Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202410 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2024, 10 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2024

Document textSearch extracted text and jump to a page.
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V1 MEI/JUNIE 2024 NASIENRIGLYNE PUNTE: 70 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A: LEESBEGRIP Nasien van die leesbegrip: • Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon word.) • Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar. • Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. • Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/bewys/motivering word oorweeg by die puntetoekenning. • Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die aanhalingstekens ontbreek nie. • Waar eenwoordantwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word. • Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien. • Aanvaar dialektiese variasies. • Aanvaar by meervoudigekeusevrae BEIDE die ooreenstemmende letter met die korrekte antwoord EN/OF die volledige, uitgeskryfde antwoord. VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.) Vraag Antwoord Punt 1.1.1 "vierdagwerkweek"  1 1.1.2 'n Mens kan aflei dat werkers se produktiwiteit kan/sal verbeter./laag is./werkers onproduktief is.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 1.2.1 (Dit is noodsaaklik dat die leser presies weet/ingelig is wat die vierdagwerkweek behels), omdat die leser waarskynlik nie die begrip ken nie./sodat die leser 'n objektiewe/ingeligte mening kan vorm./ Dit verseker dat daar nie misverstand/wanbegrip by die leser oor 'n vierdagwerkweek ontstaan nie.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 1.2.2 'n Vierdagwerkweek sal: - verseker dat werkers meer produktief is./minder ure werk (80%), maar dieselfde doelwitte bereik (100%)./ - die balans tussen produktiwiteit en welstand bevorder./ - nuwe talent lok./ - verseker dat hulle hulle eie werkers behou./nie hulle werkers verloor nie./ - moontlik die werkers en hul gesinne se lewens/omstandighede verbeter.  3 Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne 1.3 Werkers sal 'n afname in stres ervaar./ Werkers sal minder aan uitbranding ly./ Werkers sal minder aan uitputting ly./ Daar sal minder gesinsverwante konflik wees.  4 Die kandidaat bied VIER antwoorde vir EEN punt elk aan. 1.4 Die werker het nie werksbevrediging nie.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke evaluering vir EEN punt aan. EN Mense verander (maklik) van werk./ Mense bedank (maklik)./ Mense begin maklik hul eie ondernemings./ Mense raak onbetrokke by die werk.  2 Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. 1.5 Daar was voorheen woema in die werkplek./Daar is nie meer woema in die werkplek nie.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 1.6 Hulle prestasie gaan aan spesifieke uitkomste gemeet word./ Hulle prestasie gaan nie gemeet word aan die aantal ure wat hulle agter 'n lessenaar sit nie./ (Hulle gaan wel minder ure werk), maar steeds dieselfde hoeveelheid werk doen.  2 Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. 1.7.1 (Hulle sal hulleself benadeel, want ...) - hulle sal nie kan meeding/kompeteer met ander maatskappye nie./ - sulke werkgewers sal werkers verloor./ - hulle sal nie nuwe/talentvolle mense lok nie./ - die besigheid sal ten gronde gaan.  2 Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. 1.7.2 In 'n saamgeperste werkweek gaan die werknemers steeds dieselfde getal ure werk (al is die werkdae minder).  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 1.8 Kirk Kruger is 'n (vergoeding-)spesialis (van die SA Vergoedingsvereniging).  1 EN Werkers sal 'n gesonder werk-leefstyl-balans handhaaf./ Werkers sal hulle persoonlike verpligtinge (op die ekstra weekdag) kan nakom./ Werkers sal hulle gesinsverpligtinge (op die ekstra weekdag) kan nakom./ Werkers sal hulle leefstylprioriteite (oor naweke) kan uitleef.  2 Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne 1.9 Die Gallup 2022-verslag noem dat min/net 24% van Suid-Afrikaanse werknemers produktief by hul werk is.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 1.10 Ja Die verwysing na/invoeging van Covid-19 herinner die leser dat die mens se prioriteite verander het./se lewe belangrik is./veroorsaak dat die leser besef dat menselewens nie in geldwaarde gemeet kan word nie. OF Nee Covid-19 is iets van die verlede./nie meer so aktueel/belangrik nie.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Die kandidaat moet die funksionaliteit van die invoeging evalueer. 1.11 Die een persoon se kop rus op die lessenaar en die ander die persoon/persone sit regop./Die mensfigure/ Die kolomme/grafiek oor slaapversteurings (toon die verandering in menslike welstand voor en na die instelling van die vierdagwerkweek op 'n visuele wyse aan.)  1 Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan. 1.12 (Die grafieke is doeltreffend, want) die leser kan onmiddellik/maklik waarneem/verstaan hoe die slaapsversteurings afgeneem het./hoe die produktiwiteit verander het./ Die visuele uitbeelding is maklik verstaanbaar.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 1.13 Aangesien hierdie navorsing in meer as een land gedoen is, is die kanse goed dat die bevindings ook in Suid-Afrika so sal lyk./ Suid-Afrikaners werk, net soos VSA-werkers, ongeveer 45 of meer uur per week, dus sal dit ook hier van toepassing wees./ Suid-Afrikaanse werkers toon ook die kenmerke van uitputting./uitbranding./stres./ slaapversteurings.  2 Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk. 1.14 TEKS B verwys na navorsing in VSA, VK, Brittanje en Australië/verskillende lande, terwyl TEKS A ook na navorsing uit ander wêrelddele verwys./ TEKS B toon dat werkers se welstand laag was voor/verbeter het na die instelling van 'n vierdagwerkweek, terwyl TEKS A noem dat die welstand van werknemers laag is./'n vierdagwerkweek nodig is./ TEKS B toon dat werkers se produktiwiteit na die instelling van 'n vierdagwerkweek verbeter het, terwyl TEKS A noem dat min/slegs 24% van Suid-Afrikaanse werknemers produktief/aktief betrokke is.  2 Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. Die kandidaat moet direk/indirek na TEKS A en TEKS B verwys. TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Nasien van die opsomming • Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante feite in die teks wat met die vraag ooreenstem. • Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te voorsien nie. • Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf. • Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte. • Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die eerste opsomming nagesien. • Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui. • Punte word soos volg toegeken: o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit) o 3 punte vir taal o Totale punte: 10 • Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie: o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe • Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het: o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie o 4–5 direkte aanhalings: ken 'n maksimum van 1 taalpunt toe. o 2–3 direkte aanhalings: ken 'n maksimum van 2 taalpunt toe. INTERPRETASIE VAN HIERDIE NASIENRIGLYN: Indien 'n kandidaat woordelikse aanhalings as feite aanbied, word hy/sy soos volg vir taal bepunt: • Met 6 of 7 korrekte feite kan die kandidaat geen punte vir taal verdien indien hy/sy 6/7 aanhalings as feite aanbied nie; slegs 1 taalpunt verdien vir 4/5 aanhalings; 2 taalpunte verdien vir 2/3 aanhalings; 3 taalpunte verdien in die geval van slegs 1 aanhaling. • Met 4 of 5 korrekte feite kan die kandidaat geen punte vir taal verdien indien hy/sy 4/5 aanhalings as feite aanbied nie; slegs 1 taalpunt verdien vir 2/3 aanhalings; 2 taalpunte verdien in die geval van slegs 1 aanhaling. • Met 2 of 3 korrekte feite kan die kandidaat geen punte vir taal verdien indien hy/sy 2/3 aanhalings as feite aanbied nie; slegs 1 taalpunt verdien in die geval van slegs 1 aanhaling. • Met 1 korrekte feit kan die kandidaat geen taalpunt verdien indien die enkele feit 'n aanhaling is nie. LET WEL: • Tel van woorde: o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel. o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is. o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming. o Korter opsommings wat die vereiste aspekte bevat, mag nie gepenaliseer word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne NASIENSIMBOLE V Onvolledige sin H Herhaling ^ Onvolledige feit S Stelling A Aanhaling F Feitefout MOONTLIKE PARAGRAAF Evalueer jouself ten opsigte van jou sterk- en swakpunte. Dit is ook belangrik om jou nuutste CV in te dien. Wees verder innoverend in jou soektog deur die beskikbare werksoekgroepe op sosiale mediaplatforms te raadpleeg. Doen deeglik navorsing oor hoe die instansie sy werkers behandel. Volg jou aansoek op deur seker te maak dat hulle dit ontvang het. Doen gereeld skaduwerk sodat jy meer ondervinding kan opdoen. Bly altyd positief, terwyl jy werk soek. [Getal woorde: 74 woorde] OF AANHALING UIT TEKS MOONTLIKE BEWOORDING ... dat jy jouself evalueer ten opsigte A Evalueer jouself ten opsigte van jou sterk- en van jou sterk- en swakpunte ... swakpunte. ... moet jy dus altyd seker dat jy jou B Maak seker dat jy jou nuutste CV indien. nuutste CV indien. Wees daarom innoverend en besoek C Wees innoverend in jou soektog deur werk- hierdie mediaplatforms, want ... het ten soekgroepe op mediaplatforms te raadpleeg. doel om jong mense te help ... ... weet hoe die betrokke instansie ... sy D Doen deeglik navorsing oor hoe die instansie werkers