Skip to content

Geography Grade 12 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paperGeographyGrade 12202520 pages

Grade 12 Geography question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 GEOGRAFIE V1 JUNIE 2025 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 2 NW/Junie 2025 Graad 12 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (40) VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (40) VRAAG 3: NEDERSETTINGSGEOGRAFIE (40) AFDELING B VRAAG 4: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30) 2. Beantwoord AL VIER vrae. 3. ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat ‘n reël oop tussen onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan ‘n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ‘n lys moet maak. 10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag ‘n vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. ‘n 1 : 50 000 topografiese kaart van 2829DB LADYSMITH en ‘n 1 : 10 000 ortofotokaart 2829 DB 6 LADYSMITH word verskaf. 15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,stel die gebied wat deur voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir stappe in die berekeninge toegeken word. 17. Jy moet die topografiese en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamen by die toesighouer inlewer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 3 NW/Junie 2025 Graad 12 AFDELING A: KLIMAAT EN WEER, GEOMORFOLOGIE EN NEDERSETTINGS GEOGRAFIE VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER 1.1 Verwys na die skets hieronder. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae oor ‘n sinoptiese weerkaart verskaf. Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. [Aangepas uit: weathersa.co.za] 1.1.1 Die middelbreedtesikloon hierbo is in die … stadium. A aanvang- B ontwikkeling- C volwasse D okklusie 1.1.2 Die atmosferiese druk by B is … A 992 hPa. B 996 hPa. C 1 000 hPa. D 1 004 hPa. 1.1.3 Lyne wat B benoem is op die skets, is … A kontoere. B isoterme. C isobare. D breedtelyne. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 4 NW/Junie 2025 Graad 12 1.1.4 Die isobaarinterval op die sinoptiese weerkaart in die bostaande skets is ... hPa. A 2 B 4 C 6 D 8 1.1.5 As isobare weg buig of verleng weg van ‘n laagdruksel word ‘n ... genoem A rug B trog C saal D vogfront (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 5 NW/Junie 2025 Graad 12 1.2 Verwys na die skets wat die vorming van lyndonderstorms toon. Pas die stellings in KOLOM A by die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (1.2.1 to 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Z. Sentrale Plato van Suid-Afrika Atlantiese oseaan Indiese Oseaan [Bron: Eksaminator se eie skets] KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Lugmassa D kan die sentrale plato Y: bo bereik omdat die inversielaag … die Z: onder eskarp is. 1.2.2 Seestroom in die Indiese Oseaan is Y: Koue Benguela die … seestroom. Z: Warm Mosambiek 1.2.3 Die temperatuur en die voginhoud van Y: warm vogtige lugmassa C is ... Z: koue droë 1.2.4 Die digtheid van lugmassa C is … Y: minder dig. Z: meer dig. 1.2.5 Dien lyndonderstorm kom aan die ... Y: weste kant van die vogfront voor. Z: ooste (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 6 NW/Junie 2025 Graad 12 1.3 Verwys na die uittreksel oor tropiese sikloon ‘Filipo’. NOORD KWAZULU-NATAL LY ONDER TROPIESE STORM FILIPO Datum: 14 Maart 2024 Families wat in die noordelike distrikte van Kwazulu-Natal woon, moes hul huise ontruim nadat deurdringende reën geval het en sterk windvlae, veroorsaak deur die tropiese sikloon Filipo, Woensdag deur die gebied geruk het. Die swaarreën met meegaande sterk winde het in die vroeë ure in die verre noorde van die provinsie begin en dit het baie groot skade in die laagliggende gebiede veroorsaak. Brûe is beskadig, paaie ontoeganklik, huishoudings in die Umhlabuyalingana-gebied is oorstroom wat veroorsaak dat familielede tydelike skuiling by familie en bure moes vind. Daar was ook gerapporteer dat bome op die paaie geval het. “Ons spanne is in die gebied en moniteer die situasie baie