Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
MEGANIESE TEGNOLOGIE:
SWEIS- EN METAALWERK
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitende ʼn 1-bladsy formuleblad.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers _Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
%20MG%20Afr--552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f/v1-b698b76db92c8affef7e/card.webp)

%20QP%20SEPT%202018_Afrikaans_hlayiso.com_--605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4/v1-11c7be1f296a6fed80b7/card.webp)
View all
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)

%20Eng_hlayiso.com_--c6bfa7b8-3601-4a11-9be4-55ee65e4011f/v1-9d13a7f3c527010dcc3e/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360/v1-dc585f964de15535a656/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9/v1-6eb9f80a85cca840cc81/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou NAAM op die ANTWOORDEBOEK.
2. Lees ALLE vrae noukeurig.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE desimale
plekke af.
7. Jy mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en tekeninstrumente
gebruik.
8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.
9. ALLE afmetings is in millimeter tensy anders in die vraag aangedui.
10. ʼn Formuleblad is by die vraestel aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.
TYD in
VRAAG INHOUD PUNTE
minute
GENERIES
1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6
2 Veiligheid 10 10
3 Materiale 14 14
SPESIFIEK
4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10
5 Terminologie (Maatvorms) 23 20
6 Gereedskap en Toerusting 18 15
7 Kragte 45 40
8 Hegtingsmetodes (Sweis-inspeksie) 23 20
Hegtingsmetodes (Spanning en
9 18 20
Verwringing)
10 Instandhouding 8 10
11 Terminologie (Ontwikkeling) 21 15
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) (VERPLIGTEND)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.7 A.
1.1 Watter veiligheidswet stel dit dat alle werkgewers seker moet maak dat die
werksplek veilig is en dat werknemers nie die risiko loop om by die werk met MIV
besmet te word nie?
A Die kode van goeie praktyk oor MIV/Vigs en indiensneming.
B Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (WBGV), 1993 (Wet 85 van 1993).
C Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998).
D Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997). (1)
1.2 Om asemhaling, hartklop, bewussyn, polsslag en bloedverlies van ʼn beseerde
persoon na te gaan, word … genoem.
A belangrike lewensfunksies
B diagnose-aanduidings
C sigbare tekens en simptome
D omgewingswaarneming (1)
1.3 Die veilige werksdruk moet nooit oorskry word nie.
By watter van die volgende toerusting is die veiligheidsvoorsorgmaatreël genoem
in die bogenoemde stelling van toepassing?
A Boorpers/staanboor
B Bankslyper
C Hidrouliese pers
D Guillotine-masjien (1)
1.4 Dit is belangrik om net in droë omgewings te staan en werk. Hou altyd jou hande
en klere droog.
In watter las-toerusting is die stelling hierbo van toepassing?
A Handklinktoestel
B Gassweis
C Boogsweis
D Al die bogenoemde (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) (EC/SEPTEMBER 2024)
1.5 FIGUUR 1.5 toon ʼn vonktoets wat op ʼn materiaal uitgevoer is. Identifiseer die
materiaal wat tydens die vonktoets gebruik is.
FIGUUR 1.5
A Hoëkoolstofstaal
B Laekoolstofstaal
C Gietyster
D Geeneen van die bogenoemde nie (1)
1.6 FIGUUR 1.6 hieronder toon een van die hittebehandelingsprosesse. Watter
hittebehandelingsproses word deur FIGUUR 1.6 voorgestel?
FIGUUR 1.6
A Verhardingsproses
B Temperingproses
C Normaliseringproses
D Uitgloeiingsproses (1)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) 5
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wanneer gassilinders in ʼn
werkswinkel hanteer word. (2)
2.2 Beskryf die werkgewer se verantwoordelikheid met betrekking tot veiligheid in
die werkplek. (2)
2.3 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat waar geneem moet word voordat ʼn
hoekslyper aangeskakel word. (2)
2.4 Gee enige TWEE redes waarom dit belangrik is om ʼn sweisbril tydens
gassweiswerk te dra. (2)
2.5 Noem TWEE nadele van ʼn prosesuitleg van masjiene. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)
3.1 Metale is gewoonlik gemerk of het kleurkodes op die punte. Hoekom is dit
belangrik om van die ongemerkte punt van die metaal af te sny? (1)
3.2 Tabuleer die volgende hittebehandelingsprosesse en identifiseer EEN
eienskap van elk.
PROSES EIENSKAP
3.2.1 Verharding
3.2.2 Tempering
3.2.3 Uitgloeiing
3.2.4 Normalisering (4)
3.3 Verduidelik DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer hittebehandeling
van staal gedoen word. (3)
3.4 Noem DRIE tipes blusmiddels wat gebruik word om staal te verhard. (3)
3.5 Noem die tipe toets wat gebruik kan word om die volgende eienskappe van
metale te verkry:
3.5.1 Hardheid (1)
3.5.2 Koolstofinhoud (1)
3.5.3 Rekbaarheid (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) 7
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK) (VERPLIGTEND)
4.1 Watter van die volgende komponente is deel van ʼn hoekslyper?
A Veiligheidskerm
B Staander
C Slypwiel-bywerker
D Werkstukrus (1)
4.2 Waarvoor staan die afkorting “OSU” met betrekking tot template/maatvorms?
A Slegs reguit
B Slegs hierdie kant bo
C Ander staalgebruikers
D Anderkant bo (1)
4.3 Wat is die waarde van X in die diagram hieronder?
A 90 mm
B 60 mm
C 30 mm
D 120 mm (1)
4.4 Wat is die funksie van ʼn kloukop op ʼn boorpers/staanboor?
A Verander die spoed van die boor.
B Pas die voer van die boor aan.
C Hou die boorpunt in posisie.
D Verstel die boorpunt. (1)
4.5 Die maksimum gaping tussen die gereedskaprus en die slypwiel op ʼn
bankslypmasjien is …
A 6 mm.
B 3 mm.
C 5 mm.
D 4 mm. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) (EC/SEPTEMBER 2024)
4.6 Watter EEN van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn templaatmaker se
handgereedskap?
A Stokpasserpenne
B Boogsweismasjien
C Skuurmasjien
D Sirkelsaag (1)
4.7 Spanning kan gedefinieer word as ʼn interne krag in ʼn materiaal wat weerstand
teen ʼn … bied.
A bewegende lading
B spinlas
C interne lading
D eksterne lading (1)
4.8 By boogsweis word die elektriese boog tussen ʼn … geskep.
A aardingsterminaal en elektrode
B elektrode en moedermetaal
C elektrode en elektrode terminaal
D moedermetaal en aardingsterminaal (1)
4.9 Watter EEN van die volgende toetsmetodes wat gebruik word om sweislasse
te toets, is ʼn vernietigende toets?
A X-straaltoets
B Kleurstofpenetrasietoets
C Kerfbreektoets/Kernbreektoets
D Ultrasoniesetoets (1)
4.10 Bereken Young se elastisiteitsmodulus van ʼn metaal met ʼn vervormingswaarde
van 2 × 10−3 deur spanning van 6 MPa veroorsaak.
A 12 MPa
B 3 MPa
C 12 GPa
D 3 GPa (1)
4.11 Watter EEN van die volgende gereedskap word gebruik om interne drade te
sny?
A Stel tappe
B Ovaal snymoer
C Tapdraaier
D Ronde snymoerdraaier (1)
4.12 Wat is die maksimum dikte van plaatmetaal wat met ʼn handguillotine gesny kan
word?
A 3,2 mm
B 1,6 mm
C 1,2 mm
D 2,1 mm (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) 9
4.13 Een van die redes vir die uitsluiting en merk van toerusting, is om ander
werkers in te lig dat …
A daar ʼn kragonderbreking is.
B instandhoudingswerk aan die gang is.
C ʼn ongeluk gebeur het.
D instandhoudingswerk voltooi is. (1)
4.14 Hoe kan wrywing verminder word wanneer gate geboor word?
A Verminder voerspoed.
B Verminder boorspoed.
C Wend smeermiddel aan.
D Al die bogenoemde. (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)
5.1 Noem enige DRIE redes waarom die templaatgalery/maatsolder oor die
algemeen van die hoofwerkswinkel geskei is. (3)
5.2 Standaard simbole en afkortings spaar tyd en verseker dat almal die tekening op
dieselfde manier lees en interpreteer.
Voltooi die tabel deur óf die ontbrekende term óf afkorting in te vul. Skryf slegs die
vraagnommers (5.2.1 tot 5.2.3) en die antwoord in jou ANTWOORDEBOEK.
TERM AFKORTING
Ander kant bo 5.2.1
5.2.2 GALV
Bokant bo 5.2.3 (3)
5.3 ʼn Staalring met ʼn buitedeursnee van 600 mm moet vanaf ʼn 20 x 20 vierkante staaf
vervaardig word.
Bereken die volgende:
5.3.1 Die gemiddelde deursnee van die ring (2)
5.3.2 Die gemiddelde omtrek van die ring (Rond jou antwoord tot die naaste
heelgetal af.) (3)
5.4 FIGUUR 5.4 toon ʼn tekening met sweissimbole.
FIFUUR 5.4
Identifiseer elemente A–F. (6)
5.5 Noem enige TWEE masjiengereedskapstukke wat in die templaatgalery gebruik
word. (2)
5.6 Teken die sweissimbole vir die volgende tipes weerstandslasse:
5.6.1 Punt (2)
5.6.2 Projeksie (2)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) 11
VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
6.1 Identifiseer die masjiene soos hieronder geïllustreer en gee EEN funksie van elk.
6.1.1 6.1.2
6.1.3 (3 x 2) (6)
6.2 Die diagram hieronder toon ʼn komponent van ʼn gassweistoerusting. Beantwoord
die vrae wat volg.
6.2.1 Identifiseer die komponent wat in die bostaande diagram getoon word. (1)
6.2.2 Benoem dele A–D. (4)
6.3 Verduidelik die werk-/bedryfsbeginsel van ʼn kraggedrewe guillotine. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) (EC/SEPTEMBER 2024)
6.4 FIGUUR 6.4 hieronder toon ʼn handguillotine.
FIGUUR 6.4
Benoem dele A–C. (3)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) 13
VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)
7.1 FIGUUR 7.1 hieronder toon ʼn staalraamwerk.
500 N 100 N
200 N 400 N
FIGUUR 7.1
Bepaal grafies die grootte en aard van die kragte in die volgende lede: AE, BF, CF,
DE en EF.
SKAAL: Ruimtediagram: 1 : 100
Kragdiagram: 1 mm = 5 N (19)
7.2 FIGUUR 7.2 hieronder toon ʼn balk wat 10 m lank is en aan twee vertikale kragte
onderwerp word. ʼn Krag van 5 kN is 3 m vanaf punt A en ʼn krag van 3 kN is 7 m
vanaf punt A.
FIGUUR 7.2
Bereken die volgende:
7.2.1 Reaksies by stutte LR en RR (6)
7.2.2 Buigmomente (BM) by elke punt (A–D) op die balk (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) (EC/SEPTEMBER 2024)
7.2.3 Teken ʼn buigmomente (BM) diagramme.
Skaal: Ruimtediagram: 1 : 100
BM-diagram: 5 mm = 1 kN.m (4)
7.3 ʼn Staalstaaf met ʼn deursnee van 38 mm word met 0,5 mm verleng wanneer ʼn
treklas van 100 kN daarop toegepas word. Die oorspronklike lengte van die staaf
is 150 mm.
Bereken:
7.3.1 Die spanning (6)
7.3.2 Die vervorming (3)
7.3.3 Young se modulus van elastisiteit (3)
[45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) 15
VRAAG 8: HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEISLAS) (SPESIFIEK)
8.1 Noem DRIE elemente wat deur visuele inspeksie van ʼn boogsweislas
geïnspekteer moet word. (3)
8.2 Waarvoor staan die afkorting HIS met betrekking tot ʼn sweislas? (1)
8.3 Noem DRIE faktore wat tydens oksi-asetileensweising oorweeg moet word om
ʼn goeie sweislas te verseker. (3)
8.4 Noem enige DRIE afmetings wat deur ʼn sweislasmeter gemeet kan word. (3)
8.5 Beskryf die stappe wat gevolg moet word wanneer ʼn kerfbreektoets/kernbreek-
toets op ʼn sweislas uitgevoer word. (5)
8.6 Noem TWEE oorsake van elk van die volgende boogsweisdefekte:
8.6.1 Slakinsluiting (2)
8.6.2 Onvolledige penetrasie (2)
8.7 Noem TWEE nadele van die gebruik van ʼn vloeibare kleurstofpenentrasietoets
op ʼn sweislas. (2)
8.8 Identifiseer die boogsweisdefekte in die stuiklas wat in FIGURE 8.8.1 en 8.8.2
hieronder getoon word.
8.8.1
FIGUUR 8.8.1 (1)
8.8.2
FIGUUR 8.8.2 (1)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERVORMING) (SPESIFIEK)
9.1 Definieer die term sweisvervorming. (2)
9.2 Noem enige DRIE blusmiddels wat tydens die hittebehandeling van staal
gebruik word. (3)
9.3 FIGUUR 9.3 hieronder toon die yster-koolstof-ewewigsdiagram.
FIGUUR 9.3
Benoem die strukture van staal volgens die letters A–F. (5)
9.4 Definieer die volgende terme.
9.4.1 Elastiese vervorming (2)
9.4.2 Inkrimping (2)
9.5 Noem TWEE metodes wat gebruik word om vervorming te verminder. (2)
9.6 Identifiseer die volgende tipes krimping wat in FIGURE 9.6.1 en 9.6.2 hieronder
getoon word.
9.6.1
FIGUUR 9.6.1 (1)
9.6.2
FIGUUR 9.6.2 (1)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) 17
VRAAG 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
10.1 Noem EEN effek van oorbelasting op elk van die volgende masjiene:
10.1.1 Pons-en-knipmasjien (1)
10.1.2 Walsmasjien (1)
10.2 Bespreek TWEE redes vir die uitsluit van groot masjiene voor instandhouding. (2)
10.3 Wat is die doel daarvan om diensrekords van kragmasjiene te hou? (2)
10.4 Verduidelik hoekom smering nie van toepassing is op bankslypers nie. (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELING) (SPESIFIEK)
11.1 Gebruik vryhandsketse om die volgende aan te dui:
11.1.1 Uitmiddelpuntige geutbak (2)
11.1.2 Opmiddelpuntige geutbak (2)
11.2 FIGUUR 11.2 hieronder toon ʼn koniese geutbak.
FIGUUR 11.2
Bereken die volgende ten opsigte van die geutbak:
11.2.1 Die vertikale hoogte (DE) (2)
11.2.2 Die hoofradius (AC) (3)
11.2.3 Die klein radius (AD) (4)
11.2.4 Die omtrek (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) 19
11.3 FIGUUR 11.3 hieronder toon die boaansig van ʼn geutbak met ʼn vertikale
hoogte (VH) van 450 mm. Beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 11.3
Bereken die ware lengtes van die volgende:
11.3.1 A‒1 (2)
11.3.2 A‒2 (2)
11.3.3 B‒3 (2)
[21]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
20 MEGANIESE TEGNOLOGIE (SWEIS- EN METAALWERK) (EC/SEPTEMBER 2024)
FORMULABLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
(SWEIS- EN METAALWERK)
1. SPANNING EN VORMVERANDERING
Krag F
1.1 Spanning = OF σ=
Area A
Spanning σ
1.2 Young se modulus = OF E=
Vormverandering ε
Verandering in lengte Δl
1.3 Vormverandering = OF ε=
Oorspronklike lengte ol
2. STELLING VAN PYTHAGORAS EN TRIGONOMETRIE
r
y
ϴ
x
y
2.1 sin =
r
x
2.2 cos =
r
y
2.3 tan =
x
2.4 r 2 = x2 + y2 OF a 2 = b2 + c2
3. MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS
Gemiddeldeφ = Buite φ − Plaatdikte OF
3.1
Gemiddeldeφ = Binneφ + Plaatdikte
3.2 Gemiddelde omtrek = π x Gem φ
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afr)
%20MG%20Afr--552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f/v1-b698b76db92c8affef7e/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afr)

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP
%20QP%20SEPT%202018_Afrikaans_hlayiso.com_--605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4/v1-11c7be1f296a6fed80b7/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Automotive 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo (Eng)

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo
%20Eng_hlayiso.com_--c6bfa7b8-3601-4a11-9be4-55ee65e4011f/v1-9d13a7f3c527010dcc3e/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360/v1-dc585f964de15535a656/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9/v1-6eb9f80a85cca840cc81/card.webp)
Question paper