behandel. Doen daarom sy werkers behandel. deeglik navorsing ... Dit is daarom noodsaaklik dat jy seker E Volg op deur seker te maak dat hulle jou moet maak of hulle jou aansoek aansoek ontvang het. ontvang het. Skaduwerk by verskillende instansies F Doen ondervinding op./skaduwerk voordat jy kan dus in jou guns tel. aansoek doen. Die belangrikste deel van werksoek, is G Bly altyd positief, terwyl jy werk soek. dat jy altyd positief bly ... Getal woorde: 66 TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES Nasien van hierdie afdeling: • Spelling: o Eenwoordantwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie tensy die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat geassesseer word. o Waar 'n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees. • Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die instruksie aangedui. • Vir meervoudigekeusevrae word die letter van die korrekte antwoord en/of die antwoord wat uitgeskryf is, as korrek aanvaar. VRAAG 3: ADVERTENSIE Vraag Antwoord Punt 3.1 nuwe  1 3.2. Na soesji  1 EN Ja Die woord is doeltreffend, aangesien Suid-Afrikaners 'n voorliefde vir 'n braaibroodjie het./dié woord hulle aandag sal prikkel om die advertensie te lees./'n braaibroodjie 'n tradisionele gereg van Suid-Afrikaners is waarmee hulle kan identifiseer. OF Nee Die woord is nie doeltreffend nie, want iemand wat nie verder lees nie, sal dit verkeerd verstaan./Mense wat nie brood eet nie, sal nie geprikkel word om dit te lees nie.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 3.3 D/palatalisasie  1 3.4 Lesers wat nie binne die (geografiese) grense van hierdie winkels val nie, sal nie die soesji kan gaan koop nie./ Slegs (teiken-)lesers wat binne die (geografiese) grense van hierdie winkels val, sal die soesji kan koop.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 3.5.1 Die woorde "óf ... óf" beklemtoon dat die leser 'n keuse (oor die hoeveelheid wat hy/sy wil koop) het./Die woorde spreek die leser se reg tot vryheid van keuse aan.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 3.5.2 Die leser word direk deur die persoonlike voornaamwoord "jy"/"jou" betrek./ Oorredende taal soos "spesiaal vir jou"/"sjefs"/"waarvoor jy lus is" oortuig die leser./ Die retoriese vraag wil die leser aanspoor/tot nadenke stem om op te tree./oorreed om hierdie spesifieke Checkers-takke te besoek.  2 Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne 3.6 Die besoeker(-s) is ontydig./ Die besoeker(-s) het ons verras./ My goeie vriend(e) was ('n) welkome besoeker(-s).  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 3.7 Dit is 'n uitheemse kossoort./pas nie noodwendig by die leser se kultuurgroep/kos- tradisie nie./val bloot nie in sy/haar smaak nie./Die leser kan bedenkinge hê oor die gesondheidswaarde daarvan ten opsigte van hoe vars dit is.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: STROKIESPRENT Vraag Antwoord Punt 4.1 Nee  1 4.2 D/selfstandige werkwoord  1 4.3 teleurstelling/ongelukkigheid/ongeloof/afwagting  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke emosie vir EEN punt aan. Die kandidaat mag die emosie vir EEN punt omskryf. 4.4 Die vinger wat hy wys,/hand wat hy ophou, ondersteun sy woorde.  1 EN Daar word verwag dat hy nie gaan toegee nie./hy nie buite gaan speel nie./hy ernstig oor sy huiswerk gaan bly.  1 4.5 slimmer  1 Die kandidaat bied die korrekte spelling vir EEN punt aan. 4.6 móét  1 Die kandidaat moet die akuuttekens op die woord vir EEN punt plaas. 4.7 Ja Visuele inligting: In RAAMPIE 13 word Jorik se irritasie geïntensiveer, omdat sy oë groot oop is./hy hewig frons./sy mond wawyd oop is./die sweet letterlik van sy gesig af spat./hy sy hande in die lug gooi./hy sy vuiste wil bal.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. EN Verbale inligting: In RAAMPIE 13 roep Jorik die woorde uit./vra Jorik of Jakkals verstaan./dui die spraakborrel in die vorm van 'n tiktak Jorik se frustrasie aan.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord by die visuele of verbale inligting aanbied nie. 4.8 Jorik se woorde dui daarop dat hy homself wil oortuig dat buitespeel goed vir sy ontwikkeling is./dat buitespeel 'n buitemuurse aktiwiteit is.  1 Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: ARTIKEL Vraag Antwoord Punt 5.1 ys/by  1 5.2 opvlieënd  1 EN Die deelteken dui (die begin van) 'n nuwe lettergreep (by opeenhoping van klinkers) aan.  1 5.3 Daar word tydens 'n hittegolf (deur ons) sleg geslaap./Daar word (deur ons) sleg geslaap tydens 'n hittegolf./ Tydens ʼn hittegolf word daar (deur ons) sleg geslaap (deur ons).  1 5.4 Lei  1 EN Hy ly aan 'n siekte.  1 5.5 Sy negatiwiteit is besig om almal om hom te beïnvloed!  1 5.6 golwend(-e)  1 5.7 ... wat weer ons aggressie beïnvloed.  1 5.8 Om op te som/ál die dinge  1 [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all