Skip to content

Accounting Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202513 pages

Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 REKENINGKUNDE V2 JUNIE 2025 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, 'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 2 NW/Junie 2025 Graad 12 HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 3 NW/Junie 2025 Graad 12 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4 Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om vrae te beantwoord. 7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Versoenings en interne beheermaatreëls 50 40 2 Kosterekeningkunde 60 45 3 Voorraadwaardasie 40 35 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 4 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 1: BANK-, KREDITEURE- EN DEBITEUREVERSOENING (50 punte; 40 minute) 1.1 BANKREKONSILIASIE TEORIE Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs “waar” of “onwaar” langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 'n Gunstige saldo op die Bankstaat word as 'n debiet aangedui. 1.1.2 Kredietkaartverkope word in die Debiteurejoernaal aangeteken. 1.1.3 Rente wat op die Bankstaat gedebiteer word, word in die kontantontvangstejoernaal aangeteken. 1.1.4 Bankkoste word outomaties op die kredietkant van die bankstaat aangedui. 1.1.5 Bankversoening is deel van die interne beheerstelsel van jou besigheid. (5) 1.2 BANKVERSOENING Die inligting het betrekking op Calamata Handelaars op 30 Junie 2025. Die besigheid verkoop goedere kontant en op krediet. GEVRA: 1.2.1 Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening in die Algemene Grootboek op 30 Junie 2025. Dui aan of hierdie saldo gunstig of ongunstig is. (15) 1.2.2 Stel die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2025 op. (6) 1.2.3 Aanvaar dat die heffing op kredietkaartverkope 'n heffing van 4% is. Bereken die totale kredietkaartverkope vir die maand. (2) 1.2.4 Verwys na Inligting F. Verduidelik TWEE interne beheermaatreëls wat die onderneming moet implementeer om te verseker dat dit nie weer in die toekoms gebeur nie. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 5 NW/Junie 2025 Graad 12 INLIGTING: A. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 Mei 2025. Debiet Krediet Saldo volgens Bankstaat 8 520 Uitstaande deposito's wat nog nie aangeteken is nie: 12 Mei 2025 24 000 31 Mei 2025 12 760 Uitstaande EFO's: No. 71, 28 Mei 2025 7 880 No. 73, 15 Mei 2025 15 400 Saldo volgens bankrekening 4 960 36 760 36 760 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 6 NW/Junie 2025 Graad 12 B Die voorlopige totale in die kontantjoernale voordat dit met die Bankstaat vergelyk is: KOJ R325 000 en KBJ R290 000. C. Items ingesluit in die Junie 2025-bankstaat, maar nie in die joernale nie:  Uitstaande deposito, R12 760.  EFO 71 vir R7 880.  Verkope aan kliënte wat per kredietkaart betaal het, R15 300.  Diensfooie, R230.  Kredietkaartheffings, R1 050  Rente op oortrokke rekening, R130.  Direkte deposito deur 'n huurder vir huur, R5 900.  Kontantonttrekking per debietkaart, R3 600.  Rente op spaarrekening, R430. (nie gekapitaliseer nie)  'n Direkte betaling gemaak deur Calamata Handelaars, R4 140 aan 'n krediteur.  'n Direkte betaling ten gunste van Calamata Handelaars van ‘n debiteur, R12 000.  Debietorders aan diensverskaffers, R17 200. D. Items wat slegs in die kontantjoernale verskyn het:  Deposito gedateer 30 Junie 2025 R30 400.  EFT 121 gedateer 29 Junie 2025 R19 200.  EFT 122 gedateer 30 Junie 2025 R4 700. E. Die volgende verskille is opgemerk:  EFT 73 gedateer 15 Mei 2025 vir R51 400 het op die bankstaat verskyn, maar die KBJ toon dit verkeerdelik as R15 400.  Die bank het Calamata Handelaars in kennis gestel dat daar ‘n verkeerdelike oordrag van R19 740 aan hulle gedoen is. F. Die uitstaande deposito van R24 000 op 12 Mei 2025 verskyn steeds nie op die Junie-bankstaat nie. ’n Ondersoek het getoon dat dié geld nooit gedeponeer is nie. Die kassier het verdwyn. Die uitstaande bedrag moet afgeskryf word. G. Die Bankstaatsaldo op 30 Junie 2025 was gunstig, R 480. 1.3 KREDITEUREVERSOENING Die inligting het betrekking op Smith Handelaars vir Junie 2025. GEVRA: 1.3.1 Gee TWEE redes waarom dit vir die onderneming belangrik is om elke maand die Krediteureversoeningstaat op te stel. (2) 1.3.2 Bereken die korrekte Krediteurekontrolerekeningsaldo nadat die foute en weglatings in ag geneem is. (6) 1.3.3 Bereken die korrekte saldo's vir krediteure Hunt Groothandelaars en Tiger Groothandelaars, neem die foute en weglatings in ag. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 7 NW/Junie 2025 Graad 12 INLIGTING: A. Saldo's en totale op 30 Junie 2025: Krediteurekontrolerekening in die Algemene Grootboek R32 640 Lys van Krediteure: Hunt Groothandelaars R16 580 Tiger Groothandelaars R24 620 Blackwood Vervaardigers 0 B. FOUTE EN WEGLATINGS (i) Die Krediteurekontrole kolom in die Krediteurejoernaal is met R5 020 te min opgetel. (ii) ’n Kredietfaktuur vir handelsvoorraad op 28 Junie 2025 gekoop, vir R12 800 by Hunt Groothandelaars, is nie aangeteken nie. (iii) 'n Betaling van R3 150 aan Tiger Groothandelaars is as 'n faktuur in die Krediteuregrootboek oorgeboek. Die KBJ inskrywing is korrek. (iv) 'n Debietnota van R1 280 vir goedere wat aan Hunt Groothandelaars teruggestuur is, is verkeerdelik in die Krediteurejoernaal aangeteken en dienooreenkomstig na die Algemene Grootboek oorgeboek. Dit is korrek vanaf die dokument oorgeboek na die Krediteuregrootboek. (v) BTW van R1 720 was weggelaat op 'n faktuur wat van Hunt Groothandelaars ontvang is. (vi) Toerusting wat op krediet by Blackwood-vervaardigers gekoop is, R4 900, is verkeerdelik na die rekening van Tiger Wholesalers oorgeboek. (vii) 'n Faktuur vir R3 575 van Hunt Wholesalers is verkeerdelik oorgeboek as R3 375 in hul rekening in die Krediteuregrootboek. 1.4 DEBITEURE- OUDERDOMSONTLEDING Verduidelik volledig die doel vir die voorbereiding van 'n debiteure- ouderdomsontleding. Noem TWEE punte. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 8 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 2: PRODUKSIEKOSTESTAAT, BRUTO WINS EN EENHEIDSKOSTE (60 punte, 45 minute) Current Bpk. bou omskakelaars (inverters) om aan huishoudings en klein besighede regoor Afrika te verkoop. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie 2025. GEVRA: 2.1 Bereken die koste van die ingevoerde grondstowwe. (aansuiwering 5) (3) 2.2 Berei die volgende voor: 2.2.1 Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 30 Junie 2025. (12) 2.2.1 Notas:  Direkte materiaalkoste (10)  Fabrieksbokoste (11)  Koste van klaar/voltooide goedere verkoop. (4) 2.3 Bereken die bruto wins vir die jaar geëindig 30 Junie 2025. (3) 2.4 Bereken die volgende: 2.4.1 Die eenheidskoste van elke omskakelaar. (Rond af tot die naaste rand). (3) 2.4.2 Die verkoopprys van elke omskakelaar. (3) 2.4.3 Bereken die gelykbreekpunt en lewer kommentaar daarop. (7) 2.5 Gee TWEE redes waarom jy Current Bpk sal aanraai om plaaslike verskaffers te ondersteun. (2) 2.6 Die eienaar van Current Bpk. is nie tevrede met die wins wat hy maak nie. Tans is daar ‘n enorme vraag na omskakelaars in die land waarin die bedryf nie kan voorsien nie. Die eienaar het ‘n alternatiewe verskaffer van grondstowwe vir die vervaardiging van die omskakelaars gevind. Hierdie verskaffer is baie goedkoper, maar hulle word nie deur die Elektrisiteitsraad goedgekeur nie, aangesien die veiligheid van die material nie gewaarborg kan word nie. Die eienaar het bereken dat hy sy direkte materiaalkoste met sowat 40% sal kan verminder deur van die alternatiewe materiaal gebruik te maak. Aangesien die aanvraag so hoog is en mense alles koop wat hulle kan kry, het hy besluit om hierdie opsie te neem. Stem jy met hom saam? Verduidelik die moontlike implikasies van sy besluit op sy besigheid. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 9 NW/Junie 2025 Graad 12 INLIGTING: Voorraad op 1 Julie 2024: Grondstofvoorraad R120 000 Werk- in- proses voorraad 240 000 Voltooide/klaar produkte voorraad 616 080 Verbruiksgoedere voorhande 15 000 Transaksies gedurende die jaar: Verbruiksgoedere vir kontant gekoop 70 000 Grondstowwe aangekoop 420 000 Vraggeld betaal op grondstowwe 39 000 Grondstowwe wat gedurende die jaar uitgereik is 492 000 Fabriekslone 396 000 Fabrieksbestuurder salaris 120 000 Elektrisiteit: fabriek 18 000 Onderhoud op fabriekstoerusting betaal 48 000 Mediesefondsbydraes vir fabriekswerkers 78 000 Huuruitgawe 120 000 Waardevermindering op fabriekstoerusting 70 200 Administrasiekoste 82 170 Verkoops- en distribusie koste 452 640 Verkope 3 600 600 AANSUIWERINGS: 1. Die volgende voorraad was voorhande op 30 Junie 2025:  Werk-in-proses voorraad 82 000  Voltooide/klaar produkte voorraad 120 600  Verbruiksgoedere voorhande 8 000  Grondstowwe voorraad ? 2. Die fabriek se loonjoernaal vir Junie 2025 is nog nie oorgeboek nie. Bruto lone is R39 600, en die werkgewers se mediesefondsbydraes is R7 200. 3. 'n Elektrisiteitsbedrag is nog uitstaande, R9 000. Elektrisiteit moet verdeel word tussen die fabriek, administrasie, verkope en distribusie koste, in die verhouding 4 : 1 : 1. 4. Alle huur is vir die jaar betaal maar die fabriekshuur van R10 000 per maand is vanaf 1 Januarie 2025 met 8% p.m. verhoog. Die boekhouer het vergeet om die verhoging vir Januarie tot Junie te verwerk. 5. 'n Besending grondstof, ingevoer vanaf China is op 30 Junie 2025 afgelewer. Geen inskrywing is gemaak nie. Die koste was soos volg: Die wisselkoers ¥ 1 = R18,12 Koste van grondstowwe ¥ 5 000 Vraggeld op aankope ¥ 800 Invoerbelasting: 10% van die grondstof 6. Totale eenhede vervaardig: 780 7. Totale eenhede verkoop: 850 8. Die veranderlike koste per eenheid: R1 125 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 10 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE (40 punte; 35 minute) 3.1 KONSEPTE Kies EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. eerste in eerste uit (EIEU), deurlopende voorraadstelsel; periodieke voorraadstelsel, geweegde gemiddelde metode; spesifieke identifikasie metode 3.1.1 Hierdie voorraadstelsel is meer geskik vir lae waarde goedere wat in grootmaat aangekoop word. 3.1.2 Hierdie metode van voorraadwaardasie ken 'n unieke of individuele waarde aan elke voorraad item toe. 3.1.3 Hierdie metode veronderstel dat voorraad in volgorde van aankoopdatum verkoop word. (3) 3.2 MY VELLIES Die inligting het betrekking op My Vellies. Die besigheid verkoop een soort volstruisleer vellies. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2025. Die maatskappy gebruik die geweegde gemiddelde metode vir voorraadwaardasie en die periodieke voorraadstelsel. GEVRA: Bereken die volgende vir die jaar wat op 28 Februarie 2025 eindig: 3.2.1 Die waarde van die eindvoorraad deur gebruik te maak van die geweegde gemiddelde metode. (7) 3.2.2 Aantal eenhede vermiste/verlore voorraad. (4) 3.2.3 Die gemiddelde voorraadhouding periode (in dae). (5) 3.2.4 Die waarde van die eindvoorraad deur die EIEU-metode te gebruik. (5) 3.2.5 Die eienaar voel dat dit beter is vir die onderneming om die periodieke voorraadstelsel te gebruik in plaas van die deurlopende voorraadstelsel. Verduidelik kortliks die verskil tussen die twee stelsels. (4) INLIGTING: A. Voorraad: Datum Pare vellies Totale waarde (insluitend vervoer) 1 Maart 2024 520 R320 770 28 Februarie 2025 325 ? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 11 NW/Junie 2025 Graad 12 B. Aankope: Datum Pare Kosprys Totale Vraggeld op Totale koste vellies per paar aankope aankope per (insluitend paar vervoer) R R R R 31/05/2024 460 650 299 000 18 307 280 01/08/2024 700 680 476 000 18 488 600 15/10/2024 500 710 355 000 30 370 000 01/02/2025 300 725 217 500 30 226 500 TOTAAL 1960 1 347 500 1 392 380 C. Terugsendings Dertig pare vellies van die aankope op 1 Februarie 2025 was nie van hoë gehalte nie. Dit is aan die verskaffer teruggestuur. Die besigheids- rekening is met R22 650 gekrediteer (insluitend vraggeld op aankope, volgens die ooreenkoms). D. Verkope 2 115 pare vellies is gedurende die boekjaar vir R2 961 000 verkoop. Die verkoopprys is konstant gehou op R1 400 per paar. 3.3 QUICK FRY Julia Mthembu het in die nuutste “slim” lugbraaiers (air fryers) belê en het drie winkels in winkelsentrums in die Noordwesprovinsie geopen om hierdie lugbraaiers te verkoop. Die drie winkels word bestuur deur Miyaz Moola, Daleen Coetzee en Themba Ndaba. Julia het die jaarsyfers van die drie winkels gekry vir die finansiële tydperk wat op 28 Februarie 2025 geëindig het. GEVRA: Identifiseer EEN probleem met ‘n oplossing met betrekking tot elk van die winkels. Haal syfers aan om jou standpunt te staaf. (12) INLIGTING: Klerksdorp Potchefstroom Vryburg Lugbraaiers te koop 300 eenhede 500 eenhede 350 eenhede Verkope vir die jaar 175 eenhede 400 eenhede 350 eenhede Voorraad 28/02/2025 225 eenhede 75 eenhede Nul Kosprys per lugbraaier R4 500 R4 500 R4 500 Verkoopprys per lugbraaier R6 500 R6 500 R6 500 Huur vir die jaar R520 000 R230 000 R180 000 Advertensies per jaar R80 000 R40 000 R100 000 Salaris van bestuurder R20 000 p.m. R20 000 p.m. R20 000 p.m. 40 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V2 NW/Junie 2025 Grade 12 HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde P2 NW/Junie 2025 Grade 12 GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSER FORMULEBLAD Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersekwiteit (Handels- en ander debiteure + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Aantal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Aantal uitgereikte aandele 1 Aantal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Aantal uitgereikte aandele 1 Aantal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar mag gebruik word indien vereis in 'n vraag. 2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfer sal dieselfde wees as voorraad konstant is). 3. As daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, die geweegde gemiddelde aantal aandele word in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all