Skip to content

Accounting Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202512 pages

Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 REKENINGKUNDE V1 JUNIE 2025 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, ‘n formuleblad en ‘n 10-bladsy antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 2 NW/Junie 2025 Graad 12 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ‘n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ‘n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ‘n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ‘n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Konsepte, Inkomstestaat en Balansstaat 55 44 2 Gewone aandelekapitaal- en Behoue 51 41 inkomstenotas en Kontantvloeistaat 3 Ontleding en vertolking van finansiële state 24 19 4 Korporatiewe bestuur en Ouditverslae 20 16 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 3 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 1: KONSEPTE, INKOMSTESTAAT EN BALANSSTAAT (55 punte; 44 minute) 1.1 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat pas by die term/beginsel in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 IFRS A Dui die moontlike bron van fondse aan, asook beweging van geld in en uit die besigheid oor ‘n spesifieke periode. 1.1.2 Kontantvloeistaat B Word op die AJV van ‘n maatskappy aangestel en is verantwoordelik vir die uitspreek van ‘n mening oor die finansiële state van ‘n maatskappy waarby hulle nie geaffilieer is nie. 1.1.3 Inkomstestaat C Is op die AJV van ‘n maatskappy verkies en is verantwoordelik vir die bestuur van die maatskappy en die implementering van beleide. 1.1.4 Direkteur(e) D Spesifieke riglyne wat gevolg moet word tydens die voorbereiding van finansiële state om konsekwentheid te verseker. 1.1.5 Onafhanklike ouditeur(e) E Weerspieël moontlike winste of verliese vir ‘n gegewe finansiële tydperk. F ‘n Aanduiding van die finansiële posisie van ‘n maatskappy op ‘n gegewe datum. (5) 1.2 WANKARABA BEPERK Die inligting het betrekking op Wankaraba Beperk vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2025. GEVRA: Voltooi die volgende: 1.2.1 Die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 30 April 2025. (33) 1.2.2 Die Staat van Finansiële posisie, Ekwiteit en Laste, waarvan sekere bedrae reeds in die ANTWOORDEBOEK ingevul is. (17) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 4 NW/Junie 2025 Graad 12 INLIGTING: Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 30 April 2025. Balansstaatrekeninge-afdeling Gewone aandelekapitaal 3 500 000 Behoue inkomste ? Lening: Mahikeng Bank 5 100 000 Toerusting 438 500 Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Mei 2024) 122 000 Debiteurekontrole 952 600 Voorsiening vir oninbare skuld 50 000 Handelsvoorraad 843 136 SAID Inkomstebelasting (voorlopige betalings) 462 160 Krediteurekontrole 967 350 Nominale rekeninge afdeling Verkope 7 523 000 Koste van verkope ? Huurinkomste 119 808 Lone en salarisse 457 745 Versekering 42 000 Direkteursfooie 687 500 Aansuiwerings en addisionele inligting: A. Op 29 April 2025 stuur ‘n debiteur, L Landini, goedere terug wat vir R40 600 aan hom verkoop was. Geen inskrywing is hiervoor gemaak nie. B. Wankaraba Bpk. handhaaf ‘n winsopslag van 60% op kosprys. Daar was gedurende die jaar verkope van R260 000 waarop daar 20% handelskorting toegestaan was. C. Wankaraba Bpk. se debiteure-invordering het drasties verbeter gedurende die afgelope jaar en daarom moet die Voorsiening vir oninbare skuld tot 5% van die uitstaande debiteure aangesuiwer word. D. ‘n Fisiese voorraadopname op die laaste dag van die finansiële jaar toon handelsvoorraad ter waarde van R835 000. E. Die maatskappy verhuur sedert 1 Julie 2024 ‘n onbenutte gedeelte van die gebou. Die huurooreenkoms bepaal dat die huur jaarliks op 1 November met 6% sal toeneem. Die huurder het 2 maande se huur vooruit betaal omdat hy met vakansie gaan. F. Maak voorsiening vir waardevermindering op Toerusting teen 10% per jaar op die verminderde saldo metode. LET WEL: Nuwe toerusting ter waarde van R64 500, is op 1 Januarie 2025 aangekoop en behoorlik geboekstaaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 5 NW/Junie 2025 Graad 12 G. ‘n Addisionele versekeringspolis met ‘n jaarpremie van R18 000 is op 1 Augustus 2024 betaal en geboekstaaf. H. Wankaraba Bpk. het twee direkteure waarvan een reeds sy direkteursfooi vir Mei 2025 ontvang het. I. Die leningstaat ontvang van Mahikeng Bank toon rente van R480 000 wat gekapitaliseer moet word. 25% van die uitstaande bedrag van die lening gaan in die volgende finansiële jaar terugbetaal word. J. Die korrekte netto wins na belasting, na inagneming van die bogenoemde aansuiwerings, beloop R1 251 378. Inkomstebelasting is bereken teen die standaardkoers van 28%. K. Aandele en dividende:  Die direkteure het nie tydens die jaar ‘n interim dividend verklaar nie aangesien hulle fondse opbou om die besigheid uit te brei. ‘n Finale dividend van 13 sent per aandeel was egter verklaar om die aandeelhouers gelukkig te hou.  