VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
10711
REKENINGKUNDE
(VRAESTEL 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
11 bladsye + ’n formuleblad en ʼn 11 bladsy-antwoordboek
b.o.
Skip to contentAll 2025 papers %20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)


%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)

%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 506.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
REKENINGKUNDE
2
(VRAESTEL 1) 10711/25
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. Indien jy so verkies, mag jy die formuleblad met Finansiële Aanwysers
gebruik wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Maatskappy Finansiële State 50 40
Kontantvloeistaat en Finansiële
2 40 30
Aanwysers
3 Interpretasie van Finansiële State 45 40
4 Korporatiewe Bestuur 15 10
TOTAAL 150 120
b.o.
REKENINGKUNDE
3
(VRAESTEL 1) 10711/25
VRAAG 1: BEGRIPPE EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE
(50 punte; 40 minute)
1.1 Kies die korrekte term uit die lys hieronder wat betrekking het met elkeen van die
volgende stellings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3)
in die ANTWOORDBOEK neer.
Staat van Omvattende lnkomste; Nie-bedryfslaste;
Finansiële bates; Bedryfslaste; Bedryfsbates; Staat van Finansiële Posisie
1.1.1 Die korttermyn laste van die besigheid
1.1.2 ʼn Finansiële staat wat ʼn maatskappy se winsgewendheid tydens ʼn
spesifieke periode uiteensit
1.1.3 ʼn Vaste deposito wat oor vier jaar verval
(3 x 1) (3)
1.2 Tok Zen Bpk
Die volgende inligting het betrekking op Tok Zen Bpk. Die finansiële jaar het op
30 Junie 2025 geëindig.
GEVRA:
1.2.1 Verwys na inligting A en B.
Bereken die korrekte netto wins na belasting vir die jaar geëindig op
30 Junie 2025. Toon ʼn (+) vir toename en ʼn (-) vir afname. (12)
1.2.2 Verwys na inligting A – G.
Berei die volgende voor soos op 30 Junie 2025:
Behoue-inkomste-nota (7)
Staat van Finansiële Posisie (28)
LET WEL: Toon bewerkings, sommige bedrae word in die
ANTWOORDBOEK voorsien.
b.o.
REKENINGKUNDE
4
(VRAESTEL 1) 10711/25
INLIGTING:
A. Lys van saldo’s op 30 Junie voordat enige van die onderstaande
aansuiwerings in ag geneem is
2025 2024
BALANSSTAATREKENINGE AFDELING
R R
Gewone aandelekapitaal 9 600 000 10 000 000
Behoue inkomste ? 670 100
Lening: Jen Gem Bank ? 1 800 000
Vaste bates teen drawaarde ? 8 647 000
Vaste deposito: Jen Gem Bank ? 1 500 000
Handelsvoorraad ?
Netto handelsdebiteure 424 000
Kontant en kontantekwivalente 192 300
SAID (Inkomstebelasting) 235 000 Dt
Krediteurekontrole 116 860
NOMINALE REKENINGE AFDELING
Direkteursfooie 1 126 250
Huurinkomste 105 100
B. Netto wins voor belasting ter waarde van R1 153 150 is bereken, voordat die
volgende regstellings gedoen is:
(i) Voorsiening vir oninbare skuld moet verhoog word met R7 350.
(ii) R12 000 van die versekeringskontrak was vir die tydperk 1 Julie 2025 tot
31 Desember 2025.
(iii) Huur is ontvang vir die tydperk van 1 Julie 2024 tot 31 Augustus 2025.
Weens bykomende huurspasie is die huur met R500 per maand verhoog,
vir slegs die drie maande, vanaf 1 Mei 2025 tot 31 Julie 2025.
(iv) Aan die begin van die finansiële jaar het die maatskappy twee direkteure
gehad. Beide hierdie direkteure het nie hul fooie vir Junie 2025 ontvang nie.
ʼn Derde direkteur is op 1 Februarie 2025 aangestel, teen ʼn fooi van 10% laer
as die huidige direkteure, en hy het sy fooie vir die huidige jaar ontvang.
(v) ʼn Verdere R55 000 is verskuldig vir inkomstebelasting op 30 Junie 2025.
C. Vaste bates
Inaggenome al die veranderinge tot aan die einde van die finansiële tydperk wat
vaste bates gedurende die jaar beïnvloed het, het die totale bewegings van vaste
bates, R1 352 000 beloop.
D. Finansiële bates
ʼn Derde van die vaste deposito verval op 31 Desember 2025.
b.o.
REKENINGKUNDE
5
(VRAESTEL 1) 10711/25
E. ʼn Debiteur se debietsaldo van R9 560 in die Debiteuregrootboek moet nog na haar
rekening in die Krediteuregrootboek oorgedra word.
F. Leningstaat: Jen Gem Bank
R
Terugbetalings vir die jaar, rente ingesluit ?
Rente gekapitaliseer vir die jaar. Dit verteenwoordig 30% van die
234 000
totale terugbetaling vir die jaar
R270 000 van die lening sal binne die volgende finansiële jaar terugbetaal
word.
G. Gewone aandele en dividende
Datum Besonderhede
1 Julie 2024 2 500 000 gewone uitgereikte aandele
31 Oktober 2024 4% van die uitgereikte aandele is teruggekoop teen R6,10.
Hierdie transaksie is geboekstaaf.
30 Junie 2025 ? gewone uitgereikte aandele
LET WEL: Addisionele aandele is nie gedurende die jaar uitgereik nie.
Interim dividende is nie gedurende die jaar verklaar nie.
Finale dividende van 21 sent per aandeel is aan die einde van die finansiële jaar
verklaar.
50
b.o.
REKENINGKUNDE
6
(VRAESTEL 1) 10711/25
VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
(40 punte; 30 minute)
2.1 Kies die korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf die antwoord langs die
vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDBOEK neer.
2.1.1 (Aandeelhouersekwiteit/Dividende) is verdienste vir aandeelhouers as
opbrengs op hul beleggings.
2.1.2 ʼn Afname in debiteure toon ʼn kontant (invloei/uitvloei).
2.1.3 Rente uitgawe word geklassifiseer as (bedryfs/finansierings) -uitgawe.
(3 x 1) (3)
2.2 MYAN TECH BPK
Die inligting hieronder het betrekking op die finansiële jaar wat op 31 Mei 2025
eindig. Die besigheid koop en verkoop tegnologieprodukte.
GEVRA:
2.2.1 Voltooi die Gewone-aandelekapitaal-nota op 31 Mei 2025. (7)
2.2.2 Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:
Belasting betaal (4)
Dividende betaal (5)
2.2.3 Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat:
Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite (6)
Netto verandering in kontant en kontantekwivalente (4)
2.2.4 Die direkteure het opsies geïdentifiseer om R1,5 miljoen se fondse te
bekom, wat nodig is om nuwe produkte in te voer en die besigheid uit te brei,
sonder om die besigheid se risiko vir die volgende finansiële jaar te verhoog.
Watter befondsingsopsies kan die maatskappy oorweeg, sonder om
addisionele lenings aan te gaan? Haal TWEE bronne met syfers aan. (2)
2.2.5 Bereken die volgende aanwysers vir die jaar geëindig op 31 Mei 2025:
% Netto wins na belasting op verkope (2)
Netto batewaarde per aandeel (3)
Dividende uitbetalingskoers (4)
b.o.
REKENINGKUNDE
7
(VRAESTEL 1) 10711/25
INLIGTING:
A. Uittreksel: Staat van Omvattende Inkomste op 31 Mei 2025
Verkope R20 250 000
Koste van verkope 12 656 250
Waardevermindering 855 000
Rente op lening 608 000
Inkomstebelasting 553 000
Netto wins na belasting 1 633 100
B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op:
31 Mei 2025 31 Mei 2024
R R
Handelsvoorraad 2 348 000 1 762 000
Debiteurekontrole 182 400 209 100
SAID (Inkomstebelasting) 37 600 Dt 111 000 Dt
Kontant en kontantekwivalente 936 000 233 000
Gewone aandeelhouersekwiteit 8 950 000
Gewone aandelekapitaal 7 191 000 5 160 000
Behoue inkomste 1 759 000
Lening: Zed Bank ? 5 821 600
Krediteurekontrole 89 200 104 300
Bankoortrekking 0 360 800
Aandeelhouers vir dividende 224 000 ?
C. Aandelekapitaal en dividende:
Addisionele aandele is gedurende die jaar uitgereik.
Op 1 September 2024 was daar 800 000 aandele reeds uitgereik.
Interim dividende is op 30 November 2024 betaal.
Op 30 April 2025 koop die maatskappy aandele terug. Die gemiddelde prys
beloop 85% van die terugkoopprys. Hierdie aandele kwalifiseer vir finale
dividende.
Op 31 Mei 2025 was daar 705 000 uitgereikte aandele.
ʼn Finale dividend per aandeel is op 31 Mei 2025 verklaar.
LET WEL: Finansiële rekords op 31 Mei 2024 het die volgende getoon:
o Slegs 500 000 aandele is uitgereik.
o ʼn Finale dividend van 22 sent per aandeel is verklaar.
D. Na inagneming van alle aansuiwerings, is die volgende finansiële aanwysers
bereken:
Skuldekwiteitsverhouding – 0,6 : 1
Dividende per aandeel – 48 sent
40
b.o.
REKENINGKUNDE
8
(VRAESTEL 1) 10711/25
VRAAG 3: INTERPRETASIE VAN FINANSIËLE INLIGTING
(45 punte; 40 minute)
DODO BPK EN NASHA BPK
Jy word voorsien van inligting wat met twee maatskappy verband hou.
Ben Komani besit aandele in beide Dodo Bpk and Nasha Bpk.
GEVRA:
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings versoek word, moet jy:
Finansiële aanwysers en neigings met syfers aanhaal
ʼn Rede of verduideliking verskaf vir die finansiële aanwyser aangehaal
3.1 Winsgewendheid:
Haal TWEE finansiële aanwysers, met syfers en neigings, aan van dié maatskappy
wat ʼn verbetering in hul bedryfseffektiwiteit getoon het. (4)
3.2 Likiditeit:
Die direkteure van Dodo Bpk is besorg oor voorraadbeheer. Haal EEN
finansiële aanwyser en ander relevante finansiële data aan om hierdie kommer
te bevestig. (4)
Identifiseer die maatskappy wat meer voorraad aanhou. Toon berekeninge en
verduidelik deur gebruik te maak van finansiële aanwysers. (3)
3.3 Dividende uitbetalingsbeleid:
Verduidelik aan Ben watter maatskappy genoeg fondse behou het om uitbreidings
in die komende finansiële jaar te finansier. Haal syfers aan en verskaf ’n vergelyking
om jou antwoord te ondersteun. (5)
3.4 Aandeelprys op aandelebeurs:
Lewer kommentaar oor die verandering in die aandeelprys van elke maatskappy
op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) aan die einde van die finansiële jaar.
Haal syfers en neigings aan. (4)
Verskaf EEN faktor vir elke maatskappy wat veranderinge in hul aandeelprys
kon beïnvloed het.
(2)
3.5 Finansieringstrategie:
Die Bedryfshoof (BH) van Nasha Bpk het die senior bestuurspan oorreed om ʼn lening
aan te gaan. Haal EEN finansiële aanwyser met syfers en neigings aan om hierdie
stelling te bevestig. (3)
b.o.
REKENINGKUNDE
9
(VRAESTEL 1) 10711/25
3.6 Aandeelhouding:
Vewys na Inligting A en B.
Bereken die totale bedrag wat Ben ontvang het vir die verkoop van sy aandele
in Dodo Bpk. (2)
Bereken die addisionele bedrag, buiten die bedrag verdien uit die verkoop van
sy aandele in Dodo Bpk, wat Ben moes bydra om die aandele in Nasha Bpk te
koop. (4)
Verduidelik TWEE voordele wat Ben sal verloor ná die verkoop van sy aandele
in Dodo Bpk. (4)
Ben se % aandeelhouding in Nasha Bpk sal verander na die aankoop van
addisionele aandele. Hy is nou die meerderheidsaandeelhouer. Verduidelik
TWEE potensiële uitdagings of probleme om ʼn meerderheidsaandeelhouer te
wees. (4)
3.7 Sukses van ʼn direkteur:
Verduidelik DRIE noodsaaklike eienskappe van ʼn suksesvolle direkteur in ʼn
winsgewende maatskappy. (6)
INLIGTING:
A. Agtergrondinligting:
Ben Komani besit aandele in beide Dodo Bpk en Nasha Bpk.
Hy verkoop 132 000 aandele van sy aandele in Dodo Bpk en koop dieselfde
hoeveelheid aandele in Nasha Bpk.
LET WEL: Hierdie transaksies het aan die begin van die finansiële jaar
plaasgevind.
Aandelekapitaal:
Dodo Bpk Nasha Bpk
2025 2024 2025 2024
Totale aantal aandele
600 000 600 000 1 000 000 800 000
uitgereik
Aandele besit deur Ben ? 301 000 ? 389 000
% Aandeelhouding in elke
? 50,2% ? 48,63%
maatskappy
Beide maatskappye het geen aandele gedurende die jaar teruggekoop nie.
b.o.
REKENINGKUNDE
10
(VRAESTEL 1) 10711/25
B. Finansiële aanwysers, markpryse van aandele en ander finansiële data op
30 April
Dodo Bpk Nasha Bpk
2025 2024 2025 2024
Winsopslagpersentasie 45% 45% 65% 60%
% Bedryfsuitgawes op verkope 25,2% 23,4% 18% 22%
% Netto wins na belasting op
9,4% 10,2% 13,8% 13,1%
verkope
Solvabiliteitsverhouding 1,6 : 1 1,4 : 1 2,8 : 1 2,9 : 1
Bedryfsverhouding 2,3 : 1 2,5 : 1 1,9 : 1 1,8 : 1
Vuurproefverhouding 0,8 : 1 0,9 : 1 1,1 : 1 1,1 : 1
Voorraadomsetsnelheid 8,2 keer 8,9 keer 15 keer 14 keer
Opbrengs op
10,2% 10,8% 15,9% 14,8%
aandeelhouersekwiteit
Verdienste per aandeel 89c 143c
Dividend per aandeel 86c 72c
Dividende uitkeerkoers 97% 50%
Netto batewaarde per aandeel 792c 1 028c
Skuldekwiteitsverhouding 0,8 : 1 0,8 : 1 0,5 : 1 0,4 : 1
Markprys per aandeel 720c 933c 1 320c 1 123c
Rentekoers op lenings 13% 12% 13% 12%
Rentekoers op vaste deposito’s 7,5% 7% 7,5% 7%
Saldo’s
Handelsvoorraadtekort R25 030 R12 470 R0 R1 870
45
b.o.
REKENINGKUNDE
11
(VRAESTEL 1) 10711/25
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 10 minute)
Jy word voorsien van 'n opgesomde weergawe van ’n mediavrystelling van Kings Bpk.
Lees die verwerkte uittreksel uit die mediaverklaring en gebruik jou kennis oor
maatskappye om die volgende vrae te beantwoord.
GEVRA:
LET WEL: MOENIE jou antwoorde oor verskeie vrae herhaal wanneer jy dit
beantwoord NIE.
4.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.2) in die ANTWOORDBOEK neer.
4.1.1 Die (direkteure/interne ouditeur/eksterne ouditeur) ondersoek die
maatskappy se finansiële rekords en interne beheermaatreëls om enige
rekeningkundige teenstrydighede te identifiseer.
4.1.2 Maatskappye berei akkurate finansiële state voor in ooreenstemming
met (die ouditkomitee/Internasionale Finansiële Rapportering
Standaarde (IFRS)/die aandeelhouers) om deursigtigheid en
aanspreeklikheid te verseker. (2 x 1) (2)
4.2 Identifiseer TWEE kwessies rakende korporatiewe bestuur wat duidelik blyk uit die
Kings Bpk saak. (2)
4.3 Verskaf TWEE redes waarom deursigtigheid noodsaaklik is as ʼn element van etiek
rakende korporatiewe bestuur binne ʼn maatskappy. (4)
4.4 Verduidelik TWEE rolle van ʼn ouditkomitee in die voorkoming van teenstrydighede
in finansiële verslagdoening. (4)
4.5 Gee DRIE gevolge van swak korporatiewe bestuur vir ʼn maatskappy soos Kings
Bpk. (3)
UITTREKSEL UIT DIE MEDIAVERKLARING:
KINGS BPK: ʼn KORPORATIEWE SKANDAAL EN DIE NAGEVOLGE DAARVAN
Kings Bpk, 'n multinasionale kleinhandelkorporasie, was betrokke by ’n groot korporatiewe
skandaal. Die maatskappy het onlangs “rekeningkundige onreëlmatighede” aangemeld
wat daarna bedrieglike aktiwiteite ter waarde van miljarde rande aan die lig gebring het.
Dit het gelei tot 'n noemenswaardige en langdurige daling in sy aandeelprys, wat
uiteindelik tot die bedanking van belangrike bestuurders gelei het.
Die skandaal het ernstige gebreke in korporatiewe bestuur aan die lig gebring, gekenmerk
deur 'n gebrek aan deursigtigheid, ontoereikende toesig deur die direksie en onvoldoende
finansiële beheermaatreëls. Die maatskappy het probleme ondervind om stabiliteit te
herwin, wat tot die verlies van aandeelhouers gelei het.
15
TOTAAL: 150
EINDE
REKENINGKUNDE
1
(VRAESTEL 1) 10711/25
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van Verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Nie-bedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handels & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van Verkope
Koste van Verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 onder)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 onder)
Netto wins na belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 Getal uitgereikte aandele 1
(Sien Nota 3 onder)
Netto wins voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar mag gebruik word indien so vereis in
'n vraag. 365 dae is slegs van toepassing indien dit relevant tot die hele jaar is.
2. Kredietaankope mag gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde
wees indien voorraad konstant is).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
word die geweegde gemiddelde aantal aandele in die praktyk gebruik.
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Addendum (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum