Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V3
MEI/JUNIE 2024
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2024, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 439.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
NSC June Exam 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Transaksionele Tekste (2 x 25) (50)
2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/kern-
woorde te gebruik) en jou werk taalversorg en proeflees. Die beplanning moet
VOOR die finale produk gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
word.
7. Jy moet jou tyd soos volg bestee:
AFDELING A: ongeveer 100 minute
AFDELING B: ongeveer 80 minute (2 x 40) minute
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
word NIE.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n opstel van 400 tot 450 woorde.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.
1.1 Die verkeerde tyd, die verkeerde plek ... [50]
1.2 Oor 'n koppie tee/koffie met Oupa/Ouma ... [50]
1.3 Besittings is nie 'n maatstaf vir 'n ryk lewe nie. [50]
1.4 Hier ... Daar ... [50]
1.5 ʹʹ[Ons is ...] Bakens in die nag
Skepe sonder vlag
Hoor jy my, hoor jy my
Vaar ons by mekaar verby.ʹʹ
[Verwerk uit: Bakens in die nag, Richard van der Westhuizen] [50]
Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer
(1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer.
1.6
[Bron: www.google.images/rockstar] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
1.7
[Bron: https://za.pinterest.com] [50]
1.8
[Bron: www.moneytalksnews.com] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50 2024
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.
2.1 BRIEF AAN DIE PERS
Jongmense se passiewe leefstyl agter rekenaars en selfone is verontrustend.
Skryf 'n BRIEF AAN DIE PERS waarin jy jou kommer oor die groeiende
aantal jongmense wat aan geen buitemuurse aktiwiteite deelneem nie,
uitspreek. Verwys ook na die nadelige gevolge van hul onaktiewe lewenstyl
as gevolg van tegnologie en sosiale media. [25]
2.2 E-POS
Jy bly in een van die mooiste streke in Suid-Afrika.
Gebruik die formaat hieronder en skryf 'n E-POS aan die Suid-Afrikaanse
Toerismeraad waarin jy jou streek as een van die gewildste toeristebestem-
mings in SA bekendstel.
Van
Aan info@satoerisme.org.za
Datum
Onderwerp
[25]
2.3 FORMELE VERSLAG
Jy is die leier van 'n projek waarmee die inwoners van jou buurt R4 miljoen wil
insamel vir die opgradering van ontspanningsgeriewe in julle omgewing.
Skryf 'n FORMELE VERSLAG aan die organiseerder van die projek waarin jy
oor die vordering van die projek rapporteer. [25]
2.4 KOERANTBERIG
Gebruik die opskrif hieronder en skryf 'n KOERANTBERIG wat in julle
plaaslike koerant gepubliseer gaan word.
TIENERS BEDERF BEJAARDES OP OUPA-EN-OUMA-DAG [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik
2.5 HULDEBLYK
Jou jongste boetie/sussie word sestien jaar oud.
Jy word gevra om die HULDEBLYK tydens sy/haar verjaarsdag te lewer. Die
woord "staatmaker" moet in die huldeblyk gebruik word. [25]
2.6 DIALOOG
Jy het een aand laat van jou buurman se heerlike vrugte in sy tuin gaan steel.
Skryf die DIALOOG tussen jou en jou buurman vandat hy jou betrap totdat
julle versoen raak. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2018 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Question Paper

Question paper