VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
10712
REKENINGKUNDE
(VRAESTEL 2)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
14 bladsye + ’n formuleblad en ʼn 14-bladsy antwoordboek
b.o.
Skip to contentAll 2025 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)

%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)


View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 509.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
REKENINGKUNDE
2
(VRAESTEL 2) 10712/25
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. Jy mag die formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan die einde van hierdie
vraestel aangeheg is, gebruik.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Rekonsiliasies 40 32
2 Kosterekeningkunde 40 32
3 Voorraadwaardasie 35 28
4 Begrotings 35 28
TOTAAL 150 120
b.o.
REKENINGKUNDE
3
(VRAESTEL 2) 10712/25
VRAAG 1: REKONSILIASIES (40 punte; 32 minute)
1.1 BANKVERSOENING
Die inligting hieronder het betrekking op Khaya Handelaars, ʼn besigheid wat deur
Khaya Smith besit word. Die besigheid ontvang die bankstaat op die 25ste dag van elke
maand. Khaya gebruik dit om die bankversoening te voltooi.
GEVRA:
1.1.1 Gebruik die tabel wat in die ANTWOORDBOEK voorsien is om die finale totale
van die Kontantjoernale op 31 Mei 2025 te bereken. (10)
1.1.2 Bereken die korrekte bankrekeningsaldo in die Algemene Grootboek op
31 Mei 2025. (4)
1.1.3 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2025 op. (7)
1.1.4 Khaya het opgemerk dat 'n langdienende kassier onlangs kontanttekorte
ervaar het. Stel TWEE moontlike redes voor vir hierdie tekorte en verskaf
oplossings aan Khaya om elke gegewe rede te hanteer. (4)
1.1.5 Verskaf TWEE redes waarom Khaya alle EFO-betalings van sy besigheid
magtig. (2)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 April 2025
Uitstaande deposito’s: Gedateer 14 April 2025 R6 000
Gedateer 28 April 2025 15 000
Uitstaande EFO’s: Nr. 135 2 100
Nr. 139 6 700
Ongunstige saldo volgens bankrekening 15 550
LET WEL:
Die uitstaande deposito van R15 000 het op 15 Mei 2025 op die bankstaat verskyn.
Die uitstaande deposito van R6 000 het nie op die bankstaat vir Mei 2025 verskyn
nie. ʼn Ondersoek het aan die lig gebring dat hierdie bedrag nooit gedeponeer is
nie. Die bedrag moet afgeskryf word.
EFO 135 is korrek op die bankstaat as R210 getoon.
Die bankstaat vir Mei 2025 toon dat EFO 139 korrek aangeteken is.
b.o.
REKENINGKUNDE
4
(VRAESTEL 2) 10712/25
B. Voor ontvangs van die Bankstaat vir Mei 2025, het die Kontantjoernale die
volgende voorlopige totale getoon:
KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL KONTANTBETALINGSJOERNAAL
R102 675 R86 150
C. Inligting op die Bankstaat vir Mei 2025 wat nie in die Kontantjoernale vir Mei
2025 verskyn het nie:
DEBIET KREDIET
DATUM BESONDERHEDE
(R) (R)
1 P. Sello (huurder) 3 160
9 Kontantonttrekking (K. Smith) 2 800
15 Debiteurekontrole (K. Phumi) 6 400
25 Debietorder 00125 5 100
28 Rente 365
30 Transaksiefooie 830
LET WEL:
K. Phumi het ʼn elektroniese oordrag gemaak voordat ʼn 5%-korting aan hom
toegestaan is. Khaya het die boekhouer opdrag gegee om die korting elektronies
terug te betaal. Hy het die transaksie gemagtig en die boekhouer het die
terugbetaling afgehandel.
ʼn Ongemagtigde debietorder het op 25 Mei verskyn. Die bank sal die fout in Junie
regstel.
D. Inskrywings in die Kontantjoernale na 25 Mei 2025:
Deposito op 30 Mei 2025 R31 250
EFO 384 aan DS Verpakking, gedateer 27 Mei 2025 9 650
EFO 392 aan MJ Skryfbehoeftes, gedateer 29 Mei 2025 5 440
E. Bankstaat se saldo op 31 Mei 2025 …?
b.o.
REKENINGKUNDE
5
(VRAESTEL 2) 10712/25
1.2 KREDITEUREVERSOENING
Soweto Handelaars koop goedere op krediet by, onder andere, PP Verspreiders.
Die besigheid ontvang hul rekeningstaat stiptelik elke maand.
GEVRA:
1.2.1 Gebruik die tabel wat voorsien is en toon alle regstellings wat ten opsigte
van die Krediteurekontrolerekening en Krediteurelys gemaak moet word.
