Skip to content

Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paperMechanical TechnologyGrade 12202019 pages

Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitende ʼn1-bladsy formuleblad.
Downloaded from hlayiso.com 2 MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou volle naam op die ANTWOORDEBOEK. 2 Beantwoord AL die vrae. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af. 6. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en teken-instrumente gebruik. 7. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word. 8. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui. 9. ʼn Formuleblad is by die vraestel aangeheg. 10. Skryf netjies en leesbaar. 11. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help. TYD VRAAG INHOUD PUNTE in minute GENERIES 1 Meervoudigekeuse-vrae 6 10 2 Veiligheid 10 15 3 Materiaal 14 15 SPESIFIEK 4 Meervoudigekeuse-vrae 14 13 5 Terminologie (Maatvorms) 23 18 6 Gereedskap en Toerusting 18 15 7 Kragte 45 30 8 Hegtingsmetodes (Sweis-inspeksie) 23 18 9 Hegtingsmetodes (Spanning en Verwringing) 18 18 10 Instandhouding 8 10 11 Terminologie (Ontwikkeling) 21 18 TOTAAL 200 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK 3 AFDELING A: GENERIES VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1–1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7 D. 1.1 Watter van die volgende veiligheidsmaatreëls is van toepassing op guillotines in terme van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (WBV)? A Klamp die werkstuk veilig op die tafel. B Moenie die kloukopsleutel op die masjien los nie. C Masjien moet toegerus wees met vaste skerms om te verhoed dat vingers deur die punt van die operasie bereik word. D Gebruik die tafel van die masjien as ʼn aambeeld. (1) 1.2 Wat is die doel daarvan om die lem van die bandsaag met snyvloeistof te verkoel? A Om wrywing te veroorsaak B Om skoon snitte te verseker en metaalafval te verwyder C Reguit sny te verseker D Om die lem vorentoe en agtertoe te beweeg (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK (EC/SEPTEMBER 2020) 1.3 Watter EEN van die volgende veiligheidsprosedures is van toepassing op die werking van ʼn hidrouliese pers? A Moenie moersleutels op roterende dele los nie. B Skerms kan verwyder word wanneer sagte materiaal gedruk word. C Drukmeters moet gereeld getoets word en aangepas of vervang word indien enige wanfunksionering voorkom. D Gebruik die masjienblad as ʼn aambeeld. (1) 1.4 Watter EEN van die volgende toetse word gebruik om die smeebaarheid van ʼn metaal te meet? A Buigtoetse B Klanktoetse C Hardheidstoetse D Masjinering/Bewerkingstoetse (1) 1.5 Vyltoetse word gebruik as die eenvoudigste metode vir die nagaan van die ... van materiaal. A taaiheid B hardheid C smeebaarheid D sagtheid (1) 1.6 Klanktoetse kan uitgevoer word om materiaal met ʼn ... te tik. A ystersaag B moersleutel C hamer D vyl (1) [6] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK 5 VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES) 2.1 Noem enige TWEE persoonlike veiligheidstoerusting wat jy benodig met die gebruik van gassweistoerusting. (2) 2.2 Gee TWEE veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet word terwyl die oppervlakslyper in werking is. (2) 2.3 Watter aspek van veiligheid moet oorweeg word wanneer ʼn taak op enige masjien voltooi word, voordat jy die masjien verlaat? (1) 2.4 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat oorweeg moet word voordat jy die hoekslyper aanskakel. (2) 2.5 Waarom is dit belangrik om ʼn sweishelm te dra wanneer daar met sweistoerusting gewerk word? (1) 2.6 Noem TWEE tipes werkswinkel-uitlegte. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES) 3.1 Die volgende tabel toon die verskillende tipes toetse en materiale. Kopieer en voltooi die tabel in jou ANTWOORDEBOEK deur aan te dui hoe hierdie materiaal onder die verskillende toetse sal reageer. MATERIAAL VERSKILLENDE TIPE TOETSE Klank Vyl Buig Gietyster Sagte staal (6) 3.2 Verduidelik die doel van hittebehandeling. (1) 3.3 Die hardheid van ʼn spesifieke behandeling wat bereik kan word hang van DRIE faktore af. Noem enige TWEE faktore. (2) 3.4 Verduidelik die doel van die volgende hittebehandelingprosesse: 3.4.1 Tempering (2) 3.4.2 Uitgloeiing (2) 3.5 Waaraan hang die hardheid van staal af? (1) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK 7 VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK) Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1–4.14) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 4.15 A. 4.1 Watter van die volgende beskryf ʼn maatsolder die beste? A Dit is die hart van die strukturele werkswinkel. B Dit is die sweiswerkswinkel vir dakkappe. C Dit is die tekenwerkswinkel vir dakkappe. D Dis waar ingewikkelde staalstrukture gehou word. (1) 4.2 Wat is die doel van ʼn supplementêre simbool? A Om te wys waar gesweis moet word B Om aan te dui waar gesweis moet word C Om die kantsweis in ʼn sweislas aan te dui D Om addisionele informasie van die sweislas aan te dui (1) 4.3 Wat is die maksimum dikte van plaatmetaal wat met ʼn handguillotine gesny kan word? A 3,2 mm B 1,6 mm C 1,2 mm D 2,1 mm (1) 4.4 Identifiseer die volgende sweissimbool. A Stuiksweislas B Oorslaglas C Hoeksweislas D Haakstuiksimbool (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK (EC/SEPTEMBER 2020) 4.5 Watter eienskap van materiaal word met ʼn Brinell-toetser getoets? A Treksterkte B Elastisiteit C Hardheid D Brosheid (1) 4.6 Watter EEN van die volgende veiligheidsregulasies is van toepassing op die MIG/MAGS sweiswerkproses? A Gaan die kleurkodering op die silinders na. B Hou die werkstuk in jou hand tydens die sweisproses. C Draai die ontlasklep/verligklep baie stadig. D Verseker dat die sweisarea goed geventileerd is. (1) 4.7 Wat is die doel daarvan om ʼn kragsaag met snyvloeistof te verkoel? A Om wrywing te veroorsaak B Om klein snye sonder vermorsing te verseker C Om reguit sny te verseker D Om te verhoed dat die lem oorverhit en bind of breek (1) 4.8 Bereken Young se modulus van elastisiteit van metaal met ʼn verspanningswaarde van 2 𝑋 10−3 ,wat deur ʼn spanning van 6 MPa veroorsaak word. A 12 MPa B 3 MPa C 12 GPa D 3 GPa (1) 4.9 Spanning kan gedefinieer word as ʼn interne krag in ʼn materiaal wat … weerstaan. A interne las B spinlas C bewegende las D eksterne las (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK 9 4.10 Wanneer kan oorlading in ʼn voetstukstaanboor voorkom? A Wanneer die boorpunt in die materiaal geforseer/gedwing word. B Wanneer die kloukop in die materiaal geforseer word. C Wanneer oormatige krag op die masjien toegepas word. D Wanneer die masjien vinnig beweeg. (1) 4.11 Watter EEN van die volgende is ʼn inspeksie gedurende boogsweising? A Tempo waarteen die staaf brand en die sweis vorder B Korrekte vlam vir die werk ophande C Korrekte hoek van die spuitstuk D Diepte van samesmelting (1) 4.12 Watter EEN van die volgende is ʼn oorsaak van insnyding gedurende boogsweiswerk? A Skoon kraalsweislas B Die beweegsnelheid is te hoog C Slakinsluiting D Kromtrekking (1) 4.13 ʼn Vernietigende toets is ʼn metode om ʼn sweislas te toets ... A sonder om die finale produk te vernietig. B deur die finale produk te vernietig. C met sweisdefekte. D sonder sweisdefekte. (1) 4.14 Watter EEN van die volgende faktore beïnvloed die tempo van verkoeling van die sweismetaal tydens die sweisproses? A Die dikte van die sweismetaal B Die hoeveelheid suurstof wat in die proses gebruik word C Die stroomstelling van die sweismasjien D Die dikte van die elektrode (1) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK) 5.1 Definieer ʼn maatsolder. (2) 5.2 Beskryf DRIE eienskappe van ʼn goeie maatsolder. (3) 5.3 Meld die funksie van ʼn ribmaatvorm. (2) 5.4 ʼn Staalring met ʼn buite diameter van 500 mm moet met ʼn 30 x 30 mm vierkantstaaf vervaardig word. 5.4.1 Bereken die mate van die materiaal wat benodig word. (6) 5.4.2 Maak ʼn netjiese skets van die staalring en dui al die mate van die materiaal aan. (4) 5.5 Maak ʼn netjiese skets van ʼn sweissimbool en dui die volgende informasie van sweising op die perseel van ʼn T-las met boogsweising aan.  Die onderbroke vierkantige stuiklas op beide kante is 10 mm in grootte  Die lengte van die kraalsweislas is 60 mm elk  Die steek van die sweising is 10 mm (6) [23] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK 11 VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK) 6.1 Meld TWEE gebruike van elk van die volgende masjiene: 6.1.1 Guillotine (2) 6.1.2 Bankslyper (2) 6.1.3 Druk/Persmasjien (2) 6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon sweistoerusting. FIGUUR 6.2 6.2.1 Benoem A–D. (4) 6.2.2 Identifiseer die hegtingsgereedskap soos hierbo in FIGUUR 6.2 vertoon. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK (EC/SEPTEMBER 2020) 6.3 Wat is die funksie van stok en snymoere? (1) 6.4 Wat is die funksie van die reguleerder wat aan die gassilinder van die oksi-asetileentoerusting geheg is? (2) 6.5 Verduidelik die werksbeginsel van die plasmasnyer, soos wat dit in ʼn sweiswerkswinkel gebruik word. (4) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK 13 VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK) 7.1 Definieer die volgende terme: 7.1.1 Krag (2) 7.1.2 Hooke se Wet (2) 7.2 ʼn Masjinis voer ʼn trekkragtoets uit en gebruik sagte staal met ʼn diameter van 24 mm. ʼn Toegepaste krag van 60 kN veroorsaak ʼn verlenging van 0,22 mm en die oorspronklike lengte was 212 mm. Bereken die volgende: 7.2.1 Spanning in die sagtestaalstaaf (2) 7.2.2 Vervorming in die sagtestaalstaaf (2) 7.2.3 Young se modulus van elastisiteit (4) 7.3 FIGUUR 7.3 hieronder is ʼn diagram van ʼn balk met ʼn UVL, wat op ʼn balk rus. Die balk word aan al twee kante ondersteun. FIGUUR 7.3 Bereken die volgende vir FIGUUR 7.3: 7.3.1 Die grootte van RL en RR (6) 7.3.2 Die buigmomente by punte A, B en C (3) 7.3.3 Die skuifkragte by punte A, B en C (3) 7.3.4 Teken ʼn skuifkragdiagram (5) 7.3.5 Die buigmomentdiagram . LET WEL: Ruimtediagram skaal 1 : 100 Skuifkragdiagram skaal 2 mm = 1 N Buigmomentediagram skaal 2 mm = 1 N (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK (EC/SEPTEMBER 2020) 7.4 Konstrueer die ruimte- en kragtediameter van die volgende staalraamstruktuur om die grootte en aard van die kragte in elk van die raamdele van die raamwerk te bepaal. Ruimtediagram 1 : 100 Kragtediagram 1 mm = 1 kN 100 kN A B 60 ̊ 30 ̊ 25 75 kN C kN 7 000 Raamdeel Grootte (kN) Aard AD BD CD (11) [45] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK 15 VRAAG 8: HEGTINGMETODES (INSPEKSIE VAN SWEIS) (SPESIFIEK) 8.1 Noem TWEE dinge wat in gedagte gehou moet word tydens oksi-asetileen of boogsweiswerk om te verseker dat sweisdefekte nie gevorm word nie. (2) 8.2 Beskryf TWEE tipe krake in sweislaste. (4) 8.3 Benoem die diagram in FIGUUR 8.3. FIGUUR 8.3 (5) 8.4 Noem TWEE elemente wat tydens die visuele inspeksieproses geïnspekteer moet word. (2) 8.5 Noem TWEE oorsake van elk van die volgende boogsweisdefekte: 8.5.1 Spatsel / sweisspatsel (2) 8.5.2 Onvoldoende penetrasie (2) 8.6 Noem TWEE faktore wat in gedagte gehou moet word om ʼn goeie sweislas tydens die boogsweisproses te verseker. (2) 8.7 Gee EEN rede vir die uitvoer van die volgende vernietigingstoetse: 8.7.1 Kerfbreektoets (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK (EC/SEPTEMBER 2020) 8.7.2 Masjineerbaarheidstoets (2) [23] VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING) (SPESIFIEK) 9.1 Definieer die volgende terme: 9.1.1 Sweisvervorming/ kromtrekking (2) 9.1.2 Naspanning (2) 9.2 Gee enige TWEE hooffaktore wat die greingrootte van staal raak wanneer dit koud bewerk word. (2) 9.3 Noem enige TWEE soorte staalgroepe en noem die koolstof persentasie-inhoud in elk. (4) 9.4 Noem TWEE tipes blusmediums. (2) 9.5 Bespreek enige TWEE faktore wat krimping in sweiswerk beïnvloed. (2) 9.6 Beskryf met behulp van ʼn skets/diagram die volgende terme: 9.6.1 Dwarskrimping (2) 9.6.2 Oorlangse / Longitudinale krimping (2) [18] VRAAG 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK) 10.1 Wat is die doel om diensrekords van instandhouding van masjiene in die werkswinkel te hou? (1) 10.2 Gee TWEE redes om groot masjiene voor instandhouding uit te sluit. (2) 10.3 Hoe kan wrywing verminder word wanneer gate geboor word? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK 17 10.4 Verduidelik hoe die volgende masjiene oorlaai kan word: 10.4.1 Guillotine (2) 10.4.2 Horisontale bandsaag (2) [8] VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELING) (SPESIFIEK) 11.1 FIGUUR 11.1 hieronder toon ʼn koniese geutbak. FIGUUR 11.1 Bereken die volgende: 11.1.1 Die ware lengte DC (5) 11.1.2 Die ware lengte AD (4) 11.1.3 Die basis-omtrek van die geutbak (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK (EC/SEPTEMBER 2020) 11.2 FIGUUR 11.2 hieronder toon ʼn vierkantige-na -ronde oorgangstuk. Om die oorgang te ontwikkel, moet die ware lengtes bereken word: FIGUUR 11.2 Bepaal die volgende ware lengtes met behulp van berekeninge: 11.2.1 Ware lengte FG (5) 11.2.2 Ware lengte CI (4) [21] GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK 19 FORMULABLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) 1. SPANNING EN VORMVERANDERING Krag F 1.1 Spanning  of σ Area A Spanning σ 1.2 Young se modulus  of E Vormverand ering ε Veranderin g in lengte Δl 1.3 Vormverand ering  of ε Oorspronklike lengte ol 2. STELLING VAN PYTHAGORAS EN TRIGONOMETRIE r y ϴ x y 2.1 sin   r x 2.2 cos   r y 2.3 tan   x 2.4 r 2  x 2  y 2 or a 2  b 2  c 2 3. MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS Gemiddelde φ  Buite φ  Plaatdikte of 3.1 Gemiddelde φ  Binneφ  Plaatdikte 3.2 Gemiddelde omtrek  π x Gem φ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Mechanical Technology

View all