PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 6
AFRIKAANS HUISTAAL
RESPONS OP TEKSTE
JUNIE 2024
PUNTE: 50
TYD: 2 uur
NAAM EN VAN : ______________________________________________
SKOOL : ______________________________________________
LEO : ______________________________________________
DISTRIK : ______________________________________________
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper View all
Afrikaans HL QP June 2024
Afrikaans Hl · Grade 6 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 6
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- North West June Exam
- Pages
- 12
- File size
- 770.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans HT/Respons op tekste 2 NW/Junie 2024
Graad 6
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae:
VRAAG 1: LEESBEGRIP [20]
VRAAG 2: VISUELE TEKS [10]
VRAAG 3: OPSOMMING [5]
VRAAG 4: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES IN [15]
KONTEKS
TOTAAL: [50]
2. Beantwoord ALLE vrae
3. Lees al die vrae noukeurig deur.
4. Waar een-woord antwoorde nodig is, skryf net die korrekte woord.
5. Vir meervoudigekeuse-vrae, omkring SLEGS die korrekte letter (A–D)
langs die vraagnommer.
6. Gee spesiale aandag aan korrekte taalgebruik.
7. Skryf netjies en leesbaar.
VRAE TOTAAL PUNTE LEERDERPUNTE
1. Leesbegrip 20
2. Visuele teks 10
3. Opsomming 5
4. Taalstrukture en -
15
Konvensies in konteks
TOTAAL: 50
Die vraestel begin op die volgende bladsy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 3 NW/Junie 2024
Graad 6
VRAAG 1: LEESBEGRIP
Lees die volgende teks sorgvuldig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TiKToK BEPERK SKERMTYD VIR JONG GEBRUIKERS
2 Maart 2023
1. TikTok het Woensdag bekendgemaak dat hulle ʼn outomatiese daaglikse
skermtydsbeperking van 60 minute gaan instel vir gebruikers wat jonger as 18 is.
2. Dit volg na aanleiding van die skerp kritiek wat TikTok in die gesig staar oor die
verslawende eienskappe van die sosialemediaplatform onder veral jonger
gebruikers.
3. “Die nuwe funksie sal in die komende weke ingestel word op elke rekening wat
aan gebruikers jonger as 18 behoort, en dit sal outomaties op ʼn daaglikse
beperking van 60 minute gestel word,” het Cormac Keenan, TikTok se hoof van
veiligheid, gesê.
4. Tieners sal ʼn wagwoord moet insleutel as hulle na ʼn uur nog video’s op die
platform wil kyk, en gebruikers wat jonger as 13 is se ouers of voog sal ʼn
wagwoord moet insleutel om ʼn bykomende 30 minute van tyd vir hul kind te kry.
5. As die kind deur ʼn gesinsrekening (family pairing) toegang tot TikTok verkry, sal
ouers ʼn maksimum skermtyd vir hul kind kan opstel, na gelang van die dag, het
die platform bygevoeg.
6. Douyin, die Chinese weergawe van TikTok, is beperk tot 40 minute se daaglikse
gebruik vir kinders jonger as 14, en is heeltemal ontoeganklik vir hulle tussen
22:00 en 06:00.
7. Die nuwe funksie is by bestaande maatreëls gevoeg om jongmense te help om
hulle skermtyd te beperk. TikTok het verlede jaar kennisgewings ingestel wat
tieners vra of hulle hulp benodig om hul skermtyd op die platform te bestuur, en
ʼn weeklikse kennisgewing wat gebruikers se skermtyd opsom. Tog kan jonger
gebruikers steeds kies om nie die tydsbeperkingsfunksie in te stel nie, of net oor
hul ouderdom te jok, soos op talle ander sosialemediaplatforms.
8. Die Chinese sosialemediaplatform het kritiek gekry oor die stygende hoeveelheid
tyd wat kinders tussen 4–18 jaar spandeer om deur video’s te blaai wat die
platform op grond van hul smaak en algoritmes aan hulle voorstel.
9. Volgens ʼn onlangse studie deur die ouerbeheer-app, Qustodio, het minderjariges
in 2022 gemiddeld 1 uur en 47 minute per dag op TikTok spandeer.
[Bron: https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/tiktok-beperk-skermtyd-vir-jong-gebruikers/]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 4 NW/Junie 2024
Graad 6
1.1 Onderstreep die korrekte antwoord.
Skermtyd word daagliks/weekliks ingestel. (1)
1.2 Wat beteken die woord “skermtydsbeperking” in paragraaf 1? Toon die
regte antwoord deur A, B, C of D te omkring.
A Jy het meer tyd om jou skerm te gebruik.
B Jy het geen skermtydsbeperking.
C Jy het minder tyd om jou skerm te gebruik.
D Jy het geen tyd om jou skerm te gebruik. (1)
1.3 Waarom word skermtydsbeperking ingestel?
(2)
1.4 Op watter gebruikers se rekening sal dit ingestel word?
(1)
1.5 Vir hoe lank gaan dit daagliks ingestel word? Toon die regte antwoord deur
A, B, C of D te omkring.
A 30 minute
B 20 minute
C 60 minute
D 50 minute (1)
1.6 “Gebruikers jonger as 13 kan langer as ‘n uur op die platform kyk”.
Hierdie stelling is onwaar. Staaf waarom hierdie stelling onwaar is.
(2)
1.7 Wat word die Chinese weergawe van TikTok genoem?
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 5 NW/Junie 2024
Graad 6
1.8 Noem twee verskille tussen TikTok en die Chinese weergawe van TikTok.
TikTok Chinese weergawe
a) a)
b) b)
(4)
1.9 Op grond van wat word die video’s voorgestel aan gebruikers?
(2)
1.10 Verduidelik in jou eie woorde wat jy dink is die funksie van die ouerbeheer-
app?
(2)
1.11 Wat beteken die woord minderjariges?
(1)
1.12 Dink jy jong gebruikers volg die skermtyd daagliks? Motiveer jou antwoord.
(2)
TOTAAL VRAAG 1: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 6 NW/Junie 2024
Graad 6
VRAAG 2: VISUELE TEKS
Bestudeer die visuele teks en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: https://www.netwerk24.com/netwerk24/sake/tegnuus/twitter-tiktok-tjirp-al-hoe-meer-so-gebruik-sa-
nou-sosiale-media-20220705]
2.1 Noem een van Suid-Afrika se gewildste sosiale media platforms.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 7 NW/Junie 2024
Graad 6
2.2 Watter sosialemedia-platform word die minste gebruik?
(1)
2.3 Wanneer gebruik mense die internet die meeste en deur watter geslag
word dit die meeste gebruik?
(2)
2.4 Waarom gebruik hierdie geslag die internet die meeste?
(1)
2.5 Waarom teken die meeste mense aan op slimfone?
(1)
2.6 Hoekom teken mense minder aan op die speletjiekonsole?
(1)
2.7 Vir watter rede gebruik mense sosialemedia die meeste?
(1)
2.8 Waarom dink jy gebruik mense hierdie rede wat in vraag 2.7 genoem is, die
meeste op sosialemedia?
(2)
TOTAAL VRAAG 2: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 8 NW/Junie 2024
Graad 6
VRAAG 3: OPSOMMING
Lees die onderstaande risiko’s van TikTok deur en maak ʼn opsomming deur die
instruksies te volg.
Ouers moet bewus wees oor die risiko’s van TikTok
1. TikTok-gebruikers teken in met ‘n telefoonnommer, e-pos adres, Facebook- of
Instagram-rekening.
2. TikTok se hooffokus is musiek en dans, soms met eksplisiete lirieke.
3. As gevolg van die aantal kinders onder 13 wat van die platform gebruik maak, het
die ontwikkelaars ʼn aparte afdeling van die toepassings vir kinders geskep wat hulle
slegs toelaat om saamgestelde, “skoon” video’s te kyk. Hulle kan nie kommentaar
lewer, die soek-funksie gebruik op hul eie video’s plaas nie. Die afdeling is slegs
geaktiveer as kinders hul werklike geboortedatum gebruik, maar kan omseil word
indien ʼn valse geboortedatum gebruik word.
4. Daar is die opsie om die rekening privaat te maak, wat verseker dat slegs mense
wat jou kind volg die inhoud kan sien.
5. As ʼn ouer kan jy ʼn buffer wees tussen jou kind en negatiewe inhoud deur saam met
jou kind die video’s te kyk en te skep. In plaas van om jou kind te verbied om die
app te gebruik, omhels die platform saam met hulle deur te leer hoe om die platform
te gebruik.
[Aangepas uit https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/skull-breaker-op-tiktok-ouers-moet-weet/]
1. Begin elke sin met ‘n hoofletter en eindig met ‘n punt.
2. Som VYF veiligheidsmaatreëls op van hoe ouers hul kinders kan
beskerm op TikTok in 60–70 woorde.
3. Die veiligheidsmaatreëls moet PUNTSGEWYS in vyf volsinne
neergeskryf word.
4. NOMMER jou sinne van 1-5.
5. Skryf eers jou eerste poging rofwerk.
6. Bring veranderinge op die rofwerk aan en sorg dat jy binne die riglyne
van 60-70 woorde bly.
7. Skryf die finale poging.
8. Skenk aandag aan taalgebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 9 NW/Junie 2024
Graad 6
Eerste poging:
1.
2.
3.
4.
5.
Aantal woorde: _______
Finale poging:
Aantal woorde: _________
TOTAAL VRAAG 3: 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 10 NW/Junie 2024
Graad 6
VRAAG 4: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES IN KONTEKS
Die volgende vrae is gebaseer op die onderstaande leesstuk.
Monitor kinders se gebruik
1. Indien jy nou na die “blackout challenge” op TikTok soek, word ʼn gebruiker
na ʼn bladsy herlei wat waarsku dat sommige uitdagings gevaarlik,
ontstellend of selfs nagemaak kan wees.
2. Sosialemediawebwerwe soos TikTok bevorder inhoud op grond van ʼn
gebruiker se voorkeure, het dr. Loise Lee, ʼn lid van die Amerikaanse
Pediatriese Raad oor Besering, Geweld en Vergiftingsvoorkoming, aan
The New Times gesê.
3. Sonder ouerbeheer kan kinders dus blootgestel word aan ʼn
verskeidenheid van inhoud, ook video’s wat hulle dalk nie verstaan nie.
4. Die organisasie stel voor dat ouers hul kinders se sosialemediagebruik
dophou en skermtyd beperk. As kinders boonop sien dat ʼn klomp mense
van ʼn video gehou het, kan hulle dalk dink dit is veilig en pret om te
probeer doen, sonder om ʼn benul te hê van die gevolge.
5. Veral laerskoolkinders het nie die kennis of insig om te besef wanneer iets
werklik gevaarlik is nie.
[Bron:https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/tiktok-moet-verduidelik-na-uitdaging-glo-
jong-lewens-eis/]
4.1 Skryf die Afrikaanse woord vir die woord “challenge” soos in
paragraaf 1.
(1)
4.2 Skryf ‘n ANTONIEM vir die woord “gevaarlik” soos in paragraaf 1.
(1)
4.3 Skryf ‘n SINONIEM vir die woord “onstellend” soos in paragraaf 1.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 11 NW/Junie 2024
Graad 6
4.4 Breek die woord op in LETTERGREPE soos in paragraaf 2.
“sosialemediawebwerwe”
(1)
4.5 Skryf die AFKORTING “dr.” voluit soos in paragraaf 2.
(1)
4.6 Skryf die sin in paragraaf 2 oor in die DIREKTE REDE.
Sosialemediawebwerwe soos TikTok bevorder inhoud op grond van
‘n gebruiker se voorkeure, het dr. Loise Lee, gesê.
(1)
4.7 Skryf die STAMWOORDE in die woord “ouerbeheer” soos in
paragraaf 2.
(1)
4.8 Skryf die VERKLEININGSVORM vir die woord “video’s” soos in
paragraaf 3.
(1)
4.9 Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD:
Sonder ouerbeheer kan kinders dus blootgestel word aan ʼn
verskeidenheid van inhoud, ook video’s wat hulle dalk nie verstaan nie.
(2)
4.10 Skryf die sin hieronder uit in die ONTKENNENDE VORM:
Die organisasie stel voor dat ouers hul kinders se sosialemedia
gebruik dophou en skermtyd beperk.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 12 NW/Junie 2024
Graad 6
4.11 Ontleed die sin hieronder uit deur die VOORWERP te identifeer:
Ouers moet sosialemediagebruik dophou.
(1)
4.12 Brei die hieronder uit deur ʼn BYVOEGLIKE NAAMWOORD in die sin
te voeg:
Veral kinders het nie kennis om te besef wanneer iets gevaarlik is nie.
(1)
4.13 Verander die volgende sin in ‘n VRAAGSIN:
Laerskoolkinders het nie die kennis of insig om te besef wanneer iets
werklik gevaarlik is nie.
(2)
TOTAAL VRAAG 4: 15
GROOTTOTAAL: 50
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
More from Grade 6 Afrikaans Hl
Explore more published documents in this catalogue.

