Toon veranderinge met ʼn (+) vir ʼn toename, ʼn (–) vir ʼn afname of ’n (0)
vir geen verandering nie. (9)
1.2.2 PP Verspeiders is tevrede met die manier waarop Soweto Handelaars
hul rekening bestuur, daarom is hulle bereid om hulle kredietlimiet te
verhoog.
Verduidelik TWEE aksies wat Soweto Handelaars behoort te neem om ʼn
goeie verhouding met die krediteur te handhaaf. (4)
INLIGTING:
A. Saldo’s en totale op 30 Junie 2025 (voor die regstelling van die foute en
weglatings):
Saldo van Krediteurekontrolerekening R64 800
Totaal van Krediteurelys in die Krediteuregrootboek R79 300
B. Die Krediteurejoernaal se totaal is met R1 000 te veel opgetel.
C. S. Snow, ʼn debiteur met ʼn kredietsaldo van R900 is per abuis in die krediteurelys
ingesluit.
D. Die totaal van die Krediteureafslagjoernaal is foutiewelik as R23 500 bereken in
plaas van R17 900.
E. Die Debiteurekontrole-kolom van R4 400 in die Kontantbetalingsjoernaal is
foutiewelik na die Krediteurekontrolerekening oorgeboek.
F. Verpakkingsmateriaal ter waarde van R2 300 is aan PP Verspreiders
teruggestuur en korrek in die relevante joernaal geboekstaaf. Dit is egter as
kredietaankope na die rekening van PP Verspreiders oorgeboek.
40
b.o.
REKENINGKUNDE
6
(VRAESTEL 2) 10712/25
VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (40 punte; 32 minute)
2.1 MAGIC WOOD VERVAARDIGERS
Die besigheid wat hout deurkosyne (rame) vervaardig, is in besit van Phenyo
Mason. Hul finansiële jaar einde elke jaar op 30 April.
GEVRA:
2.1.1 Verwys na Inligting A.
Bereken die direkte-/grondstofkoste. (6)
2.1.2 Verwys na Inligting C.
Bereken die fabrieksbokoste vir die jaar deur die tabel in die
ANTWOORDBOEK te voltooi. (9)
2.1.3 Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 30 April 2025 op. (6)
2.1.4 Bereken die verkoop- en verspreidingskoste. (3)
2.1.5 Magic Wood het vensterrame aan ʼn gemeenskapskool geskenk. Die rame is
met afvalhout vervaardig, wat andersins vermors sou word. Bereken die
bedrag verlore ten opsigte van verkope as gevolg van die vermorsing van die
hout. (4)
INLIGTING:
A. Grondstowwe (hout):
Grondstowwe word volgens die EIEU (eerste-in-eerste-uit) -metode gewaardeer.
Alle voorraadaankope word in ʼn stoorkamer geberg totdat dit uitgereik word vir
produksie.
Grondstofvoorraad rekords:
EENHEIDS-
TOTAAL
METER KOSTE
(R)
(R)
Saldo op 1 Mei 2024 1 520 608 000
Aankope 16 200 7 467 000
Julie 2024 8 400 420
November 2024 7 800 505
Terugsendings 400 420
Grondstof uitgereik aan fabriek 16 570 ?
Saldo op 30 April 2025 750 ?
LET WEL: 400 meter is aan die verskaffer teruggestuur as gevolg van die
aflewering van die verkeerde grootte.
b.o.
REKENINGKUNDE
7
(VRAESTEL 2) 10712/25
B. Uittreksel uit vooraansuiweringsbedrae op 30 April 2025:
Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R3 670 860 bereken.
Ander vooraansuiweringsbedrae op 30 April 2025:
Kantoorversekering R12 480
Waardevermindering op fabriekstoerusting 42 000
Advertensies 34 320
Fabriekshuur ?
Aansuiwerings tot fabrieksbokste:
80% van die versekering word aan die fabriek toegeken en die res aan die
kantoor. Die boekhouer het die versekeringsbedrag met R2 550 te min bereken.
Waardevermindering op fabriekstoerusting is bereken met behulp van die
kosprys-metode in plaas van die verminderdesaldo-metode. Herstel die fout.
o Op 1 Mei 2024 het die opgehoopte waardevermindering op die
fabriekstoerusting R38 000 beloop.
o Die waardeverminderingskoers op fabriekstoerusting beloop 15% per jaar.
LET WEL: Geen fabriekstoerusting is gedurende die jaar aangekoop of
verkoop nie.
Magic Wood Vervaardigers se fabriekshuur vir die drie maande vanaf 1 Mei 2024
tot 31 Julie 2024 het R168 000 beloop. PM Warehouse hef huur teen 'n vaste
tarief. Magic Wood Vervaardigers huur die afgelope twee jaar 160 vierkante
meter. Met ingang van 1 Augustus 2024 het Magic Wood Vervaardigers versoek
dat die fabriekshuurruimte met 40 vierkante meter vergroot word. Die huur is nog
nie geboekstaaf nie.
C. Daar is geen goedere-in-bewerkingvoorraad nie.
D. Ander kostes vir die finansiële jaar (na alle aansuiwerings):
EENHEIDS- TOTAAL
KOSTE (R)
(R)
Direkte arbeidskoste 710 ?
Veranderlike koste 2 240 14 380 800
E. Produksie en verkope vir die jaar:
6 420 hout deurrame is vervaardig en verkoop.
2,5 meter hout word gebruik om een deurraam te vervaardig.
Verkoopprys per hout deurraam beloop R780.
b.o.
REKENINGKUNDE
8
(VRAESTEL 2) 10712/25
2.2 KICK-IT-UP VERVAARDIGERS
Jy word voorsien van die inligting met betrekking tot Kick-it-up Vervaardigers. Die
besigheid vervaardig kantoorstoele. Die eienaar, Nono Shiloh, is tevrede met die
verhoogde wins.
LET WEL: Waar kommentaar en verduidelikings verlang word, moet jy:
Berekeninge, syfers en/of neigings aanhaal
ʼn Verklaring of rede gee in elke geval
GEVRA:
2.2.1 Verduidelik waarom dit belangrik is om die verwagte gelykbreekpunt vir 'n
besigheid te bereken voor die begin van 'n finansiële jaar. (2)
2.2.2 Nono het nie 'n toename in wins verwag nie. Verduidelik aan haar hoe dit
moontlik was. Gee TWEE redes. Haal syfers aan. (4)
2.2.3 Verklaar waarom totale vaste koste toegeneem het, maar vaste koste per
eenheid afgeneem het. Haal syfers aan. (2)
2.2.4 Identifiseer TWEE kostes (met syfers) wat goed beheer is. Vir elke koste,
verskaf 'n aksie wat Kick-it-up Vervaardigers moontlik geneem het om
hierdie kostes onder beheer te hou. (4)
INLIGTING:
2025 2024
EENHEIDS- EENHEIDS-
TOTAAL TOTAAL
KOSTE KOSTE
(R) (R)
(R) (R)
Vaste koste 26,00 1 092 000 26,60 1 077 300
Veranderlike koste 82,30 3 456 600 84,10 3 406 050
Direkte grondstof 34,00 1 428 000 36,00 1 458 000
Direkte arbeid 29,00 1 218 000 28,10 1 138 050
Verkoop en verspreiding 19,30 810 600 20,00 810 000
Verkoopprys per eenheid R117,30 R105,00
Netto wins vir die jaar R637 500 R101 250
Eenhede vervaardig en
42 000 eenhede 40 500 eenhede
verkoop
Gelykbreekpunt 31 200 eenhede 51 545 eenhede
40
b.o.
REKENINGKUNDE
9
(VRAESTEL 2) 10712/25
VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE (35 punte; 28 minute)
3.1 FLYEASY HANDELAARS
Die besigheid word deur Magesh besit en verkoop een tipe reistas. Die besigheid
gebruik die geweegde-gemiddelde-metode om sy voorraad te waardeer en pas die
deurlopende voorraadstelsel toe. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2025
geëindig.
LET WEL: Waar kommentaar en verduidelikings verlang word, moet jy:
Berekeninge, syfers en/of neigings aanhaal
ʼn Verklaring of rede gee in elke geval
GEVRA:
3.1.1 Bereken die volgende vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2025:
Die waarde van die eindvoorraad, deur gebruik te maak van die
geweegde-gemiddelde-metode (3)
Bruto wins (5)
3.1.2 Magesh het besluit om sy prysbeleid te evalueer. Adviseer hom oor EEN
punt wat hy moet oorweeg wanneer hy sy prysstrategie hersien. (2)
3.1.3 Magesh is bekommerd oor ʼn afname in wins. Noem TWEE potensiële
faktore wat tot ‘n afname in winste kan lei. (2)
INLIGTING:
A. Voorraadsyfers toon die volgende:
EENHEIDS-
TOTAAL
EENHEDE PRYS
(R)
(R)
Aanvangsvoorraad (1 Maart 2024) 710
Aankope 2 370 8 310 000
Maart 850 3 200 2 720 000
Julie 620 3 500 2 170 000
November 900 3 800 3 420 000
Slotvoorraad (28 Februarie 2025) ? 3 420 ?
