Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)

%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512/v1-c12e41683d7a4be332af/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4/v1-0b91bc2ab801ca229655/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)18 marks
- Question 1.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)9 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 1.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 1.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)5 marks
- Question 2.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)12 marks
Show all 14 questions
- Question 2.2REPRODUCTION IN VERTEBRATES7 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)12 marks
- Question 2.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 2.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)9 marks
- Question 3.1HUMAN REPRODUCTION15 marks
- Question 3.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS15 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS10 marks
- Question 3.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik nie.
10. Jy moet ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot
1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.
1.1.1 Bestudeer die diagram hieronder wat ʼn deursnit deur ʼn testis toon.
1
2
3
4
Die korrekte byskrifte vir 1‒4 in die bostaande diagram is:
1 2 3 4
A Sperm Sertoli-selle Saadbuisies Leydig-selle
B Leydig-selle Sperm Sertoli-selle Saadbuisies
C Sperm Leydig-selle Saadbuisies Sertoli-selle
D Sertoli-selle Saadbuisies Sperm Leydig-selle
1.1.2 Die oorsaak dat geen insulien na ete in die bloed afgeskei word nie.
A Goiter
B Tipe 1-Diabetes
C Tipe 2-Diabetes
D Hipoglukemie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.1.3 Bestudeer die lys hieronder.
(i) Die pupil trek saam.
(ii) Die suspensoriese ligamente trek styf.
(iii) Die pupil verwyd (raak groter).
(iv) Meer lig word in die binneste oog toegelaat.
Watter van die bogenoemde stellings beskryf die prosesse wat in die
oog plaasvind om ʼn duidelike beeld in ʼn swak verligte kamer te vorm?
A Slegs (ii) en (iii)
B (i); (ii) en (iv)
C (iii) en (iv)
D Slegs (iii)
1.1.4 ʼn Persoon kan nie hoor nie weens die orgaan van Corti wat beskadig
is. Watter van die volgende behandelings sal die persoon se gehoor
verbeter?
A Kogleêre inplanting
B Grommet
C Gehoorapparaat
D Verwydering van koglea
1.1.5 Watter EEN van die volgende planthormone is ʼn effektiewe
onkruiddoder?
A Gibberelliene
B Absisiensuur
C Ouksien
D Etileen
1.1.6 Watter EEN van die volgende stellings dui die belangrikheid van ʼn
refleksaksie aan?
A Dit laat die serebrum toe om stimuli te interpreteer.
B Dit bring ʼn vinnige, onwillekeurige reaksie teweeg.
C Dit verhoed dat die persoon pyn voel.
D Dit laat tyd toe vir interpretasie en ʼn gekoördineerde reaksie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.7 Die diagram hieronder verteenwoordig ʼn refleksboog.
A
B
D
C
As deel B beskadig is ...
A sal geen pyn gevoel word nie, en die persoon sal nie hul vinger kan
wegtrek nie.
B sal pyn gevoel word, en die persoon sal sy vinger kan wegtrek.
C sal pyn gevoel word, en die persoon sal nie sy vinger kan wegtrek
nie.
D sal geen pyn gevoel word nie, en die persoon sal sy vinger kan
wegtrek.
1.1.8 Bestudeer die stellings hieronder.
(i) Minder aldosteroon sal afgeskei word.
(ii) Meer natriumione sal in die bloed herabsorbeer word.
(iii) Meer natriumione sal deel van die urien vorm.
(iv) Natriumione sal in die nierbuis bly.
As die natriumkonsentrasie in die bloed hoog is, watter van die stellings
hierbo is WAAR?
A (i); (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C Slegs (iii) en (iv)
D Slegs (i) en (ii)
1.1.9 Die parasimpatiese senuweestelsel is verantwoordelik vir die ...
A verhoogde bloedvloei na skeletspiere.
B veg-of-vlug reaksie.
C terugkeer van die hartklop na normaal.
D kraniale senuwees.
(9 x 2) (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Verantwoordelik vir die waarneming van ʼn stimulus en die voortbring van
ʼn impuls
1.2.2 Ekstra-embrioniese membraan wat gaswisseling in die amniotiese eier
moontlik maak
1.2.3 ʼn Klier of spier wat ʼn reaksie op stimuli veroorsaak
1.2.4 Verwyding van bloedvate om bloedvloei te verhoog
1.2.5 Die tipe lens wat nodig is om bysiendheid reg te stel
1.2.6 Kliere wat uitsluitlik in soogdiere voorkom wat onder die invloed van
prolaktien melk afskei
1.2.7 Die laag van die oog wat fotoreseptore bevat
1.2.8 Die ligging van die osmoreseptore in die liggaam
1.2.9 Die mikroskopiese gaping tussen twee neurone sodat impulse van een
na die volgende oorgedra kan word
(9 x 1) (9)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie. Skryf
slegs A, slegs B, BEIDE A en B, of GEENEEN langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 Rol(le) van die plasenta A: Handhawing van swangerskap
B: Beskerm die fetus teen
meganiese besering
1.3.2 Funksies van absisiensuur in A: Om blom te bevorder
plante B: Om wortelontwikkeling moontlik
te maak
1.3.3 Hormoon(e) verantwoordelik A: Aldosteroon
vir osmoregulering B: Anti-diuretiese hormoon
1.3.4 Die verlies aan geheue as A Alzheimer se siekte
gevolg van degenerasie van B: Veelvuldige sklerose
senuweeweefsel
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.4 Die diagram hieronder beeld dele van die sentrale senuweestelsel uit.
A
D
B
C
1.4.1 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat waarskynlik geaffekteer
word as iemand die volgende na ʼn besering ervaar:
(a) Onvermoë om vloeiend te skryf (2)
(b) Onsamehangende spraak (2)
(c) Onreëlmatige asemhaling en hartklop (2)
1.4.2 Verduidelik TWEE maniere waarop deel C teen beserings beskerm
word. (4)
1.5 Teken ʼn volledige diagram met byskrifte van ʼn sensoriese neuron. (5)
[50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Lees die uittreksel hieronder.
In Suid-Afrika vind jaarliks 84 000 vroeggebore geboortes plaas. Preterm
(vroeggebore) babas is diegene wat lewendig gebore word voor die volle 40
weke van swangerskap verstryk het.
10% van hierdie babas wat gebore word, sal waarskynlik sterf of akute
respiratoriese, neurologiese en oogprobleme ervaar in vergelyking met vol-
termyn babas omdat hulle onderontwikkeld is.
Die ‘biosak’ in die diagram hieronder het ten doel om ʼn kunsmatige
baarmoeder te skep vir die ontwikkelende fetus om sy ontwikkeling voort te
sit. Studies het getoon dat hierdie ‘biosak’ gebruik kan word om ʼn lam van al
die nodige toestande te voorsien om tot die volle swanger termyn te dra.
Dik
Biobag
plastieksak
Fetus
Fetus
Naelstring
aanhegting
Inlaat vir
gesuiwerde
amniotiese
vloeistof
Oksigeneerder
Intraveneuse sak (hormone,
antistolmiddel en voedingstowwe)
4
2.1.1 Bereken die getal vroeggebore babas, gebore in Suid-Afrika wat
waarskynlik sal sterf of akute respiratoriese, neurologiese en
oogprobleme ervaar. (3)
2.1.2 Identifiseer EEN komponent van die ‘biosak’ en verduidelik hoe dit
sou dien as die:
(a) Amnion (2)
(b) Plasenta (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
2.1.3 Beskryf hoe die ‘biosak’ die risiko’s van onderontwikkelde organe by
vroeggebore babas kan uitskakel. (3)
2.1.4 Lys TWEE etiese kwessies wat oorweeg moet word voor die
bekendstelling van hierdie voortplantingstegnologie op menslike
proewe. (2)
2.2 Lees die uittreksel hieronder.
Die rooi-kangaroe is die grootste van alle kangaroe-spesies en is endemies
aan Australië. Tydens kopulasie stel die mannetjie semen binne-in die wyfie
se liggaam vry en swangerskap duur 33 dae tot geboorte. Die blinde, naakte
en stompbeen baba kangaroe moet op die ma se pels kruip na ʼn sakkie waar
dit aan ʼn speen heg, wat voeding verskaf, en daar beskerm bly vir die
volgende 190 dae totdat dit ʼn joey word. Op 235 dae is die joey gereed om
die ma se sakkie voltyds te verlaat.
Sakkie met ʼn
joey
2.2.1 Identifiseer die tipe bevrugting wat in die rooi-kangaroe plaasvind. (1)
2.2.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.1. (1)
2.2.3 Identifiseer die voortplantingstrategie wat deur die rooi-kangaroe
gebruik word waar sy kleintjies lewendig gebore word. (1)
2.2.4 Bespreek EEN ouerstrategie wat die rooi-kangaroe vertoon wat ʼn hoë
oorlewingsyfer van sy kleintjies verseker. (2)
2.2.5 Hoekom sou jy die rooi-kangaroe as altrisieël beskryf? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.3 Die diagram hieronder toon ʼn deursnit van die oog.
A
B
C
2.3.1 Gee die NAAM en EEN FUNKSIE van elk van die volgende dele:
(a) A (2)
(b) B (2)
2.3.2 Polycoria is ʼn siekte wat deel C aantas. ʼn Persoon wat aan hierdie
siekte ly, het meer as een pupil. Elke pupil het sy eie stel sirkelvormige
spiere.
Bespreek kortliks hoe hierdie siekte visie sal beïnvloed. (3)
2.3.3 Beskryf die veranderinge wat in die oog plaasvind wanneer ʼn persoon
op ʼn voorwerp wat drie meter weg is fokus. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
2.4 Die diagram hieronder toon die struktuur van die binneoor.
A
E
B
C
2.4.1 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Vibrasies van gehoorbeentjies versamel en dit na drukgolwe
omskep (2)
(b) Die orgaan van Corti bevat (2)
2.4.2 Top ysfiguurskaatsers kan tot ses omwentelinge op hul liggaam se as
per sekonde draai.
Beskryf die rol van deel A in die handhawing van balans van hul
liggaam terwyl hulle draai. (4)
2.4.3 Beskryf EEN strukturele geskiktheid van deel B om sy funksie uit te
voer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.5 Die eksperiment hieronder toon ʼn plant wat op ʼn roterende klinostaat, in ʼn
donker kamer, geplaas is.
Permanente
rotasie
Klinostaat
2.5.1 Identifiseer die tropisme wat in hierdie eksperiment getoets word. (1)
2.5.2 Verduidelik die rigting van groei wat na verwagting in die wortel gesien
sal word. (3)
2.5.3 Beskryf waarom die stingel van ʼn plant na ʼn eensydige lig sal groei. (3)
2.5.4 Noem TWEE verdedigingsmeganismes wat deur plante gebruik word
om hulle teen diere wat hulle eet te beskerm. (2)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
VRAAG 3
3.1 Navorsers het die effek van mikroplastiese bioakkumulasie op manlike
vrugbaarheidsvlakke by rotte ondersoek. Mikroplastiek is plastiek wat in
mikrometergroottes afgebreek is, hulle kan nie deur die liggaam afgebreek en
uitgeskei word nie, en sal dus mettertyd in die bloed toeneem. Dit staan as
bioakkumulasie bekend.
Die ondersoek is soos volg gedoen:
• 60 manlike rotte, almal Albino Wistar sp. is gelykop in drie groepe verdeel.
• Rotte in al drie groepe was gesond en het dieselfde dieet gevolg.
• Groep 1 is daagliks drinkwater met 0,0 μm/ℓ mikroplastiek gevoer.
• Groep 2 is daagliks met besmette drinkwater bestaande uit 4 μm/ℓ mikro-
plastiek gevoer.
• Groep 3 is daagliks met besmette drinkwater bestaande uit 10 μm/ℓ mikro-
plastiek gevoer.
• Wetenskaplikes het toe die ondersoek oor ʼn tydperk van 90 dae
uitgevoer.
• Elke 30 dae het wetenskaplikes bloedmonsters getrek en
testosteroonvlakke (ng/mℓ) van 10 rotte is willekeurig binne elke groep
getoets en ʼn gemiddelde per groep is bereken.
Uitslae was soos volg:
TESTOSTEROONVLAK (ng/ml)
GROEP 1 GROEP 2 GROEP 3
0,0 μm/ℓ 4 μm/ℓ 10 μm/ℓ
DAG 0 28 ng/mℓ 25 ng/mℓ 26 ng/mℓ
DAG 30 26 ng/mℓ 19 ng/mℓ 17 ng/mℓ
DAG 60 27 ng/mℓ 14 ng/mℓ 8 ng/mℓ
DAG 90 26 ng/mℓ 10 ng/mℓ 3 ng / mℓ
3.1.1 Verduidelik EEN manier waarop die navorsers die betroubaarheid
van hul ondersoek verseker het. (2)
3.1.2 Identifiseer EEN manier waarop die navorsers die geldigheid van hul
resultate uit die navorsingsontwerp hierbo kon verhoog het. (1)
3.1.3 Hoe is die afhanklike veranderlike in die ondersoek gemeet? (1)
3.1.4 Verduidelik waarom Groep 1 in hierdie ondersoek belangrik was. (3)
3.1.5 Meld die gevolgtrekking vir die ondersoek. (2)
3.1.6 Beskryf die proses van spermatogenese. (4)
3.1.7 Hoe sou spermatogenese na 90 dae in Groep 3 beïnvloed word? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.2 Die diagram hieronder verteenwoordig die endokriene kliere van die menslike
liggaam.
A
Frontale lob
B
C
D
3.2.1 Identifiseer kliere:
(a) C (1)
(b) D (1)
3.2.2 Wat is die funksie van die ‘negatiewe terugvoermeganisme’ wat klier B
reguleer? (2)
3.2.3 Verduidelik waarom klier D as beide ʼn endokriene en eksokriene klier
beskryf kan word. (4)
3.2.4 Beskryf hoe klier C glukose en suurstoftoevoer na die skeletspiere in ʼn
noodgeval kan verhoog. (5)
3.2.5 As gevolg van ʼn gewas wat in die frontale lob van die brein groei, kan
oortollige vlakke van groeihormoon (GH) afgeskei word.
(a) Watter deel van die brein is verantwoordelik vir die afskeiding van
groeihormoon (GH)? (1)
(b) Noem EEN toestand wat oortollige vlakke van groeihormoon
(GH) by volwassenes sal veroorsaak. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
3.3 Die grafiek hieronder toon die veranderinge in vroulike hormone gedurende die
menstruele siklus.
OESTROGEEN, PROGESTEROON EN LUTEÏNISERINGS-
HORMOON OOR ʼN 28-DAG PERIODE
100
Hormoon konsentrasie (mIU/mL)
90
80
70
60
50
40
30
20
10
0
1 3 5 7 9 11 13 14 15 17 19 21 23 25 27 28
Dag
Oestrogeen Progesteroon Luteïniseringshormoon
3.3.1 Identifiseer die strukture wat … afskei.
(a) estrogeen vanaf dag 1–13 (1)
(b) progesteroon vanaf dag 13–20 (1)
3.3.2 Op watter dag het ovulasie plaasgevind? (1)
3.3.3 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.2. (1)
3.3.4 Verduidelik waarom progesteroonvlakke na dag 21 hoog bly. (2)
3.3.5 Hoekom is dit nie moontlik vir ʼn vrou om ʼn ander Graafse follikel tydens
swangerskap te ontwikkel nie? (4)
3.4 Gedurende periodes van intense oefening neem koolstofdioksiedvlakke in die
bloed en die liggaam se temperatuur toe.
3.4.1 Beskryf die homeostatiese beheer van koolstofdioksied wanneer dit te
hoog in die bloed is. (7)
3.4.2 Beskryf wat die effek op die atleet se liggaam sal wees as dit nie die
temperatuur kan verlaag nie. (3)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)
%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512/v1-c12e41683d7a4be332af/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 Memo (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4/v1-0b91bc2ab801ca229655/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum