Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2
2022
OOS-KAAP
PUNTE: 40
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 




View all




Afrikaans SAL P2 May-June 2022 Eastern Cape_hlayiso.com_.pdf
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Sal
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 11
- File size
- 365.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/2022
SS/NSS (Oos-Kaap)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van
die vrae oor die teks(te) wat jy hierdie jaar bestudeer het.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Kortverhale (40)
OF
AFDELING B: Drama (40)
3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:
AFDELING A: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 90 minute
OF
AFDELING B: 90 minute
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/2022
SS/NSS (Oos-Kaap)
INHOUDSOPGAWE
Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.
AFDELING A: KORTVERHALE
Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Verhaal A 20 4
"Rooikoos Willemse is soek"
EN
Verhaal B 20 6
"Die ramp"
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs die EEN vraag.
2. Perdekrag 40 8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/2022
SS/NSS (Oos-Kaap)
AFDELING A: KORTVERHALE
VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer
Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag.
Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.
VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries (20)
EN
VERHAAL B: "DIE RAMP" – TT Cloete (20)
VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS A
... Toe kyk hy weer in die spieël.
En toe loop hy by die deur uit.
Onder in die ingangsportaal van die hotel staan 'n telefoonhokkie. Hy stap soontoe,
soek in sy sakke na geld en draai die slingertjie. Hy vra die nommer van die hotel op
my dorp, die sentrale sê vir hom sy sal hom sommer dadelik deurskakel, en hy bly 5
staan. Een van die skoonmakers in die hotel op my dorp gee antwoord, want die hotel
se mense het Sondae altyd bietjie later geslaap.
"Ja, meneer ..."
Toe weet Rooikoos nie wat om te sê nie. Hy staan net en die eerste groot traan
loop oor sy gladgeskeerde wange. Net voordat die man aan die ander kant weer die 10
telefoon wil neersit, toe kry Rooikoos dit oor sy hart – en oor sy lippe:
1.1 Daar is verskillende karakters in 'n kortverhaal.
1.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die hoofkarakter in hierdie verhaal is (Jan, die skoonmaker/
Rooikoos Willemse). (1)
1.1.2 Waarom sê jy so? (1)
1.2 In watter dorp se hotel het Rooikoos die Sondagoggend wakker geword? (1)
1.3 "Toe kyk hy weer in die spieël." (Reël 1)
Wat het Rooikoos in die spieël gesien? Noem EEN ding. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/2022
SS/NSS (Oos-Kaap)
1.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
wat dit in die verhaal gebeur:
Rooikoos het sy klere aangetrek.
Rooikoos het met Jan gepraat.
Die kelner het Rooikoos se koffie gebring.
Rooikoos het besef hy is nie in sy eie hotelkamer nie. (4)
1.5 In hierdie verhaal kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik.
1.5.1 Tussen wie was die konflik? (1)
1.5.2 Waaroor was daar konflik? (1)
1.6 1.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die verhaal is 'n (moderne/outydse) verhaal. (1)
1.6.2 Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel
aanhaal. (1)
1.7 1.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Wanneer Rooikoos Willemse te veel gedrink het, het hy (aggressief
geraak/nie baie gepraat nie). (1)
1.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1 met TWEE feite/bewyse
uit die verhaal. (2)
1.8 1.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Dit was (reg/verkeerd) van die mense om ná die wedstryd vir
Rooikoos so baie drankies te koop. (1)
1.8.2 Waarom sê jy so? (1)
1.9 Aan die einde van die verhaal was Rooikoos in die moeilikheid.
1.9.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het om uit die moeilikheid te
kom? (1)
1.9.2 Hoe sou hierdie raad vir Rooikoos uit dié moeilikheid gekry het? (1)
1.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.10) neer.
Die tema van hierdie verhaal is ...
A goeie vriende.
B goeie keuses.
C goeie maniere.
D goeie sportmanskap. (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/2022
SS/NSS (Oos-Kaap)
VERHAAL B: "DIE RAMP" – TT Cloete
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS B
... Die kinders huil, die groteres sag, die kleineres hard, behalwe die kleinste wat
buite weste van koors lê en yl.
Daar is byna geen verkeer hierdie tyd van die nag nie, en die motors wat wel
verbykom, hou nie vir my smekende gebare stil nie. In die newelagtige reën kan hulle
my dalk ook nie behoorlik sien nie. 5
Later is ek papnat en koud.
Toe ek weer 'n motor hoor aankom van Humansdorp se kant af, dink ek daaraan
om die oudste seuntjie saam met my te laat staan en smeek om hulp. Mense hou dalk
stil as hulle die kind sien.
Die plan deug. Dis 'n klein, geel Mini-stasiewaentjie wat stilhou. Die bestuurder klim 10
uit, hoor my aan, sê min, asof hy die vrede nie heeltemal vertrou nie, luister afgetrokke
na my, lig met sy flits in die motor en sien die ander kinders.
1.11 Daar is verskillende tipes vertellers in 'n kortverhaal.
1.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In hierdie verhaal kry ons 'n (ek-verteller/derdepersoonsverteller). (1)
1.11.2 Waarom sê jy so? (1)
1.12 Dit was vir die verteller moeilik om Port Elizabeth toe te bestuur, want dit het
gereën.
Gee nog EEN rede waarom hy moeilik bestuur het. (1)
1.13 Watter ongeluk het naby Jeffreysbaai gebeur? (1)
1.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen.
Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.14.1 Die verteller A ... was die weldoener.
1.14.2 Die verteller se vrou B ... was afgetree en kon nie regtig
help nie.
1.14.3 Die bestuurder van die
geel motortjie C ... kon nie help om na die kinders te
kyk nie.
1.14.4 Die bestuurder van die
insleepmotor D ... het roekeloos en vinnig gery.
E ... moes alles alleen reël dat almal
terug by die huis kon kom.
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/2022
SS/NSS (Oos-Kaap)
1.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees.
Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel
figuurlik is. (2)
1.16 In hierdie verhaal is daar baie rampe wat gebeur.
1.16.1 Waarheen was die verteller en sy kinders op pad toe al die rampe
gebeur het? (1)
1.16.2 Hoe is die atmosfeer (stemming) in hierdie verhaal? (1)
1.17 1.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die (verteller/weldoener) is die karakter wat die meeste in hierdie
verhaal verander het. (1)
1.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.17.1.
Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter se lewe aan die begin
was en hoe die karakter se lewe aan die einde verander het. (2)
1.18 Die ergste ramp het aan die einde van die verhaal gebeur.
1.18.1 Waarom het die verhaal vir die verteller ongelukkig geëindig? (1)
1.18.2 Hoe sou jy die verhaal laat eindig het sodat die verteller gelukkig
kon wees? (1)
1.19 Die weldoener het verkeerd opgetree nadat hy die verteller gehelp het.
1.19.1 Wat het die weldoener gedoen wat verkeerd was? (1)
1.19.2 As jy die weldoener was, wat sou jy eerder gedoen het? (1)
1.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.20) neer.
Die boodskap van hierdie verhaal is ...
A almal moet padreëls gehoorsaam.
B 'n mens moet weet hoe om noodsituasies te hanteer.
C 'n mens moet ander mense help hoe en wanneer jy kan.
D almal moet goeie maniere teenoor ander padgebruikers hê. (1)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/2022
SS/NSS (Oos-Kaap)
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 2: PERDEKRAG – Cecilia du Toit
Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag.
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS C
WILMA: (Waarskuwend.) Ek wag vir jou.
LUCKY: (Klik vererg met sy tong.) Ek wil net gou 'n paar SMS'e stuur. (Hy bly besig
met die selfoon.)
WILMA: (Kwaai.) En ek sê nee. Sit dit weg. Nou.
LUCKY: (Sug oordrewe.) No sweat. Jy kan relax. (Hy druk die selfoon in sy jeans 5
se agtersak.)
WILMA: Daarso. (Wilma beduie weer na die stoorkamer en wag terwyl Lucky sy
sak ingooi en dan skoorvoetend naderkom.)
Jy gaan hier by die stalle werk.
(Wilma kry 'n hooivurk en hou dit na Lucky uit. Lucky maak asof hy nie die 10
vurk in Wilma se hand sien nie en stap na Binki. Hy vat die bottel met
leerolie uit haar hand. Hy ruik daaraan en trek 'n suur gesig.)
LUCKY: Dit stink soos vrot voete.
(Hy vat die lap uit Binki se hand asof hy by haar gaan oorneem.)
2.1 'n Drama het spesifieke kenmerke.
2.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Reël 10–12 is (dialoog/toneelaanwysings). (1)
2.1.2 Wat is die doel hiervan? (1)
2.2 Noem EEN van die werkies wat Lucky by die stalle moes doen. (1)
2.3 Waaraan het Binki leerolie gesmeer? (1)
2.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
wat dit in die drama gebeur:
Die magistraat het gesê Lucky moes gemeenskapsdiens doen.
Lucky het iemand se katjies doodgemaak.
Lucky kom by Wilma se perdeplaas aan.
Lucky ontmoet vir Binki. (4)
2.5 2.5.1 Op watter perdeplaas speel hierdie drama af? (1)
2.5.2 Watter woord in reël 8 sê vir ons dat Lucky nie wil saamwerk nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/2022
SS/NSS (Oos-Kaap)
2.6 2.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie drama is (modern/outyds). (1)
2.6.2 Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel
aanhaal. (1)
2.7 2.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Wilma is 'n persoon wat (nie simpatie met ander mense het nie/
omgee vir ander mense). (1)
2.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.7.1 met TWEE feite/bewyse uit
die drama. (2)
2.8 2.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Dit was (verkeerd/reg) dat Lucky gemeenskapsdiens moes doen. (1)
2.8.2 Waarom sê jy so? (1)
2.9 Ons lees in die uittreksel dat Lucky besig is om Wilma kwaad te maak.
2.9.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het? (1)
2.9.2 Hoe sou hierdie raad Lucky gehelp het? (1)
2.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.10) neer.
Die tema van hierdie drama is ...
A familieverhoudings.
B dieremishandeling.
C vriendskap.
D genesing. (1)
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS D
LUCKY: Hei, jy sal maak soos ek sê. Kom hier!
(Kaizer bly staan. Lucky stap nader aan Kaizer en lig die karwats. Die
oomblik toe hy vorentoe tree om Kaizer oor die neus te slaan, ruk Kaizer
sy kop op en stamp Lucky terug. Lucky struikel agteroor en val in die hoop
strooi. Kaizer runnik kwaai en trippel dreigend rondom en bo-oor Lucky. 5
Lucky skuifel verskrik weg en Kaizer keer hom teen die staldeur vas.
Lucky hou sy kop vas en skree bang.)
Nee! Moenie! Asseblief! Moenie! Asseblieeeef!
(Kaizer staan stil en Lucky kruip weg. As hy voel dat hy veilig is, laat hy sy
kop in sy hande sak en begin te snik van pure skok. Kaizer staan rustig 10
eenkant en snuffel deur die hooi.)
Ek is so verskriklik verskriklik jammer jammer jammer.
(Hy kyk pleitend na Kaizer.)
Binki sê julle perde verstaan beter as mense. Asseblief, vergewe my.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/2022
SS/NSS (Oos-Kaap)
2.11 Daar is verskillende karakters in 'n drama.
2.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die hoofkarakter in hierdie drama is (Wilma/Lucky). (1)
2.11.2 Waarom sê jy so? (1)
2.12 Wat het Lucky ná die konfrontasie in die stal vir Kaizer gegee? (1)
2.13 Kaizer is een van die perde op die perdeplaas.
Noem EEN van die ander perde se naam. (1)
2.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen.
Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.14.1 Lucky A ... het nie maklik met ander mense
gepraat nie.
2.14.2 Binki
B ... het geweet hoe om met perde te
2.14.3 Sabrina werk.
2.14.4 Wilma C ... het in ander mense se huise gewerk.
D ... het nie van ryk mense gehou nie.
E ... het baie keer oorsee gereis.
(4 x 1) (4)
2.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees. (2)
Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel
figuurlik is.
2.16 In hierdie uittreksel kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik tussen Lucky en
Kaizer.
2.16.1 Wat het Lucky gedoen? (1)
2.16.2 Wat het Kaizer gedoen? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/2022
SS/NSS (Oos-Kaap)
2.17 2.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
(Sabrina/Binki) is die karakter wat die meeste in hierdie drama
verander het. (1)
2.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1.
Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en
hoe die karakter aan die einde anders was. (2)
2.18 Aan die einde van die drama loop Lucky en die perde saam in 'n sirkel.
2.18.1 Waarom het die drama vir Lucky gelukkig geëindig? (1)
2.18.2 Hoe sou jy die drama laat eindig het sodat dinge vir Lucky nog
beter sou wees? (1)
2.19 Binki het haar letsels weggesteek.
2.19.1 Verduidelik wat jy ANDERS sou doen as jy letsels gehad het. (1)
2.19.2 Hoe sou dit wat jy sou doen, jou lewe makliker gemaak het? (1)
2.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.20) neer.
'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat jy ...
A jou vriende goed moet kies.
B vir alle diere lief moet wees.
C die beste van jou omstandighede moet maak.
D die werk wat jy kry om te doen, goed moet doen. (1)
TOTAAL AFDELING B: 40
GROOTTOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
Afrikaans SAL P1 Nov 2024.pdf

Question paper
Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Eastern Cape.pdf

Question paper
Afrikaans SAL P2 Nov 2024 North West.pdf
Question paper
Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Free State.pdf
Question paper
Afrikaans SAL P2 Nov 2024 KwaZulu-Natal.pdf
Question paper
Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Northern Cape.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Afrikaans SAL P2 May-June 2022 MG Northern Cape_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans SAL P2 May-June 2022 MG Mpumalanga_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Afrikaans SAL P2 May-June 2022 Limpopo_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Afrikaans SAL P2 May-June 2022 MG Limpopo_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afrikaans SAL P2 May-June 2022 Northern Cape_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Afrikaans SAL P2 May-June 2022 MG Free State_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Afrikaans Sal
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
Afrikaans SAL P1 Nov 2024 MG.pdf

Question paper
Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga.pdf

Question paper
Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo.pdf

Question paper
Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal.pdf
Question paper
Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State.pdf

Question paper