noukeurig, ons waardeer die samewerking van die gemeenskap, die risiko is egter nog nie verby nie, laat ons veiligheid eerste stel en reis vermy tydens die tyd” het die MEC Gogta gesê. [Aangepas uit: iol.co.za] 1.3.1 In watter seisoen kom tropiese siklone oor die algemeen voor? (1 x 1) (1) 1.3.2 Gee bewyse uit die uittreksel om jou antwoord op VRAAG 1.3.1. te ondersteun. (1 x 1) (1) 1.3.3 Beweeg tropiese siklone ooswaarts/weswaarts? (1 x 1) (1) 1.3.4 Gee ‘n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.3.3. (1 x 2) (2) 1.3.5 Minder tropiese siklone het in hierdie seisoen voorgekom. Staaf hierdie siening. (2 x 2) (4) 1.3.6 In ‘n paragraaf van ongeveer SES reëls. Verduidelik die negatiewe fisiese (natuurlike) impak van deurdringende reënval wat met tropiese siklone geassosieer word. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 7 NW/Junie 2025 Graad 12 1.4 Verwys na die skets hieronder wat Suid-Afrikaanse bergwinde toon. SENTRALE PLATO Groot Eskarp [Bron: http://www.studyx.com ] 1.4.1 Is Bergwinde ‘n voorbeeld van (aanlandige/aflandige) winde? (1 x 1) (1) 1.4.2 Identifiseer TWEE toestande op die skets sigbaar waaronder bergwinde ontstaan. (2 x 1) (2) 1.4.3 Teken ‘n benoemde dwarsdeursnee om die ontstaan/vorming van bergwinde langs die ooskus van Suid-Afrika, te verduidelik. (4 x 1) (4) 1.4.4 In ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak van bergwindtoestande op die fisiese (natuurlike) omgewing. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 8 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 2 GEOMORFOLOGIE 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.6 D. Waterskeiding [Bron: www.studocu.com] 2.1.1 Waterskeiding verwys na … A ‘n hoogliggende gebied wat twee dreineersisteme skei. B stollinggesteentes wat baie nate het. C stollinggesteentes wat wat deur vulkaniese aktiwiteite beïnvloed is. D gesteente onder die stroom met geen spesifieke struktuur nie. 2.1.2 Die stroomorde by Z is … orde. A 1ste B 2de C 3de D 4de Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 9 NW/Junie 2025 Graad 12 2.1.3 Die dreineerdigtheid van dreineerbekken A (noord van die waterskeiding) is hoog omdat dit deur ‘n rivier beïnvloed word wat deur gebiede van … en … vloei. (i) minder plantegroei (ii) hoë porositeit (iii) hoë reënval (iv) hoë permeabiliteit A (ii) en (iv) B (i) en (iii) C (i) en (ii) D (ii) en (iv) 2.1.4 ‘n Punt waar twee of meer riviere mekaar ontmoet staan bekend as die … A opvanggebied. B dreineerbekken. C riviersamevloeiing. D oppervlak afloop. 2.1.5 Die hoogliggende gebied tussen twee riviere wat in dieselfde dreineersisteem is, is ‘n … A waterskeiding. B interfluviale rif. C watertafel. D bron. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 10 NW/Junie 2025 Graad 12 2.2 Verwys na die sketse A en B hieronder , wat stroomroof toon. Voltooi die stellings in KOLOM A met ‘n opsie in KOLOM B. Skryf slegs X of Y langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.6 Y. [Bron: www.studocu.com] KOLOM A KOLOM B 2.2.1 Gebied C is … Y: laterale erosie. Z: terugwaartse erosie. 2.2.2 Rivier B is … Y: minder energiek. Z: meer energiek. 2.2.3 Rivier B vloei op ‘n … Y: laer gradiënt Z: hoër gradiënt 2.2.4 Roofelmboog is sigbaar … Y: voor stroomroof. Z: na stroomroof. 2.2.5 Stroomroof kan lei tot … Y: rivierverjonging. Z: gegradeerde stroom. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 11 NW/Junie 2025 Graad 12 2.3 Verwys na die sketse hieronder oor profiele en riviergradering. [Aangepas uit: www.studyblue.com] 2.3.1 Definieer die term lengteprofiel. (1 x 2) (2) 2.3.2 Identifiseer ‘n tydelike erosiebasis in skets B. (1 x 1) (1) 2.3.3 Hoe ontstaan tydelike erosiebasisse soos in VRAAG 2.3.2? (1 x 2) (2) 2.3.4 Teken ‘n benoemde vryehand deursnee van ‘n ongegradeerde rivierprofiel. Punte sal toeken word vir: (a) Vorm van die ongegradeerde profiel (1 x 1) (1) (b) Enige DRIE benoemings (3 x 1) (3) 2.3.5 Beskryf die prosesse wat die rivier in skets B en C sal ondergaan om gegradeer te wees. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 12 NW/Junie 2025 Graad 12 2.4 Verwys na die infografika hieronder oor opvanggebiede en rivierbestuur. Die Umzimvuburivier is een van die belangrikste riviere in Suid- Afrika. Dit is in die Oos-Kaap provinsie geleë. Die rivier Fisiese kenmerke ontspring in die noordelike deel van die Oos-Kaap, in die gebied van Matatiele en Mount Fletcher naby die Lesotho-grens. Die Umzimvubu vloei met kronkels en draai in ‘n algemeen suidoostelike rigting. Dit vloei deur ‘n indrukwekkende kloof bekend as die "Poorte van St John" in ‘n monding naby Port St. Johannes in die Indiese Oseaan . Dit is ongeveer 400 km lank met ‘n opvanggebied van 19853 km². Alhoewel dit een van Suid-Afrika se belangrikste riviere is, is die Umzimvubu en sy dreineerbekken grootliks onderontwikkeld. Huidig vorm die rivier deel van die Umzimvubu tot die Keiskammawaterbestuursgebied. Die rivier staar talle uitdagings in die gesig wat begin by onwettige sandhandelaars wat met die rivieroewers beskadig, onwettige rommelstorting, onwettige visvang en ‘n tekort aan watertoetsingspunte, daarom gaan die kwaliteit van die water agteruit. [Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Umzimvuburivier] 2.4.1 Definieer die term rivierbestuur. (1 x 2) (2) 2.4.2 Wat is die uitdagings volgens die uittreksel wat die Umzimvuburivier in die gesig staar? (1 x 1) (1) 2.4.3 Hoekom is watertoetspunte belangrik? (1 x 2) (2) 2.4.4 Die Umzimvuburivier is in die benedeloop, verklaar hierdie stelling. (1 x 2) (2) 2.4.5 In ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik strategieë wat geïmplementeer kan word sodat die Umzimvuburivier ‘n volhoubare waterbron kan word. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 13 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 3 LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS 3.1 Verwys na die diagram hieronder wat soorte nedersettings toon. Pas die beskrywing hieronder met die letters (A–E) in die skets. Jy kan dieselfde letter meer as een keer gebruik. Sleutel [Bron www.viaafrica.com] 3.1.1 n Nedersetting wat ‘n lineêre vorm het. 3.1.2 ‘n Nedersetting wat ver van water af geleë is, omdat dit ‘n bedreiging is. 3.1.3 n Geïsoleerde plaasopstal. 3.1.4 ‘n Nedersetting waar boere in ‘n dorpie bly en nie op hul plase nie. 3.1.5 ‘n Nedersetting waar ‘n rivierkronkel gee beskerming teen inalle. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 14 NW/Junie 2025 Graad 12 3.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.2.6 D. 3.2.1 ... is die maksimum afstand wat ‘n kliënt bereid is om te reis om goedere te koop. A Sentrale plek B Invloedsfeer C Reikwydte D Drempel 3.2.2 ... goedere wat byna elke dag gebruik word en kom in meeste nedersettings voor. A Hoë orde B Drempel C Lae orde D Soortgelyk 3.2.3 ‘n Stedelike dienssentrum wat goedere en dienste aan sy omliggende landelike gebied voorsien, is bekend as ‘n ... A sentrele plek. B lae orde sentrum. C landelike dorpie. D hoë orde sentrum. 3.2.4 ... verwys na die aantal kliënte wat ‘n besigheid nodig het om winsgewend te wees. A Invloedsfeer B Drempelbevolking C Stedelike bevolking D Verskeidenheid bevolking 3.2.5 Die gebied waarvandaan ‘n besigheid sy kliënte trek is die ... A verskeidenheid goedere. B plaaslike dienssentrum. C invloedsfeer. D stedelike hiërargie. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 15 NW/Junie 2025 Graad 12 3.3 Verwys na die sirkeldiagram hieronder wat redes vir landelik-stedelike migrasie toon. Belangrike faktore wat lei tot landelik-stedelike migrasie Werkloosheid [Aangepas uit: www.google.com/search?q=reasons+for+migration&safe Gram Vaani] 3.3.1 Definieer die term landelik-stedelike migrasie. (1 x 2) (2) 3.3.2 Verskaf EEN fisiese stootfaktor uit die sirkeldiagram wat landelik- stedelike migrasie veroorsaak het. (1 x 1) (1) 3.3.3 Volgens die diagram, word 32% van die landelik-stedelike migrasie deur ander redes as die in die diagram voorspel, Verduidelik TWEE ander faktore in die landelike gebiede wat kan lei tot landelik-stedelike migrasie. (2 x 2) (4) 3.3.4 Skryf ‘n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy verduidelik watter volhoubare maatreëls die regering kan instel om landelike ontvolking as gevolg van swak sosiale toestande in die landelike gebiede te voorkom. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 16 NW/Junie 2025 Graad 12 3.4 Verwys na die hiërargie van stedelike nedersettings in die skets. SLEUTEL Beboude gebied Stad Stad Oop gebied [Bron: Eksaminator se eie skets] 3.4.1 Definieer die begrip stedelike hiërargie. (1 x 2) (2) 3.4.2 Wat sal die uitbreiding van die dorp in ‘n noordelike rigting (1 x 1 verhinder? (1 x 1) (1) 3.4.3 Sal meer gespesialiseerde goedere in stad A of eerder in stad B gevind word? (1 x 1) (1) 3.4.4 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.4.3. (1 x 2) (2) 3.4.5 Verwys na die inkopiesentrum. (a) Is die nuwe inkopiesentrum ‘n streeks- of buurt- inkopiesentrum? (1 x 1) (1) (b) Lewer kommentaar of die ligging van die inkopiesentrum in VRAAG 3.4.5(a) geskik is. (2 x 2) (4) (c) Verduidelik die impak van hierdie inkopiesentrum (antwoord op VRAAG 3.4.5 (a)) op die drempelbevolking van stad A. (2 x 2) (4) [40] TOTAAL AFDELING A: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 17 NW/Junie 2025 Graad 12 AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE ALGEMENE INLIGTING OOR LADYSMITH Koördinate: 28º 33’ 35’’ S; 29º 46’ 50’’ O Ladysmith (uMnambithi) is ‘n dorp in die Uthukela-distrik van KwaZulu-Natal. Dit is 230 kilometer noordwes van Durban en 365 kilometer suidoos van Johannesburg. Belangrike nywerhede in die gebied sluit in voedselverwerking tekstiel en motorband-produksie. [Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Ladysmith] Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon: ENGELS AFRIKAANS Diggings Uitgrawings River Rivier Sewerage works Rioolwerke Estate Landgoed Salt pan Soutpan Nature reserve Natuurreservaat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 18 NW/Junie 2025 Graad 12 4.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE 4.1.1 2829DB LADYSMITH topografiese kaartindeks word in ... gevind. A gearseerde blok A B gearseerde blok B C gearseerde blok C D gearseerde blok D (1 x 1) (1) 4.1.2 29 ° op die skets hierbo, verteenwoordig die … lyne. A breedte B lengte C kontoer D isoterm (1 x 1) (1) 4.1.3 Verwys na die topografiese kaart en kies woord(e) van die tussen hakies. Poundspruit in blok C5 vloei in ‘n (suidwestelike/suidoostelike) rigting en dit het ‘n (hoë/lae) dreineerdigtheid. (2 x 1) (2) 4.1.4 Bereken die gemddelde gradiënt vanaf punthoogte 1001 in blok B2 tot by punthoogte 999 in blok B3 op die topografiese kaart. Toon die volgende stappe: a) Vertikale Afstand/Verskil (1) b) Horisontale Ekwivalent (2) c) Gemiddelde gradiënt (2) (5) 4.1.5 Wat beteken jou antwoord op VRAAG 4.1.4(c)? (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 19 NW/Junie 2025 Graad 12 4.2 KAARTINTERPRETASIE Verwys na witstad in blok C5 en die bewerkte landerye in blok D4 op die topografiese kaart. 4.2.1 Benoem die wind wat in witstad in blok C5 in die nag teen die valleie af waai. (1 x 1) (1) 4.2.2 Verduidelik hoe die wind geïdentifiseer in VRAAG 3.2.1, die gewasse op die valleivloer by G in blok D4, negatief kan beïnvloed. (1 x 2) (2) 4.2.3 Verskaf volhoubare maatreëls wat in plek gesit kan word, om die boere te help om gewasse te verbou. (2 x 2) (4) Verwys na Hyde Park in blok A3. 4.2.4 Definieer die begrip stedelike hitte-eiland. (1 x 1) (1) 4.2.5 Bespreek volhoubare maatreëls wat geïmplementeer is in Hyde Park om temperature te laat daal. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 20 NW/Junie 2025 Graad 12 4.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) Verwys na die beelde van Laysmith Sekondêre skool en beantwoord die vrae wat volg. BEELD A BEELD B [Bron: googlemaps.com] 4.3.1 Word beelde A en B as (pixels/simbole) gestoor? (1 x 1) (1) 4.3.2 Watter beeld, A of B, het ‘n hoër resolusie? (1 x 1) (1) 4.3.3 Gee ‘n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.3.2. (1 x 2) (2) 4.3.4 Definieer die begrip datalaag. (1 x 2) (2) 4.3.5 Hoe sal die dreineerlaag gewasverbouing in gebied G in blok D4 op die topografiese kaart bevorder? (1 x 2) (2) TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all