B. Verkope:
Slegs 2 508 reistasse is gedurende die jaar verkoop.
Om mededingend in die reistasmark te bly, is die verkoopprys op R4 550 vir die
laaste drie jaar gehandhaaf.
b.o.
REKENINGKUNDE
10
(VRAESTEL 2) 10712/25
3.2 MENZIWATCH PLAZA
Aya Mbambo is die eienaar van Menziwatch Plaza, ʼn besigheid wat verskeie soorte
eksklusiewe horlosies verkoop. Die besigheid gebruik die spesifieke
identifikasiemetode om hul voorraad te waardeer en pas die periodieke
voorraadstelsel toe. Hul finansiële jaar het op 28 Februarie 2025 geëindig.
GEVRA:
3.2.1 Bereken die waarde van die eindvooraad voorhande, deur gebruik te maak van
die spesifieke identifikasiemetode (5)
3.2.2 Voorsien ʼn berekening wat bevestig dat die eindvooraad van die Saika-
horlosies na verwagting binne 8,9 dae verkoop sal wees. (3)
3.2.3 Aya is seker daarvan dat die Dempo-model NIE uit vooraad is NIE. Toon ʼn
berekening wat sy vermoede bevestig. (2)
3.2.4 Aya het sy kommer uitgespreek oor kliënte wat horlosies aanpas sonder
personeeltoesig. Identifiseer TWEE potensiële probleme wat uit hierdie praktyk
kan ontstaan en stel ʼn oplossings vir elkeen voor. (4)
INLIGTING:
Die volgende inligting het betrekking op die jaar geëindig 28 Februarie 2025:
A. Aanvangsvoorraad
EENHEIDS- TOTAAL
MODEL EENHEDE
PRYS (R) (R)
Dempo 46 4 750 218 500
Bolex 29 8 700 252 300
B. Aankope
EENHEIDS- TOTAAL
MAANDE MODEL EENHEDE
PRYS (R) (R)
Julie 2024 Dempo 85 4 750 403 750
Bolex 96 8 700 835 200
Desember 2024 Saika 116 5 550 643 800
Februarie 2025 Bolex 44 8 700 382 800
Saika 61 5 550 338 550
C. Slotvoorraad
MODEL EENHEDE TOTAAL (R)
Dempo 0 0
Bolex ? ?
Saika ? ?
b.o.
REKENINGKUNDE
11
(VRAESTEL 2) 10712/25
D. Verkope:
EENHEDE WINSOPSLAG
MODEL
VERKOOP %
Dempo 125 52
Bolex 123 75
Saika 161 60
3.3 PROBLEEMOPLOSSING:
Die onderstaande inligting het betrekking op Staysmart Modes. Die besigheid verkoop
baadjies geskik vir verskillende seisoene.
LET WEL: Waar kommentaar en verduidelikings verlang word, moet jy:
Berekeninge, syfers en/of neigings aanhaal
ʼn Verklaring of rede gee in elke geval
GEVRA:
3.3.1 Winterjasse:
Lewer kommentaar oor die voorraadhoudingsperiode van winterjasse. Haal
syfers aan. (2)
Watter effek het hierdie voorraadhoudingsperiode op Staysmart Modes? (2)
3.3.2 Somerjasse:
Nandi is bekommerd dat die huidige prysbeleid tot ʼn toekomstige afname in
kliënte kan lei. Bereken die persentasieverandering en verduidelik hoekom
Nandi nie bekommerde hoef te wees nie. (3)
3.3.3 Nandi is tevrede met die nul voorraadverlies. Verduidelik TWEE veiligheids-
maatreëls wat sy moontlik geïmplementeer het om hierdie resultaat te behaal. (2)
INLIGTING:
2025 2024
WINTER SOMER WINTER SOMER
(eenhede) (eenhede) (eenhede) (eenhede)
Voorraad beskikbaar 900 1 200 960 1 220
Voorraad verkoop 558 1 080 672 1 037
Voorraad voorhande 342 120 288 183
Verkoopprys per
R3 750 R1 350 R3 300 R1 050
eenheid
Kosprys per eenheid R2 500 R900 R2 200 R750
Voorraadhoudings-
224 dae 41 dae 156 dae 64 dae
periode
35
b.o.
REKENINGKUNDE
12
(VRAESTEL 2) 10712/25
VRAAG 4: BEGROTINGS (35 punte; 28 minute)
Die inligting het betrekking op Ekasi Handelaars vir die periode 1 Julie 2025 tot
31 Augustus 2025. Die besigheid word deur Edward Cassim besit en verkoop elektriese
toestelle onder sy eie handelsmerk.
GEVRA:
4.1 Bereken die totale verkope vir Junie 2025. (2)
4.2 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir die tydperk 1 Julie 2025 tot
31 Augustus 2025. (7)
4.3 Bereken die ontbrekende syfers (i) – (iv) in die Kontantbegroting vir die periode
geëindig op 31 Augustus 2025. (14)
4.4 Verwys na inligting G.
Verduidelik waarom dié items 'n uitdaging vir die besigheid tot gevolg kan hê.
Verskaf EEN rede vir elke geval. (4)
Daar is kommer oor die hoë advertensiekoste wat verband hou met die druk van
pamflette deur die besigheid, veral gegewe die lae verkoopsopbrengs. Stel TWEE
moderne en meer koste-effektiewe advertensiemetodes voor wat Edward kan
oorweeg. (4)
4.5 Verwys na inligting H.
Lewer kommentaar oor die kontantvloeisituasie gedurende Mei 2025. Maak EEN
voorstel om Ekasi Handelaars se kontantprobleme te verbeter. (2)
Edward oorweeg dit om 'n nuwe tak in 'n ander provinsie oop te maak.
Identifiseer TWEE uitdagings wat die besigheid se kontantbegroting kan
beïnvloed. (2)
INLIGTING:
A. Verkope, koste van verkope en debiteure-invordering:
Totale verkope was soos volg:
Mei 2025 Junie 2025 Julie 2025 Augustus 2025
Werklike 1 280 000 ?
Begrote 1 192 000 1 604 000
Kontantverkope beloop 75% van totale verkope.
Die winsopslag is 60% op kosprys.
b.o.
REKENINGKUNDE
13
(VRAESTEL 2) 10712/25
B. Invordering van debiteure geskied soos volg:
20% betaal in die maand van verkope en ontvang ʼn 3% korting.
60% betaal in die maand wat volg op verkope.
15% betaal in die tweede maand na verkope.
Die balans moet as oninbaar afgeskryf word.
C. Aankope:
35% van alle aankope geskied op krediet.
Vooraad word in die maand van verkope vervang en ʼn vaste voorraadvlak word
gehandhaaf.
Krediteure word twee maande na aankope betaal, onderhewig aan ʼn 4% korting.
D. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir Julie en Augustus 2025:
JULIE AUGUSTUS
ONTVANGSTE
Kontantverkope 894 000 1 203 000
Ontvangste van debiteure 312 812 ?
Huurinkomste 9 225 8 200
Lening 0 (i)
BETALINGS
Kontantaankope van voorraad 484 250 (ii)
Betalings aan krediteure (iii) 289 800
Huuruitgawe 9 300 11 718
Rente op lening 1 105 2 275
Salarisse en lone 29 000 (iv)
E. Lening:
Op 1 Augustus 2025 het Ekasi Traders 'n nuwe lening verkry. Rente sal vanaf
31 Augustus 2025 teen 13% p.j. aan die einde van elke maand gehef word. VBD
Bank hef rente teen dieselfde koers as die vorige lening.
F. Salarisse en lone:
Die besigheid het twee werknemers wat dieselfde maandelikse salaris verdien. In
Augustus sal 'n derde werknemer aangestel word, wat 'n maandelikse salaris van 30%
laer as die ander twee werknemers sal verdien.
b.o.
REKENINGKUNDE 14
(VRAESTEL 2) 10712/25
G. Edward is bekommerd oor die volgende items wat nie aan die begroting vir Mei 2025
voldoen het nie:
BEGROOT WERKLIK
R R
Betalings aan krediteure 198 600 54 000
Versekering 12 890 0
Advertensies 9 750 24 375
H. Uittreksel van die kontantbegroting:
MEI 2025 JUNIE 2025
WERKLIK WERKLIK
R R
Kontantsurplus/(-tekort) (76 540) 105 400
Kontant aan die begin 202 700 126 160
Kontant aan die einde 126 160 231 560
35
TOTAAL: 150
EINDE
REKENINGKUNDE 1
(VRAESTEL 2) 10712/25
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van Verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Nie-bedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handels & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van Verkope
Koste van Verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 onder)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 onder)
Netto wins na belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 Getal uitgereikte aandele 1
(Sien Nota 3 onder)
Netto wins voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde nie-bedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar mag gebruik word indien dit so vereis
word in 'n vraag. 365 dae is slegs van toepassing indien dit relevant tot die hele jaar is.
2. Kredietaankope mag gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees
as voorraad konstant is).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is,
word die geweegde gemiddelde aantal aandele in die praktyk gebruik.
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Addendum (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum