afrikane uitgesluit is.
• Die Driekamerparlement het drie afsonderlike kamers gehad om
Bruin en Indiër verteenwoordigers te laat glo dat hulle oor hul eie
sake kon toesig hou, terwyl Blankes die sake van ‘almal’ hanteer het.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]
• Enorme onstabiliteit
• Onderdrukking Enige (2 x 1) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]
(a) Simpatiseer met die staat (1 x 1) (1)
(b) Het ʼn dieper begrip van bevrydingsbewegings gehad (1 x 1) (1)
1.1.4 [Interpretasie van inligting uit Bron 1A – L2]
• As die apartheidsregering nie apartheid beëindig nie, sal hulle meer
aggressiewe middele moet gebruik om dit te weerstaan.
• Guerrillastrategieë sal gebruik word as die regering nie verandering
aan sy beleid bring nie.
• Die regering moet gou verandering bring, anders sal daar dade van
sabotasie en terrorisme wees.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]
• "As ons nie meer vreedsaam kan veg vir ʼn verandering in ʼn bose en
onregverdige stelsel nie."
• “Sê die regering dan dat die enigste alternatief geweld is”
• “Wat anders sal vir mense oorbly om te doen?” Enige (2 x 1) (2)
7
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
1.2 1.2.1 [Interpretasie van inligting uit Bron 1B – L2]
• Die wit regering wou nie veranderinge teweeg bring nie .
• Die wit regering het ook geweld gebruik.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L1]
• Sy beskeidenheid (nederigheid) was ʼn struikelblok vir bevryding.
Enige (1 x 2) (2)
1.2.3 [Interpretasie van inligting uit Bron 1B – L2]
NB indien verwys na interne verset, moenie krediet gee nie. Hy het
buitelandse besoeke afgelê om die lande aan te spoor om ekonomiese
sanksies teen Suid-Afrika te implementer.
• Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering/Japan,
China en Amerika toegespreek oor apartheid in Suid-Afrika.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.2.4 [Interpretasie van inligting uit Bron 1B – L2]
• Aartsbiskop Desmond Tutu was ʼn liberalistiese kerkleier wat nie-
geweld gepreek het.
• Hy moes die konflikte in Alexandra en by Ashley Kriel se begrafnis
ontlont omdat dit swart-op-swart geweld was.
• Opposisiegroepe het na Tutu geluister omdat hy ‘n kerkleier was.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.2.5 [Verduidelik van konsep uit Bron 1B – L2]
• Wanneer die burgerlike gemeenskap opsetlik/doelbewus
apartheidwette ondermyn
• Weerstand teen onregverdige apartheidwette
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
1.2.6 [Onttrekking van inligting uit Bron 1B – L1]
• Die regering het ʼn veldtog teen Tutu georkestreer.
• Versprei anti-Tutu pamflette en plakkers.
• Betogers betaal
• Tutu se vrou geteister Enige (2 x 1) (2)
8
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – L2]
• Die bron beklemtoon die betrokkenheid van lede van die kerk, bv.,
Desmond Tutu en Allan Boesak wat in die komitee was wat teen
apartheid was.
• Die foto toon dat die komitee vryheid en demokrasie in Suid-Afrika
geëis het.
• Foto toon dat mense uit verskillende rasse vryheid, demokrasie en
gelyke regte wou gehad het
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
d 1.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – L2]
• Dit bewys dat die Komitee vir die Verdediging van Demokrasie
bestaan het/geloods is.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.3.3 [Evaluering van die betroubaarheid van Bron 1C – L3]
DIE BRON IS BETROUBAAR OMDAT
• Dit is ʼn oorspronklike foto wat geneem is by die bekendstelling van die
Komitee vir die Verdediging van Demokrasie.
• Dit het ʼn datum, 7 Maart 1988, wat bekend was vir die stigting van
die Komitee vir die Verdediging van Demokrasie en 7 Maart is
bekend vir die bekendstelling.
• Die bron kan bekragtig/ondersteun word deur die inligting in Bron 1B
oor die vorming van die Komitee vir die Verdediging van Demokrasie.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
1.4 [Vergelyking van Bronne 1B en 1C – L3]
• Bron 1B verduidelik die betrokkenheid van Desmond Tutu in die stryd om
bevryding en Bron 1C toon Desmond Tutu se betrokkenheid by die stryd vir
vryheid.
• Bron 1B sê Tutu het saam met ander kerkleiers gewerk en op die foto in Bron
1C is hy saam met ʼn ander kerkleier, Allan Boesak, gesien.