Daar is geen aandele gedurende die finansiële jaar uitgereik of teruggekoop nie. 75% van Wankaraba Bpk se gemagtigde aandele van 1 200 000 is reeds uitgereik.  Die NBW van aandele is 628 sent op 30 April 2025. 55 VRAAG 2: GEWONE AANDELEKAPITAAL- EN BEHOUE INKOMSTE NOTAS EN KONTANTVLOEISTAAT (51 punte; 41 minute) 2.1 Kies die korrekte woord(e) tussen hakies om die stelling te voltooi. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommer (2.1.1 tot 2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 Verbruiksgoedere voorhande aan die einde van die finansiële jaar word as 'n (bedryfsbate/finansiële bate) geklassifiseer. 2.1.2 Aandeelhouers verloor slegs hul belegging in aandele indien ‘n maatskappy bankrot speel as gevolg van die (beperkte/onbeperkte) aanspreeklikheidsbegrip. 2.1.3 Die vraag na aandele op die JEB word beïnvloed deur die (netto batewaarde per aandeel/markprys per aandeel). 2.1.4 Beduidende items, soos rente uitgawe, word afsonderlik in die finansiële state getoon in ooreenstemming met die (omsigtigheidsbeginsel/toevallingsbeginsel/wesenlikheids- beginsel). 2.1.5 (Likiditeit/Solvabiliteit) dui op die vermoë van die maatskappy om die korttermynverpligtinge na te kom. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 6 NW/Junie 2025 Graad 12 2.2 Notas tot die balansstaat en kontantvloeistaat Die volgende inligting het betrekking op Anathi Bpk. Anathi Bpk. het ‘n gemagtigde aandelekapitaal van 3 680 000 gewone aandele en die finansiële jaar eindig jaarliks op 28 Februarie. Stel die volgende notas tot die Balansstaat op vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025: 2.2.1 Gewone aandelekapitaal (8) 2.2.2 Behoue inkomste (10) 2.3 Bereken die bedrag wat in die Kontantvloeistaat sal verskyn vir: 2.3.1 Belasting (4) 2.3.2 Dividende betaal (3) 2.3.3 Aandele teruggekoop (3) 2.4 Stel die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat op: 2.4.1 Verandering in bedryfskapitaal (10) 2.4.2 Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite (4) 2.4.3 Netto verandering in kontant en kontantekwivalente (4) INLIGTING: A. Aandelekapitaal en dividende:  Gemagtigde aandele: 3 680 000 Op 1 Maart 2024 was 25% van die aandele uitgereik.  320 000 addisionele aandele is op 1 Maart 2024 vir R761 200 uitgereik.  ‘n Interim dividend van 15 sent per aandeel is op 31 Augustus 2024 betaal.  20 000 aandele is op 28 Februarie 2025 by ‘n ontevrede aandeelhouer teruggekoop teen R0,50 meer as die gemiddelde aandeleprys. Die aandeelhouer kwalifiseer steeds vir die finale dividend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 7 NW/Junie 2025 Graad 12 B. Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025. Waardevermindering ? Rente uitgawe 44 000 Inkomstebelasting (28%) 464 800 Netto wins na belasting ? C. Uittreksel uit die Balansstaat van Anathi Bpk op 28 Februarie 2025: 2025 2024 Vaste bates teen drawaarde 1 734 190 1 300 500 Finansiële bates Beleggings 1 640 000 1 680 000 Bedryfsbates Voorraad 224 000 328 000 Handels- en ander ontvangbares: 256 000 316 000 Handelsdebiteure 239 600 204 000 SAID - Inkomstebelasting 16 400 0 Vooruitbetaalde uitgawes 0 112 000 Kontant en kontant ekwivalente 210 400 15 000 Aandeelhoursekwiteit 3 201 200 ? Gewone Aandelekapitaal 1 744 600 ? Behoue inkomste ? 2 474 800 Langtermynlaste Lening: ASKA Bank 800 000 960 000 Bedryfslaste 233 600 479 300 Handelskrediteure 120 000 88 000 SAID: Inkomstebelasting 0 23 800 Aandeelhouers vir dividende 272 800 154 000 Vooruitontvange inkomste 9 600 0 Oortrokke bank 0 126 000 51 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 8 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 3: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (24 punte; 19 minute) Boland Bpk vs Limpopo Bpk ‘n Kollega van jou is ‘n aandeelhouer van twee maatskappye, Boland Beperk en Limpopo Beperk, wat op die JEB gelys is. Jy het lank gespaar en het R150 000 om te belê en vra daarom sy raad. Hy verskaf aan jou die volgende inligting oor beide maatskappye. GEVRA: 3.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers:  Netto batewaarde van Limpopo Bpk.  Skuld-ekwiteitsverhouding van Boland Bpk. (6) 3.2 Jou kollega is van mening dat die likiditeit situasie van Limpopo Bpk. beter is as dié van Boland Bpk. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan om sy mening te ondersteun. (6) 3.3 Boland Bpk het gedurende die finansiële jaar besluit om ‘n groot bedrag op die lening af te betaal. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan om aan te toon hoekom dit nie ‘n goeie besluit deur die direkteure was nie. (Hefboomeffek)) (6) 3.4 Lewer kommentaar oor die waarde van die twee maatskappye se aandele op die JEB. Verduidelik hoe hierdie syfers jou keuse rakende die twee maatskappye sal beïnvloed. (6) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie van Boland Bpk. en Limpopo Bpk. op 30 April 2025 Boland Bpk Limpopo Bpk Aandeelhouersekwiteit 3 033 450 4 233 600 Gewone aandelekapitaal 2 424 000 3 186 000 Behoue inkomste 609 450 1 047 600 Nie-bedryfslaste 606 690 2 540 160 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 9 NW/Junie 2025 Graad 12 B. Finansiële aanwysers Boland Bpk. Limpopo Bpk. Bedryfsverhouding 4,3 : 1 2,0 : 1 Vuurproefverhouding 3,31 : 1 1,3 : 1 Omsetsnelheid van voorraad 5 keer 9 keer Skuld-ekwiteitsverhouding ? 0,6 : 1 % Opbrengs op gemiddelde 25,9% 15,0% aandeelhouersbelang % Opbrengs op totale kapitaal 18,8% 10,7% aangewend Rente op lenings 11% 11% Markprys per aandeel op die JEB 715 sent 915 sent Netto batewaarde per aandeel 540 sent ? Dividend per aandeel 235 sent 250 sent Verdienste per aandeel 355 sent 290 sent C. Beide maatskappye het op 28 Februarie 2025 ‘n totaal van 378 000 uitgereikte aandele. 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 10 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR EN OUDITVERSLAE (20 punte; 16 minute) 4.1 KORPORATIEWE BESTUUR Gebruik die onderstaande inligting hieronder en jou kennis oor maatskappye om die vrae te beantwoord. INLIGTING: Winston het opgemerk dat die maatskappy se Aankopebestuurder ‘n nuwe skootrekenaar by ‘n verskaffer ontvang het. Hy het dit dadelik aan sy toesighouer rapporteer. Die toesighouer was aanvanklik huiwerig om die saak verder te ondersoek, maar het tog op Winston se versoek inligting oor die aangeleentheid ingewin. Tydens die verdere ondersoek het dit aan die lig gekom dat ‘n tender om die maatskappy se rekenaartoerusting op te gradeer aan dié verskaffer toegestaan is. GEVRA: 4.1.1 Kies die korrekte antwoord uit die woorde tussen hakies. Winston kan in hierdie situasie as ‘n (fluitjieblaser/werknemer) beskryf word. (1) 4.1.2 Dit is noodsaaklik dat die identiteit van persone wat korrupsie rapporteer beskerm word. Geen EEN rede wat gebruik kan word om die direkteure te oortuig dat hulle nie openlik vir Winston kan bedank nie. (2) 4.1.3 Verskaf EEN term om die “geskenk” wat die Aankopebestuurder ontvang het, te beskryf. (1) 4.1.4 Dui EEN interne maatreël aan wat die maatskappy kan instel om ‘n herhaling van so voorval in die toekoms te voorkom. (2) 4.1.5 ‘n Besorgde aandeelhouer het van die voorval te hore gekom. Verskaf TWEE moontlike vrae wat hy by die volgende AJV kan vra in verband met die maatskappy se tenderbeleid. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 11 NW/Junie 2025 Graad 12 4.2 OUDITVERSLAE Die volgende is ‘n uittreksel uit die ouditverslag van Pilanesberg Beperk vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2025: Ouditmening Na ons mening is die finansiële state 'n redelike weergawe, in alle wesenlike opsigte, van die finansiële posisie van die maatskappy, Pilanesberg Beperk, op 30 April 2025 en die resultate van hul bedrywighede en kontantvloei vir die jaar geëindig in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoening-standaarde, en in die wyse soos vereis deur die Maatskappywet, 2008 (Wet 71 van 2008). Motepo Vennote Geoktrooieerde rekenmeesters (SA) 31 Mei 2025 GEVRA: 4.2.1 Dui aan watter tipe ouditverslag Pilanesberg Beperk ontvang het. Verskaf EEN rede vir jou keuse. (4) 4.2.2 Gee EEN rede waarom die Maatskappywet vereis dat publieke maatskappye deur 'n onafhanklike ouditeur geoudit moet word. (2) 4.2.3 Koerantberigte het aangedui dat Motepo Vennote aan wanbestuur skuldig bevind is ten opsigte van ouditwerk wat by verskeie groot firmas gedoen is. Verduidelik hoe dit aandeelhouers van Pilanesberg Bpk. kan beïnvloed. Noem TWEE punte. (4) 20 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V1 NW/Junie 2025 Graad 12 GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van Verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van Verkope Koste van Verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins na belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 Getal uitgereikte aandele 1 (* Sien nota hieronder) Netto wins voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid Nota: * In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all