• Beide bronne verwys na Desmond Tutu as ʼn organiserende lid van die
Komitee vir die Verdediging van Demokrasie.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
9
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – L1]
• Geregtigheid
• Vaardigheidsontwikkeling en gemeenskapsprojekte
• Teologiese besinning Enige (2 x 1) (2)
1.5.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 1D – L2]
(a) • Die SARK het gehelp met vaardigheidsontwikkeling en projekte
deur fondse aan gemeenskapsontwikkelingsprogramme te
verskaf.
• Die SARK het die stigting van vaardigheidsontwikkelingsinstellings
soos Kagiso Trust gefasiliteer. Enige (1 x 2) (2)
(b) Die SARK het aan jeug- en vroueontwikkelingsprogramme
deelgeneem.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.5.3 Interpretasie van inligting uit Bron 1D – L2]
• Aartsbiskop Desmond Tutu ʼn lid van die SARK was betrokke as
voorsitter van die WVK.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – L3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Die kerk het betrokke geraak by die verset teen apartheid as gevolg van
onstabiliteit en onderdrukking wat in Suid-Afrika plaasgevind het (1A).
• Kerkleraars het slagoffers en familielede bedien wat deur slagtings gewond
is (1A).
• Beyers Naudé het gewaarsku dat indien beleide nie verbeter nie, die kerk
“gewikkel sal wees in ʼn oorlog van terrorisme”.
• SARK het die apartheidstaat tydens die sekretarisskappe van Naudé en Tutu
heftig teengestaan (1A).
• Tutu het gesê hy verstaan hoekom mense gewelddadig was in hul verset.
• Desmond Tutu het as lid van SARK in 1984 namens die gearresteerde
gewapende Umkhonto we Sizwe groep getuig (1B).
• Desmond Tutu het geweldloosheid verkondig (1B).
• Die SARK het druk op die internasionale wêreld geplaas om ekonomiese
sanksies teen SA op te lê om hulle te dwing om afstand te doen van
apartheid (1B).
• Kerkleiers ontlont konflikte in gewelddadige situasies tussen betogers en die
polisie in menige voorvalle (1B).
• Tutu het die sogenaamde 'uitverkopers' by die begrafnisse van
apartheidslagoffers beskerm.
• Hy het toesprake gehou by begrafnisse van aktiviste (1B).
• Tutu was teen brutaliteit deur die staat (eie kennis).
10
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
• Die SARK het betrokke geraak by die Komitee vir Verdediging van Demokrasie
wat in Maart 1988 van stapel gestuur is (1D).
• SARK het arm swart mense met beurse gehelp (1D).
• SARK het vaardigheidsontwikkelingsprogramme en -projekte befonds en
daaraan deelgeneem.
• SARK het deelgeneem aan versoening en die WVK (1D).
(Enige ander relevante antwoord)
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip van die rol van die Suid-Afrikaanse Raad
van Kerke (SARK) en leiers soos Desmond Tutu in PUNTE
VLAK 1
die stryd teen apartheid in die 1980's. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf
nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon ʼn mate van begrip
vir die rol van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke
PUNTE
VLAK 2 (SARK) en leiers soos Desmond Tutu in die stryd
3–5
teen apartheid in die 1980's.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon ʼn deeglike begrip
van die rol van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke
(SARK) en leiers soos Desmond Tutu in die stryd PUNTE
VLAK 3
teen apartheid in die 1980's. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon.
(8)
[50]
11
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGS-
KOMMISSIE (WVK) OM NOKUTHULA SIMELANE SE FAMILIE BY TE
STAAN OM GENESING TE VIND?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]
• Om die rehabilitasie en herstel van menslike en burgerlike waardigheid
van slagoffers van menseregteskendings te fasiliteer. (1 x 1) (1)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]
• Om die stem en waardigheid van diegene wat voorheen
gemarginaliseer is, te herstel. (1 x 1) (1)
2.1.3 [Definisie van ʼn historiese term uit Bron 2A – L1]
• Die WVK se stelsel van geregtigheid wat fokus op die rehabilitasie van
slagoffers en oortreders deur versoening in post-apartheid Suid-Afrika.
• ‘n Vorm van geregtigheid wat kompensasie en rehabilitasie aan die
families van slagoffers en amnestie aan oortreders bied
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – L2]
• Die WVK het ten doel gehad om genesing tussen die slagoffers en die
oortreders te bewerkstellig.
• Genesing tussen die slagoffers en die oortreders kan tot vergifnis en
dus versoening lei.
• Die WVK wou ʼn nuwe Suid-Afrika bou gebaseer op vergifnis eerder as
haat/om wraak te vermy.
• Vergeldende geregtigheid sou burgeroorlog aangehits het terwyl
herstellende geregtigheid vrede aangemoedig het.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
2.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]
• Hulle getuienisse het gefokus op die ervarings van hul mans, seuns en
vaders. (1 x 2) (2)
12
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
• Die 23-jarige uMkhonto we Sizwe-aktivis van Bethal
• Sy is op 8 September 1983 deur die Soweto-veiligheidstak uit
Johannesburg se Carlton-sentrum ontvoer.
• Sy is na ʼn plaas in Noordwes geneem, waar sy vir etlike weke
gemartel is. (2 x 1) (2)
2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]
• Die drie Soweto-veiligheidstakbeamptes het nie aan die
vereistes/voorwaardes vir amnestie voldoen nie.
• Hulle het nie die waarheid oor Nokuthula se verdwyning bekend
gemaak nie.
• Hulle kon nie bewys dat die misdade wat hulle teen Nokuthula
gepleeg het ʼn politieke motief gehad het nie.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
• Haar pa het gesterf sonder om te weet wat met sy dogter gebeur het.
• Hulle wou hê die oortreders moes betaal vir hul leuens en bedrog.
• Hulle (oortreders) het die gesin baie pyn besorg met hul leuens en
bedrog. (2 x 1) (2)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]
• Hulle wou die oorsaak van haar dood ondersoek/weet wat met haar
gebeur het.
• Die gesin wou haar oorskot begrawe waar ander familielede begrawe
is.
• Hulle wou afsluiting/genesing hê.
• Hulle wou haar ‘n waardige begrafnis gee.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2.5 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 2D – L3]
• Die bron gee insig in die ontvoering en marteling wat Nokuthula
tydens die apartheidsera verduur het.
• Weerspeël die betrokkenheid van agt beamptes van die Soweto-
veiligheidstak by haar verdwyning.
• Dui aan dat Nokuthula se pa gesterf het sonder om te weet wat met
sy dogter gebeur het.
• Dit stel dat die WVK nie die waarheid oor Nokuthula se verdwyning en
dood kon vind nie.
• Dit stel dat die familie ontevrede was met die WVK se beslissing en
nie die WVK se bevinding oor Nokuthula se verdwyning aanvaar het
nie
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
13
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]
• Wellem Hellem Johannes Coetzee
• Anton Pretorius
• Mong
• Williams
• Ross Enige (3 x 1) (1)
2.3.2 [Definisie van historiese konsepte uit Bron 2C – L2]
• Amptelike kwytskelding vir polities gemotiveerde misdade
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
Slegs krediet vir name volledig uitgeskryf
• Wellem Hellem Johannes Coetzee (1 x 1) (1)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – L2]
Die twee het verskillende weergawes gegee van wat met Nokuthula gebeur
het:
(a) • Coetzee het verklaar dat Nokuthula nog gelewe het toe hy haar
laas gesien het en dat sy as spioen in sy eenheid gewerk het
• Coetzee het gejok oor Nokuthula om homself van
verantwoordelikheid te vrywaar.
(b) • Veyi het beken dat Nokuthula gemartel, wreed vermoor en
rondom die Rustenburg-omgewing begrawe is.
• Veyi het die waarheid vertel oor Nokuthula se verdwyning om
amnestie te kry.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.4 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2B en 2C – L3]
• Albei bronne noem dat niemand verantwoordelikheid vir haar verdwyning
geneem het nie.
• Bron 2B meld dat min oor haar verdwyning bekend was en Bron 2C meld dat
tot dusver niemand/geen oortreder na vore gekom het en verantwoordelikheid
vir haar verdwyning aanvaar het nie.
• Albei bronne dui aan dat dit die veiligheidspolisiemanne wat verantwoordelik
vir haar verdwyning was, wat om amnestie by die WVK aansoek gedoen het.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
14
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
2.5 2.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
• Die Khulumani-ondersteuningsgroep het die voortou geneem in die
stryd om die vervolging van die polisiemanne verantwoordelik vir
Nokuthula se verdwyning te ondersteun.
• Die lede van die Khulumani-ondersteuningsgroep hou plakkate vas
wat eis dat die hof die polisiemanne wat verantwoordelik is vir
Nokuthula se verdwyning moet vervolg om die Simelane-gesin die
afsluiting/genesing te gee wat hulle nodig het.
• Dit wys die Khulumani-ondersteuningsgroep se vasberadenheid om
die Simelane-gesin te ondersteun om geregtigheid te kry vir Nokuthula
se verdwyning.
• Die Khulumani-ondersteuningsgroep sal nie ophou veg vir
geregtigheid vir Nokuthula se familie nie
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
• Dit impliseer dat die Khulumani-ondersteuningsgroep vasbeslote is om
te veg vir die vervolging van diegene wat verantwoordelik is vir
Nokuthula se verdwyning.
• Hulle sal aanhou veg vir gesinne wat afsluiting/genesing moet vind.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
NIE SUKSESVOL OM AAN DIE FAMILIE GENESING TE BIED NIE
• Die WVK het gepoog om die kwessie van gemarginaliseerde stemme onder
die breër raamwerk van slagoffers aan te spreek en was bewus van
geslagsverdraaiings (vooroordele) in die prosesse en aanbieding van sy werk
(Bron 2A).
• Vroue as slagoffers het slegs ʼn klein aantal sake verteenwoordig (Bron 2A).
• Sizakele Simelane het gewag vir geregtigheid vir haar dogter, Nokuthula, wat
vermoedelik dood is (Bron 2B).
• Min is bekend oor haar verdwyning deur die Waarheids- en
Versoeningskommissie (WVK) se verhore (Bron 2B).
• Nokuthula Simelane se pa is dood sonder om te weet wat met sy dogter
gebeur het (Bron 2B).
• Die Simelane-familie is deur die NVG aangeraai om die verdagtes wat na
bewering betrokke was by die verdwyning van Nokuthula Simelane op hul eie
te nader en aan te bied om hulle nie te vervolg nie, as hulle die ligging van
Nokuthula se oorskot bekend maak.
• Nokuthula Simelane se suster sê dat "Die NVG het gekies om haar en haar
gesin pyn en angs te veroorsaak deur ʼn muur van leuens en bedrog
(oneerlikheid) te handhaaf.
• Nokuthula Simelane se suster sê dat "Die NVG sleep voete om vir my ma die
enigste ding te gee wat sy kan hê, haar kind se oorskot."
• Sizakele Simelane is kwaad en teleurgesteld dat "Dit gaan 30 jaar wees sedert
sy verdwyn het en niks het gebeur nie." Sy wil die waarheid weet oor wat met
Nokuthula gebeur het en waar sy begrawe is as sy dood is (Bron 2B). Kan
15
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
• Daar is twee teenstrydige verklarings/verslae van wat met Nokuthula gebeur
het van Coetzee, wat verklaar het dat Nokuthula gelewe het toe hy haar laas
gesien het en dat sy as spioen in sy eenheid gewerk het en dié van Veyi wat
erken het dat Nokuthula gemartel, wreed vermoor en rondom die Rustenburg-
omgewing begrawe is (Bron 2C).
• Die Khulumani-ondersteuningsgroep, ʼn groep wat veg vir die regte van
apartheidslagoffers, het betrokke geraak en die voortou geneem in die stryd
om die vervolging van die polisiemanne wat verantwoordelik is vir die
verdwyning van Nokuthula Simelane te ondersteun (Bron 2D).
• Die lede van die Khulumani-ondersteuningsgroep hou plakkate vas wat eis dat
die hof die polisiemanne wat verantwoordelik is vir Nokuthula se verdwyning
moet vervolg om die Simelane-gesin die sluiting/genesing te gee wat hulle
nodig het (Bron 2D).
• SUKSESVOL IN DIE BYSTAND AAN DIE SIMELANE FAMILIE OM
GENESING TE VIND
• Kandidate moet relevante bewyse gebruik om hul standpunt te ondersteun.
(Enige ander relevante antwoord) (8)
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv.
• toon geen of min begrip van hoe die WVK
PUNTE:
VLAK 1 suksesvol was om genesing vir die Simelane-
0–2
gesin te vind ná haar verdwyning.
• Gebruik bewyse gedeeltelik om ʼn paragraaf te skryf.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon ʼn mate van
begrip van hoe die WVK suksesvol was om
PUNTE:
VLAK 2 genesing vir die Simelane-gesin te vind ná haar
3–5
verdwyning.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip van hoe die WVK suksesvol was
om genesing vir die Simelane-familie te vind ná PUNTE:
VLAK 3 haar verdwyning. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon.
[50]
16
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING DIE KLEDING- EN TEKSTIELINDUSTRIE IN
SUID-AFRIKA BEÏNVLOED?
3.1 3.1.1 [Definisie van historiese konsep in Bron 3A – L1]
• Onderlinge verbintenis tussen wêreld ekonomieë deur
tegnologie/internet en vervoer moontlik gemaak
• Globalisering beteken dat lande meer interafhanklik word en dat mense
oor die hele wêreld meer aan mekaar verbind is.
• Globalisering het gelei tot die monopolisering van nywerhede deur groot
besighede, wat groot winste maak ten koste van onderontwikkelde en
onontwikkelde lande.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• China
• Europa (2 x 1) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]
• Hoë kwaliteit goedere word geproduseer.
• Het gelei tot groei van globale maatskappye.
• Die kwaliteit van geproduseerde goedere het verbeter.
• Tegnologie/internet laat vervaardigers toe om hul produkte globaal te
verkoop
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• tegnologiese ontwikkeling
• ontwikkeling van die internet
• Tegnologiese innovasie (3 x 1) (3)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• Die klere- en tekstielbedryf is gesamentlik verantwoordelik vir die
meerderheid van indiensneming in die KTSL-sektor.
• Die KTSL-sektor is gesamentlik verantwoordelik vir die meerderheid van
indiensneming (90%).
• Die sektor het 95 000 werkers in diens. Enige (1 x 2) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• Wes-Kaap
• KwaZulu-Natal (2 x 1) (2)
17
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
3.2.3 [Interpretasie van inligting uit Bron 3B – L2]
• Die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal verskaf werk aan 95 000 werkers.
• Die sektor versterk die ekonomie en dit lei tot werkskepping.
Die sektor dra by tot die grootste uitvoer en skep dus nuwe
werksgeleenthede in die sektor.
(Enige relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – L2]
• Meer as 10 000 werksgeleenthede is tussen 2000 – 2013 verlore.
• Die bedryf het ʼn gebrek aan toegang tot hulpbronne soos water en
katoen ervaar.
• Die bedryf het nuwe wêreldwye neigings ervaar, bekend as vinnige
modes – die spoed waarteen goedere na die markte gebring word.
• Die toename van goed, buitelandsvervaardigde klere
(Enige relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van inligting uit Bron 3C – L2]
• Duisende werksgeleenthede is in die Suid-Afrikaanse klerebedryf
verlore.
• 150 000 werksgeleenthede is in die klere- en tekstielbedryf verlore.
• SACTWU probeer werksgeleenthede in die bedryf red.
• Die bedryf het swaargekry weens ʼn toestroming van goedkoop
kledingstukke.
• Toename in goedkoop ingevoerde goedere.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.3.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 3C – L2]
• SACTWU beywer hom vir mense om plaaslik vervaardigde goedere te
koop.
• Die “Koop Suid-Afrikaanse veldtog” het ten doel gehad om plaaslik
vervaardigde kledingstukke te bevorder.
• SACTWU het ooreenkomste met groot maatskappye aangegaan om die
plaaslike bedryf te ondersteun.
(Enige relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
3.3.3 [Verduideliking van beperkings uit Bron 3C – L3]
• Die bron gee nie redes waarom die klerefabrieke gered moet word nie.
• Die kunstenaar wat die plakkaat vervaardig het, word nie genoem nie.
• Die bron bied die siening van die vakbonde aan/eensydige siening van
vakbonde
(Enige ander relevante antwoord.) Enige (2 x 2) (4)
18
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – L2]
• Die pandemie het tot die sluiting van aanlegte gelei.
• Daar was menige werksgeleenthede in die kleinhandelsektor verlore.
• Kleinhandelaars het logistieke struikelblokke in die uitvoer van
kledingstukke ondervind.
• Verbruikers kry swaar as gevolg van die pandemie en kon gevolglik nie
klere koop nie wat tot ʼn afname in verkope gelei het.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2) (4)
3.4.2 [Verduideliking van konsep in konteks uit Bron 3D – L2]
• ʼn Siekte wat wêreldwyd uitbreek en wyd versprei is as gevolg van die
beweging van goedere en mense oor die hele wêreld.
(Enige ander relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
• Om proporsie van plaaslik vervaardigde produkte te verhoog.
• Om werk te skep. (2 x 1) (2)
3.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
• Thandi Phele (1 x 1) (1)
3.4.5 [Interpretasie van inligting uit Bron 3D – L2]
• Suid-Afrika poog om buitelandse beleggers te lok om in die Suid-
Afrikaanse Klere- en Tekstielbedryf te belê om werk te skep.
• Die Suid-Afrikaanse regering is vasbeslote om onwettige invoer hok te
slaan om werk te red.
• Die Suid-Afrikaanse regering sal slegs plaaslik vervaardigde goedere
bevorder en dit sal bydra tot werkskepping in die bedryf.
• Tariewe sal gereguleer word en vervaardigingsaansporings sal ingestel
word.
(Enige ander relevante antwoord) Enige (1 x 2) (2)
19
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
3.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 3C en 3D om vas te stel hoe bronne mekaar
ondersteun – V3]
• Bron 3C doen ʼn beroep op verbruikers om Suid-Afrikaans vervaardigde klere te
koop – “Koop Suid-Afrika” en Bron 3D noem dat groot kleinhandelmaatskappye
plaaslik vervaardigde klere koop.
• Bron 3C SAWCTU probeer werksgeleenthede in die klere- en tekstielbedryf red
en Bron 3D praat oor werkskepping in die klere- en tekstielbedryf.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – L3]
• Die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielbedryf verskaf 90% van indiensneming in
Suid-Afrika (Bron 3B).
• Die sektor het 95 000 werkers in diens (Bron 3B).
• Die bedryf staar uitdagings in die gesig as gevolg van die invloei van goedkoop
goedere (Bron 3B).
• Die wêreldwye neiging van vinnige mode het ʼn negatiewe impak op die sektor
gehad (Bron 3B).
• SACTWU het ʼn "Koop Suid-Afrika-veldtog" geloods om die plaaslike bedryf te
ondersteun (Bron 3C).
• SACTWU beywer hom vir mense om plaaslik vervaardigde goedere te koop
(Bron 3C).
• Menige werksgeleenthede is in die sektor verlore (eie kennis).
• Die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielbedryf het 150 000 poste van 2000 –
2013 afgeskaf (eie kennis).
• Die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielbedryf het groot werksverliese ervaar
weens die COVID-19-pandemie (Bron 3D).
• Die Suid-Afrikaanse regering het ʼn aantal inisiatiewe geïmplementeer, soos om
onwettige invoere te beperk en vervaardigingsaansporings te implementeer om
werksgeleenthede in die bedryf te red.
(Enige ander relevante antwoord) (8)
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv.
• toon geen of min begrip hoe globalisering die klere- en PUNTE:
VLAK 1
tekstielbedryf in Suid-Afrika beïnvloed het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband
met die onderwerp, bv. toon ʼn mate van begrip van hoe
globalisering die klere- en tekstielbedryf in Suid-Afrika PUNTE:
VLAK 2
beïnvloed het. 3–5
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn paragraaf te
skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike
begrip van hoe globalisering die klere- en tekstielbedryf in
PUNTE:
VLAK 3 Suid-Afrika beïnvloed het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf
wat ʼn begrip van die onderwerp toon.
(8)
[50]
20
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGELIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik]
SINOPSIS
Kandidate moet duidelik aandui hoe Steve Biko en die filosofie van Swartbewussyn swart
Suid-Afrikaners bemagtig het om die apartheidsregering in die 1960's en 1970's uit te
daag.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en aandui hoe Steve Biko en die filosofie
van Swartbewussyn swart Suid-Afrikaners bemagtig het om die apartheidsregering in die
1960's en 1970's uit te daag. Hulle moet ook aandui hoe hulle hul argument sal
ondersteun.
UITBREIDING
• Politieke vakuum (agtergrondinligting)
➢ Geskep nadat politieke leiers en partye van die ANC en PAC in 1960 verbied of
gevange geneem is.
• Mobilisasie van Swart mense
➢ Swart mense met ʼn gevoel van trots toegedien.
➢ Om hulself te aanvaar/selfvertroue/selfstandigheid/sin van identiteit te hê
➢ Swart mense bemagtig om die gees van selfbejammering; minderwaardigheids-
kompleks; selfvervreemding en oorheersing deur eksterne kragte te verwerp.
➢ Die vorming van Swartbewussyn is deur die apartheidsregering verwelkom as ʼn
uitbreiding van afsonderlike ontwikkeling.
• Politieke mobilisering/bemagtiging
➢ Swart studente het hulself begin organiseer om wit oorheersing te weerstaan deur
weg te breek van NUSAS en SASO gestig (1968).
➢ Swart studente het die filosofie van Swartbewussyn (SB) (Rol van Biko/SASO)
aangeneem.
➢ SASO was vir universiteitstudente en SASM vir skoliere.
➢ Swartbewussyn het gelei tot die stigting van die Black Peoples Convention (BPC)
in 1972 wat studente, kerke, gemeenskappe en vakbonde betrek het.
➢ Vakbonde wat in lyn was met die Swartbewussyn -filosofie het Black Parents'
Association en Black Allied Workers Union (BAWU) ingesluit.
21
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
➢ South African Students Movement, wat in 1972 gestig is, het Swart mense aan die
ideale van Swartbewussyn blootgestel.
➢ Uitsetting van Tiro wat gelei het tot studentebetogings.
➢ BCM en SASO het FRELIMO-saamtrekke (1974) georganiseer.
➢ Uitsetting van studente van universiteite.
➢ Die arrestasies van Swartbewussyn -leiers het politieke aktivisme verhoog.
• Studentemobilisering/bemagtiging
➢ Die Bantoe-onderwyswet het Afrikaans as onderrigmedium in skole ingestel
(1975).
➢ SASO en SASM het die stigting van die Soweto Studente Verteenwoordigende
Raad (SSRC) beïnvloed.
➢ Beide swart onderwysers sowel as studente het Afrikaans – as die taal van die
onderdrukker verwerp.
➢ Sommige onderwysers en leerders is reeds deur SASO-studente-onderwysers van
universiteite aan die idees van Biko en die Swartbewussyn -filosofie blootgestel.
➢ Die Departementele Omsendbrief oor Afrikaans (50/50) was die sneller vir die
Soweto-opstand.
➢ 16 Junie 1976 – Studente het vreedsaam betoog teen die implementering van die
omsendbrief.
➢ Polisie se reaksie op studentebetogings – Hector Petersen, ʼn 13-jarige seun was
een van die eerste slagoffers van hierdie opstand.
• Mobilisering/bemagtiging deur gemeenskapsprogramme
➢ Biko se verbanning na King Williams Town het gelei tot verskuifde fokus na
gemeenskapsprogramme.
➢ Mamphele Ramphele se verbanning na Tzaneen.
➢ Swartbewussyn het onafhanklikheid van blankes bevorder deur Swart
Gemeenskapsprogramme om swartes sonder wit bystand te ondersteun.
(Zanempilo Health Clinic/Ginsburg Educational Trust/Zimele Trust Fund/Solepilo
Community Health Centre/Ithuseng Community Health Program and Winter School
Projects).
• Mobilisasie/bemagtiging deur arbeid
➢ Werkers gemobiliseer om vakbonde te stig.
➢ Swartbewussyn het gelei tot die stigting van die Black Allied Workers Union
(BAWU) – werkerstakings in Durban in 1973).
• Dood van Biko (1977) in polisie-aanhouding.
• 19 Oktober 1977 –verbod teen 19 organisasies wat in lyn is met Swartbewussyn
• Mobilisasie deur media
➢ Media wat die Swartbewussyn -filosofie goedgesind was, bv. The World en The
Weekend World koerante, was gesluit.
(Enige ander relevante antwoord)
SLOT:
Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking verbind. [50]
22
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING
VAN DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer ʼn argument gebaseer op bewyse deur analitiese en interpretatiewe
vaardighede te gebruik]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe leierskap en kompromieë wat deur verskillende
politieke organisasies gemaak is, demokrasie in SA teweeggebring het in die
onderhandelinge wat tussen 1990 – 1994 plaasgevind het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
INLEIDING
Kandidate moet krities bespreek hoe leierskap en kompromieë deur verskillende politieke
organisasies die verskillende uitdagings hanteer het wat gelei het tot die breuk in die
onderhandelingsproses en watter politieke rolspelers die situasie gered het. Hulle moet
ook aandui hoe hulle hul argumentslyn gaan ondersteun.
UITBREIDING
1989
• De Klerk kom aan bewind
1990
• 2 Februarie 1990 toespraak (leierskap)
• Mandela uit die tronk vrygelaat
• Ontbanning van die politieke en burgerlike organisasies
• Groote Schuur Minuut (Gesprekke tussen ANC en NP)
• Geweld in die Vaaldriehoek
• Pretoria Minuut (kompromie)
1991
• Vergadering van politieke partye – KODESA 1 (20 Desember 1991)
• Verklaring van voorneme - kompromie
• Voortdurende geweld op pendeltreine aan die Rand
1992
• Slegs blankes referendum (1992) (De Klerk leierskap)
• KODESA 2 (2 Mei 1992)
• Boipatong-slagting en die gevolge daarvan (17 Junie 1992)
• Rollende massa-optrede deur anti-apartheidsorganisasies om De Klerk se regering
te dwing om met integriteit te onderhandel. (toets leierskap)
• Bhisho-slagting (Gqozo) en die uitwerking daarvan op die proses van
onderhandelinge (7 September 1992)
• Rekord van verstandhouding – Meyer en Ramaphosa (leierskap, kompromie)
23
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
1993
• Veelparty-onderhandelingsforum – Regter vleuel aanval van die Wêreldhandelsentrum
• APLA moorde – St James Church. Heidelberg Tavern, moord op Amy Biehl
• Sonsondergangsklousule ingelei deur Joe Slovo (kompromie, leierskap)
• Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en impak op Suid-Afrika
• Datum vir die eerste demokratiese verkiesings vasgestel
1994
• Verkiesing op 27 April 1994 en uitslag van verkiesings
• Regering van Nasionale Eenheid – met Mandela van die ANC as president en twee
adjunkte (een van NP, een van die ANC)
• Geweld van 1994 – Shell House-slagting, Bophuthatswana-moorde, geweld op die
vooraand van verkiesings en verkiesingsdag
• Mandela as die eerste swart president verkies
SLOT
Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking verbind.
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE
GEBEURE VAN 1989
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik in watter mate die val van die Berlynse Muur in 1989 en die
daaropvolgende ineenstorting van kommunisme die weg gebaan het vir die Nasionale
Party en die African National Congress om samesprekings te begin. Hulle moet verwys
na die relevante gebeure wat die politieke situasie in Suid-Afrika tussen 1989 en 1990
verander het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
INLEIDING
Kandidate moet ʼn standpunt inneem en aandui tot watter mate die val van die Berlynse
Muur die weg gebaan het vir beide die Nasionale Party en die African National Congress
om samesprekings met mekaar te begin en hoe hierdie samesprekings gelei het tot
politieke veranderinge in Suid-Afrika.
24
Downloaded from hlayiso.com
10792/22
UITBREIDING
• Die Sowjetunie het teen die einde van 1989 gedisintegreer (Glasnost en Perestroika).
- Kort agtergrond
• Die Sowjetunie is nie meer as ʼn supermoondheid beskou nie.
• Kommunisme is nie meer as ʼn 'globale bedreiging' gesien nie.
• Die val van die Berlynse Muur in 1989 en die impak daarvan.
• Veranderinge in die wêreldpolitiek en die impak daarvan op Suid-Afrika se
apartheidshervormings.
• Die apartheidsregime kon nie meer kommunisme gebruik om sy beleid van rassesegregasie
te regverdig nie.
• Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika teen ʼn kommunistiese aanslag beskerm,
het onrealisties geword.
• Die VSA en sy bondgenote kon nie meer voortgaan om die apartheidsregime te ondersteun
nie.
• Die ineenstorting van die USSR het ook die ANC beïnvloed om sy standpunt te verander.
• Die ANC het ekonomiese en ideologiese uitdagings ervaar.
• Die ineenstorting van die Sowjetunie het druk op beide die Nasionale Party en die ANC
geplaas om met onderhandelinge te begin.
• Eksterne steun vir beide die Nasionale Party en die ANC was besig om te vervaag en
onderhandelinge het gelyk na die beste opsie vir beide kante.
• Die Slag van Cuito Cuanavale het die Nasionale Party aangespoor om met die kommuniste te
begin onderhandel oor die onafhanklikheid van Namibië, het dit vir hulle makliker gemaak om
met die ANC te praat.
• Die westerse wêreld het die stap ondersteun dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en
demokraties moet oplos.
• Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party-regering nie wit oppergesag vir onbepaalde
tyd kon handhaaf nie.
• Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord op die
behoeftes van wit kapitalistiese ontwikkeling was nie.
• Daar was geen twyfel dat die voortgesette onderdrukking van swart Suid-Afrikaners politieke
stabiliteit sou verseker nie.
• Die regering het begin glo dat hervorming die ontwikkeling van ʼn sterk swart middelklas moet
insluit wat as ʼn "bolwerk" (buffer) teen revolusie sal optree.
• Die veiligheidsmagte en noodtoestande het nie township-opstande gekeer nie.
• Teen die laat 1980's was die Suid-Afrikaanse ekonomie in ʼn toestand van depressie.
• PW Botha het ʼn beroerte gehad en is opgevolg deur FW de Klerk.
• FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid nie ʼn sameswering was wat
vanuit Moskou gerig is nie.
• Dit het De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies in gesprek te tree om ʼn
blywende oplossing vir Suid-Afrika te vind.
Op 2 Februarie 1990 het De Klerk die ontbanning van alle anti-apartheidsorganisasies
aangekondig wat die weg gebaan het vir samesprekings wat tot die einde van apartheid gelei het.
(Enige ander relevante antwoord)
SLOT
Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking verbind.
[50]
TOTAAL: 150
25
Study this subject
Recommended for this subject
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum